﴿يَٰٓأَيُّهَا ٱلَّذِينَ ءَامَنُوٓاْ إِذَا تَدَايَنتُم بِدَيۡنٍ إِلَىٰٓ أَجَلٖ مُّسَمّٗى فَٱكۡتُبُوهُۚ وَلۡيَكۡتُب بَّيۡنَكُمۡ كَاتِبُۢ بِٱلۡعَدۡلِۚ وَلَا يَأۡبَ كَاتِبٌ أَن يَكۡتُبَ كَمَا عَلَّمَهُ ٱللَّهُۚ فَلۡيَكۡتُبۡ وَلۡيُمۡلِلِ ٱلَّذِي عَلَيۡهِ ٱلۡحَقُّ وَلۡيَتَّقِ ٱللَّهَ رَبَّهُۥ وَلَا يَبۡخَسۡ مِنۡهُ شَيۡـٔٗاۚ فَإِن كَانَ ٱلَّذِي عَلَيۡهِ ٱلۡحَقُّ سَفِيهًا أَوۡ ضَعِيفًا أَوۡ لَا يَسۡتَطِيعُ أَن يُمِلَّ هُوَ فَلۡيُمۡلِلۡ وَلِيُّهُۥ بِٱلۡعَدۡلِۚ وَٱسۡتَشۡهِدُواْ شَهِيدَيۡنِ مِن رِّجَالِكُمۡۖ فَإِن لَّمۡ يَكُونَا رَجُلَيۡنِ فَرَجُلٞ وَٱمۡرَأَتَانِ مِمَّن تَرۡضَوۡنَ مِنَ ٱلشُّهَدَآءِ أَن تَضِلَّ إِحۡدَىٰهُمَا فَتُذَكِّرَ إِحۡدَىٰهُمَا ٱلۡأُخۡرَىٰۚ وَلَا يَأۡبَ ٱلشُّهَدَآءُ إِذَا مَا دُعُواْۚ وَلَا تَسۡـَٔمُوٓاْ أَن تَكۡتُبُوهُ صَغِيرًا أَوۡ كَبِيرًا إِلَىٰٓ أَجَلِهِۦۚ ذَٰلِكُمۡ أَقۡسَطُ عِندَ ٱللَّهِ وَأَقۡوَمُ لِلشَّهَٰدَةِ وَأَدۡنَىٰٓ أَلَّا تَرۡتَابُوٓاْ إِلَّآ أَن تَكُونَ تِجَٰرَةً حَاضِرَةٗ تُدِيرُونَهَا بَيۡنَكُمۡ فَلَيۡسَ عَلَيۡكُمۡ جُنَاحٌ أَلَّا تَكۡتُبُوهَاۗ وَأَشۡهِدُوٓاْ إِذَا تَبَايَعۡتُمۡۚ وَلَا يُضَآرَّ كَاتِبٞ وَلَا شَهِيدٞۚ وَإِن تَفۡعَلُواْ فَإِنَّهُۥ فُسُوقُۢ بِكُمۡۗ وَٱتَّقُواْ ٱللَّهَۖ وَيُعَلِّمُكُمُ ٱللَّهُۗ وَٱللَّهُ بِكُلِّ شَيۡءٍ عَلِيمٞ ﴾
[البَقَرَة: 282]
O julle wat glo! Wanneer julle vir ’n vasgestelde periode van mekaar leen, skryf dit dan op. Laat ’n skrywer dit tussen julle met regverdigheid aanteken; en laat geen skrywer weier om te skryf nie, want dit is Allah se bevel. En laat die skuldenaar dit dan voorsê, en laat hy sy plig teenoor Allah, sy Heer, nakom en niks daarvan verminder nie. Maar as die skuldenaar swaksinnig of fisies swak is en nie in staat is om vir homself te praat nie, laat sy voog dan vir hom met regverdigheid intree. En roep as getuie twee mans onder julle; maar as daar nie twee mans te vinde is nie, neem een man en twee vroue onder julle tot getuie, sodat as die een van die twee haar vergis, die ander een haar dan kan vergewis. En die getuies mag nie weier as hulle gedagvaar word nie. En moenie nalaat om die bedrag op te skryf nie, of dit groot of klein is, én die vervaldatum nie. Dit is regverdiger in die oë van Allah; dit maak die getuienis sekerder, en is ook die beste manier om twyfel uit te skakel. Maar as dit onmiddellike handel is wat julle onder mekaar dryf, dan is julle sonder blaam as julle dit nie aanteken nie. En laat daar getuies wees as julle aan mekaar verkoop. En geen leed mag die skrywer of die getuies aangedoen word nie. En ás julle so iets doen, dan is dit sekerlik ’n oortreding. En kom jul plig teenoor Allah na. En Allah onderrig julle. Waarlik, Allah weet alle dinge
ترجمة: ياأيها الذين آمنوا إذا تداينتم بدين إلى أجل مسمى فاكتبوه وليكتب بينكم, باللغة الأفريكانية
﴿ياأيها الذين آمنوا إذا تداينتم بدين إلى أجل مسمى فاكتبوه وليكتب بينكم﴾ [البَقَرَة: 282]