| إِذَا السَّمَاءُ انفَطَرَتْ (1) Wanneer die hemele van mekaar gekloof
 | 
| وَإِذَا الْكَوَاكِبُ انتَثَرَتْ (2) en die sterre verstrooi sal word
 | 
| وَإِذَا الْبِحَارُ فُجِّرَتْ (3) en wanneer die riviere leeg sal loop
 | 
| وَإِذَا الْقُبُورُ بُعْثِرَتْ (4) en die grafte geopen sal word
 | 
| عَلِمَتْ نَفْسٌ مَّا قَدَّمَتْ وَأَخَّرَتْ (5) sal elke siel weet wat deur hom vooruitgestuur, en wat deur hom agtergelaat is
 | 
| يَا أَيُّهَا الْإِنسَانُ مَا غَرَّكَ بِرَبِّكَ الْكَرِيمِ (6) O mens! Wat het u van u Heer, die Barmhartige, verwyder
 | 
| الَّذِي خَلَقَكَ فَسَوَّاكَ فَعَدَلَكَ (7) Hy wat u geskape het en u daarna volkome gemaak het, en vir u ’n juiste verhouding gegee het
 | 
| فِي أَيِّ صُورَةٍ مَّا شَاءَ رَكَّبَكَ (8) In watter vorm ook al, soos dit Hom behaag, vorm Hy u
 | 
| كَلَّا بَلْ تُكَذِّبُونَ بِالدِّينِ (9) Nee, maar julle ontken die Oordeel
 | 
| وَإِنَّ عَلَيْكُمْ لَحَافِظِينَ (10) En daar is waarlik bewakers oor julle
 | 
| كِرَامًا كَاتِبِينَ (11) eerbare skrywers
 | 
| يَعْلَمُونَ مَا تَفْعَلُونَ (12) wat weet wat hulle doen
 | 
| إِنَّ الْأَبْرَارَ لَفِي نَعِيمٍ (13) Voorwaar, die deugsame word met vreugde omring
 | 
| وَإِنَّ الْفُجَّارَ لَفِي جَحِيمٍ (14) en die goddelose deur die Hel
 | 
| يَصْلَوْنَهَا يَوْمَ الدِّينِ (15) Hulle sal daarin gaan op die Dag van Oordeel
 | 
| وَمَا هُمْ عَنْهَا بِغَائِبِينَ (16) en sal nie afwesig kan wees nie
 | 
| وَمَا أَدْرَاكَ مَا يَوْمُ الدِّينِ (17) En wat sal u laat begryp wat die Dag van Oordeel is
 | 
| ثُمَّ مَا أَدْرَاكَ مَا يَوْمُ الدِّينِ (18) Nogmaals, wat sal u laat begryp wat die Dag van Oordeel is
 | 
| يَوْمَ لَا تَمْلِكُ نَفْسٌ لِّنَفْسٍ شَيْئًا ۖ وَالْأَمْرُ يَوْمَئِذٍ لِّلَّهِ (19) Die Dag wanneer geen siel iets vir ’n ander sal kan bewerk nie. En die gebod op daardie Dag berus alleen by Allah
 |