الْحَمْدُ لِلَّهِ الَّذِي أَنزَلَ عَلَىٰ عَبْدِهِ الْكِتَابَ وَلَمْ يَجْعَل لَّهُ عِوَجًا ۜ (1) Alle lof kom Allah toe! Wat die Boek aan Sy dienaar geopenbaar het en geen valsheid daarin toegelaat het nie |
قَيِّمًا لِّيُنذِرَ بَأْسًا شَدِيدًا مِّن لَّدُنْهُ وَيُبَشِّرَ الْمُؤْمِنِينَ الَّذِينَ يَعْمَلُونَ الصَّالِحَاتِ أَنَّ لَهُمْ أَجْرًا حَسَنًا (2) regleidend, om teen ’n strenge kastyding van Hom te waarsku; en aan die gelowiges, wat goeie werke doen, die blye tyding te bring dat hulle ’n uitnemende beloning sal ontvang |
مَّاكِثِينَ فِيهِ أَبَدًا (3) waarin hulle vir ewig sal vetoef |
وَيُنذِرَ الَّذِينَ قَالُوا اتَّخَذَ اللَّهُ وَلَدًا (4) en om diegene te waarsku wat sê: Allah het ’n seun vir Hom verwek |
مَّا لَهُم بِهِ مِنْ عِلْمٍ وَلَا لِآبَائِهِمْ ۚ كَبُرَتْ كَلِمَةً تَخْرُجُ مِنْ أَفْوَاهِهِمْ ۚ إِن يَقُولُونَ إِلَّا كَذِبًا (5) Hulle het geen kennis daarvan nie, en hulle vaders ewemin. Griewend is die woorde wat hulle monde voortbring. Wat hulle sê, is niks anders nie as ’n leuen |
فَلَعَلَّكَ بَاخِعٌ نَّفْسَكَ عَلَىٰ آثَارِهِمْ إِن لَّمْ يُؤْمِنُوا بِهَٰذَا الْحَدِيثِ أَسَفًا (6) Miskien sal u van droefheid wil beswyk, uit jammerte vir hulle, omdat hulle nie in hierdie aankondiging wil glo nie |
إِنَّا جَعَلْنَا مَا عَلَى الْأَرْضِ زِينَةً لَّهَا لِنَبْلُوَهُمْ أَيُّهُمْ أَحْسَنُ عَمَلًا (7) Voorwaar, Ons het alles wat op die aarde is, vir haar as ’n ornament gemaak, om te beproef wie van hulle se werke die beste is |
وَإِنَّا لَجَاعِلُونَ مَا عَلَيْهَا صَعِيدًا جُرُزًا (8) En wat daarop is, sal Ons stof maak, sonder gras |
أَمْ حَسِبْتَ أَنَّ أَصْحَابَ الْكَهْفِ وَالرَّقِيمِ كَانُوا مِنْ آيَاتِنَا عَجَبًا (9) Of dink u dat die metgeselle van die Spelonk en van die Inskrip- sie ook van Ons wonderlike tekens was |
إِذْ أَوَى الْفِتْيَةُ إِلَى الْكَهْفِ فَقَالُوا رَبَّنَا آتِنَا مِن لَّدُنكَ رَحْمَةً وَهَيِّئْ لَنَا مِنْ أَمْرِنَا رَشَدًا (10) Toe die jongelinge in die Spelonk herberg gesoek het, het hulle gesê: Ons Heer! Skenk ons u genade, en wys ons ’n regte weg aan in ons saak |
فَضَرَبْنَا عَلَىٰ آذَانِهِمْ فِي الْكَهْفِ سِنِينَ عَدَدًا (11) Daarom het Ons hulle vir ’n aantal jare in die Spelonk doofgemaak |
ثُمَّ بَعَثْنَاهُمْ لِنَعْلَمَ أَيُّ الْحِزْبَيْنِ أَحْصَىٰ لِمَا لَبِثُوا أَمَدًا (12) Daarna het Ons hulle weer opgewek, sodat Ons kon sien wie van die twee partye die beste rekenskap kan gee van die tyd wat hulle daarin vertoef het |
نَّحْنُ نَقُصُّ عَلَيْكَ نَبَأَهُم بِالْحَقِّ ۚ إِنَّهُمْ فِتْيَةٌ آمَنُوا بِرَبِّهِمْ وَزِدْنَاهُمْ هُدًى (13) Ons vertel u hulle geskiedenis met waarheid. Voorwaar, hulle was jongelinge wat in hul Heer geglo het, en Ons het hulle in leiding laat toeneem |
وَرَبَطْنَا عَلَىٰ قُلُوبِهِمْ إِذْ قَامُوا فَقَالُوا رَبُّنَا رَبُّ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ لَن نَّدْعُوَ مِن دُونِهِ إِلَٰهًا ۖ لَّقَدْ قُلْنَا إِذًا شَطَطًا (14) En Ons het hulle harte versterk toe hulle opgestaan en gesê het: Ons Heer is die Heer van die hemele en die aarde; ons roep geen ander god buiten Hom aan nie, want as ons dít doen, sal ons gruwelike woorde moet uitspreek |
هَٰؤُلَاءِ قَوْمُنَا اتَّخَذُوا مِن دُونِهِ آلِهَةً ۖ لَّوْلَا يَأْتُونَ عَلَيْهِم بِسُلْطَانٍ بَيِّنٍ ۖ فَمَنْ أَظْلَمُ مِمَّنِ افْتَرَىٰ عَلَى اللَّهِ كَذِبًا (15) Hierdie volk van ons het gode buiten Hom aangeneem. Waar- om bring hulle geen duidelike bewyse omtrent hulle nie? Wie is meer onregverdig as hy wat ’n leuen teen Allah versin |
وَإِذِ اعْتَزَلْتُمُوهُمْ وَمَا يَعْبُدُونَ إِلَّا اللَّهَ فَأْوُوا إِلَى الْكَهْفِ يَنشُرْ لَكُمْ رَبُّكُم مِّن رَّحْمَتِهِ وَيُهَيِّئْ لَكُم مِّنْ أَمْرِكُم مِّرْفَقًا (16) En daar is aan hulle gesê: Wanneer julle van hulle en dít wat hulle buiten Allah aanbid, afskeid neem, neem dan julle toevlug tot die Spelonk; julle Heer sal Sy barmhartigheid aan julle bewys en vir julle die saak gunstig laat besleg |
۞ وَتَرَى الشَّمْسَ إِذَا طَلَعَت تَّزَاوَرُ عَن كَهْفِهِمْ ذَاتَ الْيَمِينِ وَإِذَا غَرَبَت تَّقْرِضُهُمْ ذَاتَ الشِّمَالِ وَهُمْ فِي فَجْوَةٍ مِّنْهُ ۚ ذَٰلِكَ مِنْ آيَاتِ اللَّهِ ۗ مَن يَهْدِ اللَّهُ فَهُوَ الْمُهْتَدِ ۖ وَمَن يُضْلِلْ فَلَن تَجِدَ لَهُ وَلِيًّا مُّرْشِدًا (17) En u sal die son, wanneer dit opkom, effens aan die regterkant van hulle spelonk kan sien, en wanneer dit ondergaan, aan hul linkerkant. Daartussen, in die wye holte, was hulle tuiste. Dit is ’n teken van Allah; Hy wat deur Allah gelei word, is op die regte weg; maar vir hom wat Hy in dwaling laat, sal u geen vriend vind om hom reg te lei nie |
وَتَحْسَبُهُمْ أَيْقَاظًا وَهُمْ رُقُودٌ ۚ وَنُقَلِّبُهُمْ ذَاتَ الْيَمِينِ وَذَاتَ الشِّمَالِ ۖ وَكَلْبُهُم بَاسِطٌ ذِرَاعَيْهِ بِالْوَصِيدِ ۚ لَوِ اطَّلَعْتَ عَلَيْهِمْ لَوَلَّيْتَ مِنْهُمْ فِرَارًا وَلَمُلِئْتَ مِنْهُمْ رُعْبًا (18) En u sou dink dat hulle wakker is, terwyl hulle in werklikheid geslaap het, en Ons hulle van links na regs gedraai het; terwyl hulle hond met uitgestrekte pote by die drumpel gelê het. En as u na hulle gekyk het, sou u vlugtend van hulle weggedraai het, en hulle sou u met vrees vervul het |
وَكَذَٰلِكَ بَعَثْنَاهُمْ لِيَتَسَاءَلُوا بَيْنَهُمْ ۚ قَالَ قَائِلٌ مِّنْهُمْ كَمْ لَبِثْتُمْ ۖ قَالُوا لَبِثْنَا يَوْمًا أَوْ بَعْضَ يَوْمٍ ۚ قَالُوا رَبُّكُمْ أَعْلَمُ بِمَا لَبِثْتُمْ فَابْعَثُوا أَحَدَكُم بِوَرِقِكُمْ هَٰذِهِ إِلَى الْمَدِينَةِ فَلْيَنظُرْ أَيُّهَا أَزْكَىٰ طَعَامًا فَلْيَأْتِكُم بِرِزْقٍ مِّنْهُ وَلْيَتَلَطَّفْ وَلَا يُشْعِرَنَّ بِكُمْ أَحَدًا (19) En Ons het hulle laat ontwaak sodat hulle mekaar kon onder- vra. ’n Spreker uit hulle midde het gesê: Hoe lank het u vertoef? Hulle het geantwoord: Ons het ’n dag of ’n gedeelte van ’n dag vertoef. Ander weer het gesê: Julle Heer weet goed hoe lank julle vertoef het. Stuur nou een van julle met hierdie silwermuntstuk na die stad en laat hy sien watter voedsel goed en wettig is, en vir julle lewensmiddele daarmee saambring, en laat hy homself vriendelik gedra, en julle saak aan niemand bekend maak nie |
إِنَّهُمْ إِن يَظْهَرُوا عَلَيْكُمْ يَرْجُمُوكُمْ أَوْ يُعِيدُوكُمْ فِي مِلَّتِهِمْ وَلَن تُفْلِحُوا إِذًا أَبَدًا (20) Want as hulle die oorhand oor julle kry, sal hulle jul met klippe doodgooi, of julle na hulle godsdiens dwing, en dan sal julle nooit slaag nie |
وَكَذَٰلِكَ أَعْثَرْنَا عَلَيْهِمْ لِيَعْلَمُوا أَنَّ وَعْدَ اللَّهِ حَقٌّ وَأَنَّ السَّاعَةَ لَا رَيْبَ فِيهَا إِذْ يَتَنَازَعُونَ بَيْنَهُمْ أَمْرَهُمْ ۖ فَقَالُوا ابْنُوا عَلَيْهِم بُنْيَانًا ۖ رَّبُّهُمْ أَعْلَمُ بِهِمْ ۚ قَالَ الَّذِينَ غَلَبُوا عَلَىٰ أَمْرِهِمْ لَنَتَّخِذَنَّ عَلَيْهِم مَّسْجِدًا (21) En so het Ons die mense inligting omtrent hulle laat kry, sodat hulle kan weet dat die belofte van Allah waar is en dat daar geen twyfel omtrent die Uur bestaan nie. Toe hulle onder mekaar oor hulle eie saak geargumenteer en gesê het: Rig ’n gebou oor hulle op. Hul Heer weet wat die beste is. Diegene wat die oorhand behaal het, het gesê: Ons sal sekerlik ’n plek van aanbidding oor hulle bou |
سَيَقُولُونَ ثَلَاثَةٌ رَّابِعُهُمْ كَلْبُهُمْ وَيَقُولُونَ خَمْسَةٌ سَادِسُهُمْ كَلْبُهُمْ رَجْمًا بِالْغَيْبِ ۖ وَيَقُولُونَ سَبْعَةٌ وَثَامِنُهُمْ كَلْبُهُمْ ۚ قُل رَّبِّي أَعْلَمُ بِعِدَّتِهِم مَّا يَعْلَمُهُمْ إِلَّا قَلِيلٌ ۗ فَلَا تُمَارِ فِيهِمْ إِلَّا مِرَاءً ظَاهِرًا وَلَا تَسْتَفْتِ فِيهِم مِّنْهُمْ أَحَدًا (22) Sommige sê: Daar was drie en die vierde was hulle hond; en andere sê: Vyf, die sesde was hulle hond; terwyl hulle slegs gis. En nog ander sê: Sewe, en die agste was hulle hond. Sê: My Heer ken hulle getal. Niemand ken hulle nie, behalwe enkeles. Argumenteer daarom nie oor hulle saak nie, behalwe met duidelike bewyse, en vra ook nie een van hulle om inligting nie |
وَلَا تَقُولَنَّ لِشَيْءٍ إِنِّي فَاعِلٌ ذَٰلِكَ غَدًا (23) En sê nie aangaandie iets: Ek sal dit môre doen nie |
إِلَّا أَن يَشَاءَ اللَّهُ ۚ وَاذْكُر رَّبَّكَ إِذَا نَسِيتَ وَقُلْ عَسَىٰ أَن يَهْدِيَنِ رَبِّي لِأَقْرَبَ مِنْ هَٰذَا رَشَدًا (24) sonder om daarby te sê: As dit Allah behaag. En wanneer u dit vergeet, dink dan aan u Heer en sê: Dit mag wees dat my Heer my nader as tans na die regte weg sal lei |
وَلَبِثُوا فِي كَهْفِهِمْ ثَلَاثَ مِائَةٍ سِنِينَ وَازْدَادُوا تِسْعًا (25) En hulle het driehonderdjaar in hulle Spelonk gebly, en nog nege |
قُلِ اللَّهُ أَعْلَمُ بِمَا لَبِثُوا ۖ لَهُ غَيْبُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۖ أَبْصِرْ بِهِ وَأَسْمِعْ ۚ مَا لَهُم مِّن دُونِهِ مِن وَلِيٍّ وَلَا يُشْرِكُ فِي حُكْمِهِ أَحَدًا (26) Sê: Allah weet goed hoe lank hulle gebly het. Aan Hom behoort die geheime van die hemele en die aarde. Hoe duidelik kan Hy sien en hoor! Daar is geen voog vir hulle buiten Hom nie, en Hy laat niemand toe om aan Sy besluite deel te neem nie |
وَاتْلُ مَا أُوحِيَ إِلَيْكَ مِن كِتَابِ رَبِّكَ ۖ لَا مُبَدِّلَ لِكَلِمَاتِهِ وَلَن تَجِدَ مِن دُونِهِ مُلْتَحَدًا (27) En verkondig dít wat van die Boek van u Heer aan u geopenbaar is. Daar is niemand wat Sy woorde kan verander nie. En u sal geen toevlug buiten Hom vind nie |
وَاصْبِرْ نَفْسَكَ مَعَ الَّذِينَ يَدْعُونَ رَبَّهُم بِالْغَدَاةِ وَالْعَشِيِّ يُرِيدُونَ وَجْهَهُ ۖ وَلَا تَعْدُ عَيْنَاكَ عَنْهُمْ تُرِيدُ زِينَةَ الْحَيَاةِ الدُّنْيَا ۖ وَلَا تُطِعْ مَنْ أَغْفَلْنَا قَلْبَهُ عَن ذِكْرِنَا وَاتَّبَعَ هَوَاهُ وَكَانَ أَمْرُهُ فُرُطًا (28) En uself moet vertoef met diegene wat hulle Heer soggens en saans aanroep, en wat verlang na Sy welbehae. En laat u oë nie van hulle afdwaal omdat u verlang na die prag en praal van die lewe van hierdie wêreld nie. En volg nie vir hom wie se hart Ons agteloos ten aansien van Ons gedagtenis gemaak het nie, aangesien hy sy slegte begeerte volg, en hy die vasgestelde perke oorskry |
وَقُلِ الْحَقُّ مِن رَّبِّكُمْ ۖ فَمَن شَاءَ فَلْيُؤْمِن وَمَن شَاءَ فَلْيَكْفُرْ ۚ إِنَّا أَعْتَدْنَا لِلظَّالِمِينَ نَارًا أَحَاطَ بِهِمْ سُرَادِقُهَا ۚ وَإِن يَسْتَغِيثُوا يُغَاثُوا بِمَاءٍ كَالْمُهْلِ يَشْوِي الْوُجُوهَ ۚ بِئْسَ الشَّرَابُ وَسَاءَتْ مُرْتَفَقًا (29) En sê: Die Waarheid kom van julle Heer; laat dié wat wil, glo, en dié wat nie wil nie, ongelowig bly. Voorwaar, vir die kwaaddoeners het Ons ’n Vuur voorberei wat hulle sal insluit. En indien hulle om hulp vra, sal daar water soos gesmelte geelkoper vir hulle gegee word, wat hulle gesigte sal verbrand. Hoe verskriklik die drank! Hoe verskriklik die rusplek |
إِنَّ الَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ إِنَّا لَا نُضِيعُ أَجْرَ مَنْ أَحْسَنَ عَمَلًا (30) Wat diegene betref wat glo en goeddoen, voorwaar, Ons sal die beloning van hom wat goeddoen, nie verlore laat gaan nie |
أُولَٰئِكَ لَهُمْ جَنَّاتُ عَدْنٍ تَجْرِي مِن تَحْتِهِمُ الْأَنْهَارُ يُحَلَّوْنَ فِيهَا مِنْ أَسَاوِرَ مِن ذَهَبٍ وَيَلْبَسُونَ ثِيَابًا خُضْرًا مِّن سُندُسٍ وَإِسْتَبْرَقٍ مُّتَّكِئِينَ فِيهَا عَلَى الْأَرَائِكِ ۚ نِعْمَ الثَّوَابُ وَحَسُنَتْ مُرْتَفَقًا (31) Vir hulle is daar Tuine van Ewigheid waardeur riviere vloei; hulle sal daarin met armbande van goud getooi word, en hulle sal groen gewade van fyn sy en swaar brokaat dra, terwyl hulle hul op verhewe sofa’s daarin sal neervly. Hoe uitmuntend die beloning! Hoe uitstekend die rusplek |
۞ وَاضْرِبْ لَهُم مَّثَلًا رَّجُلَيْنِ جَعَلْنَا لِأَحَدِهِمَا جَنَّتَيْنِ مِنْ أَعْنَابٍ وَحَفَفْنَاهُمَا بِنَخْلٍ وَجَعَلْنَا بَيْنَهُمَا زَرْعًا (32) En vertel aan hulle die gelykenis van die twee manne. Vir een van hulle het Ons twee tuine met wingerde gemaak, en Ons het dit met dadelpalms omhein, en tussen hulle het Ons koringvelde aangelê |
كِلْتَا الْجَنَّتَيْنِ آتَتْ أُكُلَهَا وَلَمْ تَظْلِم مِّنْهُ شَيْئًا ۚ وَفَجَّرْنَا خِلَالَهُمَا نَهَرًا (33) Hierdie tuine het albei vrugte voortgebring en het nie gebrek geken nie, en Ons het ’n rivier tussen hulle deur laat stroom |
وَكَانَ لَهُ ثَمَرٌ فَقَالَ لِصَاحِبِهِ وَهُوَ يُحَاوِرُهُ أَنَا أَكْثَرُ مِنكَ مَالًا وَأَعَزُّ نَفَرًا (34) En hy het vrugte gehad. Aan sy maat het hy gesê terwyl hy met hom geargumenteer het: Ek het meer rykdom as u, en my volgelinge is magtiger |
وَدَخَلَ جَنَّتَهُ وَهُوَ ظَالِمٌ لِّنَفْسِهِ قَالَ مَا أَظُنُّ أَن تَبِيدَ هَٰذِهِ أَبَدًا (35) En hy het in sy tuin gegaan, terwyl hy onregverdig teenoor homself was, en gesê: Ek dink nie dat dít ooit sal vergaan nie |
وَمَا أَظُنُّ السَّاعَةَ قَائِمَةً وَلَئِن رُّدِدتُّ إِلَىٰ رَبِّي لَأَجِدَنَّ خَيْرًا مِّنْهَا مُنقَلَبًا (36) en ek dink nie dat die Uur sal kom nie; en al word ek na my Heer teruggebring, sal ek sekerlik ’n beter oord as dít vind |
قَالَ لَهُ صَاحِبُهُ وَهُوَ يُحَاوِرُهُ أَكَفَرْتَ بِالَّذِي خَلَقَكَ مِن تُرَابٍ ثُمَّ مِن نُّطْفَةٍ ثُمَّ سَوَّاكَ رَجُلًا (37) Sy maat het vir hom gesê terwyl hy met hom geredekawel het: Glo u nie in Hom wat u uit stof geskape het, daarna uit ’n sperm, en u toe ’n volmaakte mens gemaak het nie |
لَّٰكِنَّا هُوَ اللَّهُ رَبِّي وَلَا أُشْرِكُ بِرَبِّي أَحَدًا (38) Maar wat my betref: Hy, Allah, is my Heer, en ek vereenselwig niemand met Hom nie |
وَلَوْلَا إِذْ دَخَلْتَ جَنَّتَكَ قُلْتَ مَا شَاءَ اللَّهُ لَا قُوَّةَ إِلَّا بِاللَّهِ ۚ إِن تَرَنِ أَنَا أَقَلَّ مِنكَ مَالًا وَوَلَدًا (39) En waarom het u nie gesê toe u die tuin binnegegaan het nie: Dit is soos dit Allah behaag het; daar is geen mag nie behalwe in Allah? As u my as u mindere in rykdom en kinders beskou |
فَعَسَىٰ رَبِّي أَن يُؤْتِيَنِ خَيْرًا مِّن جَنَّتِكَ وَيُرْسِلَ عَلَيْهَا حُسْبَانًا مِّنَ السَّمَاءِ فَتُصْبِحَ صَعِيدًا زَلَقًا (40) sal my Heer my waarskynlik iets beter as u tuin gee, en op u s’n ’n afrekening uit die hemel afstuur, sodat dit stof sonder plante sal word |
أَوْ يُصْبِحَ مَاؤُهَا غَوْرًا فَلَن تَسْتَطِيعَ لَهُ طَلَبًا (41) of die water daarvan sal in die grond sink, sodat u nie in staat sal wees om dit weer te vind nie |
وَأُحِيطَ بِثَمَرِهِ فَأَصْبَحَ يُقَلِّبُ كَفَّيْهِ عَلَىٰ مَا أَنفَقَ فِيهَا وَهِيَ خَاوِيَةٌ عَلَىٰ عُرُوشِهَا وَيَقُولُ يَا لَيْتَنِي لَمْ أُشْرِكْ بِرَبِّي أَحَدًا (42) En sy vrugte is vernietig, en hy het sy hande begin wring weens alles wat hy aan die tuin bestee het, en omdat dit nou vewoes lê met ingestorte latwerk. En hy het gesê: Wee my! Het ek maar niemand met my Heer vereenselwig nie |
وَلَمْ تَكُن لَّهُ فِئَةٌ يَنصُرُونَهُ مِن دُونِ اللَّهِ وَمَا كَانَ مُنتَصِرًا (43) En hy het geen leërskaar gehad om hom teen Allah te help nie, nog minder kon hy homself verdedig |
هُنَالِكَ الْوَلَايَةُ لِلَّهِ الْحَقِّ ۚ هُوَ خَيْرٌ ثَوَابًا وَخَيْرٌ عُقْبًا (44) Beskerming kom dus alleen van Allah, die Ware. Hy is die Beste beloner en die Beste betaler |
وَاضْرِبْ لَهُم مَّثَلَ الْحَيَاةِ الدُّنْيَا كَمَاءٍ أَنزَلْنَاهُ مِنَ السَّمَاءِ فَاخْتَلَطَ بِهِ نَبَاتُ الْأَرْضِ فَأَصْبَحَ هَشِيمًا تَذْرُوهُ الرِّيَاحُ ۗ وَكَانَ اللَّهُ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ مُّقْتَدِرًا (45) En hou die volgende voor as ’n gelykenis van hierdie wêreld: dit is soos water wat Ons uit die wolk afstuur sodat die gras op die aarde daardeur weelderig kan groei, en daarna word dit droog en breek op in stukkies wat die wind verstrooi. En die mag van Allah oorheers alle dinge |
الْمَالُ وَالْبَنُونَ زِينَةُ الْحَيَاةِ الدُّنْيَا ۖ وَالْبَاقِيَاتُ الصَّالِحَاتُ خَيْرٌ عِندَ رَبِّكَ ثَوَابًا وَخَيْرٌ أَمَلًا (46) Rykdom en kinders is sierade van die lewe van hierdie wêreld; maar die ewigdurende, die goeie werke, sal deur u Heer beter beloon word, en u sal op meer kan hoop |
وَيَوْمَ نُسَيِّرُ الْجِبَالَ وَتَرَى الْأَرْضَ بَارِزَةً وَحَشَرْنَاهُمْ فَلَمْ نُغَادِرْ مِنْهُمْ أَحَدًا (47) En dink aan die Dag waarop Ons die berge sal versit, en u die aarde sal sien soos ’n uitgestrekte vlakte, en Ons hulle almal bymekaar sal maak en niemand sal laat agterbly nie |
وَعُرِضُوا عَلَىٰ رَبِّكَ صَفًّا لَّقَدْ جِئْتُمُونَا كَمَا خَلَقْنَاكُمْ أَوَّلَ مَرَّةٍ ۚ بَلْ زَعَمْتُمْ أَلَّن نَّجْعَلَ لَكُم مَّوْعِدًا (48) En hulle sal in rye voor u Heer gebring word, en daar sal gesê word: Sekerlik het julle na Ons gekom soos Ons julle die eerste maal geskape het. Nee, julle het gedink dat Ons nie ’n afspraak met julle gemaak het nie |
وَوُضِعَ الْكِتَابُ فَتَرَى الْمُجْرِمِينَ مُشْفِقِينَ مِمَّا فِيهِ وَيَقُولُونَ يَا وَيْلَتَنَا مَالِ هَٰذَا الْكِتَابِ لَا يُغَادِرُ صَغِيرَةً وَلَا كَبِيرَةً إِلَّا أَحْصَاهَا ۚ وَوَجَدُوا مَا عَمِلُوا حَاضِرًا ۗ وَلَا يَظْلِمُ رَبُّكَ أَحَدًا (49) En die boek sal voorgelê word: dan sal u die skuldiges sien vrees weens dít wat daarin staan, en hulle sal sê: Wee ons! Wat se boek is dit? Dit slaan nie klein of groot oor nie, maar dit som alles op. En hulle sal alles sien wat hulle gedoen het. En u Heer sal niemand onreg aandoen nie |
وَإِذْ قُلْنَا لِلْمَلَائِكَةِ اسْجُدُوا لِآدَمَ فَسَجَدُوا إِلَّا إِبْلِيسَ كَانَ مِنَ الْجِنِّ فَفَسَقَ عَنْ أَمْرِ رَبِّهِ ۗ أَفَتَتَّخِذُونَهُ وَذُرِّيَّتَهُ أَوْلِيَاءَ مِن دُونِي وَهُمْ لَكُمْ عَدُوٌّ ۚ بِئْسَ لِلظَّالِمِينَ بَدَلًا (50) En toe Ons aan die engele gesê het: Prostreer voor Adam, het hulle geprostreer, behalwe Iblies. Hy was een van die djien, daarom dat hy die gebod van sy Heer oortree het. Sal julle hom en sy nageslag dan tot vriende neem en nie vir My nie, terwyl hulle julle vyande is? Boos is die ruil van die onregverdiges |
۞ مَّا أَشْهَدتُّهُمْ خَلْقَ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ وَلَا خَلْقَ أَنفُسِهِمْ وَمَا كُنتُ مُتَّخِذَ الْمُضِلِّينَ عَضُدًا (51) En Ek het julle nie as getuies van die skepping van die hemele en die aarde ingeroep nie, ook nie van julle eie skepping nie. Ook het Ek nie die misleiers as helpers gehad nie |
وَيَوْمَ يَقُولُ نَادُوا شُرَكَائِيَ الَّذِينَ زَعَمْتُمْ فَدَعَوْهُمْ فَلَمْ يَسْتَجِيبُوا لَهُمْ وَجَعَلْنَا بَيْنَهُم مَّوْبِقًا (52) En eendag sal Hy sê: Roep diegene aan van wie julle gesê het dat hulle deelgenote van My is. Dan sal hulle hul aanroep maar geen antwoord ontvang nie, en Ons sal ’n skeiding tussen hulle maak |
وَرَأَى الْمُجْرِمُونَ النَّارَ فَظَنُّوا أَنَّهُم مُّوَاقِعُوهَا وَلَمْ يَجِدُوا عَنْهَا مَصْرِفًا (53) En die skuldiges sal die Vuur raaksien, en hulle sal weet dat hulle enige oomblik daarin kan val; en hulle sal dit nie vryspring nie |
وَلَقَدْ صَرَّفْنَا فِي هَٰذَا الْقُرْآنِ لِلنَّاسِ مِن كُلِّ مَثَلٍ ۚ وَكَانَ الْإِنسَانُ أَكْثَرَ شَيْءٍ جَدَلًا (54) En waarlik, Ons het in hierdie Qur’ãn allerlei gelykenisse ver- meld, maar die mens is in baie dinge twissiek |
وَمَا مَنَعَ النَّاسَ أَن يُؤْمِنُوا إِذْ جَاءَهُمُ الْهُدَىٰ وَيَسْتَغْفِرُوا رَبَّهُمْ إِلَّا أَن تَأْتِيَهُمْ سُنَّةُ الْأَوَّلِينَ أَوْ يَأْتِيَهُمُ الْعَذَابُ قُبُلًا (55) En niks belet die mense om te glo wanneer daar leiding tot hulle kom, en om hulle Heer om vergifnis te vra nie, behalwe dat hulle weet dat daar met hulle moet gebeur wat met die ou volke gebeur het, of dat hulle die straf in die gesig moet staar |
وَمَا نُرْسِلُ الْمُرْسَلِينَ إِلَّا مُبَشِّرِينَ وَمُنذِرِينَ ۚ وَيُجَادِلُ الَّذِينَ كَفَرُوا بِالْبَاطِلِ لِيُدْحِضُوا بِهِ الْحَقَّ ۖ وَاتَّخَذُوا آيَاتِي وَمَا أُنذِرُوا هُزُوًا (56) En Ons stuur nie boodskappers nie, behalwe as draers van blye tydings en as waarskuwers; en diegene wat nie glo nie worstel met valsheid om die Waarheid daardeur te verswak, en hulle dryf die spot met My tekens en die waarskuwinge |
وَمَنْ أَظْلَمُ مِمَّن ذُكِّرَ بِآيَاتِ رَبِّهِ فَأَعْرَضَ عَنْهَا وَنَسِيَ مَا قَدَّمَتْ يَدَاهُ ۚ إِنَّا جَعَلْنَا عَلَىٰ قُلُوبِهِمْ أَكِنَّةً أَن يَفْقَهُوهُ وَفِي آذَانِهِمْ وَقْرًا ۖ وَإِن تَدْعُهُمْ إِلَى الْهُدَىٰ فَلَن يَهْتَدُوا إِذًا أَبَدًا (57) En wie is onregvediger as hy wat herinner word aan die tekens van sy Heer, en dan sy rug daarop draai en vergeet wat sy hande vooruitgestuur het? Voorwaar, Ons het sluiers oor hulle harte gelê, sodat hulle dit nie kan verstaan nie, en doofheid in hulle ore. En al vermaan u hulle om te volg, hulle sal nooit gehoor gee nie |
وَرَبُّكَ الْغَفُورُ ذُو الرَّحْمَةِ ۖ لَوْ يُؤَاخِذُهُم بِمَا كَسَبُوا لَعَجَّلَ لَهُمُ الْعَذَابَ ۚ بَل لَّهُم مَّوْعِدٌ لَّن يَجِدُوا مِن دُونِهِ مَوْئِلًا (58) Maar u Heer is Vergewensgesind, uiters Genadevol. Indien Hy hulle wou straf vir wat hulle verdien het, sou Hy ongetwyfeld die straf vir hulle verhaas het. Maar vir hulle is daar ’n vasgestelde tyd waaraan hulle nie sal ontkom nie |
وَتِلْكَ الْقُرَىٰ أَهْلَكْنَاهُمْ لَمَّا ظَلَمُوا وَجَعَلْنَا لِمَهْلِكِهِم مَّوْعِدًا (59) En hierdie stede! Ons het hulle vernietig toe hulle onreg gedoen het. En Ons het ’n tyd vir hulle verdelging vasgestel |
وَإِذْ قَالَ مُوسَىٰ لِفَتَاهُ لَا أَبْرَحُ حَتَّىٰ أَبْلُغَ مَجْمَعَ الْبَحْرَيْنِ أَوْ أَمْضِيَ حُقُبًا (60) En toe Moses aan sy dienaar gesê het: Ek sal nie ophou voordat ek die samevloeiing van die twee riviere bereik nie, anders sal ek jare voortgaan |
فَلَمَّا بَلَغَا مَجْمَعَ بَيْنِهِمَا نَسِيَا حُوتَهُمَا فَاتَّخَذَ سَبِيلَهُ فِي الْبَحْرِ سَرَبًا (61) En toe hulle die samevloeiing van die twee riviere bereik het, het hulle hul vis vergeet, en dit het weer sy weg in die rivier gevind terwyl dit ’n kans daartoe gehad het |
فَلَمَّا جَاوَزَا قَالَ لِفَتَاهُ آتِنَا غَدَاءَنَا لَقَدْ لَقِينَا مِن سَفَرِنَا هَٰذَا نَصَبًا (62) Maar toe hulle verder gaan, het hy aan sy dienaar gesê: Bring vir ons ons oggendmaal. Waarlik, hierdie reis het ons vermoei |
قَالَ أَرَأَيْتَ إِذْ أَوَيْنَا إِلَى الصَّخْرَةِ فَإِنِّي نَسِيتُ الْحُوتَ وَمَا أَنسَانِيهُ إِلَّا الشَّيْطَانُ أَنْ أَذْكُرَهُ ۚ وَاتَّخَذَ سَبِيلَهُ فِي الْبَحْرِ عَجَبًا (63) Sy antwoord was: Toe ons ons skuiling by die rots gesoek het, het ek die vis vergeet, en niemand anders as die duiwel nie het my laat vergeet om daarvan te praat, en dit het sy weg in die rivier gevind; hoe wonderlik |
قَالَ ذَٰلِكَ مَا كُنَّا نَبْغِ ۚ فَارْتَدَّا عَلَىٰ آثَارِهِمَا قَصَصًا (64) Hy het gesê: Dít is waarna ons gesoek het. Daarom het hulle op hulle spore teruggegaan |
فَوَجَدَا عَبْدًا مِّنْ عِبَادِنَا آتَيْنَاهُ رَحْمَةً مِّنْ عِندِنَا وَعَلَّمْنَاهُ مِن لَّدُنَّا عِلْمًا (65) Toe het hulle ’n dienaar van Ons gevind aan wie Ons barmhartig- heid bewys het, en wat Ons met kennis van Onsself onderwys het |
قَالَ لَهُ مُوسَىٰ هَلْ أَتَّبِعُكَ عَلَىٰ أَن تُعَلِّمَنِ مِمَّا عُلِّمْتَ رُشْدًا (66) Moses het aan hom gesê: Mag ek u volg sodat u my onderwys kan gee in die goeie kennis waarin u reeds onderrig is |
قَالَ إِنَّكَ لَن تَسْتَطِيعَ مَعِيَ صَبْرًا (67) Hy het geantwoord: U sal nie geduldig wees met my nie |
وَكَيْفَ تَصْبِرُ عَلَىٰ مَا لَمْ تُحِطْ بِهِ خُبْرًا (68) En hoe kan u geduldig wees in sake waarvan u geen behoorlike kennis het nie |
قَالَ سَتَجِدُنِي إِن شَاءَ اللَّهُ صَابِرًا وَلَا أَعْصِي لَكَ أَمْرًا (69) Hy het gesê: As dit Allah behaag, sal u my geduldig vind, en ek sal u bevele nie ongehoorsaam wees nie |
قَالَ فَإِنِ اتَّبَعْتَنِي فَلَا تَسْأَلْنِي عَن شَيْءٍ حَتَّىٰ أُحْدِثَ لَكَ مِنْهُ ذِكْرًا (70) Hy het gesê: Nou goed, as u my wil volg, moet u my oor niks uitvra totdat ek self met u daaroor praat nie |
فَانطَلَقَا حَتَّىٰ إِذَا رَكِبَا فِي السَّفِينَةِ خَرَقَهَا ۖ قَالَ أَخَرَقْتَهَا لِتُغْرِقَ أَهْلَهَا لَقَدْ جِئْتَ شَيْئًا إِمْرًا (71) So het hulle dan vertrek, totdat hulle later in ’n boot geklim en hy ’n gat daarin gemaak het. Moses het gesê: Het u ’n gat daarin gemaak om die varendes te laat verdrink? Voorwaar, u het iets gruweliks aangerig |
قَالَ أَلَمْ أَقُلْ إِنَّكَ لَن تَسْتَطِيعَ مَعِيَ صَبْرًا (72) Hy het geantwoord: Het ek u nie gesê dat u nie geduldig kan wees nie |
قَالَ لَا تُؤَاخِذْنِي بِمَا نَسِيتُ وَلَا تُرْهِقْنِي مِنْ أَمْرِي عُسْرًا (73) Sy antwoord was: Verwyt my nie omdat ek vergeet het nie, en wees nie hardvogtig oor wat ek gedoen het nie |
فَانطَلَقَا حَتَّىٰ إِذَا لَقِيَا غُلَامًا فَقَتَلَهُ قَالَ أَقَتَلْتَ نَفْسًا زَكِيَّةً بِغَيْرِ نَفْسٍ لَّقَدْ جِئْتَ شَيْئًا نُّكْرًا (74) Hulle het toe verder gereis totdat hulle ’n seun teengekom en hy hom vermoor het. Moses het gesê: Het u ’n onskuldige gedood wat niemand kwaad aangedoen het nie? U het inderdaad ’n gruwelike daad begaan |
۞ قَالَ أَلَمْ أَقُل لَّكَ إِنَّكَ لَن تَسْتَطِيعَ مَعِيَ صَبْرًا (75) Hy het geantwoord: Het ek nie gesê dat u nie in staat is om saam met my geduldig te wees nie |
قَالَ إِن سَأَلْتُكَ عَن شَيْءٍ بَعْدَهَا فَلَا تُصَاحِبْنِي ۖ قَدْ بَلَغْتَ مِن لَّدُنِّي عُذْرًا (76) Hy het gesê: As ek u weer iets vra, moet u my nie langer in u geselskap hou nie. U sal rede daartoe hê |
فَانطَلَقَا حَتَّىٰ إِذَا أَتَيَا أَهْلَ قَرْيَةٍ اسْتَطْعَمَا أَهْلَهَا فَأَبَوْا أَن يُضَيِّفُوهُمَا فَوَجَدَا فِيهَا جِدَارًا يُرِيدُ أَن يَنقَضَّ فَأَقَامَهُ ۖ قَالَ لَوْ شِئْتَ لَتَّخَذْتَ عَلَيْهِ أَجْرًا (77) So het hulle hul gang gegaan totdat hulle by die inwoners van ’n stad gekom het, waar hulle om kos gevra het. Maar die inwoners het geweier om gasvryheid aan hulle te betoon. Toe het hulle daar ’n muur gevind wat enige oomblik kon instort, en hy het dit weer herstel. Moses het gesê: As u wou, kon u ’n loon daarvoor gevra het |
قَالَ هَٰذَا فِرَاقُ بَيْنِي وَبَيْنِكَ ۚ سَأُنَبِّئُكَ بِتَأْوِيلِ مَا لَمْ تَسْتَطِع عَّلَيْهِ صَبْرًا (78) Hy het gesê: Dít is die skeiding tussen u en my. Ek sal u nou die verklaring van die dade gee waaroor u ongeduldig was |
أَمَّا السَّفِينَةُ فَكَانَتْ لِمَسَاكِينَ يَعْمَلُونَ فِي الْبَحْرِ فَأَرَدتُّ أَنْ أَعِيبَهَا وَكَانَ وَرَاءَهُم مَّلِكٌ يَأْخُذُ كُلَّ سَفِينَةٍ غَصْبًا (79) Wat die boot betref, dit het aan arm mense behoort wat op die rivier gewerk het, en dit was my voorneme om dit onbruikbaar te maak, want agter hulle was ’n koning wat op elke boot met geweld beslag gelê het |
وَأَمَّا الْغُلَامُ فَكَانَ أَبَوَاهُ مُؤْمِنَيْنِ فَخَشِينَا أَن يُرْهِقَهُمَا طُغْيَانًا وَكُفْرًا (80) En wat die seun betref, sy ouers was gelowiges en Ons het ge- vrees dat hy skande oor hulle sou bring deur sy opstandigheid en ongeloof |
فَأَرَدْنَا أَن يُبْدِلَهُمَا رَبُّهُمَا خَيْرًا مِّنْهُ زَكَاةً وَأَقْرَبَ رُحْمًا (81) Derhalwe het Ons gewens dat hulle Heer hulle in sy plek ’n beter seun moet skenk, een wat reiner en sagmoediger sal wees |
وَأَمَّا الْجِدَارُ فَكَانَ لِغُلَامَيْنِ يَتِيمَيْنِ فِي الْمَدِينَةِ وَكَانَ تَحْتَهُ كَنزٌ لَّهُمَا وَكَانَ أَبُوهُمَا صَالِحًا فَأَرَادَ رَبُّكَ أَن يَبْلُغَا أَشُدَّهُمَا وَيَسْتَخْرِجَا كَنزَهُمَا رَحْمَةً مِّن رَّبِّكَ ۚ وَمَا فَعَلْتُهُ عَنْ أَمْرِي ۚ ذَٰلِكَ تَأْوِيلُ مَا لَمْ تَسْطِع عَّلَيْهِ صَبْرًا (82) En wat die muur betref, dit het aan twee weesseuns in die stad behoort, en daaronder was skatte wat aan hulle behoort het, en hulle vader was ’n regverdige man. Daarom was dit hulle Heer se verlange dat hulle volwasse sou word en hulle skatte uit- grawe ~ ’n genade van u Heer ~ en dit alles het ek nie uit myself gedoen nie. Dít is die betekenis van dit waaroor u nie geduldig was nie |
وَيَسْأَلُونَكَ عَن ذِي الْقَرْنَيْنِ ۖ قُلْ سَأَتْلُو عَلَيْكُم مِّنْهُ ذِكْرًا (83) En hulle vra u uit omtrent Zoel-Kornein. Sê: Ek sal julle sy verhaal meedeel |
إِنَّا مَكَّنَّا لَهُ فِي الْأَرْضِ وَآتَيْنَاهُ مِن كُلِّ شَيْءٍ سَبَبًا (84) Voorwaar, Ons het hom in die land gevestig en hom toegang tot alles verleen |
فَأَتْبَعَ سَبَبًا (85) en hy het ’n weg gevolg |
حَتَّىٰ إِذَا بَلَغَ مَغْرِبَ الشَّمْسِ وَجَدَهَا تَغْرُبُ فِي عَيْنٍ حَمِئَةٍ وَوَجَدَ عِندَهَا قَوْمًا ۗ قُلْنَا يَا ذَا الْقَرْنَيْنِ إِمَّا أَن تُعَذِّبَ وَإِمَّا أَن تَتَّخِذَ فِيهِمْ حُسْنًا (86) totdat hy die verste punt bereik het in die rigting van die onder- gaande son, waar dit in die swart see ondergegaan het, en waar hy ’n volk gevind het. Ons het gesê: O Zoel-Kornein! Bestraf hulle, of behandel hulle met vriendelikheid |
قَالَ أَمَّا مَن ظَلَمَ فَسَوْفَ نُعَذِّبُهُ ثُمَّ يُرَدُّ إِلَىٰ رَبِّهِ فَيُعَذِّبُهُ عَذَابًا نُّكْرًا (87) Hy het gesê: Wat diegene betref wat kwaad doen, ons sal elkeen van hulle bestraf, dan sal hy na sy Heer terugkeer, en Hy sal hom met ’n streng kastyding straf |
وَأَمَّا مَنْ آمَنَ وَعَمِلَ صَالِحًا فَلَهُ جَزَاءً الْحُسْنَىٰ ۖ وَسَنَقُولُ لَهُ مِنْ أَمْرِنَا يُسْرًا (88) En wat hom betref wat glo en goeddoen, hy sal ’n goeie belo- ning ontvang, en hy sal deur Ons gebod gemak ontvang |
ثُمَّ أَتْبَعَ سَبَبًا (89) Daarna het hy ’n ander weg ingeslaan |
حَتَّىٰ إِذَا بَلَغَ مَطْلِعَ الشَّمْسِ وَجَدَهَا تَطْلُعُ عَلَىٰ قَوْمٍ لَّمْ نَجْعَل لَّهُم مِّن دُونِهَا سِتْرًا (90) totdat hy die land van die opkomende son bereik het, waar hy ontdek het dat dit oor ’n volk opkom aan wie Ons geen beskutting daarteen gegee het nie |
كَذَٰلِكَ وَقَدْ أَحَطْنَا بِمَا لَدَيْهِ خُبْرًا (91) So was dit. En Ons het volledige kennis gehad van wat hy besit het |
ثُمَّ أَتْبَعَ سَبَبًا (92) Daarna het hy weer ’n ander weg ingeslaan |
حَتَّىٰ إِذَا بَلَغَ بَيْنَ السَّدَّيْنِ وَجَدَ مِن دُونِهِمَا قَوْمًا لَّا يَكَادُونَ يَفْقَهُونَ قَوْلًا (93) totdat hy ’n plek tussen twee berge bereik het, aan die ander kant waarvan hy ’n volk aangetref het wat skaaars ’n woord kon verstaan |
قَالُوا يَا ذَا الْقَرْنَيْنِ إِنَّ يَأْجُوجَ وَمَأْجُوجَ مُفْسِدُونَ فِي الْأَرْضِ فَهَلْ نَجْعَلُ لَكَ خَرْجًا عَلَىٰ أَن تَجْعَلَ بَيْنَنَا وَبَيْنَهُمْ سَدًّا (94) Hulle het gesê: O Zoel-Kornein! Gog en Magog rig onheil aan in die land. Ons sal graag aan u eer bewys mits u ’n versperring tussen hulle en ons oprig |
قَالَ مَا مَكَّنِّي فِيهِ رَبِّي خَيْرٌ فَأَعِينُونِي بِقُوَّةٍ أَجْعَلْ بَيْنَكُمْ وَبَيْنَهُمْ رَدْمًا (95) En hy het geantwoord: Dít waarmee my Heer my beklee het, is beter as eerbewyse; help my, en ek sal ’n verskanste versperring tussen hulle en julle oprig |
آتُونِي زُبَرَ الْحَدِيدِ ۖ حَتَّىٰ إِذَا سَاوَىٰ بَيْنَ الصَّدَفَيْنِ قَالَ انفُخُوا ۖ حَتَّىٰ إِذَا جَعَلَهُ نَارًا قَالَ آتُونِي أُفْرِغْ عَلَيْهِ قِطْرًا (96) Bring vir my blokke yster. Uiteindelik, toe hy die ruimte tussen die twee berge opgevul het, het hy gesê: Blaas; totdat hy dit soos ’n vuur laat lyk en hy gesê het: Bring vir my gesmelte geelkoper om daaroor te giet |
فَمَا اسْطَاعُوا أَن يَظْهَرُوهُ وَمَا اسْتَطَاعُوا لَهُ نَقْبًا (97) En hulle was nie in staat om daaroor te klim of om ’n gat daarin te maak nie |
قَالَ هَٰذَا رَحْمَةٌ مِّن رَّبِّي ۖ فَإِذَا جَاءَ وَعْدُ رَبِّي جَعَلَهُ دَكَّاءَ ۖ وَكَانَ وَعْدُ رَبِّي حَقًّا (98) Hy het gesê: Dit is ’n genade van my Heer, maar wanneer die belofte van my Heer vervul sal word, sal Hy dit laat instort; en die belofte van my Heer bly ewig waar |
۞ وَتَرَكْنَا بَعْضَهُمْ يَوْمَئِذٍ يَمُوجُ فِي بَعْضٍ ۖ وَنُفِخَ فِي الصُّورِ فَجَمَعْنَاهُمْ جَمْعًا (99) En op daardie Dag sal Ons sommige van hulle teen andere in opstand laat kom, en die basuin sal geblaas word; dan sal Ons hulle almal bymekaarversamel |
وَعَرَضْنَا جَهَنَّمَ يَوْمَئِذٍ لِّلْكَافِرِينَ عَرْضًا (100) En Ons sal die Hel op daardie Dag vir die ongelowiges oopstel |
الَّذِينَ كَانَتْ أَعْيُنُهُمْ فِي غِطَاءٍ عَن ذِكْرِي وَكَانُوا لَا يَسْتَطِيعُونَ سَمْعًا (101) hulle wie se oë gesluier was teen herinneringe aan My, en wat selfs nie kon hoor nie |
أَفَحَسِبَ الَّذِينَ كَفَرُوا أَن يَتَّخِذُوا عِبَادِي مِن دُونِي أَوْلِيَاءَ ۚ إِنَّا أَعْتَدْنَا جَهَنَّمَ لِلْكَافِرِينَ نُزُلًا (102) Dink hulle wat nie glo nie, dat hulle My dienaars as vriende buiten My kan neem? Voorwaar, Ons het die Hel as ’n onthaal vir die ongelowiges voorberei |
قُلْ هَلْ نُنَبِّئُكُم بِالْأَخْسَرِينَ أَعْمَالًا (103) Sê: Sal Ons julle meedeel wie se werke die grootste verlies sal toon |
الَّذِينَ ضَلَّ سَعْيُهُمْ فِي الْحَيَاةِ الدُّنْيَا وَهُمْ يَحْسَبُونَ أَنَّهُمْ يُحْسِنُونَ صُنْعًا (104) Dit is hulle wie se moeite in hierdie lewe tevergeefs was, maar wat nogtans dink dat hulle goeie dinge vervaardig het |
أُولَٰئِكَ الَّذِينَ كَفَرُوا بِآيَاتِ رَبِّهِمْ وَلِقَائِهِ فَحَبِطَتْ أَعْمَالُهُمْ فَلَا نُقِيمُ لَهُمْ يَوْمَ الْقِيَامَةِ وَزْنًا (105) Dit is hulle wat nie in die tekens van hulle Heer en in die ontmoeting met Hom glo nie. Daarom sal hulle werke tevergeefs wees. En op die Dag van Herrysing sal Ons geen weegskaal vir hulle opstel nie |
ذَٰلِكَ جَزَاؤُهُمْ جَهَنَّمُ بِمَا كَفَرُوا وَاتَّخَذُوا آيَاتِي وَرُسُلِي هُزُوًا (106) Dít is hulle beloning ~ Hel, omdat hulle nie geglo het nie en met My tekens en My boodskappers die spot gedrywe het |
إِنَّ الَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ كَانَتْ لَهُمْ جَنَّاتُ الْفِرْدَوْسِ نُزُلًا (107) Voorwaar, hulle wat glo en goeie werke doen, vir hulle is die Tuine van die Paradys bestem. ’n Onthaal |
خَالِدِينَ فِيهَا لَا يَبْغُونَ عَنْهَا حِوَلًا (108) vir hulle om in te vertoef; en hulle sal nie begeer om daaruit weg te gaan nie |
قُل لَّوْ كَانَ الْبَحْرُ مِدَادًا لِّكَلِمَاتِ رَبِّي لَنَفِدَ الْبَحْرُ قَبْلَ أَن تَنفَدَ كَلِمَاتُ رَبِّي وَلَوْ جِئْنَا بِمِثْلِهِ مَدَدًا (109) Sê: Al was die oseaan ink vir die woorde van my Heer, sou dit uitgeput raak voordat die woorde van my Heer ten einde sou kom, selfs al sou Ons nog soveel daarby voeg |
قُلْ إِنَّمَا أَنَا بَشَرٌ مِّثْلُكُمْ يُوحَىٰ إِلَيَّ أَنَّمَا إِلَٰهُكُمْ إِلَٰهٌ وَاحِدٌ ۖ فَمَن كَانَ يَرْجُو لِقَاءَ رَبِّهِ فَلْيَعْمَلْ عَمَلًا صَالِحًا وَلَا يُشْرِكْ بِعِبَادَةِ رَبِّهِ أَحَدًا (110) Sê: Ek is maar ’n sterfling net soos julle, maar dit is aan my geopenbaar dat julle God slegs één God is. Laat hulle dan wat uitsien na die ontmoeting met hulle Heer, goeie dade doen en by die aanbidding niemand anders met Hom vereenselwig nie |