ق ۚ وَالْقُرْآنِ الْمَجِيدِ (1) Kôf.1 By die glorieryke Qur’ãn |
بَلْ عَجِبُوا أَن جَاءَهُم مُّنذِرٌ مِّنْهُمْ فَقَالَ الْكَافِرُونَ هَٰذَا شَيْءٌ عَجِيبٌ (2) Nee, hulle verwonder hulle dat ’n waarskuwer uit hulle midde na hulle gekom het. En die ongelowiges sê: Dit is ’n wonderlike ding |
أَإِذَا مِتْنَا وَكُنَّا تُرَابًا ۖ ذَٰلِكَ رَجْعٌ بَعِيدٌ (3) Wanneer ons sterf en stof word, sal ons dan weer verwek word? Dit is vergesog |
قَدْ عَلِمْنَا مَا تَنقُصُ الْأَرْضُ مِنْهُمْ ۖ وَعِندَنَا كِتَابٌ حَفِيظٌ (4) Ons weet inderdaad wat die aarde van hulle verteer, en by Ons is ’n Boek wat alles bewaar |
بَلْ كَذَّبُوا بِالْحَقِّ لَمَّا جَاءَهُمْ فَهُمْ فِي أَمْرٍ مَّرِيجٍ (5) Nee, hulle verwerp die waarheid wanneer dit na hulle kom, daarom verkeer hulle in ’n toestand van verwarring |
أَفَلَمْ يَنظُرُوا إِلَى السَّمَاءِ فَوْقَهُمْ كَيْفَ بَنَيْنَاهَا وَزَيَّنَّاهَا وَمَا لَهَا مِن فُرُوجٍ (6) Kyk hulle nie op na die lug bo hulle hoe Ons dit opgerig en versier het nie, en dat daar niks ontbreek nie |
وَالْأَرْضَ مَدَدْنَاهَا وَأَلْقَيْنَا فِيهَا رَوَاسِيَ وَأَنبَتْنَا فِيهَا مِن كُلِّ زَوْجٍ بَهِيجٍ (7) En die aarde het Ons uitgesprei en stewige berge daarop geves- tig, en Ons het daarop elke pragtige plantesoort laat groei |
تَبْصِرَةً وَذِكْرَىٰ لِكُلِّ عَبْدٍ مُّنِيبٍ (8) om insig te gee, en ook as ’n vermaning vir elke dienaar wat hom tot Allah wend |
وَنَزَّلْنَا مِنَ السَّمَاءِ مَاءً مُّبَارَكًا فَأَنبَتْنَا بِهِ جَنَّاتٍ وَحَبَّ الْحَصِيدِ (9) En Ons stuur water vol seëninge uit die wolke af, en Ons laat daarmee tuine groei en die graan wat geoes word |
وَالنَّخْلَ بَاسِقَاتٍ لَّهَا طَلْعٌ نَّضِيدٌ (10) en die hoë palmbome met blomskedes wat bo-op mekaar gepak lê |
رِّزْقًا لِّلْعِبَادِ ۖ وَأَحْيَيْنَا بِهِ بَلْدَةً مَّيْتًا ۚ كَذَٰلِكَ الْخُرُوجُ (11) as voorsiening vir die dienaars, en Ons gee daarmee lewe aan ’n dooie land. Net so sal die Opstanding wees |
كَذَّبَتْ قَبْلَهُمْ قَوْمُ نُوحٍ وَأَصْحَابُ الرَّسِّ وَثَمُودُ (12) Vóór hulle het die volk van Noag die Waarheid verloën, en so ook |
وَعَادٌ وَفِرْعَوْنُ وَإِخْوَانُ لُوطٍ (13) en Aad en Farao en die broers van Lot |
وَأَصْحَابُ الْأَيْكَةِ وَقَوْمُ تُبَّعٍ ۚ كُلٌّ كَذَّبَ الرُّسُلَ فَحَقَّ وَعِيدِ (14) en die Bewoners van die Woud en die Bewoners van Toebba. Hulle almal het die boodskappers verloën, daarom is my dreigemente vervul |
أَفَعَيِينَا بِالْخَلْقِ الْأَوَّلِ ۚ بَلْ هُمْ فِي لَبْسٍ مِّنْ خَلْقٍ جَدِيدٍ (15) Was Ons dan uitgeput deur die eerste skepping? Tog verkeer hulle in twyfel omtrent ’n nuwe skepping |
وَلَقَدْ خَلَقْنَا الْإِنسَانَ وَنَعْلَمُ مَا تُوَسْوِسُ بِهِ نَفْسُهُ ۖ وَنَحْنُ أَقْرَبُ إِلَيْهِ مِنْ حَبْلِ الْوَرِيدِ (16) En inderdaad het Ons die mens geskape, en Ons weet wat sy gedagtes vir hom influister; en Ons is nader aan hom as selfs sy nekslagaar |
إِذْ يَتَلَقَّى الْمُتَلَقِّيَانِ عَنِ الْيَمِينِ وَعَنِ الشِّمَالِ قَعِيدٌ (17) Wanneer die twee Ontvangers, die een aan sy regterkant en die ander aan sy linkerkant, hom ontvang |
مَّا يَلْفِظُ مِن قَوْلٍ إِلَّا لَدَيْهِ رَقِيبٌ عَتِيدٌ (18) uiter hy geen woord nie, of ’n bewaker is by hom, wat altyd gereed is |
وَجَاءَتْ سَكْرَةُ الْمَوْتِ بِالْحَقِّ ۖ ذَٰلِكَ مَا كُنتَ مِنْهُ تَحِيدُ (19) En die beswyming van die dood kom waarlik; dít is wat u wou vermy |
وَنُفِخَ فِي الصُّورِ ۚ ذَٰلِكَ يَوْمُ الْوَعِيدِ (20) En daar sal op die basuin geblaas word. Daardie dag is die Dag van Bedreiging |
وَجَاءَتْ كُلُّ نَفْسٍ مَّعَهَا سَائِقٌ وَشَهِيدٌ (21) En elke siel sal saam met ’n aanjaer en ’n getuie kom |
لَّقَدْ كُنتَ فِي غَفْلَةٍ مِّنْ هَٰذَا فَكَشَفْنَا عَنكَ غِطَاءَكَ فَبَصَرُكَ الْيَوْمَ حَدِيدٌ (22) Daar sal gesê word: U was inderdaad agteloos, maar nou het Ons die sluier van u verwyder, daarom sal die gesig van die oë Vandag skerp wees |
وَقَالَ قَرِينُهُ هَٰذَا مَا لَدَيَّ عَتِيدٌ (23) En sy metgesel sal sê: Dít is wat by my gereed is |
أَلْقِيَا فِي جَهَنَّمَ كُلَّ كَفَّارٍ عَنِيدٍ (24) Daar sal gesê word: Werp in die Hel elke ondankbare, opstandige skepsel |
مَّنَّاعٍ لِّلْخَيْرِ مُعْتَدٍ مُّرِيبٍ (25) Verhinderaar van die goeie, oorskryer van perke, twyfelaar |
الَّذِي جَعَلَ مَعَ اللَّهِ إِلَٰهًا آخَرَ فَأَلْقِيَاهُ فِي الْعَذَابِ الشَّدِيدِ (26) wat ’n ander god naas Allah opstel; laat hom dan ’n streng straf ondergaan |
۞ قَالَ قَرِينُهُ رَبَّنَا مَا أَطْغَيْتُهُ وَلَٰكِن كَانَ فِي ضَلَالٍ بَعِيدٍ (27) Sy metgesel sal sê: Ons Heer! Ek het hom nie opstandig gemaak nie, maar hy het self ver in die dwaling ingegaan |
قَالَ لَا تَخْتَصِمُوا لَدَيَّ وَقَدْ قَدَّمْتُ إِلَيْكُم بِالْوَعِيدِ (28) Hy sal antwoord: Argumenteer nie in My teenwoordigheid nie; Ek het julle inderdaad vooraf die waarskuwing gegee |
مَا يُبَدَّلُ الْقَوْلُ لَدَيَّ وَمَا أَنَا بِظَلَّامٍ لِّلْعَبِيدِ (29) My vonnis kan nie verander word nie, en Ek is glad nie onregverdig teenoor die dienaars nie |
يَوْمَ نَقُولُ لِجَهَنَّمَ هَلِ امْتَلَأْتِ وَتَقُولُ هَلْ مِن مَّزِيدٍ (30) Op die Dag wanneer Ons aan die Hel sal sê: Is u stampvol? En hy sal antwoord: Is daar nog meer |
وَأُزْلِفَتِ الْجَنَّةُ لِلْمُتَّقِينَ غَيْرَ بَعِيدٍ (31) En die Hemel sal naby gebring word aan diegene wat teen die kwaad gewaak het, en dit sal nie afgeleë wees nie |
هَٰذَا مَا تُوعَدُونَ لِكُلِّ أَوَّابٍ حَفِيظٍ (32) Dít is wat aan julle belowe is, vir elkeen wat hom bekeer het en op die perke ag geslaan het |
مَّنْ خَشِيَ الرَّحْمَٰنَ بِالْغَيْبِ وَجَاءَ بِقَلْبٍ مُّنِيبٍ (33) wat die Barmhartige in die geheim vrees en met ’n berouvolle hart te voorskyn kom |
ادْخُلُوهَا بِسَلَامٍ ۖ ذَٰلِكَ يَوْمُ الْخُلُودِ (34) Gaan dit in vrede binne. Dit is die Dag van Ewigheid |
لَهُم مَّا يَشَاءُونَ فِيهَا وَلَدَيْنَا مَزِيدٌ (35) Vir hulle is alles daarin wat hulle begeer, en by Ons is nog meer |
وَكَمْ أَهْلَكْنَا قَبْلَهُم مِّن قَرْنٍ هُمْ أَشَدُّ مِنْهُم بَطْشًا فَنَقَّبُوا فِي الْبِلَادِ هَلْ مِن مَّحِيصٍ (36) En hoeveel geslagte vóór hulle, wat magtiger was as hulle, het Ons nie vernietig nie! En hulle het deur die lande getrek! Is daar ’n toevlugsoord |
إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَذِكْرَىٰ لِمَن كَانَ لَهُ قَلْبٌ أَوْ أَلْقَى السَّمْعَ وَهُوَ شَهِيدٌ (37) Sekerlik is daar ’n vermaning hierin vir hom wat ’n hart het, of wat luister en oplettend is |
وَلَقَدْ خَلَقْنَا السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ وَمَا بَيْنَهُمَا فِي سِتَّةِ أَيَّامٍ وَمَا مَسَّنَا مِن لُّغُوبٍ (38) En inderdaad het Ons die hemele en die aarde en wat daartussen is, in ses tydperke geskape, en geen vermoeidheid het Ons geraak nie |
فَاصْبِرْ عَلَىٰ مَا يَقُولُونَ وَسَبِّحْ بِحَمْدِ رَبِّكَ قَبْلَ طُلُوعِ الشَّمْسِ وَقَبْلَ الْغُرُوبِ (39) Verdra dan wat hulle sê; verheerlik u Heer met die lof wat Hom toekom, vóór die opkoms van die son en vóór dit ondergaan. En verheerlik Hom snags en nà die gebedsprostrasie |
وَمِنَ اللَّيْلِ فَسَبِّحْهُ وَأَدْبَارَ السُّجُودِ (40) En luister op die Dag wanneer ’n uitroeper van ’n naby plek sal uitroep |
وَاسْتَمِعْ يَوْمَ يُنَادِ الْمُنَادِ مِن مَّكَانٍ قَرِيبٍ (41) die Dag wanneer hulle die uitroep in waarheid sal hoor |
يَوْمَ يَسْمَعُونَ الصَّيْحَةَ بِالْحَقِّ ۚ ذَٰلِكَ يَوْمُ الْخُرُوجِ (42) Dit is die Dag van Verskyning |
إِنَّا نَحْنُ نُحْيِي وَنُمِيتُ وَإِلَيْنَا الْمَصِيرُ (43) Waarlik, Ons gee lewe en veroorsaak die dood, en tot Ons is die terugkeer |
يَوْمَ تَشَقَّقُ الْأَرْضُ عَنْهُمْ سِرَاعًا ۚ ذَٰلِكَ حَشْرٌ عَلَيْنَا يَسِيرٌ (44) Die Dag wanneer die aarde vinnig onder hulle uiteen sal spat. Dit is maklik vir Ons om almal so te versamel |
نَّحْنُ أَعْلَمُ بِمَا يَقُولُونَ ۖ وَمَا أَنتَ عَلَيْهِم بِجَبَّارٍ ۖ فَذَكِّرْ بِالْقُرْآنِ مَن يَخَافُ وَعِيدِ (45) Ons weet goed wat hulle sê, en u is nie iemand wat hulle moet dwing nie. Vermaan dus met die Qur’ãn hom wat my dreige- mente vrees |