×

Surah Al-Mumtahanah in Afrikaans

Quran Afrikaans ⮕ Surah Mumtahina

Translation of the Meanings of Surah Mumtahina in Afrikaans - الأفريكانية

The Quran in Afrikaans - Surah Mumtahina translated into Afrikaans, Surah Al-Mumtahanah in Afrikaans. We provide accurate translation of Surah Mumtahina in Afrikaans - الأفريكانية, Verses 13 - Surah Number 60 - Page 549.

بسم الله الرحمن الرحيم

يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تَتَّخِذُوا عَدُوِّي وَعَدُوَّكُمْ أَوْلِيَاءَ تُلْقُونَ إِلَيْهِم بِالْمَوَدَّةِ وَقَدْ كَفَرُوا بِمَا جَاءَكُم مِّنَ الْحَقِّ يُخْرِجُونَ الرَّسُولَ وَإِيَّاكُمْ ۙ أَن تُؤْمِنُوا بِاللَّهِ رَبِّكُمْ إِن كُنتُمْ خَرَجْتُمْ جِهَادًا فِي سَبِيلِي وَابْتِغَاءَ مَرْضَاتِي ۚ تُسِرُّونَ إِلَيْهِم بِالْمَوَدَّةِ وَأَنَا أَعْلَمُ بِمَا أَخْفَيْتُمْ وَمَا أَعْلَنتُمْ ۚ وَمَن يَفْعَلْهُ مِنكُمْ فَقَدْ ضَلَّ سَوَاءَ السَّبِيلِ (1)
O julle gelowiges! Neem nie My vyande en julle vyande tot vriende nie. Sou julle hulle liefde aanbied, terwyl hulle die waarheid verwerp wat tot julle gekom het, en die Boodskapper en julle verdryf omdat julle in Allah, julle Heer, glo? Terwyl julle optree om vir My saak te veg en My welbehae te soek, sal julle hulle dan in die geheim liefde aanbied? En Ek weet wat julle verberg en wat julle openbaar maak. En dié van julle wat so handel, het inderdaad van die regte weg afgedwaal
إِن يَثْقَفُوكُمْ يَكُونُوا لَكُمْ أَعْدَاءً وَيَبْسُطُوا إِلَيْكُمْ أَيْدِيَهُمْ وَأَلْسِنَتَهُم بِالسُّوءِ وَوَدُّوا لَوْ تَكْفُرُونَ (2)
As hulle die oorhand oor julle kry, sal hulle julle vyande wees, en hulle sal hul hande en tonge na julle uitsteek om julle kwaad te berokken, en hulle begeer dat julle ongelowiges moet word
لَن تَنفَعَكُمْ أَرْحَامُكُمْ وَلَا أَوْلَادُكُمْ ۚ يَوْمَ الْقِيَامَةِ يَفْصِلُ بَيْنَكُمْ ۚ وَاللَّهُ بِمَا تَعْمَلُونَ بَصِيرٌ (3)
Nóg julle familiebande nóg julle kinders sal julle iets baat op die Dag van Herrysenis ~ Hy sal oor julle beslis. En Allah sien alles wat julle doen
قَدْ كَانَتْ لَكُمْ أُسْوَةٌ حَسَنَةٌ فِي إِبْرَاهِيمَ وَالَّذِينَ مَعَهُ إِذْ قَالُوا لِقَوْمِهِمْ إِنَّا بُرَآءُ مِنكُمْ وَمِمَّا تَعْبُدُونَ مِن دُونِ اللَّهِ كَفَرْنَا بِكُمْ وَبَدَا بَيْنَنَا وَبَيْنَكُمُ الْعَدَاوَةُ وَالْبَغْضَاءُ أَبَدًا حَتَّىٰ تُؤْمِنُوا بِاللَّهِ وَحْدَهُ إِلَّا قَوْلَ إِبْرَاهِيمَ لِأَبِيهِ لَأَسْتَغْفِرَنَّ لَكَ وَمَا أَمْلِكُ لَكَ مِنَ اللَّهِ مِن شَيْءٍ ۖ رَّبَّنَا عَلَيْكَ تَوَكَّلْنَا وَإِلَيْكَ أَنَبْنَا وَإِلَيْكَ الْمَصِيرُ (4)
Inderdaad is daar ’n goeie voorbeeld vir julle in Abraham en diegene wat saam met hom was, toe hulle aan hul volk gesê het: Ons is bevry van julle en dít wat julle buiten Allah aanbid. Ons glo julle nie, en daar het ’n ewige vyandskap en haat tussen julle en ons ontstaan, tensy julle in Allah alleen glo ~ met uit- sondering van Abraham se woord aan sy vader: Ek sal sekerlik om vergifnis vir u smeek, en ek beheer vir u niks van Allah nie. ~ Ons Heer! Ons stel ons vertroue in U, en ons bekeer ons tot U, en na U is die terugkeer
رَبَّنَا لَا تَجْعَلْنَا فِتْنَةً لِّلَّذِينَ كَفَرُوا وَاغْفِرْ لَنَا رَبَّنَا ۖ إِنَّكَ أَنتَ الْعَزِيزُ الْحَكِيمُ (5)
Ons Heer! Maak ons nie tot ’n voorwerp van beproewing vir die ongelowiges nie, en vergewe ons, o Heer. Voorwaar, U is die Allermagtige, die Allerwyse
لَقَدْ كَانَ لَكُمْ فِيهِمْ أُسْوَةٌ حَسَنَةٌ لِّمَن كَانَ يَرْجُو اللَّهَ وَالْيَوْمَ الْآخِرَ ۚ وَمَن يَتَوَلَّ فَإِنَّ اللَّهَ هُوَ الْغَنِيُّ الْحَمِيدُ (6)
Voorwaar, daar is in hulle ’n goeie voorbeeld vir julle wat na Allah en die Laaste Dag uitsien. En wie van die Waarheid wegdraai, dan waarlik is Allah Self-Genoegsaam, Lofwaardig
۞ عَسَى اللَّهُ أَن يَجْعَلَ بَيْنَكُمْ وَبَيْنَ الَّذِينَ عَادَيْتُم مِّنْهُم مَّوَدَّةً ۚ وَاللَّهُ قَدِيرٌ ۚ وَاللَّهُ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (7)
Dit is moontlik dat Allah liefde sal kweek tussen julle en die- gene van hulle met wie julle in vyandskap verkeer. En Allah is Allermagtig, en Allah is Vergewensgesind, Genadig
لَّا يَنْهَاكُمُ اللَّهُ عَنِ الَّذِينَ لَمْ يُقَاتِلُوكُمْ فِي الدِّينِ وَلَمْ يُخْرِجُوكُم مِّن دِيَارِكُمْ أَن تَبَرُّوهُمْ وَتُقْسِطُوا إِلَيْهِمْ ۚ إِنَّ اللَّهَ يُحِبُّ الْمُقْسِطِينَ (8)
Aangaande diegene wat nie teen julle oor die godsdiens veg en julle uit julle huise verdryf nie, Allah verbied julle nie om vrien- delikheid aan hulle te betoon en regverdig te handel nie. Voor- waar, Allah het die regverdiges lief
إِنَّمَا يَنْهَاكُمُ اللَّهُ عَنِ الَّذِينَ قَاتَلُوكُمْ فِي الدِّينِ وَأَخْرَجُوكُم مِّن دِيَارِكُمْ وَظَاهَرُوا عَلَىٰ إِخْرَاجِكُمْ أَن تَوَلَّوْهُمْ ۚ وَمَن يَتَوَلَّهُمْ فَأُولَٰئِكَ هُمُ الظَّالِمُونَ (9)
Maar Allah verbied julle om vriendskap te betoon aan diegene wat teen julle veg oor die godsdiens en wat julle uit julle huise verdryf en ander help om julle te verdryf; en wie hul ook al vriendskap aanbied, hulle is die boosdoeners
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِذَا جَاءَكُمُ الْمُؤْمِنَاتُ مُهَاجِرَاتٍ فَامْتَحِنُوهُنَّ ۖ اللَّهُ أَعْلَمُ بِإِيمَانِهِنَّ ۖ فَإِنْ عَلِمْتُمُوهُنَّ مُؤْمِنَاتٍ فَلَا تَرْجِعُوهُنَّ إِلَى الْكُفَّارِ ۖ لَا هُنَّ حِلٌّ لَّهُمْ وَلَا هُمْ يَحِلُّونَ لَهُنَّ ۖ وَآتُوهُم مَّا أَنفَقُوا ۚ وَلَا جُنَاحَ عَلَيْكُمْ أَن تَنكِحُوهُنَّ إِذَا آتَيْتُمُوهُنَّ أُجُورَهُنَّ ۚ وَلَا تُمْسِكُوا بِعِصَمِ الْكَوَافِرِ وَاسْأَلُوا مَا أَنفَقْتُمْ وَلْيَسْأَلُوا مَا أَنفَقُوا ۚ ذَٰلِكُمْ حُكْمُ اللَّهِ ۖ يَحْكُمُ بَيْنَكُمْ ۚ وَاللَّهُ عَلِيمٌ حَكِيمٌ (10)
O julle gelowiges! Wanneer gelowige vroue as vlugtelinge na julle kom, ondervra hulle. Allah ken hulle geloof die beste. As julle dan weet dat hulle gelowiges is, stuur hulle nie terug na die ongelowiges nie. Hierdie vroue is vir hulle nie wettig nie, nóg is die ongelowige mans wettig vir hierdie vroue. En gee vir hulle wat hulle bestee het; en dit is geen sonde vir julle om met hulle in die huwelik te tree nie as julle hul bruidskatte vir hulle gegee het. En hou nie vas aan die huweliksbande met ongelo- wige vroue nie, en vra om dít wat julle bestee het, en laat hulle vra om wat húlle bestee het. Dit is die gebod van Allah. Hy beslis tussen julle. En Allah is Alleswetend, Allerwys
وَإِن فَاتَكُمْ شَيْءٌ مِّنْ أَزْوَاجِكُمْ إِلَى الْكُفَّارِ فَعَاقَبْتُمْ فَآتُوا الَّذِينَ ذَهَبَتْ أَزْوَاجُهُم مِّثْلَ مَا أَنفَقُوا ۚ وَاتَّقُوا اللَّهَ الَّذِي أَنتُم بِهِ مُؤْمِنُونَ (11)
En as enige aandeel van die bruidskatte van julle vroue oorgegaan het van julle na die ongelowiges, en julle kry ’n soortgelyke kans, gee dan aan diegene wie se vroue weggegaan het dieselfde as wat hulle aan hul vroue bestee het, en vrees Allah, in Wie hulle glo
يَا أَيُّهَا النَّبِيُّ إِذَا جَاءَكَ الْمُؤْمِنَاتُ يُبَايِعْنَكَ عَلَىٰ أَن لَّا يُشْرِكْنَ بِاللَّهِ شَيْئًا وَلَا يَسْرِقْنَ وَلَا يَزْنِينَ وَلَا يَقْتُلْنَ أَوْلَادَهُنَّ وَلَا يَأْتِينَ بِبُهْتَانٍ يَفْتَرِينَهُ بَيْنَ أَيْدِيهِنَّ وَأَرْجُلِهِنَّ وَلَا يَعْصِينَكَ فِي مَعْرُوفٍ ۙ فَبَايِعْهُنَّ وَاسْتَغْفِرْ لَهُنَّ اللَّهَ ۖ إِنَّ اللَّهَ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (12)
O Profeet! Wanneer gelowige vroue na u kom en die eed van trou aan u aflê: dat hulle niks met Allah sal vereenselwig nie, en dat hulle nie sal steel of owerspel pleeg of hulle kinders vermoor of laster sal versin of ongehoorsaam aan u sal wees nie, neem dan hulle eed van trou aan en vra Allah om vergifnis vir hulle. Waarlik, Allah is Vergewensgesind, Genadig
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تَتَوَلَّوْا قَوْمًا غَضِبَ اللَّهُ عَلَيْهِمْ قَدْ يَئِسُوا مِنَ الْآخِرَةِ كَمَا يَئِسَ الْكُفَّارُ مِنْ أَصْحَابِ الْقُبُورِ (13)
O julle gelowiges! Neem nie tot vriende ’n volk waarop Allah toornig is nie; inderdaad wanhoop hulle aan die Hiernamaals, net soos die ongelowiges wanhoop aan diegene wat in hul grafte is
❮ Previous Next ❯

Surahs from Quran :

1- Fatiha2- Baqarah
3- Al Imran4- Nisa
5- Maidah6- Anam
7- Araf8- Anfal
9- Tawbah10- Yunus
11- Hud12- Yusuf
13- Raad14- Ibrahim
15- Hijr16- Nahl
17- Al Isra18- Kahf
19- Maryam20- TaHa
21- Anbiya22- Hajj
23- Muminun24- An Nur
25- Furqan26- Shuara
27- Naml28- Qasas
29- Ankabut30- Rum
31- Luqman32- Sajdah
33- Ahzab34- Saba
35- Fatir36- Yasin
37- Assaaffat38- Sad
39- Zumar40- Ghafir
41- Fussilat42- shura
43- Zukhruf44- Ad Dukhaan
45- Jathiyah46- Ahqaf
47- Muhammad48- Al Fath
49- Hujurat50- Qaf
51- zariyat52- Tur
53- Najm54- Al Qamar
55- Rahman56- Waqiah
57- Hadid58- Mujadilah
59- Al Hashr60- Mumtahina
61- Saff62- Jumuah
63- Munafiqun64- Taghabun
65- Talaq66- Tahrim
67- Mulk68- Qalam
69- Al-Haqqah70- Maarij
71- Nuh72- Jinn
73- Muzammil74- Muddathir
75- Qiyamah76- Insan
77- Mursalat78- An Naba
79- Naziat80- Abasa
81- Takwir82- Infitar
83- Mutaffifin84- Inshiqaq
85- Buruj86- Tariq
87- Al Ala88- Ghashiya
89- Fajr90- Al Balad
91- Shams92- Lail
93- Duha94- Sharh
95- Tin96- Al Alaq
97- Qadr98- Bayyinah
99- Zalzalah100- Adiyat
101- Qariah102- Takathur
103- Al Asr104- Humazah
105- Al Fil106- Quraysh
107- Maun108- Kawthar
109- Kafirun110- Nasr
111- Masad112- Ikhlas
113- Falaq114- An Nas