| إِذَا وَقَعَتِ الْوَاقِعَةُ (1) Wanneer die Gebeurtenis plaasvind
 | 
| لَيْسَ لِوَقْعَتِهَا كَاذِبَةٌ (2) sal dit nie ontken kan word nie
 | 
| خَافِضَةٌ رَّافِعَةٌ (3) Dit sal sommige verneder en andere verhef
 | 
| إِذَا رُجَّتِ الْأَرْضُ رَجًّا (4) Wanneer die aarde met ’n hewige skok sal skud
 | 
| وَبُسَّتِ الْجِبَالُ بَسًّا (5) en die berge sal verbrokkel
 | 
| فَكَانَتْ هَبَاءً مُّنبَثًّا (6) dan sal hulle soos verstrooide stof wees
 | 
| وَكُنتُمْ أَزْوَاجًا ثَلَاثَةً (7) en julle sal in drie groepe verdeel word
 | 
| فَأَصْحَابُ الْمَيْمَنَةِ مَا أَصْحَابُ الْمَيْمَنَةِ (8) Die mense aan die regterkant ~ hoe gelukkig is die mense aan die regterkant
 | 
| وَأَصْحَابُ الْمَشْأَمَةِ مَا أَصْحَابُ الْمَشْأَمَةِ (9) en die mense aan die linkerkant ~ hoe ongelukkig is die mense aan die linkerkant
 | 
| وَالسَّابِقُونَ السَّابِقُونَ (10) en die vooruitstrewendes in die geloof sal die vooruitstrewendes bly
 | 
| أُولَٰئِكَ الْمُقَرَّبُونَ (11) hulle sal nader aan Allah getrek word
 | 
| فِي جَنَّاتِ النَّعِيمِ (12) In Tuine van verrukking
 | 
| ثُلَّةٌ مِّنَ الْأَوَّلِينَ (13) ’n Menigte van die eerstes
 | 
| وَقَلِيلٌ مِّنَ الْآخِرِينَ (14) en maar min uit die later tye
 | 
| عَلَىٰ سُرُرٍ مَّوْضُونَةٍ (15) op deurvlegte sofa’s
 | 
| مُّتَّكِئِينَ عَلَيْهَا مُتَقَابِلِينَ (16) neergevly daarop, met die gesigte na mekaar gewend
 | 
| يَطُوفُ عَلَيْهِمْ وِلْدَانٌ مُّخَلَّدُونَ (17) Jong manne wat nie sal verouder nie, sal onder hulle rondgaan
 | 
| بِأَكْوَابٍ وَأَبَارِيقَ وَكَأْسٍ مِّن مَّعِينٍ (18) met drinkbekers, lampetkanne, en glase met wyn
 | 
| لَّا يُصَدَّعُونَ عَنْهَا وَلَا يُنزِفُونَ (19) wat hulle nie hoofpyn sal gee of dronk sal laat word nie
 | 
| وَفَاكِهَةٍ مِّمَّا يَتَخَيَّرُونَ (20) en vrugte, net wat hulle verkies
 | 
| وَلَحْمِ طَيْرٍ مِّمَّا يَشْتَهُونَ (21) en pluimveevleis waarna hulle verlang
 | 
| وَحُورٌ عِينٌ (22) en suiwer, rein metgeselle
 | 
| كَأَمْثَالِ اللُّؤْلُؤِ الْمَكْنُونِ (23) soos verborge pêrels
 | 
| جَزَاءً بِمَا كَانُوا يَعْمَلُونَ (24) ’n Beloning vir wat hulle gedoen het
 | 
| لَا يَسْمَعُونَ فِيهَا لَغْوًا وَلَا تَأْثِيمًا (25) Hulle hoor geen ydele gesprek of sondige taal daarin nie
 | 
| إِلَّا قِيلًا سَلَامًا سَلَامًا (26) maar net dié woorde: Vrede! Vrede
 | 
| وَأَصْحَابُ الْيَمِينِ مَا أَصْحَابُ الْيَمِينِ (27) En die mense aan die regterkant; hoe gelukkig is die mense aan die regterkant
 | 
| فِي سِدْرٍ مَّخْضُودٍ (28) Te midde van doringlose lotusbome
 | 
| وَطَلْحٍ مَّنضُودٍ (29) en piesangbome vol trosse
 | 
| وَظِلٍّ مَّمْدُودٍ (30) met vérrykende skadu’s
 | 
| وَمَاءٍ مَّسْكُوبٍ (31) en vloeiende water
 | 
| وَفَاكِهَةٍ كَثِيرَةٍ (32) en volop vrugte
 | 
| لَّا مَقْطُوعَةٍ وَلَا مَمْنُوعَةٍ (33) nóg afgesny, nóg verbode
 | 
| وَفُرُشٍ مَّرْفُوعَةٍ (34) en verhewe sofa’s
 | 
| إِنَّا أَنشَأْنَاهُنَّ إِنشَاءً (35) Voorwaar, Ons het vir hulle ’n nuwe skepping geskape
 | 
| فَجَعَلْنَاهُنَّ أَبْكَارًا (36) en tot maagde het Ons hulle gemaak
 | 
| عُرُبًا أَتْرَابًا (37) beminlik, en van gelyke ouderdom
 | 
| لِّأَصْحَابِ الْيَمِينِ (38) vir diegene aan die regterkant
 | 
| ثُلَّةٌ مِّنَ الْأَوَّلِينَ (39) ’n Menigte van die eerstes
 | 
| وَثُلَّةٌ مِّنَ الْآخِرِينَ (40) en ’n menigte uit later tye
 | 
| وَأَصْحَابُ الشِّمَالِ مَا أَصْحَابُ الشِّمَالِ (41) En die mense aan die linkerkant; hoe ellendig is die mense aan die linkerkant
 | 
| فِي سَمُومٍ وَحَمِيمٍ (42) Te midde van ’n verskroeiende wind en kokende water
 | 
| وَظِلٍّ مِّن يَحْمُومٍ (43) en in die skadu van swart rook
 | 
| لَّا بَارِدٍ وَلَا كَرِيمٍ (44) nóg koel, nóg verfrissend
 | 
| إِنَّهُمْ كَانُوا قَبْلَ ذَٰلِكَ مُتْرَفِينَ (45) Vóór dit het hulle inderdaad in weelde gelewe
 | 
| وَكَانُوا يُصِرُّونَ عَلَى الْحِنثِ الْعَظِيمِ (46) en hulle het in die groot skending volhard
 | 
| وَكَانُوا يَقُولُونَ أَئِذَا مِتْنَا وَكُنَّا تُرَابًا وَعِظَامًا أَإِنَّا لَمَبْعُوثُونَ (47) en hulle het dikwels gesê: Wanneer ons dood is, en stof en beendere geword het, sal ons dan opgewek word
 | 
| أَوَآبَاؤُنَا الْأَوَّلُونَ (48) of ons voorvaders
 | 
| قُلْ إِنَّ الْأَوَّلِينَ وَالْآخِرِينَ (49) Sê: Ja, die vroeëre en die lateres
 | 
| لَمَجْمُوعُونَ إِلَىٰ مِيقَاتِ يَوْمٍ مَّعْلُومٍ (50) sal gewis bymekaar versamel word op ’n vasgestelde tyd van ’n bepaalde Dag
 | 
| ثُمَّ إِنَّكُمْ أَيُّهَا الضَّالُّونَ الْمُكَذِّبُونَ (51) Dan, o julle wat verdwaal was en verloën het
 | 
| لَآكِلُونَ مِن شَجَرٍ مِّن زَقُّومٍ (52) julle sal sekerlik van die boom van Zakkoem eet
 | 
| فَمَالِئُونَ مِنْهَا الْبُطُونَ (53) en julle sal jul buik daarmee vul
 | 
| فَشَارِبُونَ عَلَيْهِ مِنَ الْحَمِيمِ (54) en daarna kokende water drink
 | 
| فَشَارِبُونَ شُرْبَ الْهِيمِ (55) en drink soos die dorstige kameel drink
 | 
| هَٰذَا نُزُلُهُمْ يَوْمَ الدِّينِ (56) Dít sal hulle vermaaklikheid wees op die Dag van Vergelding
 | 
| نَحْنُ خَلَقْنَاكُمْ فَلَوْلَا تُصَدِّقُونَ (57) Ons het julle geskape; waarom wil julle dan nie die Waarheid erken nie
 | 
| أَفَرَأَيْتُم مَّا تُمْنُونَ (58) Sien julle die afskeiding wat julle uitstort
 | 
| أَأَنتُمْ تَخْلُقُونَهُ أَمْ نَحْنُ الْخَالِقُونَ (59) Is dit júlle wat dit skep, of is Ons die Skeppers
 | 
| نَحْنُ قَدَّرْنَا بَيْنَكُمُ الْمَوْتَ وَمَا نَحْنُ بِمَسْبُوقِينَ (60) Ons het die dood vir julle verorden ~ en Ons kan nie uitoorlê word nie
 | 
| عَلَىٰ أَن نُّبَدِّلَ أَمْثَالَكُمْ وَنُنشِئَكُمْ فِي مَا لَا تَعْلَمُونَ (61) sodat Ons julle posisie kan verander en julle in ’n toestand omskep wat julle nie ken nie
 | 
| وَلَقَدْ عَلِمْتُمُ النَّشْأَةَ الْأُولَىٰ فَلَوْلَا تَذَكَّرُونَ (62) En sekerlik weet julle van die eerste skepping; waarom sal julle dan nie ag gee nie
 | 
| أَفَرَأَيْتُم مَّا تَحْرُثُونَ (63) Sien julle wat julle saai
 | 
| أَأَنتُمْ تَزْرَعُونَهُ أَمْ نَحْنُ الزَّارِعُونَ (64) Is dit júlle wat die groei daarvan veroorsaak, of is Ons die Oorsaak van die groei
 | 
| لَوْ نَشَاءُ لَجَعَلْنَاهُ حُطَامًا فَظَلْتُمْ تَفَكَّهُونَ (65) As Ons wou, kon Ons kaf daarvan gemaak het; dan sou julle geweeklaag het
 | 
| إِنَّا لَمُغْرَمُونَ (66) Sekerlik is ons met skuld belas
 | 
| بَلْ نَحْنُ مَحْرُومُونَ (67) Nee, ons is van alles beroof
 | 
| أَفَرَأَيْتُمُ الْمَاءَ الَّذِي تَشْرَبُونَ (68) Sien julle die water wat julle drink
 | 
| أَأَنتُمْ أَنزَلْتُمُوهُ مِنَ الْمُزْنِ أَمْ نَحْنُ الْمُنزِلُونَ (69) Bring júlle dit uit die wolke af, of is Ons die Brenger
 | 
| لَوْ نَشَاءُ جَعَلْنَاهُ أُجَاجًا فَلَوْلَا تَشْكُرُونَ (70) As Ons wou, kon Ons dit brak gemaak het; waarom wil julle dan nie dank betuig nie
 | 
| أَفَرَأَيْتُمُ النَّارَ الَّتِي تُورُونَ (71) Sien julle die vuur wat julle aansteek
 | 
| أَأَنتُمْ أَنشَأْتُمْ شَجَرَتَهَا أَمْ نَحْنُ الْمُنشِئُونَ (72) Is dit júlle wat die bome daarvoor voortbring, of is Ons die Voortbrenger
 | 
| نَحْنُ جَعَلْنَاهَا تَذْكِرَةً وَمَتَاعًا لِّلْمُقْوِينَ (73) Ons het dit tot ’n aanmaning en voordeel vir die reisigers van die woestyn gemaak
 | 
| فَسَبِّحْ بِاسْمِ رَبِّكَ الْعَظِيمِ (74) Verheerlik dan die naam van u Heer, die Allergrootste
 | 
| ۞ فَلَا أُقْسِمُ بِمَوَاقِعِ النُّجُومِ (75) Maar nee, Ek sweer by die openbaring van dele van die Qur’ãn
 | 
| وَإِنَّهُ لَقَسَمٌ لَّوْ تَعْلَمُونَ عَظِيمٌ (76) en dit is inderdaad ’n groot eed, indien julle dit weet
 | 
| إِنَّهُ لَقُرْآنٌ كَرِيمٌ (77) waarlik, dit is ’n eervolle Qur’ãn
 | 
| فِي كِتَابٍ مَّكْنُونٍ (78) ’n Boek wat beskerm word
 | 
| لَّا يَمَسُّهُ إِلَّا الْمُطَهَّرُونَ (79) wat niemand sal aanraak nie, behalwe die gesuiwerdes
 | 
| تَنزِيلٌ مِّن رَّبِّ الْعَالَمِينَ (80) ’n Openbaring van die Heer van die wêrelde
 | 
| أَفَبِهَٰذَا الْحَدِيثِ أَنتُم مُّدْهِنُونَ (81) Is dit hierdie aankondiging wat julle verwerp
 | 
| وَتَجْعَلُونَ رِزْقَكُمْ أَنَّكُمْ تُكَذِّبُونَ (82) En kan julle nie lewe sonder om dit te verwerp nie
 | 
| فَلَوْلَا إِذَا بَلَغَتِ الْحُلْقُومَ (83) Waarom dan, wanneer die siel van die sterwende in sy keel styg
 | 
| وَأَنتُمْ حِينَئِذٍ تَنظُرُونَ (84) en julle dit op daardie oomblik aanskou
 | 
| وَنَحْنُ أَقْرَبُ إِلَيْهِ مِنكُمْ وَلَٰكِن لَّا تُبْصِرُونَ (85) en Ons is nader daaraan as julle, maar julle merk dit nie
 | 
| فَلَوْلَا إِن كُنتُمْ غَيْرَ مَدِينِينَ (86) waarom, as julle enige mag het
 | 
| تَرْجِعُونَهَا إِن كُنتُمْ صَادِقِينَ (87) beveel julle dit nie om terug te gaan nie
 | 
| فَأَمَّا إِن كَانَ مِنَ الْمُقَرَّبِينَ (88) As hy een van diegene is wat ná aan Allah is
 | 
| فَرَوْحٌ وَرَيْحَانٌ وَجَنَّتُ نَعِيمٍ (89) dan is daar vir hom geluk en oorvloed en ’n Tuin van Ver- rukking
 | 
| وَأَمَّا إِن كَانَ مِنْ أَصْحَابِ الْيَمِينِ (90) En as hy een van diegene aan die regterkant is
 | 
| فَسَلَامٌ لَّكَ مِنْ أَصْحَابِ الْيَمِينِ (91) dan lui dit: Vrede vir u, van diegene aan die regterkant
 | 
| وَأَمَّا إِن كَانَ مِنَ الْمُكَذِّبِينَ الضَّالِّينَ (92) En as hy een van die verwerpers, die dwalendes is
 | 
| فَنُزُلٌ مِّنْ حَمِيمٍ (93) dan is daar vir hom ’n vermaaklikheid van kokende water
 | 
| وَتَصْلِيَةُ جَحِيمٍ (94) en verbranding in die Hel
 | 
| إِنَّ هَٰذَا لَهُوَ حَقُّ الْيَقِينِ (95) Voorwaar, dit is die grondige waarheid
 | 
| فَسَبِّحْ بِاسْمِ رَبِّكَ الْعَظِيمِ (96) Verheerlik dan die naam van u Heer, die Allergrootste
 |