| وَالْمُرْسَلَاتِ عُرْفًا (1) By diegene wat uitgestuur word om goedheid te versprei
 | 
| فَالْعَاصِفَاتِ عَصْفًا (2) Dan diegene wat die kaf verdryf
 | 
| وَالنَّاشِرَاتِ نَشْرًا (3) En diegene wat goedheid wyd en syd versprei
 | 
| فَالْفَارِقَاتِ فَرْقًا (4) Dan diegene wat onderskeiding maak
 | 
| فَالْمُلْقِيَاتِ ذِكْرًا (5) Dan diegene wat die Vermaning aanbied
 | 
| عُذْرًا أَوْ نُذْرًا (6) om tot verontskuldiging te bring en te waarsku
 | 
| إِنَّمَا تُوعَدُونَ لَوَاقِعٌ (7) Voorwaar, dít wat julle belowe word, sal geskied
 | 
| فَإِذَا النُّجُومُ طُمِسَتْ (8) Dus, wanneer die sterre verduister word
 | 
| وَإِذَا السَّمَاءُ فُرِجَتْ (9) en wanneer die hemel oopgeskeur word
 | 
| وَإِذَا الْجِبَالُ نُسِفَتْ (10) en wanneer die berge soos stof weggewaai sal word
 | 
| وَإِذَا الرُّسُلُ أُقِّتَتْ (11) en wanneer die boodskappers hulle vasgestelde tyd bereik
 | 
| لِأَيِّ يَوْمٍ أُجِّلَتْ (12) tot watter Dag is die verdoemenis uitgestel
 | 
| لِيَوْمِ الْفَصْلِ (13) Tot die Dag van Beslissing
 | 
| وَمَا أَدْرَاكَ مَا يَوْمُ الْفَصْلِ (14) En wat weet u van die Dag van Beslissing
 | 
| وَيْلٌ يَوْمَئِذٍ لِّلْمُكَذِّبِينَ (15) Wee op dié Dag aan diegene wat verwerp
 | 
| أَلَمْ نُهْلِكِ الْأَوَّلِينَ (16) Het Ons nie die vorige geslagte vernietig nie
 | 
| ثُمَّ نُتْبِعُهُمُ الْآخِرِينَ (17) En Ons het hulle laat opvolg deur ander van ’n later tyd
 | 
| كَذَٰلِكَ نَفْعَلُ بِالْمُجْرِمِينَ (18) So handel Ons met die misdadigers
 | 
| وَيْلٌ يَوْمَئِذٍ لِّلْمُكَذِّبِينَ (19) Wee op dié Dag diegene wat verwerp
 | 
| أَلَمْ نَخْلُقكُّم مِّن مَّاءٍ مَّهِينٍ (20) Het Ons julle nie uit gewone water geskape nie
 | 
| فَجَعَلْنَاهُ فِي قَرَارٍ مَّكِينٍ (21) Daarna het Ons dit in ’n veilige rusplek geplaas
 | 
| إِلَىٰ قَدَرٍ مَّعْلُومٍ (22) vir ’n bepaalde tyd
 | 
| فَقَدَرْنَا فَنِعْمَ الْقَادِرُونَ (23) Só het Ons bepaal. Hoe voortreflik is Ons bepalings
 | 
| وَيْلٌ يَوْمَئِذٍ لِّلْمُكَذِّبِينَ (24) Wee op dié Dag diegene wat verwerp
 | 
| أَلَمْ نَجْعَلِ الْأَرْضَ كِفَاتًا (25) Het Ons nie die aarde gemaak om aan vas te kleef
 | 
| أَحْيَاءً وَأَمْوَاتًا (26) vir die lewende en die dooie nie
 | 
| وَجَعَلْنَا فِيهَا رَوَاسِيَ شَامِخَاتٍ وَأَسْقَيْنَاكُم مَّاءً فُرَاتًا (27) En het Ons nie hoë berge daarin geplaas en julle soet water gegee om te drink nie
 | 
| وَيْلٌ يَوْمَئِذٍ لِّلْمُكَذِّبِينَ (28) Wee op dié Dag diegene wat verwerp
 | 
| انطَلِقُوا إِلَىٰ مَا كُنتُم بِهِ تُكَذِّبُونَ (29) Gaan na dít wat julle ontken het
 | 
| انطَلِقُوا إِلَىٰ ظِلٍّ ذِي ثَلَاثِ شُعَبٍ (30) Begeef julle tot die skadu van drie kolomme
 | 
| لَّا ظَلِيلٍ وَلَا يُغْنِي مِنَ اللَّهَبِ (31) wat nie koelte verskaf nie, en ook nie teen die Vlam sal baat nie
 | 
| إِنَّهَا تَرْمِي بِشَرَرٍ كَالْقَصْرِ (32) Dit gooi vonke op so groot soos kastele
 | 
| كَأَنَّهُ جِمَالَتٌ صُفْرٌ (33) asof hulle geel kamele was
 | 
| وَيْلٌ يَوْمَئِذٍ لِّلْمُكَذِّبِينَ (34) Wee op dié Dag diegene wat verwerp
 | 
| هَٰذَا يَوْمُ لَا يَنطِقُونَ (35) Dit is die Dag waarop hulle nie sal praat nie
 | 
| وَلَا يُؤْذَنُ لَهُمْ فَيَعْتَذِرُونَ (36) nóg sal hulle toegelaat word om verontskuldigings aan te bied
 | 
| وَيْلٌ يَوْمَئِذٍ لِّلْمُكَذِّبِينَ (37) Wee op dié Dag diegene wat verwerp
 | 
| هَٰذَا يَوْمُ الْفَصْلِ ۖ جَمَعْنَاكُمْ وَالْأَوَّلِينَ (38) Dit is Dag van Beslissing; Ons het julle en diegene van ouds byeen gebring
 | 
| فَإِن كَانَ لَكُمْ كَيْدٌ فَكِيدُونِ (39) Indien julle nou enige plan het, beraam dan ’n plan teen My
 | 
| وَيْلٌ يَوْمَئِذٍ لِّلْمُكَذِّبِينَ (40) Wee op dié Dag diegene wat verwerp
 | 
| إِنَّ الْمُتَّقِينَ فِي ظِلَالٍ وَعُيُونٍ (41) Die godvresendes sal te midde van skaduwees en fonteine woon
 | 
| وَفَوَاكِهَ مِمَّا يَشْتَهُونَ (42) en vrugte, net wat hulle begeer
 | 
| كُلُوا وَاشْرَبُوا هَنِيئًا بِمَا كُنتُمْ تَعْمَلُونَ (43) Daar sal gesê word: Eet en drink met smaak vir wat julle gedoen het
 | 
| إِنَّا كَذَٰلِكَ نَجْزِي الْمُحْسِنِينَ (44) So beloon Ons die weldoeners
 | 
| وَيْلٌ يَوْمَئِذٍ لِّلْمُكَذِّبِينَ (45) Wee op dié Dag diegene wa verwerp
 | 
| كُلُوا وَتَمَتَّعُوا قَلِيلًا إِنَّكُم مُّجْرِمُونَ (46) Eet en vermaak julle vir ’n kortstondige tyd; voorwaar, julle is die misdadigers
 | 
| وَيْلٌ يَوْمَئِذٍ لِّلْمُكَذِّبِينَ (47) Wee op dié Dag diegene wat verwerp
 | 
| وَإِذَا قِيلَ لَهُمُ ارْكَعُوا لَا يَرْكَعُونَ (48) En as aan hulle gesê word: Buig vooroor! Dan buig hulle nie vooroor nie
 | 
| وَيْلٌ يَوْمَئِذٍ لِّلْمُكَذِّبِينَ (49) Wee op dié Dag diegene wat verwerp
 | 
| فَبِأَيِّ حَدِيثٍ بَعْدَهُ يُؤْمِنُونَ (50) In watter verhaal ná dit sal hulle dan glo
 |