×

Surah At-Taghabun in Afrikaans

Quran Afrikaans ⮕ Surah Taghabun

Translation of the Meanings of Surah Taghabun in Afrikaans - الأفريكانية

The Quran in Afrikaans - Surah Taghabun translated into Afrikaans, Surah At-Taghabun in Afrikaans. We provide accurate translation of Surah Taghabun in Afrikaans - الأفريكانية, Verses 18 - Surah Number 64 - Page 556.

بسم الله الرحمن الرحيم

يُسَبِّحُ لِلَّهِ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَمَا فِي الْأَرْضِ ۖ لَهُ الْمُلْكُ وَلَهُ الْحَمْدُ ۖ وَهُوَ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (1)
Wat ook al in die hemele is, en wat ook al op die aarde is, verheerlik Allah. Aan Hom behoort die Koninkryk en Hom kom die Lof toe; en Hy het Mag oor alle dinge
هُوَ الَّذِي خَلَقَكُمْ فَمِنكُمْ كَافِرٌ وَمِنكُم مُّؤْمِنٌ ۚ وَاللَّهُ بِمَا تَعْمَلُونَ بَصِيرٌ (2)
Dit is Hy wat julle geskape het, maar sommige van julle is ongelowig, en sommige van julle is gelowig. En Allah sien wat julle doen
خَلَقَ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ بِالْحَقِّ وَصَوَّرَكُمْ فَأَحْسَنَ صُوَرَكُمْ ۖ وَإِلَيْهِ الْمَصِيرُ (3)
Hy het die hemele en die aarde in waarheid geskape, en Hy het julle gevorm en julle mooi van gestalte gemaak, en tot Hom is die terugkeer
يَعْلَمُ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ وَيَعْلَمُ مَا تُسِرُّونَ وَمَا تُعْلِنُونَ ۚ وَاللَّهُ عَلِيمٌ بِذَاتِ الصُّدُورِ (4)
Hy weet wat in die hemele en op aarde is, en Hy weet wat julle verberg en wat julle onthul; en Allah weet alles wat in die harte omgaan
أَلَمْ يَأْتِكُمْ نَبَأُ الَّذِينَ كَفَرُوا مِن قَبْلُ فَذَاقُوا وَبَالَ أَمْرِهِمْ وَلَهُمْ عَذَابٌ أَلِيمٌ (5)
Het julle nie die verhaal gehoor van diegene wat vantevore nie geglo het nie? Die slegte gevolge van hulle gedrag het hulle ondervind, en hulle is pynlik gekasty
ذَٰلِكَ بِأَنَّهُ كَانَت تَّأْتِيهِمْ رُسُلُهُم بِالْبَيِّنَاتِ فَقَالُوا أَبَشَرٌ يَهْدُونَنَا فَكَفَرُوا وَتَوَلَّوا ۚ وَّاسْتَغْنَى اللَّهُ ۚ وَاللَّهُ غَنِيٌّ حَمِيدٌ (6)
Dit is omdat boodskappers met duidelike bewyse na hulle gekom het, maar hulle het gesê: Sal sterflinge ons lei? Daarom het hulle nie geglo nie en weggedraai; en Allah het geen behoeftes nie. En Allah is die Self-Genoegsame, die Lofwaardige
زَعَمَ الَّذِينَ كَفَرُوا أَن لَّن يُبْعَثُوا ۚ قُلْ بَلَىٰ وَرَبِّي لَتُبْعَثُنَّ ثُمَّ لَتُنَبَّؤُنَّ بِمَا عَمِلْتُمْ ۚ وَذَٰلِكَ عَلَى اللَّهِ يَسِيرٌ (7)
Diegene wat nie glo nie, dink dat hulle nie opgewek sal word nie. Sê: Ja, by my Heer, julle sal sekerlik opstaan; dan sal julle sekerlik meegedeel word wat julle gedoen het. En vir Allah is dit maklik
فَآمِنُوا بِاللَّهِ وَرَسُولِهِ وَالنُّورِ الَّذِي أَنزَلْنَا ۚ وَاللَّهُ بِمَا تَعْمَلُونَ خَبِيرٌ (8)
Glo dan in Allah en Sy Boodskapper en die Lig wat Ons geopenbaar het. En Allah is Bewus van wat julle doen
يَوْمَ يَجْمَعُكُمْ لِيَوْمِ الْجَمْعِ ۖ ذَٰلِكَ يَوْمُ التَّغَابُنِ ۗ وَمَن يُؤْمِن بِاللَّهِ وَيَعْمَلْ صَالِحًا يُكَفِّرْ عَنْهُ سَيِّئَاتِهِ وَيُدْخِلْهُ جَنَّاتٍ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا أَبَدًا ۚ ذَٰلِكَ الْفَوْزُ الْعَظِيمُ (9)
Wanneer Hy julle vir die Dag van Versameling byeen sal roep, sal dit die tyd vir die Onthulling van Verliese wees. En wie ook al in Allah glo en goeddoen, sy foute sal Hy vir hom uitwis en Hy sal hom in Tuine toelaat waardeur riviere vloei, om ewig daarin te bly. Dít is die groot sukses
وَالَّذِينَ كَفَرُوا وَكَذَّبُوا بِآيَاتِنَا أُولَٰئِكَ أَصْحَابُ النَّارِ خَالِدِينَ فِيهَا ۖ وَبِئْسَ الْمَصِيرُ (10)
Maar hulle wat nie glo nie en Ons tekens verwerp, hulle is die bewoners van die Vuur, waarin hulle sal bly; en dit is ’n bose bestemming
مَا أَصَابَ مِن مُّصِيبَةٍ إِلَّا بِإِذْنِ اللَّهِ ۗ وَمَن يُؤْمِن بِاللَّهِ يَهْدِ قَلْبَهُ ۚ وَاللَّهُ بِكُلِّ شَيْءٍ عَلِيمٌ (11)
En daar gebeur geen rampspoed nie, behalwe met die toestem- ming van Allah. En wie ook al in Allah glo, Hy lei sy hart. En Allah het kennis van alle dinge
وَأَطِيعُوا اللَّهَ وَأَطِيعُوا الرَّسُولَ ۚ فَإِن تَوَلَّيْتُمْ فَإِنَّمَا عَلَىٰ رَسُولِنَا الْبَلَاغُ الْمُبِينُ (12)
En gehoorsaam Allah, en gehoorsaam die Boodskapper; maar indien julle wegdraai, is die plig van Ons Boodskapper slegs om die boodskap duidelik af te lewer
اللَّهُ لَا إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ ۚ وَعَلَى اللَّهِ فَلْيَتَوَكَّلِ الْمُؤْمِنُونَ (13)
Allah! Daar is geen God nie buiten Hom. En laat die gelowiges daarom hulle vertroue in Allah stel
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِنَّ مِنْ أَزْوَاجِكُمْ وَأَوْلَادِكُمْ عَدُوًّا لَّكُمْ فَاحْذَرُوهُمْ ۚ وَإِن تَعْفُوا وَتَصْفَحُوا وَتَغْفِرُوا فَإِنَّ اللَّهَ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (14)
O julle gelowiges! Daar is onder julle eggenotes en julle kinders sommige wat vyande van julle is; wees dus op julle hoede vir hulle. En indien julle deur die vingers sien en verdra en vergewe, dan is Allah waarlik Vergewensgesind, Genadig
إِنَّمَا أَمْوَالُكُمْ وَأَوْلَادُكُمْ فِتْنَةٌ ۚ وَاللَّهُ عِندَهُ أَجْرٌ عَظِيمٌ (15)
Julle rykdom en julle kinders is slegs ’n beproewing; maar by Allah is daar ’n groot beloning
فَاتَّقُوا اللَّهَ مَا اسْتَطَعْتُمْ وَاسْمَعُوا وَأَطِيعُوا وَأَنفِقُوا خَيْرًا لِّأَنفُسِكُمْ ۗ وَمَن يُوقَ شُحَّ نَفْسِهِ فَأُولَٰئِكَ هُمُ الْمُفْلِحُونَ (16)
Kom daarom julle plig teenoor Allah na en vrees Hom so goed as julle kan, en luister en gehoorsaam en bestee in offergawes; dit is beter vir julle siele. En wie ook al van die inhaligheid van sy siel verlos is, hy is een van hulle wat sal slaag
إِن تُقْرِضُوا اللَّهَ قَرْضًا حَسَنًا يُضَاعِفْهُ لَكُمْ وَيَغْفِرْ لَكُمْ ۚ وَاللَّهُ شَكُورٌ حَلِيمٌ (17)
As julle ’n goeie lening met Allah sluit, sal Hy dit vir julle verdubbel en julle vergewe. En Allah is die Vermenigvuldiger van beloning, Verdraagsaam
عَالِمُ الْغَيْبِ وَالشَّهَادَةِ الْعَزِيزُ الْحَكِيمُ (18)
die Kenner van die Onsigbare en die Sigbare, die Allermagtige, die Allerwyse
❮ Previous Next ❯

Surahs from Quran :

1- Fatiha2- Baqarah
3- Al Imran4- Nisa
5- Maidah6- Anam
7- Araf8- Anfal
9- Tawbah10- Yunus
11- Hud12- Yusuf
13- Raad14- Ibrahim
15- Hijr16- Nahl
17- Al Isra18- Kahf
19- Maryam20- TaHa
21- Anbiya22- Hajj
23- Muminun24- An Nur
25- Furqan26- Shuara
27- Naml28- Qasas
29- Ankabut30- Rum
31- Luqman32- Sajdah
33- Ahzab34- Saba
35- Fatir36- Yasin
37- Assaaffat38- Sad
39- Zumar40- Ghafir
41- Fussilat42- shura
43- Zukhruf44- Ad Dukhaan
45- Jathiyah46- Ahqaf
47- Muhammad48- Al Fath
49- Hujurat50- Qaf
51- zariyat52- Tur
53- Najm54- Al Qamar
55- Rahman56- Waqiah
57- Hadid58- Mujadilah
59- Al Hashr60- Mumtahina
61- Saff62- Jumuah
63- Munafiqun64- Taghabun
65- Talaq66- Tahrim
67- Mulk68- Qalam
69- Al-Haqqah70- Maarij
71- Nuh72- Jinn
73- Muzammil74- Muddathir
75- Qiyamah76- Insan
77- Mursalat78- An Naba
79- Naziat80- Abasa
81- Takwir82- Infitar
83- Mutaffifin84- Inshiqaq
85- Buruj86- Tariq
87- Al Ala88- Ghashiya
89- Fajr90- Al Balad
91- Shams92- Lail
93- Duha94- Sharh
95- Tin96- Al Alaq
97- Qadr98- Bayyinah
99- Zalzalah100- Adiyat
101- Qariah102- Takathur
103- Al Asr104- Humazah
105- Al Fil106- Quraysh
107- Maun108- Kawthar
109- Kafirun110- Nasr
111- Masad112- Ikhlas
113- Falaq114- An Nas