×

Surah Fatir in Afrikaans

Quran Afrikaans ⮕ Surah Fatir

Translation of the Meanings of Surah Fatir in Afrikaans - الأفريكانية

The Quran in Afrikaans - Surah Fatir translated into Afrikaans, Surah Fatir in Afrikaans. We provide accurate translation of Surah Fatir in Afrikaans - الأفريكانية, Verses 45 - Surah Number 35 - Page 434.

بسم الله الرحمن الرحيم

الْحَمْدُ لِلَّهِ فَاطِرِ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ جَاعِلِ الْمَلَائِكَةِ رُسُلًا أُولِي أَجْنِحَةٍ مَّثْنَىٰ وَثُلَاثَ وَرُبَاعَ ۚ يَزِيدُ فِي الْخَلْقِ مَا يَشَاءُ ۚ إِنَّ اللَّهَ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (1)
Alle lof kom Allah toe, die Skepper van die hemele en die aarde, wat van die engele boodskappers gemaak het met twee, drie en vier vlerke. Hy vermeerder in die skepping wat Hy wil. Waarlik, Allah het mag oor alle dinge
مَّا يَفْتَحِ اللَّهُ لِلنَّاسِ مِن رَّحْمَةٍ فَلَا مُمْسِكَ لَهَا ۖ وَمَا يُمْسِكْ فَلَا مُرْسِلَ لَهُ مِن بَعْدِهِ ۚ وَهُوَ الْعَزِيزُ الْحَكِيمُ (2)
Wat Allah uit barmhartigheid aan die mens skenk, kan deur niemand teruggehou word nie; en wat Hy terughou, kan deur niemand geskenk word nie. Hy is die Allermagtige, die Allerwyse
يَا أَيُّهَا النَّاسُ اذْكُرُوا نِعْمَتَ اللَّهِ عَلَيْكُمْ ۚ هَلْ مِنْ خَالِقٍ غَيْرُ اللَّهِ يَرْزُقُكُم مِّنَ السَّمَاءِ وَالْأَرْضِ ۚ لَا إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ ۖ فَأَنَّىٰ تُؤْفَكُونَ (3)
O mensdom! Dink aan die gunste wat Allah julle bewys het. Is daar ’n ander skepper wat julle van die hemel en uit die aarde ’n lewensonderhoud skenk? Daar is geen god nie buiten Hom. Waarom het julle dan afgedwaal
وَإِن يُكَذِّبُوكَ فَقَدْ كُذِّبَتْ رُسُلٌ مِّن قَبْلِكَ ۚ وَإِلَى اللَّهِ تُرْجَعُ الْأُمُورُ (4)
En as hulle u verwerp, weet dan dat die boodskappers vóór u ook verwerp is. En tot Allah word alles teruggebring
يَا أَيُّهَا النَّاسُ إِنَّ وَعْدَ اللَّهِ حَقٌّ ۖ فَلَا تَغُرَّنَّكُمُ الْحَيَاةُ الدُّنْيَا ۖ وَلَا يَغُرَّنَّكُم بِاللَّهِ الْغَرُورُ (5)
O mensdom! Die beloftes van Allah is sekerlik waar; laat die lewe van hierdie wêreld julle daarom nie bedrieg nie. En laat die aartsbedrieër julle nie omtrent Allah bedrieg nie
إِنَّ الشَّيْطَانَ لَكُمْ عَدُوٌّ فَاتَّخِذُوهُ عَدُوًّا ۚ إِنَّمَا يَدْعُو حِزْبَهُ لِيَكُونُوا مِنْ أَصْحَابِ السَّعِيرِ (6)
Voorwaar, die duiwel is julle vyand, daarom moet julle hom ook as ’n vyand beskou. Hy nooi slegs sy metgeselle om bewoners van die Brandende Vuur te word
الَّذِينَ كَفَرُوا لَهُمْ عَذَابٌ شَدِيدٌ ۖ وَالَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ لَهُم مَّغْفِرَةٌ وَأَجْرٌ كَبِيرٌ (7)
Daar is ’n streng straf vir die ongelowiges. Maar daar is vergifnis en ’n groot beloning vir hulle wat glo en goeie werke doen
أَفَمَن زُيِّنَ لَهُ سُوءُ عَمَلِهِ فَرَآهُ حَسَنًا ۖ فَإِنَّ اللَّهَ يُضِلُّ مَن يَشَاءُ وَيَهْدِي مَن يَشَاءُ ۖ فَلَا تَذْهَبْ نَفْسُكَ عَلَيْهِمْ حَسَرَاتٍ ۚ إِنَّ اللَّهَ عَلِيمٌ بِمَا يَصْنَعُونَ (8)
Is hy wie se slegte dade vir hom skoonskynend gemaak is, dan so bedorwe dat hy dit as goed beskou? Sekerlik, Allah laat dwaal wie Hy wil en Hy lei wie Hy wil. Waarlik, Allah is die Kennisdraer van wat julle doen
وَاللَّهُ الَّذِي أَرْسَلَ الرِّيَاحَ فَتُثِيرُ سَحَابًا فَسُقْنَاهُ إِلَىٰ بَلَدٍ مَّيِّتٍ فَأَحْيَيْنَا بِهِ الْأَرْضَ بَعْدَ مَوْتِهَا ۚ كَذَٰلِكَ النُّشُورُ (9)
Dit is Allah wat die winde stuur om wolke op te jaag, dit na ’n dooie land aandryf en daarmee lewe gee aan die aarde ná haar dood. Net so is die Opstanding
مَن كَانَ يُرِيدُ الْعِزَّةَ فَلِلَّهِ الْعِزَّةُ جَمِيعًا ۚ إِلَيْهِ يَصْعَدُ الْكَلِمُ الطَّيِّبُ وَالْعَمَلُ الصَّالِحُ يَرْفَعُهُ ۚ وَالَّذِينَ يَمْكُرُونَ السَّيِّئَاتِ لَهُمْ عَذَابٌ شَدِيدٌ ۖ وَمَكْرُ أُولَٰئِكَ هُوَ يَبُورُ (10)
Wie na mag verlang, moet weet dat die mag aan Allah behoort. Tot Hom styg die goeie woorde; en die goeie daad, dit verhef Hy. En dié wat slegte dade beplan, vir hulle is daar ’n streng straf. En hul planne sal misluk
وَاللَّهُ خَلَقَكُم مِّن تُرَابٍ ثُمَّ مِن نُّطْفَةٍ ثُمَّ جَعَلَكُمْ أَزْوَاجًا ۚ وَمَا تَحْمِلُ مِنْ أُنثَىٰ وَلَا تَضَعُ إِلَّا بِعِلْمِهِ ۚ وَمَا يُعَمَّرُ مِن مُّعَمَّرٍ وَلَا يُنقَصُ مِنْ عُمُرِهِ إِلَّا فِي كِتَابٍ ۚ إِنَّ ذَٰلِكَ عَلَى اللَّهِ يَسِيرٌ (11)
En Allah het julle uit stof geskape, daarna uit ’n sperm waarna Hy julle tot pare gemaak het. En geen vrou word swanger of bring voort sonder Sy kennis nie. En geen langlewende persoon se lewe word verleng nie, nóg word ’n deel van sy lewe ingekort, of dit is in ’n boek opgeteken. Voorwaar, dit is maklik vir Allah
وَمَا يَسْتَوِي الْبَحْرَانِ هَٰذَا عَذْبٌ فُرَاتٌ سَائِغٌ شَرَابُهُ وَهَٰذَا مِلْحٌ أُجَاجٌ ۖ وَمِن كُلٍّ تَأْكُلُونَ لَحْمًا طَرِيًّا وَتَسْتَخْرِجُونَ حِلْيَةً تَلْبَسُونَهَا ۖ وَتَرَى الْفُلْكَ فِيهِ مَوَاخِرَ لِتَبْتَغُوا مِن فَضْلِهِ وَلَعَلَّكُمْ تَشْكُرُونَ (12)
En die twee seë is nie eenders nie: die een soet, baie soet, aangenaam om van te drink; en die ander sout, bitter. Tog, van beide eet julle vars vleis en kry ornamente daaruit, wat julle dra. En julle sien hoe die skepe dit bevaar sodat julle van Sy oorvloed mag soek, en sodat julle dankbaar kan wees
يُولِجُ اللَّيْلَ فِي النَّهَارِ وَيُولِجُ النَّهَارَ فِي اللَّيْلِ وَسَخَّرَ الشَّمْسَ وَالْقَمَرَ كُلٌّ يَجْرِي لِأَجَلٍ مُّسَمًّى ۚ ذَٰلِكُمُ اللَّهُ رَبُّكُمْ لَهُ الْمُلْكُ ۚ وَالَّذِينَ تَدْعُونَ مِن دُونِهِ مَا يَمْلِكُونَ مِن قِطْمِيرٍ (13)
Dit is Hy wat die nag in dag verander, en die dag in nag, en Hy het die son en die maan in diens gestel: elkeen volg sy baan vir ’n vasgestelde termyn. So is Allah, julle Here; aan Hom behoort die Koninkryk. En hulle wat julle buiten Hom aanroep, besit selfs nie eens ’n wit stippel van ’n dadelpit nie
إِن تَدْعُوهُمْ لَا يَسْمَعُوا دُعَاءَكُمْ وَلَوْ سَمِعُوا مَا اسْتَجَابُوا لَكُمْ ۖ وَيَوْمَ الْقِيَامَةِ يَكْفُرُونَ بِشِرْكِكُمْ ۚ وَلَا يُنَبِّئُكَ مِثْلُ خَبِيرٍ (14)
As julle hulle aanroep, sal hulle julle geroep nie hoor nie; en indien hulle gehoor het, sal hulle julle tog nie kan antwoord nie. En op die Opstandingsdag sal hulle julle vereenselwiging van hulle met Allah ontken. En niemand kan julle soos die Allerbewuste inlig nie
۞ يَا أَيُّهَا النَّاسُ أَنتُمُ الْفُقَرَاءُ إِلَى اللَّهِ ۖ وَاللَّهُ هُوَ الْغَنِيُّ الْحَمِيدُ (15)
O mensdom! Dit is júlle wat van Allah afhanklik is; Allah is die Onafhanklike, die Lofwaardige
إِن يَشَأْ يُذْهِبْكُمْ وَيَأْتِ بِخَلْقٍ جَدِيدٍ (16)
As Hy wil, kan Hy julle wegneem en ’n nuwe skepping voortbring
وَمَا ذَٰلِكَ عَلَى اللَّهِ بِعَزِيزٍ (17)
Dít is vir Allah nie moeilik nie
وَلَا تَزِرُ وَازِرَةٌ وِزْرَ أُخْرَىٰ ۚ وَإِن تَدْعُ مُثْقَلَةٌ إِلَىٰ حِمْلِهَا لَا يُحْمَلْ مِنْهُ شَيْءٌ وَلَوْ كَانَ ذَا قُرْبَىٰ ۗ إِنَّمَا تُنذِرُ الَّذِينَ يَخْشَوْنَ رَبَّهُم بِالْغَيْبِ وَأَقَامُوا الصَّلَاةَ ۚ وَمَن تَزَكَّىٰ فَإِنَّمَا يَتَزَكَّىٰ لِنَفْسِهِ ۚ وَإِلَى اللَّهِ الْمَصِيرُ (18)
En geen lasdraende siel kan die las van ’n ander dra nie. En indien iemand wat swaar belaai is, ’n ander roep om sy las te dra, sal niks daarvan gedra word nie, selfs al is hy ’n bloedverwant. U kan slegs húlle waarsku wat hulle Heer in die geheim vrees en die gebed onderhou. En wie homself reinig, reinig hom vir sy eie ontwil. En tot Allah is die uiteindelike terugkeer
وَمَا يَسْتَوِي الْأَعْمَىٰ وَالْبَصِيرُ (19)
En die blinde en die siende is nie eenders nie
وَلَا الظُّلُمَاتُ وَلَا النُّورُ (20)
ook is die duisternis nie soos die lig nie
وَلَا الظِّلُّ وَلَا الْحَرُورُ (21)
en die skadu is nie die hitte nie
وَمَا يَسْتَوِي الْأَحْيَاءُ وَلَا الْأَمْوَاتُ ۚ إِنَّ اللَّهَ يُسْمِعُ مَن يَشَاءُ ۖ وَمَا أَنتَ بِمُسْمِعٍ مَّن فِي الْقُبُورِ (22)
Nóg is die lewende gelyk aan die dooie. Voorwaar, Allah laat hoor wie Hy wil, maar u kan hulle wat in die grafte is, nie laat hoor nie
إِنْ أَنتَ إِلَّا نَذِيرٌ (23)
U is slegs ’n waarskuwer
إِنَّا أَرْسَلْنَاكَ بِالْحَقِّ بَشِيرًا وَنَذِيرًا ۚ وَإِن مِّنْ أُمَّةٍ إِلَّا خَلَا فِيهَا نَذِيرٌ (24)
Voorwaar, Ons het u met die Waarheid gestuur, as ’n draer van blye tyding en as ’n waarskuwer. En daar is nie ’n volk onder wie ’n waarskuwer nie verskyn het nie
وَإِن يُكَذِّبُوكَ فَقَدْ كَذَّبَ الَّذِينَ مِن قَبْلِهِمْ جَاءَتْهُمْ رُسُلُهُم بِالْبَيِّنَاتِ وَبِالزُّبُرِ وَبِالْكِتَابِ الْمُنِيرِ (25)
En as hulle u verloën, dan het diegene vóór hulle ook verloën ~ hulle boodskappers het met duidelike bewyse en met Geskrifte en met ’n liggewende Boek by hulle gekom
ثُمَّ أَخَذْتُ الَّذِينَ كَفَرُوا ۖ فَكَيْفَ كَانَ نَكِيرِ (26)
Maar Ek het die ongelowiges vasgegryp. En hoe vreeslik was My afkeuring nie
أَلَمْ تَرَ أَنَّ اللَّهَ أَنزَلَ مِنَ السَّمَاءِ مَاءً فَأَخْرَجْنَا بِهِ ثَمَرَاتٍ مُّخْتَلِفًا أَلْوَانُهَا ۚ وَمِنَ الْجِبَالِ جُدَدٌ بِيضٌ وَحُمْرٌ مُّخْتَلِفٌ أَلْوَانُهَا وَغَرَابِيبُ سُودٌ (27)
Sien u nie dat Allah water uit die wolke afstuur en dat Ons daardeur vrugte van verskillende kleure voortbring nie? En in die berge is strale, wit en rooi, van verskillende tinte, en party selfs pikswart
وَمِنَ النَّاسِ وَالدَّوَابِّ وَالْأَنْعَامِ مُخْتَلِفٌ أَلْوَانُهُ كَذَٰلِكَ ۗ إِنَّمَا يَخْشَى اللَّهَ مِنْ عِبَادِهِ الْعُلَمَاءُ ۗ إِنَّ اللَّهَ عَزِيزٌ غَفُورٌ (28)
En net so is daar ook mense, beeste en vee van verskillende kleure. Alleen Sy dienaars wat kennis besit, vrees Allah. Voorwaar, Allah is Almagtig, Vergewensgesind
إِنَّ الَّذِينَ يَتْلُونَ كِتَابَ اللَّهِ وَأَقَامُوا الصَّلَاةَ وَأَنفَقُوا مِمَّا رَزَقْنَاهُمْ سِرًّا وَعَلَانِيَةً يَرْجُونَ تِجَارَةً لَّن تَبُورَ (29)
Waarlik, hulle wat die Boek van Allah voordra en die gebed onderhou en heimlik of openlik bestee van wat Ons aan hulle geskenk het, hoop op winste wat nooit sal vergaan nie
لِيُوَفِّيَهُمْ أُجُورَهُمْ وَيَزِيدَهُم مِّن فَضْلِهِ ۚ إِنَّهُ غَفُورٌ شَكُورٌ (30)
sodat Hy hulle beloning ten volle kan terugbetaal, en hulle meer uit Sy oorvloed kan gee. Hy is sekerlik Vergewensgesind, Vermenigvuldiger van beloning
وَالَّذِي أَوْحَيْنَا إِلَيْكَ مِنَ الْكِتَابِ هُوَ الْحَقُّ مُصَدِّقًا لِّمَا بَيْنَ يَدَيْهِ ۗ إِنَّ اللَّهَ بِعِبَادِهِ لَخَبِيرٌ بَصِيرٌ (31)
En wat Ons u van die Boek geopenbaar het, is die waarheid, en bevestig wat reeds voorheen geopenbaar is. Waarlik, Allah is Allerbewus, Siener van Sy dienaars
ثُمَّ أَوْرَثْنَا الْكِتَابَ الَّذِينَ اصْطَفَيْنَا مِنْ عِبَادِنَا ۖ فَمِنْهُمْ ظَالِمٌ لِّنَفْسِهِ وَمِنْهُم مُّقْتَصِدٌ وَمِنْهُمْ سَابِقٌ بِالْخَيْرَاتِ بِإِذْنِ اللَّهِ ۚ ذَٰلِكَ هُوَ الْفَضْلُ الْكَبِيرُ (32)
Ons het die Boek as erfdeel gegee aan die uitverkorenes onder Ons dienaars. En onder hulle is daar een wat homself ’n onreg aandoen, en nog een wat ’n middeweg volg, en ’n ander wat met die toestemming van Allah vooruitstrewend is in goeie dade. Dít is die groot Genade
جَنَّاتُ عَدْنٍ يَدْخُلُونَهَا يُحَلَّوْنَ فِيهَا مِنْ أَسَاوِرَ مِن ذَهَبٍ وَلُؤْلُؤًا ۖ وَلِبَاسُهُمْ فِيهَا حَرِيرٌ (33)
Tuine van Ewigheid sal hulle binnegaan; daarin sal hulle met goue armbande en pêrels getooi word; en hulle kleding daarin sal van sy wees
وَقَالُوا الْحَمْدُ لِلَّهِ الَّذِي أَذْهَبَ عَنَّا الْحَزَنَ ۖ إِنَّ رَبَّنَا لَغَفُورٌ شَكُورٌ (34)
En hulle sal sê: Alle lof kom Allah toe, wat die droefheid van ons af weggeneem het! Ons Heer is waarlik Vergewensgesind, Vermenigvuldiger van beloning
الَّذِي أَحَلَّنَا دَارَ الْمُقَامَةِ مِن فَضْلِهِ لَا يَمَسُّنَا فِيهَا نَصَبٌ وَلَا يَمَسُّنَا فِيهَا لُغُوبٌ (35)
wat ons deur Sy goedertierenheid in die Huis van Ewigheid toegelaat het; daarin raak geen las ons aan nie, nóg kwel die moegheid ons
وَالَّذِينَ كَفَرُوا لَهُمْ نَارُ جَهَنَّمَ لَا يُقْضَىٰ عَلَيْهِمْ فَيَمُوتُوا وَلَا يُخَفَّفُ عَنْهُم مِّنْ عَذَابِهَا ۚ كَذَٰلِكَ نَجْزِي كُلَّ كَفُورٍ (36)
En wat die ongelowiges betref, vir hulle is daar die Vuur van die Hel. Geen tydperk is vasgestel, sodat hulle daarná kan sterf nie, en die straf word vir hulle ook nie verminder nie. Want so vergeld Ons elke ondankbare skepsel
وَهُمْ يَصْطَرِخُونَ فِيهَا رَبَّنَا أَخْرِجْنَا نَعْمَلْ صَالِحًا غَيْرَ الَّذِي كُنَّا نَعْمَلُ ۚ أَوَلَمْ نُعَمِّرْكُم مَّا يَتَذَكَّرُ فِيهِ مَن تَذَكَّرَ وَجَاءَكُمُ النَّذِيرُ ۖ فَذُوقُوا فَمَا لِلظَّالِمِينَ مِن نَّصِيرٍ (37)
En hulle sal daarin skreeu om hulp: Ons Heer! Haal ons uit! Ons sal hierdie keer beter werke doen as wat ons vroeër gedoen het! Het Ons julle nie ’n lewe gegee, lank genoeg vir hom wat wou onthou, om dit te doen nie? En ’n waarskuwer hét na julle gekom. Ondergaan dan die straf, want vir die boosdoeners is daar geen helper nie
إِنَّ اللَّهَ عَالِمُ غَيْبِ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۚ إِنَّهُ عَلِيمٌ بِذَاتِ الصُّدُورِ (38)
Voorwaar, Allah is die Kenner van die geheime van die hemele en die aarde. Waarlik, Hy is die Kenner van wat in die harte is
هُوَ الَّذِي جَعَلَكُمْ خَلَائِفَ فِي الْأَرْضِ ۚ فَمَن كَفَرَ فَعَلَيْهِ كُفْرُهُ ۖ وَلَا يَزِيدُ الْكَافِرِينَ كُفْرُهُمْ عِندَ رَبِّهِمْ إِلَّا مَقْتًا ۖ وَلَا يَزِيدُ الْكَافِرِينَ كُفْرُهُمْ إِلَّا خَسَارًا (39)
Dit is Hy wat julle as opvolgers op die aarde aangestel het. Hy wat nie glo nie, sy ongeloof sal teen homself wees. En die ongeloof van die ongelowiges verwek slegs weersin in die oë van hulle Heer
قُلْ أَرَأَيْتُمْ شُرَكَاءَكُمُ الَّذِينَ تَدْعُونَ مِن دُونِ اللَّهِ أَرُونِي مَاذَا خَلَقُوا مِنَ الْأَرْضِ أَمْ لَهُمْ شِرْكٌ فِي السَّمَاوَاتِ أَمْ آتَيْنَاهُمْ كِتَابًا فَهُمْ عَلَىٰ بَيِّنَتٍ مِّنْهُ ۚ بَلْ إِن يَعِدُ الظَّالِمُونَ بَعْضُهُم بَعْضًا إِلَّا غُرُورًا (40)
Sê: Het julle jul deelgenote gesien wat julle buiten Allah aanroep? Wys my watter deel van die aarde hulle geskep het! Of het hulle ’n aandeel aan die hemele? Of het Ons hulle ’n Boek gegee sodat hulle die duidelike riglyne daarvan kan volg? Nee, die boosdoeners belowe mekaar slegs bedrog
۞ إِنَّ اللَّهَ يُمْسِكُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ أَن تَزُولَا ۚ وَلَئِن زَالَتَا إِنْ أَمْسَكَهُمَا مِنْ أَحَدٍ مِّن بَعْدِهِ ۚ إِنَّهُ كَانَ حَلِيمًا غَفُورًا (41)
Voorwaar, Allah hou die hemele en die aarde in stand sodat dit nie vergaan nie. En indien hulle vergaan, sal niemand buiten Hom hulle bymekaar kan hou nie. Voorwaar, Hy is Verdraagsaam, Vergewensgesind
وَأَقْسَمُوا بِاللَّهِ جَهْدَ أَيْمَانِهِمْ لَئِن جَاءَهُمْ نَذِيرٌ لَّيَكُونُنَّ أَهْدَىٰ مِنْ إِحْدَى الْأُمَمِ ۖ فَلَمَّا جَاءَهُمْ نَذِيرٌ مَّا زَادَهُمْ إِلَّا نُفُورًا (42)
En hulle sweer by Allah hulle sterkste eed, dat as ’n waarskuwer na hulle gekom het, hulle beter as ander volke gelei sou gewees het. Maar toe ’n waarskuwer na hulle gekom het, het dit hulle slegs in afkeer laat toeneem
اسْتِكْبَارًا فِي الْأَرْضِ وَمَكْرَ السَّيِّئِ ۚ وَلَا يَحِيقُ الْمَكْرُ السَّيِّئُ إِلَّا بِأَهْلِهِ ۚ فَهَلْ يَنظُرُونَ إِلَّا سُنَّتَ الْأَوَّلِينَ ۚ فَلَن تَجِدَ لِسُنَّتِ اللَّهِ تَبْدِيلًا ۖ وَلَن تَجِدَ لِسُنَّتِ اللَّهِ تَحْوِيلًا (43)
hulle gedrag op aarde slegs aanmatiger laat word, en bose planne laat beraam. En die slegte plan omring niemand anders as die deelgenote daaraan nie. Kan hulle dan iets anders as
أَوَلَمْ يَسِيرُوا فِي الْأَرْضِ فَيَنظُرُوا كَيْفَ كَانَ عَاقِبَةُ الَّذِينَ مِن قَبْلِهِمْ وَكَانُوا أَشَدَّ مِنْهُمْ قُوَّةً ۚ وَمَا كَانَ اللَّهُ لِيُعْجِزَهُ مِن شَيْءٍ فِي السَّمَاوَاتِ وَلَا فِي الْأَرْضِ ۚ إِنَّهُ كَانَ عَلِيمًا قَدِيرًا (44)
Het hulle nie op die aarde gereis en gesien wat die einde was van diegene wat vóór hulle gelewe het nie? En daardie mense was selfs magtiger as dié wat vandag lewe. Dit kom Allah nie te pas dat enigiets in die hemel of op die aarde Hom kan ontgaan nie. Voorwaar, Hy is die Alleswetende, die Allermagtige
وَلَوْ يُؤَاخِذُ اللَّهُ النَّاسَ بِمَا كَسَبُوا مَا تَرَكَ عَلَىٰ ظَهْرِهَا مِن دَابَّةٍ وَلَٰكِن يُؤَخِّرُهُمْ إِلَىٰ أَجَلٍ مُّسَمًّى ۖ فَإِذَا جَاءَ أَجَلُهُمْ فَإِنَّ اللَّهَ كَانَ بِعِبَادِهِ بَصِيرًا (45)
En indien Allah die mense sou straf vir wat hulle verdien, sou Hy geen skepsel op die oppervlak van die aarde agterlaat nie. Maar Hy skenk hulle uitstel tot op ’n vasgestelde tyd. Wanneer hulle verdoemenis kom, dan is Allah waarlik die Siener van Sy dienaars
❮ Previous Next ❯

Surahs from Quran :

1- Fatiha2- Baqarah
3- Al Imran4- Nisa
5- Maidah6- Anam
7- Araf8- Anfal
9- Tawbah10- Yunus
11- Hud12- Yusuf
13- Raad14- Ibrahim
15- Hijr16- Nahl
17- Al Isra18- Kahf
19- Maryam20- TaHa
21- Anbiya22- Hajj
23- Muminun24- An Nur
25- Furqan26- Shuara
27- Naml28- Qasas
29- Ankabut30- Rum
31- Luqman32- Sajdah
33- Ahzab34- Saba
35- Fatir36- Yasin
37- Assaaffat38- Sad
39- Zumar40- Ghafir
41- Fussilat42- shura
43- Zukhruf44- Ad Dukhaan
45- Jathiyah46- Ahqaf
47- Muhammad48- Al Fath
49- Hujurat50- Qaf
51- zariyat52- Tur
53- Najm54- Al Qamar
55- Rahman56- Waqiah
57- Hadid58- Mujadilah
59- Al Hashr60- Mumtahina
61- Saff62- Jumuah
63- Munafiqun64- Taghabun
65- Talaq66- Tahrim
67- Mulk68- Qalam
69- Al-Haqqah70- Maarij
71- Nuh72- Jinn
73- Muzammil74- Muddathir
75- Qiyamah76- Insan
77- Mursalat78- An Naba
79- Naziat80- Abasa
81- Takwir82- Infitar
83- Mutaffifin84- Inshiqaq
85- Buruj86- Tariq
87- Al Ala88- Ghashiya
89- Fajr90- Al Balad
91- Shams92- Lail
93- Duha94- Sharh
95- Tin96- Al Alaq
97- Qadr98- Bayyinah
99- Zalzalah100- Adiyat
101- Qariah102- Takathur
103- Al Asr104- Humazah
105- Al Fil106- Quraysh
107- Maun108- Kawthar
109- Kafirun110- Nasr
111- Masad112- Ikhlas
113- Falaq114- An Nas