الم (1) Alief, Laam, Miem |
تَنزِيلُ الْكِتَابِ لَا رَيْبَ فِيهِ مِن رَّبِّ الْعَالَمِينَ (2) Die openbaring van die Boek, waaraan nie te twyfel is nie, is van die Heer van die Wêrelde |
أَمْ يَقُولُونَ افْتَرَاهُ ۚ بَلْ هُوَ الْحَقُّ مِن رَّبِّكَ لِتُنذِرَ قَوْمًا مَّا أَتَاهُم مِّن نَّذِيرٍ مِّن قَبْلِكَ لَعَلَّهُمْ يَهْتَدُونَ (3) Sê hulle dalk: Hy het dit versin? Nee, dit is die Waarheid van u Heer, sodat u ’n volk kan waarsku by wie nog geen waarskuwer vóór u gekom het nie, sodat hulle reg gelei kan word |
اللَّهُ الَّذِي خَلَقَ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ وَمَا بَيْنَهُمَا فِي سِتَّةِ أَيَّامٍ ثُمَّ اسْتَوَىٰ عَلَى الْعَرْشِ ۖ مَا لَكُم مِّن دُونِهِ مِن وَلِيٍّ وَلَا شَفِيعٍ ۚ أَفَلَا تَتَذَكَّرُونَ (4) Dit is Allah wat die hemele en die aarde en wat daartussen is in ses tydperke geskape het, en Hy is op die Troon van mag geves- tig. Julle het geen beskermer of bemiddelaar buiten hom nie. Sal julle dan nie nadenkend wees nie |
يُدَبِّرُ الْأَمْرَ مِنَ السَّمَاءِ إِلَى الْأَرْضِ ثُمَّ يَعْرُجُ إِلَيْهِ فِي يَوْمٍ كَانَ مِقْدَارُهُ أَلْفَ سَنَةٍ مِّمَّا تَعُدُّونَ (5) Hý orden die bestel van die hemel tot die aarde; daarna sal dit tot Hom opstyg in een dag, waarvan die duur volgens julle berekening ’n duisend jaar is |
ذَٰلِكَ عَالِمُ الْغَيْبِ وَالشَّهَادَةِ الْعَزِيزُ الرَّحِيمُ (6) Sodanig is die Kenner van die onsigbare en die sigbare, die Allermagtige, die Genadevolle |
الَّذِي أَحْسَنَ كُلَّ شَيْءٍ خَلَقَهُ ۖ وَبَدَأَ خَلْقَ الْإِنسَانِ مِن طِينٍ (7) wat alles wat hy geskape het, mooi gemaak het; en Hy het die skepping van die mens uit stof begin |
ثُمَّ جَعَلَ نَسْلَهُ مِن سُلَالَةٍ مِّن مَّاءٍ مَّهِينٍ (8) Daarna het Hy sy nageslag uit ’n uittreksel van veragtelike water gevorm |
ثُمَّ سَوَّاهُ وَنَفَخَ فِيهِ مِن رُّوحِهِ ۖ وَجَعَلَ لَكُمُ السَّمْعَ وَالْأَبْصَارَ وَالْأَفْئِدَةَ ۚ قَلِيلًا مَّا تَشْكُرُونَ (9) Hy vorm hom en blaas van Sy gees in hom, en Hy het vir julle ore en oë en harte gemaak; maar julle betoon maar min dankbaarheid |
وَقَالُوا أَإِذَا ضَلَلْنَا فِي الْأَرْضِ أَإِنَّا لَفِي خَلْقٍ جَدِيدٍ ۚ بَلْ هُم بِلِقَاءِ رَبِّهِمْ كَافِرُونَ (10) En hulle sê: Sal ons, wanneer ons in die aarde verlore is, opnuut geskape word? Nee, hulle is ongelowig aangaande die ontmoeting met hulle Heer |
۞ قُلْ يَتَوَفَّاكُم مَّلَكُ الْمَوْتِ الَّذِي وُكِّلَ بِكُمْ ثُمَّ إِلَىٰ رَبِّكُمْ تُرْجَعُونَ (11) Sê: Die Engel van die Dood, aan wie julle toevertrou is, sal julle laat sterwe; daarna sal julle na jul Heer teruggebring word |
وَلَوْ تَرَىٰ إِذِ الْمُجْرِمُونَ نَاكِسُو رُءُوسِهِمْ عِندَ رَبِّهِمْ رَبَّنَا أَبْصَرْنَا وَسَمِعْنَا فَارْجِعْنَا نَعْمَلْ صَالِحًا إِنَّا مُوقِنُونَ (12) En o, as u maar kon sien wanneer die misdadigers hulle hoofde voor hulle Heer sal buig, en sê: Ons Heer! Ons het gesien en gehoor; stuur ons terug, ons sal goeie dade doen; ons is nou oortuig |
وَلَوْ شِئْنَا لَآتَيْنَا كُلَّ نَفْسٍ هُدَاهَا وَلَٰكِنْ حَقَّ الْقَوْلُ مِنِّي لَأَمْلَأَنَّ جَهَنَّمَ مِنَ الْجِنَّةِ وَالنَّاسِ أَجْمَعِينَ (13) En as Ons wou, kon Ons aan elke siel leiding gegee het, maar die woord van My word bewaarheid: Ek sal die Hel sekerlik met djien en mense, almal tesame, vol maak |
فَذُوقُوا بِمَا نَسِيتُمْ لِقَاءَ يَوْمِكُمْ هَٰذَا إِنَّا نَسِينَاكُمْ ۖ وَذُوقُوا عَذَابَ الْخُلْدِ بِمَا كُنتُمْ تَعْمَلُونَ (14) Ondervind dan die straf omdat julle die ontmoeting van hierdie Dag vergeet het; voorwaar, nou het Ons julle verlaat; ondergaan nou die ewigdurende straf vir wat julle gedoen het |
إِنَّمَا يُؤْمِنُ بِآيَاتِنَا الَّذِينَ إِذَا ذُكِّرُوا بِهَا خَرُّوا سُجَّدًا وَسَبَّحُوا بِحَمْدِ رَبِّهِمْ وَهُمْ لَا يَسْتَكْبِرُونَ ۩ (15) Slegs hulle glo in Ons tekens wat, wanneer hulle daaraan herinner word, hulle prostreer en hulle Heer verheerlik met die lof wat Hom toekom. Hulle is nie hoogmoedig nie |
تَتَجَافَىٰ جُنُوبُهُمْ عَنِ الْمَضَاجِعِ يَدْعُونَ رَبَّهُمْ خَوْفًا وَطَمَعًا وَمِمَّا رَزَقْنَاهُمْ يُنفِقُونَ (16) En hulle verlaat hul beddens om hul Heer in vrees en hoop aan te roep, en hulle deel uit van wat Ons aan hulle geskenk het |
فَلَا تَعْلَمُ نَفْسٌ مَّا أُخْفِيَ لَهُم مِّن قُرَّةِ أَعْيُنٍ جَزَاءً بِمَا كَانُوا يَعْمَلُونَ (17) Geen siel weet dus watter verkwikking vir die oë verborge gehou word nie: ’n beloning vir wat hulle gedoen het |
أَفَمَن كَانَ مُؤْمِنًا كَمَن كَانَ فَاسِقًا ۚ لَّا يَسْتَوُونَ (18) Is die gelowige dan soos ’n oortreder? Hulle is sekerlik tog nie gelyk nie |
أَمَّا الَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ فَلَهُمْ جَنَّاتُ الْمَأْوَىٰ نُزُلًا بِمَا كَانُوا يَعْمَلُونَ (19) Aangaande hulle wat glo en goeie werke doen, vir hulle is daar Tuine, ’n toevlugsoord ~ ’n onthaal vir wat hulle gedoen het |
وَأَمَّا الَّذِينَ فَسَقُوا فَمَأْوَاهُمُ النَّارُ ۖ كُلَّمَا أَرَادُوا أَن يَخْرُجُوا مِنْهَا أُعِيدُوا فِيهَا وَقِيلَ لَهُمْ ذُوقُوا عَذَابَ النَّارِ الَّذِي كُنتُم بِهِ تُكَذِّبُونَ (20) En aangaande hulle wat oortree, hulle tuiste is die Vuur. Telkens wanneer hulle daaruit wil kom, sal hulle weer daarin teruggedryf word, en daar sal aan hulle gesê word: Proe die straf van die Vuur wat julle verloën het |
وَلَنُذِيقَنَّهُم مِّنَ الْعَذَابِ الْأَدْنَىٰ دُونَ الْعَذَابِ الْأَكْبَرِ لَعَلَّهُمْ يَرْجِعُونَ (21) En Ons sal hulle inderdaad die ligter straf laat ondergaan, voordat die groot straf kom, sodat hulle hul nog kan bekeer |
وَمَنْ أَظْلَمُ مِمَّن ذُكِّرَ بِآيَاتِ رَبِّهِ ثُمَّ أَعْرَضَ عَنْهَا ۚ إِنَّا مِنَ الْمُجْرِمِينَ مُنتَقِمُونَ (22) En wie is onregverdiger as hy wat deur die tekens van sy Heer vermaan word, maar hom tog daarvan wegdraai? Waarlik, Ons sal die misdadigers vir hul dade vergeld |
وَلَقَدْ آتَيْنَا مُوسَى الْكِتَابَ فَلَا تَكُن فِي مِرْيَةٍ مِّن لِّقَائِهِ ۖ وَجَعَلْنَاهُ هُدًى لِّبَنِي إِسْرَائِيلَ (23) Waarlik, Ons het die Boek aan Moses gegee ~ moet dus nie aan die ontmoeting met Hom twyfel nie ~ en Ons het dit tot ’n leiding vir die Kinders van Israel gemaak |
وَجَعَلْنَا مِنْهُمْ أَئِمَّةً يَهْدُونَ بِأَمْرِنَا لَمَّا صَبَرُوا ۖ وَكَانُوا بِآيَاتِنَا يُوقِنُونَ (24) En Ons het leiers uit hul midde aangestel om hulle deur Ons gebod te lei solank hulle standvastig is. En hulle was seker van Ons tekens |
إِنَّ رَبَّكَ هُوَ يَفْصِلُ بَيْنَهُمْ يَوْمَ الْقِيَامَةِ فِيمَا كَانُوا فِيهِ يَخْتَلِفُونَ (25) Voorwaar, u Heer sal op die Opstandingsdag tussen hulle oor- deel aangaande dit waaromtrent hulle verskil het |
أَوَلَمْ يَهْدِ لَهُمْ كَمْ أَهْلَكْنَا مِن قَبْلِهِم مِّنَ الْقُرُونِ يَمْشُونَ فِي مَسَاكِنِهِمْ ۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَاتٍ ۖ أَفَلَا يَسْمَعُونَ (26) Is dit nie vir hulle duidelik hoeveel geslagte ~ in wie se woonplekke hulle tans vertoef ~ Ons vóór hulle vernietig het nie? Waarlik, daar is tekens hierin. Wil hulle dan nie luister nie |
أَوَلَمْ يَرَوْا أَنَّا نَسُوقُ الْمَاءَ إِلَى الْأَرْضِ الْجُرُزِ فَنُخْرِجُ بِهِ زَرْعًا تَأْكُلُ مِنْهُ أَنْعَامُهُمْ وَأَنفُسُهُمْ ۖ أَفَلَا يُبْصِرُونَ (27) Sien hulle nie dat Ons water na die droë land voer en daardeur graan voortbring waarvan hulle en hul vee eet nie? Wil hulle dan nie sien nie |
وَيَقُولُونَ مَتَىٰ هَٰذَا الْفَتْحُ إِن كُنتُمْ صَادِقِينَ (28) Hulle sê: Wanneer sal hierdie oorwinning kom, indien julle opreg is |
قُلْ يَوْمَ الْفَتْحِ لَا يَنفَعُ الَّذِينَ كَفَرُوا إِيمَانُهُمْ وَلَا هُمْ يُنظَرُونَ (29) Sê: Op die Dag van Oorwinning sal die geloof van die ongelo- wiges hulle nie baat nie, ook sal aan hulle nie uitstel verleen word nie |
فَأَعْرِضْ عَنْهُمْ وَانتَظِرْ إِنَّهُم مُّنتَظِرُونَ (30) Draai daarom weg van hulle af, en wag; waarlik, hulle wag ook |