الر ۚ تِلْكَ آيَاتُ الْكِتَابِ الْمُبِينِ (1) Alief, Laam, Raa.1 Dít is die verse van die Boek waarin alles verduidelik word |
إِنَّا أَنزَلْنَاهُ قُرْآنًا عَرَبِيًّا لَّعَلَّكُمْ تَعْقِلُونَ (2) Voorwaar, Ons het dit geopenbaar ~ ’n Arabiese Qur’ãn ~ sodat julle kan verstaan |
نَحْنُ نَقُصُّ عَلَيْكَ أَحْسَنَ الْقَصَصِ بِمَا أَوْحَيْنَا إِلَيْكَ هَٰذَا الْقُرْآنَ وَإِن كُنتَ مِن قَبْلِهِ لَمِنَ الْغَافِلِينَ (3) Ons vertel aan u die groot verhaal, en deur hierdie Qur’ãn word dit aan u geopenbaar, ofskoon u voorheen een van die onkundiges was |
إِذْ قَالَ يُوسُفُ لِأَبِيهِ يَا أَبَتِ إِنِّي رَأَيْتُ أَحَدَ عَشَرَ كَوْكَبًا وَالشَّمْسَ وَالْقَمَرَ رَأَيْتُهُمْ لِي سَاجِدِينَ (4) Toe Josef aan sy vader gesê het: O my vader, ek het elf sterre en die son en die maan gesien ~ ek het gesien hoe hulle voor my prostreer |
قَالَ يَا بُنَيَّ لَا تَقْصُصْ رُؤْيَاكَ عَلَىٰ إِخْوَتِكَ فَيَكِيدُوا لَكَ كَيْدًا ۖ إِنَّ الشَّيْطَانَ لِلْإِنسَانِ عَدُوٌّ مُّبِينٌ (5) Toe het hy gesê: O my seun, vertel jou droom nie aan jou broers nie, anders sal hulle planne teen jou beraam. Die duiwel is inderdaad ’n openlike vyand van die mens |
وَكَذَٰلِكَ يَجْتَبِيكَ رَبُّكَ وَيُعَلِّمُكَ مِن تَأْوِيلِ الْأَحَادِيثِ وَيُتِمُّ نِعْمَتَهُ عَلَيْكَ وَعَلَىٰ آلِ يَعْقُوبَ كَمَا أَتَمَّهَا عَلَىٰ أَبَوَيْكَ مِن قَبْلُ إِبْرَاهِيمَ وَإِسْحَاقَ ۚ إِنَّ رَبَّكَ عَلِيمٌ حَكِيمٌ (6) En jou Heer sal jou uitverkies en aan jou die verklaring van spreuke leer en Sy guns aan jou en die familie van Jakob vervolmaak, soos Hy dit voorheen aan jou vaders, Abraham en Isak, bewys het. Voorwaar, u Heer is Alleswetend, Allerwys |
۞ لَّقَدْ كَانَ فِي يُوسُفَ وَإِخْوَتِهِ آيَاتٌ لِّلسَّائِلِينَ (7) Waarlik, daar is vir die soekers na die waarheid tekens in die geskiedenis van Josef en sy broers |
إِذْ قَالُوا لَيُوسُفُ وَأَخُوهُ أَحَبُّ إِلَىٰ أَبِينَا مِنَّا وَنَحْنُ عُصْبَةٌ إِنَّ أَبَانَا لَفِي ضَلَالٍ مُّبِينٍ (8) Toe hulle gesê het: Voorwaar, Josef en sy broer is vir ons vader dierbaarder as ons, ofskoon ons talryker is. Waarlik, ons vader is besig om te dwaal |
اقْتُلُوا يُوسُفَ أَوِ اطْرَحُوهُ أَرْضًا يَخْلُ لَكُمْ وَجْهُ أَبِيكُمْ وَتَكُونُوا مِن بَعْدِهِ قَوْمًا صَالِحِينَ (9) Maak Josef dood of verdryf hom na ’n ander land, sodat julle vader se guns uitsluitlik vir julle kan wees, en julle daarna ’n regverdige volk kan word |
قَالَ قَائِلٌ مِّنْهُمْ لَا تَقْتُلُوا يُوسُفَ وَأَلْقُوهُ فِي غَيَابَتِ الْجُبِّ يَلْتَقِطْهُ بَعْضُ السَّيَّارَةِ إِن كُنتُمْ فَاعِلِينَ (10) Een van hulle het gesê: Moenie vir Josef doodmaak nie; maar as julle iets móét doen, werp hom dan in ’n diep put. Miskien sal ’n reisiger hom daar vind |
قَالُوا يَا أَبَانَا مَا لَكَ لَا تَأْمَنَّا عَلَىٰ يُوسُفَ وَإِنَّا لَهُ لَنَاصِحُونَ (11) Hulle het gesê: O ons vader, waarom vertrou u ons nie met Josef nie, terwyl ons hom tog goedgesind is |
أَرْسِلْهُ مَعَنَا غَدًا يَرْتَعْ وَيَلْعَبْ وَإِنَّا لَهُ لَحَافِظُونَ (12) Stuur hom môre saam met ons sodat hy hom kan vermaak en speel; ons sal oor hom waak |
قَالَ إِنِّي لَيَحْزُنُنِي أَن تَذْهَبُوا بِهِ وَأَخَافُ أَن يَأْكُلَهُ الذِّئْبُ وَأَنتُمْ عَنْهُ غَافِلُونَ (13) Hy het gesê: Die gedagte dat julle hom sal saamneem, stem my verdrietig, want ek vrees dat ’n wolf hom kan verslind terwyl julle nie na hom oplet nie |
قَالُوا لَئِنْ أَكَلَهُ الذِّئْبُ وَنَحْنُ عُصْبَةٌ إِنَّا إِذًا لَّخَاسِرُونَ (14) Hulle het gesê: Dis tog ondenkbaar dat ’n wolf hom sal verslind terwyl ons so ’n talryke groep is |
فَلَمَّا ذَهَبُوا بِهِ وَأَجْمَعُوا أَن يَجْعَلُوهُ فِي غَيَابَتِ الْجُبِّ ۚ وَأَوْحَيْنَا إِلَيْهِ لَتُنَبِّئَنَّهُم بِأَمْرِهِمْ هَٰذَا وَهُمْ لَا يَشْعُرُونَ (15) Toe hulle hom weggeneem en ooreengekom het om hom op die bodem van ’n diep put neer te laat, het Ons aan hom ge- openbaar: U sal hulle waarlik nog hiervan vertel, maar hulle weet dit nie |
وَجَاءُوا أَبَاهُمْ عِشَاءً يَبْكُونَ (16) En in die skemer het hulle wenend na hulle vader teruggekeer |
قَالُوا يَا أَبَانَا إِنَّا ذَهَبْنَا نَسْتَبِقُ وَتَرَكْنَا يُوسُفَ عِندَ مَتَاعِنَا فَأَكَلَهُ الذِّئْبُ ۖ وَمَا أَنتَ بِمُؤْمِنٍ لَّنَا وَلَوْ كُنَّا صَادِقِينَ (17) Hulle het gesê: O ons vader, ons het weggegaan en teen mekaar resies gejaag en Josef by ons besittings agtergelaat; en ’n wolf het hom daar verskeur. En miskien sal u ons nie glo nie, hoewel ons sekerlik die waarheid praat |
وَجَاءُوا عَلَىٰ قَمِيصِهِ بِدَمٍ كَذِبٍ ۚ قَالَ بَلْ سَوَّلَتْ لَكُمْ أَنفُسُكُمْ أَمْرًا ۖ فَصَبْرٌ جَمِيلٌ ۖ وَاللَّهُ الْمُسْتَعَانُ عَلَىٰ مَا تَصِفُونَ (18) En hulle het gekom met vals bloed op sy hemp. Hy het gesê: Nee, julle siele het die saak veels te lig opgevat. En dit is Allah Wie se hulp teen julle beweringe gesoek moet word |
وَجَاءَتْ سَيَّارَةٌ فَأَرْسَلُوا وَارِدَهُمْ فَأَدْلَىٰ دَلْوَهُ ۖ قَالَ يَا بُشْرَىٰ هَٰذَا غُلَامٌ ۚ وَأَسَرُّوهُ بِضَاعَةً ۚ وَاللَّهُ عَلِيمٌ بِمَا يَعْمَلُونَ (19) En daar het reisigers gekom, en hulle het hul waterputter gestuur en hy het sy emmer laat afsak. Toe het hy gesê: Watter goeie nuus! Hier is ’n jongkêrel. En hulle het hom as ’n stuk koopware weggesteek, en Allah was bewus van hulle dade |
وَشَرَوْهُ بِثَمَنٍ بَخْسٍ دَرَاهِمَ مَعْدُودَةٍ وَكَانُوا فِيهِ مِنَ الزَّاهِدِينَ (20) En hulle het hom vir ’n geringe prys, ’n paar silwerstukke, ver- koop, want vir hulle was hy onbelangrik |
وَقَالَ الَّذِي اشْتَرَاهُ مِن مِّصْرَ لِامْرَأَتِهِ أَكْرِمِي مَثْوَاهُ عَسَىٰ أَن يَنفَعَنَا أَوْ نَتَّخِذَهُ وَلَدًا ۚ وَكَذَٰلِكَ مَكَّنَّا لِيُوسُفَ فِي الْأَرْضِ وَلِنُعَلِّمَهُ مِن تَأْوِيلِ الْأَحَادِيثِ ۚ وَاللَّهُ غَالِبٌ عَلَىٰ أَمْرِهِ وَلَٰكِنَّ أَكْثَرَ النَّاسِ لَا يَعْلَمُونَ (21) En die Egiptenaar wat hom gekoop het, het aan sy vrou gesê: Maak sy verblyf eerlik. Miskien kan hy ons van nut wees, of kan ons hom dalk as seun aanneem. En so het Ons Josef in die land gevestig, sodat Ons hom in die uitleg van die spreuke kan onderrig. En Allah het volle beheer oor wat Hy beveel, maar die meeste mense weet dit nie |
وَلَمَّا بَلَغَ أَشُدَّهُ آتَيْنَاهُ حُكْمًا وَعِلْمًا ۚ وَكَذَٰلِكَ نَجْزِي الْمُحْسِنِينَ (22) En toe hy opgegroei het, het Ons aan hom wysheid en kennis geskenk. So beloon Ons hulle wie se werke welgevallig is |
وَرَاوَدَتْهُ الَّتِي هُوَ فِي بَيْتِهَا عَن نَّفْسِهِ وَغَلَّقَتِ الْأَبْوَابَ وَقَالَتْ هَيْتَ لَكَ ۚ قَالَ مَعَاذَ اللَّهِ ۖ إِنَّهُ رَبِّي أَحْسَنَ مَثْوَايَ ۖ إِنَّهُ لَا يُفْلِحُ الظَّالِمُونَ (23) En sy in wie se huis hy was, het probeer om hom teen sy sin te verlei en het die deure gesluit en gesê: Kom nou. Hy het geantwoord: Mag Allah dit verhoed! Waarlik, my Heer het my verblyf waardig gemaak. Voorwaar, die kwaaddoeners is nooit suksesvol nie |
وَلَقَدْ هَمَّتْ بِهِ ۖ وَهَمَّ بِهَا لَوْلَا أَن رَّأَىٰ بُرْهَانَ رَبِّهِ ۚ كَذَٰلِكَ لِنَصْرِفَ عَنْهُ السُّوءَ وَالْفَحْشَاءَ ۚ إِنَّهُ مِنْ عِبَادِنَا الْمُخْلَصِينَ (24) En sy het hom waarlik begeer, en hy sou haar ook begeer het, was dit nie dat hy ’n duidelike waarskuwing van sy Heer ont- vang het nie. En dit is aan hom gestuur sodat Ons hom van sonde en onbetaamlike dade kon behoed |
وَاسْتَبَقَا الْبَابَ وَقَدَّتْ قَمِيصَهُ مِن دُبُرٍ وَأَلْفَيَا سَيِّدَهَا لَدَى الْبَابِ ۚ قَالَتْ مَا جَزَاءُ مَنْ أَرَادَ بِأَهْلِكَ سُوءًا إِلَّا أَن يُسْجَنَ أَوْ عَذَابٌ أَلِيمٌ (25) En hulle het albei na die deur gehardloop, en sy het ’n stuk uit die agterpant van sy hemp geskeur. En by die deur het hulle haar eggenoot ontmoet. Sy het gesê: Wat is die straf vir iemand wat slegte bedoelinge met ’n vrou het, anders as gevangenisstraf of ’n pynlike kastyding |
قَالَ هِيَ رَاوَدَتْنِي عَن نَّفْسِي ۚ وَشَهِدَ شَاهِدٌ مِّنْ أَهْلِهَا إِن كَانَ قَمِيصُهُ قُدَّ مِن قُبُلٍ فَصَدَقَتْ وَهُوَ مِنَ الْكَاذِبِينَ (26) Josef het geantwoord: Dit is sý wat my teen my sin wou verlei. En ’n familielid van haar het getuig: As sy hemp van voor geskeur is, praat sý die waarheid en is hy ’n leuenaar |
وَإِن كَانَ قَمِيصُهُ قُدَّ مِن دُبُرٍ فَكَذَبَتْ وَهُوَ مِنَ الصَّادِقِينَ (27) En as sy hemp van agter geskeur is, vertel sý ’n leuen en is hý een van die opregtes |
فَلَمَّا رَأَىٰ قَمِيصَهُ قُدَّ مِن دُبُرٍ قَالَ إِنَّهُ مِن كَيْدِكُنَّ ۖ إِنَّ كَيْدَكُنَّ عَظِيمٌ (28) Toe hy merk dat sy hemp van agter geskeur is het hy gesê: Is dit ’n vroulike metode? Voorwaar, julle vroue is listig |
يُوسُفُ أَعْرِضْ عَنْ هَٰذَا ۚ وَاسْتَغْفِرِي لِذَنبِكِ ۖ إِنَّكِ كُنتِ مِنَ الْخَاطِئِينَ (29) O Josef, wend u hiervan af. En, my vrou, vra vergifnis vir u sonde. U het waarlik gesondig |
۞ وَقَالَ نِسْوَةٌ فِي الْمَدِينَةِ امْرَأَتُ الْعَزِيزِ تُرَاوِدُ فَتَاهَا عَن نَّفْسِهِ ۖ قَدْ شَغَفَهَا حُبًّا ۖ إِنَّا لَنَرَاهَا فِي ضَلَالٍ مُّبِينٍ (30) En die vroue in die stad het gesê: Die vrou van die owerste het probeer om haar slaaf teen sy sin te verlei. Hy het voorwaar ’n diep indruk met sy liefde op haar gemaak. Ons merk dat sy openlik dwaal |
فَلَمَّا سَمِعَتْ بِمَكْرِهِنَّ أَرْسَلَتْ إِلَيْهِنَّ وَأَعْتَدَتْ لَهُنَّ مُتَّكَأً وَآتَتْ كُلَّ وَاحِدَةٍ مِّنْهُنَّ سِكِّينًا وَقَالَتِ اخْرُجْ عَلَيْهِنَّ ۖ فَلَمَّا رَأَيْنَهُ أَكْبَرْنَهُ وَقَطَّعْنَ أَيْدِيَهُنَّ وَقُلْنَ حَاشَ لِلَّهِ مَا هَٰذَا بَشَرًا إِنْ هَٰذَا إِلَّا مَلَكٌ كَرِيمٌ (31) En toe sy van hul planne hoor, het sy hulle uitgenooi en ’n maaltyd vir hul voorberei en aan elkeen van hulle ’n mes gegee, en vir Josef gesê: Kom uit na hulle. En toe hulle hom sien, het hulle baie van hom gedink en hulle hande uit bewondering raak gesny, en gesê: Heilige Allah! Dit is geen sterfling nie! Dit is ’n edele engel |
قَالَتْ فَذَٰلِكُنَّ الَّذِي لُمْتُنَّنِي فِيهِ ۖ وَلَقَدْ رَاوَدتُّهُ عَن نَّفْسِهِ فَاسْتَعْصَمَ ۖ وَلَئِن لَّمْ يَفْعَلْ مَا آمُرُهُ لَيُسْجَنَنَّ وَلَيَكُونًا مِّنَ الصَّاغِرِينَ (32) Sy het gesê: Dit is hý oor wie julle my beskuldig het. En ek het probeer om hom teen sy sin te verlei, maar hy was standvastig in sy kuisheid. En as hy nie doen wat ek hom beveel nie, sal ek hom waarlik in die tronk gooi, en hy sal sekerlik verneder word |
قَالَ رَبِّ السِّجْنُ أَحَبُّ إِلَيَّ مِمَّا يَدْعُونَنِي إِلَيْهِ ۖ وَإِلَّا تَصْرِفْ عَنِّي كَيْدَهُنَّ أَصْبُ إِلَيْهِنَّ وَأَكُن مِّنَ الْجَاهِلِينَ (33) Hy het gesê: My Heer! Die gevangenis is vir my aangenamer as dít waartoe hulle my uitnooi. Tensy U hulle lis van my afwend, sal ek my tot hulle neig en ook een van die stomsinniges word |
فَاسْتَجَابَ لَهُ رَبُّهُ فَصَرَفَ عَنْهُ كَيْدَهُنَّ ۚ إِنَّهُ هُوَ السَّمِيعُ الْعَلِيمُ (34) Daarop het sy Heer sy gebed verhoor en hulle lis van hom afgewend. Voorwaar, Hy is die Alleshorende, die Alleswetende |
ثُمَّ بَدَا لَهُم مِّن بَعْدِ مَا رَأَوُا الْآيَاتِ لَيَسْجُنُنَّهُ حَتَّىٰ حِينٍ (35) Toe kom dit hulle voor, nadat hulle die tekens van sy onskuld opgemerk het, dat hulle hom vir ’n tyd in die tronk moes gooi |
وَدَخَلَ مَعَهُ السِّجْنَ فَتَيَانِ ۖ قَالَ أَحَدُهُمَا إِنِّي أَرَانِي أَعْصِرُ خَمْرًا ۖ وَقَالَ الْآخَرُ إِنِّي أَرَانِي أَحْمِلُ فَوْقَ رَأْسِي خُبْزًا تَأْكُلُ الطَّيْرُ مِنْهُ ۖ نَبِّئْنَا بِتَأْوِيلِهِ ۖ إِنَّا نَرَاكَ مِنَ الْمُحْسِنِينَ (36) En twee jong manne het saam met Josef die gevangenis binne- gegaan. Een van hulle het gesê: Ek het my sien wyn pers. En die ander het gesê: Ek het my brood op my hoof sien dra, waarvan die voëls geëet het. Gee ons die uitleg daarvan. Waarlik, ons sien dat u ’n weldoener is |
قَالَ لَا يَأْتِيكُمَا طَعَامٌ تُرْزَقَانِهِ إِلَّا نَبَّأْتُكُمَا بِتَأْوِيلِهِ قَبْلَ أَن يَأْتِيَكُمَا ۚ ذَٰلِكُمَا مِمَّا عَلَّمَنِي رَبِّي ۚ إِنِّي تَرَكْتُ مِلَّةَ قَوْمٍ لَّا يُؤْمِنُونَ بِاللَّهِ وَهُم بِالْآخِرَةِ هُمْ كَافِرُونَ (37) Hy het geantwoord: Die voedsel waarmee julle gevoed word, sal julle nie bereik voordat ek julle nie die uitleg daarvan gegee het nie. Dít is waarin my Heer my onderrig het. Waarlik, ek het afskeid geneem van die godsdiens van ’n volk wat nie in Allah glo nie en wat die ontstryders van die Hiernamaals is |
وَاتَّبَعْتُ مِلَّةَ آبَائِي إِبْرَاهِيمَ وَإِسْحَاقَ وَيَعْقُوبَ ۚ مَا كَانَ لَنَا أَن نُّشْرِكَ بِاللَّهِ مِن شَيْءٍ ۚ ذَٰلِكَ مِن فَضْلِ اللَّهِ عَلَيْنَا وَعَلَى النَّاسِ وَلَٰكِنَّ أَكْثَرَ النَّاسِ لَا يَشْكُرُونَ (38) En ek volg die godsdiens van my vaders, Abraham, Isak en Jakob. Dit betaam ons nie om ander met Allah te vereenselwig nie. Dit is deur Allah se goedertierenheid oor ons en oor die mensdom, maar die meeste mense is nie dankbaar nie |
يَا صَاحِبَيِ السِّجْنِ أَأَرْبَابٌ مُّتَفَرِّقُونَ خَيْرٌ أَمِ اللَّهُ الْوَاحِدُ الْقَهَّارُ (39) O my twee medegevangenes! Is dit beter om verskeie here te dien, of is die diens van Allah, die Een, die Opperste, verkieslik |
مَا تَعْبُدُونَ مِن دُونِهِ إِلَّا أَسْمَاءً سَمَّيْتُمُوهَا أَنتُمْ وَآبَاؤُكُم مَّا أَنزَلَ اللَّهُ بِهَا مِن سُلْطَانٍ ۚ إِنِ الْحُكْمُ إِلَّا لِلَّهِ ۚ أَمَرَ أَلَّا تَعْبُدُوا إِلَّا إِيَّاهُ ۚ ذَٰلِكَ الدِّينُ الْقَيِّمُ وَلَٰكِنَّ أَكْثَرَ النَّاسِ لَا يَعْلَمُونَ (40) Julle aanbid behalwe Allah niks anders as nodelose name nie, julle sowel as julle vaders ~ Allah het daartoe geen magtiging verleen nie. Die beslissing berus by Allah alleen. Hy het beveel dat julle niemand buiten Hom sal aanbid nie. Dít is die ware godsdiens, maar die meeste mense besef dit nie |
يَا صَاحِبَيِ السِّجْنِ أَمَّا أَحَدُكُمَا فَيَسْقِي رَبَّهُ خَمْرًا ۖ وَأَمَّا الْآخَرُ فَيُصْلَبُ فَتَأْكُلُ الطَّيْرُ مِن رَّأْسِهِ ۚ قُضِيَ الْأَمْرُ الَّذِي فِيهِ تَسْتَفْتِيَانِ (41) O my twee medegevangenes! Wat die een betref: hy sal vir sy heer wyn skink om te drink; en wat die ander betref: hy sal gekruisig word, sodat die voëls van sy hoof sal eet. Die saak waarna julle verneem, is klaar beslis |
وَقَالَ لِلَّذِي ظَنَّ أَنَّهُ نَاجٍ مِّنْهُمَا اذْكُرْنِي عِندَ رَبِّكَ فَأَنسَاهُ الشَّيْطَانُ ذِكْرَ رَبِّهِ فَلَبِثَ فِي السِّجْنِ بِضْعَ سِنِينَ (42) En hy het aan hom, van wie hy geweet het dat hy losgelaat sou word, gesê: Onthou my by u heer. Maar die duiwel het veroorsaak dat hy moes vergeet om dit aan sy heer te vertel, daarom het Josef nog etlike jare lank in die gevangenis vertoef |
وَقَالَ الْمَلِكُ إِنِّي أَرَىٰ سَبْعَ بَقَرَاتٍ سِمَانٍ يَأْكُلُهُنَّ سَبْعٌ عِجَافٌ وَسَبْعَ سُنبُلَاتٍ خُضْرٍ وَأُخَرَ يَابِسَاتٍ ۖ يَا أَيُّهَا الْمَلَأُ أَفْتُونِي فِي رُؤْيَايَ إِن كُنتُمْ لِلرُّؤْيَا تَعْبُرُونَ (43) En die koning het gesê: Ek het sewe vet koeie gesien wat deur sewe maer koeie opgeëet word; en sewe groen koringare en sewe verwelkte are. O julle owerstes! Lê die betekenis van my droom uit, en verklaar dit as julle kan |
قَالُوا أَضْغَاثُ أَحْلَامٍ ۖ وَمَا نَحْنُ بِتَأْوِيلِ الْأَحْلَامِ بِعَالِمِينَ (44) Hulle het geantwoord: ’n Mengelmoes drome. En ons is nie kundig in die verklaring van drome nie |
وَقَالَ الَّذِي نَجَا مِنْهُمَا وَادَّكَرَ بَعْدَ أُمَّةٍ أَنَا أُنَبِّئُكُم بِتَأْوِيلِهِ فَأَرْسِلُونِ (45) En die een van die twee wat bevry is, het Josef na ’n lang tyd onthou en gesê: Ek sal julle die verklaring daarvan laat weet; stuur my daarom |
يُوسُفُ أَيُّهَا الصِّدِّيقُ أَفْتِنَا فِي سَبْعِ بَقَرَاتٍ سِمَانٍ يَأْكُلُهُنَّ سَبْعٌ عِجَافٌ وَسَبْعِ سُنبُلَاتٍ خُضْرٍ وَأُخَرَ يَابِسَاتٍ لَّعَلِّي أَرْجِعُ إِلَى النَّاسِ لَعَلَّهُمْ يَعْلَمُونَ (46) Josef, o waaragtige, gee ons ’n verklaring vir die sewe vet koeie wat deur sewe maeres verslind word, en van die sewe groen koringare en die verwelkte are, sodat ek tot die volk kan terugkeer en sodat hulle kan weet |
قَالَ تَزْرَعُونَ سَبْعَ سِنِينَ دَأَبًا فَمَا حَصَدتُّمْ فَذَرُوهُ فِي سُنبُلِهِ إِلَّا قَلِيلًا مِّمَّا تَأْكُلُونَ (47) Hy het geantwoord: Julle sal sewe jaar lank saai soos gewoonlik, en wat julle dan maai, moet julle in die aar laat bly, behalwe dié wat julle nodig het om te eet |
ثُمَّ يَأْتِي مِن بَعْدِ ذَٰلِكَ سَبْعٌ شِدَادٌ يَأْكُلْنَ مَا قَدَّمْتُمْ لَهُنَّ إِلَّا قَلِيلًا مِّمَّا تُحْصِنُونَ (48) Daarna sal daar sewe moeilike jare kom, wat alles wat julle voorheen geoes het, sal verteer, met uitsondering van die klompie wat julle sal bewaar |
ثُمَّ يَأْتِي مِن بَعْدِ ذَٰلِكَ عَامٌ فِيهِ يُغَاثُ النَّاسُ وَفِيهِ يَعْصِرُونَ (49) En daarna sal daar ’n jaar kom waarin die mense reën sal ont- vang en waarin hulle druiwe en olie sal pars |
وَقَالَ الْمَلِكُ ائْتُونِي بِهِ ۖ فَلَمَّا جَاءَهُ الرَّسُولُ قَالَ ارْجِعْ إِلَىٰ رَبِّكَ فَاسْأَلْهُ مَا بَالُ النِّسْوَةِ اللَّاتِي قَطَّعْنَ أَيْدِيَهُنَّ ۚ إِنَّ رَبِّي بِكَيْدِهِنَّ عَلِيمٌ (50) En die koning het gesê: Bring hom voor my. Maar toe die boodskapper by hom kom, het hy gesê: Gaan terug na jou heer en vra hom hoe dit gesteld is met die vroue wat hul hande raak gesny het. Voorwaar, my Heer ken hul sluwe planne |
قَالَ مَا خَطْبُكُنَّ إِذْ رَاوَدتُّنَّ يُوسُفَ عَن نَّفْسِهِ ۚ قُلْنَ حَاشَ لِلَّهِ مَا عَلِمْنَا عَلَيْهِ مِن سُوءٍ ۚ قَالَتِ امْرَأَتُ الْعَزِيزِ الْآنَ حَصْحَصَ الْحَقُّ أَنَا رَاوَدتُّهُ عَن نَّفْسِهِ وَإِنَّهُ لَمِنَ الصَّادِقِينَ (51) Die koning het geantwoord: Wat was gaande met julle toe julle probeer het om Josef te verlei? Hulle het gesê: Heilige Allah! Ons het van geen kwaad omtrent hom geweet nie. En die owerste se vrou het gesê: Nou het die waarheid aan die lig gekom. Ek het probeer om hom teen sy sin te verlei, maar hy hoort voorwaar by die opregtiges |
ذَٰلِكَ لِيَعْلَمَ أَنِّي لَمْ أَخُنْهُ بِالْغَيْبِ وَأَنَّ اللَّهَ لَا يَهْدِي كَيْدَ الْخَائِنِينَ (52) Ek sê dit sodat hy kan weet dat ek in sy afwesigheid nie ontrou aan hom was nie, en omdat Allah die planne van die ontroues altyd verydel |
۞ وَمَا أُبَرِّئُ نَفْسِي ۚ إِنَّ النَّفْسَ لَأَمَّارَةٌ بِالسُّوءِ إِلَّا مَا رَحِمَ رَبِّي ۚ إِنَّ رَبِّي غَفُورٌ رَّحِيمٌ (53) En ek ag my nie vry van sonde nie, want die menslike ek spoor aan tot die kwaad, behalwe by diegene aan wie my Heer barm- hartigheid bewys. Voorwaar, my Heer is Vergewensgesind, Genadevol |
وَقَالَ الْمَلِكُ ائْتُونِي بِهِ أَسْتَخْلِصْهُ لِنَفْسِي ۖ فَلَمَّا كَلَّمَهُ قَالَ إِنَّكَ الْيَوْمَ لَدَيْنَا مَكِينٌ أَمِينٌ (54) En die koning het geantwoord: Bring hom na my; ek wil hom vir myself hou. Daarom, toe hy met hom gepraat het, het hy gesê: Waarlik, u is vandag ’n man van aansien, en u geniet vertroue in ons aanwesigheid |
قَالَ اجْعَلْنِي عَلَىٰ خَزَائِنِ الْأَرْضِ ۖ إِنِّي حَفِيظٌ عَلِيمٌ (55) Hy het geantwoord: Stel my aan oor die skatte van die land, want ek is ’n kundige bewaarder |
وَكَذَٰلِكَ مَكَّنَّا لِيُوسُفَ فِي الْأَرْضِ يَتَبَوَّأُ مِنْهَا حَيْثُ يَشَاءُ ۚ نُصِيبُ بِرَحْمَتِنَا مَن نَّشَاءُ ۖ وَلَا نُضِيعُ أَجْرَ الْمُحْسِنِينَ (56) En so het Ons Josef volmag in die land gegee ~ hy het heer- skappy daaroor gevoer, net waar hy verkies het. Ons skenk Ons barmhartigheid aan wie Ons wil, en Ons laat die loon van die weldoeners nie verlore gaan nie |
وَلَأَجْرُ الْآخِرَةِ خَيْرٌ لِّلَّذِينَ آمَنُوا وَكَانُوا يَتَّقُونَ (57) En die loon van die Hiernamaals is waarlik aangenamer vir hulle wat glo en teen die kwaad waak |
وَجَاءَ إِخْوَةُ يُوسُفَ فَدَخَلُوا عَلَيْهِ فَعَرَفَهُمْ وَهُمْ لَهُ مُنكِرُونَ (58) En Josef se broers het gekom en by hom binnegegaan; en hy het hulle herken, maar hulle het hom nie herken nie |
وَلَمَّا جَهَّزَهُم بِجَهَازِهِمْ قَالَ ائْتُونِي بِأَخٍ لَّكُم مِّنْ أَبِيكُمْ ۚ أَلَا تَرَوْنَ أَنِّي أُوفِي الْكَيْلَ وَأَنَا خَيْرُ الْمُنزِلِينَ (59) En toe hy hulle van lewensmiddele voorsien het, het hy gesê: Bring my julle broer van vaderskant. Sien julle dan nie dat ek volle maat gee en dat ek ’n goeie gasheer is nie |
فَإِن لَّمْ تَأْتُونِي بِهِ فَلَا كَيْلَ لَكُمْ عِندِي وَلَا تَقْرَبُونِ (60) Maar as julle hom nie na my bring nie, sal daar van my geen maat koring vir julle wees nie, ook sal julle nie naby my mag kom nie |
قَالُوا سَنُرَاوِدُ عَنْهُ أَبَاهُ وَإِنَّا لَفَاعِلُونَ (61) Hulle het geantwoord: Ons sal probeer om sy vader oor te haal om hom te laat gaan; moontlik slaag ons daarin |
وَقَالَ لِفِتْيَانِهِ اجْعَلُوا بِضَاعَتَهُمْ فِي رِحَالِهِمْ لَعَلَّهُمْ يَعْرِفُونَهَا إِذَا انقَلَبُوا إِلَىٰ أَهْلِهِمْ لَعَلَّهُمْ يَرْجِعُونَ (62) En hy het aan sy dienaars gesê: Plaas hulle geld terug in hulle sakke, dat hulle dit mag herken wanneer hul na hulle familie terugkeer, en sodat hulle sal terugkom |
فَلَمَّا رَجَعُوا إِلَىٰ أَبِيهِمْ قَالُوا يَا أَبَانَا مُنِعَ مِنَّا الْكَيْلُ فَأَرْسِلْ مَعَنَا أَخَانَا نَكْتَلْ وَإِنَّا لَهُ لَحَافِظُونَ (63) En toe hulle na hul vader teruggekeer het, het hulle gesê: O ons vader, die maat word van ons teruggehou; stuur daarom ons broer saam met ons sodat ons ’n volle maat kan ontvang; en ons sal goed na hom kyk |
قَالَ هَلْ آمَنُكُمْ عَلَيْهِ إِلَّا كَمَا أَمِنتُكُمْ عَلَىٰ أَخِيهِ مِن قَبْلُ ۖ فَاللَّهُ خَيْرٌ حَافِظًا ۖ وَهُوَ أَرْحَمُ الرَّاحِمِينَ (64) Hy het geantwoord: Sal ek hom aan julle toevertrou, soos ek sy broer voorheen aan julle toevertrou het? Maar Allah is die groot Beskermer, en Hy is die Genadigste van die wie genade betoon |
وَلَمَّا فَتَحُوا مَتَاعَهُمْ وَجَدُوا بِضَاعَتَهُمْ رُدَّتْ إِلَيْهِمْ ۖ قَالُوا يَا أَبَانَا مَا نَبْغِي ۖ هَٰذِهِ بِضَاعَتُنَا رُدَّتْ إِلَيْنَا ۖ وَنَمِيرُ أَهْلَنَا وَنَحْفَظُ أَخَانَا وَنَزْدَادُ كَيْلَ بَعِيرٍ ۖ ذَٰلِكَ كَيْلٌ يَسِيرٌ (65) En toe hulle hul sakke oopmaak, het hulle gevind dat hul geld aan hulle teruggegee was. Hulle het gesê: O ons vader, wat meer kan ons verlang? Hier is ons geld aan ons teruggegee, en ons sal koring vir ons familie bring en ons sal ons broer oppas, en boonop ’n kameelvrag vol ontvang. Dit is ’n maklike maat |
قَالَ لَنْ أُرْسِلَهُ مَعَكُمْ حَتَّىٰ تُؤْتُونِ مَوْثِقًا مِّنَ اللَّهِ لَتَأْتُنَّنِي بِهِ إِلَّا أَن يُحَاطَ بِكُمْ ۖ فَلَمَّا آتَوْهُ مَوْثِقَهُمْ قَالَ اللَّهُ عَلَىٰ مَا نَقُولُ وَكِيلٌ (66) Hy het geantwoord: Ek sal hom nie aan julle toevertrou voordat julle in die naam van Allah belowe om hom weer na my terug te bring, tensy julle oorval word nie. En nadat hulle die belofte afgelê het, het hy gesê: Allah is die Bewaker van wat ons sê |
وَقَالَ يَا بَنِيَّ لَا تَدْخُلُوا مِن بَابٍ وَاحِدٍ وَادْخُلُوا مِنْ أَبْوَابٍ مُّتَفَرِّقَةٍ ۖ وَمَا أُغْنِي عَنكُم مِّنَ اللَّهِ مِن شَيْءٍ ۖ إِنِ الْحُكْمُ إِلَّا لِلَّهِ ۖ عَلَيْهِ تَوَكَّلْتُ ۖ وَعَلَيْهِ فَلْيَتَوَكَّلِ الْمُتَوَكِّلُونَ (67) En hy het gesê: O my seuns! Gaan nie deur een poort binne nie, maar deur verskillende poorte. En ek kan julle in niks teen Allah help nie. Die beslissing berus alleen by Hom. In Hom stel ek my vertroue, en laat almal wat wil vertrou, hul vertroue alleen in Hom stel |
وَلَمَّا دَخَلُوا مِنْ حَيْثُ أَمَرَهُمْ أَبُوهُم مَّا كَانَ يُغْنِي عَنْهُم مِّنَ اللَّهِ مِن شَيْءٍ إِلَّا حَاجَةً فِي نَفْسِ يَعْقُوبَ قَضَاهَا ۚ وَإِنَّهُ لَذُو عِلْمٍ لِّمَا عَلَّمْنَاهُ وَلَٰكِنَّ أَكْثَرَ النَّاسِ لَا يَعْلَمُونَ (68) En toe hulle binnegaan soos hulle vader aanbeveel het, het dit vir hulle teen Allah niks gebaat nie; dit was slegs ’n sielsverlange van Jakob wat hy wou bevredig. En waarlik, hy het kennis gehad, want Ons het hom dié kennis gegee; maar die meeste mense weet dit nie |
وَلَمَّا دَخَلُوا عَلَىٰ يُوسُفَ آوَىٰ إِلَيْهِ أَخَاهُ ۖ قَالَ إِنِّي أَنَا أَخُوكَ فَلَا تَبْتَئِسْ بِمَا كَانُوا يَعْمَلُونَ (69) En toe hulle by Josef binnegegaan het, het hy sy broer by hom gehuisves, en gesê: Ek is u broer; treur daarom nie oor wat hulle doen nie |
فَلَمَّا جَهَّزَهُم بِجَهَازِهِمْ جَعَلَ السِّقَايَةَ فِي رَحْلِ أَخِيهِ ثُمَّ أَذَّنَ مُؤَذِّنٌ أَيَّتُهَا الْعِيرُ إِنَّكُمْ لَسَارِقُونَ (70) En toe hy hulle van lewensmiddele voorsien het, het iemand die drinkbeker in sy broer se sak gesit. Toe het ’n omroeper uitgeroep: O karavaan! Julle is waarlik diewe |
قَالُوا وَأَقْبَلُوا عَلَيْهِم مَّاذَا تَفْقِدُونَ (71) Hulle het gesê terwyl hulle na hul gedraai het: Wat vermis julle |
قَالُوا نَفْقِدُ صُوَاعَ الْمَلِكِ وَلِمَن جَاءَ بِهِ حِمْلُ بَعِيرٍ وَأَنَا بِهِ زَعِيمٌ (72) Hulle het geantwoord: Ons vermis die koning se drinkbeker; en wie dit terugbring, sal ’n kameelvrag koring ontvang; en ek staan borg daarvoor |
قَالُوا تَاللَّهِ لَقَدْ عَلِمْتُم مَّا جِئْنَا لِنُفْسِدَ فِي الْأَرْضِ وَمَا كُنَّا سَارِقِينَ (73) Josef se broers het geantwoord: By Allah, julle weet goed ons het nie met kwade bedoelings hierheen gekom nie, en ons is geen diewe nie |
قَالُوا فَمَا جَزَاؤُهُ إِن كُنتُمْ كَاذِبِينَ (74) Die Egiptenare het gesê: Maar wat sal die straf wees indien julle leuenaars is |
قَالُوا جَزَاؤُهُ مَن وُجِدَ فِي رَحْلِهِ فَهُوَ جَزَاؤُهُ ۚ كَذَٰلِكَ نَجْزِي الظَّالِمِينَ (75) Hulle het geantwoord: Die straf daarvoor sal wees: Hy, in wie se sak dit gevind word, sal self die boete daarvoor wees. Só straf ons die misdadigers |
فَبَدَأَ بِأَوْعِيَتِهِمْ قَبْلَ وِعَاءِ أَخِيهِ ثُمَّ اسْتَخْرَجَهَا مِن وِعَاءِ أَخِيهِ ۚ كَذَٰلِكَ كِدْنَا لِيُوسُفَ ۖ مَا كَانَ لِيَأْخُذَ أَخَاهُ فِي دِينِ الْمَلِكِ إِلَّا أَن يَشَاءَ اللَّهُ ۚ نَرْفَعُ دَرَجَاتٍ مَّن نَّشَاءُ ۗ وَفَوْقَ كُلِّ ذِي عِلْمٍ عَلِيمٌ (76) Daarna het hy met húlle sakke begin voordat hy die sak van die broer deursoek het; en hy het dit toe uit die broer se sak gehaal. So het Ons dit vir Josef beplan. Hy kon, volgens die wet van die koning, nie sy broer hou nie, tensy dit Allah behaag het. Ons verhef wie Ons wil. En bo elke besitter van kennis staan die Alleswetende |
۞ قَالُوا إِن يَسْرِقْ فَقَدْ سَرَقَ أَخٌ لَّهُ مِن قَبْلُ ۚ فَأَسَرَّهَا يُوسُفُ فِي نَفْسِهِ وَلَمْ يُبْدِهَا لَهُمْ ۚ قَالَ أَنتُمْ شَرٌّ مَّكَانًا ۖ وَاللَّهُ أَعْلَمُ بِمَا تَصِفُونَ (77) Hulle het gesê: As hy ’n dief is, dan het ’n broer van hom voorheen ook gesteel. Maar Josef het dit in sy hart geheim gehou, en het dit nie aan hulle vertel nie. Hy het gesê: Julle verkeer in ’n slegte toestand. Allah weet of dit die waarheid is wat julle beweer |
قَالُوا يَا أَيُّهَا الْعَزِيزُ إِنَّ لَهُ أَبًا شَيْخًا كَبِيرًا فَخُذْ أَحَدَنَا مَكَانَهُ ۖ إِنَّا نَرَاكَ مِنَ الْمُحْسِنِينَ (78) Hulle het gesê: O owerste! Hy het ’n vader, ’n baie ou man; neem daarom een van ons in sy plek. Waarlik, ons sien dat u een van die weldoeners is |
قَالَ مَعَاذَ اللَّهِ أَن نَّأْخُذَ إِلَّا مَن وَجَدْنَا مَتَاعَنَا عِندَهُ إِنَّا إِذًا لَّظَالِمُونَ (79) Hy het geantwoord: Allah verhoed dat ons iemand anders as hom by wie ons eiendom gevind is in hegtenis sal neem, want dan sou ons waarlik onregverdig wees |
فَلَمَّا اسْتَيْأَسُوا مِنْهُ خَلَصُوا نَجِيًّا ۖ قَالَ كَبِيرُهُمْ أَلَمْ تَعْلَمُوا أَنَّ أَبَاكُمْ قَدْ أَخَذَ عَلَيْكُم مَّوْثِقًا مِّنَ اللَّهِ وَمِن قَبْلُ مَا فَرَّطتُمْ فِي يُوسُفَ ۖ فَلَنْ أَبْرَحَ الْأَرْضَ حَتَّىٰ يَأْذَنَ لِي أَبِي أَوْ يَحْكُمَ اللَّهُ لِي ۖ وَهُوَ خَيْرُ الْحَاكِمِينَ (80) En toe hulle wanhopig oor hom geword het, het hulle apart met mekaar beraadslaag. Die oudste van hulle het gesê: Weet julle nie dat julle vader ’n plegtige belofte in die naam van Allah van julle geneem het nie, en hoe julle voorheen in julle plig teenoor Josef gefaal het nie? So sal ek nie hierdie land verlaat nie, tensy my vader my dit toelaat, of Allah die saak vir my beslis; en Hy is die Beste Regter |
ارْجِعُوا إِلَىٰ أَبِيكُمْ فَقُولُوا يَا أَبَانَا إِنَّ ابْنَكَ سَرَقَ وَمَا شَهِدْنَا إِلَّا بِمَا عَلِمْنَا وَمَا كُنَّا لِلْغَيْبِ حَافِظِينَ (81) Keer julle dan tot jul vader terug en sê: O ons vader! U seun het diefstal gepleeg. En ons getuig alleen waarvan ons weet, en ons kon waarlik nie teen die onvoorsiene waak nie |
وَاسْأَلِ الْقَرْيَةَ الَّتِي كُنَّا فِيهَا وَالْعِيرَ الَّتِي أَقْبَلْنَا فِيهَا ۖ وَإِنَّا لَصَادِقُونَ (82) En vra die volk van die stad waar ons vertoef het, en die karavaan waarmee ons saamgetrek het. Waarlik, ons praat die waarheid |
قَالَ بَلْ سَوَّلَتْ لَكُمْ أَنفُسُكُمْ أَمْرًا ۖ فَصَبْرٌ جَمِيلٌ ۖ عَسَى اللَّهُ أَن يَأْتِيَنِي بِهِمْ جَمِيعًا ۚ إِنَّهُ هُوَ الْعَلِيمُ الْحَكِيمُ (83) Hy het gesê: Nee, julle siele het iets groots vir julle gering laat lyk. Daarom is geduld paslik. Dit is moontlik dat Allah hulle weer aan my sal skenk. Waarlik, Hy is die Alleswetende, die Allerwyse |
وَتَوَلَّىٰ عَنْهُمْ وَقَالَ يَا أَسَفَىٰ عَلَىٰ يُوسُفَ وَابْيَضَّتْ عَيْنَاهُ مِنَ الْحُزْنِ فَهُوَ كَظِيمٌ (84) En hy het van hulle af weggedraai en gesê: Groot is my verdriet oor Josef! En sy oë was vol trane weens sy smart, maar hy het homself in bedwang gehou |
قَالُوا تَاللَّهِ تَفْتَأُ تَذْكُرُ يُوسُفَ حَتَّىٰ تَكُونَ حَرَضًا أَوْ تَكُونَ مِنَ الْهَالِكِينَ (85) Hulle het gesê: By Allah! Sal u dan nie ophou om aan Josef te dink voordat u wegkwyn of van smart omkom nie |
قَالَ إِنَّمَا أَشْكُو بَثِّي وَحُزْنِي إِلَى اللَّهِ وَأَعْلَمُ مِنَ اللَّهِ مَا لَا تَعْلَمُونَ (86) Hy het geantwoord: Ek bekla my smart en verdriet alleen by Allah, en ek weet deur die genade van Allah wat julle nie weet nie |
يَا بَنِيَّ اذْهَبُوا فَتَحَسَّسُوا مِن يُوسُفَ وَأَخِيهِ وَلَا تَيْأَسُوا مِن رَّوْحِ اللَّهِ ۖ إِنَّهُ لَا يَيْأَسُ مِن رَّوْحِ اللَّهِ إِلَّا الْقَوْمُ الْكَافِرُونَ (87) O my seuns! Gaan heen en verneem omtrent Josef en sy broer, en wanhoop nie aan die genade van Allah nie, want niemand wanhoop aan Allah se barmhartigheid nie, behalwe die ongelowiges |
فَلَمَّا دَخَلُوا عَلَيْهِ قَالُوا يَا أَيُّهَا الْعَزِيزُ مَسَّنَا وَأَهْلَنَا الضُّرُّ وَجِئْنَا بِبِضَاعَةٍ مُّزْجَاةٍ فَأَوْفِ لَنَا الْكَيْلَ وَتَصَدَّقْ عَلَيْنَا ۖ إِنَّ اللَّهَ يَجْزِي الْمُتَصَدِّقِينَ (88) En toe hulle voor hom kom, het hulle gesê: O owerste! Armoede het oor ons en ons familie gekom, en ons het uit ons armoede ’n skamele bedraggie afgeknyp; gee ons daarvoor die volle maat en wees liefdadig. Voorwaar, Allah beloon die liefdadiges |
قَالَ هَلْ عَلِمْتُم مَّا فَعَلْتُم بِيُوسُفَ وَأَخِيهِ إِذْ أَنتُمْ جَاهِلُونَ (89) Hy het gesê: Besef julle wat julle Josef en sy broer aangedoen het toe julle onkundig was |
قَالُوا أَإِنَّكَ لَأَنتَ يُوسُفُ ۖ قَالَ أَنَا يُوسُفُ وَهَٰذَا أَخِي ۖ قَدْ مَنَّ اللَّهُ عَلَيْنَا ۖ إِنَّهُ مَن يَتَّقِ وَيَصْبِرْ فَإِنَّ اللَّهَ لَا يُضِيعُ أَجْرَ الْمُحْسِنِينَ (90) Hulle het geantwoord: Is ú dan Josef? Hy het gesê: Ek is Josef, en dit is my broer. Allah was ons waarlik genadig. Voorwaar, wie Allah vrees en geduldig is ~ Allah laat nie die loon van die weldoeners ooit verlore gaan nie |
قَالُوا تَاللَّهِ لَقَدْ آثَرَكَ اللَّهُ عَلَيْنَا وَإِن كُنَّا لَخَاطِئِينَ (91) Hulle het geantwoord: By Allah! Allah het u waarlik bo ons verkies, en ons was gewis sondaars |
قَالَ لَا تَثْرِيبَ عَلَيْكُمُ الْيَوْمَ ۖ يَغْفِرُ اللَّهُ لَكُمْ ۖ وَهُوَ أَرْحَمُ الرَّاحِمِينَ (92) Hy het gesê: Vandag is daar geen verwyt teen julle meer nie. Mag Allah julle vergewe; Hy is die Genadigste van die wie genade betoon |
اذْهَبُوا بِقَمِيصِي هَٰذَا فَأَلْقُوهُ عَلَىٰ وَجْهِ أَبِي يَأْتِ بَصِيرًا وَأْتُونِي بِأَهْلِكُمْ أَجْمَعِينَ (93) Vat hierdie hemp van my en lê dit voor die aangesig van my vader; hy sal dit begryp. En kom na my met jul hele familie |
وَلَمَّا فَصَلَتِ الْعِيرُ قَالَ أَبُوهُمْ إِنِّي لَأَجِدُ رِيحَ يُوسُفَ ۖ لَوْلَا أَن تُفَنِّدُونِ (94) En toe die karavaan uit Egipte vertrek het, het hul vader gesê: Ek voel die mag van Josef aan, selfs al sou julle my hieroor as ’n swaksinnige beskou |
قَالُوا تَاللَّهِ إِنَّكَ لَفِي ضَلَالِكَ الْقَدِيمِ (95) Hulle het geantwoord: By Allah! U dwaal weer soos van ouds |
فَلَمَّا أَن جَاءَ الْبَشِيرُ أَلْقَاهُ عَلَىٰ وَجْهِهِ فَارْتَدَّ بَصِيرًا ۖ قَالَ أَلَمْ أَقُل لَّكُمْ إِنِّي أَعْلَمُ مِنَ اللَّهِ مَا لَا تَعْلَمُونَ (96) En toe ’n bode met die blye tyding gekom het, het hy die hemp voor Jakob neergelê sodat Hy versekering kon hê. Hy het gesê: Het ek julle nie gesê dat ek deur die genade van Allah weet wat julle nie weet nie |
قَالُوا يَا أَبَانَا اسْتَغْفِرْ لَنَا ذُنُوبَنَا إِنَّا كُنَّا خَاطِئِينَ (97) Hulle het geantwoord: O ons vader! Vra vir ons tog vergifnis vir ons sondes; ons was voorwaar sondaars |
قَالَ سَوْفَ أَسْتَغْفِرُ لَكُمْ رَبِّي ۖ إِنَّهُ هُوَ الْغَفُورُ الرَّحِيمُ (98) Hy het gesê: Ek sal by my Heer om vergifnis vir julle vra. Waarlik, Hy is die Vergewensgesinde, die Genadevolle |
فَلَمَّا دَخَلُوا عَلَىٰ يُوسُفَ آوَىٰ إِلَيْهِ أَبَوَيْهِ وَقَالَ ادْخُلُوا مِصْرَ إِن شَاءَ اللَّهُ آمِنِينَ (99) En toe hulle by Josef aangekom het, het hy sy ouers by homself gehuisves en gesê: Kom Egipte in veiligheid binne soos dit Allah behaag |
وَرَفَعَ أَبَوَيْهِ عَلَى الْعَرْشِ وَخَرُّوا لَهُ سُجَّدًا ۖ وَقَالَ يَا أَبَتِ هَٰذَا تَأْوِيلُ رُؤْيَايَ مِن قَبْلُ قَدْ جَعَلَهَا رَبِّي حَقًّا ۖ وَقَدْ أَحْسَنَ بِي إِذْ أَخْرَجَنِي مِنَ السِّجْنِ وَجَاءَ بِكُم مِّنَ الْبَدْوِ مِن بَعْدِ أَن نَّزَغَ الشَّيْطَانُ بَيْنِي وَبَيْنَ إِخْوَتِي ۚ إِنَّ رَبِّي لَطِيفٌ لِّمَا يَشَاءُ ۚ إِنَّهُ هُوَ الْعَلِيمُ الْحَكِيمُ (100) En hy het sy ouers op sy troon laat sit, en hulle het hul voor hom neergewerp. En hy het gesê: O my vader, dít is die vervulling van my vroeëre droom. My Heer het dit verwesenlik. En Hy was baie goed vir my toe Hy my uit die gevangenis verlos het, en u almal uit die woestyn uitgelei het, nadat die duiwel onmin tussen my en my broers gesaai het. Waarlik, my Heer is Goed vir wie Hy wil. Waarlik, Hy is die Alleswetende, die Allerwyse |
۞ رَبِّ قَدْ آتَيْتَنِي مِنَ الْمُلْكِ وَعَلَّمْتَنِي مِن تَأْوِيلِ الْأَحَادِيثِ ۚ فَاطِرَ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ أَنتَ وَلِيِّي فِي الدُّنْيَا وَالْآخِرَةِ ۖ تَوَفَّنِي مُسْلِمًا وَأَلْحِقْنِي بِالصَّالِحِينَ (101) My Heer! U het my ’n deel van die koninkryk geskenk en in die uitleg van drome onderrig. Skepper van die hemele en aarde, U is my Vriend in hierdie wêreld en in die Hiernamaals. Laat my in onderdanigheid sterf, en verenig my met die opregtes |
ذَٰلِكَ مِنْ أَنبَاءِ الْغَيْبِ نُوحِيهِ إِلَيْكَ ۖ وَمَا كُنتَ لَدَيْهِمْ إِذْ أَجْمَعُوا أَمْرَهُمْ وَهُمْ يَمْكُرُونَ (102) Dít is die tydinge aangaande die Onsigbare wat Ons aan u openbaar, en u was nie by toe hulle oor hul saak besluit en planne beraam het nie |
وَمَا أَكْثَرُ النَّاسِ وَلَوْ حَرَصْتَ بِمُؤْمِنِينَ (103) En die meeste mense glo nie, ofskoon u dit ernstig verlang |
وَمَا تَسْأَلُهُمْ عَلَيْهِ مِنْ أَجْرٍ ۚ إِنْ هُوَ إِلَّا ذِكْرٌ لِّلْعَالَمِينَ (104) En u vra hulle geen beloning daarvoor nie. Dit is slegs ’n vermaning vir die mensdom |
وَكَأَيِّن مِّنْ آيَةٍ فِي السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ يَمُرُّونَ عَلَيْهَا وَهُمْ عَنْهَا مُعْرِضُونَ (105) En hoeveel tekens is daar nie in die hemele en op die aarde wat hulle verbygaan nie! Tog draai hulle weg daarvan |
وَمَا يُؤْمِنُ أَكْثَرُهُم بِاللَّهِ إِلَّا وَهُم مُّشْرِكُونَ (106) En die meeste van hulle glo nie in Allah sonder om afgode naas Hom te stel nie |
أَفَأَمِنُوا أَن تَأْتِيَهُمْ غَاشِيَةٌ مِّنْ عَذَابِ اللَّهِ أَوْ تَأْتِيَهُمُ السَّاعَةُ بَغْتَةً وَهُمْ لَا يَشْعُرُونَ (107) Voel hulle dan veilig teen die koms van ’n oorweldigende straf van Allah oor hulle, of teen die onverwagte koms van die Uur, wanneer hulle dit nie verwag nie |
قُلْ هَٰذِهِ سَبِيلِي أَدْعُو إِلَى اللَّهِ ۚ عَلَىٰ بَصِيرَةٍ أَنَا وَمَنِ اتَّبَعَنِي ۖ وَسُبْحَانَ اللَّهِ وَمَا أَنَا مِنَ الْمُشْرِكِينَ (108) Sê: Dít is my weg: ek roep Allah aan met sekerheid ~ ek en hulle wat my volg. Heilig is Allah! En ek is nie een van die heidene nie |
وَمَا أَرْسَلْنَا مِن قَبْلِكَ إِلَّا رِجَالًا نُّوحِي إِلَيْهِم مِّنْ أَهْلِ الْقُرَىٰ ۗ أَفَلَمْ يَسِيرُوا فِي الْأَرْضِ فَيَنظُرُوا كَيْفَ كَانَ عَاقِبَةُ الَّذِينَ مِن قَبْلِهِمْ ۗ وَلَدَارُ الْآخِرَةِ خَيْرٌ لِّلَّذِينَ اتَّقَوْا ۗ أَفَلَا تَعْقِلُونَ (109) En Ons het vóór u ook niemand anders as mense gestuur na die stede aan wie Ons Ons openbaringe wou bring nie. Het hulle dan nie op die aarde gereis en gesien wat die einde was van diegene wat hulle voorafgegaan het nie? En die woning van die Hiernamaals is bestem vir húlle wat bewus is van Allah. Verstaan julle dan nie |
حَتَّىٰ إِذَا اسْتَيْأَسَ الرُّسُلُ وَظَنُّوا أَنَّهُمْ قَدْ كُذِبُوا جَاءَهُمْ نَصْرُنَا فَنُجِّيَ مَن نَّشَاءُ ۖ وَلَا يُرَدُّ بَأْسُنَا عَنِ الْقَوْمِ الْمُجْرِمِينَ (110) En nie voordat die boodskappers gewanhoop en die mense gedink het dat daar aan hulle leuens vertel is, het Ons aan hulle hulp gestuur nie, en dan het Ons gered wie Ons wou. En Ons straf kan van ’n skuldige volk nie afgewend word nie |
لَقَدْ كَانَ فِي قَصَصِهِمْ عِبْرَةٌ لِّأُولِي الْأَلْبَابِ ۗ مَا كَانَ حَدِيثًا يُفْتَرَىٰ وَلَٰكِن تَصْدِيقَ الَّذِي بَيْنَ يَدَيْهِ وَتَفْصِيلَ كُلِّ شَيْءٍ وَهُدًى وَرَحْمَةً لِّقَوْمٍ يُؤْمِنُونَ (111) In hulle geskiedenis is daar waarlik ’n les vir mense met begrip. Dit is nie ’n verhaal wat vesin kan word nie, maar ’n vervulling van wat voorafgegaan het, en ’n helder verduideliking van alle dinge, en leiding en barmhartigheid vir ’n volk wat glo |