×

Surah Ad-Dukhaan in Afrikaans

Quran Afrikaans ⮕ Surah Ad Dukhaan

Translation of the Meanings of Surah Ad Dukhaan in Afrikaans - الأفريكانية

The Quran in Afrikaans - Surah Ad Dukhaan translated into Afrikaans, Surah Ad-Dukhaan in Afrikaans. We provide accurate translation of Surah Ad Dukhaan in Afrikaans - الأفريكانية, Verses 59 - Surah Number 44 - Page 496.

بسم الله الرحمن الرحيم

حم (1)
Gaa-Miem
وَالْكِتَابِ الْمُبِينِ (2)
By die Boek wat verduidelik
إِنَّا أَنزَلْنَاهُ فِي لَيْلَةٍ مُّبَارَكَةٍ ۚ إِنَّا كُنَّا مُنذِرِينَ (3)
Waarlik, Ons het dit in ’n geseënde nag geopenbaar, en Ons waarsku altyd
فِيهَا يُفْرَقُ كُلُّ أَمْرٍ حَكِيمٍ (4)
Daarin word alles verduidelik
أَمْرًا مِّنْ عِندِنَا ۚ إِنَّا كُنَّا مُرْسِلِينَ (5)
’n Gebod van Ons ~ waarlik, Ons stuur altyd boodskappers
رَحْمَةً مِّن رَّبِّكَ ۚ إِنَّهُ هُوَ السَّمِيعُ الْعَلِيمُ (6)
’n Genade van u Heer ~ voorwaar, Hy is die Alleshorende, die Alleswetende
رَبِّ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ وَمَا بَيْنَهُمَا ۖ إِن كُنتُم مُّوقِنِينَ (7)
Die Heer van die hemele en die aarde en wat tussen hulle is, indien julle seker wil wees
لَا إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ يُحْيِي وَيُمِيتُ ۖ رَبُّكُمْ وَرَبُّ آبَائِكُمُ الْأَوَّلِينَ (8)
Daar is geen god buiten Hom nie; Hy gee lewe en ook die dood ~ julle Heer en die Heer van julle vaders van ouds
بَلْ هُمْ فِي شَكٍّ يَلْعَبُونَ (9)
Nee, in twyfel speel hulle
فَارْتَقِبْ يَوْمَ تَأْتِي السَّمَاءُ بِدُخَانٍ مُّبِينٍ (10)
Wag dan vir die Dag waarop die hemel ’n duidelike misneuwel teweeg sal bring
يَغْشَى النَّاسَ ۖ هَٰذَا عَذَابٌ أَلِيمٌ (11)
wat die mense sal bedek. Dit is ’n smartlike straf
رَّبَّنَا اكْشِفْ عَنَّا الْعَذَابَ إِنَّا مُؤْمِنُونَ (12)
Ons Heer! Verwyder die straf van ons; waarlik, ons is gelowig! sal hulle sê
أَنَّىٰ لَهُمُ الذِّكْرَىٰ وَقَدْ جَاءَهُمْ رَسُولٌ مُّبِينٌ (13)
Wanneer sal hulle herinner word? En ’n Boodskapper wat verduidelik, het inderdaad na hulle gekom
ثُمَّ تَوَلَّوْا عَنْهُ وَقَالُوا مُعَلَّمٌ مَّجْنُونٌ (14)
tog het hulle van hom weggedraai, en gesê: Iemand deur ander onderwys, ’n besetene
إِنَّا كَاشِفُو الْعَذَابِ قَلِيلًا ۚ إِنَّكُمْ عَائِدُونَ (15)
Ons sal die straf effens verlig, maar julle sal sekerlik tot die kwaad terugkeer
يَوْمَ نَبْطِشُ الْبَطْشَةَ الْكُبْرَىٰ إِنَّا مُنتَقِمُونَ (16)
Op die Dag wanneer Ons hulle met ’n geweldige greep sal vasvat, sal Ons hulle sekerlik met die straf vergeld
۞ وَلَقَدْ فَتَنَّا قَبْلَهُمْ قَوْمَ فِرْعَوْنَ وَجَاءَهُمْ رَسُولٌ كَرِيمٌ (17)
En Ons het die volk van Farao vóór hulle reeds op die proef gestel, en ’n edele boodskapper het na hulle gekom
أَنْ أَدُّوا إِلَيَّ عِبَادَ اللَّهِ ۖ إِنِّي لَكُمْ رَسُولٌ أَمِينٌ (18)
en gesê: Oorhandig aan my die dienaars van Allah. Waarlik, ek is vir julle ’n betroubare boodskapper
وَأَن لَّا تَعْلُوا عَلَى اللَّهِ ۖ إِنِّي آتِيكُم بِسُلْطَانٍ مُّبِينٍ (19)
En verhef julle nie teen Allah nie. Voorwaar, ek bring julle ’n duidelike leiding
وَإِنِّي عُذْتُ بِرَبِّي وَرَبِّكُمْ أَن تَرْجُمُونِ (20)
En ek soek toevlug by my Heer, uit vrees dat julle my sal stenig
وَإِن لَّمْ تُؤْمِنُوا لِي فَاعْتَزِلُونِ (21)
En as julle nie in my glo nie, laat my dan alleen
فَدَعَا رَبَّهُ أَنَّ هَٰؤُلَاءِ قَوْمٌ مُّجْرِمُونَ (22)
Toe het hy sy Heer aangeroep: Dit is inderdaad ’n sondige volk
فَأَسْرِ بِعِبَادِي لَيْلًا إِنَّكُم مُّتَّبَعُونَ (23)
Allah het gesê: Trek dan weg met My dienaars gedurende die nag, want julle sal sekerlik agtervolg word
وَاتْرُكِ الْبَحْرَ رَهْوًا ۖ إِنَّهُمْ جُندٌ مُّغْرَقُونَ (24)
en laat die kalm see agter. Voorwaar, hulle is ’n skare wat verdrink sal word
كَمْ تَرَكُوا مِن جَنَّاتٍ وَعُيُونٍ (25)
Hoeveel tuine en fonteine het hulle agtergelaat
وَزُرُوعٍ وَمَقَامٍ كَرِيمٍ (26)
En koringvelde en goeie plekke
وَنَعْمَةٍ كَانُوا فِيهَا فَاكِهِينَ (27)
En genietinge waarin hulle hul verheug het
كَذَٰلِكَ ۖ وَأَوْرَثْنَاهَا قَوْمًا آخَرِينَ (28)
So was dit. En Ons het ’n ander volk dit laat erf
فَمَا بَكَتْ عَلَيْهِمُ السَّمَاءُ وَالْأَرْضُ وَمَا كَانُوا مُنظَرِينَ (29)
Die hemel en die aarde het nie oor hulle geween nie, nog minder is aan hulle uitstel verleen
وَلَقَدْ نَجَّيْنَا بَنِي إِسْرَائِيلَ مِنَ الْعَذَابِ الْمُهِينِ (30)
En inderdaad het Ons die Kinders van Israel gered van ’n vernederende straf
مِن فِرْعَوْنَ ۚ إِنَّهُ كَانَ عَالِيًا مِّنَ الْمُسْرِفِينَ (31)
van Farao. Voorwaar! Hy was arrogant, sondig
وَلَقَدِ اخْتَرْنَاهُمْ عَلَىٰ عِلْمٍ عَلَى الْعَالَمِينَ (32)
En Ons het hulle doelbewus bo ander volke uitverkies
وَآتَيْنَاهُم مِّنَ الْآيَاتِ مَا فِيهِ بَلَاءٌ مُّبِينٌ (33)
En Ons het hulle tekens gegee, waarin daar ’n duidelike beproe- wing was
إِنَّ هَٰؤُلَاءِ لَيَقُولُونَ (34)
Hierdie ongelowiges sê
إِنْ هِيَ إِلَّا مَوْتَتُنَا الْأُولَىٰ وَمَا نَحْنُ بِمُنشَرِينَ (35)
Daar is slegs ons eerste dood en ons sal nie opgewek word nie
فَأْتُوا بِآبَائِنَا إِن كُنتُمْ صَادِقِينَ (36)
Bring dan ons voorvaders terug, indien julle opreg is
أَهُمْ خَيْرٌ أَمْ قَوْمُ تُبَّعٍ وَالَّذِينَ مِن قَبْلِهِمْ ۚ أَهْلَكْنَاهُمْ ۖ إِنَّهُمْ كَانُوا مُجْرِمِينَ (37)
Is húlle beter as die volk van Toebba en diegene wat vóór hulle was? Ons het hulle vernietig, omdat hulle misdadig was
وَمَا خَلَقْنَا السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ وَمَا بَيْنَهُمَا لَاعِبِينَ (38)
En Ons het nie die hemele en die aarde en wat daartussen is, vir ydele pret gemaak nie
مَا خَلَقْنَاهُمَا إِلَّا بِالْحَقِّ وَلَٰكِنَّ أَكْثَرَهُمْ لَا يَعْلَمُونَ (39)
En Ons het hulle nie anders geskape nie as deur waarheid, maar die meeste van hulle weet dit nie
إِنَّ يَوْمَ الْفَصْلِ مِيقَاتُهُمْ أَجْمَعِينَ (40)
Voorwaar, die Dag van Beslissing is vir hulle almal vasgestel
يَوْمَ لَا يُغْنِي مَوْلًى عَن مَّوْلًى شَيْئًا وَلَا هُمْ يُنصَرُونَ (41)
Die Dag wanneer een vriend ’n ander niks sal baat nie, nóg sal hulle gehelp word
إِلَّا مَن رَّحِمَ اللَّهُ ۚ إِنَّهُ هُوَ الْعَزِيزُ الرَّحِيمُ (42)
behalwe diegene teenoor wie Allah genadig sal wees. Voorwaar, Hy is die Allermagtige, die Genadige
إِنَّ شَجَرَتَ الزَّقُّومِ (43)
Voorwaar, die boom van Zakkoem
طَعَامُ الْأَثِيمِ (44)
is die voedsel van die sondaars
كَالْمُهْلِ يَغْلِي فِي الْبُطُونِ (45)
soos gesmelte koper borrel dit in hulle buike
كَغَلْيِ الْحَمِيمِ (46)
soos kokende water
خُذُوهُ فَاعْتِلُوهُ إِلَىٰ سَوَاءِ الْجَحِيمِ (47)
Gryp hom, en sleep hom tot in die middel van die Hel
ثُمَّ صُبُّوا فَوْقَ رَأْسِهِ مِنْ عَذَابِ الْحَمِيمِ (48)
giet dan oor sy hoof kokende water
ذُقْ إِنَّكَ أَنتَ الْعَزِيزُ الْكَرِيمُ (49)
Smaak dit! U is mos glo die magtige, die eerbiedwaardige
إِنَّ هَٰذَا مَا كُنتُم بِهِ تَمْتَرُونَ (50)
Dít is inderdaad wat julle betwyfel het
إِنَّ الْمُتَّقِينَ فِي مَقَامٍ أَمِينٍ (51)
Die godvresendes sal inderdaad in ’n veilige plek wees
فِي جَنَّاتٍ وَعُيُونٍ (52)
In die Tuine met fonteine
يَلْبَسُونَ مِن سُندُسٍ وَإِسْتَبْرَقٍ مُّتَقَابِلِينَ (53)
gekleed in fyn sy en swaar sy, met die aangesig na mekaar gekeer
كَذَٰلِكَ وَزَوَّجْنَاهُم بِحُورٍ عِينٍ (54)
So sal dit wees! En Ons sal hulle met suiwer maagde met sielvolle oë laat trou
يَدْعُونَ فِيهَا بِكُلِّ فَاكِهَةٍ آمِنِينَ (55)
Daarin sal hulle in veiligheid na alle vrugtesoorte vra
لَا يَذُوقُونَ فِيهَا الْمَوْتَ إِلَّا الْمَوْتَةَ الْأُولَىٰ ۖ وَوَقَاهُمْ عَذَابَ الْجَحِيمِ (56)
Hulle sal geen dood daarin ondervind nie, behalwe die eeste dood; en Hy sal die straf van die Hel van hulle afkeer
فَضْلًا مِّن رَّبِّكَ ۚ ذَٰلِكَ هُوَ الْفَوْزُ الْعَظِيمُ (57)
’n Genade van u Heer. Dít is die groot sukses
فَإِنَّمَا يَسَّرْنَاهُ بِلِسَانِكَ لَعَلَّهُمْ يَتَذَكَّرُونَ (58)
Ons het dit vir u tong maklik gemaak, sodat hulle kan onthou
فَارْتَقِبْ إِنَّهُم مُّرْتَقِبُونَ (59)
Wag dan; natuurlik wag hulle ook
❮ Previous Next ❯

Surahs from Quran :

1- Fatiha2- Baqarah
3- Al Imran4- Nisa
5- Maidah6- Anam
7- Araf8- Anfal
9- Tawbah10- Yunus
11- Hud12- Yusuf
13- Raad14- Ibrahim
15- Hijr16- Nahl
17- Al Isra18- Kahf
19- Maryam20- TaHa
21- Anbiya22- Hajj
23- Muminun24- An Nur
25- Furqan26- Shuara
27- Naml28- Qasas
29- Ankabut30- Rum
31- Luqman32- Sajdah
33- Ahzab34- Saba
35- Fatir36- Yasin
37- Assaaffat38- Sad
39- Zumar40- Ghafir
41- Fussilat42- shura
43- Zukhruf44- Ad Dukhaan
45- Jathiyah46- Ahqaf
47- Muhammad48- Al Fath
49- Hujurat50- Qaf
51- zariyat52- Tur
53- Najm54- Al Qamar
55- Rahman56- Waqiah
57- Hadid58- Mujadilah
59- Al Hashr60- Mumtahina
61- Saff62- Jumuah
63- Munafiqun64- Taghabun
65- Talaq66- Tahrim
67- Mulk68- Qalam
69- Al-Haqqah70- Maarij
71- Nuh72- Jinn
73- Muzammil74- Muddathir
75- Qiyamah76- Insan
77- Mursalat78- An Naba
79- Naziat80- Abasa
81- Takwir82- Infitar
83- Mutaffifin84- Inshiqaq
85- Buruj86- Tariq
87- Al Ala88- Ghashiya
89- Fajr90- Al Balad
91- Shams92- Lail
93- Duha94- Sharh
95- Tin96- Al Alaq
97- Qadr98- Bayyinah
99- Zalzalah100- Adiyat
101- Qariah102- Takathur
103- Al Asr104- Humazah
105- Al Fil106- Quraysh
107- Maun108- Kawthar
109- Kafirun110- Nasr
111- Masad112- Ikhlas
113- Falaq114- An Nas