×

سورة آل عمران باللغة الأفريكانية

ترجمات القرآنباللغة الأفريكانية ⬅ سورة آل عمران

ترجمة معاني سورة آل عمران باللغة الأفريكانية - Afrikaans

القرآن باللغة الأفريكانية - سورة آل عمران مترجمة إلى اللغة الأفريكانية، Surah Al Imran in Afrikaans. نوفر ترجمة دقيقة سورة آل عمران باللغة الأفريكانية - Afrikaans, الآيات 200 - رقم السورة 3 - الصفحة 50.

بسم الله الرحمن الرحيم

الم (1)
Alief Laam Miem
اللَّهُ لَا إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ الْحَيُّ الْقَيُّومُ (2)
Allah! Daar is geen God nie behalwe Hy, die Ewiglewende, die Selfbestaande, deur Wie almal bestaan
نَزَّلَ عَلَيْكَ الْكِتَابَ بِالْحَقِّ مُصَدِّقًا لِّمَا بَيْنَ يَدَيْهِ وَأَنزَلَ التَّوْرَاةَ وَالْإِنجِيلَ (3)
Hy het die Boek aan u geopenbaar ooreenkomstig die vereistes van waarheid en regverdigheid, sodat dit kan bevestig wat voorafgegaan het; en Hy het die Tora en die Evangelie vantevore geopenbaar as ’n leiding vir die volk, en daarna het Hy die Furqãn2 gestuur
مِن قَبْلُ هُدًى لِّلنَّاسِ وَأَنزَلَ الْفُرْقَانَ ۗ إِنَّ الَّذِينَ كَفَرُوا بِآيَاتِ اللَّهِ لَهُمْ عَذَابٌ شَدِيدٌ ۗ وَاللَّهُ عَزِيزٌ ذُو انتِقَامٍ (4)
Hulle wat nie in die Boodskapper van Allah glo nie, op hulle wag ’n smartlike straf. En Allah is Almagtig, die Heer van Vergelding
إِنَّ اللَّهَ لَا يَخْفَىٰ عَلَيْهِ شَيْءٌ فِي الْأَرْضِ وَلَا فِي السَّمَاءِ (5)
Voorwaar, niks op aarde of in die hemel is vir Allah verborge nie
هُوَ الَّذِي يُصَوِّرُكُمْ فِي الْأَرْحَامِ كَيْفَ يَشَاءُ ۚ لَا إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ الْعَزِيزُ الْحَكِيمُ (6)
Dit is Hy wat julle in die baarmoeders na Sy behae vorm. Niemand het die reg om aanbid te word nie, behalwe Hy (Allah), die Almagtige, die Alwyse
هُوَ الَّذِي أَنزَلَ عَلَيْكَ الْكِتَابَ مِنْهُ آيَاتٌ مُّحْكَمَاتٌ هُنَّ أُمُّ الْكِتَابِ وَأُخَرُ مُتَشَابِهَاتٌ ۖ فَأَمَّا الَّذِينَ فِي قُلُوبِهِمْ زَيْغٌ فَيَتَّبِعُونَ مَا تَشَابَهَ مِنْهُ ابْتِغَاءَ الْفِتْنَةِ وَابْتِغَاءَ تَأْوِيلِهِ ۗ وَمَا يَعْلَمُ تَأْوِيلَهُ إِلَّا اللَّهُ ۗ وَالرَّاسِخُونَ فِي الْعِلْمِ يَقُولُونَ آمَنَّا بِهِ كُلٌّ مِّنْ عِندِ رَبِّنَا ۗ وَمَا يَذَّكَّرُ إِلَّا أُولُو الْأَلْبَابِ (7)
Dit is Hy wat die Boek aan u geopenbaar het; en sommige van die verse daarin is gebiedend en vorm die grondslag van die Boek; maar daar is ook ander wat allegories is. Hulle wie se harte afkerig is, soek die allegoriese verse om dit te verdraai en hul eie uitleg daaraan te gee om sodoende daarmee te mislei. En nie- mand ken die juiste uitleg daarvan nie behalwe Allah en hulle wat diep gewortel is in die kennis. Hulle sê: Ons glo daarin; dit kom alles van ons Here. En niemand trek daar lering uit nie behalwe die mense wat verstaan
رَبَّنَا لَا تُزِغْ قُلُوبَنَا بَعْدَ إِذْ هَدَيْتَنَا وَهَبْ لَنَا مِن لَّدُنكَ رَحْمَةً ۚ إِنَّكَ أَنتَ الْوَهَّابُ (8)
Ons Heer! Laat ons harte nie afwyk nadat U ons op die regte weg gelei het nie, en wees ons genadig. Voorwaar, U is die Barmhartige
رَبَّنَا إِنَّكَ جَامِعُ النَّاسِ لِيَوْمٍ لَّا رَيْبَ فِيهِ ۚ إِنَّ اللَّهَ لَا يُخْلِفُ الْمِيعَادَ (9)
Ons Heer! Waarlik, U is die Versamelaar van Mense op ’n Dag waaroor daar geen twlyfel is nie. Voorwaar, Allah breek geen belofte nie
إِنَّ الَّذِينَ كَفَرُوا لَن تُغْنِيَ عَنْهُمْ أَمْوَالُهُمْ وَلَا أَوْلَادُهُم مِّنَ اللَّهِ شَيْئًا ۖ وَأُولَٰئِكَ هُمْ وَقُودُ النَّارِ (10)
Nóg hul besittings, nóg hul kinders sal die ongelowiges enigsins teen Allah baat. En hulle sal die brandstof van die Vuur wees
كَدَأْبِ آلِ فِرْعَوْنَ وَالَّذِينَ مِن قَبْلِهِمْ ۚ كَذَّبُوا بِآيَاتِنَا فَأَخَذَهُمُ اللَّهُ بِذُنُوبِهِمْ ۗ وَاللَّهُ شَدِيدُ الْعِقَابِ (11)
Soos ook die geval vóór hulle was met die volk van Farao. Hulle het Ons boodskappe verwerp, daarom het Allah hulle weens hul sonde verdelg. En Allah is ’n streng vergelder van die kwaad
قُل لِّلَّذِينَ كَفَرُوا سَتُغْلَبُونَ وَتُحْشَرُونَ إِلَىٰ جَهَنَّمَ ۚ وَبِئْسَ الْمِهَادُ (12)
Sê aan die ongelowiges: Julle sal verslaan en in die Hel versamel word! En dit is ’n afgryslike rusplek
قَدْ كَانَ لَكُمْ آيَةٌ فِي فِئَتَيْنِ الْتَقَتَا ۖ فِئَةٌ تُقَاتِلُ فِي سَبِيلِ اللَّهِ وَأُخْرَىٰ كَافِرَةٌ يَرَوْنَهُم مِّثْلَيْهِمْ رَأْيَ الْعَيْنِ ۚ وَاللَّهُ يُؤَيِّدُ بِنَصْرِهِ مَن يَشَاءُ ۗ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَعِبْرَةً لِّأُولِي الْأَبْصَارِ (13)
Voorwaar, daar was vir julle ’n teken in die twee strydmagte wat mekaar in die geveg ontmoet het ~ die een strydende op die weg van Allah, en die ander ongelowig. En die ongelowiges het die gelowiges aangesien as dubbel so talryk as hulself. En Allah versterk met Sy hulp wie Hy wil. Daarin is waarlik ’n les vir hulle wat kan sien
زُيِّنَ لِلنَّاسِ حُبُّ الشَّهَوَاتِ مِنَ النِّسَاءِ وَالْبَنِينَ وَالْقَنَاطِيرِ الْمُقَنطَرَةِ مِنَ الذَّهَبِ وَالْفِضَّةِ وَالْخَيْلِ الْمُسَوَّمَةِ وَالْأَنْعَامِ وَالْحَرْثِ ۗ ذَٰلِكَ مَتَاعُ الْحَيَاةِ الدُّنْيَا ۖ وَاللَّهُ عِندَهُ حُسْنُ الْمَآبِ (14)
Skoonskynend vir die mense is die liefde vir die begeerte ge- maak: die begeerte en hunkering tot vroue en kinders, stapels goud en silwer, volbloed perde, vee en landerye. Dít is vir die huidige lewe. En Allah ~ in Hom is die ware einddoel van die lewe
۞ قُلْ أَؤُنَبِّئُكُم بِخَيْرٍ مِّن ذَٰلِكُمْ ۚ لِلَّذِينَ اتَّقَوْا عِندَ رَبِّهِمْ جَنَّاتٌ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا وَأَزْوَاجٌ مُّطَهَّرَةٌ وَرِضْوَانٌ مِّنَ اللَّهِ ۗ وَاللَّهُ بَصِيرٌ بِالْعِبَادِ (15)
Sê: Sal Ek julle oor béter dinge inlig? Vir hulle wat teen die sonde waak sal by hul Heer in Tuine wees waardeur riviere vloei; daarin sal hulle vertoef en daar sal vir hul rein metgeselle wees, en die welbehae van Allah sal op hul rus. En Allah sien Sy dienaars
الَّذِينَ يَقُولُونَ رَبَّنَا إِنَّنَا آمَنَّا فَاغْفِرْ لَنَا ذُنُوبَنَا وَقِنَا عَذَابَ النَّارِ (16)
Hulle wat sê: Ons Heer! Ons glo waarlik; vergewe ons daarom ons sonde en red ons van die verterende Vuur
الصَّابِرِينَ وَالصَّادِقِينَ وَالْقَانِتِينَ وَالْمُنفِقِينَ وَالْمُسْتَغْفِرِينَ بِالْأَسْحَارِ (17)
Die geduldiges, die opregtes, en die gehoorsames, en hulle wat spandeer in die weg van Allah, en hulle wat in die laaste ure van die nag om vergifnis smeek
شَهِدَ اللَّهُ أَنَّهُ لَا إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ وَالْمَلَائِكَةُ وَأُولُو الْعِلْمِ قَائِمًا بِالْقِسْطِ ۚ لَا إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ الْعَزِيزُ الْحَكِيمُ (18)
Allah self getuig dat niemand die reg het om aanbid te word nie, behalwe Hy, en so ook die engele en hulle wat kennis besit en daarmee die waarheid gestand doen. Niemand het die reg om aanbid te word nie, behalwe Hy, die Almagtige, die Alwyse
إِنَّ الدِّينَ عِندَ اللَّهِ الْإِسْلَامُ ۗ وَمَا اخْتَلَفَ الَّذِينَ أُوتُوا الْكِتَابَ إِلَّا مِن بَعْدِ مَا جَاءَهُمُ الْعِلْمُ بَغْيًا بَيْنَهُمْ ۗ وَمَن يَكْفُرْ بِآيَاتِ اللَّهِ فَإِنَّ اللَّهَ سَرِيعُ الْحِسَابِ (19)
Voorwaar, die enigste ware godsdiens voor Allah is Islam. En hulle aan wie die Boek gegee is, (die Christene en die Jode) het ~ nadat kennis tot hulle gekom het ~ slegs uit afguns van mekaar verskil. En wie ook al die tekens van Allah verwerp, Allah is inderdaad snel in afrekening
فَإِنْ حَاجُّوكَ فَقُلْ أَسْلَمْتُ وَجْهِيَ لِلَّهِ وَمَنِ اتَّبَعَنِ ۗ وَقُل لِّلَّذِينَ أُوتُوا الْكِتَابَ وَالْأُمِّيِّينَ أَأَسْلَمْتُمْ ۚ فَإِنْ أَسْلَمُوا فَقَدِ اهْتَدَوا ۖ وَّإِن تَوَلَّوْا فَإِنَّمَا عَلَيْكَ الْبَلَاغُ ۗ وَاللَّهُ بَصِيرٌ بِالْعِبَادِ (20)
Maar as hulle met jou (Muhammad) stry, sê dan: Ek het my aan Allah onderwerp, en hulle wat my volg. En vra aan hulle aan wie die Boek gegee is, en aan die ongeletterdes (die heidense Arabiere): Het julle julself al onderwerp? As hulle hulself onderwerp, is hulle op die regte weg, maar as hulle daarvan weg- draai ~ u plig is slegs die verkondiging van die boodskap. En Allah sien Sy dienaars
إِنَّ الَّذِينَ يَكْفُرُونَ بِآيَاتِ اللَّهِ وَيَقْتُلُونَ النَّبِيِّينَ بِغَيْرِ حَقٍّ وَيَقْتُلُونَ الَّذِينَ يَأْمُرُونَ بِالْقِسْطِ مِنَ النَّاسِ فَبَشِّرْهُم بِعَذَابٍ أَلِيمٍ (21)
Hulle wat die tekens van Allah verwerp en die profete ten onregte ómbring, en diegene vermoor wat tot regverdigheid maan ~ kondig vir hulle ’n smartlike straf aan
أُولَٰئِكَ الَّذِينَ حَبِطَتْ أَعْمَالُهُمْ فِي الدُّنْيَا وَالْآخِرَةِ وَمَا لَهُم مِّن نَّاصِرِينَ (22)
Want dit is húlle wie se dade in hierdie lewe en in die Hierna- maals tevergeefs sal wees; en hulle sal geen hulp ontvang nie
أَلَمْ تَرَ إِلَى الَّذِينَ أُوتُوا نَصِيبًا مِّنَ الْكِتَابِ يُدْعَوْنَ إِلَىٰ كِتَابِ اللَّهِ لِيَحْكُمَ بَيْنَهُمْ ثُمَّ يَتَوَلَّىٰ فَرِيقٌ مِّنْهُمْ وَهُم مُّعْرِضُونَ (23)
Het u nie diegene gesien aan wie ’n gedeelte van die Boek gegee is nie? Hulle word na die Boek van Allah uitgenooi, sodat daar reg tussen hulle kan geskied; maar ’n deel van hulle het die rug daarop gekeer en afkerig geword
ذَٰلِكَ بِأَنَّهُمْ قَالُوا لَن تَمَسَّنَا النَّارُ إِلَّا أَيَّامًا مَّعْدُودَاتٍ ۖ وَغَرَّهُمْ فِي دِينِهِم مَّا كَانُوا يَفْتَرُونَ (24)
Dit is omdat hulle sê: Die Vuur sal ons nie aantas nie behalwe vir ’n kort tydjie; en dít wat hulle versin, stel hulle in hul godsdiens teleur
فَكَيْفَ إِذَا جَمَعْنَاهُمْ لِيَوْمٍ لَّا رَيْبَ فِيهِ وَوُفِّيَتْ كُلُّ نَفْسٍ مَّا كَسَبَتْ وَهُمْ لَا يُظْلَمُونَ (25)
Hoe sal dit dan wees wanneer ons hulle versamel op die Dag waaroor daar geen twyfel is nie? En elke siel sal ooreenkomstig sy verdienste ten volle uitbetaal word, en geen onreg sal hulle aangedoen word nie
قُلِ اللَّهُمَّ مَالِكَ الْمُلْكِ تُؤْتِي الْمُلْكَ مَن تَشَاءُ وَتَنزِعُ الْمُلْكَ مِمَّن تَشَاءُ وَتُعِزُّ مَن تَشَاءُ وَتُذِلُّ مَن تَشَاءُ ۖ بِيَدِكَ الْخَيْرُ ۖ إِنَّكَ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (26)
Sê: O Allah, Eienaar van die Koninkryk! U gee die koninkryk aan wie U wil, en verwyder dit van wie U wil; ook verhef U wie U wil, en U verneder wie U wil. In U hand is die goeie. Voor- waar, U het mag oor alles
تُولِجُ اللَّيْلَ فِي النَّهَارِ وَتُولِجُ النَّهَارَ فِي اللَّيْلِ ۖ وَتُخْرِجُ الْحَيَّ مِنَ الْمَيِّتِ وَتُخْرِجُ الْمَيِّتَ مِنَ الْحَيِّ ۖ وَتَرْزُقُ مَن تَشَاءُ بِغَيْرِ حِسَابٍ (27)
U laat die nag oorgaan in die dag, en die dag in die nag; U bring die lewende voort uit die dode, en die dode uit die lewende. En U gee sonder maat aan wie U wil
لَّا يَتَّخِذِ الْمُؤْمِنُونَ الْكَافِرِينَ أَوْلِيَاءَ مِن دُونِ الْمُؤْمِنِينَ ۖ وَمَن يَفْعَلْ ذَٰلِكَ فَلَيْسَ مِنَ اللَّهِ فِي شَيْءٍ إِلَّا أَن تَتَّقُوا مِنْهُمْ تُقَاةً ۗ وَيُحَذِّرُكُمُ اللَّهُ نَفْسَهُ ۗ وَإِلَى اللَّهِ الْمَصِيرُ (28)
Laat die gelowiges nie die ongelowiges as vriende verkies nie. En wie dít doen, het geen aandeel by Allah nie ~ tensy julle julself téén hulle bewaak, en goed bewaak. En Allah waarsku julle teen Sy vergelding. En na Allah is die uiteindelike terugkeer
قُلْ إِن تُخْفُوا مَا فِي صُدُورِكُمْ أَوْ تُبْدُوهُ يَعْلَمْهُ اللَّهُ ۗ وَيَعْلَمُ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَمَا فِي الْأَرْضِ ۗ وَاللَّهُ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (29)
Sê (O Muhammad): Dit maak nie saak of julle verberg of openbaar maak dit wat in julle harte is nie; Allah weet dit. En Hy weet wat in die hemele en op die aarde is. En Allah het mag oor alles
يَوْمَ تَجِدُ كُلُّ نَفْسٍ مَّا عَمِلَتْ مِنْ خَيْرٍ مُّحْضَرًا وَمَا عَمِلَتْ مِن سُوءٍ تَوَدُّ لَوْ أَنَّ بَيْنَهَا وَبَيْنَهُ أَمَدًا بَعِيدًا ۗ وَيُحَذِّرُكُمُ اللَّهُ نَفْسَهُ ۗ وَاللَّهُ رَءُوفٌ بِالْعِبَادِ (30)
Dink aan die Dag waarop elke siel sal staan teenoor die goed en die kwaad wat hy verrig het ~ wanneer hy sal wens dat hy ver verwyder is van sy kwaad. En Allah waarsku julle teen Sy ver- gelding
قُلْ إِن كُنتُمْ تُحِبُّونَ اللَّهَ فَاتَّبِعُونِي يُحْبِبْكُمُ اللَّهُ وَيَغْفِرْ لَكُمْ ذُنُوبَكُمْ ۗ وَاللَّهُ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (31)
Sê (O Muhammad): Indien julle Allah liefhet, volg my; Allah sal julle dan liefhê en julle sondes vergewe. En Allah is Vergewensgesind, Genadig
قُلْ أَطِيعُوا اللَّهَ وَالرَّسُولَ ۖ فَإِن تَوَلَّوْا فَإِنَّ اللَّهَ لَا يُحِبُّ الْكَافِرِينَ (32)
Sê (O Moegammad): Gehoorsaam Allah en die Boodskapper. Maar as hulle hul afwend, sal Allah die ongelowiges sekerlik nie liefhê nie
۞ إِنَّ اللَّهَ اصْطَفَىٰ آدَمَ وَنُوحًا وَآلَ إِبْرَاهِيمَ وَآلَ عِمْرَانَ عَلَى الْعَالَمِينَ (33)
Voorwaar, Allah het Adam en Noag en die afstammelinge van Abraham en die afstammelinge van Amran bo die volkere uitverkies
ذُرِّيَّةً بَعْضُهَا مِن بَعْضٍ ۗ وَاللَّهُ سَمِيعٌ عَلِيمٌ (34)
afstammelinge, geslag op geslag. En Allah is Alhorend, Alwetend
إِذْ قَالَتِ امْرَأَتُ عِمْرَانَ رَبِّ إِنِّي نَذَرْتُ لَكَ مَا فِي بَطْنِي مُحَرَّرًا فَتَقَبَّلْ مِنِّي ۖ إِنَّكَ أَنتَ السَّمِيعُ الْعَلِيمُ (35)
Toe ’n vrou van Amran gesê het: O Allah! Ek dra aan U op wat in my baarmoeder is om dit aan U diens te wy; aanvaar dit daarom van my; voorwaar, U is Alhorend, Alwetend
فَلَمَّا وَضَعَتْهَا قَالَتْ رَبِّ إِنِّي وَضَعْتُهَا أُنثَىٰ وَاللَّهُ أَعْلَمُ بِمَا وَضَعَتْ وَلَيْسَ الذَّكَرُ كَالْأُنثَىٰ ۖ وَإِنِّي سَمَّيْتُهَا مَرْيَمَ وَإِنِّي أُعِيذُهَا بِكَ وَذُرِّيَّتَهَا مِنَ الشَّيْطَانِ الرَّجِيمِ (36)
Daarom, toe sy die lewe daaraan geskenk het, het sy gesê: My Heer! Ek het daaraan die lewe geskenk, ’n dogter ~ Allah het wel geweet waaraan sy lewe geskenk het; en die man en die vrou is nie eenders nie ~ en ek het haar Maria genoem, en ek gee haar en haar nageslag aan U oor vir beskerming teen Satan, die uitgeworpene
فَتَقَبَّلَهَا رَبُّهَا بِقَبُولٍ حَسَنٍ وَأَنبَتَهَا نَبَاتًا حَسَنًا وَكَفَّلَهَا زَكَرِيَّا ۖ كُلَّمَا دَخَلَ عَلَيْهَا زَكَرِيَّا الْمِحْرَابَ وَجَدَ عِندَهَا رِزْقًا ۖ قَالَ يَا مَرْيَمُ أَنَّىٰ لَكِ هَٰذَا ۖ قَالَتْ هُوَ مِنْ عِندِ اللَّهِ ۖ إِنَّ اللَّهَ يَرْزُقُ مَن يَشَاءُ بِغَيْرِ حِسَابٍ (37)
Só het Allah haar3 dus met welbehae aangeneem en haar goed laat opgroei en haar aan Sagaria toevertrou. Telkens wanneer Sagaria die tempelkamer binnegaan om haar te sien, het hy voedsel by haar gevind. Hy het gesê: O Maria, waarvandaan kom dit? Sy het geantwoord: Dit kom van Allah. Voorwaar, Allah gee volop aan wie Hy wil
هُنَالِكَ دَعَا زَكَرِيَّا رَبَّهُ ۖ قَالَ رَبِّ هَبْ لِي مِن لَّدُنكَ ذُرِّيَّةً طَيِّبَةً ۖ إِنَّكَ سَمِيعُ الدُّعَاءِ (38)
Toe het Sagaria sy Heer aangeroep: My Heer! Skenk vir my ’n rein nageslag; voorwaar, U is die aanhoorder van die gebed
فَنَادَتْهُ الْمَلَائِكَةُ وَهُوَ قَائِمٌ يُصَلِّي فِي الْمِحْرَابِ أَنَّ اللَّهَ يُبَشِّرُكَ بِيَحْيَىٰ مُصَدِّقًا بِكَلِمَةٍ مِّنَ اللَّهِ وَسَيِّدًا وَحَصُورًا وَنَبِيًّا مِّنَ الصَّالِحِينَ (39)
Só het die engele dan tot hom geroep terwyl hy in die tempel- kamer staan en bid: Allah skenk U die blye tyding van Johannes, dat hy Allah se woord sal vervul ~ en hy sal edel en kuis, en ’n profeet onder die regverdiges wees
قَالَ رَبِّ أَنَّىٰ يَكُونُ لِي غُلَامٌ وَقَدْ بَلَغَنِيَ الْكِبَرُ وَامْرَأَتِي عَاقِرٌ ۖ قَالَ كَذَٰلِكَ اللَّهُ يَفْعَلُ مَا يَشَاءُ (40)
Hy het gesê: My Heer! Hoe sal daar ’n seun vir my wees, noudat die ouderdom al tot my gekom het en my vrou onvrugbaar is? Hy het geantwoord: So doen Allah ~ selfs dít doen Allah vir wie Hy wil
قَالَ رَبِّ اجْعَل لِّي آيَةً ۖ قَالَ آيَتُكَ أَلَّا تُكَلِّمَ النَّاسَ ثَلَاثَةَ أَيَّامٍ إِلَّا رَمْزًا ۗ وَاذْكُر رَّبَّكَ كَثِيرًا وَسَبِّحْ بِالْعَشِيِّ وَالْإِبْكَارِ (41)
Hy het gesê: My Heer, gee vir my ’n teken daarvan. Hy het geantwoord: Die teken sal wees dat u drie dae lank met niemand sal praat nie, behalwe deur gebare. En dink dikwels aan u Heer en verheerlik Hom saans en soggens
وَإِذْ قَالَتِ الْمَلَائِكَةُ يَا مَرْيَمُ إِنَّ اللَّهَ اصْطَفَاكِ وَطَهَّرَكِ وَاصْطَفَاكِ عَلَىٰ نِسَاءِ الْعَالَمِينَ (42)
En toe die engele gesê het: O Maria! Allah het u waarlik uit- verkies, en gereinig, en bó die vroue van die wêreld verhef
يَا مَرْيَمُ اقْنُتِي لِرَبِّكِ وَاسْجُدِي وَارْكَعِي مَعَ الرَّاكِعِينَ (43)
O Maria! Wees gehoorsaam aan u Heer, en onderwerp u, en buig saam met húlle wat biddend vooroorbuig
ذَٰلِكَ مِنْ أَنبَاءِ الْغَيْبِ نُوحِيهِ إِلَيْكَ ۚ وَمَا كُنتَ لَدَيْهِمْ إِذْ يُلْقُونَ أَقْلَامَهُمْ أَيُّهُمْ يَكْفُلُ مَرْيَمَ وَمَا كُنتَ لَدَيْهِمْ إِذْ يَخْتَصِمُونَ (44)
Dit is die tyding van die Onsigbare wat ons aan u openbaar. En u was nie teenwoordig toe hulle onder mekaar geloot het oor wie van hulle voog oor Maria sal wees nie; en u was nie teenwoordig toe hulle met mekaar gestry het nie
إِذْ قَالَتِ الْمَلَائِكَةُ يَا مَرْيَمُ إِنَّ اللَّهَ يُبَشِّرُكِ بِكَلِمَةٍ مِّنْهُ اسْمُهُ الْمَسِيحُ عِيسَى ابْنُ مَرْيَمَ وَجِيهًا فِي الدُّنْيَا وَالْآخِرَةِ وَمِنَ الْمُقَرَّبِينَ (45)
Toe die engele gesê het: O Maria! Waarlik, Allah stuur u ’n blye tyding met ’n woord van Hom oor een wie se naam die Messias sal wees, Jesus, die Seun van Maria, geëerd in hierdie wêreld en in die Hiernamaals, en hy sal onder húlle wees wat in Allah se nabyheid sal vertoef
وَيُكَلِّمُ النَّاسَ فِي الْمَهْدِ وَكَهْلًا وَمِنَ الصَّالِحِينَ (46)
En in die wieg, en as ’n man, sal hy met die volk praat, en hy sal een van die regverdiges wees
قَالَتْ رَبِّ أَنَّىٰ يَكُونُ لِي وَلَدٌ وَلَمْ يَمْسَسْنِي بَشَرٌ ۖ قَالَ كَذَٰلِكِ اللَّهُ يَخْلُقُ مَا يَشَاءُ ۚ إِذَا قَضَىٰ أَمْرًا فَإِنَّمَا يَقُولُ لَهُ كُن فَيَكُونُ (47)
Toe het sy gesê: My Heer! Hoe sal ek dan ’n seun hê as geen man by my ingegaan het nie? Ook só skep Allah wat Hy wil. Wanneer Hy iets besluit, sê Hy slegs: Wees, en dit word
وَيُعَلِّمُهُ الْكِتَابَ وَالْحِكْمَةَ وَالتَّوْرَاةَ وَالْإِنجِيلَ (48)
En Hy sal hom in die Boek4 en in die wysheid van die Tora en die Evangelie onderwys
وَرَسُولًا إِلَىٰ بَنِي إِسْرَائِيلَ أَنِّي قَدْ جِئْتُكُم بِآيَةٍ مِّن رَّبِّكُمْ ۖ أَنِّي أَخْلُقُ لَكُم مِّنَ الطِّينِ كَهَيْئَةِ الطَّيْرِ فَأَنفُخُ فِيهِ فَيَكُونُ طَيْرًا بِإِذْنِ اللَّهِ ۖ وَأُبْرِئُ الْأَكْمَهَ وَالْأَبْرَصَ وَأُحْيِي الْمَوْتَىٰ بِإِذْنِ اللَّهِ ۖ وَأُنَبِّئُكُم بِمَا تَأْكُلُونَ وَمَا تَدَّخِرُونَ فِي بُيُوتِكُمْ ۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَةً لَّكُمْ إِن كُنتُم مُّؤْمِنِينَ (49)
En hy sal ’n boodskapper tot die Kinders van Israel wees, en sê: Ek kom tot julle met ’n teken van jul Heer; ek sal vir julle uit die stof ’n voël vorm, dan blaas ek daarin en met Allah se toestemming word dit ’n voël; en ek genees die blinde en die melaatse, en met die toestemming van Allah word die dooie weer lewendig, en ek lig julle in oor wat julle moet eet en wat julle in jul huise moet bewaar. Daarin is voorwaar ’n teken vir julle, as julle gelowiges is
وَمُصَدِّقًا لِّمَا بَيْنَ يَدَيَّ مِنَ التَّوْرَاةِ وَلِأُحِلَّ لَكُم بَعْضَ الَّذِي حُرِّمَ عَلَيْكُمْ ۚ وَجِئْتُكُم بِآيَةٍ مِّن رَّبِّكُمْ فَاتَّقُوا اللَّهَ وَأَطِيعُونِ (50)
En ek bevestig wat vóór my in die Tora openbaar was, en ek staan julle ’n deel van wat vir julle verbode was toe; en ek kom na julle met ’n teken van jul Heer. Vrees Allah en gehoorsaam my
إِنَّ اللَّهَ رَبِّي وَرَبُّكُمْ فَاعْبُدُوهُ ۗ هَٰذَا صِرَاطٌ مُّسْتَقِيمٌ (51)
Voorwaar, Allah is my Heer en julle Heer; daarom moet julle Hom aanbid. Dit is die ware weg
۞ فَلَمَّا أَحَسَّ عِيسَىٰ مِنْهُمُ الْكُفْرَ قَالَ مَنْ أَنصَارِي إِلَى اللَّهِ ۖ قَالَ الْحَوَارِيُّونَ نَحْنُ أَنصَارُ اللَّهِ آمَنَّا بِاللَّهِ وَاشْهَدْ بِأَنَّا مُسْلِمُونَ (52)
Maar toe Jesus ongeloof by hul bemerk, het hy gesê: Wie sal my helpers wees in die Weg van Allah? Die dissipels het geantwoord: Ons is helpers in Allah se Weg; ons glo in Allah; wees u dan getuie daarvan dat ons onsself onderwerp aan U Wil
رَبَّنَا آمَنَّا بِمَا أَنزَلْتَ وَاتَّبَعْنَا الرَّسُولَ فَاكْتُبْنَا مَعَ الشَّاهِدِينَ (53)
Ons Heer! Ons glo in wat U geopenbaar het, en ons volg die boodskapper; skryf daarom ons name op by húlle wat getuig
وَمَكَرُوا وَمَكَرَ اللَّهُ ۖ وَاللَّهُ خَيْرُ الْمَاكِرِينَ (54)
En die Jode het sluwe planne beraam,5 maar Allah het ook planne beraam. En Allah is ’n wonderlike Voorsiener
إِذْ قَالَ اللَّهُ يَا عِيسَىٰ إِنِّي مُتَوَفِّيكَ وَرَافِعُكَ إِلَيَّ وَمُطَهِّرُكَ مِنَ الَّذِينَ كَفَرُوا وَجَاعِلُ الَّذِينَ اتَّبَعُوكَ فَوْقَ الَّذِينَ كَفَرُوا إِلَىٰ يَوْمِ الْقِيَامَةِ ۖ ثُمَّ إِلَيَّ مَرْجِعُكُمْ فَأَحْكُمُ بَيْنَكُمْ فِيمَا كُنتُمْ فِيهِ تَخْتَلِفُونَ (55)
Toe Allah gesê het: O Jesus, Ek sal u ophef en u in My teenwoordigheid verhef en van die valse aantygings van ongelowiges vryspreek, en tot op die Laaste Dag sal Ek u volgelinge laat seëvier oor die ongelowiges; dan sal julle na my toe terugkeer en Ek sal uitspraak gee oor dít waaroor julle verskil het
فَأَمَّا الَّذِينَ كَفَرُوا فَأُعَذِّبُهُمْ عَذَابًا شَدِيدًا فِي الدُّنْيَا وَالْآخِرَةِ وَمَا لَهُم مِّن نَّاصِرِينَ (56)
Aangaande die ongelowiges: Ek sal hulle straf met die strengste kastyding in hierdie wêreld én in die Hiernamaals, en hulle sal geen helpers hê nie
وَأَمَّا الَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ فَيُوَفِّيهِمْ أُجُورَهُمْ ۗ وَاللَّهُ لَا يُحِبُّ الظَّالِمِينَ (57)
Maar aan hulle wat glo en goeie dade doen, sal Hy ’n volle be- loning toeken. En Allah het die onregverdiges nie lief nie
ذَٰلِكَ نَتْلُوهُ عَلَيْكَ مِنَ الْآيَاتِ وَالذِّكْرِ الْحَكِيمِ (58)
Dit is wat Ons aan u verkondig van die tekens en die vermaning vol van wysheid
إِنَّ مَثَلَ عِيسَىٰ عِندَ اللَّهِ كَمَثَلِ آدَمَ ۖ خَلَقَهُ مِن تُرَابٍ ثُمَّ قَالَ لَهُ كُن فَيَكُونُ (59)
En die gelykenis van die skepping van Jesus is soos die skepping van Adam. Adam is van grond geskep, en Allah het gesê: Wees, en hulle was
الْحَقُّ مِن رَّبِّكَ فَلَا تَكُن مِّنَ الْمُمْتَرِينَ (60)
Hierdie waarheid is van Allah; en wees nie saam met die twyfelaars nie
فَمَنْ حَاجَّكَ فِيهِ مِن بَعْدِ مَا جَاءَكَ مِنَ الْعِلْمِ فَقُلْ تَعَالَوْا نَدْعُ أَبْنَاءَنَا وَأَبْنَاءَكُمْ وَنِسَاءَنَا وَنِسَاءَكُمْ وَأَنفُسَنَا وَأَنفُسَكُمْ ثُمَّ نَبْتَهِلْ فَنَجْعَل لَّعْنَتَ اللَّهِ عَلَى الْكَاذِبِينَ (61)
Wie ook al met u twis nadat hierdie kennis tot u gekom het, sê: Kom, laat ons kinders, en julle kinders, en ons vroue en julle vroue, en ons volk en julle volk vergader, en laat ons dan vuriglik bid en die vloek van Allah neerroep op die leuenaars
إِنَّ هَٰذَا لَهُوَ الْقَصَصُ الْحَقُّ ۚ وَمَا مِنْ إِلَٰهٍ إِلَّا اللَّهُ ۚ وَإِنَّ اللَّهَ لَهُوَ الْعَزِيزُ الْحَكِيمُ (62)
Voorwaar, dit is die ware uitleg, en niemand het die reg om aanbid te word nie behalwe Allah nie. En waarlik, Allah is die Almagtige, die Alwyse
فَإِن تَوَلَّوْا فَإِنَّ اللَّهَ عَلِيمٌ بِالْمُفْسِدِينَ (63)
Maar as hulle die rug daarop keer; waarlik Allah is Welbekend met die kwaadstokers
قُلْ يَا أَهْلَ الْكِتَابِ تَعَالَوْا إِلَىٰ كَلِمَةٍ سَوَاءٍ بَيْنَنَا وَبَيْنَكُمْ أَلَّا نَعْبُدَ إِلَّا اللَّهَ وَلَا نُشْرِكَ بِهِ شَيْئًا وَلَا يَتَّخِذَ بَعْضُنَا بَعْضًا أَرْبَابًا مِّن دُونِ اللَّهِ ۚ فَإِن تَوَلَّوْا فَقُولُوا اشْهَدُوا بِأَنَّا مُسْلِمُونَ (64)
O Mense van die Boek! Aanvaar één woord tussen ons en julle sodat ons niemand behalwe Allah sal aanbid nie, dat ons niks anders met Hom sal vereenselwig nie, en dat sommige van ons nie ander gode behalwe Allah sal aanneem nie. Maar as hulle afkerig word, sê dan: Getuig dat ons Moesliems7 is
يَا أَهْلَ الْكِتَابِ لِمَ تُحَاجُّونَ فِي إِبْرَاهِيمَ وَمَا أُنزِلَتِ التَّوْرَاةُ وَالْإِنجِيلُ إِلَّا مِن بَعْدِهِ ۚ أَفَلَا تَعْقِلُونَ (65)
O Mense van die Boek! Waarom stry julle oor Abraham as die Tora en die Evangelie eers ná hom geopenbaar is? Verstaan julle dan nie
هَا أَنتُمْ هَٰؤُلَاءِ حَاجَجْتُمْ فِيمَا لَكُم بِهِ عِلْمٌ فَلِمَ تُحَاجُّونَ فِيمَا لَيْسَ لَكُم بِهِ عِلْمٌ ۚ وَاللَّهُ يَعْلَمُ وَأَنتُمْ لَا تَعْلَمُونَ (66)
Want kyk! Julle stry oor dinge waarvan julle kennis dra; waarom stry julle dan nou oor iets waarvan julle niks weet nie? En Allah weet terwyl julle nie weet nie
مَا كَانَ إِبْرَاهِيمُ يَهُودِيًّا وَلَا نَصْرَانِيًّا وَلَٰكِن كَانَ حَنِيفًا مُّسْلِمًا وَمَا كَانَ مِنَ الْمُشْرِكِينَ (67)
Abraham was nie ’n Jood of ’n Christen nie, maar ’n opregte, ’n Moesliem, en hy was nie een van die afgodedienaars nie
إِنَّ أَوْلَى النَّاسِ بِإِبْرَاهِيمَ لَلَّذِينَ اتَّبَعُوهُ وَهَٰذَا النَّبِيُّ وَالَّذِينَ آمَنُوا ۗ وَاللَّهُ وَلِيُّ الْمُؤْمِنِينَ (68)
Die volk wat die naaste aan Abraham is, is sekerlik hulle wat hom en hierdie profeet (Nabie Moegammad) en die gelowiges volg. En Allah is die vriend van die gelowiges
وَدَّت طَّائِفَةٌ مِّنْ أَهْلِ الْكِتَابِ لَوْ يُضِلُّونَكُمْ وَمَا يُضِلُّونَ إِلَّا أَنفُسَهُمْ وَمَا يَشْعُرُونَ (69)
’n Deel van die Mense van die Boek begeer om julle te laat afdwaal; maar hulle verlei niemand nie, behalwe hulself, en hulle besef dit nie
يَا أَهْلَ الْكِتَابِ لِمَ تَكْفُرُونَ بِآيَاتِ اللَّهِ وَأَنتُمْ تَشْهَدُونَ (70)
O Mense van die Boek! Waarom glo julle nie die tekens van Allah nie, terwyl julle tog die bewyse van die waarheid daarvan sien
يَا أَهْلَ الْكِتَابِ لِمَ تَلْبِسُونَ الْحَقَّ بِالْبَاطِلِ وَتَكْتُمُونَ الْحَقَّ وَأَنتُمْ تَعْلَمُونَ (71)
O Mense van die Boek! Waarom verwar julle die waarheid met die leuen en verberg julle die waarheid, terwyl julle hierdie dinge weet
وَقَالَت طَّائِفَةٌ مِّنْ أَهْلِ الْكِتَابِ آمِنُوا بِالَّذِي أُنزِلَ عَلَى الَّذِينَ آمَنُوا وَجْهَ النَّهَارِ وَاكْفُرُوا آخِرَهُ لَعَلَّهُمْ يَرْجِعُونَ (72)
En ’n deel van die Mense van die Boek sê: Erken dít wat in die vroeë oggend aan die gelowiges8 geopenbaar is, en verwerp dit aan die einde van die dag. Miskien keer hulle dan weer terug
وَلَا تُؤْمِنُوا إِلَّا لِمَن تَبِعَ دِينَكُمْ قُلْ إِنَّ الْهُدَىٰ هُدَى اللَّهِ أَن يُؤْتَىٰ أَحَدٌ مِّثْلَ مَا أُوتِيتُمْ أَوْ يُحَاجُّوكُمْ عِندَ رَبِّكُمْ ۗ قُلْ إِنَّ الْفَضْلَ بِيَدِ اللَّهِ يُؤْتِيهِ مَن يَشَاءُ ۗ وَاللَّهُ وَاسِعٌ عَلِيمٌ (73)
En glo in niemand wat nie julle godsdiens bely nie ~ Sê: Voor- waar, die ware leiding is Allah se leiding. Is julle dan bevrees dat ’n openbaring soortgelyk aan dié wat na julle gestuur is, aan iemand anders gegee sal word? Of is julle bang dat hulle wat sulke openbaringe ontvang, met julle sal stry by julle Here? Sê: Genade is voorwaar in die hande van Allah. Hy skenk dit aan wie Hy wil. En Allah is Barmhartig, Alleswetend
يَخْتَصُّ بِرَحْمَتِهِ مَن يَشَاءُ ۗ وَاللَّهُ ذُو الْفَضْلِ الْعَظِيمِ (74)
Hy bewys Sy uitnemende guns aan wie Hy wil. En Allah is die Heer van groot Genade
۞ وَمِنْ أَهْلِ الْكِتَابِ مَنْ إِن تَأْمَنْهُ بِقِنطَارٍ يُؤَدِّهِ إِلَيْكَ وَمِنْهُم مَّنْ إِن تَأْمَنْهُ بِدِينَارٍ لَّا يُؤَدِّهِ إِلَيْكَ إِلَّا مَا دُمْتَ عَلَيْهِ قَائِمًا ۗ ذَٰلِكَ بِأَنَّهُمْ قَالُوا لَيْسَ عَلَيْنَا فِي الْأُمِّيِّينَ سَبِيلٌ وَيَقُولُونَ عَلَى اللَّهِ الْكَذِبَ وَهُمْ يَعْلَمُونَ (75)
En onder die Mense van die Boek is daar diegene wat, as ’n mens hom met groot skatte sou toevertrou, dit alles sal teruggee; maar daar is ook diegene wat selfs nie ’n dinar sal teruggee wat aan hom toevertrou is nie, tensy mens aanhoudend daarom vra. Dit is omdat hulle9 sê: Ons is nie aanspreeklik vir die onkundiges nie. En hulle versin ’n leuen teen Allah, en hulle besef dit
بَلَىٰ مَنْ أَوْفَىٰ بِعَهْدِهِ وَاتَّقَىٰ فَإِنَّ اللَّهَ يُحِبُّ الْمُتَّقِينَ (76)
Ja, wie sy belofte gestand doen en sy plig doen ~ voorwaar, Allah het die pligsgetroues lief
إِنَّ الَّذِينَ يَشْتَرُونَ بِعَهْدِ اللَّهِ وَأَيْمَانِهِمْ ثَمَنًا قَلِيلًا أُولَٰئِكَ لَا خَلَاقَ لَهُمْ فِي الْآخِرَةِ وَلَا يُكَلِّمُهُمُ اللَّهُ وَلَا يَنظُرُ إِلَيْهِمْ يَوْمَ الْقِيَامَةِ وَلَا يُزَكِّيهِمْ وَلَهُمْ عَذَابٌ أَلِيمٌ (77)
Hulle wat ’n geringe prys vir die verbond van Allah en hulle eie ede aanneem ~ vir hulle is daar geen aandeel in die Hiernamaals nie. Allah sal nie met hulle praat nie, Hy sal hulle ook nie op die Oordeelsdag nie aankyk nie. Hy sal hulle ook nie louter nie; en op hulle wag ’n smartlike straf
وَإِنَّ مِنْهُمْ لَفَرِيقًا يَلْوُونَ أَلْسِنَتَهُم بِالْكِتَابِ لِتَحْسَبُوهُ مِنَ الْكِتَابِ وَمَا هُوَ مِنَ الْكِتَابِ وَيَقُولُونَ هُوَ مِنْ عِندِ اللَّهِ وَمَا هُوَ مِنْ عِندِ اللَّهِ وَيَقُولُونَ عَلَى اللَّهِ الْكَذِبَ وَهُمْ يَعْلَمُونَ (78)
En waarlik, daar is ’n groep onder hulle wat leuens aangaande die Boek versprei sodat julle dit as ’n deel van die Boek moet aanneem, terwyl dit nie daarby hoort nie. Dit is van Allah, sê hulle, terwyl dit nie so is nie; en hulle versin ’n leuen teen Allah, terwyl hulle dit weet
مَا كَانَ لِبَشَرٍ أَن يُؤْتِيَهُ اللَّهُ الْكِتَابَ وَالْحُكْمَ وَالنُّبُوَّةَ ثُمَّ يَقُولَ لِلنَّاسِ كُونُوا عِبَادًا لِّي مِن دُونِ اللَّهِ وَلَٰكِن كُونُوا رَبَّانِيِّينَ بِمَا كُنتُمْ تُعَلِّمُونَ الْكِتَابَ وَبِمَا كُنتُمْ تَدْرُسُونَ (79)
Dit betaam geen sterfling dat as Allah hom die Boek en die oor- deelsvermoë en die profeetskap gegee het, dat hy sal sê: Dien mý (eerder) en nie Allah nie; maar (inteendeel) moet hy sê: Wees van die Rabbaniyoen: (Geleerde mense wat dit wat hulle ken, uitleef en dit aan ander leer) omdat julle uit die Boek onderrig, en omdat julle dit bestudeer
وَلَا يَأْمُرَكُمْ أَن تَتَّخِذُوا الْمَلَائِكَةَ وَالنَّبِيِّينَ أَرْبَابًا ۗ أَيَأْمُرُكُم بِالْكُفْرِ بَعْدَ إِذْ أَنتُم مُّسْلِمُونَ (80)
Nog minder sal hy julle gebied om die engele en die profete as gode te aanvaar. Sou hy julle die ongeloof aanraai nadat julle Moesliems geword het
وَإِذْ أَخَذَ اللَّهُ مِيثَاقَ النَّبِيِّينَ لَمَا آتَيْتُكُم مِّن كِتَابٍ وَحِكْمَةٍ ثُمَّ جَاءَكُمْ رَسُولٌ مُّصَدِّقٌ لِّمَا مَعَكُمْ لَتُؤْمِنُنَّ بِهِ وَلَتَنصُرُنَّهُ ۚ قَالَ أَأَقْرَرْتُمْ وَأَخَذْتُمْ عَلَىٰ ذَٰلِكُمْ إِصْرِي ۖ قَالُوا أَقْرَرْنَا ۚ قَالَ فَاشْهَدُوا وَأَنَا مَعَكُم مِّنَ الشَّاهِدِينَ (81)
En toe Allah ’n verbond deur die profete gesluit het: Voorwaar, het Ek aan julle die Boek en die wysheid geskenk ~ daarna het ’n Boodskapper tot julle gekom en bevestig wat reeds met julle was ~ julle sal in hom glo en julle sal hom bystaan. Hy het gevra: Bekragtig julle My verbond in hierdie saak, en neem julle dit aan? Hulle het geantwoord: Ons bekragtig dit.10 Hy het gesê: Dra dan getuie
فَمَن تَوَلَّىٰ بَعْدَ ذَٰلِكَ فَأُولَٰئِكَ هُمُ الْفَاسِقُونَ (82)
Maar wie hierna terugdraai ~ wie hulle ook al is ~ hulle is die oortreders
أَفَغَيْرَ دِينِ اللَّهِ يَبْغُونَ وَلَهُ أَسْلَمَ مَن فِي السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ طَوْعًا وَكَرْهًا وَإِلَيْهِ يُرْجَعُونَ (83)
Soek hulle dan ’n ander godsdiens as die diens van Allah? En wie ook al in die hemele of op die aarde is, hulle onderwerp hulself gewillig of onwillig aan Allah, en Hy sal hulle tot Hom terugbring
قُلْ آمَنَّا بِاللَّهِ وَمَا أُنزِلَ عَلَيْنَا وَمَا أُنزِلَ عَلَىٰ إِبْرَاهِيمَ وَإِسْمَاعِيلَ وَإِسْحَاقَ وَيَعْقُوبَ وَالْأَسْبَاطِ وَمَا أُوتِيَ مُوسَىٰ وَعِيسَىٰ وَالنَّبِيُّونَ مِن رَّبِّهِمْ لَا نُفَرِّقُ بَيْنَ أَحَدٍ مِّنْهُمْ وَنَحْنُ لَهُ مُسْلِمُونَ (84)
Sê: Ons glo in Allah en in wat aan ons geopenbaar is, en wat geopenbaar is aan Abraham en Ismael, en Isak en Jakob en aan die volkstamme en in wat aan Moses en Jesus en aan die profete van hulle Here gegee is. Ons maak geen verskil tussen enige van hulle nie, en ons onderwerp ons aan Hom
وَمَن يَبْتَغِ غَيْرَ الْإِسْلَامِ دِينًا فَلَن يُقْبَلَ مِنْهُ وَهُوَ فِي الْآخِرَةِ مِنَ الْخَاسِرِينَ (85)
En wie dan ook ’n ander godsdiens as Islam soek, dit sal van hom nie aangeneem word nie en in die Hiernamaals sal hy onder die verlorenes wees
كَيْفَ يَهْدِي اللَّهُ قَوْمًا كَفَرُوا بَعْدَ إِيمَانِهِمْ وَشَهِدُوا أَنَّ الرَّسُولَ حَقٌّ وَجَاءَهُمُ الْبَيِّنَاتُ ۚ وَاللَّهُ لَا يَهْدِي الْقَوْمَ الظَّالِمِينَ (86)
Hoe sal Allah ’n volk lei wat ongelowig geraak het nadat hulle voorheen geglo het, en nadat hulle getuig het dat die Boodskapper waaragtig is, en nadat duidelike tekens en bewyse tot hulle gekom het? En Allah lei nie enige onregverdige volke nie
أُولَٰئِكَ جَزَاؤُهُمْ أَنَّ عَلَيْهِمْ لَعْنَةَ اللَّهِ وَالْمَلَائِكَةِ وَالنَّاسِ أَجْمَعِينَ (87)
(Dit is hulle) wie se belonging slegs is dat die vloek van Allah, en die engele en die mense tesame, op hulle sal rus
خَالِدِينَ فِيهَا لَا يُخَفَّفُ عَنْهُمُ الْعَذَابُ وَلَا هُمْ يُنظَرُونَ (88)
Hulle sal daaronder gebuk gaan. Hulle straf sal nie ligter gemaak word nie, ook sal daar geen uitstel aan hulle verleen word nie
إِلَّا الَّذِينَ تَابُوا مِن بَعْدِ ذَٰلِكَ وَأَصْلَحُوا فَإِنَّ اللَّهَ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (89)
Behalwe hulle wat berou toon en verbeter, want waarlik, Allah is Vergewensgesind, Genadevol
إِنَّ الَّذِينَ كَفَرُوا بَعْدَ إِيمَانِهِمْ ثُمَّ ازْدَادُوا كُفْرًا لَّن تُقْبَلَ تَوْبَتُهُمْ وَأُولَٰئِكَ هُمُ الضَّالُّونَ (90)
Hulle wat ongelowig raak nadat hulle geglo het, en nog verder toeneem in ongeloof, hulle berou sal nie aanvaar word nie; en hulle is die verdwaaldes
إِنَّ الَّذِينَ كَفَرُوا وَمَاتُوا وَهُمْ كُفَّارٌ فَلَن يُقْبَلَ مِنْ أَحَدِهِم مِّلْءُ الْأَرْضِ ذَهَبًا وَلَوِ افْتَدَىٰ بِهِ ۗ أُولَٰئِكَ لَهُمْ عَذَابٌ أَلِيمٌ وَمَا لَهُم مِّن نَّاصِرِينَ (91)
Hulle wat ongelowig raak en as ongelowiges sterf, selfs ’n losprys bestaande uit al die goud van die aarde, sal nie aangeneem word as hy hom daarmee wil loskoop nie. Dit is húlle op wie ’n smartlike straf wag, en vir hulle is daar geen hulp nie
لَن تَنَالُوا الْبِرَّ حَتَّىٰ تُنفِقُوا مِمَّا تُحِبُّونَ ۚ وَمَا تُنفِقُوا مِن شَيْءٍ فَإِنَّ اللَّهَ بِهِ عَلِيمٌ (92)
Julle sal geen regverdigheid bereik sonder dat julle afstand doen van wat julle die liefste het nie. En wat julle ook al bestee, waarlik, Allah weet dit
۞ كُلُّ الطَّعَامِ كَانَ حِلًّا لِّبَنِي إِسْرَائِيلَ إِلَّا مَا حَرَّمَ إِسْرَائِيلُ عَلَىٰ نَفْسِهِ مِن قَبْلِ أَن تُنَزَّلَ التَّوْرَاةُ ۗ قُلْ فَأْتُوا بِالتَّوْرَاةِ فَاتْلُوهَا إِن كُنتُمْ صَادِقِينَ (93)
Alle voedsel was vir die Kinders van Israel veroorloof vóór die openbaring van die Tora, behalwe dít wat Israel homself ontsê het. Sê: Bring die Tora en lees dit, indien julle die waarheid lief het
فَمَنِ افْتَرَىٰ عَلَى اللَّهِ الْكَذِبَ مِن بَعْدِ ذَٰلِكَ فَأُولَٰئِكَ هُمُ الظَّالِمُونَ (94)
Diegene wat hierna dus ’n leuen teen Allah versin, is van die onregverdiges
قُلْ صَدَقَ اللَّهُ ۗ فَاتَّبِعُوا مِلَّةَ إِبْرَاهِيمَ حَنِيفًا وَمَا كَانَ مِنَ الْمُشْرِكِينَ (95)
Sê: Allah spreek die waarheid; volg daarom die godsdiens van Abraham, die opregte. En hy was nie van die afgodedienaars nie
إِنَّ أَوَّلَ بَيْتٍ وُضِعَ لِلنَّاسِ لَلَّذِي بِبَكَّةَ مُبَارَكًا وَهُدًى لِّلْعَالَمِينَ (96)
Voorwaar, die eerste huis wat vir aanbidding vir die mensdom aangewys is, was op Bakka.11 Geseënd is dit en ’n leiding vir alle nasies
فِيهِ آيَاتٌ بَيِّنَاتٌ مَّقَامُ إِبْرَاهِيمَ ۖ وَمَن دَخَلَهُ كَانَ آمِنًا ۗ وَلِلَّهِ عَلَى النَّاسِ حِجُّ الْبَيْتِ مَنِ اسْتَطَاعَ إِلَيْهِ سَبِيلًا ۚ وَمَن كَفَرَ فَإِنَّ اللَّهَ غَنِيٌّ عَنِ الْعَالَمِينَ (97)
Daarin is duidelike tekens: Dit is die plek van Abraham; en wie daarin ingaan, sal veilig wees; en die bedevaart na die Huis is deur Allah aan die mens opgelê; opgelê aan wie dit kan bekostig om daarheen te reis. En wie dit betwis, waarlik, Allah het nie die hulp van die wêrelde nodig nie
قُلْ يَا أَهْلَ الْكِتَابِ لِمَ تَكْفُرُونَ بِآيَاتِ اللَّهِ وَاللَّهُ شَهِيدٌ عَلَىٰ مَا تَعْمَلُونَ (98)
Sê: O Mense van die Boek! Waarom verwerp julle die tekens van Allah terwyl Hy Getuig van julle doen en late
قُلْ يَا أَهْلَ الْكِتَابِ لِمَ تَصُدُّونَ عَن سَبِيلِ اللَّهِ مَنْ آمَنَ تَبْغُونَهَا عِوَجًا وَأَنتُمْ شُهَدَاءُ ۗ وَمَا اللَّهُ بِغَافِلٍ عَمَّا تَعْمَلُونَ (99)
Sê: O Mense van die Boek! Waarom verhinder jul die gelowiges om die weg van Allah te betree, en probeer julle om dit krom te maak, terwyl jul getuies van hierdie dinge is? En Allah is nie onbewus van wat julle doen nie
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِن تُطِيعُوا فَرِيقًا مِّنَ الَّذِينَ أُوتُوا الْكِتَابَ يَرُدُّوكُم بَعْدَ إِيمَانِكُمْ كَافِرِينَ (100)
O julle wat glo! Indien julle sommige van hulle aan wie die Boek gegee is gehoorsaam, sal hulle weer van julle ongelowiges maak nadat julle geglo het
وَكَيْفَ تَكْفُرُونَ وَأَنتُمْ تُتْلَىٰ عَلَيْكُمْ آيَاتُ اللَّهِ وَفِيكُمْ رَسُولُهُ ۗ وَمَن يَعْتَصِم بِاللَّهِ فَقَدْ هُدِيَ إِلَىٰ صِرَاطٍ مُّسْتَقِيمٍ (101)
En hoe kan julle dan die ongeloof aanvaar terwyl die tekens van Allah aan julle geopenbaar word; terwyl Sy Boodskappers by julle is? En hulle wat aan Allah vashou, is reeds op die regte weg gelei
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا اتَّقُوا اللَّهَ حَقَّ تُقَاتِهِ وَلَا تَمُوتُنَّ إِلَّا وَأَنتُم مُّسْلِمُونَ (102)
O julle wat glo! Vrees Allah soos Hy gevrees behoort te word; en sterf nie voordat julle julleself aan Sy Wil onderwerp het nie
وَاعْتَصِمُوا بِحَبْلِ اللَّهِ جَمِيعًا وَلَا تَفَرَّقُوا ۚ وَاذْكُرُوا نِعْمَتَ اللَّهِ عَلَيْكُمْ إِذْ كُنتُمْ أَعْدَاءً فَأَلَّفَ بَيْنَ قُلُوبِكُمْ فَأَصْبَحْتُم بِنِعْمَتِهِ إِخْوَانًا وَكُنتُمْ عَلَىٰ شَفَا حُفْرَةٍ مِّنَ النَّارِ فَأَنقَذَكُم مِّنْهَا ۗ كَذَٰلِكَ يُبَيِّنُ اللَّهُ لَكُمْ آيَاتِهِ لَعَلَّكُمْ تَهْتَدُونَ (103)
En hou almal saam vas aan die verbond met Allah, en wees nie verdeeld nie. En onthou Allah se guns aan julle toe julle nog vyande was, hoe Hy jul harte verenig het en julle deur Sy guns daarna broers geword het. En julle was op die rand van ’n afgrond, en Hy het julle daarvan gered. So verduidelik Allah Sy tekens aan julle sodat julle gelei mag word
وَلْتَكُن مِّنكُمْ أُمَّةٌ يَدْعُونَ إِلَى الْخَيْرِ وَيَأْمُرُونَ بِالْمَعْرُوفِ وَيَنْهَوْنَ عَنِ الْمُنكَرِ ۚ وَأُولَٰئِكَ هُمُ الْمُفْلِحُونَ (104)
En laat daar tussen julle ’n groep wees wat (ander) tot goedheid en regverdigheid aanspoor en die slegte en kwaad verbied; dit is húlle wat suksesvol sal wees
وَلَا تَكُونُوا كَالَّذِينَ تَفَرَّقُوا وَاخْتَلَفُوا مِن بَعْدِ مَا جَاءَهُمُ الْبَيِّنَاتُ ۚ وَأُولَٰئِكَ لَهُمْ عَذَابٌ عَظِيمٌ (105)
En wees nie soos hulle wat onderling verdeeld was en van mening verskil het nadat duidelike bewyse tot hulle gekom het nie. En vir hulle is daar ’n smartlike straf
يَوْمَ تَبْيَضُّ وُجُوهٌ وَتَسْوَدُّ وُجُوهٌ ۚ فَأَمَّا الَّذِينَ اسْوَدَّتْ وُجُوهُهُمْ أَكَفَرْتُم بَعْدَ إِيمَانِكُمْ فَذُوقُوا الْعَذَابَ بِمَا كُنتُمْ تَكْفُرُونَ (106)
Op die Dag waarop sommige gesigte wit en ander swart sal word: aan hulle wie se gesigte swart geword het, sal gevra word: Was julle weer ongelowig nadat julle geglo het? Proe dan die straf van die ongelowiges
وَأَمَّا الَّذِينَ ابْيَضَّتْ وُجُوهُهُمْ فَفِي رَحْمَةِ اللَّهِ هُمْ فِيهَا خَالِدُونَ (107)
Maar hulle wie se gesigte wit sal wees, oor hulle sal die barmhartigheid van Allah wees; daarin sal hulle woon
تِلْكَ آيَاتُ اللَّهِ نَتْلُوهَا عَلَيْكَ بِالْحَقِّ ۗ وَمَا اللَّهُ يُرِيدُ ظُلْمًا لِّلْعَالَمِينَ (108)
Dít is die tekens van Allah wat Ons met waarheid aan julle voordra. En Allah wens niemand en niks kwaad toe nie
وَلِلَّهِ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَمَا فِي الْأَرْضِ ۚ وَإِلَى اللَّهِ تُرْجَعُ الْأُمُورُ (109)
En aan Allah behoort alles wat in die hemele en op die aarde is. En alles word na Allah teruggebring
كُنتُمْ خَيْرَ أُمَّةٍ أُخْرِجَتْ لِلنَّاسِ تَأْمُرُونَ بِالْمَعْرُوفِ وَتَنْهَوْنَ عَنِ الْمُنكَرِ وَتُؤْمِنُونَ بِاللَّهِ ۗ وَلَوْ آمَنَ أَهْلُ الْكِتَابِ لَكَانَ خَيْرًا لَّهُم ۚ مِّنْهُمُ الْمُؤْمِنُونَ وَأَكْثَرُهُمُ الْفَاسِقُونَ (110)
Julle is die beste volk wat uit die mensdom verwek is: julle beveel dit wat goed is en verbied dit wat kwaad is, en julle glo in Allah. En indien die Mense van die Boek maar geglo het, sou dit vir hulle beter gewees het. Sommige van hulle is gelowig, maar die meeste is ongehoorsaam
لَن يَضُرُّوكُمْ إِلَّا أَذًى ۖ وَإِن يُقَاتِلُوكُمْ يُوَلُّوكُمُ الْأَدْبَارَ ثُمَّ لَا يُنصَرُونَ (111)
Hulle sal julle geen kwaad kan aandoen nie, behalwe in ’n geringe mate. En as hulle met julle veg, sal hulle hul rûe op julle draai. Dan sal daar vir hulle geen hulp wees nie
ضُرِبَتْ عَلَيْهِمُ الذِّلَّةُ أَيْنَ مَا ثُقِفُوا إِلَّا بِحَبْلٍ مِّنَ اللَّهِ وَحَبْلٍ مِّنَ النَّاسِ وَبَاءُوا بِغَضَبٍ مِّنَ اللَّهِ وَضُرِبَتْ عَلَيْهِمُ الْمَسْكَنَةُ ۚ ذَٰلِكَ بِأَنَّهُمْ كَانُوا يَكْفُرُونَ بِآيَاتِ اللَّهِ وَيَقْتُلُونَ الْأَنبِيَاءَ بِغَيْرِ حَقٍّ ۚ ذَٰلِكَ بِمَا عَصَوا وَّكَانُوا يَعْتَدُونَ (112)
Vernedering sal hulle tref, waar hulle hul ook al mag bevind, tensy hulle ’n verbond met Allah aangaan, of ’n verbond met ander volkere; en hulle sal die toorn van Allah opwek, en armoede sal hulle deel wees
۞ لَيْسُوا سَوَاءً ۗ مِّنْ أَهْلِ الْكِتَابِ أُمَّةٌ قَائِمَةٌ يَتْلُونَ آيَاتِ اللَّهِ آنَاءَ اللَّيْلِ وَهُمْ يَسْجُدُونَ (113)
Hulle is nie almal eenders nie. Tussen die Mense van die Boek is daar ’n groep opregtes wat die tekens van Allah snags oordink en hulle hoofde op die grond in aanbidding neerbuig
يُؤْمِنُونَ بِاللَّهِ وَالْيَوْمِ الْآخِرِ وَيَأْمُرُونَ بِالْمَعْرُوفِ وَيَنْهَوْنَ عَنِ الْمُنكَرِ وَيُسَارِعُونَ فِي الْخَيْرَاتِ وَأُولَٰئِكَ مِنَ الصَّالِحِينَ (114)
Hulle glo in Allah en in die Laaste Dag, en hulle beveel dit wat goed is, en verbied dit wat kwaad is, en wedywer onder mekaar in goeie werke. En hulle behoort tot die regverdiges
وَمَا يَفْعَلُوا مِنْ خَيْرٍ فَلَن يُكْفَرُوهُ ۗ وَاللَّهُ عَلِيمٌ بِالْمُتَّقِينَ (115)
En die goeie dade wat hulle doen sal nooit misken word nie. En Allah weet wie godvresend is
إِنَّ الَّذِينَ كَفَرُوا لَن تُغْنِيَ عَنْهُمْ أَمْوَالُهُمْ وَلَا أَوْلَادُهُم مِّنَ اللَّهِ شَيْئًا ۖ وَأُولَٰئِكَ أَصْحَابُ النَّارِ ۚ هُمْ فِيهَا خَالِدُونَ (116)
Waarlik, diegene wie nie glo nie, hulle besittings en hulle kinders sal van nul en gener waarde by Allah wees. En hulle sal die bewoners van die Vuur wees; daarin sal hulle woon
مَثَلُ مَا يُنفِقُونَ فِي هَٰذِهِ الْحَيَاةِ الدُّنْيَا كَمَثَلِ رِيحٍ فِيهَا صِرٌّ أَصَابَتْ حَرْثَ قَوْمٍ ظَلَمُوا أَنفُسَهُمْ فَأَهْلَكَتْهُ ۚ وَمَا ظَلَمَهُمُ اللَّهُ وَلَٰكِنْ أَنفُسَهُمْ يَظْلِمُونَ (117)
En die gelykenis van wat hulle hande doen is soos ’n snerpend koue wind; dit tref die oes van ’n volk wat hulself kwaad aandoen, en vernietig dit. En Allah het teenoor hulle geen onreg gepleeg nie, inteendeel, hulle het dit aan hulself gedoen
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تَتَّخِذُوا بِطَانَةً مِّن دُونِكُمْ لَا يَأْلُونَكُمْ خَبَالًا وَدُّوا مَا عَنِتُّمْ قَدْ بَدَتِ الْبَغْضَاءُ مِنْ أَفْوَاهِهِمْ وَمَا تُخْفِي صُدُورُهُمْ أَكْبَرُ ۚ قَدْ بَيَّنَّا لَكُمُ الْآيَاتِ ۖ إِن كُنتُمْ تَعْقِلُونَ (118)
O julle wat glo! Soek geen intieme vriendskap onder vreemde volke nie; hulle sal nie nalaat om julle kwaad aan te doen nie. Hul begeerte is om aan julle kwaad te doen. Vurige nyd het reeds al by hulle monde uitgekom, en wat in hulle harte verborge is, is nog erger. Ons het Ons tekens duidelik gemaak, indien julle dit wil verstaan
هَا أَنتُمْ أُولَاءِ تُحِبُّونَهُمْ وَلَا يُحِبُّونَكُمْ وَتُؤْمِنُونَ بِالْكِتَابِ كُلِّهِ وَإِذَا لَقُوكُمْ قَالُوا آمَنَّا وَإِذَا خَلَوْا عَضُّوا عَلَيْكُمُ الْأَنَامِلَ مِنَ الْغَيْظِ ۚ قُلْ مُوتُوا بِغَيْظِكُمْ ۗ إِنَّ اللَّهَ عَلِيمٌ بِذَاتِ الصُّدُورِ (119)
Maar kyk! Julle het hulle lief, terwyl hulle nie dieselfde gevoel vir julle koester nie. En julle glo aan die Boek12 in sy geheel. En wanneer hulle jul ontmoet, dan sê hulle: Ons glo, maar wanneer hulle op hul eie is, dan byt hulle hulle vingerpunte uit raserny oor julle. Sê: Sterf in julle raserny. Voorwaar, Allah weet wat in die harte omgaan
إِن تَمْسَسْكُمْ حَسَنَةٌ تَسُؤْهُمْ وَإِن تُصِبْكُمْ سَيِّئَةٌ يَفْرَحُوا بِهَا ۖ وَإِن تَصْبِرُوا وَتَتَّقُوا لَا يَضُرُّكُمْ كَيْدُهُمْ شَيْئًا ۗ إِنَّ اللَّهَ بِمَا يَعْمَلُونَ مُحِيطٌ (120)
Indien daar iets goeds met júlle gebeur, dan raak hulle verdrietig, maar as iets kwaads julle tref, dan verheug hulle hul daaroor. Maar indien julle geduldig en godvresend bly, sal hulle planne julle geheel en al geen skade berokken nie. Voorwaar, Allah weet wat hulle doen
وَإِذْ غَدَوْتَ مِنْ أَهْلِكَ تُبَوِّئُ الْمُؤْمِنِينَ مَقَاعِدَ لِلْقِتَالِ ۗ وَاللَّهُ سَمِيعٌ عَلِيمٌ (121)
En toe julle in die vroeë môre van julle huisgesinne af weggetrek het om die gelowiges hulle stellings vir die geveg aan te wys ~ en Allah is Alhorend, Alwetend
إِذْ هَمَّت طَّائِفَتَانِ مِنكُمْ أَن تَفْشَلَا وَاللَّهُ وَلِيُّهُمَا ۗ وَعَلَى اللَّهِ فَلْيَتَوَكَّلِ الْمُؤْمِنُونَ (122)
toe twee partye onder julle tekens van lafhartigheid wou toon, en Allah die Bewaarder van hulle albei was ~ en op Allah moet die gelowiges vertrou
وَلَقَدْ نَصَرَكُمُ اللَّهُ بِبَدْرٍ وَأَنتُمْ أَذِلَّةٌ ۖ فَاتَّقُوا اللَّهَ لَعَلَّكُمْ تَشْكُرُونَ (123)
En Allah het vroeër reeds by Badr gehelp, toe julle ’n klein, swak mag was. En wees bewus van Allah, sodat julle stof tot dankbaarheid mag hê
إِذْ تَقُولُ لِلْمُؤْمِنِينَ أَلَن يَكْفِيَكُمْ أَن يُمِدَّكُمْ رَبُّكُم بِثَلَاثَةِ آلَافٍ مِّنَ الْمَلَائِكَةِ مُنزَلِينَ (124)
Toe u die gelowiges toegespreek en gesê het: Is dit nie genoeg dat Allah julle met drieduisend gestuurde engele sal help nie
بَلَىٰ ۚ إِن تَصْبِرُوا وَتَتَّقُوا وَيَأْتُوكُم مِّن فَوْرِهِمْ هَٰذَا يُمْدِدْكُمْ رَبُّكُم بِخَمْسَةِ آلَافٍ مِّنَ الْمَلَائِكَةِ مُسَوِّمِينَ (125)
Ja, as julle standvastig is en godvresend bly, en dit dan gebeur dat die ongelowiges in wilde vaart aanval, sal julle Heer julle met vyfduisend gestuurde engele bystaan
وَمَا جَعَلَهُ اللَّهُ إِلَّا بُشْرَىٰ لَكُمْ وَلِتَطْمَئِنَّ قُلُوبُكُم بِهِ ۗ وَمَا النَّصْرُ إِلَّا مِنْ عِندِ اللَّهِ الْعَزِيزِ الْحَكِيمِ (126)
En Allah het dit net maar as ’n blye tyding aan julle gestuur, sodat julle harte daardeur gerus kan word. En hulp kom alleen maar van Allah, die Almagtige, die Alwyse
لِيَقْطَعَ طَرَفًا مِّنَ الَّذِينَ كَفَرُوا أَوْ يَكْبِتَهُمْ فَيَنقَلِبُوا خَائِبِينَ (127)
Sodat Hy ’n deel van die ongelowiges kan vernietig, of hulle so verneder dat hul mislukking hulle sal laat terugval
لَيْسَ لَكَ مِنَ الْأَمْرِ شَيْءٌ أَوْ يَتُوبَ عَلَيْهِمْ أَوْ يُعَذِّبَهُمْ فَإِنَّهُمْ ظَالِمُونَ (128)
Dit gaan u nie aan of Hy Hom uit genade tot hulle keer, of hulle straf nie, al is hulle inderdaad boosdoeners
وَلِلَّهِ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَمَا فِي الْأَرْضِ ۚ يَغْفِرُ لِمَن يَشَاءُ وَيُعَذِّبُ مَن يَشَاءُ ۚ وَاللَّهُ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (129)
En aan Allah behoort alles wat in die hemele en wat op die aarde is. Hy vergewe wie Hy wil en straf wie Hy wil. En Allah is Vergewensgesind, Genadevol
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تَأْكُلُوا الرِّبَا أَضْعَافًا مُّضَاعَفَةً ۖ وَاتَّقُوا اللَّهَ لَعَلَّكُمْ تُفْلِحُونَ (130)
O julle wat glo! Moenie woekerwins, dubbeld en verdubbel, verslind nie, en wees godvresend sodat julle suksesvol mag wees
وَاتَّقُوا النَّارَ الَّتِي أُعِدَّتْ لِلْكَافِرِينَ (131)
En waak teen die Vuur wat vir die ongelowiges berei is
وَأَطِيعُوا اللَّهَ وَالرَّسُولَ لَعَلَّكُمْ تُرْحَمُونَ (132)
En gehoorsaam Allah en die Boodskapper sodat genade aan julle betoon mag word
۞ وَسَارِعُوا إِلَىٰ مَغْفِرَةٍ مِّن رَّبِّكُمْ وَجَنَّةٍ عَرْضُهَا السَّمَاوَاتُ وَالْأَرْضُ أُعِدَّتْ لِلْمُتَّقِينَ (133)
En wedywer met mekaar om die vergifnis van julle Heer, en om die Paradys, waarvan die uitgestrektheid so wyd soos die hemele en die aarde is; dít is voorberei vir die godvresendes
الَّذِينَ يُنفِقُونَ فِي السَّرَّاءِ وَالضَّرَّاءِ وَالْكَاظِمِينَ الْغَيْظَ وَالْعَافِينَ عَنِ النَّاسِ ۗ وَاللَّهُ يُحِبُّ الْمُحْسِنِينَ (134)
wat spandeer in die weg van Allah in tye van voor sowel as teëspoed, en wat hulle boosheid in bedwang hou en vergewensgesind is. En Allah is lief vir hulle wat goed doen aan hul naaste
وَالَّذِينَ إِذَا فَعَلُوا فَاحِشَةً أَوْ ظَلَمُوا أَنفُسَهُمْ ذَكَرُوا اللَّهَ فَاسْتَغْفَرُوا لِذُنُوبِهِمْ وَمَن يَغْفِرُ الذُّنُوبَ إِلَّا اللَّهُ وَلَمْ يُصِرُّوا عَلَىٰ مَا فَعَلُوا وَهُمْ يَعْلَمُونَ (135)
En hulle wat, wanneer hulle oortree en hul siele kwaad aangedoen het, aan Allah dink en Hom om vergifnis van hulle sonde smeek ~ en wie behalwe Allah kan sondes vergewe? ~ en hulle volhard nie willens en wetens in hulle verkeerde dade nie
أُولَٰئِكَ جَزَاؤُهُم مَّغْفِرَةٌ مِّن رَّبِّهِمْ وَجَنَّاتٌ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا ۚ وَنِعْمَ أَجْرُ الْعَامِلِينَ (136)
hulle beloning is beskerming van hul Heer, en Tuine waardeur riviere vloei, en waarin hulle kan woon. En groot is die loon van die ywerige werkers
قَدْ خَلَتْ مِن قَبْلِكُمْ سُنَنٌ فَسِيرُوا فِي الْأَرْضِ فَانظُرُوا كَيْفَ كَانَ عَاقِبَةُ الْمُكَذِّبِينَ (137)
Voorwaar, hiervan was daar voorheen al voorbeelde; reis dan om die aarde en kyk wat die einde van die leuenaars was
هَٰذَا بَيَانٌ لِّلنَّاسِ وَهُدًى وَمَوْعِظَةٌ لِّلْمُتَّقِينَ (138)
Hierdie Boek13 is ’n duidelike verklaring aan die mense, en ’n leiding en ’n vermaning vir die godvresendes
وَلَا تَهِنُوا وَلَا تَحْزَنُوا وَأَنتُمُ الْأَعْلَوْنَ إِن كُنتُم مُّؤْمِنِينَ (139)
En wees nie weekhartig nie, en treur ook nie, en julle sal oorwinnaars wees mits julle gelowig is
إِن يَمْسَسْكُمْ قَرْحٌ فَقَدْ مَسَّ الْقَوْمَ قَرْحٌ مِّثْلُهُ ۚ وَتِلْكَ الْأَيَّامُ نُدَاوِلُهَا بَيْنَ النَّاسِ وَلِيَعْلَمَ اللَّهُ الَّذِينَ آمَنُوا وَيَتَّخِذَ مِنكُمْ شُهَدَاءَ ۗ وَاللَّهُ لَا يُحِبُّ الظَّالِمِينَ (140)
As ’n wond julle pyn veroorsaak het, dan het die ongelowiges ook ’n soortgelyke pyn gehad. Sulke dae bring Ons beurtelings oor die mens, sodat Allah toets wie die gelowiges is en martelaars uit julle midde kan neem ~ En Allah is nie lief vir die ongehoorsamiges nie
وَلِيُمَحِّصَ اللَّهُ الَّذِينَ آمَنُوا وَيَمْحَقَ الْكَافِرِينَ (141)
en sodat Hy die gelowiges kan louter en die ongelowiges kan vernietig
أَمْ حَسِبْتُمْ أَن تَدْخُلُوا الْجَنَّةَ وَلَمَّا يَعْلَمِ اللَّهُ الَّذِينَ جَاهَدُوا مِنكُمْ وَيَعْلَمَ الصَّابِرِينَ (142)
Reken julle dat julle die Paradys sal binnegaan terwyl julle nog nie getoets is wie van julle hard strewe en standvastig is nie
وَلَقَدْ كُنتُمْ تَمَنَّوْنَ الْمَوْتَ مِن قَبْلِ أَن تَلْقَوْهُ فَقَدْ رَأَيْتُمُوهُ وَأَنتُمْ تَنظُرُونَ (143)
En julle wou die dood tegemoet gaan voordat julle dit leer ken het, maar nou het julle dit gesien
وَمَا مُحَمَّدٌ إِلَّا رَسُولٌ قَدْ خَلَتْ مِن قَبْلِهِ الرُّسُلُ ۚ أَفَإِن مَّاتَ أَوْ قُتِلَ انقَلَبْتُمْ عَلَىٰ أَعْقَابِكُمْ ۚ وَمَن يَنقَلِبْ عَلَىٰ عَقِبَيْهِ فَلَن يَضُرَّ اللَّهَ شَيْئًا ۗ وَسَيَجْزِي اللَّهُ الشَّاكِرِينَ (144)
En Moegammad was slegs ’n boodskapper ~ en sommige van die boodskappers het reeds heengegaan. ~ Sal julle dan op die plek omdraai as hy sterf of gedood word? Diegene wat op terugdraai sal geen skade aan Allah berokken nie. En vorwaar, Allah sal die dankbares beloon
وَمَا كَانَ لِنَفْسٍ أَن تَمُوتَ إِلَّا بِإِذْنِ اللَّهِ كِتَابًا مُّؤَجَّلًا ۗ وَمَن يُرِدْ ثَوَابَ الدُّنْيَا نُؤْتِهِ مِنْهَا وَمَن يُرِدْ ثَوَابَ الْآخِرَةِ نُؤْتِهِ مِنْهَا ۚ وَسَنَجْزِي الشَّاكِرِينَ (145)
En geen siel kan sterf sonder die toestemming van Allah nie ~ die tyd daarvoor is vasgestel. En wie ’n beloning in hierdie wêreld verlang, dié gee Ons hom, en wie ’n beloning in die Hiernamaals verlang, ook dít sal Ons hom gee. En Ons sal sekerlik die dankbares beloon
وَكَأَيِّن مِّن نَّبِيٍّ قَاتَلَ مَعَهُ رِبِّيُّونَ كَثِيرٌ فَمَا وَهَنُوا لِمَا أَصَابَهُمْ فِي سَبِيلِ اللَّهِ وَمَا ضَعُفُوا وَمَا اسْتَكَانُوا ۗ وَاللَّهُ يُحِبُّ الصَّابِرِينَ (146)
En hoeveel profete, met talryke aanbidders van die Here aan hul sy, was nie al in die geveg nie? En hulle het nie moed verloor weens die talryke ontberinge wat hulle op die weg van Allah verduur het nie, ook het hulle nie verslap of hulle self verneder nie. En Allah het die geduldiges lief
وَمَا كَانَ قَوْلَهُمْ إِلَّا أَن قَالُوا رَبَّنَا اغْفِرْ لَنَا ذُنُوبَنَا وَإِسْرَافَنَا فِي أَمْرِنَا وَثَبِّتْ أَقْدَامَنَا وَانصُرْنَا عَلَى الْقَوْمِ الْكَافِرِينَ (147)
En hulle versugtinge was slegs: Ons Heer! Beskerm ons teen ons sondigheid en die buitensporighede in ons gedrag, en plaas krag in ons voete, en help ons teen die ongelowige volk
فَآتَاهُمُ اللَّهُ ثَوَابَ الدُّنْيَا وَحُسْنَ ثَوَابِ الْآخِرَةِ ۗ وَاللَّهُ يُحِبُّ الْمُحْسِنِينَ (148)
Daarom het Allah hulle die beloning van hierdie wêreld gegee, maar ook ’n ruim beloning in die Hiernamaals. En Allah het die weldoeners lief
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِن تُطِيعُوا الَّذِينَ كَفَرُوا يَرُدُّوكُمْ عَلَىٰ أَعْقَابِكُمْ فَتَنقَلِبُوا خَاسِرِينَ (149)
O julle wat glo! As julle die ongelowiges volg, sal hulle julle sekerlik in jul spore laat omdraai; dan sal julle terugkeer as verloorders
بَلِ اللَّهُ مَوْلَاكُمْ ۖ وَهُوَ خَيْرُ النَّاصِرِينَ (150)
Maar nee, Allah is julle Beskermer, en Hy is die Beste Helper
سَنُلْقِي فِي قُلُوبِ الَّذِينَ كَفَرُوا الرُّعْبَ بِمَا أَشْرَكُوا بِاللَّهِ مَا لَمْ يُنَزِّلْ بِهِ سُلْطَانًا ۖ وَمَأْوَاهُمُ النَّارُ ۚ وَبِئْسَ مَثْوَى الظَّالِمِينَ (151)
Ons sal die harte van die ongelowiges met vrees vervul, omdat hulle aan Allah dinge toeskryf waartoe Hy geen magtiging verleen het nie. En hulle woning sal die Vuur wees. En die woonplek van die ongelowiges is verskriklik
وَلَقَدْ صَدَقَكُمُ اللَّهُ وَعْدَهُ إِذْ تَحُسُّونَهُم بِإِذْنِهِ ۖ حَتَّىٰ إِذَا فَشِلْتُمْ وَتَنَازَعْتُمْ فِي الْأَمْرِ وَعَصَيْتُم مِّن بَعْدِ مَا أَرَاكُم مَّا تُحِبُّونَ ۚ مِنكُم مَّن يُرِيدُ الدُّنْيَا وَمِنكُم مَّن يُرِيدُ الْآخِرَةَ ۚ ثُمَّ صَرَفَكُمْ عَنْهُمْ لِيَبْتَلِيَكُمْ ۖ وَلَقَدْ عَفَا عَنكُمْ ۗ وَاللَّهُ ذُو فَضْلٍ عَلَى الْمُؤْمِنِينَ (152)
En Allah het Sy belofte aan julle gestand gedoen en julle het hulle met Sy verlof omgebring, maar daarna het julle lafhartig geword en onder mekaar getwis oor die saak, en ongehoorsaam geword nadat Hy julle laat sien het wat julle graag wou sien. Tussen julle was daar sommige wat hierdie wêreld begeer het, en ook diegene wat die Hiernamaals begeer het. Toe het Hy hulle van jul geskei sodat Hy julle op die proef kan stel. Maar Hy het julle daarna vergewe. En Allah is Genadevol teenoor die gelowiges
۞ إِذْ تُصْعِدُونَ وَلَا تَلْوُونَ عَلَىٰ أَحَدٍ وَالرَّسُولُ يَدْعُوكُمْ فِي أُخْرَاكُمْ فَأَثَابَكُمْ غَمًّا بِغَمٍّ لِّكَيْلَا تَحْزَنُوا عَلَىٰ مَا فَاتَكُمْ وَلَا مَا أَصَابَكُمْ ۗ وَاللَّهُ خَبِيرٌ بِمَا تَعْمَلُونَ (153)
Toe julle gevlug en op niemand ag geslaan het nie, terwyl die Boodskapper julle van veraf nader roep, het Hy nog ’n smart by julle eerste gevoeg, sodat julle nie kan treur oor wat julle verloor of oor wat met julle gebeur het nie. En Allah is bewus van wat julle doen
ثُمَّ أَنزَلَ عَلَيْكُم مِّن بَعْدِ الْغَمِّ أَمَنَةً نُّعَاسًا يَغْشَىٰ طَائِفَةً مِّنكُمْ ۖ وَطَائِفَةٌ قَدْ أَهَمَّتْهُمْ أَنفُسُهُمْ يَظُنُّونَ بِاللَّهِ غَيْرَ الْحَقِّ ظَنَّ الْجَاهِلِيَّةِ ۖ يَقُولُونَ هَل لَّنَا مِنَ الْأَمْرِ مِن شَيْءٍ ۗ قُلْ إِنَّ الْأَمْرَ كُلَّهُ لِلَّهِ ۗ يُخْفُونَ فِي أَنفُسِهِم مَّا لَا يُبْدُونَ لَكَ ۖ يَقُولُونَ لَوْ كَانَ لَنَا مِنَ الْأَمْرِ شَيْءٌ مَّا قُتِلْنَا هَاهُنَا ۗ قُل لَّوْ كُنتُمْ فِي بُيُوتِكُمْ لَبَرَزَ الَّذِينَ كُتِبَ عَلَيْهِمُ الْقَتْلُ إِلَىٰ مَضَاجِعِهِمْ ۖ وَلِيَبْتَلِيَ اللَّهُ مَا فِي صُدُورِكُمْ وَلِيُمَحِّصَ مَا فِي قُلُوبِكُمْ ۗ وَاللَّهُ عَلِيمٌ بِذَاتِ الصُّدُورِ (154)
Ná die smart het Hy veiligheid oor julle gebied sodat ’n deel van julle kon insluimer. Maar ’n groep was oor hulself bekommerd omdat hulle ten onregte onwetend was oor die dade van Allah. Hulle het gesê: Het ons dan iets met hierdie saak te doen? Sê: Die saak rus in die hande van Allah. Hulle verberg binne hulself wat hulle nie aan u bekend wil maak nie. Hulle sê: As die saak in ons hande was, sou ons nie hier geveg het nie. Sê: As julle tuis gebly het, sou hulle wat vir die stryd bestem was nog voortgegaan het na die plekke waar hulle sou sterf. En dit vind plaas sodat Allah julle harte kan beproef en louter. En Allah weet wat in die binneste omgaan
إِنَّ الَّذِينَ تَوَلَّوْا مِنكُمْ يَوْمَ الْتَقَى الْجَمْعَانِ إِنَّمَا اسْتَزَلَّهُمُ الشَّيْطَانُ بِبَعْضِ مَا كَسَبُوا ۖ وَلَقَدْ عَفَا اللَّهُ عَنْهُمْ ۗ إِنَّ اللَّهَ غَفُورٌ حَلِيمٌ (155)
Dié van julle wat teruggeval het op die dag toe die twee strydmagte mekaar ontmoet het is deur die duiwel, om hulle dade se onthalwe, in vertwyfeling gebring. En voorwaar, Allah het hulle vergewe. Allah is voorwaar Vergewensgesind, Ver- draagsaam
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تَكُونُوا كَالَّذِينَ كَفَرُوا وَقَالُوا لِإِخْوَانِهِمْ إِذَا ضَرَبُوا فِي الْأَرْضِ أَوْ كَانُوا غُزًّى لَّوْ كَانُوا عِندَنَا مَا مَاتُوا وَمَا قُتِلُوا لِيَجْعَلَ اللَّهُ ذَٰلِكَ حَسْرَةً فِي قُلُوبِهِمْ ۗ وَاللَّهُ يُحْيِي وَيُمِيتُ ۗ وَاللَّهُ بِمَا تَعْمَلُونَ بَصِيرٌ (156)
O julle wat glo! Moenie soos die ongelowiges maak wat, wanneer hulle oor die aarde opruk, aangaande die stryd van hulle broers sê: Het hulle by ons gebly, sou hulle nie gesterf het, of doodgemaak gewees het nie. Want Allah sal dit vir hulle ’n wroeging in die hart maak. Allah skenk die lewe en ook die dood. En Allah sien wat julle doen
وَلَئِن قُتِلْتُمْ فِي سَبِيلِ اللَّهِ أَوْ مُتُّمْ لَمَغْفِرَةٌ مِّنَ اللَّهِ وَرَحْمَةٌ خَيْرٌ مِّمَّا يَجْمَعُونَ (157)
En as julle in die weg van Allah omkom, en as julle sterwe, sal Sy genade en beskerming vir julle beter wees as die dinge wat julle vergaar
وَلَئِن مُّتُّمْ أَوْ قُتِلْتُمْ لَإِلَى اللَّهِ تُحْشَرُونَ (158)
En as julle sterwe of omkom, sal julle voorwaar na Allah teruggebring word
فَبِمَا رَحْمَةٍ مِّنَ اللَّهِ لِنتَ لَهُمْ ۖ وَلَوْ كُنتَ فَظًّا غَلِيظَ الْقَلْبِ لَانفَضُّوا مِنْ حَوْلِكَ ۖ فَاعْفُ عَنْهُمْ وَاسْتَغْفِرْ لَهُمْ وَشَاوِرْهُمْ فِي الْأَمْرِ ۖ فَإِذَا عَزَمْتَ فَتَوَكَّلْ عَلَى اللَّهِ ۚ إِنَّ اللَّهَ يُحِبُّ الْمُتَوَكِّلِينَ (159)
Deur die genade van Allah is u14 sagmoedig teenoor hulle.15 En as u ru was, of hardvogtig, sou hulle sekerlik van u af weggetrek het. Vergewe hulle daarom en vra om beskerming vir hulle, en raadpleeg hulle in belangrike sake. Maar wanneer u vasberade is, vertrou dan op Allah. Voorwaar, Allah het hulle lief wat hul vertroue in Hom stel
إِن يَنصُرْكُمُ اللَّهُ فَلَا غَالِبَ لَكُمْ ۖ وَإِن يَخْذُلْكُمْ فَمَن ذَا الَّذِي يَنصُرُكُم مِّن بَعْدِهِ ۗ وَعَلَى اللَّهِ فَلْيَتَوَكَّلِ الْمُؤْمِنُونَ (160)
As Allah julle help, sal niemand julle kan oorweldig nie; maar as Hy julle versaak, wie sal julle dan kan help? En in Allah moet die gelowiges hulle vertroue stel
وَمَا كَانَ لِنَبِيٍّ أَن يَغُلَّ ۚ وَمَن يَغْلُلْ يَأْتِ بِمَا غَلَّ يَوْمَ الْقِيَامَةِ ۚ ثُمَّ تُوَفَّىٰ كُلُّ نَفْسٍ مَّا كَسَبَتْ وَهُمْ لَا يُظْلَمُونَ (161)
En dit betaam nie ’n profeet om oneerlik te wees nie. En wie ook al oneerlik handel, op die Dag van Wederopstanding sal hy sy oneerlikhede met hom saambring. Dan sal elke siel ten volle uitbetaal word volgens sy verdienste, en niemand sal ingedoen word nie
أَفَمَنِ اتَّبَعَ رِضْوَانَ اللَّهِ كَمَن بَاءَ بِسَخَطٍ مِّنَ اللَّهِ وَمَأْوَاهُ جَهَنَّمُ ۚ وَبِئْسَ الْمَصِيرُ (162)
Is hy in wie Allah ’n welbehae het, dan soos iemand wat die toorn van Allah opgewek het, en wie se woning die Hel is? En dit is ’n gedoemde bestemming
هُمْ دَرَجَاتٌ عِندَ اللَّهِ ۗ وَاللَّهُ بَصِيرٌ بِمَا يَعْمَلُونَ (163)
Daar is grade by Allah. En Hy sien wat hulle doen
لَقَدْ مَنَّ اللَّهُ عَلَى الْمُؤْمِنِينَ إِذْ بَعَثَ فِيهِمْ رَسُولًا مِّنْ أَنفُسِهِمْ يَتْلُو عَلَيْهِمْ آيَاتِهِ وَيُزَكِّيهِمْ وَيُعَلِّمُهُمُ الْكِتَابَ وَالْحِكْمَةَ وَإِن كَانُوا مِن قَبْلُ لَفِي ضَلَالٍ مُّبِينٍ (164)
Voorwaar, Allah het die gelowiges ’n guns bewys deur uit hulle midde ’n boodskapper te laat opstaan wat Sy tekens aan hulle verkondig en wat hulle louter, en hulle in die Boek en in die wysheid onderrig, hoewel hulle voorheen verdwaal was
أَوَلَمَّا أَصَابَتْكُم مُّصِيبَةٌ قَدْ أَصَبْتُم مِّثْلَيْهَا قُلْتُمْ أَنَّىٰ هَٰذَا ۖ قُلْ هُوَ مِنْ عِندِ أَنفُسِكُمْ ۗ إِنَّ اللَّهَ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (165)
Hoe is dit dan? Wanneer ’n rampspoed julle tref ~ en twee keer al het julle dit oor jul vyande gebring ~ sê julle: Van waar kom dit? Sê: Dit kom van julle self. Voorwaar, die mag van Allah oortref alle dinge
وَمَا أَصَابَكُمْ يَوْمَ الْتَقَى الْجَمْعَانِ فَبِإِذْنِ اللَّهِ وَلِيَعْلَمَ الْمُؤْمِنِينَ (166)
En wat julle oorval het op die dag toe die twee strydmagte mekaar ontmoet het, het geskied met die verlof van Allah, sodat Hy die gelowiges kon toets
وَلِيَعْلَمَ الَّذِينَ نَافَقُوا ۚ وَقِيلَ لَهُمْ تَعَالَوْا قَاتِلُوا فِي سَبِيلِ اللَّهِ أَوِ ادْفَعُوا ۖ قَالُوا لَوْ نَعْلَمُ قِتَالًا لَّاتَّبَعْنَاكُمْ ۗ هُمْ لِلْكُفْرِ يَوْمَئِذٍ أَقْرَبُ مِنْهُمْ لِلْإِيمَانِ ۚ يَقُولُونَ بِأَفْوَاهِهِم مَّا لَيْسَ فِي قُلُوبِهِمْ ۗ وَاللَّهُ أَعْلَمُ بِمَا يَكْتُمُونَ (167)
en ook dat Hy die huigelaars kon toets. En aan hulle is gesê: Kom en veg in die weg van Allah en verdedig julle. Hulle antwoord was: As ons net geweet het hoe om te veg, sou ons julle sekerlik gevolg het. Op daardie dag was hulle nader aan die ongeloof as aan die geloof; met hulle monde sê hulle wat nie in hul harte is nie. En Allah weet alles wat hulle verberg
الَّذِينَ قَالُوا لِإِخْوَانِهِمْ وَقَعَدُوا لَوْ أَطَاعُونَا مَا قُتِلُوا ۗ قُلْ فَادْرَءُوا عَنْ أَنفُسِكُمُ الْمَوْتَ إِن كُنتُمْ صَادِقِينَ (168)
Hulle wat, toe hulle tuis gebly het, van hul broers gesê het: As hulle na ons geluister het, sou hulle nie dood gewees het nie. Sê: Weer dan die dood van júlle af, as julle die waarheid praat
وَلَا تَحْسَبَنَّ الَّذِينَ قُتِلُوا فِي سَبِيلِ اللَّهِ أَمْوَاتًا ۚ بَلْ أَحْيَاءٌ عِندَ رَبِّهِمْ يُرْزَقُونَ (169)
En dink nie aan hulle wat op die weg van Allah gesneuwel het as dooies nie. Nee, hulle lewe (inderdaad) en word deur hul Heer van die nodige voorsien
فَرِحِينَ بِمَا آتَاهُمُ اللَّهُ مِن فَضْلِهِ وَيَسْتَبْشِرُونَ بِالَّذِينَ لَمْ يَلْحَقُوا بِهِم مِّنْ خَلْفِهِمْ أَلَّا خَوْفٌ عَلَيْهِمْ وَلَا هُمْ يَحْزَنُونَ (170)
En hulle jubel oor wat Allah van Sy oorvloed aan hulle geskenk het, en hulle is bly om die onthalwe van diegene wat nog behoue is en nog nie tot hulle versamel is nie, en ook omdat hulle geen vrees of droefheid sal ken nie
۞ يَسْتَبْشِرُونَ بِنِعْمَةٍ مِّنَ اللَّهِ وَفَضْلٍ وَأَنَّ اللَّهَ لَا يُضِيعُ أَجْرَ الْمُؤْمِنِينَ (171)
Hulle verheug hulle in die gunste van Allah en in Sy oorvloed, want Allah sal die beloning van die gelowiges nie agterweë hou nie
الَّذِينَ اسْتَجَابُوا لِلَّهِ وَالرَّسُولِ مِن بَعْدِ مَا أَصَابَهُمُ الْقَرْحُ ۚ لِلَّذِينَ أَحْسَنُوا مِنْهُمْ وَاتَّقَوْا أَجْرٌ عَظِيمٌ (172)
Hulle, wat op die geroep van Allah en die Boodskapper geantwoord het, al was hulle swaar gewond ~ op hulle, wat goed doen en regverdig handel, wag ’n groot beloning
الَّذِينَ قَالَ لَهُمُ النَّاسُ إِنَّ النَّاسَ قَدْ جَمَعُوا لَكُمْ فَاخْشَوْهُمْ فَزَادَهُمْ إِيمَانًا وَقَالُوا حَسْبُنَا اللَّهُ وَنِعْمَ الْوَكِيلُ (173)
Hulle aan wie gesê is: Die volkere het teen julle saamgetrek; vrees hulle daarom; maar wie se geloof daarna nog groter was, en wat geantwoord het: Allah se hulp is vir ons genoeg, en Hy is ’n uitmuntende voog
فَانقَلَبُوا بِنِعْمَةٍ مِّنَ اللَّهِ وَفَضْلٍ لَّمْ يَمْسَسْهُمْ سُوءٌ وَاتَّبَعُوا رِضْوَانَ اللَّهِ ۗ وَاللَّهُ ذُو فَضْلٍ عَظِيمٍ (174)
Daarom het hulle met die guns van Allah en Sy genade teruggekeer. Geen kwaad het hulle oorval nie, en hulle het Sy welbehae gesoek. En Allah is die Heer van groot genade
إِنَّمَا ذَٰلِكُمُ الشَّيْطَانُ يُخَوِّفُ أَوْلِيَاءَهُ فَلَا تَخَافُوهُمْ وَخَافُونِ إِن كُنتُم مُّؤْمِنِينَ (175)
Dit is die duiwel wat sy vriende bang maak, maar moenie hulle vrees nie, maar vrees My as julle gelowig is
وَلَا يَحْزُنكَ الَّذِينَ يُسَارِعُونَ فِي الْكُفْرِ ۚ إِنَّهُمْ لَن يَضُرُّوا اللَّهَ شَيْئًا ۗ يُرِيدُ اللَّهُ أَلَّا يَجْعَلَ لَهُمْ حَظًّا فِي الْآخِرَةِ ۖ وَلَهُمْ عَذَابٌ عَظِيمٌ (176)
En moenie verdrietig raak oor diegene wat hulle in die ongeloof in haas nie; hulle kan tog niks aan Allah doen nie. Allah is van plan om hulle geen aandeel in die Hiernamaals te gee nie; en op hulle wag ’n groot straf
إِنَّ الَّذِينَ اشْتَرَوُا الْكُفْرَ بِالْإِيمَانِ لَن يَضُرُّوا اللَّهَ شَيْئًا وَلَهُمْ عَذَابٌ أَلِيمٌ (177)
Voorwaar, hulle wat die geloof verruil vir ongeloof, kan niks aan Allah doen nie; en vir hulle is daar ’n smartlike straf
وَلَا يَحْسَبَنَّ الَّذِينَ كَفَرُوا أَنَّمَا نُمْلِي لَهُمْ خَيْرٌ لِّأَنفُسِهِمْ ۚ إِنَّمَا نُمْلِي لَهُمْ لِيَزْدَادُوا إِثْمًا ۚ وَلَهُمْ عَذَابٌ مُّهِينٌ (178)
En laat die ongelowiges nie dink dat die uitstel wat Ons hulle verleen, goed is nie. Ons verleen hulle slegs uitstel sodat hulle in sonde kan toeneem. En daar is vir hulle ’n vernederende straf
مَّا كَانَ اللَّهُ لِيَذَرَ الْمُؤْمِنِينَ عَلَىٰ مَا أَنتُمْ عَلَيْهِ حَتَّىٰ يَمِيزَ الْخَبِيثَ مِنَ الطَّيِّبِ ۗ وَمَا كَانَ اللَّهُ لِيُطْلِعَكُمْ عَلَى الْغَيْبِ وَلَٰكِنَّ اللَّهَ يَجْتَبِي مِن رُّسُلِهِ مَن يَشَاءُ ۖ فَآمِنُوا بِاللَّهِ وَرُسُلِهِ ۚ وَإِن تُؤْمِنُوا وَتَتَّقُوا فَلَكُمْ أَجْرٌ عَظِيمٌ (179)
Allah sal die ongelowiges in hulle huidige toestand laat bly todat Hy die goeie van die kwaad geskei het. Ook gaan Allah aan julle die ongesiene nie bekend maak nie, maar kies as Sy boodskappers wie Hy wil. Glo daarom in Allah en aan Sy boodskappers. En indien julle glo en en godvresend is, sal daar vir julle ’n groot beloning wees
وَلَا يَحْسَبَنَّ الَّذِينَ يَبْخَلُونَ بِمَا آتَاهُمُ اللَّهُ مِن فَضْلِهِ هُوَ خَيْرًا لَّهُم ۖ بَلْ هُوَ شَرٌّ لَّهُمْ ۖ سَيُطَوَّقُونَ مَا بَخِلُوا بِهِ يَوْمَ الْقِيَامَةِ ۗ وَلِلَّهِ مِيرَاثُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۗ وَاللَّهُ بِمَا تَعْمَلُونَ خَبِيرٌ (180)
En laat hulle wat uit suinigheid nie van die dinge wat Allah uit Sy oorvloed aan hulle geskenk het, wil bestee nie, nie dink dat dit hulle ten goede gereken sal word nie. Nee, dit sal hulle ten kwade gereken word. Hulle sal op die Dag van Opstanding ’n halsband van gierigheid om hulle nekke dra. En aan Allah behoort die erfdeel van die hemele en die aarde. En Allah is bewus van julle dade
لَّقَدْ سَمِعَ اللَّهُ قَوْلَ الَّذِينَ قَالُوا إِنَّ اللَّهَ فَقِيرٌ وَنَحْنُ أَغْنِيَاءُ ۘ سَنَكْتُبُ مَا قَالُوا وَقَتْلَهُمُ الْأَنبِيَاءَ بِغَيْرِ حَقٍّ وَنَقُولُ ذُوقُوا عَذَابَ الْحَرِيقِ (181)
Waarlik, Allah het gehoor toe hulle gesê het: Allah is arm en ons is ryk. Ons sal aanteken wat hulle sê, en ook dat hulle die profete onregverdiglik doodmaak, en Ons sal sê: Smaak dan die straf van verbranding
ذَٰلِكَ بِمَا قَدَّمَتْ أَيْدِيكُمْ وَأَنَّ اللَّهَ لَيْسَ بِظَلَّامٍ لِّلْعَبِيدِ (182)
dít is wat julle hande verwerf het. En Allah is nie onregverdig teenoor Sy dienaars nie
الَّذِينَ قَالُوا إِنَّ اللَّهَ عَهِدَ إِلَيْنَا أَلَّا نُؤْمِنَ لِرَسُولٍ حَتَّىٰ يَأْتِيَنَا بِقُرْبَانٍ تَأْكُلُهُ النَّارُ ۗ قُلْ قَدْ جَاءَكُمْ رُسُلٌ مِّن قَبْلِي بِالْبَيِّنَاتِ وَبِالَّذِي قُلْتُمْ فَلِمَ قَتَلْتُمُوهُمْ إِن كُنتُمْ صَادِقِينَ (183)
Hulle wat sê: Allah beveel ons om geen boodskapper te glo nie tensy hy ’n offerande kan bring wat deur vuur verteer sal word. Sê: Tog het daar vóór my boodskappers na julle gekom met duidelike tekens en met wat julle wou hê. As julle die waarheid praat, waarom wou julle hulle dan doodmaak
فَإِن كَذَّبُوكَ فَقَدْ كُذِّبَ رُسُلٌ مِّن قَبْلِكَ جَاءُوا بِالْبَيِّنَاتِ وَالزُّبُرِ وَالْكِتَابِ الْمُنِيرِ (184)
Maar as hulle u16 verwerp, weet dan dat daar vóór u bood- skappers was wat verwerp is, boodskappers wat met duidelike tekens, Heilige Geskrifte en die Boek van Verligting gekom het
كُلُّ نَفْسٍ ذَائِقَةُ الْمَوْتِ ۗ وَإِنَّمَا تُوَفَّوْنَ أُجُورَكُمْ يَوْمَ الْقِيَامَةِ ۖ فَمَن زُحْزِحَ عَنِ النَّارِ وَأُدْخِلَ الْجَنَّةَ فَقَدْ فَازَ ۗ وَمَا الْحَيَاةُ الدُّنْيَا إِلَّا مَتَاعُ الْغُرُورِ (185)
Elke siel sal die dood proe. En op die Opstandingsdag sal jul beloning ten volle aan julle uitbetaal word. Wie ver van die Vuur verwyder word en die hemel mag binnegaan, het inderdaad sy doel bereik. En die lewe in hierdie wêreld is niks anders as ’n bedrogspul nie
۞ لَتُبْلَوُنَّ فِي أَمْوَالِكُمْ وَأَنفُسِكُمْ وَلَتَسْمَعُنَّ مِنَ الَّذِينَ أُوتُوا الْكِتَابَ مِن قَبْلِكُمْ وَمِنَ الَّذِينَ أَشْرَكُوا أَذًى كَثِيرًا ۚ وَإِن تَصْبِرُوا وَتَتَّقُوا فَإِنَّ ذَٰلِكَ مِنْ عَزْمِ الْأُمُورِ (186)
Julle sal sekerlik met julle besittings en jul persoon beproef word. En julle sal pynlike dinge hoor van hulle aan wie die Boek vantevore gegee is, en van die afgodedienaars. Maar as julle geduldig en godvresend is, dan is dit waarlik ’n saak van vasberadenheid
وَإِذْ أَخَذَ اللَّهُ مِيثَاقَ الَّذِينَ أُوتُوا الْكِتَابَ لَتُبَيِّنُنَّهُ لِلنَّاسِ وَلَا تَكْتُمُونَهُ فَنَبَذُوهُ وَرَاءَ ظُهُورِهِمْ وَاشْتَرَوْا بِهِ ثَمَنًا قَلِيلًا ۖ فَبِئْسَ مَا يَشْتَرُونَ (187)
En toe Allah ’n verbond gesluit het met hulle aan wie die Boek gegee is, het Hy gesê: Julle sal dit aan die mense bekend maak en dit nie verberg nie. Maar hulle het dit die rug toegekeer en dit vir ’n mislike prys verruil. Kwaad is dit wat hulle aankoop
لَا تَحْسَبَنَّ الَّذِينَ يَفْرَحُونَ بِمَا أَتَوا وَّيُحِبُّونَ أَن يُحْمَدُوا بِمَا لَمْ يَفْعَلُوا فَلَا تَحْسَبَنَّهُم بِمَفَازَةٍ مِّنَ الْعَذَابِ ۖ وَلَهُمْ عَذَابٌ أَلِيمٌ (188)
Moenie dink dat hulle wat juig oor wat hulle gedoen het, en wat daarvan hou om geprys te word vir wat hulle gedoen het, die straf sal ontduik nie. En op hulle wag ’n smartlike straf
وَلِلَّهِ مُلْكُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۗ وَاللَّهُ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (189)
En aan Allah behoort die koninkryk van die hemele en die aarde. En Allah se mag oortref alles
إِنَّ فِي خَلْقِ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ وَاخْتِلَافِ اللَّيْلِ وَالنَّهَارِ لَآيَاتٍ لِّأُولِي الْأَلْبَابِ (190)
In die skepping van die hemele en die aarde en in die wisseling van dag en nag, is daar waarlik tekens vir mense wat verstaan
الَّذِينَ يَذْكُرُونَ اللَّهَ قِيَامًا وَقُعُودًا وَعَلَىٰ جُنُوبِهِمْ وَيَتَفَكَّرُونَ فِي خَلْقِ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ رَبَّنَا مَا خَلَقْتَ هَٰذَا بَاطِلًا سُبْحَانَكَ فَقِنَا عَذَابَ النَّارِ (191)
Hulle wat aan Allah dink, of hulle staan of sit of lê, en nadink oor die skepping van die hemele en die aarde, sê: Ons Heer! U het dit nie vergeefs geskape nie. Lof kom U toe! Red ons daarom van die straf van die Vuur
رَبَّنَا إِنَّكَ مَن تُدْخِلِ النَّارَ فَقَدْ أَخْزَيْتَهُ ۖ وَمَا لِلظَّالِمِينَ مِنْ أَنصَارٍ (192)
Ons Heer, diegene wie deur U die Vuur binnegestuur word, is grootliks verneder. En die onregverdiges sal geen helpers vind nie
رَّبَّنَا إِنَّنَا سَمِعْنَا مُنَادِيًا يُنَادِي لِلْإِيمَانِ أَنْ آمِنُوا بِرَبِّكُمْ فَآمَنَّا ۚ رَبَّنَا فَاغْفِرْ لَنَا ذُنُوبَنَا وَكَفِّرْ عَنَّا سَيِّئَاتِنَا وَتَوَفَّنَا مَعَ الْأَبْرَارِ (193)
Ons Heer! Ons het ’n prediker gehoor wat tot die geloof oproep, en sê: Glo in u Heer! Ons glo. Ons Heer! Vergeef ons ons sonde en wis die kwaad in ons uit en laat ons saam met die regverdiges sterwe
رَبَّنَا وَآتِنَا مَا وَعَدتَّنَا عَلَىٰ رُسُلِكَ وَلَا تُخْزِنَا يَوْمَ الْقِيَامَةِ ۗ إِنَّكَ لَا تُخْلِفُ الْمِيعَادَ (194)
Ons Heer, skenk ons wat U ons deur U boodskappers belowe het, en verneder ons nie op die Opstandingsdag nie. Voorwaar, U verbreek nooit U beloftes nie
فَاسْتَجَابَ لَهُمْ رَبُّهُمْ أَنِّي لَا أُضِيعُ عَمَلَ عَامِلٍ مِّنكُم مِّن ذَكَرٍ أَوْ أُنثَىٰ ۖ بَعْضُكُم مِّن بَعْضٍ ۖ فَالَّذِينَ هَاجَرُوا وَأُخْرِجُوا مِن دِيَارِهِمْ وَأُوذُوا فِي سَبِيلِي وَقَاتَلُوا وَقُتِلُوا لَأُكَفِّرَنَّ عَنْهُمْ سَيِّئَاتِهِمْ وَلَأُدْخِلَنَّهُمْ جَنَّاتٍ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ ثَوَابًا مِّنْ عِندِ اللَّهِ ۗ وَاللَّهُ عِندَهُ حُسْنُ الثَّوَابِ (195)
Daarom het hulle Heer dan ook hul gebed verhoor en gesê: Ek sal die werke van geen arbeider onder julle ~ hetsy man of vrou ~ verlore laat gaan nie. Julle hoort bymekaar. Hulle wat gevlug het en uit hulle huise verdryf is, en om My ontwil vervolg is, en in die stryd gesneuwel het, Ek sal hulle skuld nietig verklaar en hulle Tuine laat binnegaan waardeur riviere vloei. Dit is ’n beloning van Allah. En Allah bied die beste beloning
لَا يَغُرَّنَّكَ تَقَلُّبُ الَّذِينَ كَفَرُوا فِي الْبِلَادِ (196)
Laat die ongelowiges wat die land beheer, julle nie bedrieg nie
مَتَاعٌ قَلِيلٌ ثُمَّ مَأْوَاهُمْ جَهَنَّمُ ۚ وَبِئْسَ الْمِهَادُ (197)
Hulle vreugde is kortstondig! Daarna sal hulle in die Hel woon; en dit is ’n gedoemde rusplek
لَٰكِنِ الَّذِينَ اتَّقَوْا رَبَّهُمْ لَهُمْ جَنَّاتٌ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا نُزُلًا مِّنْ عِندِ اللَّهِ ۗ وَمَا عِندَ اللَّهِ خَيْرٌ لِّلْأَبْرَارِ (198)
Maar hulle wat hul Heer vrees, vir hulle is daar Tuine waardeur riviere vloei; daarin sal hul vertoef, deur hul Heer onthaal. En wat by Allah is, is vir die regverdige verkiesliker
وَإِنَّ مِنْ أَهْلِ الْكِتَابِ لَمَن يُؤْمِنُ بِاللَّهِ وَمَا أُنزِلَ إِلَيْكُمْ وَمَا أُنزِلَ إِلَيْهِمْ خَاشِعِينَ لِلَّهِ لَا يَشْتَرُونَ بِآيَاتِ اللَّهِ ثَمَنًا قَلِيلًا ۗ أُولَٰئِكَ لَهُمْ أَجْرُهُمْ عِندَ رَبِّهِمْ ۗ إِنَّ اللَّهَ سَرِيعُ الْحِسَابِ (199)
Sommige van die Mense van die Boek glo in Allah, en aan dít wat aan julle geopenbaar is, en hulle verootmoedig hul voor Allah. Hulle verkoop ook nie die Tekens van Allah teen ’n geringe prys nie. Dit is húlle wat ’n beloning by hul Heer sal vind. Voorwaar, Allah is haastig met vereffening
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا اصْبِرُوا وَصَابِرُوا وَرَابِطُوا وَاتَّقُوا اللَّهَ لَعَلَّكُمْ تُفْلِحُونَ (200)
En vrees Allah sodat julle geseën mag wees
❮ السورة السابقة السورة التـالية ❯

قراءة المزيد من سور القرآن الكريم :

1- الفاتحة2- البقرة3- آل عمران
4- النساء5- المائدة6- الأنعام
7- الأعراف8- الأنفال9- التوبة
10- يونس11- هود12- يوسف
13- الرعد14- إبراهيم15- الحجر
16- النحل17- الإسراء18- الكهف
19- مريم20- طه21- الأنبياء
22- الحج23- المؤمنون24- النور
25- الفرقان26- الشعراء27- النمل
28- القصص29- العنكبوت30- الروم
31- لقمان32- السجدة33- الأحزاب
34- سبأ35- فاطر36- يس
37- الصافات38- ص39- الزمر
40- غافر41- فصلت42- الشورى
43- الزخرف44- الدخان45- الجاثية
46- الأحقاف47- محمد48- الفتح
49- الحجرات50- ق51- الذاريات
52- الطور53- النجم54- القمر
55- الرحمن56- الواقعة57- الحديد
58- المجادلة59- الحشر60- الممتحنة
61- الصف62- الجمعة63- المنافقون
64- التغابن65- الطلاق66- التحريم
67- الملك68- القلم69- الحاقة
70- المعارج71- نوح72- الجن
73- المزمل74- المدثر75- القيامة
76- الإنسان77- المرسلات78- النبأ
79- النازعات80- عبس81- التكوير
82- الإنفطار83- المطففين84- الانشقاق
85- البروج86- الطارق87- الأعلى
88- الغاشية89- الفجر90- البلد
91- الشمس92- الليل93- الضحى
94- الشرح95- التين96- العلق
97- القدر98- البينة99- الزلزلة
100- العاديات101- القارعة102- التكاثر
103- العصر104- الهمزة105- الفيل
106- قريش107- الماعون108- الكوثر
109- الكافرون110- النصر111- المسد
112- الإخلاص113- الفلق114- الناس