×

Surah Al-Maarij in Afrikaans

Quran Afrikaans ⮕ Surah Maarij

Translation of the Meanings of Surah Maarij in Afrikaans - الأفريكانية

The Quran in Afrikaans - Surah Maarij translated into Afrikaans, Surah Al-Maarij in Afrikaans. We provide accurate translation of Surah Maarij in Afrikaans - الأفريكانية, Verses 44 - Surah Number 70 - Page 568.

بسم الله الرحمن الرحيم

سَأَلَ سَائِلٌ بِعَذَابٍ وَاقِعٍ (1)
’n Ondervraer vra na die straf wat weldra sal kom
لِّلْكَافِرِينَ لَيْسَ لَهُ دَافِعٌ (2)
oor die ongelowiges, wat niemand kan weerhou
مِّنَ اللَّهِ ذِي الْمَعَارِجِ (3)
van Allah, die Heer van die weë wat omhoog lei
تَعْرُجُ الْمَلَائِكَةُ وَالرُّوحُ إِلَيْهِ فِي يَوْمٍ كَانَ مِقْدَارُهُ خَمْسِينَ أَلْفَ سَنَةٍ (4)
Die engele en die Gees styg op na Hom in ’n Dag waarvan die maat vyftigduisend jare is
فَاصْبِرْ صَبْرًا جَمِيلًا (5)
Wees u dan verdraagsaam met lofwaardige geduld
إِنَّهُمْ يَرَوْنَهُ بَعِيدًا (6)
Voorwaar, hulle sien dit ver weg
وَنَرَاهُ قَرِيبًا (7)
maar Ons sien dit naby
يَوْمَ تَكُونُ السَّمَاءُ كَالْمُهْلِ (8)
Die Dag waarop die hemel soos gesmelte koper sal wees
وَتَكُونُ الْجِبَالُ كَالْعِهْنِ (9)
en die berge soos wol
وَلَا يَسْأَلُ حَمِيمٌ حَمِيمًا (10)
en vriend nie na vriend sal vra nie
يُبَصَّرُونَهُمْ ۚ يَوَدُّ الْمُجْرِمُ لَوْ يَفْتَدِي مِنْ عَذَابِ يَوْمِئِذٍ بِبَنِيهِ (11)
hoewel hulle mekaar kan sien. Die misdadige sal hom op daardie Dag van die straf wil vrykoop deur sy kinders
وَصَاحِبَتِهِ وَأَخِيهِ (12)
en sy vrou en sy broer
وَفَصِيلَتِهِ الَّتِي تُؤْوِيهِ (13)
en sy familielede wat aan hom toevlug verleen het
وَمَن فِي الْأَرْضِ جَمِيعًا ثُمَّ يُنجِيهِ (14)
en almal wat op aarde is, om só homself te verlos
كَلَّا ۖ إِنَّهَا لَظَىٰ (15)
Volstrek nie! Waarlik, dit is ’n Vlammende Vuur
نَزَّاعَةً لِّلشَّوَىٰ (16)
wat sy vel sal afskroei
تَدْعُو مَنْ أَدْبَرَ وَتَوَلَّىٰ (17)
dit sal hom opeis wat terugdeins en hom die rug toekeer
وَجَمَعَ فَأَوْعَىٰ (18)
en rykdom versamel en dit dan gierig terughou
۞ إِنَّ الْإِنسَانَ خُلِقَ هَلُوعًا (19)
Voorwaar, die mens is met ’n ongeduldige natuur geskape
إِذَا مَسَّهُ الشَّرُّ جَزُوعًا (20)
vol weeklae as die kwaad hom oorval
وَإِذَا مَسَّهُ الْخَيْرُ مَنُوعًا (21)
maar as dit met hom goed gaan, is hy inhalig
إِلَّا الْمُصَلِّينَ (22)
behalwe diegene wat bid
الَّذِينَ هُمْ عَلَىٰ صَلَاتِهِمْ دَائِمُونَ (23)
en in hulle gebede volhard
وَالَّذِينَ فِي أَمْوَالِهِمْ حَقٌّ مَّعْلُومٌ (24)
en in wie se rykdom daar ’n vasgestelde deel is
لِّلسَّائِلِ وَالْمَحْرُومِ (25)
vir die bedelaar en die behoeftige
وَالَّذِينَ يُصَدِّقُونَ بِيَوْمِ الدِّينِ (26)
en diegene wat die waarheid van die Oordeelsdag aanneem
وَالَّذِينَ هُم مِّنْ عَذَابِ رَبِّهِم مُّشْفِقُونَ (27)
en hulle wat die straf van hulle Heer vrees
إِنَّ عَذَابَ رَبِّهِمْ غَيْرُ مَأْمُونٍ (28)
voorwaar, die straf van hulle Heer is iets waarteen daar geen beveiliging is nie
وَالَّذِينَ هُمْ لِفُرُوجِهِمْ حَافِظُونَ (29)
en diegene wat hulle geslagsdrifte beheers
إِلَّا عَلَىٰ أَزْوَاجِهِمْ أَوْ مَا مَلَكَتْ أَيْمَانُهُمْ فَإِنَّهُمْ غَيْرُ مَلُومِينَ (30)
behalwe in die aanwesigheid van hulle vroue of van dié wat hulle regterhande besit, want dan sal gewis geen verwyt hulle tref nie
فَمَنِ ابْتَغَىٰ وَرَاءَ ذَٰلِكَ فَأُولَٰئِكَ هُمُ الْعَادُونَ (31)
maar diegene wat hierdie perke oorskry, hulle is die oortreders
وَالَّذِينَ هُمْ لِأَمَانَاتِهِمْ وَعَهْدِهِمْ رَاعُونَ (32)
En diegene wat eerlik handel met wat aan hulle toevertrou word, en hulle gelofte nakom
وَالَّذِينَ هُم بِشَهَادَاتِهِمْ قَائِمُونَ (33)
en hulle wat opreg is in hulle getuienisse
وَالَّذِينَ هُمْ عَلَىٰ صَلَاتِهِمْ يُحَافِظُونَ (34)
en diegene wat hulle gebede nastrewe
أُولَٰئِكَ فِي جَنَّاتٍ مُّكْرَمُونَ (35)
Hulle is in Tuine, geëerd
فَمَالِ الَّذِينَ كَفَرُوا قِبَلَكَ مُهْطِعِينَ (36)
Maar wat makeer die ongelowiges dat hulle na u toe snel
عَنِ الْيَمِينِ وَعَنِ الشِّمَالِ عِزِينَ (37)
van regs en links in verskeie groepe
أَيَطْمَعُ كُلُّ امْرِئٍ مِّنْهُمْ أَن يُدْخَلَ جَنَّةَ نَعِيمٍ (38)
Verwag hulle almal om die Tuin van Verrukking binne te gaan
كَلَّا ۖ إِنَّا خَلَقْنَاهُم مِّمَّا يَعْلَمُونَ (39)
Volstrek nie! Waarlik, Ons het hulle geskape uit wat hulle weet
فَلَا أُقْسِمُ بِرَبِّ الْمَشَارِقِ وَالْمَغَارِبِ إِنَّا لَقَادِرُونَ (40)
Maar nee! Ek sweer, as die Heer van die Ooste en die Weste, dat Ons sekerlik Allermagtig is
عَلَىٰ أَن نُّبَدِّلَ خَيْرًا مِّنْهُمْ وَمَا نَحْنُ بِمَسْبُوقِينَ (41)
om in hulle plek beter volkere as hulle voort te bring, en Ons kan daarin nie verhinder word nie
فَذَرْهُمْ يَخُوضُوا وَيَلْعَبُوا حَتَّىٰ يُلَاقُوا يَوْمَهُمُ الَّذِي يُوعَدُونَ (42)
Laat hulle hul aan ydele gesprekke oorgee en hulself vermaak totdat hulle die Dag wat aan hulle belowe word, tegemoetgaan
يَوْمَ يَخْرُجُونَ مِنَ الْأَجْدَاثِ سِرَاعًا كَأَنَّهُمْ إِلَىٰ نُصُبٍ يُوفِضُونَ (43)
die Dag wanneer hulle inderhaas uit hulle grafte sal opstaan, asof hulle na ’n bepaalde doelwit moet snel
خَاشِعَةً أَبْصَارُهُمْ تَرْهَقُهُمْ ذِلَّةٌ ۚ ذَٰلِكَ الْيَوْمُ الَّذِي كَانُوا يُوعَدُونَ (44)
met hulle oë neergeslaan; skande sal hulle bedek. Sodanig is die Dag wat aan hulle belowe word
❮ Previous Next ❯

Surahs from Quran :

1- Fatiha2- Baqarah
3- Al Imran4- Nisa
5- Maidah6- Anam
7- Araf8- Anfal
9- Tawbah10- Yunus
11- Hud12- Yusuf
13- Raad14- Ibrahim
15- Hijr16- Nahl
17- Al Isra18- Kahf
19- Maryam20- TaHa
21- Anbiya22- Hajj
23- Muminun24- An Nur
25- Furqan26- Shuara
27- Naml28- Qasas
29- Ankabut30- Rum
31- Luqman32- Sajdah
33- Ahzab34- Saba
35- Fatir36- Yasin
37- Assaaffat38- Sad
39- Zumar40- Ghafir
41- Fussilat42- shura
43- Zukhruf44- Ad Dukhaan
45- Jathiyah46- Ahqaf
47- Muhammad48- Al Fath
49- Hujurat50- Qaf
51- zariyat52- Tur
53- Najm54- Al Qamar
55- Rahman56- Waqiah
57- Hadid58- Mujadilah
59- Al Hashr60- Mumtahina
61- Saff62- Jumuah
63- Munafiqun64- Taghabun
65- Talaq66- Tahrim
67- Mulk68- Qalam
69- Al-Haqqah70- Maarij
71- Nuh72- Jinn
73- Muzammil74- Muddathir
75- Qiyamah76- Insan
77- Mursalat78- An Naba
79- Naziat80- Abasa
81- Takwir82- Infitar
83- Mutaffifin84- Inshiqaq
85- Buruj86- Tariq
87- Al Ala88- Ghashiya
89- Fajr90- Al Balad
91- Shams92- Lail
93- Duha94- Sharh
95- Tin96- Al Alaq
97- Qadr98- Bayyinah
99- Zalzalah100- Adiyat
101- Qariah102- Takathur
103- Al Asr104- Humazah
105- Al Fil106- Quraysh
107- Maun108- Kawthar
109- Kafirun110- Nasr
111- Masad112- Ikhlas
113- Falaq114- An Nas