×

سورة المجادلة باللغة الأفريكانية

ترجمات القرآنباللغة الأفريكانية ⬅ سورة المجادلة

ترجمة معاني سورة المجادلة باللغة الأفريكانية - Afrikaans

القرآن باللغة الأفريكانية - سورة المجادلة مترجمة إلى اللغة الأفريكانية، Surah Mujadilah in Afrikaans. نوفر ترجمة دقيقة سورة المجادلة باللغة الأفريكانية - Afrikaans, الآيات 22 - رقم السورة 58 - الصفحة 542.

بسم الله الرحمن الرحيم

قَدْ سَمِعَ اللَّهُ قَوْلَ الَّتِي تُجَادِلُكَ فِي زَوْجِهَا وَتَشْتَكِي إِلَى اللَّهِ وَاللَّهُ يَسْمَعُ تَحَاوُرَكُمَا ۚ إِنَّ اللَّهَ سَمِيعٌ بَصِيرٌ (1)
Allah het inderdaad die pleidooi gehoor van haar wat by u pleit oor haar eggenoot en by Allah kla; en Allah hoor die standpunt van julle albei aan. Voorwaar, Allah is Alleshorend, Allessiende
الَّذِينَ يُظَاهِرُونَ مِنكُم مِّن نِّسَائِهِم مَّا هُنَّ أُمَّهَاتِهِمْ ۖ إِنْ أُمَّهَاتُهُمْ إِلَّا اللَّائِي وَلَدْنَهُمْ ۚ وَإِنَّهُمْ لَيَقُولُونَ مُنكَرًا مِّنَ الْقَوْلِ وَزُورًا ۚ وَإِنَّ اللَّهَ لَعَفُوٌّ غَفُورٌ (2)
Diegene van julle wat jul vrouens verstoot deur vir hulle te sê: U is vir my soos die rug van my moeder,1 moet weet dat hulle nie hul moeders is nie. Niemand anders is hulle moeders nie, behalwe diegene wat aan hulle die lewe geskenk het, en hulle spreek inderdaad ’n veragtelike woord en ’n leuen; en tog is Allah die Een wat foute uitwis, die Vergewensgesinde
وَالَّذِينَ يُظَاهِرُونَ مِن نِّسَائِهِمْ ثُمَّ يَعُودُونَ لِمَا قَالُوا فَتَحْرِيرُ رَقَبَةٍ مِّن قَبْلِ أَن يَتَمَاسَّا ۚ ذَٰلِكُمْ تُوعَظُونَ بِهِ ۚ وَاللَّهُ بِمَا تَعْمَلُونَ خَبِيرٌ (3)
En diegene wat hul vrouens deur middel van Ziehaar verstoot, en dan hulle woorde terug wil trek, sal eers ’n slaaf moet bevry voordat die eggenote mekaar weer kan aanraak. Julle word hierteen gewaarsku; en Allah is altyd Bewus van julle dade
فَمَن لَّمْ يَجِدْ فَصِيَامُ شَهْرَيْنِ مُتَتَابِعَيْنِ مِن قَبْلِ أَن يَتَمَاسَّا ۖ فَمَن لَّمْ يَسْتَطِعْ فَإِطْعَامُ سِتِّينَ مِسْكِينًا ۚ ذَٰلِكَ لِتُؤْمِنُوا بِاللَّهِ وَرَسُولِهِ ۚ وَتِلْكَ حُدُودُ اللَّهِ ۗ وَلِلْكَافِرِينَ عَذَابٌ أَلِيمٌ (4)
Maar hy wat nie die vermoë daartoe besit nie, moet twee agtereenvolgende maande vas voordat die eggenote mekaar kan aanraak; en hy wat dit nie kan doen nie, moet sestig armes voed. Dit is ’n bevel, sodat julle aan Allah en Sy Boodskapper kan glo. En dit is ’n verordening van Allah. En vir die ongelowiges is daar ’n pynlike kastyding
إِنَّ الَّذِينَ يُحَادُّونَ اللَّهَ وَرَسُولَهُ كُبِتُوا كَمَا كُبِتَ الَّذِينَ مِن قَبْلِهِمْ ۚ وَقَدْ أَنزَلْنَا آيَاتٍ بَيِّنَاتٍ ۚ وَلِلْكَافِرِينَ عَذَابٌ مُّهِينٌ (5)
Waarlik, hulle wat teenstand teen Allah en Sy Boodskapper bied, sal verneder word soos diegene vóór hulle verneder is; en inderdaad het Ons duidelike tekens geopenbaar. En vir die ongelowiges is daar ’n vernederende straf
يَوْمَ يَبْعَثُهُمُ اللَّهُ جَمِيعًا فَيُنَبِّئُهُم بِمَا عَمِلُوا ۚ أَحْصَاهُ اللَّهُ وَنَسُوهُ ۚ وَاللَّهُ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ شَهِيدٌ (6)
Op die Dag wanneer Allah hulle almal saam sal opwek, sal Hy hulle inlig oor alles wat hulle gedoen het. Allah hou veslag daarvan, terwyl julle dit vergeet. En Allah is Getuie van alle dinge
أَلَمْ تَرَ أَنَّ اللَّهَ يَعْلَمُ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَمَا فِي الْأَرْضِ ۖ مَا يَكُونُ مِن نَّجْوَىٰ ثَلَاثَةٍ إِلَّا هُوَ رَابِعُهُمْ وَلَا خَمْسَةٍ إِلَّا هُوَ سَادِسُهُمْ وَلَا أَدْنَىٰ مِن ذَٰلِكَ وَلَا أَكْثَرَ إِلَّا هُوَ مَعَهُمْ أَيْنَ مَا كَانُوا ۖ ثُمَّ يُنَبِّئُهُم بِمَا عَمِلُوا يَوْمَ الْقِيَامَةِ ۚ إِنَّ اللَّهَ بِكُلِّ شَيْءٍ عَلِيمٌ (7)
Sien u nie dat Allah alles weet wat in die hemele en op die aarde is nie? Daar is geen geheime beraadslaging tussen drie persone nie of Hy is die vierde, of tussen vyf, of Hy is die sesde, nóg van minder nóg van meer, of Hy is met hulle waar hulle ook mag wees; dan sal Hy hulle op die Dag van Opstanding meedeel wat hulle gedoen het. Waarlik, Allah is die Kennisdraer van alle dinge
أَلَمْ تَرَ إِلَى الَّذِينَ نُهُوا عَنِ النَّجْوَىٰ ثُمَّ يَعُودُونَ لِمَا نُهُوا عَنْهُ وَيَتَنَاجَوْنَ بِالْإِثْمِ وَالْعُدْوَانِ وَمَعْصِيَتِ الرَّسُولِ وَإِذَا جَاءُوكَ حَيَّوْكَ بِمَا لَمْ يُحَيِّكَ بِهِ اللَّهُ وَيَقُولُونَ فِي أَنفُسِهِمْ لَوْلَا يُعَذِّبُنَا اللَّهُ بِمَا نَقُولُ ۚ حَسْبُهُمْ جَهَنَّمُ يَصْلَوْنَهَا ۖ فَبِئْسَ الْمَصِيرُ (8)
Merk u nie dat hulle vir wie geheime beraadslagings verbode is, daarna terukeer, en in die geheim in sonde beraadslaag oor opstand en ongehoorsaamheid teen die Boodskapper nie? En wanneer hulle na u kom, groet hulle u met ’n begroeting waar- mee Allah u nie groet nie; maar onder mekaar sê hulle: Waarom straf Allah ons nie vir wat ons sê nie? Voldoende vir hulle is die Hel waarin hulle sal brand; en dít is ’n bose bestemming
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِذَا تَنَاجَيْتُمْ فَلَا تَتَنَاجَوْا بِالْإِثْمِ وَالْعُدْوَانِ وَمَعْصِيَتِ الرَّسُولِ وَتَنَاجَوْا بِالْبِرِّ وَالتَّقْوَىٰ ۖ وَاتَّقُوا اللَّهَ الَّذِي إِلَيْهِ تُحْشَرُونَ (9)
O julle gelowiges! Wanneer julle in die geheim saam beraad- slaag, spreek dan nie met mekaar oor sonde, opstand en ongehoorsaamheid teen die Boodskapper nie, maar beraadslaag oor deug en godvresendheid. En kom julle plig teenoor Allah na tot wie julle versamel sal word
إِنَّمَا النَّجْوَىٰ مِنَ الشَّيْطَانِ لِيَحْزُنَ الَّذِينَ آمَنُوا وَلَيْسَ بِضَارِّهِمْ شَيْئًا إِلَّا بِإِذْنِ اللَّهِ ۚ وَعَلَى اللَّهِ فَلْيَتَوَكَّلِ الْمُؤْمِنُونَ (10)
Geheime sameswering is slegs van die duiwel, sodat hy die gelowiges verdriet kan aandoen; maar hy kan hulle geen skade berokken nie, behalwe met die toestemming van Allah. Laat die gelowiges dan hulle vertroue in Allah stel
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِذَا قِيلَ لَكُمْ تَفَسَّحُوا فِي الْمَجَالِسِ فَافْسَحُوا يَفْسَحِ اللَّهُ لَكُمْ ۖ وَإِذَا قِيلَ انشُزُوا فَانشُزُوا يَرْفَعِ اللَّهُ الَّذِينَ آمَنُوا مِنكُمْ وَالَّذِينَ أُوتُوا الْعِلْمَ دَرَجَاتٍ ۚ وَاللَّهُ بِمَا تَعْمَلُونَ خَبِيرٌ (11)
O julle gelowiges! As aan julle gesê word: Maak plek in die vergadering, maak dan plek; Allah sal vir julle ryklik plek maak. En as daar gesê word: Staan op, staan dan op. Allah sal diegene van julle wat glo en diegene aan wie kennis toegeken is, tot hoë range verhef. En Allah is heeltemal Bewus van wat julle doen
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِذَا نَاجَيْتُمُ الرَّسُولَ فَقَدِّمُوا بَيْنَ يَدَيْ نَجْوَاكُمْ صَدَقَةً ۚ ذَٰلِكَ خَيْرٌ لَّكُمْ وَأَطْهَرُ ۚ فَإِن لَّمْ تَجِدُوا فَإِنَّ اللَّهَ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (12)
O julle gelowiges! Indien julle die Boodskapper wil raadpleeg, skenk dan ’n offergawe vóór julle raadpleginge. Dit is vir julle beter en reiner. Maar as julle niks besit nie, dan is Allah sekerlik Vergewensgesind, Genadig
أَأَشْفَقْتُمْ أَن تُقَدِّمُوا بَيْنَ يَدَيْ نَجْوَاكُمْ صَدَقَاتٍ ۚ فَإِذْ لَمْ تَفْعَلُوا وَتَابَ اللَّهُ عَلَيْكُمْ فَأَقِيمُوا الصَّلَاةَ وَآتُوا الزَّكَاةَ وَأَطِيعُوا اللَّهَ وَرَسُولَهُ ۚ وَاللَّهُ خَبِيرٌ بِمَا تَعْمَلُونَ (13)
Is julle besorg dat julle nie ’n offergawe sal kan gee voordat julle met raadpleginge begin nie? Indien julle dit nie doen nie, en Allah het Hom met barmhartigheid tot julle gewend, onderhou dan die gebed en betaal die Zakaat en gehoorsaam Allah en Sy Boodskapper. En Allah is heeltemal Bewus van wat julle doen
۞ أَلَمْ تَرَ إِلَى الَّذِينَ تَوَلَّوْا قَوْمًا غَضِبَ اللَّهُ عَلَيْهِم مَّا هُم مِّنكُمْ وَلَا مِنْهُمْ وَيَحْلِفُونَ عَلَى الْكَذِبِ وَهُمْ يَعْلَمُونَ (14)
Het u nog nie vir hulle gesien wat met ’n volk bevriend raak waarop Allah toornig is nie? Hulle is nóg van julle nóg van hulle, en hulle sweer valslik terwyl hulle dit weet
أَعَدَّ اللَّهُ لَهُمْ عَذَابًا شَدِيدًا ۖ إِنَّهُمْ سَاءَ مَا كَانُوا يَعْمَلُونَ (15)
Allah het vir hulle ’n streng straf voorberei. Wat hulle doen, is inderdaad boos
اتَّخَذُوا أَيْمَانَهُمْ جُنَّةً فَصَدُّوا عَن سَبِيلِ اللَّهِ فَلَهُمْ عَذَابٌ مُّهِينٌ (16)
Hulle het van hulle eedstellings ’n skuiling gemaak, en hulle verlei ander van die weg van Allah; vir hulle sal daar ’n vernederende straf wees
لَّن تُغْنِيَ عَنْهُمْ أَمْوَالُهُمْ وَلَا أَوْلَادُهُم مِّنَ اللَّهِ شَيْئًا ۚ أُولَٰئِكَ أَصْحَابُ النَّارِ ۖ هُمْ فِيهَا خَالِدُونَ (17)
Hulle skatte en hulle kinders sal hulle niks teen Allah baat nie. Hulle is die bewoners van die Vuur; daarin sal hulle bly
يَوْمَ يَبْعَثُهُمُ اللَّهُ جَمِيعًا فَيَحْلِفُونَ لَهُ كَمَا يَحْلِفُونَ لَكُمْ ۖ وَيَحْسَبُونَ أَنَّهُمْ عَلَىٰ شَيْءٍ ۚ أَلَا إِنَّهُمْ هُمُ الْكَاذِبُونَ (18)
Op die Dag wanneer Allah hulle almal sal opwek, sal hulle by Hom sweer soos hulle by u sweer, en reken dat hulle ’n verskoning sal hê. Kyk nou, hulle is sekerlik leuenaars
اسْتَحْوَذَ عَلَيْهِمُ الشَّيْطَانُ فَأَنسَاهُمْ ذِكْرَ اللَّهِ ۚ أُولَٰئِكَ حِزْبُ الشَّيْطَانِ ۚ أَلَا إِنَّ حِزْبَ الشَّيْطَانِ هُمُ الْخَاسِرُونَ (19)
Die duiwel het die oorhand oor hulle gekry, en hy het veroorsaak dat hulle vergeet. Hulle behoort aan die duiwel. Waarlik, hulle wat aan die duiwel behoort, is die verloorders
إِنَّ الَّذِينَ يُحَادُّونَ اللَّهَ وَرَسُولَهُ أُولَٰئِكَ فِي الْأَذَلِّينَ (20)
Waarlik, diegene wat teenstand teen Allah en Sy Boodskapper bied, hulle sal onder die vernederendes verkeer
كَتَبَ اللَّهُ لَأَغْلِبَنَّ أَنَا وَرُسُلِي ۚ إِنَّ اللَّهَ قَوِيٌّ عَزِيزٌ (21)
Allah het verorden: Ek sal sekerlik seëvier, Ek en My boodskappers. Voorwaar, Allah is Sterk, Allermagtig
لَّا تَجِدُ قَوْمًا يُؤْمِنُونَ بِاللَّهِ وَالْيَوْمِ الْآخِرِ يُوَادُّونَ مَنْ حَادَّ اللَّهَ وَرَسُولَهُ وَلَوْ كَانُوا آبَاءَهُمْ أَوْ أَبْنَاءَهُمْ أَوْ إِخْوَانَهُمْ أَوْ عَشِيرَتَهُمْ ۚ أُولَٰئِكَ كَتَبَ فِي قُلُوبِهِمُ الْإِيمَانَ وَأَيَّدَهُم بِرُوحٍ مِّنْهُ ۖ وَيُدْخِلُهُمْ جَنَّاتٍ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا ۚ رَضِيَ اللَّهُ عَنْهُمْ وَرَضُوا عَنْهُ ۚ أُولَٰئِكَ حِزْبُ اللَّهِ ۚ أَلَا إِنَّ حِزْبَ اللَّهِ هُمُ الْمُفْلِحُونَ (22)
U sal nie ’n volk vind wat in Allah en die Laaste Dag glo terwyl hulle iemand liefhet wat teenstand teen Allah en Sy Boodskapper bied nie, selfs al is dit ook hulle vaders, of hulle seuns of hulle broers, of hulle uitgebreide familie. Dit is húlle in wie se harte Allah geloof ingeskryf het, en wat Hy met Sy Gees versterk het, en Hy sal hulle in Tuine toelaat waardeur riviere vloei, en waarin hulle sal bly. Allah het ’n welbehae in hulle, en hulle het ’n welbehae in Hom. Hulle behoort aan Allah. Waarlik, wie aan Allah behoort, sal seëvier
❮ السورة السابقة السورة التـالية ❯

قراءة المزيد من سور القرآن الكريم :

1- الفاتحة2- البقرة3- آل عمران
4- النساء5- المائدة6- الأنعام
7- الأعراف8- الأنفال9- التوبة
10- يونس11- هود12- يوسف
13- الرعد14- إبراهيم15- الحجر
16- النحل17- الإسراء18- الكهف
19- مريم20- طه21- الأنبياء
22- الحج23- المؤمنون24- النور
25- الفرقان26- الشعراء27- النمل
28- القصص29- العنكبوت30- الروم
31- لقمان32- السجدة33- الأحزاب
34- سبأ35- فاطر36- يس
37- الصافات38- ص39- الزمر
40- غافر41- فصلت42- الشورى
43- الزخرف44- الدخان45- الجاثية
46- الأحقاف47- محمد48- الفتح
49- الحجرات50- ق51- الذاريات
52- الطور53- النجم54- القمر
55- الرحمن56- الواقعة57- الحديد
58- المجادلة59- الحشر60- الممتحنة
61- الصف62- الجمعة63- المنافقون
64- التغابن65- الطلاق66- التحريم
67- الملك68- القلم69- الحاقة
70- المعارج71- نوح72- الجن
73- المزمل74- المدثر75- القيامة
76- الإنسان77- المرسلات78- النبأ
79- النازعات80- عبس81- التكوير
82- الإنفطار83- المطففين84- الانشقاق
85- البروج86- الطارق87- الأعلى
88- الغاشية89- الفجر90- البلد
91- الشمس92- الليل93- الضحى
94- الشرح95- التين96- العلق
97- القدر98- البينة99- الزلزلة
100- العاديات101- القارعة102- التكاثر
103- العصر104- الهمزة105- الفيل
106- قريش107- الماعون108- الكوثر
109- الكافرون110- النصر111- المسد
112- الإخلاص113- الفلق114- الناس