| وَالسَّمَاءِ وَالطَّارِقِ (1) By die hemele en by die Aandster
 | 
| وَمَا أَدْرَاكَ مَا الطَّارِقُ (2) Wat sal u laat verstaan wat die Aandster is
 | 
| النَّجْمُ الثَّاقِبُ (3) Dit is ’n skitterende ster
 | 
| إِن كُلُّ نَفْسٍ لَّمَّا عَلَيْهَا حَافِظٌ (4) En daar is geen siel waaroor daar nie ’n waker is nie
 | 
| فَلْيَنظُرِ الْإِنسَانُ مِمَّ خُلِقَ (5) Laat die mens dus besef waarvan hy geskape is
 | 
| خُلِقَ مِن مَّاءٍ دَافِقٍ (6) Hy word geskep uit stortende water
 | 
| يَخْرُجُ مِن بَيْنِ الصُّلْبِ وَالتَّرَائِبِ (7) wat uit die ribbes en die ruggraat kom
 | 
| إِنَّهُ عَلَىٰ رَجْعِهِ لَقَادِرٌ (8) Waarlik, Hy is by magte om die mens weer op te wek
 | 
| يَوْمَ تُبْلَى السَّرَائِرُ (9) Op die Dag wanneer die geheime openbaar sal word
 | 
| فَمَا لَهُ مِن قُوَّةٍ وَلَا نَاصِرٍ (10) dan sal hy geen krag of helper hê nie
 | 
| وَالسَّمَاءِ ذَاتِ الرَّجْعِ (11) By die wolk wat reën gee
 | 
| وَالْأَرْضِ ذَاتِ الصَّدْعِ (12) en by die aarde wat plante laat voortspruit
 | 
| إِنَّهُ لَقَوْلٌ فَصْلٌ (13) voorwaar, dit is ’n Beslissende Woord
 | 
| وَمَا هُوَ بِالْهَزْلِ (14) en ook geen ydele Woord nie
 | 
| إِنَّهُمْ يَكِيدُونَ كَيْدًا (15) Voorwaar, húlle beraam ’n plan
 | 
| وَأَكِيدُ كَيْدًا (16) en Ek beraam ’n plan
 | 
| فَمَهِّلِ الْكَافِرِينَ أَمْهِلْهُمْ رُوَيْدًا (17) Skenk die ongelowiges dus uitstel ~ laat hulle alleen vir ’n tyd en wyl
 |