×

Surah An-Najm in Afrikaans

Quran Afrikaans ⮕ Surah Najm

Translation of the Meanings of Surah Najm in Afrikaans - الأفريكانية

The Quran in Afrikaans - Surah Najm translated into Afrikaans, Surah An-Najm in Afrikaans. We provide accurate translation of Surah Najm in Afrikaans - الأفريكانية, Verses 62 - Surah Number 53 - Page 526.

بسم الله الرحمن الرحيم

وَالنَّجْمِ إِذَا هَوَىٰ (1)
By die ster wanneer dit sak
مَا ضَلَّ صَاحِبُكُمْ وَمَا غَوَىٰ (2)
Julle metgesel dwaal nie, en hy wyk ook nie af nie
وَمَا يَنطِقُ عَنِ الْهَوَىٰ (3)
Hy spreek ook nie sy eie begeertes na nie
إِنْ هُوَ إِلَّا وَحْيٌ يُوحَىٰ (4)
Dit is niks anders nie as ’n geopenbaarde openbaring
عَلَّمَهُ شَدِيدُ الْقُوَىٰ (5)
Een, Sterk in Mag, het hom onderrig
ذُو مِرَّةٍ فَاسْتَوَىٰ (6)
die Heer van Krag. Daarom het hy dan ook volmaaktheid bereik
وَهُوَ بِالْأُفُقِ الْأَعْلَىٰ (7)
En hy is in die hoogste punt van die horison
ثُمَّ دَنَا فَتَدَلَّىٰ (8)
hy het nader en nader gereik
فَكَانَ قَابَ قَوْسَيْنِ أَوْ أَدْنَىٰ (9)
en hy was maar twee booglengtes verwyder, of selfs nog nader
فَأَوْحَىٰ إِلَىٰ عَبْدِهِ مَا أَوْحَىٰ (10)
Daarom het Hy aan Sy dienaar bekend gemaak wat Hy geopen- baar het
مَا كَذَبَ الْفُؤَادُ مَا رَأَىٰ (11)
Die hart het nie vervals wat hy gesien het nie
أَفَتُمَارُونَهُ عَلَىٰ مَا يَرَىٰ (12)
Wil julle dan met hom argumenteer oor wat hy gesien het
وَلَقَدْ رَآهُ نَزْلَةً أُخْرَىٰ (13)
Hy het hom sekerlik by ’n ander verskyning gesien
عِندَ سِدْرَةِ الْمُنتَهَىٰ (14)
by die verste lotusboom
عِندَهَا جَنَّةُ الْمَأْوَىٰ (15)
Daar naby is die Tuin van Verblyf
إِذْ يَغْشَى السِّدْرَةَ مَا يَغْشَىٰ (16)
Toe dít wat bedek die lotusboom bedek het
مَا زَاغَ الْبَصَرُ وَمَا طَغَىٰ (17)
het die oog nie weggedraai nie, en ook nie die perke oorskry nie
لَقَدْ رَأَىٰ مِنْ آيَاتِ رَبِّهِ الْكُبْرَىٰ (18)
Sekerlik het hy die grootste tekens van sy Heer gesien
أَفَرَأَيْتُمُ اللَّاتَ وَالْعُزَّىٰ (19)
Het julle dan die afgodsbeelde ~ Laat en Oezza ~ in oorweging geneem
وَمَنَاةَ الثَّالِثَةَ الْأُخْرَىٰ (20)
en ’n ander, die derde ~ Manaat
أَلَكُمُ الذَّكَرُ وَلَهُ الْأُنثَىٰ (21)
Is die manlike wesens vir júlle, en die vroulikes vir Hom
تِلْكَ إِذًا قِسْمَةٌ ضِيزَىٰ (22)
Dit is inderdaad ’n onjuiste verdeling
إِنْ هِيَ إِلَّا أَسْمَاءٌ سَمَّيْتُمُوهَا أَنتُمْ وَآبَاؤُكُم مَّا أَنزَلَ اللَّهُ بِهَا مِن سُلْطَانٍ ۚ إِن يَتَّبِعُونَ إِلَّا الظَّنَّ وَمَا تَهْوَى الْأَنفُسُ ۖ وَلَقَدْ جَاءَهُم مِّن رَّبِّهِمُ الْهُدَىٰ (23)
Dit is niks anders nie as name wat julle opnoem, julle en julle vaders ~ Allah het julle geen gesag daartoe verleen nie. Hulle volg slegs gissings na, en wat hulle harte begeer. Maar die leiding van die Heer het sekerlik na hulle gekom
أَمْ لِلْإِنسَانِ مَا تَمَنَّىٰ (24)
Of sal die mens alles kry wat hy verlang
فَلِلَّهِ الْآخِرَةُ وَالْأُولَىٰ (25)
Nee, aan Allah behoort die Hiernamaals en ook die huidige lewe
۞ وَكَم مِّن مَّلَكٍ فِي السَّمَاوَاتِ لَا تُغْنِي شَفَاعَتُهُمْ شَيْئًا إِلَّا مِن بَعْدِ أَن يَأْذَنَ اللَّهُ لِمَن يَشَاءُ وَيَرْضَىٰ (26)
En hoeveel engele is daar nie in die hemele wie se voorspraak niks sal baat nie, behalwe nadat Allah verlof daartoe gegee het aan wie Hy wil, en wie Hy verkies
إِنَّ الَّذِينَ لَا يُؤْمِنُونَ بِالْآخِرَةِ لَيُسَمُّونَ الْمَلَائِكَةَ تَسْمِيَةَ الْأُنثَىٰ (27)
Voorwaar, hulle wat nie in die Hiernamaals glo nie, gee die engele vroulike name
وَمَا لَهُم بِهِ مِنْ عِلْمٍ ۖ إِن يَتَّبِعُونَ إِلَّا الظَّنَّ ۖ وَإِنَّ الظَّنَّ لَا يُغْنِي مِنَ الْحَقِّ شَيْئًا (28)
En hule het geen kennis daarvan nie. Hulle volg slegs gissings, en gissings sal sekerlik niks teen die Waarheid baat nie
فَأَعْرِضْ عَن مَّن تَوَلَّىٰ عَن ذِكْرِنَا وَلَمْ يُرِدْ إِلَّا الْحَيَاةَ الدُّنْيَا (29)
Draai daarom weg van hom wat die rug vir Ons Vermanings keer en niks anders as die lewe van hierdie wêreld begeer nie
ذَٰلِكَ مَبْلَغُهُم مِّنَ الْعِلْمِ ۚ إِنَّ رَبَّكَ هُوَ أَعْلَمُ بِمَن ضَلَّ عَن سَبِيلِهِ وَهُوَ أَعْلَمُ بِمَنِ اهْتَدَىٰ (30)
Dít is die doelwit van hul kennis. Voorwaar, u Heer weet goed wie van Sy pad afdwaal, en Hy weet wie reg gelei word
وَلِلَّهِ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَمَا فِي الْأَرْضِ لِيَجْزِيَ الَّذِينَ أَسَاءُوا بِمَا عَمِلُوا وَيَجْزِيَ الَّذِينَ أَحْسَنُوا بِالْحُسْنَى (31)
En aan Allah behoort wat in die hemele en wat op die aarde is, sodat Hy die kwaaddoeners hul loon kan gee vir wat hul gedoen het, en die weldoeners vir hulle weldade kan beloon
الَّذِينَ يَجْتَنِبُونَ كَبَائِرَ الْإِثْمِ وَالْفَوَاحِشَ إِلَّا اللَّمَمَ ۚ إِنَّ رَبَّكَ وَاسِعُ الْمَغْفِرَةِ ۚ هُوَ أَعْلَمُ بِكُمْ إِذْ أَنشَأَكُم مِّنَ الْأَرْضِ وَإِذْ أَنتُمْ أَجِنَّةٌ فِي بُطُونِ أُمَّهَاتِكُمْ ۖ فَلَا تُزَكُّوا أَنفُسَكُمْ ۖ هُوَ أَعْلَمُ بِمَنِ اتَّقَىٰ (32)
Hulle wat die groot sondes en die onwelvoeglikhede vermy, en onwillig aan die kleiner sondes aandadig is ~ vir hulle sal u Heer kwistig wees met Vergifnis. Hy weet goed wanneer Hy julle uit die aarde voortbring en wanneer julle embrios in die baarmoeders van julle moeders is; moet dus nie op julle reinheid roem nie. Hy weet goed wie hulself teen sonde bewaak
أَفَرَأَيْتَ الَّذِي تَوَلَّىٰ (33)
Sien u hom wat wegdraai
وَأَعْطَىٰ قَلِيلًا وَأَكْدَىٰ (34)
wat ’n bietjie gee, dan terughou
أَعِندَهُ عِلْمُ الْغَيْبِ فَهُوَ يَرَىٰ (35)
Besit hy kennis van die Onsigbare, sodat hy kan sien
أَمْ لَمْ يُنَبَّأْ بِمَا فِي صُحُفِ مُوسَىٰ (36)
Is aan hom nie vertel wat in die geskrifte van Moses staan
وَإِبْرَاهِيمَ الَّذِي وَفَّىٰ (37)
en van Abraham wat die gebooie vervul het nie
أَلَّا تَزِرُ وَازِرَةٌ وِزْرَ أُخْرَىٰ (38)
dat ’n lasdraer nie die las van ’n ander sal dra nie
وَأَن لَّيْسَ لِلْإِنسَانِ إِلَّا مَا سَعَىٰ (39)
en dat die mens niks kan verwerf nie behalwe dit waarna hy strewe
وَأَنَّ سَعْيَهُ سَوْفَ يُرَىٰ (40)
en dat sy strewe spoedig opgemerk sal word
ثُمَّ يُجْزَاهُ الْجَزَاءَ الْأَوْفَىٰ (41)
Dan sal hy ten volle daarvoor beloon word
وَأَنَّ إِلَىٰ رَبِّكَ الْمُنتَهَىٰ (42)
en dat alles uiteindelik tot u Heer keer
وَأَنَّهُ هُوَ أَضْحَكَ وَأَبْكَىٰ (43)
En dat dit Hy is wat sommige laat lag en sommige laat huil
وَأَنَّهُ هُوَ أَمَاتَ وَأَحْيَا (44)
en dat dit Hy is wat die dood veroorsaak en die lewe gee
وَأَنَّهُ خَلَقَ الزَّوْجَيْنِ الذَّكَرَ وَالْأُنثَىٰ (45)
en dat Hy van alles pare skep, die manlike sowel as die vroulike
مِن نُّطْفَةٍ إِذَا تُمْنَىٰ (46)
uit ’n sperm wanneer dit geskik is
وَأَنَّ عَلَيْهِ النَّشْأَةَ الْأُخْرَىٰ (47)
en dat hy die tweede opwekking verorden het
وَأَنَّهُ هُوَ أَغْنَىٰ وَأَقْنَىٰ (48)
en dat dit Hy is wat rykdom en voldoening gee
وَأَنَّهُ هُوَ رَبُّ الشِّعْرَىٰ (49)
en dat hy die Heer van Sirius is
وَأَنَّهُ أَهْلَكَ عَادًا الْأُولَىٰ (50)
en dat Hy die eerste stam van Aad vernietig het
وَثَمُودَ فَمَا أَبْقَىٰ (51)
en ook Thamoed nie gespaar het nie
وَقَوْمَ نُوحٍ مِّن قَبْلُ ۖ إِنَّهُمْ كَانُوا هُمْ أَظْلَمَ وَأَطْغَىٰ (52)
en vóór hulle ook die volk van Noag. Waarlik, hulle was uiter- mate onregverdig en opstandig
وَالْمُؤْتَفِكَةَ أَهْوَىٰ (53)
En die verwoeste stede het Hy met die grond gelyk gemaak
فَغَشَّاهَا مَا غَشَّىٰ (54)
sodat dít wat bedek, hulle heeltemal bedek het
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكَ تَتَمَارَىٰ (55)
Oor watter gawe van u Heer wil u dan redekawel
هَٰذَا نَذِيرٌ مِّنَ النُّذُرِ الْأُولَىٰ (56)
Hierdie man is ’n waarskuwer, soos die waarskuwers van ouds
أَزِفَتِ الْآزِفَةُ (57)
Die naderende Gebeurtenis kom al nader
لَيْسَ لَهَا مِن دُونِ اللَّهِ كَاشِفَةٌ (58)
Daar is niemand, buiten Allah, wat dit kan verwyder nie
أَفَمِنْ هَٰذَا الْحَدِيثِ تَعْجَبُونَ (59)
Verwonder julle jul oor hierdie aankondiging
وَتَضْحَكُونَ وَلَا تَبْكُونَ (60)
En lag julle en huil julle nie
وَأَنتُمْ سَامِدُونَ (61)
terwyl julle speel
فَاسْجُدُوا لِلَّهِ وَاعْبُدُوا ۩ (62)
Val dan neer in prostrasie voor Allah, en aanbid Hom
❮ Previous Next ❯

Surahs from Quran :

1- Fatiha2- Baqarah
3- Al Imran4- Nisa
5- Maidah6- Anam
7- Araf8- Anfal
9- Tawbah10- Yunus
11- Hud12- Yusuf
13- Raad14- Ibrahim
15- Hijr16- Nahl
17- Al Isra18- Kahf
19- Maryam20- TaHa
21- Anbiya22- Hajj
23- Muminun24- An Nur
25- Furqan26- Shuara
27- Naml28- Qasas
29- Ankabut30- Rum
31- Luqman32- Sajdah
33- Ahzab34- Saba
35- Fatir36- Yasin
37- Assaaffat38- Sad
39- Zumar40- Ghafir
41- Fussilat42- shura
43- Zukhruf44- Ad Dukhaan
45- Jathiyah46- Ahqaf
47- Muhammad48- Al Fath
49- Hujurat50- Qaf
51- zariyat52- Tur
53- Najm54- Al Qamar
55- Rahman56- Waqiah
57- Hadid58- Mujadilah
59- Al Hashr60- Mumtahina
61- Saff62- Jumuah
63- Munafiqun64- Taghabun
65- Talaq66- Tahrim
67- Mulk68- Qalam
69- Al-Haqqah70- Maarij
71- Nuh72- Jinn
73- Muzammil74- Muddathir
75- Qiyamah76- Insan
77- Mursalat78- An Naba
79- Naziat80- Abasa
81- Takwir82- Infitar
83- Mutaffifin84- Inshiqaq
85- Buruj86- Tariq
87- Al Ala88- Ghashiya
89- Fajr90- Al Balad
91- Shams92- Lail
93- Duha94- Sharh
95- Tin96- Al Alaq
97- Qadr98- Bayyinah
99- Zalzalah100- Adiyat
101- Qariah102- Takathur
103- Al Asr104- Humazah
105- Al Fil106- Quraysh
107- Maun108- Kawthar
109- Kafirun110- Nasr
111- Masad112- Ikhlas
113- Falaq114- An Nas