سَأَلَ سَائِلٌ بِعَذَابٍ وَاقِعٍ (1) ’n Ondervraer vra na die straf wat weldra sal kom |
لِّلْكَافِرِينَ لَيْسَ لَهُ دَافِعٌ (2) oor die ongelowiges, wat niemand kan weerhou |
مِّنَ اللَّهِ ذِي الْمَعَارِجِ (3) van Allah, die Heer van die weë wat omhoog lei |
تَعْرُجُ الْمَلَائِكَةُ وَالرُّوحُ إِلَيْهِ فِي يَوْمٍ كَانَ مِقْدَارُهُ خَمْسِينَ أَلْفَ سَنَةٍ (4) Die engele en die Gees styg op na Hom in ’n Dag waarvan die maat vyftigduisend jare is |
فَاصْبِرْ صَبْرًا جَمِيلًا (5) Wees u dan verdraagsaam met lofwaardige geduld |
إِنَّهُمْ يَرَوْنَهُ بَعِيدًا (6) Voorwaar, hulle sien dit ver weg |
وَنَرَاهُ قَرِيبًا (7) maar Ons sien dit naby |
يَوْمَ تَكُونُ السَّمَاءُ كَالْمُهْلِ (8) Die Dag waarop die hemel soos gesmelte koper sal wees |
وَتَكُونُ الْجِبَالُ كَالْعِهْنِ (9) en die berge soos wol |
وَلَا يَسْأَلُ حَمِيمٌ حَمِيمًا (10) en vriend nie na vriend sal vra nie |
يُبَصَّرُونَهُمْ ۚ يَوَدُّ الْمُجْرِمُ لَوْ يَفْتَدِي مِنْ عَذَابِ يَوْمِئِذٍ بِبَنِيهِ (11) hoewel hulle mekaar kan sien. Die misdadige sal hom op daardie Dag van die straf wil vrykoop deur sy kinders |
وَصَاحِبَتِهِ وَأَخِيهِ (12) en sy vrou en sy broer |
وَفَصِيلَتِهِ الَّتِي تُؤْوِيهِ (13) en sy familielede wat aan hom toevlug verleen het |
وَمَن فِي الْأَرْضِ جَمِيعًا ثُمَّ يُنجِيهِ (14) en almal wat op aarde is, om só homself te verlos |
كَلَّا ۖ إِنَّهَا لَظَىٰ (15) Volstrek nie! Waarlik, dit is ’n Vlammende Vuur |
نَزَّاعَةً لِّلشَّوَىٰ (16) wat sy vel sal afskroei |
تَدْعُو مَنْ أَدْبَرَ وَتَوَلَّىٰ (17) dit sal hom opeis wat terugdeins en hom die rug toekeer |
وَجَمَعَ فَأَوْعَىٰ (18) en rykdom versamel en dit dan gierig terughou |
۞ إِنَّ الْإِنسَانَ خُلِقَ هَلُوعًا (19) Voorwaar, die mens is met ’n ongeduldige natuur geskape |
إِذَا مَسَّهُ الشَّرُّ جَزُوعًا (20) vol weeklae as die kwaad hom oorval |
وَإِذَا مَسَّهُ الْخَيْرُ مَنُوعًا (21) maar as dit met hom goed gaan, is hy inhalig |
إِلَّا الْمُصَلِّينَ (22) behalwe diegene wat bid |
الَّذِينَ هُمْ عَلَىٰ صَلَاتِهِمْ دَائِمُونَ (23) en in hulle gebede volhard |
وَالَّذِينَ فِي أَمْوَالِهِمْ حَقٌّ مَّعْلُومٌ (24) en in wie se rykdom daar ’n vasgestelde deel is |
لِّلسَّائِلِ وَالْمَحْرُومِ (25) vir die bedelaar en die behoeftige |
وَالَّذِينَ يُصَدِّقُونَ بِيَوْمِ الدِّينِ (26) en diegene wat die waarheid van die Oordeelsdag aanneem |
وَالَّذِينَ هُم مِّنْ عَذَابِ رَبِّهِم مُّشْفِقُونَ (27) en hulle wat die straf van hulle Heer vrees |
إِنَّ عَذَابَ رَبِّهِمْ غَيْرُ مَأْمُونٍ (28) voorwaar, die straf van hulle Heer is iets waarteen daar geen beveiliging is nie |
وَالَّذِينَ هُمْ لِفُرُوجِهِمْ حَافِظُونَ (29) en diegene wat hulle geslagsdrifte beheers |
إِلَّا عَلَىٰ أَزْوَاجِهِمْ أَوْ مَا مَلَكَتْ أَيْمَانُهُمْ فَإِنَّهُمْ غَيْرُ مَلُومِينَ (30) behalwe in die aanwesigheid van hulle vroue of van dié wat hulle regterhande besit, want dan sal gewis geen verwyt hulle tref nie |
فَمَنِ ابْتَغَىٰ وَرَاءَ ذَٰلِكَ فَأُولَٰئِكَ هُمُ الْعَادُونَ (31) maar diegene wat hierdie perke oorskry, hulle is die oortreders |
وَالَّذِينَ هُمْ لِأَمَانَاتِهِمْ وَعَهْدِهِمْ رَاعُونَ (32) En diegene wat eerlik handel met wat aan hulle toevertrou word, en hulle gelofte nakom |
وَالَّذِينَ هُم بِشَهَادَاتِهِمْ قَائِمُونَ (33) en hulle wat opreg is in hulle getuienisse |
وَالَّذِينَ هُمْ عَلَىٰ صَلَاتِهِمْ يُحَافِظُونَ (34) en diegene wat hulle gebede nastrewe |
أُولَٰئِكَ فِي جَنَّاتٍ مُّكْرَمُونَ (35) Hulle is in Tuine, geëerd |
فَمَالِ الَّذِينَ كَفَرُوا قِبَلَكَ مُهْطِعِينَ (36) Maar wat makeer die ongelowiges dat hulle na u toe snel |
عَنِ الْيَمِينِ وَعَنِ الشِّمَالِ عِزِينَ (37) van regs en links in verskeie groepe |
أَيَطْمَعُ كُلُّ امْرِئٍ مِّنْهُمْ أَن يُدْخَلَ جَنَّةَ نَعِيمٍ (38) Verwag hulle almal om die Tuin van Verrukking binne te gaan |
كَلَّا ۖ إِنَّا خَلَقْنَاهُم مِّمَّا يَعْلَمُونَ (39) Volstrek nie! Waarlik, Ons het hulle geskape uit wat hulle weet |
فَلَا أُقْسِمُ بِرَبِّ الْمَشَارِقِ وَالْمَغَارِبِ إِنَّا لَقَادِرُونَ (40) Maar nee! Ek sweer, as die Heer van die Ooste en die Weste, dat Ons sekerlik Allermagtig is |
عَلَىٰ أَن نُّبَدِّلَ خَيْرًا مِّنْهُمْ وَمَا نَحْنُ بِمَسْبُوقِينَ (41) om in hulle plek beter volkere as hulle voort te bring, en Ons kan daarin nie verhinder word nie |
فَذَرْهُمْ يَخُوضُوا وَيَلْعَبُوا حَتَّىٰ يُلَاقُوا يَوْمَهُمُ الَّذِي يُوعَدُونَ (42) Laat hulle hul aan ydele gesprekke oorgee en hulself vermaak totdat hulle die Dag wat aan hulle belowe word, tegemoetgaan |
يَوْمَ يَخْرُجُونَ مِنَ الْأَجْدَاثِ سِرَاعًا كَأَنَّهُمْ إِلَىٰ نُصُبٍ يُوفِضُونَ (43) die Dag wanneer hulle inderhaas uit hulle grafte sal opstaan, asof hulle na ’n bepaalde doelwit moet snel |
خَاشِعَةً أَبْصَارُهُمْ تَرْهَقُهُمْ ذِلَّةٌ ۚ ذَٰلِكَ الْيَوْمُ الَّذِي كَانُوا يُوعَدُونَ (44) met hulle oë neergeslaan; skande sal hulle bedek. Sodanig is die Dag wat aan hulle belowe word |