×

سورة السجدة باللغة الأفريكانية

ترجمات القرآنباللغة الأفريكانية ⬅ سورة السجدة

ترجمة معاني سورة السجدة باللغة الأفريكانية - Afrikaans

القرآن باللغة الأفريكانية - سورة السجدة مترجمة إلى اللغة الأفريكانية، Surah Sajdah in Afrikaans. نوفر ترجمة دقيقة سورة السجدة باللغة الأفريكانية - Afrikaans, الآيات 30 - رقم السورة 32 - الصفحة 415.

بسم الله الرحمن الرحيم

الم (1)
Alief, Laam, Miem
تَنزِيلُ الْكِتَابِ لَا رَيْبَ فِيهِ مِن رَّبِّ الْعَالَمِينَ (2)
Die openbaring van die Boek, waaraan nie te twyfel is nie, is van die Heer van die Wêrelde
أَمْ يَقُولُونَ افْتَرَاهُ ۚ بَلْ هُوَ الْحَقُّ مِن رَّبِّكَ لِتُنذِرَ قَوْمًا مَّا أَتَاهُم مِّن نَّذِيرٍ مِّن قَبْلِكَ لَعَلَّهُمْ يَهْتَدُونَ (3)
Sê hulle dalk: Hy het dit versin? Nee, dit is die Waarheid van u Heer, sodat u ’n volk kan waarsku by wie nog geen waarskuwer vóór u gekom het nie, sodat hulle reg gelei kan word
اللَّهُ الَّذِي خَلَقَ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ وَمَا بَيْنَهُمَا فِي سِتَّةِ أَيَّامٍ ثُمَّ اسْتَوَىٰ عَلَى الْعَرْشِ ۖ مَا لَكُم مِّن دُونِهِ مِن وَلِيٍّ وَلَا شَفِيعٍ ۚ أَفَلَا تَتَذَكَّرُونَ (4)
Dit is Allah wat die hemele en die aarde en wat daartussen is in ses tydperke geskape het, en Hy is op die Troon van mag geves- tig. Julle het geen beskermer of bemiddelaar buiten hom nie. Sal julle dan nie nadenkend wees nie
يُدَبِّرُ الْأَمْرَ مِنَ السَّمَاءِ إِلَى الْأَرْضِ ثُمَّ يَعْرُجُ إِلَيْهِ فِي يَوْمٍ كَانَ مِقْدَارُهُ أَلْفَ سَنَةٍ مِّمَّا تَعُدُّونَ (5)
Hý orden die bestel van die hemel tot die aarde; daarna sal dit tot Hom opstyg in een dag, waarvan die duur volgens julle berekening ’n duisend jaar is
ذَٰلِكَ عَالِمُ الْغَيْبِ وَالشَّهَادَةِ الْعَزِيزُ الرَّحِيمُ (6)
Sodanig is die Kenner van die onsigbare en die sigbare, die Allermagtige, die Genadevolle
الَّذِي أَحْسَنَ كُلَّ شَيْءٍ خَلَقَهُ ۖ وَبَدَأَ خَلْقَ الْإِنسَانِ مِن طِينٍ (7)
wat alles wat hy geskape het, mooi gemaak het; en Hy het die skepping van die mens uit stof begin
ثُمَّ جَعَلَ نَسْلَهُ مِن سُلَالَةٍ مِّن مَّاءٍ مَّهِينٍ (8)
Daarna het Hy sy nageslag uit ’n uittreksel van veragtelike water gevorm
ثُمَّ سَوَّاهُ وَنَفَخَ فِيهِ مِن رُّوحِهِ ۖ وَجَعَلَ لَكُمُ السَّمْعَ وَالْأَبْصَارَ وَالْأَفْئِدَةَ ۚ قَلِيلًا مَّا تَشْكُرُونَ (9)
Hy vorm hom en blaas van Sy gees in hom, en Hy het vir julle ore en oë en harte gemaak; maar julle betoon maar min dankbaarheid
وَقَالُوا أَإِذَا ضَلَلْنَا فِي الْأَرْضِ أَإِنَّا لَفِي خَلْقٍ جَدِيدٍ ۚ بَلْ هُم بِلِقَاءِ رَبِّهِمْ كَافِرُونَ (10)
En hulle sê: Sal ons, wanneer ons in die aarde verlore is, opnuut geskape word? Nee, hulle is ongelowig aangaande die ontmoeting met hulle Heer
۞ قُلْ يَتَوَفَّاكُم مَّلَكُ الْمَوْتِ الَّذِي وُكِّلَ بِكُمْ ثُمَّ إِلَىٰ رَبِّكُمْ تُرْجَعُونَ (11)
Sê: Die Engel van die Dood, aan wie julle toevertrou is, sal julle laat sterwe; daarna sal julle na jul Heer teruggebring word
وَلَوْ تَرَىٰ إِذِ الْمُجْرِمُونَ نَاكِسُو رُءُوسِهِمْ عِندَ رَبِّهِمْ رَبَّنَا أَبْصَرْنَا وَسَمِعْنَا فَارْجِعْنَا نَعْمَلْ صَالِحًا إِنَّا مُوقِنُونَ (12)
En o, as u maar kon sien wanneer die misdadigers hulle hoofde voor hulle Heer sal buig, en sê: Ons Heer! Ons het gesien en gehoor; stuur ons terug, ons sal goeie dade doen; ons is nou oortuig
وَلَوْ شِئْنَا لَآتَيْنَا كُلَّ نَفْسٍ هُدَاهَا وَلَٰكِنْ حَقَّ الْقَوْلُ مِنِّي لَأَمْلَأَنَّ جَهَنَّمَ مِنَ الْجِنَّةِ وَالنَّاسِ أَجْمَعِينَ (13)
En as Ons wou, kon Ons aan elke siel leiding gegee het, maar die woord van My word bewaarheid: Ek sal die Hel sekerlik met djien en mense, almal tesame, vol maak
فَذُوقُوا بِمَا نَسِيتُمْ لِقَاءَ يَوْمِكُمْ هَٰذَا إِنَّا نَسِينَاكُمْ ۖ وَذُوقُوا عَذَابَ الْخُلْدِ بِمَا كُنتُمْ تَعْمَلُونَ (14)
Ondervind dan die straf omdat julle die ontmoeting van hierdie Dag vergeet het; voorwaar, nou het Ons julle verlaat; ondergaan nou die ewigdurende straf vir wat julle gedoen het
إِنَّمَا يُؤْمِنُ بِآيَاتِنَا الَّذِينَ إِذَا ذُكِّرُوا بِهَا خَرُّوا سُجَّدًا وَسَبَّحُوا بِحَمْدِ رَبِّهِمْ وَهُمْ لَا يَسْتَكْبِرُونَ ۩ (15)
Slegs hulle glo in Ons tekens wat, wanneer hulle daaraan herinner word, hulle prostreer en hulle Heer verheerlik met die lof wat Hom toekom. Hulle is nie hoogmoedig nie
تَتَجَافَىٰ جُنُوبُهُمْ عَنِ الْمَضَاجِعِ يَدْعُونَ رَبَّهُمْ خَوْفًا وَطَمَعًا وَمِمَّا رَزَقْنَاهُمْ يُنفِقُونَ (16)
En hulle verlaat hul beddens om hul Heer in vrees en hoop aan te roep, en hulle deel uit van wat Ons aan hulle geskenk het
فَلَا تَعْلَمُ نَفْسٌ مَّا أُخْفِيَ لَهُم مِّن قُرَّةِ أَعْيُنٍ جَزَاءً بِمَا كَانُوا يَعْمَلُونَ (17)
Geen siel weet dus watter verkwikking vir die oë verborge gehou word nie: ’n beloning vir wat hulle gedoen het
أَفَمَن كَانَ مُؤْمِنًا كَمَن كَانَ فَاسِقًا ۚ لَّا يَسْتَوُونَ (18)
Is die gelowige dan soos ’n oortreder? Hulle is sekerlik tog nie gelyk nie
أَمَّا الَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ فَلَهُمْ جَنَّاتُ الْمَأْوَىٰ نُزُلًا بِمَا كَانُوا يَعْمَلُونَ (19)
Aangaande hulle wat glo en goeie werke doen, vir hulle is daar Tuine, ’n toevlugsoord ~ ’n onthaal vir wat hulle gedoen het
وَأَمَّا الَّذِينَ فَسَقُوا فَمَأْوَاهُمُ النَّارُ ۖ كُلَّمَا أَرَادُوا أَن يَخْرُجُوا مِنْهَا أُعِيدُوا فِيهَا وَقِيلَ لَهُمْ ذُوقُوا عَذَابَ النَّارِ الَّذِي كُنتُم بِهِ تُكَذِّبُونَ (20)
En aangaande hulle wat oortree, hulle tuiste is die Vuur. Telkens wanneer hulle daaruit wil kom, sal hulle weer daarin teruggedryf word, en daar sal aan hulle gesê word: Proe die straf van die Vuur wat julle verloën het
وَلَنُذِيقَنَّهُم مِّنَ الْعَذَابِ الْأَدْنَىٰ دُونَ الْعَذَابِ الْأَكْبَرِ لَعَلَّهُمْ يَرْجِعُونَ (21)
En Ons sal hulle inderdaad die ligter straf laat ondergaan, voordat die groot straf kom, sodat hulle hul nog kan bekeer
وَمَنْ أَظْلَمُ مِمَّن ذُكِّرَ بِآيَاتِ رَبِّهِ ثُمَّ أَعْرَضَ عَنْهَا ۚ إِنَّا مِنَ الْمُجْرِمِينَ مُنتَقِمُونَ (22)
En wie is onregverdiger as hy wat deur die tekens van sy Heer vermaan word, maar hom tog daarvan wegdraai? Waarlik, Ons sal die misdadigers vir hul dade vergeld
وَلَقَدْ آتَيْنَا مُوسَى الْكِتَابَ فَلَا تَكُن فِي مِرْيَةٍ مِّن لِّقَائِهِ ۖ وَجَعَلْنَاهُ هُدًى لِّبَنِي إِسْرَائِيلَ (23)
Waarlik, Ons het die Boek aan Moses gegee ~ moet dus nie aan die ontmoeting met Hom twyfel nie ~ en Ons het dit tot ’n leiding vir die Kinders van Israel gemaak
وَجَعَلْنَا مِنْهُمْ أَئِمَّةً يَهْدُونَ بِأَمْرِنَا لَمَّا صَبَرُوا ۖ وَكَانُوا بِآيَاتِنَا يُوقِنُونَ (24)
En Ons het leiers uit hul midde aangestel om hulle deur Ons gebod te lei solank hulle standvastig is. En hulle was seker van Ons tekens
إِنَّ رَبَّكَ هُوَ يَفْصِلُ بَيْنَهُمْ يَوْمَ الْقِيَامَةِ فِيمَا كَانُوا فِيهِ يَخْتَلِفُونَ (25)
Voorwaar, u Heer sal op die Opstandingsdag tussen hulle oor- deel aangaande dit waaromtrent hulle verskil het
أَوَلَمْ يَهْدِ لَهُمْ كَمْ أَهْلَكْنَا مِن قَبْلِهِم مِّنَ الْقُرُونِ يَمْشُونَ فِي مَسَاكِنِهِمْ ۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَاتٍ ۖ أَفَلَا يَسْمَعُونَ (26)
Is dit nie vir hulle duidelik hoeveel geslagte ~ in wie se woonplekke hulle tans vertoef ~ Ons vóór hulle vernietig het nie? Waarlik, daar is tekens hierin. Wil hulle dan nie luister nie
أَوَلَمْ يَرَوْا أَنَّا نَسُوقُ الْمَاءَ إِلَى الْأَرْضِ الْجُرُزِ فَنُخْرِجُ بِهِ زَرْعًا تَأْكُلُ مِنْهُ أَنْعَامُهُمْ وَأَنفُسُهُمْ ۖ أَفَلَا يُبْصِرُونَ (27)
Sien hulle nie dat Ons water na die droë land voer en daardeur graan voortbring waarvan hulle en hul vee eet nie? Wil hulle dan nie sien nie
وَيَقُولُونَ مَتَىٰ هَٰذَا الْفَتْحُ إِن كُنتُمْ صَادِقِينَ (28)
Hulle sê: Wanneer sal hierdie oorwinning kom, indien julle opreg is
قُلْ يَوْمَ الْفَتْحِ لَا يَنفَعُ الَّذِينَ كَفَرُوا إِيمَانُهُمْ وَلَا هُمْ يُنظَرُونَ (29)
Sê: Op die Dag van Oorwinning sal die geloof van die ongelo- wiges hulle nie baat nie, ook sal aan hulle nie uitstel verleen word nie
فَأَعْرِضْ عَنْهُمْ وَانتَظِرْ إِنَّهُم مُّنتَظِرُونَ (30)
Draai daarom weg van hulle af, en wag; waarlik, hulle wag ook
❮ السورة السابقة السورة التـالية ❯

قراءة المزيد من سور القرآن الكريم :

1- الفاتحة2- البقرة3- آل عمران
4- النساء5- المائدة6- الأنعام
7- الأعراف8- الأنفال9- التوبة
10- يونس11- هود12- يوسف
13- الرعد14- إبراهيم15- الحجر
16- النحل17- الإسراء18- الكهف
19- مريم20- طه21- الأنبياء
22- الحج23- المؤمنون24- النور
25- الفرقان26- الشعراء27- النمل
28- القصص29- العنكبوت30- الروم
31- لقمان32- السجدة33- الأحزاب
34- سبأ35- فاطر36- يس
37- الصافات38- ص39- الزمر
40- غافر41- فصلت42- الشورى
43- الزخرف44- الدخان45- الجاثية
46- الأحقاف47- محمد48- الفتح
49- الحجرات50- ق51- الذاريات
52- الطور53- النجم54- القمر
55- الرحمن56- الواقعة57- الحديد
58- المجادلة59- الحشر60- الممتحنة
61- الصف62- الجمعة63- المنافقون
64- التغابن65- الطلاق66- التحريم
67- الملك68- القلم69- الحاقة
70- المعارج71- نوح72- الجن
73- المزمل74- المدثر75- القيامة
76- الإنسان77- المرسلات78- النبأ
79- النازعات80- عبس81- التكوير
82- الإنفطار83- المطففين84- الانشقاق
85- البروج86- الطارق87- الأعلى
88- الغاشية89- الفجر90- البلد
91- الشمس92- الليل93- الضحى
94- الشرح95- التين96- العلق
97- القدر98- البينة99- الزلزلة
100- العاديات101- القارعة102- التكاثر
103- العصر104- الهمزة105- الفيل
106- قريش107- الماعون108- الكوثر
109- الكافرون110- النصر111- المسد
112- الإخلاص113- الفلق114- الناس