×

Surah Al-Hujuraat in Afrikaans

Quran Afrikaans ⮕ Surah Hujurat

Translation of the Meanings of Surah Hujurat in Afrikaans - الأفريكانية

The Quran in Afrikaans - Surah Hujurat translated into Afrikaans, Surah Al-Hujuraat in Afrikaans. We provide accurate translation of Surah Hujurat in Afrikaans - الأفريكانية, Verses 18 - Surah Number 49 - Page 515.

بسم الله الرحمن الرحيم

يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تُقَدِّمُوا بَيْنَ يَدَيِ اللَّهِ وَرَسُولِهِ ۖ وَاتَّقُوا اللَّهَ ۚ إِنَّ اللَّهَ سَمِيعٌ عَلِيمٌ (1)
O julle wat glo! Moenie voorbarig in die teenwoordigheid van Allah en sy Boodskapper wees nie, en wees bewus van Allah. Voorwaar, Allah is Alleshorend, Alleswetend
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تَرْفَعُوا أَصْوَاتَكُمْ فَوْقَ صَوْتِ النَّبِيِّ وَلَا تَجْهَرُوا لَهُ بِالْقَوْلِ كَجَهْرِ بَعْضِكُمْ لِبَعْضٍ أَن تَحْبَطَ أَعْمَالُكُمْ وَأَنتُمْ لَا تَشْعُرُونَ (2)
O julle wat glo! Verhef julle stemme nie bo die stem van die Profeet nie, en moenie met hom hard praat soos julle met mekaar hard praat nie, anders sal julle dade vrugteloos word sonder dat julle dit besef
إِنَّ الَّذِينَ يَغُضُّونَ أَصْوَاتَهُمْ عِندَ رَسُولِ اللَّهِ أُولَٰئِكَ الَّذِينَ امْتَحَنَ اللَّهُ قُلُوبَهُمْ لِلتَّقْوَىٰ ۚ لَهُم مَّغْفِرَةٌ وَأَجْرٌ عَظِيمٌ (3)
Waarlik, hulle wat hul stemme in die teenwoordigheid van Allah se Boodskapper demp, is diegene wie se harte Allah gesuiwer het. Vir hulle is deur godvresendheid daar vergifnis en ’n groot beloning
إِنَّ الَّذِينَ يُنَادُونَكَ مِن وَرَاءِ الْحُجُرَاتِ أَكْثَرُهُمْ لَا يَعْقِلُونَ (4)
Diegene wat van agter die private woonkwartiere na u uitroep ~ die meeste van hulle is onverstandig
وَلَوْ أَنَّهُمْ صَبَرُوا حَتَّىٰ تَخْرُجَ إِلَيْهِمْ لَكَانَ خَيْرًا لَّهُمْ ۚ وَاللَّهُ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (5)
En indien hulle geduldig was totdat u na hulle uitgekom het, sou dit vir hulle beter gewees het. En Allah is Vergewensgesind, Genadevol
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِن جَاءَكُمْ فَاسِقٌ بِنَبَإٍ فَتَبَيَّنُوا أَن تُصِيبُوا قَوْمًا بِجَهَالَةٍ فَتُصْبِحُوا عَلَىٰ مَا فَعَلْتُمْ نَادِمِينَ (6)
O julle wat glo! Indien ’n bose persoon vir julle nuus bring, stel noukeurig ondersoek in; anders mag julle ’n volk in onwetend- heid skade aandoen, en naderhand spyt kry oor wat julle gedoen het
وَاعْلَمُوا أَنَّ فِيكُمْ رَسُولَ اللَّهِ ۚ لَوْ يُطِيعُكُمْ فِي كَثِيرٍ مِّنَ الْأَمْرِ لَعَنِتُّمْ وَلَٰكِنَّ اللَّهَ حَبَّبَ إِلَيْكُمُ الْإِيمَانَ وَزَيَّنَهُ فِي قُلُوبِكُمْ وَكَرَّهَ إِلَيْكُمُ الْكُفْرَ وَالْفُسُوقَ وَالْعِصْيَانَ ۚ أُولَٰئِكَ هُمُ الرَّاشِدُونَ (7)
En weet dat die Boodskapper van Allah onder julle is. As hy julle in menige sake gelyk sou gee, sou julle sekerlik in die moeilikheid verkeer; maar Allah het die geloof vir julle dierbaar gemaak en dit sierlik in julle harte gemaak, en Hy het ongeloof en oortreding en ongehoorsaamheid vir julle haatlik gemaak. Dit is húlle wat reg gelei is
فَضْلًا مِّنَ اللَّهِ وَنِعْمَةً ۚ وَاللَّهُ عَلِيمٌ حَكِيمٌ (8)
’n genade van Allah, en ’n guns. En Allah is Alleswetend, Allerwys
وَإِن طَائِفَتَانِ مِنَ الْمُؤْمِنِينَ اقْتَتَلُوا فَأَصْلِحُوا بَيْنَهُمَا ۖ فَإِن بَغَتْ إِحْدَاهُمَا عَلَى الْأُخْرَىٰ فَقَاتِلُوا الَّتِي تَبْغِي حَتَّىٰ تَفِيءَ إِلَىٰ أَمْرِ اللَّهِ ۚ فَإِن فَاءَتْ فَأَصْلِحُوا بَيْنَهُمَا بِالْعَدْلِ وَأَقْسِطُوا ۖ إِنَّ اللَّهَ يُحِبُّ الْمُقْسِطِينَ (9)
En indien twee partye van die gelowiges in stryd verkeer, sluit vrede tussen hulle. Indien een van hulle twee die ander kwaad aandoen, beveg dan die oortredende party, totdat hy na die verordening van Allah terugkeer. Dan, as hy terugkeer, sluit vrede tussen hulle met regverdigheid, en behandel hulle billik. Voorwaar, Allah het diegene lief wat billik is
إِنَّمَا الْمُؤْمِنُونَ إِخْوَةٌ فَأَصْلِحُوا بَيْنَ أَخَوَيْكُمْ ۚ وَاتَّقُوا اللَّهَ لَعَلَّكُمْ تُرْحَمُونَ (10)
Waarlik, die gelowiges is broers; bewaar daarom vrede onder julle broers, en behou julle plig by Allah sodat barmhartigheid aan julle betoon mag word
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا يَسْخَرْ قَوْمٌ مِّن قَوْمٍ عَسَىٰ أَن يَكُونُوا خَيْرًا مِّنْهُمْ وَلَا نِسَاءٌ مِّن نِّسَاءٍ عَسَىٰ أَن يَكُنَّ خَيْرًا مِّنْهُنَّ ۖ وَلَا تَلْمِزُوا أَنفُسَكُمْ وَلَا تَنَابَزُوا بِالْأَلْقَابِ ۖ بِئْسَ الِاسْمُ الْفُسُوقُ بَعْدَ الْإِيمَانِ ۚ وَمَن لَّمْ يَتُبْ فَأُولَٰئِكَ هُمُ الظَّالِمُونَ (11)
O julle wat glo! Laat ’n volk ’n ander volk nie uitkoggel nie ~ miskien mag die ander beter wees as hulle; en laat die vroue ook nie ander vroue bespot nie ~ miskien mag die ander beter as hulle wees. Moet ook nie skoor soek onder mekaar, of mekaar slegte byname noem nie. Kwaad is dit om ’n slegte bynaam te roep nadat geloof aanvaar is; en wie nie berou toon nie, dit is húlle wat onregverdig is
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا اجْتَنِبُوا كَثِيرًا مِّنَ الظَّنِّ إِنَّ بَعْضَ الظَّنِّ إِثْمٌ ۖ وَلَا تَجَسَّسُوا وَلَا يَغْتَب بَّعْضُكُم بَعْضًا ۚ أَيُحِبُّ أَحَدُكُمْ أَن يَأْكُلَ لَحْمَ أَخِيهِ مَيْتًا فَكَرِهْتُمُوهُ ۚ وَاتَّقُوا اللَّهَ ۚ إِنَّ اللَّهَ تَوَّابٌ رَّحِيمٌ (12)
O julle wat glo! Vermy agterdog, want in sommige gevalle is agterdog ’n sonde; en moenie afloer of mekaar belaster nie. Sou een van julle die vlees van sy dooie broer eet? Julle verafsku dit natuurlik! Vrees Allah; waarlik, Allah is Berouaanvarend, Genadevol
يَا أَيُّهَا النَّاسُ إِنَّا خَلَقْنَاكُم مِّن ذَكَرٍ وَأُنثَىٰ وَجَعَلْنَاكُمْ شُعُوبًا وَقَبَائِلَ لِتَعَارَفُوا ۚ إِنَّ أَكْرَمَكُمْ عِندَ اللَّهِ أَتْقَاكُمْ ۚ إِنَّ اللَّهَ عَلِيمٌ خَبِيرٌ (13)
O mensdom! Ons het julle waarlik uit ’n man en vrou geskape, en Ons het julle tot families en volkstamme gemaak, sodat julle mekaar mag ken. Sekerlik, die eerwaardigste onder julle by Allah is dié wat godvresend is. Voorwaar, Allah is Alleswetend, Allerbewus
۞ قَالَتِ الْأَعْرَابُ آمَنَّا ۖ قُل لَّمْ تُؤْمِنُوا وَلَٰكِن قُولُوا أَسْلَمْنَا وَلَمَّا يَدْخُلِ الْإِيمَانُ فِي قُلُوبِكُمْ ۖ وَإِن تُطِيعُوا اللَّهَ وَرَسُولَهُ لَا يَلِتْكُم مِّنْ أَعْمَالِكُمْ شَيْئًا ۚ إِنَّ اللَّهَ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (14)
Die bewoners van die woestyn sê: Ons glo. Sê: Julle glo nog nie, maar sê liewers: Ons het onsself onderwerp; want die geloof het julle harte nog nie binnegedring nie. Maar indien julle Allah en Sy Boodskapper gehoorsaam, sal Hy niks van julle goeie dade wegneem nie. Voorwaar, Allah is die Vergewensgesinde, die Genadevolle
إِنَّمَا الْمُؤْمِنُونَ الَّذِينَ آمَنُوا بِاللَّهِ وَرَسُولِهِ ثُمَّ لَمْ يَرْتَابُوا وَجَاهَدُوا بِأَمْوَالِهِمْ وَأَنفُسِهِمْ فِي سَبِيلِ اللَّهِ ۚ أُولَٰئِكَ هُمُ الصَّادِقُونَ (15)
Die ware gelowiges is slegs húlle wat in Allah en Sy Bood- skapper glo en nie daarna twyfel nie, en met hulle rykdom en hulle persoon op die weg van Allah hard strewe. Húlle is die opregtes
قُلْ أَتُعَلِّمُونَ اللَّهَ بِدِينِكُمْ وَاللَّهُ يَعْلَمُ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَمَا فِي الْأَرْضِ ۚ وَاللَّهُ بِكُلِّ شَيْءٍ عَلِيمٌ (16)
Sê: Wil julle Allah graag in kennis stel van julle geloof? Allah weet wat in die hemele is en wat op die aarde is; waarlik, Allah het kennis van alle dinge
يَمُنُّونَ عَلَيْكَ أَنْ أَسْلَمُوا ۖ قُل لَّا تَمُنُّوا عَلَيَّ إِسْلَامَكُم ۖ بَلِ اللَّهُ يَمُنُّ عَلَيْكُمْ أَنْ هَدَاكُمْ لِلْإِيمَانِ إِن كُنتُمْ صَادِقِينَ (17)
Hulle ag dit as ’n guns vir u dat hulle Moesliems word. Sê: Moet nie julle aanname van Islam as ’n guns vir my ag nie. Eerder het Allah júlle ’n guns bewys deurdat Hy julle tot die geloof gelei het, indien julle opreg is
إِنَّ اللَّهَ يَعْلَمُ غَيْبَ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۚ وَاللَّهُ بَصِيرٌ بِمَا تَعْمَلُونَ (18)
Voorwaar, Allah ken die geheime van die hemele en die aarde. Waarlik, Allah sien alles wat julle doen
❮ Previous Next ❯

Surahs from Quran :

1- Fatiha2- Baqarah
3- Al Imran4- Nisa
5- Maidah6- Anam
7- Araf8- Anfal
9- Tawbah10- Yunus
11- Hud12- Yusuf
13- Raad14- Ibrahim
15- Hijr16- Nahl
17- Al Isra18- Kahf
19- Maryam20- TaHa
21- Anbiya22- Hajj
23- Muminun24- An Nur
25- Furqan26- Shuara
27- Naml28- Qasas
29- Ankabut30- Rum
31- Luqman32- Sajdah
33- Ahzab34- Saba
35- Fatir36- Yasin
37- Assaaffat38- Sad
39- Zumar40- Ghafir
41- Fussilat42- shura
43- Zukhruf44- Ad Dukhaan
45- Jathiyah46- Ahqaf
47- Muhammad48- Al Fath
49- Hujurat50- Qaf
51- zariyat52- Tur
53- Najm54- Al Qamar
55- Rahman56- Waqiah
57- Hadid58- Mujadilah
59- Al Hashr60- Mumtahina
61- Saff62- Jumuah
63- Munafiqun64- Taghabun
65- Talaq66- Tahrim
67- Mulk68- Qalam
69- Al-Haqqah70- Maarij
71- Nuh72- Jinn
73- Muzammil74- Muddathir
75- Qiyamah76- Insan
77- Mursalat78- An Naba
79- Naziat80- Abasa
81- Takwir82- Infitar
83- Mutaffifin84- Inshiqaq
85- Buruj86- Tariq
87- Al Ala88- Ghashiya
89- Fajr90- Al Balad
91- Shams92- Lail
93- Duha94- Sharh
95- Tin96- Al Alaq
97- Qadr98- Bayyinah
99- Zalzalah100- Adiyat
101- Qariah102- Takathur
103- Al Asr104- Humazah
105- Al Fil106- Quraysh
107- Maun108- Kawthar
109- Kafirun110- Nasr
111- Masad112- Ikhlas
113- Falaq114- An Nas