وَالذَّارِيَاتِ ذَرْوًا (1) By diegene wat wyd en syd verstrooi |
فَالْحَامِلَاتِ وِقْرًا (2) En hulle wat die laste dra |
فَالْجَارِيَاتِ يُسْرًا (3) En diegene wat maklik voortgaan |
فَالْمُقَسِّمَاتِ أَمْرًا (4) En by die deelgenote aan die Saak |
إِنَّمَا تُوعَدُونَ لَصَادِقٌ (5) Wat julle belowe word, is sekerlik waar |
وَإِنَّ الدِّينَ لَوَاقِعٌ (6) en die Oordeel sal waarlik geskied |
وَالسَّمَاءِ ذَاتِ الْحُبُكِ (7) By die hemel vol van paaie |
إِنَّكُمْ لَفِي قَوْلٍ مُّخْتَلِفٍ (8) waarlik, julle verskil van mening |
يُؤْفَكُ عَنْهُ مَنْ أُفِكَ (9) Hy wat hom wou wegdraai, word daarmee van die ware geloof verlei |
قُتِلَ الْخَرَّاصُونَ (10) Vervloek is die leuenaars |
الَّذِينَ هُمْ فِي غَمْرَةٍ سَاهُونَ (11) wat op die bodemlose diepte nie ag slaan nie |
يَسْأَلُونَ أَيَّانَ يَوْمُ الدِّينِ (12) Hulle vra: Wanneer sal die Dag van Oordeel wees |
يَوْمَ هُمْ عَلَى النَّارِ يُفْتَنُونَ (13) Dit sal die Dag wees wanneer hulle in die Vuur beproef sal word |
ذُوقُوا فِتْنَتَكُمْ هَٰذَا الَّذِي كُنتُم بِهِ تَسْتَعْجِلُونَ (14) Daar sal gesê word: Smaak nou julle vervolging! Dít is wat julle wou verhaas |
إِنَّ الْمُتَّقِينَ فِي جَنَّاتٍ وَعُيُونٍ (15) Maar die godvresendes sal te midde van Tuine en fonteine wees |
آخِذِينَ مَا آتَاهُمْ رَبُّهُمْ ۚ إِنَّهُمْ كَانُوا قَبْلَ ذَٰلِكَ مُحْسِنِينَ (16) en daaruit neem wat hulle Heer aan hulle gee. Vóór dit was hulle sekerlik onder die weldoeners |
كَانُوا قَلِيلًا مِّنَ اللَّيْلِ مَا يَهْجَعُونَ (17) Gedurende die nag het hulle weinig geslaap |
وَبِالْأَسْحَارِ هُمْ يَسْتَغْفِرُونَ (18) En in die môre het hulle om Goddelike beskerming gesmeek |
وَفِي أَمْوَالِهِمْ حَقٌّ لِّلسَّائِلِ وَالْمَحْرُومِ (19) En van hulle rykdom was daar ’n billike aandeel vir die bedelaar en vir diegene wat te skaam is om te bedel |
وَفِي الْأَرْضِ آيَاتٌ لِّلْمُوقِنِينَ (20) En op die aarde is daar tekens vir diegene wat sekerheid van geloof het |
وَفِي أَنفُسِكُمْ ۚ أَفَلَا تُبْصِرُونَ (21) en ook in julleself. Kan julle dan nie sien nie |
وَفِي السَّمَاءِ رِزْقُكُمْ وَمَا تُوعَدُونَ (22) En in die hemele is julle onderhoud, en ook dít wat aan julle beloof is |
فَوَرَبِّ السَّمَاءِ وَالْأَرْضِ إِنَّهُ لَحَقٌّ مِّثْلَ مَا أَنَّكُمْ تَنطِقُونَ (23) By die Heer van die hemele en die aarde dan! ~ dit is inderdaad die waarheid wat julle praat |
هَلْ أَتَاكَ حَدِيثُ ضَيْفِ إِبْرَاهِيمَ الْمُكْرَمِينَ (24) Het julle die verhaal van Abraham se geëerde gaste gehoor |
إِذْ دَخَلُوا عَلَيْهِ فَقَالُوا سَلَامًا ۖ قَالَ سَلَامٌ قَوْمٌ مُّنكَرُونَ (25) Hoe hulle na hom gekom het, en gesê het: Vrede! Vrede! ~ toe het hy geantwoord: Vreemdelinge |
فَرَاغَ إِلَىٰ أَهْلِهِ فَجَاءَ بِعِجْلٍ سَمِينٍ (26) Hy het weggedraai na sy gesin, en toe ’n vet kalf gebring |
فَقَرَّبَهُ إِلَيْهِمْ قَالَ أَلَا تَأْكُلُونَ (27) Dit het hy voor hulle neergesit, en gesê: Wil julle nie eet nie |
فَأَوْجَسَ مِنْهُمْ خِيفَةً ۖ قَالُوا لَا تَخَفْ ۖ وَبَشَّرُوهُ بِغُلَامٍ عَلِيمٍ (28) Daarop het hy hulle begin vrees. Hulle het gesê: Moenie vrees nie. En hulle het hom die blye tyding van ’n wyse seun gebring |
فَأَقْبَلَتِ امْرَأَتُهُ فِي صَرَّةٍ فَصَكَّتْ وَجْهَهَا وَقَالَتْ عَجُوزٌ عَقِيمٌ (29) Toe het sy vrou gekom en, in verbystering, het sy haar gesig geslaan en gesê: ’n Onvrugbare, bejaarde vrou |
قَالُوا كَذَٰلِكِ قَالَ رَبُّكِ ۖ إِنَّهُ هُوَ الْحَكِيمُ الْعَلِيمُ (30) Hulle het gesê: U Heer sê so. Voorwaar, Hy is die Allerwyse, die Alleswetende |
۞ قَالَ فَمَا خَطْبُكُمْ أَيُّهَا الْمُرْسَلُونَ (31) Abraham het gesê: Wat is julle opdrag, o boodskappers |
قَالُوا إِنَّا أُرْسِلْنَا إِلَىٰ قَوْمٍ مُّجْرِمِينَ (32) Hulle het geantwoord: Ons is na ’n misdadige volk gestuur |
لِنُرْسِلَ عَلَيْهِمْ حِجَارَةً مِّن طِينٍ (33) sodat ons kleiklonte op hulle kan neerwerp |
مُّسَوَّمَةً عِندَ رَبِّكَ لِلْمُسْرِفِينَ (34) wat deur u Heer vir die oortreders bestem is |
فَأَخْرَجْنَا مَن كَانَ فِيهَا مِنَ الْمُؤْمِنِينَ (35) Die gelowiges wat daar was, het Ons toe laat weggaan |
فَمَا وَجَدْنَا فِيهَا غَيْرَ بَيْتٍ مِّنَ الْمُسْلِمِينَ (36) En Ons het maar ’n enkele huis van Moesliems daar gevind |
وَتَرَكْنَا فِيهَا آيَةً لِّلَّذِينَ يَخَافُونَ الْعَذَابَ الْأَلِيمَ (37) En Ons het ’n teken daarin gelaat vir diegene wat die pynlike straf vrees |
وَفِي مُوسَىٰ إِذْ أَرْسَلْنَاهُ إِلَىٰ فِرْعَوْنَ بِسُلْطَانٍ مُّبِينٍ (38) En in Moses, toe Ons hom na Farao met ’n duidelike gesag gestuur het |
فَتَوَلَّىٰ بِرُكْنِهِ وَقَالَ سَاحِرٌ أَوْ مَجْنُونٌ (39) Maar hy was afkerig vanweë sy mag, en het gesê: ’n Towenaar, of ’n kranksinnige |
فَأَخَذْنَاهُ وَجُنُودَهُ فَنَبَذْنَاهُمْ فِي الْيَمِّ وَهُوَ مُلِيمٌ (40) Daarom het Ons hom en sy skare gegryp en hulle in die see gewerp, omdat hy skuldig was |
وَفِي عَادٍ إِذْ أَرْسَلْنَا عَلَيْهِمُ الرِّيحَ الْعَقِيمَ (41) En in Aad, toe Ons ’n vernielende orkaan teen hulle uitgestuur het |
مَا تَذَرُ مِن شَيْءٍ أَتَتْ عَلَيْهِ إِلَّا جَعَلَتْهُ كَالرَّمِيمِ (42) Dit het niks gespaar waarmee dit in aanraking gekom het nie, en dit het van alles as gemaak |
وَفِي ثَمُودَ إِذْ قِيلَ لَهُمْ تَمَتَّعُوا حَتَّىٰ حِينٍ (43) En in Thamoed, toe aan hulle gesê is: Vermaak julle vir tyd en wyl |
فَعَتَوْا عَنْ أَمْرِ رَبِّهِمْ فَأَخَذَتْهُمُ الصَّاعِقَةُ وَهُمْ يَنظُرُونَ (44) Maar hulle het die gebod van hulle Heer oortree, daarom het die donderstraal straf hulle agterhaal, terwyl hulle dit aanskou het |
فَمَا اسْتَطَاعُوا مِن قِيَامٍ وَمَا كَانُوا مُنتَصِرِينَ (45) daarom was hulle nie in staat om op te staan nie, nóg kon hulle hul verdedig |
وَقَوْمَ نُوحٍ مِّن قَبْلُ ۖ إِنَّهُمْ كَانُوا قَوْمًا فَاسِقِينَ (46) en die volk van Noag: Voorwaar, hulle was ’n onheilstigtende volk |
وَالسَّمَاءَ بَنَيْنَاهَا بِأَيْدٍ وَإِنَّا لَمُوسِعُونَ (47) En die hemel, dié het Ons deur Ons mag opgestel, en Ons is waarlik die Makers van die uitgestrektheid |
وَالْأَرْضَ فَرَشْنَاهَا فَنِعْمَ الْمَاهِدُونَ (48) En die aarde, dié het Ons uitgesprei. Hoe uitmuntend het Ons dit gemaak |
وَمِن كُلِّ شَيْءٍ خَلَقْنَا زَوْجَيْنِ لَعَلَّكُمْ تَذَكَّرُونَ (49) En van elke ding het Ons pare geskape, sodat julle kan onthou |
فَفِرُّوا إِلَى اللَّهِ ۖ إِنِّي لَكُم مِّنْهُ نَذِيرٌ مُّبِينٌ (50) Haas julle dan na Allah. Waarlik, ek is vir julle ’n duidelike waarskuwer van Hom |
وَلَا تَجْعَلُوا مَعَ اللَّهِ إِلَٰهًا آخَرَ ۖ إِنِّي لَكُم مِّنْهُ نَذِيرٌ مُّبِينٌ (51) En moenie ’n ander god naas Allah opstel nie. Waarlik, ek is vir julle ’n duidelike waarskuwer van Hom |
كَذَٰلِكَ مَا أَتَى الَّذِينَ مِن قَبْلِهِم مِّن رَّسُولٍ إِلَّا قَالُوا سَاحِرٌ أَوْ مَجْنُونٌ (52) En nooit het daar ’n boodskapper tot diegene vóór hulle gekom nie, of hulle het gesê: ’n Towenaar, of ’n kranksinnige |
أَتَوَاصَوْا بِهِ ۚ بَلْ هُمْ قَوْمٌ طَاغُونَ (53) Het hulle mekaar hiertoe aangespoor? Nee, hulle was verslae oortreders |
فَتَوَلَّ عَنْهُمْ فَمَا أَنتَ بِمَلُومٍ (54) Draai daarom weg van hulle af, want u is sonder blaam |
وَذَكِّرْ فَإِنَّ الذِّكْرَىٰ تَنفَعُ الْمُؤْمِنِينَ (55) En vemaan, want die vermaning sal die gelowiges bevoordeel |
وَمَا خَلَقْتُ الْجِنَّ وَالْإِنسَ إِلَّا لِيَعْبُدُونِ (56) En Ek het die djien en die mense om geen ander rede geskape nie, as dat hulle My moet aanbid |
مَا أُرِيدُ مِنْهُم مِّن رِّزْقٍ وَمَا أُرِيدُ أَن يُطْعِمُونِ (57) Ek verlang van hulle geen onderhoud nie, nóg wens Ek dat hulle My moet voed |
إِنَّ اللَّهَ هُوَ الرَّزَّاقُ ذُو الْقُوَّةِ الْمَتِينُ (58) Voorwaar, Allah is die Allergrootste Voorsiener, die Heer van Mag, die Sterke |
فَإِنَّ لِلَّذِينَ ظَلَمُوا ذَنُوبًا مِّثْلَ ذَنُوبِ أَصْحَابِهِمْ فَلَا يَسْتَعْجِلُونِ (59) Die lot van die kwaaddoeners is sekerlik soos die lot van hulle metgeselle; daarom moet hulle My nie vra om dit te verhaas nie |
فَوَيْلٌ لِّلَّذِينَ كَفَرُوا مِن يَوْمِهِمُ الَّذِي يُوعَدُونَ (60) Wee die ongelowiges vanweë die Dag waarmee hulle bedreig word |