يُسَبِّحُ لِلَّهِ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَمَا فِي الْأَرْضِ ۖ لَهُ الْمُلْكُ وَلَهُ الْحَمْدُ ۖ وَهُوَ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (1) Wat ook al in die hemele is, en wat ook al op die aarde is, verheerlik Allah. Aan Hom behoort die Koninkryk en Hom kom die Lof toe; en Hy het Mag oor alle dinge |
هُوَ الَّذِي خَلَقَكُمْ فَمِنكُمْ كَافِرٌ وَمِنكُم مُّؤْمِنٌ ۚ وَاللَّهُ بِمَا تَعْمَلُونَ بَصِيرٌ (2) Dit is Hy wat julle geskape het, maar sommige van julle is ongelowig, en sommige van julle is gelowig. En Allah sien wat julle doen |
خَلَقَ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ بِالْحَقِّ وَصَوَّرَكُمْ فَأَحْسَنَ صُوَرَكُمْ ۖ وَإِلَيْهِ الْمَصِيرُ (3) Hy het die hemele en die aarde in waarheid geskape, en Hy het julle gevorm en julle mooi van gestalte gemaak, en tot Hom is die terugkeer |
يَعْلَمُ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ وَيَعْلَمُ مَا تُسِرُّونَ وَمَا تُعْلِنُونَ ۚ وَاللَّهُ عَلِيمٌ بِذَاتِ الصُّدُورِ (4) Hy weet wat in die hemele en op aarde is, en Hy weet wat julle verberg en wat julle onthul; en Allah weet alles wat in die harte omgaan |
أَلَمْ يَأْتِكُمْ نَبَأُ الَّذِينَ كَفَرُوا مِن قَبْلُ فَذَاقُوا وَبَالَ أَمْرِهِمْ وَلَهُمْ عَذَابٌ أَلِيمٌ (5) Het julle nie die verhaal gehoor van diegene wat vantevore nie geglo het nie? Die slegte gevolge van hulle gedrag het hulle ondervind, en hulle is pynlik gekasty |
ذَٰلِكَ بِأَنَّهُ كَانَت تَّأْتِيهِمْ رُسُلُهُم بِالْبَيِّنَاتِ فَقَالُوا أَبَشَرٌ يَهْدُونَنَا فَكَفَرُوا وَتَوَلَّوا ۚ وَّاسْتَغْنَى اللَّهُ ۚ وَاللَّهُ غَنِيٌّ حَمِيدٌ (6) Dit is omdat boodskappers met duidelike bewyse na hulle gekom het, maar hulle het gesê: Sal sterflinge ons lei? Daarom het hulle nie geglo nie en weggedraai; en Allah het geen behoeftes nie. En Allah is die Self-Genoegsame, die Lofwaardige |
زَعَمَ الَّذِينَ كَفَرُوا أَن لَّن يُبْعَثُوا ۚ قُلْ بَلَىٰ وَرَبِّي لَتُبْعَثُنَّ ثُمَّ لَتُنَبَّؤُنَّ بِمَا عَمِلْتُمْ ۚ وَذَٰلِكَ عَلَى اللَّهِ يَسِيرٌ (7) Diegene wat nie glo nie, dink dat hulle nie opgewek sal word nie. Sê: Ja, by my Heer, julle sal sekerlik opstaan; dan sal julle sekerlik meegedeel word wat julle gedoen het. En vir Allah is dit maklik |
فَآمِنُوا بِاللَّهِ وَرَسُولِهِ وَالنُّورِ الَّذِي أَنزَلْنَا ۚ وَاللَّهُ بِمَا تَعْمَلُونَ خَبِيرٌ (8) Glo dan in Allah en Sy Boodskapper en die Lig wat Ons geopenbaar het. En Allah is Bewus van wat julle doen |
يَوْمَ يَجْمَعُكُمْ لِيَوْمِ الْجَمْعِ ۖ ذَٰلِكَ يَوْمُ التَّغَابُنِ ۗ وَمَن يُؤْمِن بِاللَّهِ وَيَعْمَلْ صَالِحًا يُكَفِّرْ عَنْهُ سَيِّئَاتِهِ وَيُدْخِلْهُ جَنَّاتٍ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا أَبَدًا ۚ ذَٰلِكَ الْفَوْزُ الْعَظِيمُ (9) Wanneer Hy julle vir die Dag van Versameling byeen sal roep, sal dit die tyd vir die Onthulling van Verliese wees. En wie ook al in Allah glo en goeddoen, sy foute sal Hy vir hom uitwis en Hy sal hom in Tuine toelaat waardeur riviere vloei, om ewig daarin te bly. Dít is die groot sukses |
وَالَّذِينَ كَفَرُوا وَكَذَّبُوا بِآيَاتِنَا أُولَٰئِكَ أَصْحَابُ النَّارِ خَالِدِينَ فِيهَا ۖ وَبِئْسَ الْمَصِيرُ (10) Maar hulle wat nie glo nie en Ons tekens verwerp, hulle is die bewoners van die Vuur, waarin hulle sal bly; en dit is ’n bose bestemming |
مَا أَصَابَ مِن مُّصِيبَةٍ إِلَّا بِإِذْنِ اللَّهِ ۗ وَمَن يُؤْمِن بِاللَّهِ يَهْدِ قَلْبَهُ ۚ وَاللَّهُ بِكُلِّ شَيْءٍ عَلِيمٌ (11) En daar gebeur geen rampspoed nie, behalwe met die toestem- ming van Allah. En wie ook al in Allah glo, Hy lei sy hart. En Allah het kennis van alle dinge |
وَأَطِيعُوا اللَّهَ وَأَطِيعُوا الرَّسُولَ ۚ فَإِن تَوَلَّيْتُمْ فَإِنَّمَا عَلَىٰ رَسُولِنَا الْبَلَاغُ الْمُبِينُ (12) En gehoorsaam Allah, en gehoorsaam die Boodskapper; maar indien julle wegdraai, is die plig van Ons Boodskapper slegs om die boodskap duidelik af te lewer |
اللَّهُ لَا إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ ۚ وَعَلَى اللَّهِ فَلْيَتَوَكَّلِ الْمُؤْمِنُونَ (13) Allah! Daar is geen God nie buiten Hom. En laat die gelowiges daarom hulle vertroue in Allah stel |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِنَّ مِنْ أَزْوَاجِكُمْ وَأَوْلَادِكُمْ عَدُوًّا لَّكُمْ فَاحْذَرُوهُمْ ۚ وَإِن تَعْفُوا وَتَصْفَحُوا وَتَغْفِرُوا فَإِنَّ اللَّهَ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (14) O julle gelowiges! Daar is onder julle eggenotes en julle kinders sommige wat vyande van julle is; wees dus op julle hoede vir hulle. En indien julle deur die vingers sien en verdra en vergewe, dan is Allah waarlik Vergewensgesind, Genadig |
إِنَّمَا أَمْوَالُكُمْ وَأَوْلَادُكُمْ فِتْنَةٌ ۚ وَاللَّهُ عِندَهُ أَجْرٌ عَظِيمٌ (15) Julle rykdom en julle kinders is slegs ’n beproewing; maar by Allah is daar ’n groot beloning |
فَاتَّقُوا اللَّهَ مَا اسْتَطَعْتُمْ وَاسْمَعُوا وَأَطِيعُوا وَأَنفِقُوا خَيْرًا لِّأَنفُسِكُمْ ۗ وَمَن يُوقَ شُحَّ نَفْسِهِ فَأُولَٰئِكَ هُمُ الْمُفْلِحُونَ (16) Kom daarom julle plig teenoor Allah na en vrees Hom so goed as julle kan, en luister en gehoorsaam en bestee in offergawes; dit is beter vir julle siele. En wie ook al van die inhaligheid van sy siel verlos is, hy is een van hulle wat sal slaag |
إِن تُقْرِضُوا اللَّهَ قَرْضًا حَسَنًا يُضَاعِفْهُ لَكُمْ وَيَغْفِرْ لَكُمْ ۚ وَاللَّهُ شَكُورٌ حَلِيمٌ (17) As julle ’n goeie lening met Allah sluit, sal Hy dit vir julle verdubbel en julle vergewe. En Allah is die Vermenigvuldiger van beloning, Verdraagsaam |
عَالِمُ الْغَيْبِ وَالشَّهَادَةِ الْعَزِيزُ الْحَكِيمُ (18) die Kenner van die Onsigbare en die Sigbare, die Allermagtige, die Allerwyse |