يَا أَيُّهَا النَّاسُ اتَّقُوا رَبَّكُمُ الَّذِي خَلَقَكُم مِّن نَّفْسٍ وَاحِدَةٍ وَخَلَقَ مِنْهَا زَوْجَهَا وَبَثَّ مِنْهُمَا رِجَالًا كَثِيرًا وَنِسَاءً ۚ وَاتَّقُوا اللَّهَ الَّذِي تَسَاءَلُونَ بِهِ وَالْأَرْحَامَ ۚ إِنَّ اللَّهَ كَانَ عَلَيْكُمْ رَقِيبًا (1) O Mense! Vrees julle Heer, wat julle uit een enkele wese geskape het, en ook daaruit sy gesellin geskape het, en uit hulle baie mans en vrouens laat voortspruit het. En vrees Allah, in Wie se naam julle regte van mekaar eis; en hou die familiebande heg |
وَآتُوا الْيَتَامَىٰ أَمْوَالَهُمْ ۖ وَلَا تَتَبَدَّلُوا الْخَبِيثَ بِالطَّيِّبِ ۖ وَلَا تَأْكُلُوا أَمْوَالَهُمْ إِلَىٰ أَمْوَالِكُمْ ۚ إِنَّهُ كَانَ حُوبًا كَبِيرًا (2) En gee aan die weeskinders hul eiendom, en moenie waardelose dinge vir hul kosbare besittings verruil nie, en wees nie gretig om húlle eiendom by julle s’n te voeg nie. Voorwaar, dis ’n groot oortreding |
وَإِنْ خِفْتُمْ أَلَّا تُقْسِطُوا فِي الْيَتَامَىٰ فَانكِحُوا مَا طَابَ لَكُم مِّنَ النِّسَاءِ مَثْنَىٰ وَثُلَاثَ وَرُبَاعَ ۖ فَإِنْ خِفْتُمْ أَلَّا تَعْدِلُوا فَوَاحِدَةً أَوْ مَا مَلَكَتْ أَيْمَانُكُمْ ۚ ذَٰلِكَ أَدْنَىٰ أَلَّا تَعُولُوا (3) En as julle bevrees is dat julle nie regverdig sal wees teenoor die weeskind nie, tree dan in die huwelik met vroue wat vir julle geskik sal wees, twee of drie of vier. Maar as julle vrees dat julle nie regverdig sal wees nie, trou dan net een, of met die wat julle regterhand besit. Dit is vir julle die beste wyse om onregverdigheid te voorkom |
وَآتُوا النِّسَاءَ صَدُقَاتِهِنَّ نِحْلَةً ۚ فَإِن طِبْنَ لَكُمْ عَن شَيْءٍ مِّنْهُ نَفْسًا فَكُلُوهُ هَنِيئًا مَّرِيئًا (4) En gee aan die vroue hulle bruidskat as geskenk. Maar as hulle uit eie beweging julle ’n deel daarvan kwytskeld, geniet dit dan met genoeë en plesier |
وَلَا تُؤْتُوا السُّفَهَاءَ أَمْوَالَكُمُ الَّتِي جَعَلَ اللَّهُ لَكُمْ قِيَامًا وَارْزُقُوهُمْ فِيهَا وَاكْسُوهُمْ وَقُولُوا لَهُمْ قَوْلًا مَّعْرُوفًا (5) En dra nie die beheer van julle eiendom, wat Allah as ’n lewensmiddel aan julle gegee het, aan swaksinniges oor nie, maar onderhou hulle daarmee en klee hulle en spreek hulle met mooiheid en regverdigheid aan |
وَابْتَلُوا الْيَتَامَىٰ حَتَّىٰ إِذَا بَلَغُوا النِّكَاحَ فَإِنْ آنَسْتُم مِّنْهُمْ رُشْدًا فَادْفَعُوا إِلَيْهِمْ أَمْوَالَهُمْ ۖ وَلَا تَأْكُلُوهَا إِسْرَافًا وَبِدَارًا أَن يَكْبَرُوا ۚ وَمَن كَانَ غَنِيًّا فَلْيَسْتَعْفِفْ ۖ وَمَن كَانَ فَقِيرًا فَلْيَأْكُلْ بِالْمَعْرُوفِ ۚ فَإِذَا دَفَعْتُمْ إِلَيْهِمْ أَمْوَالَهُمْ فَأَشْهِدُوا عَلَيْهِمْ ۚ وَكَفَىٰ بِاللَّهِ حَسِيبًا (6) En toets die weeskind wanneer hulle ’n hubare ouderdom bereik het. As julle hulle dan ryp en verstandig vind, gee hul eiendom aan hulle, en verteer dit nie in spandabelheid en haas terwyl hulle nog opgroei nie. En laat hy wat vermoënd is hom daarvan weerhou, en laat die arm persoon met billikheid daarvan gebruik. En wanneer julle hul eiendom oorhandig, laat daar getuies aanwesig wees. En Allah Genoegsaam, die Groot Ouditeur |
لِّلرِّجَالِ نَصِيبٌ مِّمَّا تَرَكَ الْوَالِدَانِ وَالْأَقْرَبُونَ وَلِلنِّسَاءِ نَصِيبٌ مِّمَّا تَرَكَ الْوَالِدَانِ وَالْأَقْرَبُونَ مِمَّا قَلَّ مِنْهُ أَوْ كَثُرَ ۚ نَصِيبًا مَّفْرُوضًا (7) Vir die mans is daar ’n aandeel van wat ouers en naasbestaandes bemaak, en ook vir vroue is daar ’n aandeel van wat die ouers en bloedverwante nalaat ~ ’n vasgestelde aandeel |
وَإِذَا حَضَرَ الْقِسْمَةَ أُولُو الْقُرْبَىٰ وَالْيَتَامَىٰ وَالْمَسَاكِينُ فَارْزُقُوهُم مِّنْهُ وَقُولُوا لَهُمْ قَوْلًا مَّعْرُوفًا (8) En wanneer familielede en weeskinders en behoeftiges by die uitdeling van die erfenis aanwesig is, gee hulle daarvan en spreek hulle met mooiheid en regverdigheid aan |
وَلْيَخْشَ الَّذِينَ لَوْ تَرَكُوا مِنْ خَلْفِهِمْ ذُرِّيَّةً ضِعَافًا خَافُوا عَلَيْهِمْ فَلْيَتَّقُوا اللَّهَ وَلْيَقُولُوا قَوْلًا سَدِيدًا (9) En laat hulle Allah vrees wat, indien hul deur ’n magtelose nageslag oorleef sal word, oor hulle besorg sal wees. En vrees Allah, en laat hulle welgevallige woorde spreek |
إِنَّ الَّذِينَ يَأْكُلُونَ أَمْوَالَ الْيَتَامَىٰ ظُلْمًا إِنَّمَا يَأْكُلُونَ فِي بُطُونِهِمْ نَارًا ۖ وَسَيَصْلَوْنَ سَعِيرًا (10) Hulle wat die eiendom van die weeskind misbruik, plaas slegs vuur in hulle mae. Die Vlammende Vuur sal hulle verteer |
يُوصِيكُمُ اللَّهُ فِي أَوْلَادِكُمْ ۖ لِلذَّكَرِ مِثْلُ حَظِّ الْأُنثَيَيْنِ ۚ فَإِن كُنَّ نِسَاءً فَوْقَ اثْنَتَيْنِ فَلَهُنَّ ثُلُثَا مَا تَرَكَ ۖ وَإِن كَانَتْ وَاحِدَةً فَلَهَا النِّصْفُ ۚ وَلِأَبَوَيْهِ لِكُلِّ وَاحِدٍ مِّنْهُمَا السُّدُسُ مِمَّا تَرَكَ إِن كَانَ لَهُ وَلَدٌ ۚ فَإِن لَّمْ يَكُن لَّهُ وَلَدٌ وَوَرِثَهُ أَبَوَاهُ فَلِأُمِّهِ الثُّلُثُ ۚ فَإِن كَانَ لَهُ إِخْوَةٌ فَلِأُمِّهِ السُّدُسُ ۚ مِن بَعْدِ وَصِيَّةٍ يُوصِي بِهَا أَوْ دَيْنٍ ۗ آبَاؤُكُمْ وَأَبْنَاؤُكُمْ لَا تَدْرُونَ أَيُّهُمْ أَقْرَبُ لَكُمْ نَفْعًا ۚ فَرِيضَةً مِّنَ اللَّهِ ۗ إِنَّ اللَّهَ كَانَ عَلِيمًا حَكِيمًا (11) Allah gebied julle aangaande jul kinders: vir ’n seun net soveel as vir twee meisies; maar as daar meer as twee meisies is, dan is daar vir hulle twee derdes van die nalatenskap; maar as daar net een is, moet sy die helfte kry. En vir elkeen van sy ouers is daar een sesde van die erfenis, as hy ’n kind het; maar as hy geen kinders het nie en sy twee ouers alleen van hom erf, dan sal sy moeder een derde erf; maar as hy broers het, is daar vir sy moeder een sesde, ná die uitbetaling van enige legaat wat hy dalk bemaak het, of ’n delging van skuld. Julle ouers of julle kinders: julle weet nie aan wie van hulle julle die meeste verskuldig is nie. Dit is die verordening van Allah. Voorwaar, Allah is Alwetend, vol Wysheid |
۞ وَلَكُمْ نِصْفُ مَا تَرَكَ أَزْوَاجُكُمْ إِن لَّمْ يَكُن لَّهُنَّ وَلَدٌ ۚ فَإِن كَانَ لَهُنَّ وَلَدٌ فَلَكُمُ الرُّبُعُ مِمَّا تَرَكْنَ ۚ مِن بَعْدِ وَصِيَّةٍ يُوصِينَ بِهَا أَوْ دَيْنٍ ۚ وَلَهُنَّ الرُّبُعُ مِمَّا تَرَكْتُمْ إِن لَّمْ يَكُن لَّكُمْ وَلَدٌ ۚ فَإِن كَانَ لَكُمْ وَلَدٌ فَلَهُنَّ الثُّمُنُ مِمَّا تَرَكْتُم ۚ مِّن بَعْدِ وَصِيَّةٍ تُوصُونَ بِهَا أَوْ دَيْنٍ ۗ وَإِن كَانَ رَجُلٌ يُورَثُ كَلَالَةً أَوِ امْرَأَةٌ وَلَهُ أَخٌ أَوْ أُخْتٌ فَلِكُلِّ وَاحِدٍ مِّنْهُمَا السُّدُسُ ۚ فَإِن كَانُوا أَكْثَرَ مِن ذَٰلِكَ فَهُمْ شُرَكَاءُ فِي الثُّلُثِ ۚ مِن بَعْدِ وَصِيَّةٍ يُوصَىٰ بِهَا أَوْ دَيْنٍ غَيْرَ مُضَارٍّ ۚ وَصِيَّةً مِّنَ اللَّهِ ۗ وَاللَّهُ عَلِيمٌ حَلِيمٌ (12) En vir julle is die helfte van wat julle vroue nalaat, indien hulle geen kinders het nie, maar as hulle kinders het, dan is u aandeel een kwart van wat hulle nalaat nadat enige legaat wat hulle mag bemaak het of nadat skuld gedelg is, en vir hulle is een kwart van wat u nalaat indien u geen kind het nie; maar indien u ’n kind het, dan is hulle aandeel een agtste van wat u nalaat nadat ’n legaat van wat u mag bemaak het of skuld gedelg is. En as ’n kinderlose man of vrou eiendom nalaat, en hy of sy het ’n broer of ’n suster, dan is daar vir elkeen van hulle een sesde; maar as daar meer is, dan sal hulle deelgenote wees aan een derde, nadat ’n legaat uitbetaal is van wat hulle mag bemaak het of ’n skuld gedelg is, sonder die benadeling van ander. Dít is die verordening van Allah, en Allah is Alwetend, mees Verdraagsaam |
تِلْكَ حُدُودُ اللَّهِ ۚ وَمَن يُطِعِ اللَّهَ وَرَسُولَهُ يُدْخِلْهُ جَنَّاتٍ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا ۚ وَذَٰلِكَ الْفَوْزُ الْعَظِيمُ (13) Dit is die bepalinge van Allah. En wie gehoorsaam is aan Allah en Sy boodskapper, Hy sal hom die Tuine laat binnegaan waardeur riviere vloei, om daarin te woon. En dit is ’n groot sukses |
وَمَن يَعْصِ اللَّهَ وَرَسُولَهُ وَيَتَعَدَّ حُدُودَهُ يُدْخِلْهُ نَارًا خَالِدًا فِيهَا وَلَهُ عَذَابٌ مُّهِينٌ (14) En wie ongehoorsaam is aan Allah en Sy boodskapper, en Sy bepalinge oortree, Allah sal hom die Vuur laat binnegaan om daarin te vertoef; en dit is ’n vernederende straf |
وَاللَّاتِي يَأْتِينَ الْفَاحِشَةَ مِن نِّسَائِكُمْ فَاسْتَشْهِدُوا عَلَيْهِنَّ أَرْبَعَةً مِّنكُمْ ۖ فَإِن شَهِدُوا فَأَمْسِكُوهُنَّ فِي الْبُيُوتِ حَتَّىٰ يَتَوَفَّاهُنَّ الْمَوْتُ أَوْ يَجْعَلَ اللَّهُ لَهُنَّ سَبِيلًا (15) En wat die vroue betref wat hulle aan onwettige seksuele gemeenskap skuldig gemaak het, roep vier getuies teen hulle in; as hulle getuienis teen hulle kan inbring, beperk hulle dan tot die huis totdat die dood hulle kom haal, of totdat Allah vir hulle ’n weg aanwys |
وَاللَّذَانِ يَأْتِيَانِهَا مِنكُمْ فَآذُوهُمَا ۖ فَإِن تَابَا وَأَصْلَحَا فَأَعْرِضُوا عَنْهُمَا ۗ إِنَّ اللَّهَ كَانَ تَوَّابًا رَّحِيمًا (16) En as twee van julle daaraan skuldig is, straf albei; en indien hulle berou het en hulself verbeter, laat hulle dan met rus. Voorwaar, Allah is Berouaanvarend, Genadevol |
إِنَّمَا التَّوْبَةُ عَلَى اللَّهِ لِلَّذِينَ يَعْمَلُونَ السُّوءَ بِجَهَالَةٍ ثُمَّ يَتُوبُونَ مِن قَرِيبٍ فَأُولَٰئِكَ يَتُوبُ اللَّهُ عَلَيْهِمْ ۗ وَكَانَ اللَّهُ عَلِيمًا حَكِيمًا (17) Waarlik, Allah aanvaar slegs die berou van hulle wat in on- wetendheid gesondig het en spoedig daarna tot Allah terugkeer. Dit is tot húlle dat Allah Homself met barmhartigheid wend. En Allah is Alwetend, vol Wysheid |
وَلَيْسَتِ التَّوْبَةُ لِلَّذِينَ يَعْمَلُونَ السَّيِّئَاتِ حَتَّىٰ إِذَا حَضَرَ أَحَدَهُمُ الْمَوْتُ قَالَ إِنِّي تُبْتُ الْآنَ وَلَا الَّذِينَ يَمُوتُونَ وَهُمْ كُفَّارٌ ۚ أُولَٰئِكَ أَعْتَدْنَا لَهُمْ عَذَابًا أَلِيمًا (18) En die aanvaarding van berou is nie vir hulle wat aanhoudend sondig nie, en as die dood hulle besoek, sê: Nou het ons berou; en dit is ook nie vir dié wat ongelowig sterwe nie. Vir hulle het Ons ’n smartlike straf voorberei |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا يَحِلُّ لَكُمْ أَن تَرِثُوا النِّسَاءَ كَرْهًا ۖ وَلَا تَعْضُلُوهُنَّ لِتَذْهَبُوا بِبَعْضِ مَا آتَيْتُمُوهُنَّ إِلَّا أَن يَأْتِينَ بِفَاحِشَةٍ مُّبَيِّنَةٍ ۚ وَعَاشِرُوهُنَّ بِالْمَعْرُوفِ ۚ فَإِن كَرِهْتُمُوهُنَّ فَعَسَىٰ أَن تَكْرَهُوا شَيْئًا وَيَجْعَلَ اللَّهُ فِيهِ خَيْرًا كَثِيرًا (19) O julle wat glo! Dit is julle nie geoorloof om vroue teen hulle wil te erf nie. Ook moet julle hulle nie in die verleentheid stel deur ’n deel van hul bruidskat terug te neem nie, tensy hulle skuldig was aan onwettige seksuele gemeenskap. En as julle hulle haat, dan mag dit wees dat julle iets verafsku waarin Allah veel goeds vind |
وَإِنْ أَرَدتُّمُ اسْتِبْدَالَ زَوْجٍ مَّكَانَ زَوْجٍ وَآتَيْتُمْ إِحْدَاهُنَّ قِنطَارًا فَلَا تَأْخُذُوا مِنْهُ شَيْئًا ۚ أَتَأْخُذُونَهُ بُهْتَانًا وَإِثْمًا مُّبِينًا (20) En as u een vrou in ruil vir ’n ander wil neem, en u haar reeds heelwat goud gegee het, neem dan niks daarvan terug nie. Sal julle dit deur laster, en op ’n klaarblyklik sondige manier, terugneem |
وَكَيْفَ تَأْخُذُونَهُ وَقَدْ أَفْضَىٰ بَعْضُكُمْ إِلَىٰ بَعْضٍ وَأَخَذْنَ مِنكُم مِّيثَاقًا غَلِيظًا (21) Hoe kan julle dit neem, wanneer julle reeds by mekaar ingegaan het, en hulle ’n sterk verbond met julle gesluit het |
وَلَا تَنكِحُوا مَا نَكَحَ آبَاؤُكُم مِّنَ النِّسَاءِ إِلَّا مَا قَدْ سَلَفَ ۚ إِنَّهُ كَانَ فَاحِشَةً وَمَقْتًا وَسَاءَ سَبِيلًا (22) En tree voortaan nie meer in die huwelik met die vroue van jul vaders nie. Voorwaar, dit is sleg en afskuwelik, en dis ’n verkeerde gebruik |
حُرِّمَتْ عَلَيْكُمْ أُمَّهَاتُكُمْ وَبَنَاتُكُمْ وَأَخَوَاتُكُمْ وَعَمَّاتُكُمْ وَخَالَاتُكُمْ وَبَنَاتُ الْأَخِ وَبَنَاتُ الْأُخْتِ وَأُمَّهَاتُكُمُ اللَّاتِي أَرْضَعْنَكُمْ وَأَخَوَاتُكُم مِّنَ الرَّضَاعَةِ وَأُمَّهَاتُ نِسَائِكُمْ وَرَبَائِبُكُمُ اللَّاتِي فِي حُجُورِكُم مِّن نِّسَائِكُمُ اللَّاتِي دَخَلْتُم بِهِنَّ فَإِن لَّمْ تَكُونُوا دَخَلْتُم بِهِنَّ فَلَا جُنَاحَ عَلَيْكُمْ وَحَلَائِلُ أَبْنَائِكُمُ الَّذِينَ مِنْ أَصْلَابِكُمْ وَأَن تَجْمَعُوا بَيْنَ الْأُخْتَيْنِ إِلَّا مَا قَدْ سَلَفَ ۗ إِنَّ اللَّهَ كَانَ غَفُورًا رَّحِيمًا (23) Vir julle is verbode: julle moeders, en julle dogters, en julle susters en julle vaders se susters, en die dogters van jul broers, en dié van jul susters, én julle soogmoeders, en jul stiefsusters, en moeders van julle vroue, en jul stiefdogters wat onder die sorg is van vroue by wie julle ingegaan het ~ maar as julle nie by hulle ingegaan het nie, dan is jul sonder blaam ~ en die vroue van julle seuns wat uit jul lendene gebore is. Ook is dit julle verbode om twee susters te trou, met uitsondering van wat reeds verby is. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadevol |
۞ وَالْمُحْصَنَاتُ مِنَ النِّسَاءِ إِلَّا مَا مَلَكَتْ أَيْمَانُكُمْ ۖ كِتَابَ اللَّهِ عَلَيْكُمْ ۚ وَأُحِلَّ لَكُم مَّا وَرَاءَ ذَٰلِكُمْ أَن تَبْتَغُوا بِأَمْوَالِكُم مُّحْصِنِينَ غَيْرَ مُسَافِحِينَ ۚ فَمَا اسْتَمْتَعْتُم بِهِ مِنْهُنَّ فَآتُوهُنَّ أُجُورَهُنَّ فَرِيضَةً ۚ وَلَا جُنَاحَ عَلَيْكُمْ فِيمَا تَرَاضَيْتُم بِهِ مِن بَعْدِ الْفَرِيضَةِ ۚ إِنَّ اللَّهَ كَانَ عَلِيمًا حَكِيمًا (24) En vroue wat alreeds getroud is, met uitsondering van die gevangenes wat julle regterhand besit, is vir julle verbode. Dít het Allah aan julle verorden. Alle ander vroue is julle veroorloof, op voorwaarde dat julle hulle soek met jul eiendom, en met hulle in die huwelik tree en geen ontug pleeg nie. Aangaande hulle, met wie dit jul baat om in die huwelik te tree, gee hulle hul bruidskatte volgens die voorgeskrewe bepaling. En daar sal op julle geen blaam rus oor alles waartoe julle ooreenkom nadat die bruidskat vasgestel is nie. Voorwaar, Allah is Alwetend, vol Wysheid |
وَمَن لَّمْ يَسْتَطِعْ مِنكُمْ طَوْلًا أَن يَنكِحَ الْمُحْصَنَاتِ الْمُؤْمِنَاتِ فَمِن مَّا مَلَكَتْ أَيْمَانُكُم مِّن فَتَيَاتِكُمُ الْمُؤْمِنَاتِ ۚ وَاللَّهُ أَعْلَمُ بِإِيمَانِكُم ۚ بَعْضُكُم مِّن بَعْضٍ ۚ فَانكِحُوهُنَّ بِإِذْنِ أَهْلِهِنَّ وَآتُوهُنَّ أُجُورَهُنَّ بِالْمَعْرُوفِ مُحْصَنَاتٍ غَيْرَ مُسَافِحَاتٍ وَلَا مُتَّخِذَاتِ أَخْدَانٍ ۚ فَإِذَا أُحْصِنَّ فَإِنْ أَتَيْنَ بِفَاحِشَةٍ فَعَلَيْهِنَّ نِصْفُ مَا عَلَى الْمُحْصَنَاتِ مِنَ الْعَذَابِ ۚ ذَٰلِكَ لِمَنْ خَشِيَ الْعَنَتَ مِنكُمْ ۚ وَأَن تَصْبِرُوا خَيْرٌ لَّكُمْ ۗ وَاللَّهُ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (25) En diegene wat nie kan bekostig om met vrye gelowige vroue te trou nie, tree dan in die huwelik met gelowige diensmeisies wat julle regterhand besit. En Allah ken julle geloof die beste. Julle is na aan mekaar; tree daarom met hulle in die huwelik met die goedkeuring van hul eienaars, en wees redelik wanneer julle vir hulle bruidskatte gee; en hulle moet kuis wees, nie ontug pleeg nie en ook geen geheime minnaars hê nie. En as hulle, nadat hulle in die huwelik getree het, aan owerspel skuldig is, straf hulle dan met die helfte van die straf wat vir vry vroue voorgeskryf is ~ Dit is vir diegene wat vrees dat hulle sal sondig. Maar onthouding sal vir julle beter wees. En Allah is Vergewensgesind, Genadevol |
يُرِيدُ اللَّهُ لِيُبَيِّنَ لَكُمْ وَيَهْدِيَكُمْ سُنَنَ الَّذِينَ مِن قَبْلِكُمْ وَيَتُوبَ عَلَيْكُمْ ۗ وَاللَّهُ عَلِيمٌ حَكِيمٌ (26) Allah wil dit aan julle verduidelik en julle lei op die weg van hulle wat vóór julle was, en Hom na julle wend. En Allah is Alwetend, vol Wysheid |
وَاللَّهُ يُرِيدُ أَن يَتُوبَ عَلَيْكُمْ وَيُرِيدُ الَّذِينَ يَتَّبِعُونَ الشَّهَوَاتِ أَن تَمِيلُوا مَيْلًا عَظِيمًا (27) En Allah wil Hom met barmhartigheid na julle wend. En dié wat deur hulle lae begeertes gelei word, begeer dat julle verder moet verdwaal |
يُرِيدُ اللَّهُ أَن يُخَفِّفَ عَنكُمْ ۚ وَخُلِقَ الْإِنسَانُ ضَعِيفًا (28) Allah wil graag julle laste verlig, want die mens is van nature swak |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تَأْكُلُوا أَمْوَالَكُم بَيْنَكُم بِالْبَاطِلِ إِلَّا أَن تَكُونَ تِجَارَةً عَن تَرَاضٍ مِّنكُمْ ۚ وَلَا تَقْتُلُوا أَنفُسَكُمْ ۚ إِنَّ اللَّهَ كَانَ بِكُمْ رَحِيمًا (29) O julle wat glo! Moenie mekaar se eiendom op onwettige wyse deurbring nie, en dryf handel deur onderlinge ooreenkoms. En julle mag nie selfmoord pleeg nie. Voorwaar, Allah is altyd vir julle Genadevol |
وَمَن يَفْعَلْ ذَٰلِكَ عُدْوَانًا وَظُلْمًا فَسَوْفَ نُصْلِيهِ نَارًا ۚ وَكَانَ ذَٰلِكَ عَلَى اللَّهِ يَسِيرًا (30) En wie ook al dit doen, by wyse van oortreding en deur onregverdigheid, Ons sal hom in die Vuur werp. En vir Allah is dít maklik |
إِن تَجْتَنِبُوا كَبَائِرَ مَا تُنْهَوْنَ عَنْهُ نُكَفِّرْ عَنكُمْ سَيِّئَاتِكُمْ وَنُدْخِلْكُم مُّدْخَلًا كَرِيمًا (31) Indien julle die groot dinge wat vir julle verbode is, vermy, sal Ons julle slegte neigings van julle wegneem, en veroorsaak dat julle ’n geëerde plek kan binnegaan |
وَلَا تَتَمَنَّوْا مَا فَضَّلَ اللَّهُ بِهِ بَعْضَكُمْ عَلَىٰ بَعْضٍ ۚ لِّلرِّجَالِ نَصِيبٌ مِّمَّا اكْتَسَبُوا ۖ وَلِلنِّسَاءِ نَصِيبٌ مِّمَّا اكْتَسَبْنَ ۚ وَاسْأَلُوا اللَّهَ مِن فَضْلِهِ ۗ إِنَّ اللَّهَ كَانَ بِكُلِّ شَيْءٍ عَلِيمًا (32) En begeer nie dít waardeur Allah sommige van julle bo ander laat uitblink nie. Vir mans is daar die voordeel van verdienste, en vir vroue is daar die voordeel van verdienste. En vra Allah om Sy oorvloed. Voorwaar, Allah is altyd die Kenner van Alles |
وَلِكُلٍّ جَعَلْنَا مَوَالِيَ مِمَّا تَرَكَ الْوَالِدَانِ وَالْأَقْرَبُونَ ۚ وَالَّذِينَ عَقَدَتْ أَيْمَانُكُمْ فَآتُوهُمْ نَصِيبَهُمْ ۚ إِنَّ اللَّهَ كَانَ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ شَهِيدًا (33) En vir elkeen het Ons erfgename bepaal ten opsigte van wat ouers en bloedverwante nalaat. En diegene met wie julle ooreenkomste onder eed bekragtig het, gee vir hulle wat hul toekom. Waarlik, Allah is Getuie van alles |
الرِّجَالُ قَوَّامُونَ عَلَى النِّسَاءِ بِمَا فَضَّلَ اللَّهُ بَعْضَهُمْ عَلَىٰ بَعْضٍ وَبِمَا أَنفَقُوا مِنْ أَمْوَالِهِمْ ۚ فَالصَّالِحَاتُ قَانِتَاتٌ حَافِظَاتٌ لِّلْغَيْبِ بِمَا حَفِظَ اللَّهُ ۚ وَاللَّاتِي تَخَافُونَ نُشُوزَهُنَّ فَعِظُوهُنَّ وَاهْجُرُوهُنَّ فِي الْمَضَاجِعِ وَاضْرِبُوهُنَّ ۖ فَإِنْ أَطَعْنَكُمْ فَلَا تَبْغُوا عَلَيْهِنَّ سَبِيلًا ۗ إِنَّ اللَّهَ كَانَ عَلِيًّا كَبِيرًا (34) Mans is die beskermers en onderhouers van vroue, waarin Allah dan ook sommige laat uitblink bo die ander, omdat hulle hul vermoë bestee. Daarom is deugsame vroue ook onderdanig,1 en waak sy oor die ongesiene,2 soos Allah dit ook bewaak. En hulle van wie julle ongehoorsaamheid waarneem, wys hulle tereg, en moenie ’n bed met hulle deel nie, en tugtig hulle. As hulle daarna gehoorsaam is, vergewe hulle. Voorwaar, Allah is Verhewe, Groot |
وَإِنْ خِفْتُمْ شِقَاقَ بَيْنِهِمَا فَابْعَثُوا حَكَمًا مِّنْ أَهْلِهِ وَحَكَمًا مِّنْ أَهْلِهَا إِن يُرِيدَا إِصْلَاحًا يُوَفِّقِ اللَّهُ بَيْنَهُمَا ۗ إِنَّ اللَّهَ كَانَ عَلِيمًا خَبِيرًا (35) En indien jy ’n skeuring tussen die twee vrees, stel dan ’n arbiter aan uit sý familie, en een uit háár familie. Indien albei versoening begeer, sal Allah dit bewerk. Voorwaar, Allah is Alwetend, en goed Ingelig |
۞ وَاعْبُدُوا اللَّهَ وَلَا تُشْرِكُوا بِهِ شَيْئًا ۖ وَبِالْوَالِدَيْنِ إِحْسَانًا وَبِذِي الْقُرْبَىٰ وَالْيَتَامَىٰ وَالْمَسَاكِينِ وَالْجَارِ ذِي الْقُرْبَىٰ وَالْجَارِ الْجُنُبِ وَالصَّاحِبِ بِالْجَنبِ وَابْنِ السَّبِيلِ وَمَا مَلَكَتْ أَيْمَانُكُمْ ۗ إِنَّ اللَّهَ لَا يُحِبُّ مَن كَانَ مُخْتَالًا فَخُورًا (36) En aanbid Allah, en vereenselwig niks met Hom nie; en doen goed aan julle ouers, en bloedverwante, en die weeskind en die behoeftiges; en aan julle naaste, wat ’n bloedverwant kan wees; en aan die naaste wat ’n vreemdeling is, en aan jul metgeselle, en aan die reisiger, en aan hulle wat julle regterhand besit. Voor- waar, Allah is nie lief vir die verwaandes en die grootpraters nie |
الَّذِينَ يَبْخَلُونَ وَيَأْمُرُونَ النَّاسَ بِالْبُخْلِ وَيَكْتُمُونَ مَا آتَاهُمُ اللَّهُ مِن فَضْلِهِ ۗ وَأَعْتَدْنَا لِلْكَافِرِينَ عَذَابًا مُّهِينًا (37) Die gierigaards en hulle wat mense tot gierigheid aanspoor, en wat wegsteek wat Allah hulle uit Sy oorvloed gegee het ~ en vir die ongelowiges het Ons ’n vernederende straf voorberei |
وَالَّذِينَ يُنفِقُونَ أَمْوَالَهُمْ رِئَاءَ النَّاسِ وَلَا يُؤْمِنُونَ بِاللَّهِ وَلَا بِالْيَوْمِ الْآخِرِ ۗ وَمَن يَكُنِ الشَّيْطَانُ لَهُ قَرِينًا فَسَاءَ قَرِينًا (38) en vir hulle wat hulle rykdom spandeer om deur die mense gesien te word, en wat nie in Allah glo nie, en ook nie in die Laaste Dag nie; en wie die duiwel as vriend het, het ’n verderflike vriend |
وَمَاذَا عَلَيْهِمْ لَوْ آمَنُوا بِاللَّهِ وَالْيَوْمِ الْآخِرِ وَأَنفَقُوا مِمَّا رَزَقَهُمُ اللَّهُ ۚ وَكَانَ اللَّهُ بِهِمْ عَلِيمًا (39) En wat kan hulle oorkom as hulle in Allah glo en aan die Laaste Dag en spandeer van wat Allah aan hulle geskenk het |
إِنَّ اللَّهَ لَا يَظْلِمُ مِثْقَالَ ذَرَّةٍ ۖ وَإِن تَكُ حَسَنَةً يُضَاعِفْهَا وَيُؤْتِ مِن لَّدُنْهُ أَجْرًا عَظِيمًا (40) Waarlik, Allah rig nie ’n greintjie kwaad aan nie; en die goeie daad word vermenigvuldig en van Sy kant is daar ’n groot beloning |
فَكَيْفَ إِذَا جِئْنَا مِن كُلِّ أُمَّةٍ بِشَهِيدٍ وَجِئْنَا بِكَ عَلَىٰ هَٰؤُلَاءِ شَهِيدًا (41) Maar hoe sal dit wees wanneer Ons ’n getuie vir elke volk sal inroep en u as getuie teenoor hulle stel |
يَوْمَئِذٍ يَوَدُّ الَّذِينَ كَفَرُوا وَعَصَوُا الرَّسُولَ لَوْ تُسَوَّىٰ بِهِمُ الْأَرْضُ وَلَا يَكْتُمُونَ اللَّهَ حَدِيثًا (42) Op hierdie Dag sal hulle wat nie wou glo nie, en die Bood- skapper ongehoorsaam was, wens dat die aarde saam met hulle gelyk gemaak moet word. En niks kan hulle vir Allah wegsteek nie |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تَقْرَبُوا الصَّلَاةَ وَأَنتُمْ سُكَارَىٰ حَتَّىٰ تَعْلَمُوا مَا تَقُولُونَ وَلَا جُنُبًا إِلَّا عَابِرِي سَبِيلٍ حَتَّىٰ تَغْتَسِلُوا ۚ وَإِن كُنتُم مَّرْضَىٰ أَوْ عَلَىٰ سَفَرٍ أَوْ جَاءَ أَحَدٌ مِّنكُم مِّنَ الْغَائِطِ أَوْ لَامَسْتُمُ النِّسَاءَ فَلَمْ تَجِدُوا مَاءً فَتَيَمَّمُوا صَعِيدًا طَيِّبًا فَامْسَحُوا بِوُجُوهِكُمْ وَأَيْدِيكُمْ ۗ إِنَّ اللَّهَ كَانَ عَفُوًّا غَفُورًا (43) O julle wat glo! Tree nie tot die gebed toe in ’n benewelde toestand nie, totdat julle weet wat julle sê; en ook nie nadat julle geslagsgemeenskap gehad het nie, totdat julle gebad het nie. En as julle siek of op reis is, of julle kom van die toilet, of julle het ’n vrou aangeraak en kon geen water vind nie, neem dan suiwer grond, en vee oor julle gesigte en hande daarmee. Voorwaar, Allah is Inskiklik, Vergewensgesind |
أَلَمْ تَرَ إِلَى الَّذِينَ أُوتُوا نَصِيبًا مِّنَ الْكِتَابِ يَشْتَرُونَ الضَّلَالَةَ وَيُرِيدُونَ أَن تَضِلُّوا السَّبِيلَ (44) Sien julle nie vir hulle aan wie ’n deel van die Boek gegee is nie? Hulle koop dwaling aan en wens dat julle ook van die regte weg moet afdwaal |
وَاللَّهُ أَعْلَمُ بِأَعْدَائِكُمْ ۚ وَكَفَىٰ بِاللَّهِ وَلِيًّا وَكَفَىٰ بِاللَّهِ نَصِيرًا (45) En Allah weet goed wie julle vyande is. En Allah is toereikend as Vriend en voldoende as Helper |
مِّنَ الَّذِينَ هَادُوا يُحَرِّفُونَ الْكَلِمَ عَن مَّوَاضِعِهِ وَيَقُولُونَ سَمِعْنَا وَعَصَيْنَا وَاسْمَعْ غَيْرَ مُسْمَعٍ وَرَاعِنَا لَيًّا بِأَلْسِنَتِهِمْ وَطَعْنًا فِي الدِّينِ ۚ وَلَوْ أَنَّهُمْ قَالُوا سَمِعْنَا وَأَطَعْنَا وَاسْمَعْ وَانظُرْنَا لَكَانَ خَيْرًا لَّهُمْ وَأَقْوَمَ وَلَٰكِن لَّعَنَهُمُ اللَّهُ بِكُفْرِهِمْ فَلَا يُؤْمِنُونَ إِلَّا قَلِيلًا (46) Sommige van hulle, wat Jode is, ruk woorde uit verband uit en sê: Ons het gehoor maar gehoorsaam nie, en: Raa-‘ie-naa, terwyl hulle woorde met die tong verdraai en die godsdiens belaster. En het hulle maar gesê: Ons hoor en ons gehoorsaam, en: Luister, en: Oen-zoer-naa, dan sou dit vir hulle beter en meer welgevallig gewees het; maar Allah het hulle weens hulle ongeloof vervloek sodat hulle maar weinig sal glo |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ أُوتُوا الْكِتَابَ آمِنُوا بِمَا نَزَّلْنَا مُصَدِّقًا لِّمَا مَعَكُم مِّن قَبْلِ أَن نَّطْمِسَ وُجُوهًا فَنَرُدَّهَا عَلَىٰ أَدْبَارِهَا أَوْ نَلْعَنَهُمْ كَمَا لَعَنَّا أَصْحَابَ السَّبْتِ ۚ وَكَانَ أَمْرُ اللَّهِ مَفْعُولًا (47) O julle aan wie die Boek geskenk is! Glo in dít wat Ons geopenbaar het, en wat trouens bevéstig wat julle reeds besit, voordat Ons julle leiers vernietig of hulle op hulle rúe neerwerp, of hulle vervloek, soos Ons die sabatskenders vervloek het. En die gebooie van Allah sál volbring word |
إِنَّ اللَّهَ لَا يَغْفِرُ أَن يُشْرَكَ بِهِ وَيَغْفِرُ مَا دُونَ ذَٰلِكَ لِمَن يَشَاءُ ۚ وَمَن يُشْرِكْ بِاللَّهِ فَقَدِ افْتَرَىٰ إِثْمًا عَظِيمًا (48) Waarlik, Allah vergewe niemand wat iets of iemand aan Hom gelyk stel nie, maar Hy sal alle ander dinge vergewe van wie Hy wil. En wie ook al iemand met Allah vereenselwig, het waarlik ’n groot sonde gepleeg |
أَلَمْ تَرَ إِلَى الَّذِينَ يُزَكُّونَ أَنفُسَهُم ۚ بَلِ اللَّهُ يُزَكِّي مَن يَشَاءُ وَلَا يُظْلَمُونَ فَتِيلًا (49) Het julle nie al mense gesien wat reinheid aan hulself toeskryf nie? Nee, Allah reinig wie Hy wil, en nie die geringste onreg sal hulle daarna aangedoen word nie |
انظُرْ كَيْفَ يَفْتَرُونَ عَلَى اللَّهِ الْكَذِبَ ۖ وَكَفَىٰ بِهِ إِثْمًا مُّبِينًا (50) Kyk net hoe het hulle leuens teen Allah versin! Voorwaar, dit is ’n groot sonde |
أَلَمْ تَرَ إِلَى الَّذِينَ أُوتُوا نَصِيبًا مِّنَ الْكِتَابِ يُؤْمِنُونَ بِالْجِبْتِ وَالطَّاغُوتِ وَيَقُولُونَ لِلَّذِينَ كَفَرُوا هَٰؤُلَاءِ أَهْدَىٰ مِنَ الَّذِينَ آمَنُوا سَبِيلًا (51) Het julle nie diegene gesien aan wie ’n deel van die Boek geskenk is nie? Hulle glo aan towery en waarseggers, en sê van hulle wat nie glo nie: Hulle word op ’n beter weg gelei as die gelowiges |
أُولَٰئِكَ الَّذِينَ لَعَنَهُمُ اللَّهُ ۖ وَمَن يَلْعَنِ اللَّهُ فَلَن تَجِدَ لَهُ نَصِيرًا (52) Dit is húlle wat deur Allah vervloek is. En wie ook al deur Allah vervloek is, vir hom sal julle geen helper vind nie |
أَمْ لَهُمْ نَصِيبٌ مِّنَ الْمُلْكِ فَإِذًا لَّا يُؤْتُونَ النَّاسَ نَقِيرًا (53) Of het hulle ’n aandeel aan die Koninkryk? Maar hulle sal die mense nie soveel as ’n stippeltjie op ’n dadelpit wou gee nie |
أَمْ يَحْسُدُونَ النَّاسَ عَلَىٰ مَا آتَاهُمُ اللَّهُ مِن فَضْلِهِ ۖ فَقَدْ آتَيْنَا آلَ إِبْرَاهِيمَ الْكِتَابَ وَالْحِكْمَةَ وَآتَيْنَاهُم مُّلْكًا عَظِيمًا (54) Of beny hulle die mense omdat Allah van Sy gunste aan hulle gegee het? Maar ons het inderdaad aan die kinders van Abraham die Boek en die Wysheid geskenk, en Ons het aan hulle ’n groot koninkryk gegee |
فَمِنْهُم مَّنْ آمَنَ بِهِ وَمِنْهُم مَّن صَدَّ عَنْهُ ۚ وَكَفَىٰ بِجَهَنَّمَ سَعِيرًا (55) Tussen hulle is daar diegene wat in hom3 glo en ook dié wat vir hom die rug toekeer. En die Hel is goed genoeg vir hulle |
إِنَّ الَّذِينَ كَفَرُوا بِآيَاتِنَا سَوْفَ نُصْلِيهِمْ نَارًا كُلَّمَا نَضِجَتْ جُلُودُهُم بَدَّلْنَاهُمْ جُلُودًا غَيْرَهَا لِيَذُوقُوا الْعَذَابَ ۗ إِنَّ اللَّهَ كَانَ عَزِيزًا حَكِيمًا (56) Diegene wat nie in Ons tekens glo nie, sal weldra die Vuur binnegaan. En as hulle velle verbrand is, sal Ons dit telkens met ’n ander vervang, sodat hulle die volle straf kan kry. Waarlik, Allah is Almagtig, vol Wysheid |
وَالَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ سَنُدْخِلُهُمْ جَنَّاتٍ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا أَبَدًا ۖ لَّهُمْ فِيهَا أَزْوَاجٌ مُّطَهَّرَةٌ ۖ وَنُدْخِلُهُمْ ظِلًّا ظَلِيلًا (57) En diegene wat glo en goeie dade doen, Ons sal hulle die Tuine waardeur riviere vloei, laat binnegaan, om vir ewig daarin te woon. Daarin sal vir hulle rein metgeselle wees, en Ons sal hulle toegang tot verdiepende skadu’s verleen |
۞ إِنَّ اللَّهَ يَأْمُرُكُمْ أَن تُؤَدُّوا الْأَمَانَاتِ إِلَىٰ أَهْلِهَا وَإِذَا حَكَمْتُم بَيْنَ النَّاسِ أَن تَحْكُمُوا بِالْعَدْلِ ۚ إِنَّ اللَّهَ نِعِمَّا يَعِظُكُم بِهِ ۗ إِنَّ اللَّهَ كَانَ سَمِيعًا بَصِيرًا (58) Voorwaar, Allah gebied julle om alle toevertroude pande terug te gee aan hulle vir wie dit toekom, en dat wanneer julle tussen mense moet oordeel, julle dit in geregtigheid moet doen. Voor- waar, Allah vermaan julle met wat voortreflik is. Voorwaar, Allah is die Alhorende, Alsiende |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا أَطِيعُوا اللَّهَ وَأَطِيعُوا الرَّسُولَ وَأُولِي الْأَمْرِ مِنكُمْ ۖ فَإِن تَنَازَعْتُمْ فِي شَيْءٍ فَرُدُّوهُ إِلَى اللَّهِ وَالرَّسُولِ إِن كُنتُمْ تُؤْمِنُونَ بِاللَّهِ وَالْيَوْمِ الْآخِرِ ۚ ذَٰلِكَ خَيْرٌ وَأَحْسَنُ تَأْوِيلًا (59) O julle wat glo! Gehoorsaam Allah en gehoorsaam die Bood- skapper, en diegene in gesagsposisies; en indien julle oor iets verskil, verwys dit na Allah en die Boodskapper, indien julle in Allah en aan die Laaste Dag glo. Dit is die beste en ook meer geskik vir die bereiking van die einddoel |
أَلَمْ تَرَ إِلَى الَّذِينَ يَزْعُمُونَ أَنَّهُمْ آمَنُوا بِمَا أُنزِلَ إِلَيْكَ وَمَا أُنزِلَ مِن قَبْلِكَ يُرِيدُونَ أَن يَتَحَاكَمُوا إِلَى الطَّاغُوتِ وَقَدْ أُمِرُوا أَن يَكْفُرُوا بِهِ وَيُرِيدُ الشَّيْطَانُ أَن يُضِلَّهُمْ ضَلَالًا بَعِيدًا (60) Het julle diegene gesien wat beweer dat hulle glo in die openbaringe en in dít wat vóór hulle geopenbaar is? Hulle soek graag die oordeel van die duiwel, hoewel hulle beveel was om hom te verwerp. En die duiwel wil hulle graag laat afdwaal |
وَإِذَا قِيلَ لَهُمْ تَعَالَوْا إِلَىٰ مَا أَنزَلَ اللَّهُ وَإِلَى الرَّسُولِ رَأَيْتَ الْمُنَافِقِينَ يَصُدُّونَ عَنكَ صُدُودًا (61) En wanneer aan hulle gesê word: Kom die dinge na wat Allah aan die Boodskapper geopenbaar het, dan sien u hoedat die huigelaars van u af wegdraai |
فَكَيْفَ إِذَا أَصَابَتْهُم مُّصِيبَةٌ بِمَا قَدَّمَتْ أَيْدِيهِمْ ثُمَّ جَاءُوكَ يَحْلِفُونَ بِاللَّهِ إِنْ أَرَدْنَا إِلَّا إِحْسَانًا وَتَوْفِيقًا (62) Maar wanneer ’n ongeluk hulle tref, vanweë hul eie doen en late, kom hulle na u en sê: Ons sweer by Allah! ons het niks anders as goed en versoening bedoel nie |
أُولَٰئِكَ الَّذِينَ يَعْلَمُ اللَّهُ مَا فِي قُلُوبِهِمْ فَأَعْرِضْ عَنْهُمْ وَعِظْهُمْ وَقُل لَّهُمْ فِي أَنفُسِهِمْ قَوْلًا بَلِيغًا (63) Dit is húlle van wie se harte Allah die geheime weet; wend julle daarom van hulle af weg, en vermaan hulle, en spreek hulle aan met treffende woorde |
وَمَا أَرْسَلْنَا مِن رَّسُولٍ إِلَّا لِيُطَاعَ بِإِذْنِ اللَّهِ ۚ وَلَوْ أَنَّهُمْ إِذ ظَّلَمُوا أَنفُسَهُمْ جَاءُوكَ فَاسْتَغْفَرُوا اللَّهَ وَاسْتَغْفَرَ لَهُمُ الرَّسُولُ لَوَجَدُوا اللَّهَ تَوَّابًا رَّحِيمًا (64) En Ons stuur geen boodskapper nie of hy moet, volgens Allah se gebod, gehoorsaam word. En het hulle (die huigelaars) maar, toe hulle hulself onreg aangedoen het, na u gekom, en het die Boodskapper maar om vergifnis vir hulle gesmeek, dan sou hulle Allah sekerlik Berouaanvarend, Genadevol gevind het |
فَلَا وَرَبِّكَ لَا يُؤْمِنُونَ حَتَّىٰ يُحَكِّمُوكَ فِيمَا شَجَرَ بَيْنَهُمْ ثُمَّ لَا يَجِدُوا فِي أَنفُسِهِمْ حَرَجًا مِّمَّا قَضَيْتَ وَيُسَلِّمُوا تَسْلِيمًا (65) Maar nee, by u Heer, hulle kan geen ware geloof ervaar nie, alvorens hulle u nie as regter oor hulle aanstel nie, en daar geen verset in hulle harte teen u is nie, en hulle hulself aan u onderdanig maak nie |
وَلَوْ أَنَّا كَتَبْنَا عَلَيْهِمْ أَنِ اقْتُلُوا أَنفُسَكُمْ أَوِ اخْرُجُوا مِن دِيَارِكُم مَّا فَعَلُوهُ إِلَّا قَلِيلٌ مِّنْهُمْ ۖ وَلَوْ أَنَّهُمْ فَعَلُوا مَا يُوعَظُونَ بِهِ لَكَانَ خَيْرًا لَّهُمْ وَأَشَدَّ تَثْبِيتًا (66) En as Ons hulle gebied en gesê het: Gaan lê jul lewens af; of: Verlaat julle wonings; sou hulle dit nie gedoen het nie, behalwe ’n paar van hulle. Het hulle maar gedoen wat hulle vermaan was om te doen, sou dit vir hulle beter gewees het, en ook ’n versterking van hul geloof |
وَإِذًا لَّآتَيْنَاهُم مِّن لَّدُنَّا أَجْرًا عَظِيمًا (67) En dan sou Ons hulle sekerlik ’n groot beloning gegee het |
وَلَهَدَيْنَاهُمْ صِرَاطًا مُّسْتَقِيمًا (68) En Ons sou hulle waarlik op die regte pad gelei het |
وَمَن يُطِعِ اللَّهَ وَالرَّسُولَ فَأُولَٰئِكَ مَعَ الَّذِينَ أَنْعَمَ اللَّهُ عَلَيْهِم مِّنَ النَّبِيِّينَ وَالصِّدِّيقِينَ وَالشُّهَدَاءِ وَالصَّالِحِينَ ۚ وَحَسُنَ أُولَٰئِكَ رَفِيقًا (69) En wie Allah en die Boodskapper gehoorsaam, hulle sal onder diegene tel aan wie Allah Sy gunste skenk, naamlik, die profete en die getrouelinge, en die getuies,4 en die heiliges; en hulle is in uitnemende geselskap |
ذَٰلِكَ الْفَضْلُ مِنَ اللَّهِ ۚ وَكَفَىٰ بِاللَّهِ عَلِيمًا (70) Dít is die genade van Allah, en Allah is waarlik die Alwetende |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا خُذُوا حِذْرَكُمْ فَانفِرُوا ثُبَاتٍ أَوِ انفِرُوا جَمِيعًا (71) O julle wat glo! Tref goeie voorsorg, en beweeg voort in groepe of gesamentlik |
وَإِنَّ مِنكُمْ لَمَن لَّيُبَطِّئَنَّ فَإِنْ أَصَابَتْكُم مُّصِيبَةٌ قَالَ قَدْ أَنْعَمَ اللَّهُ عَلَيَّ إِذْ لَمْ أَكُن مَّعَهُمْ شَهِيدًا (72) Tussen julle is diegene wat wil kop uittrek. As ’n ongeluk julle tref, sê hy: Voorwaar, Allah het my ’n guns bewys omdat ek nie saam met julle was nie |
وَلَئِنْ أَصَابَكُمْ فَضْلٌ مِّنَ اللَّهِ لَيَقُولَنَّ كَأَن لَّمْ تَكُن بَيْنَكُمْ وَبَيْنَهُ مَوَدَّةٌ يَا لَيْتَنِي كُنتُ مَعَهُمْ فَأَفُوزَ فَوْزًا عَظِيمًا (73) Maar indien Allah julle bevoordeel, sê hy, asof daar tussen julle en hom geen vriendskap bestaan nie: Was ek saam met julle, sou ek nóg gelukkiger gewees het |
۞ فَلْيُقَاتِلْ فِي سَبِيلِ اللَّهِ الَّذِينَ يَشْرُونَ الْحَيَاةَ الدُّنْيَا بِالْآخِرَةِ ۚ وَمَن يُقَاتِلْ فِي سَبِيلِ اللَّهِ فَيُقْتَلْ أَوْ يَغْلِبْ فَسَوْفَ نُؤْتِيهِ أَجْرًا عَظِيمًا (74) Laat hulle dan, wat die lewe van hierdie wêreld vir dié van die Hiernamaals opoffer, in die weg van Allah strewe. En wie ook al in die weg van Allah strewe, ongeag of hy sneuwel of ’n oorwinning behaal, Ons sal aan hom weldra ’n groot beloning besorg |
وَمَا لَكُمْ لَا تُقَاتِلُونَ فِي سَبِيلِ اللَّهِ وَالْمُسْتَضْعَفِينَ مِنَ الرِّجَالِ وَالنِّسَاءِ وَالْوِلْدَانِ الَّذِينَ يَقُولُونَ رَبَّنَا أَخْرِجْنَا مِنْ هَٰذِهِ الْقَرْيَةِ الظَّالِمِ أَهْلُهَا وَاجْعَل لَّنَا مِن لَّدُنكَ وَلِيًّا وَاجْعَل لَّنَا مِن لَّدُنكَ نَصِيرًا (75) En waarom strewe julle nie vir die saak van Allah nie, en vir die swakkes ~ manne en vroue en kinders ~ wie uitroep: Onse Heer! Neem ons weg uit hierdie stad waarvan die bewoners onderdrukkers is, en skenk aan ons ’n vriend en ’n helper |
الَّذِينَ آمَنُوا يُقَاتِلُونَ فِي سَبِيلِ اللَّهِ ۖ وَالَّذِينَ كَفَرُوا يُقَاتِلُونَ فِي سَبِيلِ الطَّاغُوتِ فَقَاتِلُوا أَوْلِيَاءَ الشَّيْطَانِ ۖ إِنَّ كَيْدَ الشَّيْطَانِ كَانَ ضَعِيفًا (76) Diegene wat glo, strewe in die weg van Allah, en die ongelowiges in die weg van die duiwel. Strewe daarom téén die vriende van die duiwel; voorwaar, die stryd van die duiwel is ’n vergeefse stryd |
أَلَمْ تَرَ إِلَى الَّذِينَ قِيلَ لَهُمْ كُفُّوا أَيْدِيَكُمْ وَأَقِيمُوا الصَّلَاةَ وَآتُوا الزَّكَاةَ فَلَمَّا كُتِبَ عَلَيْهِمُ الْقِتَالُ إِذَا فَرِيقٌ مِّنْهُمْ يَخْشَوْنَ النَّاسَ كَخَشْيَةِ اللَّهِ أَوْ أَشَدَّ خَشْيَةً ۚ وَقَالُوا رَبَّنَا لِمَ كَتَبْتَ عَلَيْنَا الْقِتَالَ لَوْلَا أَخَّرْتَنَا إِلَىٰ أَجَلٍ قَرِيبٍ ۗ قُلْ مَتَاعُ الدُّنْيَا قَلِيلٌ وَالْآخِرَةُ خَيْرٌ لِّمَنِ اتَّقَىٰ وَلَا تُظْلَمُونَ فَتِيلًا (77) Het u hulle gesien aan wie gesê is: Weerhou julle hande van die kwaad: onderhou die gebede en betaal die Zakaat?5 Maar wanneer hulle tot die stryd beveel word, dan vrees sommige die mense soos Allah gevrees behoort te word, en selfs nog meer, en sê: Ons Heer! Waarom het U ons in die stryd gestuur? Waarom het U ons nie nog ’n rukkie lank uitstel verleen nie? Die voordeel van hierdie wêreld is maar gering; en vir die pligsgetroues is die Hiernamaals beter. En nie die minste onreg sal julle aangedoen word nie |
أَيْنَمَا تَكُونُوا يُدْرِككُّمُ الْمَوْتُ وَلَوْ كُنتُمْ فِي بُرُوجٍ مُّشَيَّدَةٍ ۗ وَإِن تُصِبْهُمْ حَسَنَةٌ يَقُولُوا هَٰذِهِ مِنْ عِندِ اللَّهِ ۖ وَإِن تُصِبْهُمْ سَيِّئَةٌ يَقُولُوا هَٰذِهِ مِنْ عِندِكَ ۚ قُلْ كُلٌّ مِّنْ عِندِ اللَّهِ ۖ فَمَالِ هَٰؤُلَاءِ الْقَوْمِ لَا يَكَادُونَ يَفْقَهُونَ حَدِيثًا (78) Waar julle ook al mag wees, die dood sal julle oorval, selfs al is julle ook op hoë torings. En as iets goeds met hulle gebeur, sê hulle: Dit is van Allah. Maar as die kwaad hulle oorval, sê hulle: Dit is van u.6 Sê: Alles kom van Allah. Maar wat makeer hierdie mense dat hulle nie die Woord wil verstaan nie |
مَّا أَصَابَكَ مِنْ حَسَنَةٍ فَمِنَ اللَّهِ ۖ وَمَا أَصَابَكَ مِن سَيِّئَةٍ فَمِن نَّفْسِكَ ۚ وَأَرْسَلْنَاكَ لِلنَّاسِ رَسُولًا ۚ وَكَفَىٰ بِاللَّهِ شَهِيدًا (79) Indien enigiets van goed met julle gebeur, dit kom van Allah, en watter kwaad julle ook al mag oorval, is deur julle eie toedoen. En Ons het u7 as ’n boodskapper na die mense gestuur. En Allah is ’n bevoegde Getuie |
مَّن يُطِعِ الرَّسُولَ فَقَدْ أَطَاعَ اللَّهَ ۖ وَمَن تَوَلَّىٰ فَمَا أَرْسَلْنَاكَ عَلَيْهِمْ حَفِيظًا (80) Wie die Boodskapper gehoorsaam, is inderwaarheid aan Allah gehoorsaam. En diegene wie hulself wegkeer ~ u is nie ’n bewaker oor hulle nie |
وَيَقُولُونَ طَاعَةٌ فَإِذَا بَرَزُوا مِنْ عِندِكَ بَيَّتَ طَائِفَةٌ مِّنْهُمْ غَيْرَ الَّذِي تَقُولُ ۖ وَاللَّهُ يَكْتُبُ مَا يُبَيِّتُونَ ۖ فَأَعْرِضْ عَنْهُمْ وَتَوَكَّلْ عَلَى اللَّهِ ۚ وَكَفَىٰ بِاللَّهِ وَكِيلًا (81) En hulle sê: Ons is gehoorsaam! Maar wanneer hulle van u af wegdraai, smee sommige in die nag komplotte téén u woorde. En Allah teken alles op wat hulle in die nag beraam. Wend u dus van hulle af en stel u vertroue alleen in Allah. En Allah is ’n uitnemende Voog |
أَفَلَا يَتَدَبَّرُونَ الْقُرْآنَ ۚ وَلَوْ كَانَ مِنْ عِندِ غَيْرِ اللَّهِ لَوَجَدُوا فِيهِ اخْتِلَافًا كَثِيرًا (82) Sal hulle dan nie die Qur’ãn bepeins nie? Was dit van iemand anders as Allah, sou hulle daarin heelwat teenstrydighede ontdek het |
وَإِذَا جَاءَهُمْ أَمْرٌ مِّنَ الْأَمْنِ أَوِ الْخَوْفِ أَذَاعُوا بِهِ ۖ وَلَوْ رَدُّوهُ إِلَى الرَّسُولِ وَإِلَىٰ أُولِي الْأَمْرِ مِنْهُمْ لَعَلِمَهُ الَّذِينَ يَسْتَنبِطُونَهُ مِنْهُمْ ۗ وَلَوْلَا فَضْلُ اللَّهِ عَلَيْكُمْ وَرَحْمَتُهُ لَاتَّبَعْتُمُ الشَّيْطَانَ إِلَّا قَلِيلًا (83) Maar as hulle nuus van veiligheid of vrees verneem, versprei hulle dit. As hulle dit maar na die Boodskapper of die gesags- voerders verwys het, dan sou dié, uit hoofde van hul kennis, dit kon verklaar. En was die genade van Allah nie met julle nie, dan sou julle almal, met enkele uitsonderinge, die duiwel gevolg het |
فَقَاتِلْ فِي سَبِيلِ اللَّهِ لَا تُكَلَّفُ إِلَّا نَفْسَكَ ۚ وَحَرِّضِ الْمُؤْمِنِينَ ۖ عَسَى اللَّهُ أَن يَكُفَّ بَأْسَ الَّذِينَ كَفَرُوا ۚ وَاللَّهُ أَشَدُّ بَأْسًا وَأَشَدُّ تَنكِيلًا (84) Strewe dan in die weg van Allah ~ u is slegs vir uself verantwoordelik ~ en spoor die gelowiges aan. Dit kán wees dat Allah die strydkrag van die ongelowiges beteuel. En Allah is Magtig, en Streng in die oplê van straf |
مَّن يَشْفَعْ شَفَاعَةً حَسَنَةً يَكُن لَّهُ نَصِيبٌ مِّنْهَا ۖ وَمَن يَشْفَعْ شَفَاعَةً سَيِّئَةً يَكُن لَّهُ كِفْلٌ مِّنْهَا ۗ وَكَانَ اللَّهُ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ مُّقِيتًا (85) Wie ook al as bemiddelaar in ’n goeie saak optree, sal ’n aandeel daaraan hê; en wie as bemiddelaar in ’n slegte saak optree, hy sal ook ’n aandeel daaraan hê. En Allah hou toesig oor alles |
وَإِذَا حُيِّيتُم بِتَحِيَّةٍ فَحَيُّوا بِأَحْسَنَ مِنْهَا أَوْ رُدُّوهَا ۗ إِنَّ اللَّهَ كَانَ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ حَسِيبًا (86) En wanneer julle gegroet word, groet dan vriendeliker terug, of erken dit ten minste. Voorwaar, Allah hou rekening van alles |
اللَّهُ لَا إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ ۚ لَيَجْمَعَنَّكُمْ إِلَىٰ يَوْمِ الْقِيَامَةِ لَا رَيْبَ فِيهِ ۗ وَمَنْ أَصْدَقُ مِنَ اللَّهِ حَدِيثًا (87) Allah! Daar is geen God nie behalwe Hy. ~ Op die Opstan- dingsdag sal Hy julle byeenbring; daaroor bestaan geen twyfel nie. En wie se woorde is meer opreg as Allah s’n |
۞ فَمَا لَكُمْ فِي الْمُنَافِقِينَ فِئَتَيْنِ وَاللَّهُ أَرْكَسَهُم بِمَا كَسَبُوا ۚ أَتُرِيدُونَ أَن تَهْدُوا مَنْ أَضَلَّ اللَّهُ ۖ وَمَن يُضْلِلِ اللَّهُ فَلَن تَجِدَ لَهُ سَبِيلًا (88) Waarom is julle in twee kampe verdeel oor die Huigelaars? Allah het hulle tot die ongeloof laat terugkeer omdat hulle dit verdien het. Is julle gretig om diegene (op die regte weg) te lei vir wie Allah laat afdwaal het? En wie Allah laat afdwaal, vir hom sal u geen uitweg vind nie |
وَدُّوا لَوْ تَكْفُرُونَ كَمَا كَفَرُوا فَتَكُونُونَ سَوَاءً ۖ فَلَا تَتَّخِذُوا مِنْهُمْ أَوْلِيَاءَ حَتَّىٰ يُهَاجِرُوا فِي سَبِيلِ اللَّهِ ۚ فَإِن تَوَلَّوْا فَخُذُوهُمْ وَاقْتُلُوهُمْ حَيْثُ وَجَدتُّمُوهُمْ ۖ وَلَا تَتَّخِذُوا مِنْهُمْ وَلِيًّا وَلَا نَصِيرًا (89) Hulle wens dat julle so ongelowig is as hulle, sodat julle aan mekaar gelyk kan wees; neem daarom geen vriende uit hul midde nie, totdat hulle ter wille van Allah uit hul huise gevlug het. As hulle weer in vyandskap verval, gryp hulle dan en maak hulle dood, waar julle hulle ook mag vind; en neem geen vriend of helper uit hulle midde nie |
إِلَّا الَّذِينَ يَصِلُونَ إِلَىٰ قَوْمٍ بَيْنَكُمْ وَبَيْنَهُم مِّيثَاقٌ أَوْ جَاءُوكُمْ حَصِرَتْ صُدُورُهُمْ أَن يُقَاتِلُوكُمْ أَوْ يُقَاتِلُوا قَوْمَهُمْ ۚ وَلَوْ شَاءَ اللَّهُ لَسَلَّطَهُمْ عَلَيْكُمْ فَلَقَاتَلُوكُمْ ۚ فَإِنِ اعْتَزَلُوكُمْ فَلَمْ يُقَاتِلُوكُمْ وَأَلْقَوْا إِلَيْكُمُ السَّلَمَ فَمَا جَعَلَ اللَّهُ لَكُمْ عَلَيْهِمْ سَبِيلًا (90) behalwe as hulle aan ’n volk behoort met wie julle ’n verbond gesluit het, of hulle wat na julle kom terwyl hulle harte daarteen in verset is om julle of hul eie volk te beveg. Daarom, as hulle hulself op ’n afstand hou en julle nie beveg nie, en julle vrede aanbied ~ dan laat Allah julle nie toe om iets téén hulle te onderneem nie |
سَتَجِدُونَ آخَرِينَ يُرِيدُونَ أَن يَأْمَنُوكُمْ وَيَأْمَنُوا قَوْمَهُمْ كُلَّ مَا رُدُّوا إِلَى الْفِتْنَةِ أُرْكِسُوا فِيهَا ۚ فَإِن لَّمْ يَعْتَزِلُوكُمْ وَيُلْقُوا إِلَيْكُمُ السَّلَمَ وَيَكُفُّوا أَيْدِيَهُمْ فَخُذُوهُمْ وَاقْتُلُوهُمْ حَيْثُ ثَقِفْتُمُوهُمْ ۚ وَأُولَٰئِكُمْ جَعَلْنَا لَكُمْ عَلَيْهِمْ سُلْطَانًا مُّبِينًا (91) Julle sal ander vind wat by julle sowel as hul eie volk veilig wil wees; telkens wanneer hulle tot vyandigheid opgeroep word, volg hulle blindelings. As hulle hul dan nie op ’n afstand hou nie, en julle ook nie vrede aanbied of hulle hande terughou nie, gryp hulle dan en bring hulle om, waar julle hulle ook mag vind. Teenoor hulle het Ons julle ’n duidelike opdrag gegee |
وَمَا كَانَ لِمُؤْمِنٍ أَن يَقْتُلَ مُؤْمِنًا إِلَّا خَطَأً ۚ وَمَن قَتَلَ مُؤْمِنًا خَطَأً فَتَحْرِيرُ رَقَبَةٍ مُّؤْمِنَةٍ وَدِيَةٌ مُّسَلَّمَةٌ إِلَىٰ أَهْلِهِ إِلَّا أَن يَصَّدَّقُوا ۚ فَإِن كَانَ مِن قَوْمٍ عَدُوٍّ لَّكُمْ وَهُوَ مُؤْمِنٌ فَتَحْرِيرُ رَقَبَةٍ مُّؤْمِنَةٍ ۖ وَإِن كَانَ مِن قَوْمٍ بَيْنَكُمْ وَبَيْنَهُم مِّيثَاقٌ فَدِيَةٌ مُّسَلَّمَةٌ إِلَىٰ أَهْلِهِ وَتَحْرِيرُ رَقَبَةٍ مُّؤْمِنَةٍ ۖ فَمَن لَّمْ يَجِدْ فَصِيَامُ شَهْرَيْنِ مُتَتَابِعَيْنِ تَوْبَةً مِّنَ اللَّهِ ۗ وَكَانَ اللَّهُ عَلِيمًا حَكِيمًا (92) Dit betaam nie ’n gelowige om ’n ander gelowige te vermoor nie, tensy dit per ongeluk gebeur. En wie ’n gelowige per ongeluk doodmaak, moet ’n gelowige slaaf bevry, en bloedgeld aan sy mense8 betaal, tensy hulle dit uit liefdadigheid kwytskeld. Maar as die oorledene ’n gelowige uit ’n ongelowige stam is, dan is die bevryding van ’n slaaf voldoende. En as hy aan ’n volk behoort met wie julle ’n verbond gesluit het, dan moet die bloedgeld aan sy mense betaal word, tesame met die bevryding van ’n gelowige slaaf; maar hy wat nie die vermoë daartoe besit nie, moet vir twee agtereenvolgende maande vas ~ ’n boetedoening aan Allah. En Allah is Alwetend, vol Wysheid |
وَمَن يَقْتُلْ مُؤْمِنًا مُّتَعَمِّدًا فَجَزَاؤُهُ جَهَنَّمُ خَالِدًا فِيهَا وَغَضِبَ اللَّهُ عَلَيْهِ وَلَعَنَهُ وَأَعَدَّ لَهُ عَذَابًا عَظِيمًا (93) En wie ’n gelowige met opset doodmaak, die Hel sal sy deel wees; daarin sal hy bly. Allah se toorn is op hom; Hy het hom vervloek en vir hom word ’n groot straf voorberei |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِذَا ضَرَبْتُمْ فِي سَبِيلِ اللَّهِ فَتَبَيَّنُوا وَلَا تَقُولُوا لِمَنْ أَلْقَىٰ إِلَيْكُمُ السَّلَامَ لَسْتَ مُؤْمِنًا تَبْتَغُونَ عَرَضَ الْحَيَاةِ الدُّنْيَا فَعِندَ اللَّهِ مَغَانِمُ كَثِيرَةٌ ۚ كَذَٰلِكَ كُنتُم مِّن قَبْلُ فَمَنَّ اللَّهُ عَلَيْكُمْ فَتَبَيَّنُوا ۚ إِنَّ اللَّهَ كَانَ بِمَا تَعْمَلُونَ خَبِيرًا (94) O julle gelowiges! Wanneer julle in die weg van Allah opruk, stel eers ondersoek in, en sê vir niemand wat julle in vrede groet: U is geen gelowige nie! ~ Soek altyd die goeie in hierdie lewe. By Allah is goeie in oorvloed. Julle was voorheen ook so,9 maar Allah het aan julle Sy guns bewys; stel daarom eers ondersoek in. Voorwaar, Allah is altyd bewus van julle dade |
لَّا يَسْتَوِي الْقَاعِدُونَ مِنَ الْمُؤْمِنِينَ غَيْرُ أُولِي الضَّرَرِ وَالْمُجَاهِدُونَ فِي سَبِيلِ اللَّهِ بِأَمْوَالِهِمْ وَأَنفُسِهِمْ ۚ فَضَّلَ اللَّهُ الْمُجَاهِدِينَ بِأَمْوَالِهِمْ وَأَنفُسِهِمْ عَلَى الْقَاعِدِينَ دَرَجَةً ۚ وَكُلًّا وَعَدَ اللَّهُ الْحُسْنَىٰ ۚ وَفَضَّلَ اللَّهُ الْمُجَاهِدِينَ عَلَى الْقَاعِدِينَ أَجْرًا عَظِيمًا (95) Die onwilliges tussen die gelowiges ~ met uitsondering van dié met liggaamsgebreke ~ is nie gelyk aan hulle wat met hul rykdom en persoon hard in die Weg van Allah strewe nie. Allah het hulle wat so strewe, stap vir stap bo die draadsitters laat uitblink. En aan elkeen het Allah vele gunste belowe. En Allah sal die strewers bó die draadsitters bevoordeel met beloning |
دَرَجَاتٍ مِّنْهُ وَمَغْفِرَةً وَرَحْمَةً ۚ وَكَانَ اللَّهُ غَفُورًا رَّحِيمًا (96) ’n groter vergifnis en barmhartigheid. En Allah is Verge- wensgesind, Genadevol |
إِنَّ الَّذِينَ تَوَفَّاهُمُ الْمَلَائِكَةُ ظَالِمِي أَنفُسِهِمْ قَالُوا فِيمَ كُنتُمْ ۖ قَالُوا كُنَّا مُسْتَضْعَفِينَ فِي الْأَرْضِ ۚ قَالُوا أَلَمْ تَكُنْ أَرْضُ اللَّهِ وَاسِعَةً فَتُهَاجِرُوا فِيهَا ۚ فَأُولَٰئِكَ مَأْوَاهُمْ جَهَنَّمُ ۖ وَسَاءَتْ مَصِيرًا (97) Aangaande hulle wat deur engele ter dood gebring is terwyl hulle aan hulself onreg gedoen het, sal die engele vra: Wat het julle aangevang? Dan sal hulle sê: Ons was swak. Aan hulle sal gesê word: Was Allah se aarde nie ruim genoeg vir julle om daarop te migreer nie? Dit is húlle vir wie die Hel ’n tuiste sal wees ~ en dit is ’n gedoemde eindbestemming |
إِلَّا الْمُسْتَضْعَفِينَ مِنَ الرِّجَالِ وَالنِّسَاءِ وَالْوِلْدَانِ لَا يَسْتَطِيعُونَ حِيلَةً وَلَا يَهْتَدُونَ سَبِيلًا (98) Maar nie die swak mans en vroue en kinders, wat geen middel tot hul beskikking gehad het nie en ook geen ontsnappingsroete kon vind nie |
فَأُولَٰئِكَ عَسَى اللَّهُ أَن يَعْفُوَ عَنْهُمْ ۚ وَكَانَ اللَّهُ عَفُوًّا غَفُورًا (99) Dit mag wees dat Allah hulle sal vergewe, want Allah is Vergewensgesind |
۞ وَمَن يُهَاجِرْ فِي سَبِيلِ اللَّهِ يَجِدْ فِي الْأَرْضِ مُرَاغَمًا كَثِيرًا وَسَعَةً ۚ وَمَن يَخْرُجْ مِن بَيْتِهِ مُهَاجِرًا إِلَى اللَّهِ وَرَسُولِهِ ثُمَّ يُدْرِكْهُ الْمَوْتُ فَقَدْ وَقَعَ أَجْرُهُ عَلَى اللَّهِ ۗ وَكَانَ اللَّهُ غَفُورًا رَّحِيمًا (100) En wie ter wille van Allah moet vlug, sal op aarde maklik ’n herberg vind. En wie sy huis verlaat en Allah en Sy Boodskapper volg, en die dood oorval hom, Allah het sy beloning reeds vasgestel; en Allah is Vergewensgesind, Genadevol |
وَإِذَا ضَرَبْتُمْ فِي الْأَرْضِ فَلَيْسَ عَلَيْكُمْ جُنَاحٌ أَن تَقْصُرُوا مِنَ الصَّلَاةِ إِنْ خِفْتُمْ أَن يَفْتِنَكُمُ الَّذِينَ كَفَرُوا ۚ إِنَّ الْكَافِرِينَ كَانُوا لَكُمْ عَدُوًّا مُّبِينًا (101) En wanneer julle deur die land reis, sal dit vir julle geen sonde wees om die gebed te verkort nie, as julle reken dat die ongelowiges julle leed kan aandoen. Voorwaar, die ongelowiges is julle openlike vyand |
وَإِذَا كُنتَ فِيهِمْ فَأَقَمْتَ لَهُمُ الصَّلَاةَ فَلْتَقُمْ طَائِفَةٌ مِّنْهُم مَّعَكَ وَلْيَأْخُذُوا أَسْلِحَتَهُمْ فَإِذَا سَجَدُوا فَلْيَكُونُوا مِن وَرَائِكُمْ وَلْتَأْتِ طَائِفَةٌ أُخْرَىٰ لَمْ يُصَلُّوا فَلْيُصَلُّوا مَعَكَ وَلْيَأْخُذُوا حِذْرَهُمْ وَأَسْلِحَتَهُمْ ۗ وَدَّ الَّذِينَ كَفَرُوا لَوْ تَغْفُلُونَ عَنْ أَسْلِحَتِكُمْ وَأَمْتِعَتِكُمْ فَيَمِيلُونَ عَلَيْكُم مَّيْلَةً وَاحِدَةً ۚ وَلَا جُنَاحَ عَلَيْكُمْ إِن كَانَ بِكُمْ أَذًى مِّن مَّطَرٍ أَوْ كُنتُم مَّرْضَىٰ أَن تَضَعُوا أَسْلِحَتَكُمْ ۖ وَخُذُوا حِذْرَكُمْ ۗ إِنَّ اللَّهَ أَعَدَّ لِلْكَافِرِينَ عَذَابًا مُّهِينًا (102) En wanneer u10 in hul middde is, en hulle lei in gebed, laat ’n deel van hulle by u staan, en ook hul wapens reghou. En wanneer hulle hul gebedsprostrasie voltooi het, laat hulle agter om u gaan, en laat die ander groep, wat nog nie gebid het nie, vorentoe kom en met u bid, en laat hulle voorsorgmaatreëls tref en ook hul wapens neem. Die ongelowiges begeer dat julle nie ag sal slaan op jul wapens en bagasie nie, sodat hulle julle gesamentlik en plotseling kan oorval. As julle jul wapens opsy lê as dit reën of wanneer julle siek is, sal dit julle nie as sonde gereken word nie, maar tref voorsorg. Voorwaar, Allah het vir die ongelowiges ’n vernederende straf voorberei |
فَإِذَا قَضَيْتُمُ الصَّلَاةَ فَاذْكُرُوا اللَّهَ قِيَامًا وَقُعُودًا وَعَلَىٰ جُنُوبِكُمْ ۚ فَإِذَا اطْمَأْنَنتُمْ فَأَقِيمُوا الصَّلَاةَ ۚ إِنَّ الصَّلَاةَ كَانَتْ عَلَى الْمُؤْمِنِينَ كِتَابًا مَّوْقُوتًا (103) Dus, wanneer julle die gemeentelike gebed voltooi het, dink aan Allah staande, sittend of lê-ende. Maar wanneer julle veilig is, onderhou die gereelde gebed. Gebed is vir die gelowiges voorgeskryf op vasgestelde tye |
وَلَا تَهِنُوا فِي ابْتِغَاءِ الْقَوْمِ ۖ إِن تَكُونُوا تَأْلَمُونَ فَإِنَّهُمْ يَأْلَمُونَ كَمَا تَأْلَمُونَ ۖ وَتَرْجُونَ مِنَ اللَّهِ مَا لَا يَرْجُونَ ۗ وَكَانَ اللَّهُ عَلِيمًا حَكِيمًا (104) En wees nie weekhartig as julle die vyand jag nie. As julle ly, dan ly hulle ook, en julle het hoop van Allah wat hulle nie durf om te hoop nie. En Allah is Alwetend, vol Wysheid |
إِنَّا أَنزَلْنَا إِلَيْكَ الْكِتَابَ بِالْحَقِّ لِتَحْكُمَ بَيْنَ النَّاسِ بِمَا أَرَاكَ اللَّهُ ۚ وَلَا تَكُن لِّلْخَائِنِينَ خَصِيمًا (105) Waarlik, Ons het aan u die Boek wat die waarheid bevat, geopenbaar sodat u tussen die mense reg kan spreek met behulp van wat Allah u geleer het. En wees geen pleitbesorger vir die oneerlikes nie |
وَاسْتَغْفِرِ اللَّهَ ۖ إِنَّ اللَّهَ كَانَ غَفُورًا رَّحِيمًا (106) En vra vergifnis van Allah. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadevol |
وَلَا تُجَادِلْ عَنِ الَّذِينَ يَخْتَانُونَ أَنفُسَهُمْ ۚ إِنَّ اللَّهَ لَا يُحِبُّ مَن كَانَ خَوَّانًا أَثِيمًا (107) En tree nie in die bresse vir hulle wat hul siele onreg aangedoen het nie. Voorwaar, Allah is nie lief vir die verraderlikes en die sondiges is nie |
يَسْتَخْفُونَ مِنَ النَّاسِ وَلَا يَسْتَخْفُونَ مِنَ اللَّهِ وَهُوَ مَعَهُمْ إِذْ يُبَيِّتُونَ مَا لَا يَرْضَىٰ مِنَ الْقَوْلِ ۚ وَكَانَ اللَّهُ بِمَا يَعْمَلُونَ مُحِيطًا (108) Hulle probeer om hulle misdade vir die mense weg te steek, maar vir Allah kan hulle dit nie verberg nie; en Hy is by wanneer hulle snags komplotte smee wat Hom nie behaag nie. En Allah omring altyd alles wat hul doen |
هَا أَنتُمْ هَٰؤُلَاءِ جَادَلْتُمْ عَنْهُمْ فِي الْحَيَاةِ الدُّنْيَا فَمَن يُجَادِلُ اللَّهَ عَنْهُمْ يَوْمَ الْقِيَامَةِ أَم مَّن يَكُونُ عَلَيْهِمْ وَكِيلًا (109) Kyk! Dit is júlle wat in hierdie lewe vir hulle pleit. Maar wie sal op die Opstandingsdag vir hulle by Allah intree, of wie sal as voog oor hulle wees |
وَمَن يَعْمَلْ سُوءًا أَوْ يَظْلِمْ نَفْسَهُ ثُمَّ يَسْتَغْفِرِ اللَّهَ يَجِدِ اللَّهَ غَفُورًا رَّحِيمًا (110) En wie sondig of sy siel onreg aandoen en daarna vir Allah om vergifnis vra, sal Allah Vergewensgesind, Genadevol vind |
وَمَن يَكْسِبْ إِثْمًا فَإِنَّمَا يَكْسِبُهُ عَلَىٰ نَفْسِهِ ۚ وَكَانَ اللَّهُ عَلِيمًا حَكِيمًا (111) En wie ’n sonde begaan, doen dit ten koste van sy eie siel. En Allah is Alwetend, vol Wysheid |
وَمَن يَكْسِبْ خَطِيئَةً أَوْ إِثْمًا ثُمَّ يَرْمِ بِهِ بَرِيئًا فَقَدِ احْتَمَلَ بُهْتَانًا وَإِثْمًا مُّبِينًا (112) En wie ’n fout of ’n sonde begaan en dit dan aan ’n on- skuldige toeskryf, voorwaar, hy neem die skuld van lastering en kwaadwilligheid op homself |
وَلَوْلَا فَضْلُ اللَّهِ عَلَيْكَ وَرَحْمَتُهُ لَهَمَّت طَّائِفَةٌ مِّنْهُمْ أَن يُضِلُّوكَ وَمَا يُضِلُّونَ إِلَّا أَنفُسَهُمْ ۖ وَمَا يَضُرُّونَكَ مِن شَيْءٍ ۚ وَأَنزَلَ اللَّهُ عَلَيْكَ الْكِتَابَ وَالْحِكْمَةَ وَعَلَّمَكَ مَا لَمْ تَكُن تَعْلَمُ ۚ وَكَانَ فَضْلُ اللَّهِ عَلَيْكَ عَظِيمًا (113) En was dit nie vir die goedertierenheid van Allah, en Sy genade nie, sou hulle al besluit het om u te vernietig. Maar hulle vernietig niemand anders as hulle self nie, en hulle kan u geheel en al geen skade berokken nie. En Allah het aan u die Boek en die Wysheid geopenbaar, en u onderrig in wat u nie geweet het nie; en Allah se goedertierenheid oor u is baie groot |
۞ لَّا خَيْرَ فِي كَثِيرٍ مِّن نَّجْوَاهُمْ إِلَّا مَنْ أَمَرَ بِصَدَقَةٍ أَوْ مَعْرُوفٍ أَوْ إِصْلَاحٍ بَيْنَ النَّاسِ ۚ وَمَن يَفْعَلْ ذَٰلِكَ ابْتِغَاءَ مَرْضَاتِ اللَّهِ فَسَوْفَ نُؤْتِيهِ أَجْرًا عَظِيمًا (114) Daar word niks goeds gebore uit die geheime beraadslaging van huigelaars nie, maar wel uit hom wat liefdadigheid of goedheid bevorder en die mense tot vrede aanspoor. En wie dít doen en na die welbehae van Allah soek, hom sal Ons ryklik beloon |
وَمَن يُشَاقِقِ الرَّسُولَ مِن بَعْدِ مَا تَبَيَّنَ لَهُ الْهُدَىٰ وَيَتَّبِعْ غَيْرَ سَبِيلِ الْمُؤْمِنِينَ نُوَلِّهِ مَا تَوَلَّىٰ وَنُصْلِهِ جَهَنَّمَ ۖ وَسَاءَتْ مَصِيرًا (115) En wie vyandig teen die Boodskapper optree nadat sy leiding vir hom duidelik geword het en ’n ander weg as die gelowiges inslaan, Ons sal hom sy eie sin laat volg, en Ons sal hom in die Hel werp. Dit is ’n gedoemde bestemming |
إِنَّ اللَّهَ لَا يَغْفِرُ أَن يُشْرَكَ بِهِ وَيَغْفِرُ مَا دُونَ ذَٰلِكَ لِمَن يَشَاءُ ۚ وَمَن يُشْرِكْ بِاللَّهِ فَقَدْ ضَلَّ ضَلَالًا بَعِيدًا (116) Voorwaar, Allah vergewe dit nie as iets aan Hom gelykgestel word nie, maar behalwe dít vergeef Hy wie Hy wil. En wie iets aan Allah gelykstel, het inderdaad ver afgedwaal |
إِن يَدْعُونَ مِن دُونِهِ إِلَّا إِنَاثًا وَإِن يَدْعُونَ إِلَّا شَيْطَانًا مَّرِيدًا (117) Wie iets anders as Hy aanbid, aanbid lewelose dinge, en hulle aanbid niemand anders as die opstandige Satan nie |
لَّعَنَهُ اللَّهُ ۘ وَقَالَ لَأَتَّخِذَنَّ مِنْ عِبَادِكَ نَصِيبًا مَّفْرُوضًا (118) vir wie Allah vervloek het. En hy11 het gesê: Ek sal voorwaar ’n gedeelte van u dienaars mislei |
وَلَأُضِلَّنَّهُمْ وَلَأُمَنِّيَنَّهُمْ وَلَآمُرَنَّهُمْ فَلَيُبَتِّكُنَّ آذَانَ الْأَنْعَامِ وَلَآمُرَنَّهُمْ فَلَيُغَيِّرُنَّ خَلْقَ اللَّهِ ۚ وَمَن يَتَّخِذِ الشَّيْطَانَ وَلِيًّا مِّن دُونِ اللَّهِ فَقَدْ خَسِرَ خُسْرَانًا مُّبِينًا (119) en ek sal hulle sekerlik laat dwaal en ydele begeertes in hulle opwek, en hulle aanhits om die ore van die vee te keep,12 en hulle aanspoor om die skepping van Allah te verderf. En wie die duiwel as vriend neem, en Allah verloën, sal sekerlik ’n sigbare verlies ly |
يَعِدُهُمْ وَيُمَنِّيهِمْ ۖ وَمَا يَعِدُهُمُ الشَّيْطَانُ إِلَّا غُرُورًا (120) Hy maak beloftes aan hulle, en wek in hulle ydele begeertes. En wat die duiwel belowe, is niks anders as bedrog nie |
أُولَٰئِكَ مَأْوَاهُمْ جَهَنَّمُ وَلَا يَجِدُونَ عَنْهَا مَحِيصًا (121) Dit is húlle wat in die Hel sal woon, en hulle sal daaruit nie kan ontsnap nie |
وَالَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ سَنُدْخِلُهُمْ جَنَّاتٍ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا أَبَدًا ۖ وَعْدَ اللَّهِ حَقًّا ۚ وَمَنْ أَصْدَقُ مِنَ اللَّهِ قِيلًا (122) En hulle wat glo en goeie dade doen, sal ons laat ingaan in die Tuine waardeur riviere vloei, om daar vir ewig te woon. Allah kom Sy beloftes na. en wie se woord is meer waar as Allah s’n |
لَّيْسَ بِأَمَانِيِّكُمْ وَلَا أَمَانِيِّ أَهْلِ الْكِتَابِ ۗ مَن يَعْمَلْ سُوءًا يُجْزَ بِهِ وَلَا يَجِدْ لَهُ مِن دُونِ اللَّهِ وَلِيًّا وَلَا نَصِيرًا (123) Dit sal nie na julle13 ydele smaak wees nie, en ook nie na die ydele smaak van die Mense van die Boek nie. Wie kwaad doen, sal daarvoor gestraf word, en hy sal geen vriend of helper behalwe Allah vind nie |
وَمَن يَعْمَلْ مِنَ الصَّالِحَاتِ مِن ذَكَرٍ أَوْ أُنثَىٰ وَهُوَ مُؤْمِنٌ فَأُولَٰئِكَ يَدْخُلُونَ الْجَنَّةَ وَلَا يُظْلَمُونَ نَقِيرًا (124) Maar wie goeie werke verrig, hetsy man of vrou, en ’n gelowige is ~ dit is húlle wat die Hemel sal binnegaan, en hulle sal nie die geringste onreg aangedoen word nie |
وَمَنْ أَحْسَنُ دِينًا مِّمَّنْ أَسْلَمَ وَجْهَهُ لِلَّهِ وَهُوَ مُحْسِنٌ وَاتَّبَعَ مِلَّةَ إِبْرَاهِيمَ حَنِيفًا ۗ وَاتَّخَذَ اللَّهُ إِبْرَاهِيمَ خَلِيلًا (125) En wie is ’n groter gelowige as hy wat homself onvoorwaardelik aan Allah onderwerp, en wat goed doen aan sy naaste, en die godsdiens van Abraham, die opregte, volg? En Allah het vir Abraham in vriendskap geneem |
وَلِلَّهِ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَمَا فِي الْأَرْضِ ۚ وَكَانَ اللَّهُ بِكُلِّ شَيْءٍ مُّحِيطًا (126) En aan Allah behoort alles wat in die hemel en op die aarde is. En Allah omvat alle dinge |
وَيَسْتَفْتُونَكَ فِي النِّسَاءِ ۖ قُلِ اللَّهُ يُفْتِيكُمْ فِيهِنَّ وَمَا يُتْلَىٰ عَلَيْكُمْ فِي الْكِتَابِ فِي يَتَامَى النِّسَاءِ اللَّاتِي لَا تُؤْتُونَهُنَّ مَا كُتِبَ لَهُنَّ وَتَرْغَبُونَ أَن تَنكِحُوهُنَّ وَالْمُسْتَضْعَفِينَ مِنَ الْوِلْدَانِ وَأَن تَقُومُوا لِلْيَتَامَىٰ بِالْقِسْطِ ۚ وَمَا تَفْعَلُوا مِنْ خَيْرٍ فَإِنَّ اللَّهَ كَانَ بِهِ عَلِيمًا (127) En hulle14 vra u regspraak aangaande vroue. Sê: Allah gee julle Sy uitspraak oor hulle; tesame met wat aan julle in die Boek15 geopenbaar is oor die weduwees ~ aan wie julle nie soveel gee as wat voorgeskryf is nie, terwyl julle nie van voornemens is om met hulle in die huwelik te tree nie, ~ en ook oor die swakkes tussen die kinders, en dat julle die weeskind regverdig moet behandel. En watter weldaad julle ook verrig, voorwaar, Allah weet daarvan |
وَإِنِ امْرَأَةٌ خَافَتْ مِن بَعْلِهَا نُشُوزًا أَوْ إِعْرَاضًا فَلَا جُنَاحَ عَلَيْهِمَا أَن يُصْلِحَا بَيْنَهُمَا صُلْحًا ۚ وَالصُّلْحُ خَيْرٌ ۗ وَأُحْضِرَتِ الْأَنفُسُ الشُّحَّ ۚ وَإِن تُحْسِنُوا وَتَتَّقُوا فَإِنَّ اللَّهَ كَانَ بِمَا تَعْمَلُونَ خَبِيرًا (128) As ’n vrou mishandeling of skeiding van haar man vrees, sal hulle sonder blaam wees as hulle na ’n versoening streef. En ’n versoening is verkiesliker. En gierigheid ontstaan in die gedagte. En as julle goed doen aan ander en Allah vrees, dan is Allah waarlik goed ingelig oor julle dade |
وَلَن تَسْتَطِيعُوا أَن تَعْدِلُوا بَيْنَ النِّسَاءِ وَلَوْ حَرَصْتُمْ ۖ فَلَا تَمِيلُوا كُلَّ الْمَيْلِ فَتَذَرُوهَا كَالْمُعَلَّقَةِ ۚ وَإِن تُصْلِحُوا وَتَتَّقُوا فَإِنَّ اللَّهَ كَانَ غَفُورًا رَّحِيمًا (129) En julle kan geen gelykheid tussen vroue handhaaf nie, hoe graag julle ook al wil. Maar keer nie een van hulle die rug toe sodat julle haar in onsekerheid laat nie. En as julle ’n versoening bewerk en Allah vrees, dan is Allah voorwaar Vergewensgesind, Genadevol |
وَإِن يَتَفَرَّقَا يُغْنِ اللَّهُ كُلًّا مِّن سَعَتِهِ ۚ وَكَانَ اللَّهُ وَاسِعًا حَكِيمًا (130) En as hulle van mekaar skei, dan sal Allah albei deur Sy oorvloed onafhanklik maak. Allah is Barmhartig, vol Wysheid |
وَلِلَّهِ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَمَا فِي الْأَرْضِ ۗ وَلَقَدْ وَصَّيْنَا الَّذِينَ أُوتُوا الْكِتَابَ مِن قَبْلِكُمْ وَإِيَّاكُمْ أَنِ اتَّقُوا اللَّهَ ۚ وَإِن تَكْفُرُوا فَإِنَّ لِلَّهِ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَمَا فِي الْأَرْضِ ۚ وَكَانَ اللَّهُ غَنِيًّا حَمِيدًا (131) En aan Allah behoort alles wat in die hemel en op die aarde is. Ons het die mense van die Boek vóór julle en ook júlle beveel om My te vrees. En indien julle nie glo nie ~ voorwaar, aan Allah behoort alles wat in die hemel en op die aarde is. En Allah is Selfgenoegsaam, Lofwaardig |
وَلِلَّهِ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَمَا فِي الْأَرْضِ ۚ وَكَفَىٰ بِاللَّهِ وَكِيلًا (132) En aan Allah behoort alles wat in die hemel en op die aarde is. En Allah is ’n uitnemende Voog |
إِن يَشَأْ يُذْهِبْكُمْ أَيُّهَا النَّاسُ وَيَأْتِ بِآخَرِينَ ۚ وَكَانَ اللَّهُ عَلَىٰ ذَٰلِكَ قَدِيرًا (133) As dit Hom behaag, kan Hy julle, o volk, wegneem, en ander in julle plek stel. En Allah het al die mag om dit te doen |
مَّن كَانَ يُرِيدُ ثَوَابَ الدُّنْيَا فَعِندَ اللَّهِ ثَوَابُ الدُّنْيَا وَالْآخِرَةِ ۚ وَكَانَ اللَّهُ سَمِيعًا بَصِيرًا (134) Wie die beloning van hierdie wêreld verlang ~ by Allah is die beloning van hierdie sowel as die toekomende wêreld. En Allah is Alhorend Alsiende |
۞ يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا كُونُوا قَوَّامِينَ بِالْقِسْطِ شُهَدَاءَ لِلَّهِ وَلَوْ عَلَىٰ أَنفُسِكُمْ أَوِ الْوَالِدَيْنِ وَالْأَقْرَبِينَ ۚ إِن يَكُنْ غَنِيًّا أَوْ فَقِيرًا فَاللَّهُ أَوْلَىٰ بِهِمَا ۖ فَلَا تَتَّبِعُوا الْهَوَىٰ أَن تَعْدِلُوا ۚ وَإِن تَلْوُوا أَوْ تُعْرِضُوا فَإِنَّ اللَّهَ كَانَ بِمَا تَعْمَلُونَ خَبِيرًا (135) O julle gelowiges! Wees voorstanders van geregtigheid, getuies vir Allah, selfs al is dit tot skade van julle of julle ouers of julle verwante ~ ongeag of hulle ryk of arm is; Allah verlang van die ryk persoon net soveel as van die behoeftige. Volg nie julle begeertes sodat julle afdwaal nie. En indien julle die waarheid verdraai of daarvan afwyk, dan is Allah nog steeds bewus van julle dade |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا آمِنُوا بِاللَّهِ وَرَسُولِهِ وَالْكِتَابِ الَّذِي نَزَّلَ عَلَىٰ رَسُولِهِ وَالْكِتَابِ الَّذِي أَنزَلَ مِن قَبْلُ ۚ وَمَن يَكْفُرْ بِاللَّهِ وَمَلَائِكَتِهِ وَكُتُبِهِ وَرُسُلِهِ وَالْيَوْمِ الْآخِرِ فَقَدْ ضَلَّ ضَلَالًا بَعِيدًا (136) O julle gelowiges! Glo in Allah en Sy Boodskapper en die Boek wat Hy aan Sy Boodskapper geopenbaar het. En wie nie in Allah, en Sy engele, en Sy Boeke en Sy boodskappers en die Laaste Dag glo nie, het voorwaar vér afgedwaal |
إِنَّ الَّذِينَ آمَنُوا ثُمَّ كَفَرُوا ثُمَّ آمَنُوا ثُمَّ كَفَرُوا ثُمَّ ازْدَادُوا كُفْرًا لَّمْ يَكُنِ اللَّهُ لِيَغْفِرَ لَهُمْ وَلَا لِيَهْدِيَهُمْ سَبِيلًا (137) Hulle wat eers glo en dan die geloof verwerp, en dit daarna weer aanneem en weer eens verwerp, en daarna in ongeloof toeneem, vir hulle sal Allah nie vergewe nie, ook nie na die regte weg lei nie |
بَشِّرِ الْمُنَافِقِينَ بِأَنَّ لَهُمْ عَذَابًا أَلِيمًا (138) Vertel aan die huigelaars dat daar op hulle ’n smartlike straf wag |
الَّذِينَ يَتَّخِذُونَ الْكَافِرِينَ أَوْلِيَاءَ مِن دُونِ الْمُؤْمِنِينَ ۚ أَيَبْتَغُونَ عِندَهُمُ الْعِزَّةَ فَإِنَّ الْعِزَّةَ لِلَّهِ جَمِيعًا (139) hulle wat die ongelowiges in plaas van die gelowiges as vriende neem. Soek hulle mag by húlle? Voorwaar, alle mag behoort aan Allah |
وَقَدْ نَزَّلَ عَلَيْكُمْ فِي الْكِتَابِ أَنْ إِذَا سَمِعْتُمْ آيَاتِ اللَّهِ يُكْفَرُ بِهَا وَيُسْتَهْزَأُ بِهَا فَلَا تَقْعُدُوا مَعَهُمْ حَتَّىٰ يَخُوضُوا فِي حَدِيثٍ غَيْرِهِ ۚ إِنَّكُمْ إِذًا مِّثْلُهُمْ ۗ إِنَّ اللَّهَ جَامِعُ الْمُنَافِقِينَ وَالْكَافِرِينَ فِي جَهَنَّمَ جَمِيعًا (140) Hy het reeds in die Boek16 aan julle geopenbaar dat wanneer julle hoor dat die tekens van Allah bespot word, julle nie saam met die spotters mag sit nie, behalwe as hulle die gesprek verander, anders sal julle saam met hulle gereken word. Voorwaar, Allah sal die huigelaars en ongelowiges in die Hel bymekaar bring |
الَّذِينَ يَتَرَبَّصُونَ بِكُمْ فَإِن كَانَ لَكُمْ فَتْحٌ مِّنَ اللَّهِ قَالُوا أَلَمْ نَكُن مَّعَكُمْ وَإِن كَانَ لِلْكَافِرِينَ نَصِيبٌ قَالُوا أَلَمْ نَسْتَحْوِذْ عَلَيْكُمْ وَنَمْنَعْكُم مِّنَ الْمُؤْمِنِينَ ۚ فَاللَّهُ يَحْكُمُ بَيْنَكُمْ يَوْمَ الْقِيَامَةِ ۗ وَلَن يَجْعَلَ اللَّهُ لِلْكَافِرِينَ عَلَى الْمُؤْمِنِينَ سَبِيلًا (141) hulle wat wag dat ongelukke julle tref. Verleen Allah ’n oorwinning aan julle, sê hulle: Was ons nie saam met julle nie? En as daar ’n kans vir die ongelowiges was, dan sê hulle: Het ons nie die oorhand oor julle gekry en julle teen ongelowiges beskerm nie? Daarom sal Allah op die Opstandingsdag tussen julle oordeel, en Hy sal die ongelowiges nie oor die gelowiges laat seëvier nie |
إِنَّ الْمُنَافِقِينَ يُخَادِعُونَ اللَّهَ وَهُوَ خَادِعُهُمْ وَإِذَا قَامُوا إِلَى الصَّلَاةِ قَامُوا كُسَالَىٰ يُرَاءُونَ النَّاسَ وَلَا يَذْكُرُونَ اللَّهَ إِلَّا قَلِيلًا (142) Die huigelaars probeer om Allah te bedrieg, maar hulle sal vir hulle bedrog gestraf word. En wanneer hulle vir die gebed opstaan, dan staan hulle traag op ~ hulle doen dit slegs om deur die mense gesien te word en dink maar min aan Allah |
مُّذَبْذَبِينَ بَيْنَ ذَٰلِكَ لَا إِلَىٰ هَٰؤُلَاءِ وَلَا إِلَىٰ هَٰؤُلَاءِ ۚ وَمَن يُضْلِلِ اللَّهُ فَلَن تَجِدَ لَهُ سَبِيلًا (143) weifelend tussen dít of dat ~ en behoort nóg aan hierdie, nóg aan daardie. En diegene vir wie Allah veroorsaak om af te dwaal, vir daardie persoon sal julle geen uitweg vind nie |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تَتَّخِذُوا الْكَافِرِينَ أَوْلِيَاءَ مِن دُونِ الْمُؤْمِنِينَ ۚ أَتُرِيدُونَ أَن تَجْعَلُوا لِلَّهِ عَلَيْكُمْ سُلْطَانًا مُّبِينًا (144) O julle wat glo! Verkies nie die ongelowiges as vriende bó die gelowiges nie. Wil julle Allah ’n duidelike bewys téén julself gee |
إِنَّ الْمُنَافِقِينَ فِي الدَّرْكِ الْأَسْفَلِ مِنَ النَّارِ وَلَن تَجِدَ لَهُمْ نَصِيرًا (145) Die huigelaars is voorwaar in die diepste kuil van vuur en vir hulle sal julle geen helpers vind nie |
إِلَّا الَّذِينَ تَابُوا وَأَصْلَحُوا وَاعْتَصَمُوا بِاللَّهِ وَأَخْلَصُوا دِينَهُمْ لِلَّهِ فَأُولَٰئِكَ مَعَ الْمُؤْمِنِينَ ۖ وَسَوْفَ يُؤْتِ اللَّهُ الْمُؤْمِنِينَ أَجْرًا عَظِيمًا (146) behalwe wanneer hulle berou het en hulself verbeter, en aan Allah vashou en opreg is in hulle gehoorsaamheid aan Allah ~ sulkes is sáám met die gelowiges. En Allah sal aan die gelowiges weldra ’n buitengewone beloning gee |
مَّا يَفْعَلُ اللَّهُ بِعَذَابِكُمْ إِن شَكَرْتُمْ وَآمَنتُمْ ۚ وَكَانَ اللَّهُ شَاكِرًا عَلِيمًا (147) Waarom sal Allah julle dan straf as julle dankbaar is en glo? En Allah is die ewige Vermenigvuldiger van Belonings, Alwetend |
۞ لَّا يُحِبُّ اللَّهُ الْجَهْرَ بِالسُّوءِ مِنَ الْقَوْلِ إِلَّا مَن ظُلِمَ ۚ وَكَانَ اللَّهُ سَمِيعًا عَلِيمًا (148) Allah hou nie van beledigende taal in die openbaar nie, behalwe deur iemand wat onreg aangedoen word; en Allah is Alhorend, Alwetend |
إِن تُبْدُوا خَيْرًا أَوْ تُخْفُوهُ أَوْ تَعْفُوا عَن سُوءٍ فَإِنَّ اللَّهَ كَانَ عَفُوًّا قَدِيرًا (149) Of julle openlik of in die geheim goed doen, of kwaad vergewe, voorwaar, Allah is altyd Vergewend, Almagtig |
إِنَّ الَّذِينَ يَكْفُرُونَ بِاللَّهِ وَرُسُلِهِ وَيُرِيدُونَ أَن يُفَرِّقُوا بَيْنَ اللَّهِ وَرُسُلِهِ وَيَقُولُونَ نُؤْمِنُ بِبَعْضٍ وَنَكْفُرُ بِبَعْضٍ وَيُرِيدُونَ أَن يَتَّخِذُوا بَيْنَ ذَٰلِكَ سَبِيلًا (150) Diegene wat Allah en Sy Boodskapper verwerp en ’n onderskeid wil maak tussen Allah en Sy boodskappers, en sê: Ons glo in sommige maar nie in ander nie, en ’n middeweg wil volg |
أُولَٰئِكَ هُمُ الْكَافِرُونَ حَقًّا ۚ وَأَعْتَدْنَا لِلْكَافِرِينَ عَذَابًا مُّهِينًا (151) hulle is waarlik ongelowiges, en vir die ongelowiges het Ons ’n vernederende straf berei |
وَالَّذِينَ آمَنُوا بِاللَّهِ وَرُسُلِهِ وَلَمْ يُفَرِّقُوا بَيْنَ أَحَدٍ مِّنْهُمْ أُولَٰئِكَ سَوْفَ يُؤْتِيهِمْ أُجُورَهُمْ ۗ وَكَانَ اللَّهُ غَفُورًا رَّحِيمًا (152) En diegene wat in Allah en in Sy boodskappers glo, en geen onderskeid tussen enige van hulle maak nie, aan hulle sal Hy ’n beloning toeken. Allah is Vergewensgesind, Genadevol |
يَسْأَلُكَ أَهْلُ الْكِتَابِ أَن تُنَزِّلَ عَلَيْهِمْ كِتَابًا مِّنَ السَّمَاءِ ۚ فَقَدْ سَأَلُوا مُوسَىٰ أَكْبَرَ مِن ذَٰلِكَ فَقَالُوا أَرِنَا اللَّهَ جَهْرَةً فَأَخَذَتْهُمُ الصَّاعِقَةُ بِظُلْمِهِمْ ۚ ثُمَّ اتَّخَذُوا الْعِجْلَ مِن بَعْدِ مَا جَاءَتْهُمُ الْبَيِّنَاتُ فَعَفَوْنَا عَن ذَٰلِكَ ۚ وَآتَيْنَا مُوسَىٰ سُلْطَانًا مُّبِينًا (153) Die Mense van die Boek vra u om vir hulle ’n Boek uit die hemel te laat neerdaal; tog het hulle van Moses iets groter gevra, want hulle het gesê: Toon Allah aan ons. Toe het ’n verbryselende straf hulle getref vanweë hul oortredinge. Toe het hulle, nadat duidelike bewyse aan hulle getoon is, ’n kalf as god geneem; tog het Ons dit vergewe. En Ons het aan Moses duidelike gesag verleen |
وَرَفَعْنَا فَوْقَهُمُ الطُّورَ بِمِيثَاقِهِمْ وَقُلْنَا لَهُمُ ادْخُلُوا الْبَابَ سُجَّدًا وَقُلْنَا لَهُمْ لَا تَعْدُوا فِي السَّبْتِ وَأَخَذْنَا مِنْهُم مِّيثَاقًا غَلِيظًا (154) En tydens die verbond het Ons die berg hoog bo hulle verhef, en gesê: Gaan die poort ootmoedig binne. En Ons het aan hulle gesê: Onteer die Sabbat nie; en Ons het ’n vaste verbond met hulle gesluit |
فَبِمَا نَقْضِهِم مِّيثَاقَهُمْ وَكُفْرِهِم بِآيَاتِ اللَّهِ وَقَتْلِهِمُ الْأَنبِيَاءَ بِغَيْرِ حَقٍّ وَقَوْلِهِمْ قُلُوبُنَا غُلْفٌ ۚ بَلْ طَبَعَ اللَّهُ عَلَيْهَا بِكُفْرِهِمْ فَلَا يُؤْمِنُونَ إِلَّا قَلِيلًا (155) Weens hulle skending van die verbond, en hulle ongeloof in die tekens van Allah, en omdat hulle die profete sonder rede dood- gemaak het, en omdat hulle sê: Ons harte is gesluier ~ nee, Allah het dit verseël vanwee hulle ongeloof; daarom glo hulle maar min |
وَبِكُفْرِهِمْ وَقَوْلِهِمْ عَلَىٰ مَرْيَمَ بُهْتَانًا عَظِيمًا (156) en om hulle ongeloof en hul kwaadaardige laster teen Maria |
وَقَوْلِهِمْ إِنَّا قَتَلْنَا الْمَسِيحَ عِيسَى ابْنَ مَرْيَمَ رَسُولَ اللَّهِ وَمَا قَتَلُوهُ وَمَا صَلَبُوهُ وَلَٰكِن شُبِّهَ لَهُمْ ۚ وَإِنَّ الَّذِينَ اخْتَلَفُوا فِيهِ لَفِي شَكٍّ مِّنْهُ ۚ مَا لَهُم بِهِ مِنْ عِلْمٍ إِلَّا اتِّبَاعَ الظَّنِّ ۚ وَمَا قَتَلُوهُ يَقِينًا (157) en omdat hulle sê: Ons het die Messias, Jesus, die seun van Maria, die boodskapper van Allah, omgebring ~ en hulle het hom nie gedood nie, en ook nie tot die dood toe gekruisig nie, maar dit het vir hulle gelyk asof dit so is. En hulle wat hieroor verskil, twyfel voorwaar daaraan. Hulle het geen kennis daaromtrent nie, maar volg slegs ’n vermoede, en hulle het hom beslis nie doodgemaak nie |
بَل رَّفَعَهُ اللَّهُ إِلَيْهِ ۚ وَكَانَ اللَّهُ عَزِيزًا حَكِيمًا (158) nee, Allah het hom opgehef tot Homself, en Allah is Almagtig in krag en wysheid |
وَإِن مِّنْ أَهْلِ الْكِتَابِ إِلَّا لَيُؤْمِنَنَّ بِهِ قَبْلَ مَوْتِهِ ۖ وَيَوْمَ الْقِيَامَةِ يَكُونُ عَلَيْهِمْ شَهِيدًا (159) Daar is niemand van die Mense van die Boek nie, maar wat sal moet in hom glo voor sy dood |
فَبِظُلْمٍ مِّنَ الَّذِينَ هَادُوا حَرَّمْنَا عَلَيْهِمْ طَيِّبَاتٍ أُحِلَّتْ لَهُمْ وَبِصَدِّهِمْ عَن سَبِيلِ اللَّهِ كَثِيرًا (160) Weens die ongeregtigheid van die Jode het Ons hulle die goeie dinge verbied wat Ons hulle voorheen vergun het; en ook omdat hulle die mense van die weg van Allah weerhou het |
وَأَخْذِهِمُ الرِّبَا وَقَدْ نُهُوا عَنْهُ وَأَكْلِهِمْ أَمْوَالَ النَّاسِ بِالْبَاطِلِ ۚ وَأَعْتَدْنَا لِلْكَافِرِينَ مِنْهُمْ عَذَابًا أَلِيمًا (161) En omdat hulle woekerwins neem ~ ofskoon dit hulle verbied was ~ en om hulle onregverdige verorbering van die rykdom van mense. En vir die ongelowiges tussen hulle het Ons ’n smartlike kastyding voorberei |
لَّٰكِنِ الرَّاسِخُونَ فِي الْعِلْمِ مِنْهُمْ وَالْمُؤْمِنُونَ يُؤْمِنُونَ بِمَا أُنزِلَ إِلَيْكَ وَمَا أُنزِلَ مِن قَبْلِكَ ۚ وَالْمُقِيمِينَ الصَّلَاةَ ۚ وَالْمُؤْتُونَ الزَّكَاةَ وَالْمُؤْمِنُونَ بِاللَّهِ وَالْيَوْمِ الْآخِرِ أُولَٰئِكَ سَنُؤْتِيهِمْ أَجْرًا عَظِيمًا (162) Maar húlle wat kennis dra, en die gelowiges, glo in dit wat aan u geopenbaar is, en in dít wat vóór u geopenbaar is, en so ook hulle wat die gereelde gebed onderhou en die Zakaat18 betaal, en in Allah en aan die Laaste Dag glo ~ aan hulle sal Ons ’n groot beloning gee |
۞ إِنَّا أَوْحَيْنَا إِلَيْكَ كَمَا أَوْحَيْنَا إِلَىٰ نُوحٍ وَالنَّبِيِّينَ مِن بَعْدِهِ ۚ وَأَوْحَيْنَا إِلَىٰ إِبْرَاهِيمَ وَإِسْمَاعِيلَ وَإِسْحَاقَ وَيَعْقُوبَ وَالْأَسْبَاطِ وَعِيسَىٰ وَأَيُّوبَ وَيُونُسَ وَهَارُونَ وَسُلَيْمَانَ ۚ وَآتَيْنَا دَاوُودَ زَبُورًا (163) Voorwaar, Ons het aan u geopenbaar soos Ons aan Noag en die profete ná hom geopenbaar het; en aan Abraham en Ismael, en Isak en Jakob en die volkstamme en aan Jesus en Job en Jona en Aäron en Salo-mo het Ons geopenbaar, en aan Dawid het Ons die psalms gegee |
وَرُسُلًا قَدْ قَصَصْنَاهُمْ عَلَيْكَ مِن قَبْلُ وَرُسُلًا لَّمْ نَقْصُصْهُمْ عَلَيْكَ ۚ وَكَلَّمَ اللَّهُ مُوسَىٰ تَكْلِيمًا (164) En van sommige Boodskappers het Ons julle vertel, terwyl Ons julle nie vertel het van ander nie, en tot Moses het Allah direk gepraat |
رُّسُلًا مُّبَشِّرِينَ وَمُنذِرِينَ لِئَلَّا يَكُونَ لِلنَّاسِ عَلَى اللَّهِ حُجَّةٌ بَعْدَ الرُّسُلِ ۚ وَكَانَ اللَّهُ عَزِيزًا حَكِيمًا (165) boodskappers wat blye tyding bring en ook waarsku, sodat die mense nie teen Allah sal murmureer ná die koms van die boodskappers nie. En Allah is Almagtig, vol Wysheid |
لَّٰكِنِ اللَّهُ يَشْهَدُ بِمَا أَنزَلَ إِلَيْكَ ۖ أَنزَلَهُ بِعِلْمِهِ ۖ وَالْمَلَائِكَةُ يَشْهَدُونَ ۚ وَكَفَىٰ بِاللَّهِ شَهِيدًا (166) Maar Allah getuig dat wat Hy aan u geopenbaar het, Hy deur Sy kennis geopenbaar het, en die engele getuig ook so. En Allah is die beste Getuie |
إِنَّ الَّذِينَ كَفَرُوا وَصَدُّوا عَن سَبِيلِ اللَّهِ قَدْ ضَلُّوا ضَلَالًا بَعِيدًا (167) Hulle wat nie glo nie en wat ander van die weg van Allah afhou, het inderdaad ver afgedwaal |
إِنَّ الَّذِينَ كَفَرُوا وَظَلَمُوا لَمْ يَكُنِ اللَّهُ لِيَغْفِرَ لَهُمْ وَلَا لِيَهْدِيَهُمْ طَرِيقًا (168) Hulle wat nie glo nie en wat onregverdig handel, sal nooit deur Allah vergewe word nie, en Hy sal hulle nooit na ’n pad toe lei nie |
إِلَّا طَرِيقَ جَهَنَّمَ خَالِدِينَ فِيهَا أَبَدًا ۚ وَكَانَ ذَٰلِكَ عَلَى اللَّهِ يَسِيرًا (169) behalwe die pad tot die Hel sodat hulle lank daarin kan vertoef. En vir Allah is dít maklik |
يَا أَيُّهَا النَّاسُ قَدْ جَاءَكُمُ الرَّسُولُ بِالْحَقِّ مِن رَّبِّكُمْ فَآمِنُوا خَيْرًا لَّكُمْ ۚ وَإِن تَكْفُرُوا فَإِنَّ لِلَّهِ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۚ وَكَانَ اللَّهُ عَلِيمًا حَكِيمًا (170) O mensdom! Die Boodskapper het waarlik met die waarheid van jul Heer na julle gekom, daarom moet julle glo; dit sal vir julle beter wees. Maar as julle nie glo nie, voorwaar, aan Allah behoort alles wat in die hemel en op die aarde is. En Allah is Alwetend, vol Wysheid |
يَا أَهْلَ الْكِتَابِ لَا تَغْلُوا فِي دِينِكُمْ وَلَا تَقُولُوا عَلَى اللَّهِ إِلَّا الْحَقَّ ۚ إِنَّمَا الْمَسِيحُ عِيسَى ابْنُ مَرْيَمَ رَسُولُ اللَّهِ وَكَلِمَتُهُ أَلْقَاهَا إِلَىٰ مَرْيَمَ وَرُوحٌ مِّنْهُ ۖ فَآمِنُوا بِاللَّهِ وَرُسُلِهِ ۖ وَلَا تَقُولُوا ثَلَاثَةٌ ۚ انتَهُوا خَيْرًا لَّكُمْ ۚ إِنَّمَا اللَّهُ إِلَٰهٌ وَاحِدٌ ۖ سُبْحَانَهُ أَن يَكُونَ لَهُ وَلَدٌ ۘ لَّهُ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَمَا فِي الْأَرْضِ ۗ وَكَفَىٰ بِاللَّهِ وَكِيلًا (171) O Mense van die Boek! Moenie die bepalinge van julle godsdiens verontagsaam nie, en sê niks anders van Allah as die waarheid nie. Die Messias, Jesus, die seun van Maria, is slegs ’n boodskapper van Allah en van Sy woord wat Hy as ’n genadegawe van Hom aan Maria gegee het. Glo daarom in Allah en Sy boodskappers. En sê nie: Drie-enige, nie; maar staak dit; dit is vir julle beter. Allah is ’n enkele God. Dit is ver van Sy heiligheid dat Hy ’n seun sou hê. Aan Hom behoort wat in die hemel en op die aarde is. En Allah is die groot Bewaarder van Alles |
لَّن يَسْتَنكِفَ الْمَسِيحُ أَن يَكُونَ عَبْدًا لِّلَّهِ وَلَا الْمَلَائِكَةُ الْمُقَرَّبُونَ ۚ وَمَن يَسْتَنكِفْ عَنْ عِبَادَتِهِ وَيَسْتَكْبِرْ فَسَيَحْشُرُهُمْ إِلَيْهِ جَمِيعًا (172) Die Messias ag dit nie benede hom om ’n dienaar van Allah te wees nie, en so ook nie die engele wat naby Hom is nie. En wie Sy diens minag en hoogmoedig is, Hy sal hulle almal versamel en voor Hom bring |
فَأَمَّا الَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ فَيُوَفِّيهِمْ أُجُورَهُمْ وَيَزِيدُهُم مِّن فَضْلِهِ ۖ وَأَمَّا الَّذِينَ اسْتَنكَفُوا وَاسْتَكْبَرُوا فَيُعَذِّبُهُمْ عَذَابًا أَلِيمًا وَلَا يَجِدُونَ لَهُم مِّن دُونِ اللَّهِ وَلِيًّا وَلَا نَصِيرًا (173) Maar hulle wat glo en goeie dade doen, sal hul beloning ten volle van Hom ontvang, en uit Sy oorvloed nog meer. Maar hulle wat dit versmaai en hoogmoedig is, sal Hy met ’n smartlike kastyding bestraf. En hulle sal buiten Allah nóg vriend nóg helper vind |
يَا أَيُّهَا النَّاسُ قَدْ جَاءَكُم بُرْهَانٌ مِّن رَّبِّكُمْ وَأَنزَلْنَا إِلَيْكُمْ نُورًا مُّبِينًا (174) O mense! Tot julle het inderdaad ’n duidelike bewys van julle Heer gekom; en Ons het ’n helder lig vir julle neergestuur |
فَأَمَّا الَّذِينَ آمَنُوا بِاللَّهِ وَاعْتَصَمُوا بِهِ فَسَيُدْخِلُهُمْ فِي رَحْمَةٍ مِّنْهُ وَفَضْلٍ وَيَهْدِيهِمْ إِلَيْهِ صِرَاطًا مُّسْتَقِيمًا (175) Daarom ~ aangaande hulle wat in Allah glo en aan Hom vashou ~ Hy sal hulle tot Sy barmhartigheid en genade toelaat, en hulle op die regte pad na Hom lei |
يَسْتَفْتُونَكَ قُلِ اللَّهُ يُفْتِيكُمْ فِي الْكَلَالَةِ ۚ إِنِ امْرُؤٌ هَلَكَ لَيْسَ لَهُ وَلَدٌ وَلَهُ أُخْتٌ فَلَهَا نِصْفُ مَا تَرَكَ ۚ وَهُوَ يَرِثُهَا إِن لَّمْ يَكُن لَّهَا وَلَدٌ ۚ فَإِن كَانَتَا اثْنَتَيْنِ فَلَهُمَا الثُّلُثَانِ مِمَّا تَرَكَ ۚ وَإِن كَانُوا إِخْوَةً رِّجَالًا وَنِسَاءً فَلِلذَّكَرِ مِثْلُ حَظِّ الْأُنثَيَيْنِ ۗ يُبَيِّنُ اللَّهُ لَكُمْ أَن تَضِلُّوا ۗ وَاللَّهُ بِكُلِّ شَيْءٍ عَلِيمٌ (176) Hulle vra u om uitspraak te gee: Sê: Dit is Sy uitspraak aangaande hulle wat nóg ouers nóg kinders het. Indien ’n man kinderloos sterf, maar ’n suster het, dan moet sy die helfte kry van wat hy nalaat; en hy sal alles van haar erf as sy geen kind het nie. Maar as daar twee susters is, moet hulle twee-derdes kry van wat hy nalaat. En as daar meer broers en susters is, dan moet elke broer soveel kry as twee susters. Allah maak dit aan julle duidelik, sodat julle nie moet afdwaal nie. En Allah het kennis van alle dinge |