×

سورة الأعراف باللغة الأفريكانية

ترجمات القرآنباللغة الأفريكانية ⬅ سورة الأعراف

ترجمة معاني سورة الأعراف باللغة الأفريكانية - Afrikaans

القرآن باللغة الأفريكانية - سورة الأعراف مترجمة إلى اللغة الأفريكانية، Surah Araf in Afrikaans. نوفر ترجمة دقيقة سورة الأعراف باللغة الأفريكانية - Afrikaans, الآيات 206 - رقم السورة 7 - الصفحة 151.

بسم الله الرحمن الرحيم

المص (1)
Alief, Laam, Miem, Sôd
كِتَابٌ أُنزِلَ إِلَيْكَ فَلَا يَكُن فِي صَدْرِكَ حَرَجٌ مِّنْهُ لِتُنذِرَ بِهِ وَذِكْرَىٰ لِلْمُؤْمِنِينَ (2)
’n Boek aan u geopenbaar ~ laat u bors daarom nie benoud wees nie ~ sodat u daarmee mag waarsku.. Dit is ’n aanmaning vir die gelowiges
اتَّبِعُوا مَا أُنزِلَ إِلَيْكُم مِّن رَّبِّكُمْ وَلَا تَتَّبِعُوا مِن دُونِهِ أَوْلِيَاءَ ۗ قَلِيلًا مَّا تَذَكَّرُونَ (3)
Volg wat julle Heer aan julle geopenbaar het, en volg geen ander beskermers nie, buiten Hom; hoe min onthou julle
وَكَم مِّن قَرْيَةٍ أَهْلَكْنَاهَا فَجَاءَهَا بَأْسُنَا بَيَاتًا أَوْ هُمْ قَائِلُونَ (4)
En hoeveel stede het Ons nie vernietig nie! So het Ons straf hulle gedurende die nag oorval of tydens hulle middagslaap
فَمَا كَانَ دَعْوَاهُمْ إِذْ جَاءَهُم بَأْسُنَا إِلَّا أَن قَالُوا إِنَّا كُنَّا ظَالِمِينَ (5)
Tog, toe Ons straf oor hulle gekom het, was hulle uitroep niks anders as: Ons was inderdaad kwaaddoeners
فَلَنَسْأَلَنَّ الَّذِينَ أُرْسِلَ إِلَيْهِمْ وَلَنَسْأَلَنَّ الْمُرْسَلِينَ (6)
En Ons sal hulle na wie die boodskappers gestuur was, sekerlik ondervra, en Ons sal die boodskappers ook ondervra
فَلَنَقُصَّنَّ عَلَيْهِم بِعِلْمٍ ۖ وَمَا كُنَّا غَائِبِينَ (7)
Dan sal Ons hulle die waarheid vertel, want Ons is nooit afwesig nie
وَالْوَزْنُ يَوْمَئِذٍ الْحَقُّ ۚ فَمَن ثَقُلَتْ مَوَازِينُهُ فَأُولَٰئِكَ هُمُ الْمُفْلِحُونَ (8)
En die oordeel op daardie Dag sal regverdig geskied; hulle wie se goeie dade swaar sal weeg, sal die suksesvolles wees
وَمَنْ خَفَّتْ مَوَازِينُهُ فَأُولَٰئِكَ الَّذِينَ خَسِرُوا أَنفُسَهُم بِمَا كَانُوا بِآيَاتِنَا يَظْلِمُونَ (9)
En hulle wie se goeie dade maar lig sal weeg, het hulle siele benadeel omdat hulle ten opsigte van ons tekens onregverdig was
وَلَقَدْ مَكَّنَّاكُمْ فِي الْأَرْضِ وَجَعَلْنَا لَكُمْ فِيهَا مَعَايِشَ ۗ قَلِيلًا مَّا تَشْكُرُونَ (10)
En waarlik, Ons het julle op die aarde gevestig en julle daar van lewensmiddele voorsien; hoe weinig dankbaar is julle nie
وَلَقَدْ خَلَقْنَاكُمْ ثُمَّ صَوَّرْنَاكُمْ ثُمَّ قُلْنَا لِلْمَلَائِكَةِ اسْجُدُوا لِآدَمَ فَسَجَدُوا إِلَّا إِبْلِيسَ لَمْ يَكُن مِّنَ السَّاجِدِينَ (11)
En Ons het julle geskape en vorm gegee; toe het Ons aan die engele gesê: Prostreer voor Adam. Hulle het geprostreer, behalwe Iblies; hy was nie een van dié wat geprostreer het nie
قَالَ مَا مَنَعَكَ أَلَّا تَسْجُدَ إِذْ أَمَرْتُكَ ۖ قَالَ أَنَا خَيْرٌ مِّنْهُ خَلَقْتَنِي مِن نَّارٍ وَخَلَقْتَهُ مِن طِينٍ (12)
Hy2 het gesê: Wat het u verhinder om u te prostreer toe Ek u gebied het? Hy het geantwoord: Ek is beter as hy; U het my uit vuur geskape, terwyl U hom uit klei geskape het
قَالَ فَاهْبِطْ مِنْهَا فَمَا يَكُونُ لَكَ أَن تَتَكَبَّرَ فِيهَا فَاخْرُجْ إِنَّكَ مِنَ الصَّاغِرِينَ (13)
Allah het gesê: Vertrek hiervandaan! Want dit is nie vir u om hier hoogmoedig te wees nie. Gaan heen! Want u is gewis een van die veragtelikes
قَالَ أَنظِرْنِي إِلَىٰ يَوْمِ يُبْعَثُونَ (14)
Hy het gesê: Verleen aan my uitstel tot aan die Dag waarop hulle opgewek sal word
قَالَ إِنَّكَ مِنَ الْمُنظَرِينَ (15)
Allah het gesê: Aan u is uitstel verleen
قَالَ فَبِمَا أَغْوَيْتَنِي لَأَقْعُدَنَّ لَهُمْ صِرَاطَكَ الْمُسْتَقِيمَ (16)
Hy het geantwoord: Omdat U my as dwalende veroordeel het, sal ek in U regte weg vir hulle op loer lê
ثُمَّ لَآتِيَنَّهُم مِّن بَيْنِ أَيْدِيهِمْ وَمِنْ خَلْفِهِمْ وَعَنْ أَيْمَانِهِمْ وَعَن شَمَائِلِهِمْ ۖ وَلَا تَجِدُ أَكْثَرَهُمْ شَاكِرِينَ (17)
dan sal ek hulle sekerlik van voor, van agter, van die regter- en van die linkerkant byloop; en U sal die meeste van hulle nie dankbaar vind nie
قَالَ اخْرُجْ مِنْهَا مَذْءُومًا مَّدْحُورًا ۖ لَّمَن تَبِعَكَ مِنْهُمْ لَأَمْلَأَنَّ جَهَنَّمَ مِنكُمْ أَجْمَعِينَ (18)
Allah het gesê: Gaan weg hiervandaan, verag en verworpe! Wie van hulle u ook al volg, Ek sal die Hel met julle almal vul
وَيَا آدَمُ اسْكُنْ أَنتَ وَزَوْجُكَ الْجَنَّةَ فَكُلَا مِنْ حَيْثُ شِئْتُمَا وَلَا تَقْرَبَا هَٰذِهِ الشَّجَرَةَ فَتَكُونَا مِنَ الظَّالِمِينَ (19)
O Adam! Woon u en u vrou in die Tuin, en eet waarvan u wil, maar nader hierdie boom nie, anders sal u tot die onregverdiges behoort
فَوَسْوَسَ لَهُمَا الشَّيْطَانُ لِيُبْدِيَ لَهُمَا مَا وُورِيَ عَنْهُمَا مِن سَوْآتِهِمَا وَقَالَ مَا نَهَاكُمَا رَبُّكُمَا عَنْ هَٰذِهِ الشَّجَرَةِ إِلَّا أَن تَكُونَا مَلَكَيْنِ أَوْ تَكُونَا مِنَ الْخَالِدِينَ (20)
Maar die duiwel het hulle slegte ingewinge ingeblaas, naamlik, dat hy aan hulle sou openbaar wat hul verborge swakhede is, en hy het gesê: U Heer het u hierdie boom verbied uit vrees dat u engele sal word of dat u onsterflik sal word
وَقَاسَمَهُمَا إِنِّي لَكُمَا لَمِنَ النَّاصِحِينَ (21)
En hy het aan hulle altwee gesweer: Ek is vir julle waarlik ’n opregte raadgewer
فَدَلَّاهُمَا بِغُرُورٍ ۚ فَلَمَّا ذَاقَا الشَّجَرَةَ بَدَتْ لَهُمَا سَوْآتُهُمَا وَطَفِقَا يَخْصِفَانِ عَلَيْهِمَا مِن وَرَقِ الْجَنَّةِ ۖ وَنَادَاهُمَا رَبُّهُمَا أَلَمْ أَنْهَكُمَا عَن تِلْكُمَا الشَّجَرَةِ وَأَقُل لَّكُمَا إِنَّ الشَّيْطَانَ لَكُمَا عَدُوٌّ مُّبِينٌ (22)
So het hy dan hulle ondergang deur bedrog veroorsaak. En toe hulle van die vrugte van die boom geëet het, het hulle skaamte vir hulle duidelik geword, en toe begin albei hulself te bedek met die blare van die Tuin. En hulle Heer het na hulle geroep en gesê: Het Ek julle daardie boom nie verbied nie, en het Ek julle nie gesê dat die duiwel sekerlik julle openlike vyand is nie
قَالَا رَبَّنَا ظَلَمْنَا أَنفُسَنَا وَإِن لَّمْ تَغْفِرْ لَنَا وَتَرْحَمْنَا لَنَكُونَنَّ مِنَ الْخَاسِرِينَ (23)
Hulle het geantwoord: Ons Heer! Ons het onsself onreg aan- gedoen en as U ons nie vergewe, en ons nie genade betoon nie, sal ons sekerlik verloorders wees
قَالَ اهْبِطُوا بَعْضُكُمْ لِبَعْضٍ عَدُوٌّ ۖ وَلَكُمْ فِي الْأَرْضِ مُسْتَقَرٌّ وَمَتَاعٌ إِلَىٰ حِينٍ (24)
Hy het gesê: Gaan heen ~ sommige van julle sal die vyande van ander wees. En daar is vir julle op die aarde ’n woonplek en voorsiening vir ’n bepaalde tyd
قَالَ فِيهَا تَحْيَوْنَ وَفِيهَا تَمُوتُونَ وَمِنْهَا تُخْرَجُونَ (25)
Hy het gesê: Daarop sal julle lewe en daarop sal julle sterwe, en daarvandaan sal julle weer opgewek word
يَا بَنِي آدَمَ قَدْ أَنزَلْنَا عَلَيْكُمْ لِبَاسًا يُوَارِي سَوْآتِكُمْ وَرِيشًا ۖ وَلِبَاسُ التَّقْوَىٰ ذَٰلِكَ خَيْرٌ ۚ ذَٰلِكَ مِنْ آيَاتِ اللَّهِ لَعَلَّهُمْ يَذَّكَّرُونَ (26)
O Kinders van Adam! Ons het vir julle klere gestuur om julle skaamte te bedek, en kleding vir verfraaiing, en kleding wat teen kwaad beskerm ~ dit is die beste. Dit is ’n boodskap van Allah waaruit julle kan leer
يَا بَنِي آدَمَ لَا يَفْتِنَنَّكُمُ الشَّيْطَانُ كَمَا أَخْرَجَ أَبَوَيْكُم مِّنَ الْجَنَّةِ يَنزِعُ عَنْهُمَا لِبَاسَهُمَا لِيُرِيَهُمَا سَوْآتِهِمَا ۗ إِنَّهُ يَرَاكُمْ هُوَ وَقَبِيلُهُ مِنْ حَيْثُ لَا تَرَوْنَهُمْ ۗ إِنَّا جَعَلْنَا الشَّيَاطِينَ أَوْلِيَاءَ لِلَّذِينَ لَا يُؤْمِنُونَ (27)
O Kinders van Adam! Laat die duiwel julle nie verlei soos toe hy julle ouers uit die Tuin verdryf het en hulle klere van hulle afgetrek en hulle daardeur hul skaamte getoon het nie. Waarlik, hy sien julle, hy en sy gevolg, van waar julle hom nie kan sien nie. Ons het waarlik die duiwels vriende gemaak van die ongelo- wiges
وَإِذَا فَعَلُوا فَاحِشَةً قَالُوا وَجَدْنَا عَلَيْهَا آبَاءَنَا وَاللَّهُ أَمَرَنَا بِهَا ۗ قُلْ إِنَّ اللَّهَ لَا يَأْمُرُ بِالْفَحْشَاءِ ۖ أَتَقُولُونَ عَلَى اللَّهِ مَا لَا تَعْلَمُونَ (28)
En wanneer hulle ’n slegte daad begaan en sê: Ons het gevind dat ons vaders dit gedoen het en dat Allah ons dit ook beveel. Sê: Waarlik, Allah gebied nie slegte dade nie. Sê julle iets van Allah waartoe julle nie die reg het nie
قُلْ أَمَرَ رَبِّي بِالْقِسْطِ ۖ وَأَقِيمُوا وُجُوهَكُمْ عِندَ كُلِّ مَسْجِدٍ وَادْعُوهُ مُخْلِصِينَ لَهُ الدِّينَ ۚ كَمَا بَدَأَكُمْ تَعُودُونَ (29)
Sê: My Heer beveel regverdigheid. En rig julle gesigte behoorlik op tydens elke aanbidding, en roep Hom aan in opregtheid en gehoorsaamheid. Soos Hy julle laat ontstaan het, so sal julle terugkeer
فَرِيقًا هَدَىٰ وَفَرِيقًا حَقَّ عَلَيْهِمُ الضَّلَالَةُ ۗ إِنَّهُمُ اتَّخَذُوا الشَّيَاطِينَ أَوْلِيَاءَ مِن دُونِ اللَّهِ وَيَحْسَبُونَ أَنَّهُم مُّهْتَدُونَ (30)
Sommige het Hy reg gelei, maar wat die ander betref ~ die verdoemenis is hul verdiende loon. Waarlik, hulle het die duiwels in plaas van Allah as vriend geneem, en hulle dink dat hulle reg gelei is
۞ يَا بَنِي آدَمَ خُذُوا زِينَتَكُمْ عِندَ كُلِّ مَسْجِدٍ وَكُلُوا وَاشْرَبُوا وَلَا تُسْرِفُوا ۚ إِنَّهُ لَا يُحِبُّ الْمُسْرِفِينَ (31)
O Kinders van Adam! Wees oplettend op julle versiering tydens elke aanbidding, en eet en drink, maar verkwis nie; waarlik, Allah het die verkwisters nie lief nie
قُلْ مَنْ حَرَّمَ زِينَةَ اللَّهِ الَّتِي أَخْرَجَ لِعِبَادِهِ وَالطَّيِّبَاتِ مِنَ الرِّزْقِ ۚ قُلْ هِيَ لِلَّذِينَ آمَنُوا فِي الْحَيَاةِ الدُّنْيَا خَالِصَةً يَوْمَ الْقِيَامَةِ ۗ كَذَٰلِكَ نُفَصِّلُ الْآيَاتِ لِقَوْمٍ يَعْلَمُونَ (32)
Sê: Wie het die klere van Allah, wat Hy vir Sy dienaars gemaak het, en die goeie voorsiening, verbied? Sê: Dit is vir die gelowiges in die lewe van hierdie wêreld , en alleen vir hulle op die Weeropstandingsdag. Aldus maak Ons die tekens duidelik vir ’n volk wat begryp
قُلْ إِنَّمَا حَرَّمَ رَبِّيَ الْفَوَاحِشَ مَا ظَهَرَ مِنْهَا وَمَا بَطَنَ وَالْإِثْمَ وَالْبَغْيَ بِغَيْرِ الْحَقِّ وَأَن تُشْرِكُوا بِاللَّهِ مَا لَمْ يُنَزِّلْ بِهِ سُلْطَانًا وَأَن تَقُولُوا عَلَى اللَّهِ مَا لَا تَعْلَمُونَ (33)
Sê: My Heer verbied slegs onfatsoenlikheid ~ hetsy openlik of in die geheim ~ en sonde en onregverdige verdrukking, en dat julle dít met Allah vereenselwig waartoe Hy julle geen reg verleen het nie, en dat julle van Allah sê wat julle nie kan bewys nie
وَلِكُلِّ أُمَّةٍ أَجَلٌ ۖ فَإِذَا جَاءَ أَجَلُهُمْ لَا يَسْتَأْخِرُونَ سَاعَةً ۖ وَلَا يَسْتَقْدِمُونَ (34)
En vir elke nasie is daar ’n termyn: daarom, wanneer die tyd aanbreek, sal selfs nie eens ’n uur uitstel aan hulle verleen word nie, en ook kan dit nie verkort word nie
يَا بَنِي آدَمَ إِمَّا يَأْتِيَنَّكُمْ رُسُلٌ مِّنكُمْ يَقُصُّونَ عَلَيْكُمْ آيَاتِي ۙ فَمَنِ اتَّقَىٰ وَأَصْلَحَ فَلَا خَوْفٌ عَلَيْهِمْ وَلَا هُمْ يَحْزَنُونَ (35)
O Kinders van Adam! As boodskappers vanuit jul midde My tekens aan julle verduidelik, dan moet julle teen die kwaad waak en goeie dade verrig, want dan sal geen vrees oor julle kom nie, en sal julle ook nie treur nie
وَالَّذِينَ كَذَّبُوا بِآيَاتِنَا وَاسْتَكْبَرُوا عَنْهَا أُولَٰئِكَ أَصْحَابُ النَّارِ ۖ هُمْ فِيهَا خَالِدُونَ (36)
Maar hulle wat Ons tekens verloën en hoogmoedig wegdraai ~ hulle sal die bewoners van die Vuur wees; daarin sal hulle bly
فَمَنْ أَظْلَمُ مِمَّنِ افْتَرَىٰ عَلَى اللَّهِ كَذِبًا أَوْ كَذَّبَ بِآيَاتِهِ ۚ أُولَٰئِكَ يَنَالُهُمْ نَصِيبُهُم مِّنَ الْكِتَابِ ۖ حَتَّىٰ إِذَا جَاءَتْهُمْ رُسُلُنَا يَتَوَفَّوْنَهُمْ قَالُوا أَيْنَ مَا كُنتُمْ تَدْعُونَ مِن دُونِ اللَّهِ ۖ قَالُوا ضَلُّوا عَنَّا وَشَهِدُوا عَلَىٰ أَنفُسِهِمْ أَنَّهُمْ كَانُوا كَافِرِينَ (37)
Wie is dan onregverdiger as hy wat ’n leuen teen Allah versin of Sy tekens verloën? Dit is hulle wat ’n lot sal ondergaan soos dit in die Boek verorden is; dan, wanneer Ons boodskappers by hulle aankom om hulle te laat sterwe, sal hulle sê: Waar is die dinge wat julle buiten Allah aangeroep het? Hulle sal antwoord: Hulle het ons verlaat. En hulle sal teen hulself getuig dat hulle ongelowiges was
قَالَ ادْخُلُوا فِي أُمَمٍ قَدْ خَلَتْ مِن قَبْلِكُم مِّنَ الْجِنِّ وَالْإِنسِ فِي النَّارِ ۖ كُلَّمَا دَخَلَتْ أُمَّةٌ لَّعَنَتْ أُخْتَهَا ۖ حَتَّىٰ إِذَا ادَّارَكُوا فِيهَا جَمِيعًا قَالَتْ أُخْرَاهُمْ لِأُولَاهُمْ رَبَّنَا هَٰؤُلَاءِ أَضَلُّونَا فَآتِهِمْ عَذَابًا ضِعْفًا مِّنَ النَّارِ ۖ قَالَ لِكُلٍّ ضِعْفٌ وَلَٰكِن لَّا تَعْلَمُونَ (38)
Hy sal sê: Gaan die Vuur binne, en bly saam met die volkere van die djien en mense wat vóór julle heengegaan het. Steeds wanneer ’n volk binnegaan, sal hy sy sustervolk vervloek; totdat, wanneer hulle die een na die ander daarin aankom, die laastes van hulle met betrekking tot die eerstes sal sê: Ons Heer! Húlle het ons laat afdwaal; gee hulle daarom dubbele straf. Hy sal sê: Daar is vir elkeen ’n dubbele straf; julle weet dit net nie
وَقَالَتْ أُولَاهُمْ لِأُخْرَاهُمْ فَمَا كَانَ لَكُمْ عَلَيْنَا مِن فَضْلٍ فَذُوقُوا الْعَذَابَ بِمَا كُنتُمْ تَكْسِبُونَ (39)
En die eerstes sal aan die laastes sê: Julle het geen voorkeur bo ons nie; ondergaan daarom die straf vir wat julle verdien het
إِنَّ الَّذِينَ كَذَّبُوا بِآيَاتِنَا وَاسْتَكْبَرُوا عَنْهَا لَا تُفَتَّحُ لَهُمْ أَبْوَابُ السَّمَاءِ وَلَا يَدْخُلُونَ الْجَنَّةَ حَتَّىٰ يَلِجَ الْجَمَلُ فِي سَمِّ الْخِيَاطِ ۚ وَكَذَٰلِكَ نَجْزِي الْمُجْرِمِينَ (40)
Vir hulle wat Ons tekens verloën en hulself hoogmoedig daarvan wegkeer, sal die deure van die Hemel nie oopgemaak word nie, ook sal hulle nie die Tuin binnegaan nie voordat die kameel deur die oog van ’n naald kan gaan. So vergeld Ons die misdadigers
لَهُم مِّن جَهَنَّمَ مِهَادٌ وَمِن فَوْقِهِمْ غَوَاشٍ ۚ وَكَذَٰلِكَ نَجْزِي الظَّالِمِينَ (41)
’n Bed van Hel sal hulle kry en bo-oor hulle ’n bedekking daarvan. Want so vergeld Ons die onregverdiges
وَالَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ لَا نُكَلِّفُ نَفْسًا إِلَّا وُسْعَهَا أُولَٰئِكَ أَصْحَابُ الْجَنَّةِ ۖ هُمْ فِيهَا خَالِدُونَ (42)
En aangaande hulle wat glo en goed doen ~ Ons belas geen siel bo sy vermoë nie ~ hulle is die bewoners van die Tuin; daarin sal hulle bly
وَنَزَعْنَا مَا فِي صُدُورِهِم مِّنْ غِلٍّ تَجْرِي مِن تَحْتِهِمُ الْأَنْهَارُ ۖ وَقَالُوا الْحَمْدُ لِلَّهِ الَّذِي هَدَانَا لِهَٰذَا وَمَا كُنَّا لِنَهْتَدِيَ لَوْلَا أَنْ هَدَانَا اللَّهُ ۖ لَقَدْ جَاءَتْ رُسُلُ رَبِّنَا بِالْحَقِّ ۖ وَنُودُوا أَن تِلْكُمُ الْجَنَّةُ أُورِثْتُمُوهَا بِمَا كُنتُمْ تَعْمَلُونَ (43)
Welke wrok daar ook al in hulle harte mag wees, Ons sal dit verwyder ~ riviere vloei verby hulle. En hulle sê: Alle lof kom Allah toe, Hy wat ons hierheen gelei het! En ons sou nie die weg gevind het nie, was dit nie dat Allah ons tereggewys het nie. Die boodskappers van Ons Heer het inderdaad die waarheid gebring. En dáár sal hulle toegeroep word: Dít is die Tuin wat as erfenis aan julle bemaak is vir alles wat julle gedoen het
وَنَادَىٰ أَصْحَابُ الْجَنَّةِ أَصْحَابَ النَّارِ أَن قَدْ وَجَدْنَا مَا وَعَدَنَا رَبُّنَا حَقًّا فَهَلْ وَجَدتُّم مَّا وَعَدَ رَبُّكُمْ حَقًّا ۖ قَالُوا نَعَمْ ۚ فَأَذَّنَ مُؤَذِّنٌ بَيْنَهُمْ أَن لَّعْنَةُ اللَّهِ عَلَى الظَّالِمِينَ (44)
En die bewoners van die Tuin sal na die bewoners van die Vuur roep: Ons het bevind dat dít wat ons Heer ons belowe het, die waarheid is; het julle ook bevind dat wat julle Heer júlle belowe het die waarheid is? Hulle sal sê: Ja. Dan sal ’n woordvoerder onder hulle uitroep: Die vloek van Allah rus op die kwaad- doeners
الَّذِينَ يَصُدُّونَ عَن سَبِيلِ اللَّهِ وَيَبْغُونَهَا عِوَجًا وَهُم بِالْآخِرَةِ كَافِرُونَ (45)
wat ander van die weg van Allah weerhou en wens om dit ongelyk te maak, en wat nie aan die Hiernamaals glo nie
وَبَيْنَهُمَا حِجَابٌ ۚ وَعَلَى الْأَعْرَافِ رِجَالٌ يَعْرِفُونَ كُلًّا بِسِيمَاهُمْ ۚ وَنَادَوْا أَصْحَابَ الْجَنَّةِ أَن سَلَامٌ عَلَيْكُمْ ۚ لَمْ يَدْخُلُوهَا وَهُمْ يَطْمَعُونَ (46)
En tussen hulle is ’n sluier. En op die Verhewe Plekke is manne, wat almal aan hulle merktekens herken. En tot die bewoners van die Tuin roep hulle uit: Vrede op julle! Hulle het dit nog nie binnegegaan nie, hoewel hulle daarop hoop
۞ وَإِذَا صُرِفَتْ أَبْصَارُهُمْ تِلْقَاءَ أَصْحَابِ النَّارِ قَالُوا رَبَّنَا لَا تَجْعَلْنَا مَعَ الْقَوْمِ الظَّالِمِينَ (47)
En wanneer hulle oë na die bewoners van die Vuur gerig is, sê hulle: Ons Heer! Plaas ons nie saam met die onregverdiges nie
وَنَادَىٰ أَصْحَابُ الْأَعْرَافِ رِجَالًا يَعْرِفُونَهُم بِسِيمَاهُمْ قَالُوا مَا أَغْنَىٰ عَنكُمْ جَمْعُكُمْ وَمَا كُنتُمْ تَسْتَكْبِرُونَ (48)
En die bewoners van die Verhewe Plekke sal uitroep tot die mense, wat hulle aan hul merktekens herken, en sê: Julle versamelinge van skatte en julle verwaandheid was vir julle geen- sins tot voordeel nie
أَهَٰؤُلَاءِ الَّذِينَ أَقْسَمْتُمْ لَا يَنَالُهُمُ اللَّهُ بِرَحْمَةٍ ۚ ادْخُلُوا الْجَنَّةَ لَا خَوْفٌ عَلَيْكُمْ وَلَا أَنتُمْ تَحْزَنُونَ (49)
Is dít diegene van wie julle gesweer het dat Allah nie genade aan hulle sou skenk nie? Gaan die Paradys binne; daar sal geen vrees oor julle kom nie, nóg sal julle treur
وَنَادَىٰ أَصْحَابُ النَّارِ أَصْحَابَ الْجَنَّةِ أَنْ أَفِيضُوا عَلَيْنَا مِنَ الْمَاءِ أَوْ مِمَّا رَزَقَكُمُ اللَّهُ ۚ قَالُوا إِنَّ اللَّهَ حَرَّمَهُمَا عَلَى الْكَافِرِينَ (50)
En die bewoners van die Vuur sal tot die bewoners van die Tuin uitroep: Giet water oor ons uit, of iets waarmee Allah julle voorsien het. Hulle sal antwoord: Waarlik, Allah het dit vir die ongelowiges verbied
الَّذِينَ اتَّخَذُوا دِينَهُمْ لَهْوًا وَلَعِبًا وَغَرَّتْهُمُ الْحَيَاةُ الدُّنْيَا ۚ فَالْيَوْمَ نَنسَاهُمْ كَمَا نَسُوا لِقَاءَ يَوْمِهِمْ هَٰذَا وَمَا كَانُوا بِآيَاتِنَا يَجْحَدُونَ (51)
Wie hulle godsdiens as ydele pret en as ’n speletjie opgeneem het, en wie deur die lewe van die wêreld bedrieg is, sal Vandag deur Ons vergeet word, soos hulle die ontmoeting van hierdie Dag van hulle verontagsaam het, en soos hulle Ons tekens ontken het
وَلَقَدْ جِئْنَاهُم بِكِتَابٍ فَصَّلْنَاهُ عَلَىٰ عِلْمٍ هُدًى وَرَحْمَةً لِّقَوْمٍ يُؤْمِنُونَ (52)
En sekerlik het Ons hulle ’n Boek gebring wat Ons met kennis verduidelik het, ’n leiding en ’n genade vir ’n volk wat glo
هَلْ يَنظُرُونَ إِلَّا تَأْوِيلَهُ ۚ يَوْمَ يَأْتِي تَأْوِيلُهُ يَقُولُ الَّذِينَ نَسُوهُ مِن قَبْلُ قَدْ جَاءَتْ رُسُلُ رَبِّنَا بِالْحَقِّ فَهَل لَّنَا مِن شُفَعَاءَ فَيَشْفَعُوا لَنَا أَوْ نُرَدُّ فَنَعْمَلَ غَيْرَ الَّذِي كُنَّا نَعْمَلُ ۚ قَدْ خَسِرُوا أَنفُسَهُمْ وَضَلَّ عَنْهُم مَّا كَانُوا يَفْتَرُونَ (53)
Wag hulle op iets anders as die finale gevolge daarvan? Op die Dag wanneer die finale gevolge daarvan kom, wat hulle vantevore verontagsaam het, sal hulle sê: Inderdaad het die boodskappers van Ons Heer die waarheid gebring. Is daar enige bemiddelaars wat ten gunste van ons sal pleit? Kon ons maar teruggestuur word, sodat ons beter dade kon doen as dié wat ons gedoen het! Waarlik, hulle het hul siele verloor, en dít wat hulle versin het, het hulle in die steek gelaat
إِنَّ رَبَّكُمُ اللَّهُ الَّذِي خَلَقَ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ فِي سِتَّةِ أَيَّامٍ ثُمَّ اسْتَوَىٰ عَلَى الْعَرْشِ يُغْشِي اللَّيْلَ النَّهَارَ يَطْلُبُهُ حَثِيثًا وَالشَّمْسَ وَالْقَمَرَ وَالنُّجُومَ مُسَخَّرَاتٍ بِأَمْرِهِ ۗ أَلَا لَهُ الْخَلْقُ وَالْأَمْرُ ۗ تَبَارَكَ اللَّهُ رَبُّ الْعَالَمِينَ (54)
Waarlik, julle Heer is Allah, wat die hemele en die aarde in ses tydperke geskape het, en Hy is op die Troon van Mag gevestig. Hy laat die nag die dag omhul in ’n strenge opeenvolging van dag en nag. Die son en die maan en die sterre word deur Sy gebod in diens gestel. Voorwaar, die skepping en die gebod is Syne. Geseënd is Allah, die Heer van die Wêrelde
ادْعُوا رَبَّكُمْ تَضَرُّعًا وَخُفْيَةً ۚ إِنَّهُ لَا يُحِبُّ الْمُعْتَدِينَ (55)
Roep julle Heer ootmoedig en in die geheim aan. Hy het die oortreders waarlik nie lief nie
وَلَا تُفْسِدُوا فِي الْأَرْضِ بَعْدَ إِصْلَاحِهَا وَادْعُوهُ خَوْفًا وَطَمَعًا ۚ إِنَّ رَحْمَتَ اللَّهِ قَرِيبٌ مِّنَ الْمُحْسِنِينَ (56)
En skep geen wanorde op die aarde nadat dit georden is nie, en roep Hom aan met vrees en hoop. Gewis, die barmhartigheid van Allah is vir die weldoeners naby
وَهُوَ الَّذِي يُرْسِلُ الرِّيَاحَ بُشْرًا بَيْنَ يَدَيْ رَحْمَتِهِ ۖ حَتَّىٰ إِذَا أَقَلَّتْ سَحَابًا ثِقَالًا سُقْنَاهُ لِبَلَدٍ مَّيِّتٍ فَأَنزَلْنَا بِهِ الْمَاءَ فَأَخْرَجْنَا بِهِ مِن كُلِّ الثَّمَرَاتِ ۚ كَذَٰلِكَ نُخْرِجُ الْمَوْتَىٰ لَعَلَّكُمْ تَذَكَّرُونَ (57)
En dit is Hy wat die winde as draers van blye tyding vóór Sy barmhartigheid uitstuur; totdat Ons hulle, wanneer hulle ’n groot wolk dra, na ’n dorre land aandrywe; daarna stuur Ons die water daarop af, en bring daardeur alle soorte vrugte voort. So wek Ons die dooie op, sodat julle daaruit kan leer
وَالْبَلَدُ الطَّيِّبُ يَخْرُجُ نَبَاتُهُ بِإِذْنِ رَبِّهِ ۖ وَالَّذِي خَبُثَ لَا يَخْرُجُ إِلَّا نَكِدًا ۚ كَذَٰلِكَ نُصَرِّفُ الْآيَاتِ لِقَوْمٍ يَشْكُرُونَ (58)
En die goeie land ~ die plantegroei kom daar in oorvloed voort deur die gebod van die Here. En die swak land ~ dit lewer alleen skaarste op. So herhaal Ons die tekens vir ’n volk wat dankbaar is
لَقَدْ أَرْسَلْنَا نُوحًا إِلَىٰ قَوْمِهِ فَقَالَ يَا قَوْمِ اعْبُدُوا اللَّهَ مَا لَكُم مِّنْ إِلَٰهٍ غَيْرُهُ إِنِّي أَخَافُ عَلَيْكُمْ عَذَابَ يَوْمٍ عَظِيمٍ (59)
Waarlik, Ons het Noag na sy volk gestuur, en hy het gesê: O my volk! Aanbid Allah! Julle het geen God nie buiten Hom. Ek vrees vir julle die straf van ’n groot Dag
قَالَ الْمَلَأُ مِن قَوْمِهِ إِنَّا لَنَرَاكَ فِي ضَلَالٍ مُّبِينٍ (60)
Die leiers van sy volk het geantwoord: Ons merk dat u grootliks dwaal
قَالَ يَا قَوْمِ لَيْسَ بِي ضَلَالَةٌ وَلَٰكِنِّي رَسُولٌ مِّن رَّبِّ الْعَالَمِينَ (61)
Hy het gesê: O my volk! Daar is geen dwaling in my nie, maar ek is ’n boodskapper van die Heer van die Wêrelde
أُبَلِّغُكُمْ رِسَالَاتِ رَبِّي وَأَنصَحُ لَكُمْ وَأَعْلَمُ مِنَ اللَّهِ مَا لَا تَعْلَمُونَ (62)
Ek dra die boodskappe van my Heer oor en gee julle goeie raad, en ek weet deur Allah wat julle nie weet nie
أَوَعَجِبْتُمْ أَن جَاءَكُمْ ذِكْرٌ مِّن رَّبِّكُمْ عَلَىٰ رَجُلٍ مِّنكُمْ لِيُنذِرَكُمْ وَلِتَتَّقُوا وَلَعَلَّكُمْ تُرْحَمُونَ (63)
Verwonder julle jul dat ’n vermaning van julle Heer tot julle kom deur ’n man uit jul midde, en dat hy julle durf waarsku sodat julle teen die sonde kan waak en daar barmhartigheid aan julle bewys kan word
فَكَذَّبُوهُ فَأَنجَيْنَاهُ وَالَّذِينَ مَعَهُ فِي الْفُلْكِ وَأَغْرَقْنَا الَّذِينَ كَذَّبُوا بِآيَاتِنَا ۚ إِنَّهُمْ كَانُوا قَوْمًا عَمِينَ (64)
Maar hulle het hom verloën; Ons het hom en wie saam met hom in die ark was, gered, en Ons het diegene wat Ons tekens verwerp het, laat verdrink. Hulle was inderdaad ’n blinde volk
۞ وَإِلَىٰ عَادٍ أَخَاهُمْ هُودًا ۗ قَالَ يَا قَوْمِ اعْبُدُوا اللَّهَ مَا لَكُم مِّنْ إِلَٰهٍ غَيْرُهُ ۚ أَفَلَا تَتَّقُونَ (65)
En na die volk van Aad het Ons hul broer Hüd gestuur. Hy het gesê: O my volk! Aanbid Allah! Julle het geen ander God buiten Hom nie. Sal julle dan nie teen die sonde waak nie
قَالَ الْمَلَأُ الَّذِينَ كَفَرُوا مِن قَوْمِهِ إِنَّا لَنَرَاكَ فِي سَفَاهَةٍ وَإِنَّا لَنَظُنُّكَ مِنَ الْكَاذِبِينَ (66)
Die ongelowige leiers van sy volk het gesê: Ons sien u aan as ’n dwaas en ons dink dat u ’n leuenaar is
قَالَ يَا قَوْمِ لَيْسَ بِي سَفَاهَةٌ وَلَٰكِنِّي رَسُولٌ مِّن رَّبِّ الْعَالَمِينَ (67)
Hy het geantwoord: O my volk! Daar is geen dwaasheid in my nie, maar ek is ’n boodskapper van die Heer van die Wêrelde
أُبَلِّغُكُمْ رِسَالَاتِ رَبِّي وَأَنَا لَكُمْ نَاصِحٌ أَمِينٌ (68)
Ek dra aan julle die boodskappe van die Here oor, en ek is vir julle ’n eerlike raadgewer
أَوَعَجِبْتُمْ أَن جَاءَكُمْ ذِكْرٌ مِّن رَّبِّكُمْ عَلَىٰ رَجُلٍ مِّنكُمْ لِيُنذِرَكُمْ ۚ وَاذْكُرُوا إِذْ جَعَلَكُمْ خُلَفَاءَ مِن بَعْدِ قَوْمِ نُوحٍ وَزَادَكُمْ فِي الْخَلْقِ بَسْطَةً ۖ فَاذْكُرُوا آلَاءَ اللَّهِ لَعَلَّكُمْ تُفْلِحُونَ (69)
Verwonder julle jul dat ’n vermaning van julle Heer na julle gekom het deur ’n man uit jul midde, en dat hy julle durf waarsku? Onthou hoe Hy julle ná die volk van Noag as opvol- gers aangestel het, en julle oorvloedig in mag laat toeneem het. Dink daarom aan die gunste van Allah sodat julle suksesvol kan wees
قَالُوا أَجِئْتَنَا لِنَعْبُدَ اللَّهَ وَحْدَهُ وَنَذَرَ مَا كَانَ يَعْبُدُ آبَاؤُنَا ۖ فَأْتِنَا بِمَا تَعِدُنَا إِن كُنتَ مِنَ الصَّادِقِينَ (70)
Hulle het gesê: Het u na ons gekom sodat ons Allah alleen moet aanbid, en moet prysgee wat ons vaders aanbid het? Laat u dreigemente dan op ons neerkom, indien u opreg is
قَالَ قَدْ وَقَعَ عَلَيْكُم مِّن رَّبِّكُمْ رِجْسٌ وَغَضَبٌ ۖ أَتُجَادِلُونَنِي فِي أَسْمَاءٍ سَمَّيْتُمُوهَا أَنتُمْ وَآبَاؤُكُم مَّا نَزَّلَ اللَّهُ بِهَا مِن سُلْطَانٍ ۚ فَانتَظِرُوا إِنِّي مَعَكُم مِّنَ الْمُنتَظِرِينَ (71)
Hy het geantwoord: Inderdaad het daar straf en toorn van julle Heer op julle neergedaal. Argumenteer julle met my omtrent name wat julle en julle vaders aangeroep het? Allah het aan hulle geen gesag verleen nie. Wag dan; ek is saam met julle onder die wagtendes
فَأَنجَيْنَاهُ وَالَّذِينَ مَعَهُ بِرَحْمَةٍ مِّنَّا وَقَطَعْنَا دَابِرَ الَّذِينَ كَذَّبُوا بِآيَاتِنَا ۖ وَمَا كَانُوا مُؤْمِنِينَ (72)
So het Ons hom en diegene saam met hom deur Ons barmhartig- heid gered, en Ons het die lewenswortels afgesny van hulle wat Ons tekens verwerp het en ongelowig was
وَإِلَىٰ ثَمُودَ أَخَاهُمْ صَالِحًا ۗ قَالَ يَا قَوْمِ اعْبُدُوا اللَّهَ مَا لَكُم مِّنْ إِلَٰهٍ غَيْرُهُ ۖ قَدْ جَاءَتْكُم بَيِّنَةٌ مِّن رَّبِّكُمْ ۖ هَٰذِهِ نَاقَةُ اللَّهِ لَكُمْ آيَةً ۖ فَذَرُوهَا تَأْكُلْ فِي أَرْضِ اللَّهِ ۖ وَلَا تَمَسُّوهَا بِسُوءٍ فَيَأْخُذَكُمْ عَذَابٌ أَلِيمٌ (73)
En na Thamoed het Ons hul broer Salieg gestuur. Hy het gesê: O my volk! Aanbid Allah! Julle het geen ander God buiten Hom nie. Duidelike bewyse het inderdaad tot julle gekom. Dit is die kamelin van Allah, ’n teken vir julle. Laat haar daarom op Allah se aarde wei, en doen haar geen leed aan nie, anders sal ’n smartlike straf julle oorval
وَاذْكُرُوا إِذْ جَعَلَكُمْ خُلَفَاءَ مِن بَعْدِ عَادٍ وَبَوَّأَكُمْ فِي الْأَرْضِ تَتَّخِذُونَ مِن سُهُولِهَا قُصُورًا وَتَنْحِتُونَ الْجِبَالَ بُيُوتًا ۖ فَاذْكُرُوا آلَاءَ اللَّهِ وَلَا تَعْثَوْا فِي الْأَرْضِ مُفْسِدِينَ (74)
En onthou julle hoe Hy ná Aad julle as opvolgers aangestel het, en julle in die land gevestig het? Julle het paleise op die vlaktes gebou, en julle het die berge uitgehol vir huise. Dink daarom aan die gunste van Allah, en verrig geen verderf op die aarde nie
قَالَ الْمَلَأُ الَّذِينَ اسْتَكْبَرُوا مِن قَوْمِهِ لِلَّذِينَ اسْتُضْعِفُوا لِمَنْ آمَنَ مِنْهُمْ أَتَعْلَمُونَ أَنَّ صَالِحًا مُّرْسَلٌ مِّن رَّبِّهِ ۚ قَالُوا إِنَّا بِمَا أُرْسِلَ بِهِ مُؤْمِنُونَ (75)
Die verwaande leiers van sy volk het aan die gelowiges, wat deur hulle as swak beskou is, gesê: Weet julle waarlik dat Salieg deur sy Heer gestuur is? Hulle het geantwoord: Ons glo waarlik in dít waarmee hy gestuur is
قَالَ الَّذِينَ اسْتَكْبَرُوا إِنَّا بِالَّذِي آمَنتُم بِهِ كَافِرُونَ (76)
Dié wat aanmatigend was, het gesê: Voorwaar, ons glo nie in dít waarin u glo nie
فَعَقَرُوا النَّاقَةَ وَعَتَوْا عَنْ أَمْرِ رَبِّهِمْ وَقَالُوا يَا صَالِحُ ائْتِنَا بِمَا تَعِدُنَا إِن كُنتَ مِنَ الْمُرْسَلِينَ (77)
Toe het hulle die kniesening van die kamelin afgesny en teen die gebod van hulle Heer gerebelleer, en gesê: O Salieg, laat u dreigemente oor ons neerkom indien u ’n boodskapper is
فَأَخَذَتْهُمُ الرَّجْفَةُ فَأَصْبَحُوا فِي دَارِهِمْ جَاثِمِينَ (78)
Toe het die aardbewing hulle oorweldig en hulle was bewe- ginglose liggame in hul huise
فَتَوَلَّىٰ عَنْهُمْ وَقَالَ يَا قَوْمِ لَقَدْ أَبْلَغْتُكُمْ رِسَالَةَ رَبِّي وَنَصَحْتُ لَكُمْ وَلَٰكِن لَّا تُحِبُّونَ النَّاصِحِينَ (79)
Toe het Salieg hom van hulle weggedraai en gesê: O my volk! Ek het julle die boodskap van my Heer gebring en julle goeie raad gegee, maar julle het die goeie raadgewers nie lief nie
وَلُوطًا إِذْ قَالَ لِقَوْمِهِ أَتَأْتُونَ الْفَاحِشَةَ مَا سَبَقَكُم بِهَا مِنْ أَحَدٍ مِّنَ الْعَالَمِينَ (80)
En Lot het Ons gestuur toe hy aan sy volk gesê het: Julle verrig gruwels soos niemand ter wêreld vóór julle nog verrig het nie
إِنَّكُمْ لَتَأْتُونَ الرِّجَالَ شَهْوَةً مِّن دُونِ النِّسَاءِ ۚ بَلْ أَنتُمْ قَوْمٌ مُّسْرِفُونَ (81)
Waarlik, julle benader mans met wellus in plaas van vroue. Julle is ’n volk wat die perke oorskry
وَمَا كَانَ جَوَابَ قَوْمِهِ إِلَّا أَن قَالُوا أَخْرِجُوهُم مِّن قَرْيَتِكُمْ ۖ إِنَّهُمْ أُنَاسٌ يَتَطَهَّرُونَ (82)
Die antwoord van sy volk was slegs: Verdryf hulle uit die stad, want hulle is manne wat hulself rein wil hou
فَأَنجَيْنَاهُ وَأَهْلَهُ إِلَّا امْرَأَتَهُ كَانَتْ مِنَ الْغَابِرِينَ (83)
Dus het Ons hom en sy volgelinge gered, met die uitsondering van sy vrou ~ en sy was een van hulle wat moes agterbly
وَأَمْطَرْنَا عَلَيْهِم مَّطَرًا ۖ فَانظُرْ كَيْفَ كَانَ عَاقِبَةُ الْمُجْرِمِينَ (84)
En Ons het ’n reën oor hulle laat neergiet. Kyk nou wat was die einde van die skuldiges
وَإِلَىٰ مَدْيَنَ أَخَاهُمْ شُعَيْبًا ۗ قَالَ يَا قَوْمِ اعْبُدُوا اللَّهَ مَا لَكُم مِّنْ إِلَٰهٍ غَيْرُهُ ۖ قَدْ جَاءَتْكُم بَيِّنَةٌ مِّن رَّبِّكُمْ ۖ فَأَوْفُوا الْكَيْلَ وَالْمِيزَانَ وَلَا تَبْخَسُوا النَّاسَ أَشْيَاءَهُمْ وَلَا تُفْسِدُوا فِي الْأَرْضِ بَعْدَ إِصْلَاحِهَا ۚ ذَٰلِكُمْ خَيْرٌ لَّكُمْ إِن كُنتُم مُّؤْمِنِينَ (85)
En Ons het hul broer Shoe-eib na Mede gestuur. Hy het gesê: O my volk! Aanbid Allah! Julle het geen God buiten Hom nie. Jul Heer het duidelike bewyse aan julle getoon. Gee daarom volle maat en gewig, en verminder van niemand s’n iets nie, en rig geen onheil in die land aan ná die ordening daarvan nie. Dit is vir julle beter om gelowiges te wees
وَلَا تَقْعُدُوا بِكُلِّ صِرَاطٍ تُوعِدُونَ وَتَصُدُّونَ عَن سَبِيلِ اللَّهِ مَنْ آمَنَ بِهِ وَتَبْغُونَهَا عِوَجًا ۚ وَاذْكُرُوا إِذْ كُنتُمْ قَلِيلًا فَكَثَّرَكُمْ ۖ وَانظُرُوا كَيْفَ كَانَ عَاقِبَةُ الْمُفْسِدِينَ (86)
En lê nie op elke pad op die loer om hom wat glo te bedreig en van die weg van Allah af te hou nie, en om Sy weg ongelyk te maak nie. En onthou hoe Hy julle vermenigvuldig het toe julle min was, en kyk wat was die einde van die onheilsaaiers
وَإِن كَانَ طَائِفَةٌ مِّنكُمْ آمَنُوا بِالَّذِي أُرْسِلْتُ بِهِ وَطَائِفَةٌ لَّمْ يُؤْمِنُوا فَاصْبِرُوا حَتَّىٰ يَحْكُمَ اللَّهُ بَيْنَنَا ۚ وَهُوَ خَيْرُ الْحَاكِمِينَ (87)
En as daar tussen julle ’n groep is wat glo in dít waarmee ek gestuur is, en ’n ander groep wat nie glo nie, wag dan geduldig totdat Allah uitspraak tussen ons sal gee; en Hy is die Beste Regter
۞ قَالَ الْمَلَأُ الَّذِينَ اسْتَكْبَرُوا مِن قَوْمِهِ لَنُخْرِجَنَّكَ يَا شُعَيْبُ وَالَّذِينَ آمَنُوا مَعَكَ مِن قَرْيَتِنَا أَوْ لَتَعُودُنَّ فِي مِلَّتِنَا ۚ قَالَ أَوَلَوْ كُنَّا كَارِهِينَ (88)
Die verwaande leiers van sy volk het gesê: Ons sal jou, Sjoe-eib, en hulle wat saam met jou glo, sekerlik uit ons stad verdryf tensy julle tot óns godsdiens terugkeer. Hy het gesê: Selfs al haat ons dit
قَدِ افْتَرَيْنَا عَلَى اللَّهِ كَذِبًا إِنْ عُدْنَا فِي مِلَّتِكُم بَعْدَ إِذْ نَجَّانَا اللَّهُ مِنْهَا ۚ وَمَا يَكُونُ لَنَا أَن نَّعُودَ فِيهَا إِلَّا أَن يَشَاءَ اللَّهُ رَبُّنَا ۚ وَسِعَ رَبُّنَا كُلَّ شَيْءٍ عِلْمًا ۚ عَلَى اللَّهِ تَوَكَّلْنَا ۚ رَبَّنَا افْتَحْ بَيْنَنَا وَبَيْنَ قَوْمِنَا بِالْحَقِّ وَأَنتَ خَيْرُ الْفَاتِحِينَ (89)
Ons sou ’n leuen teen Allah versin as ons tot u godsdiens terugkeer nadat Allah ons daarvan gered het. En dit pas ons nie om daarna terug te keer nie, behalwe as dit Allah, ons Heer, sou behaag. Ons Heer omvat alle dinge in Sy kennis. Op Allah vertrou ons. Oordeel daarom, ons Heer, met geregtigheid tussen ons en ons volk; U is die Beste Regter
وَقَالَ الْمَلَأُ الَّذِينَ كَفَرُوا مِن قَوْمِهِ لَئِنِ اتَّبَعْتُمْ شُعَيْبًا إِنَّكُمْ إِذًا لَّخَاسِرُونَ (90)
En die leiers van sy volk, wat ongelowig was, het gesê: As julle Sjoe-eib volg, sal julle waarlik verloorders wees
فَأَخَذَتْهُمُ الرَّجْفَةُ فَأَصْبَحُوا فِي دَارِهِمْ جَاثِمِينَ (91)
Daarom het ’n aardbewing hulle oorval, en hulle liggame was verstar in hul huise
الَّذِينَ كَذَّبُوا شُعَيْبًا كَأَن لَّمْ يَغْنَوْا فِيهَا ۚ الَّذِينَ كَذَّبُوا شُعَيْبًا كَانُوا هُمُ الْخَاسِرِينَ (92)
Hulle wat Shoe-eib tot leuenaar gemaak het, was asof hulle nog nooit daarin gewoon het nie ~ hulle wat Shoe-eib ’n leuenaar genoem het, hulle was die verloorders
فَتَوَلَّىٰ عَنْهُمْ وَقَالَ يَا قَوْمِ لَقَدْ أَبْلَغْتُكُمْ رِسَالَاتِ رَبِّي وَنَصَحْتُ لَكُمْ ۖ فَكَيْفَ آسَىٰ عَلَىٰ قَوْمٍ كَافِرِينَ (93)
Daarna het hy hom van hulle teruggedraai en gesê: O my volk! Ek het die boodskappe van my Heer aan julle oorgedra en ek het julle van goeie raad bedien; waarom sou ek dan oor ’n ongelowige volk treur
وَمَا أَرْسَلْنَا فِي قَرْيَةٍ مِّن نَّبِيٍّ إِلَّا أَخَذْنَا أَهْلَهَا بِالْبَأْسَاءِ وَالضَّرَّاءِ لَعَلَّهُمْ يَضَّرَّعُونَ (94)
En Ons het nog nooit ’n profeet na ’n stad gestuur sonder dat ons die inwoners daarvan met teëspoed en lyding getref het nie, sodat hulle hulself kan verootmoedig
ثُمَّ بَدَّلْنَا مَكَانَ السَّيِّئَةِ الْحَسَنَةَ حَتَّىٰ عَفَوا وَّقَالُوا قَدْ مَسَّ آبَاءَنَا الضَّرَّاءُ وَالسَّرَّاءُ فَأَخَذْنَاهُم بَغْتَةً وَهُمْ لَا يَشْعُرُونَ (95)
Daarna het Ons die kwaad met goed vervang, totdat hulle seëninge oorvloedig geword het en hul gesê het: Lyding en geluk het waarlik aan ons vaders geraak. So het Ons hulle dan oorrompel terwyl hulle dit nie besef het nie
وَلَوْ أَنَّ أَهْلَ الْقُرَىٰ آمَنُوا وَاتَّقَوْا لَفَتَحْنَا عَلَيْهِم بَرَكَاتٍ مِّنَ السَّمَاءِ وَالْأَرْضِ وَلَٰكِن كَذَّبُوا فَأَخَذْنَاهُم بِمَا كَانُوا يَكْسِبُونَ (96)
En indien die inwoners van die stede maar geglo en bewus van Allah was, sou Ons sekerlik die seëninge van die hemele en die aarde vir hulle oopgestel het. Maar hulle het Ons verwerp, daarom het Ons hulle oorweldig omdat hulle dit verdien het
أَفَأَمِنَ أَهْلُ الْقُرَىٰ أَن يَأْتِيَهُم بَأْسُنَا بَيَاتًا وَهُمْ نَائِمُونَ (97)
Is die stedelinge dan beveilig teen Ons straf as dit snags oor hulle sou kom, terwyl hulle slaap
أَوَأَمِنَ أَهْلُ الْقُرَىٰ أَن يَأْتِيَهُم بَأْسُنَا ضُحًى وَهُمْ يَلْعَبُونَ (98)
Of is hulle teen Ons straf beveilig as dit soggens oor hulle sou kom, terwyl hulle speel
أَفَأَمِنُوا مَكْرَ اللَّهِ ۚ فَلَا يَأْمَنُ مَكْرَ اللَّهِ إِلَّا الْقَوْمُ الْخَاسِرُونَ (99)
Is hulle dan beveilig teen Allah se voorneme? Maar niemand waan homself veilig teen Allah se voorneme nie, behalwe hulle wat vergaan
أَوَلَمْ يَهْدِ لِلَّذِينَ يَرِثُونَ الْأَرْضَ مِن بَعْدِ أَهْلِهَا أَن لَّوْ نَشَاءُ أَصَبْنَاهُم بِذُنُوبِهِمْ ۚ وَنَطْبَعُ عَلَىٰ قُلُوبِهِمْ فَهُمْ لَا يَسْمَعُونَ (100)
Is dit nog nie duidelik vir hulle wat die aarde van sy vroeëre bewoners beërwe het nie, dat, as dit Ons behaag, Ons hulle om hul ongeregtigheid se onthalwe sal verdelg, en hulle harte sal verseël sodat hulle nie sal luister nie
تِلْكَ الْقُرَىٰ نَقُصُّ عَلَيْكَ مِنْ أَنبَائِهَا ۚ وَلَقَدْ جَاءَتْهُمْ رُسُلُهُم بِالْبَيِّنَاتِ فَمَا كَانُوا لِيُؤْمِنُوا بِمَا كَذَّبُوا مِن قَبْلُ ۚ كَذَٰلِكَ يَطْبَعُ اللَّهُ عَلَىٰ قُلُوبِ الْكَافِرِينَ (101)
So was dit in die stede waarvan Ons al iets aan julle vertel het. En Ons boodskappers het waarlik met duidelike bewyse na hulle gegaan, maar hulle wou weer nie glo wat hulle voorheen verwerp het nie. So verseël Allah die harte van die ongelowiges
وَمَا وَجَدْنَا لِأَكْثَرِهِم مِّنْ عَهْدٍ ۖ وَإِن وَجَدْنَا أَكْثَرَهُمْ لَفَاسِقِينَ (102)
En by die meeste van hulle het Ons geen getrouheid aan die verbond gevind nie; en Ons het gevind dat die meeste van hulle oortreders was
ثُمَّ بَعَثْنَا مِن بَعْدِهِم مُّوسَىٰ بِآيَاتِنَا إِلَىٰ فِرْعَوْنَ وَمَلَئِهِ فَظَلَمُوا بِهَا ۖ فَانظُرْ كَيْفَ كَانَ عَاقِبَةُ الْمُفْسِدِينَ (103)
En daarna het Ons Moses met Ons tekens na Farao en sy kapteins gestuur, maar hulle het nie daaraan geglo nie. Kyk hoe was die einde van die onheilsaaiers
وَقَالَ مُوسَىٰ يَا فِرْعَوْنُ إِنِّي رَسُولٌ مِّن رَّبِّ الْعَالَمِينَ (104)
En Moses het gesê: O Farao! Ek is waarlik ’n boodskapper van die Heer van die Wêrelde
حَقِيقٌ عَلَىٰ أَن لَّا أَقُولَ عَلَى اللَّهِ إِلَّا الْحَقَّ ۚ قَدْ جِئْتُكُم بِبَيِّنَةٍ مِّن رَّبِّكُمْ فَأَرْسِلْ مَعِيَ بَنِي إِسْرَائِيلَ (105)
terwyl ek daarop ag slaan om niks behalwe die waarheid omtrent Allah te sê nie. Ek het inderdaad met duidelike bewyse van jul Heer tot julle gekom; laat die Kinders van Israel daarom met my saamgaan
قَالَ إِن كُنتَ جِئْتَ بِآيَةٍ فَأْتِ بِهَا إِن كُنتَ مِنَ الصَّادِقِينَ (106)
Hy het gesê: As u met ’n teken gekom het, toon dit dan, as u die waarheid praat
فَأَلْقَىٰ عَصَاهُ فَإِذَا هِيَ ثُعْبَانٌ مُّبِينٌ (107)
Toe het hy3 sy stok weggegooi, en kyk, dit was ’n slang
وَنَزَعَ يَدَهُ فَإِذَا هِيَ بَيْضَاءُ لِلنَّاظِرِينَ (108)
En hy het sy hand te voorskyn gehaal, en kyk, dit was wit (en deurskynend) vir die aanskouers
قَالَ الْمَلَأُ مِن قَوْمِ فِرْعَوْنَ إِنَّ هَٰذَا لَسَاحِرٌ عَلِيمٌ (109)
Die kapteins van Farao se volk het gesê: Hy is gewis ’n bedrewe towenaar
يُرِيدُ أَن يُخْرِجَكُم مِّنْ أَرْضِكُمْ ۖ فَمَاذَا تَأْمُرُونَ (110)
Hy is voornemens om julle uit jul land te verdryf. Wat raai julle aan
قَالُوا أَرْجِهْ وَأَخَاهُ وَأَرْسِلْ فِي الْمَدَائِنِ حَاشِرِينَ (111)
Hulle het gesê: Gee aan hom en sy broer uitstel, en stuur roepers die stede in
يَأْتُوكَ بِكُلِّ سَاحِرٍ عَلِيمٍ (112)
om elke bedrewe towenaar na u te bring
وَجَاءَ السَّحَرَةُ فِرْعَوْنَ قَالُوا إِنَّ لَنَا لَأَجْرًا إِن كُنَّا نَحْنُ الْغَالِبِينَ (113)
En die towenaars het na Farao gekom en gesê: Ons moet natuurlik ’n beloning ontvang, as ons die oorhand kry
قَالَ نَعَمْ وَإِنَّكُمْ لَمِنَ الْمُقَرَّبِينَ (114)
Hy4 het geantwoord: Ja, en julle sal sekerlik onder my uitverkorenes wees
قَالُوا يَا مُوسَىٰ إِمَّا أَن تُلْقِيَ وَإِمَّا أَن نَّكُونَ نَحْنُ الْمُلْقِينَ (115)
Hulle het gesê: O Moses! Sal u werp, of sal ons eerste werp
قَالَ أَلْقُوا ۖ فَلَمَّا أَلْقَوْا سَحَرُوا أَعْيُنَ النَّاسِ وَاسْتَرْهَبُوهُمْ وَجَاءُوا بِسِحْرٍ عَظِيمٍ (116)
Hy het geantwoord: Werp! En toe hulle werp, het hulle die oë van die mense bedrieg en hulle bang gemaak, en hulle het ’n knap towervertoning gelewer
۞ وَأَوْحَيْنَا إِلَىٰ مُوسَىٰ أَنْ أَلْقِ عَصَاكَ ۖ فَإِذَا هِيَ تَلْقَفُ مَا يَأْفِكُونَ (117)
En Ons het aan Moses geopenbaar: Werp u stok neer, en kyk! dit het al hulle valsheid verorber
فَوَقَعَ الْحَقُّ وَبَطَلَ مَا كَانُوا يَعْمَلُونَ (118)
So is die waarheid dan bevestig, en dít wat hulle gedoen het, het niksbeduidend geword
فَغُلِبُوا هُنَالِكَ وَانقَلَبُوا صَاغِرِينَ (119)
So is hul dan daar verslaan en hulle moes vernederd terugkeer
وَأُلْقِيَ السَّحَرَةُ سَاجِدِينَ (120)
En die towenaars het op die grond neergeval
قَالُوا آمَنَّا بِرَبِّ الْعَالَمِينَ (121)
en gesê: Ons glo in die Heer van die Wêrelde
رَبِّ مُوسَىٰ وَهَارُونَ (122)
die Heer van Moses en Aäron
قَالَ فِرْعَوْنُ آمَنتُم بِهِ قَبْلَ أَنْ آذَنَ لَكُمْ ۖ إِنَّ هَٰذَا لَمَكْرٌ مَّكَرْتُمُوهُ فِي الْمَدِينَةِ لِتُخْرِجُوا مِنْهَا أَهْلَهَا ۖ فَسَوْفَ تَعْلَمُونَ (123)
Farao het geantwoord: Julle glo in hom voordat ek julle daartoe toestemming gegee het? Dit is waarlik ’n sameswering wat julle in die stad gesmee het, sodat julle die bewoners daaruit kan dryf; maar julle sal dit weldra te wete kom
لَأُقَطِّعَنَّ أَيْدِيَكُمْ وَأَرْجُلَكُم مِّنْ خِلَافٍ ثُمَّ لَأُصَلِّبَنَّكُمْ أَجْمَعِينَ (124)
Ek sal gewis julle hande en julle voete aan teenoorgestelde kante laat afkap, dan sal ek julle almal saam laat kruisig
قَالُوا إِنَّا إِلَىٰ رَبِّنَا مُنقَلِبُونَ (125)
Hulle het geantwoord: Ons sal dan waarlik na Ons Heer terugkeer
وَمَا تَنقِمُ مِنَّا إِلَّا أَنْ آمَنَّا بِآيَاتِ رَبِّنَا لَمَّا جَاءَتْنَا ۚ رَبَّنَا أَفْرِغْ عَلَيْنَا صَبْرًا وَتَوَفَّنَا مُسْلِمِينَ (126)
En u neem alleen wraak op ons omdat ons in die tekens van ons Heer geglo het toe dit na ons gekom het. Ons Heer! Verleen standvastigheid aan ons, en gee dat ons in onderdanigheid aan U mag sterf
وَقَالَ الْمَلَأُ مِن قَوْمِ فِرْعَوْنَ أَتَذَرُ مُوسَىٰ وَقَوْمَهُ لِيُفْسِدُوا فِي الْأَرْضِ وَيَذَرَكَ وَآلِهَتَكَ ۚ قَالَ سَنُقَتِّلُ أَبْنَاءَهُمْ وَنَسْتَحْيِي نِسَاءَهُمْ وَإِنَّا فَوْقَهُمْ قَاهِرُونَ (127)
En die kapteins van Farao se volk het gesê: Sal u Moses en sy volk toelaat om in die land wanorde te skep en u gode te versaak? Hy het geantwoord: Ons sal hulle seuns ombring en hulle vroue spaar; en waarlik, ons is sterker as hulle
قَالَ مُوسَىٰ لِقَوْمِهِ اسْتَعِينُوا بِاللَّهِ وَاصْبِرُوا ۖ إِنَّ الْأَرْضَ لِلَّهِ يُورِثُهَا مَن يَشَاءُ مِنْ عِبَادِهِ ۖ وَالْعَاقِبَةُ لِلْمُتَّقِينَ (128)
Moses het aan sy volk gesê: Smeek Allah om hulp en wees geduldig. Voorwaar, die aarde behoort aan Allah ~ Hy gee dit as erfdeel aan Sy dienaars soos dit Hom behaag. En die einde behoort aan die godvresendes
قَالُوا أُوذِينَا مِن قَبْلِ أَن تَأْتِيَنَا وَمِن بَعْدِ مَا جِئْتَنَا ۚ قَالَ عَسَىٰ رَبُّكُمْ أَن يُهْلِكَ عَدُوَّكُمْ وَيَسْتَخْلِفَكُمْ فِي الْأَرْضِ فَيَنظُرَ كَيْفَ تَعْمَلُونَ (129)
Hulle het geantwoord: Ons is vervolg voordat u tot ons gekom het en sedert u tot ons gekom het. Hy het gesê: Miskien gaan jul Heer julle vyande verdelg, en julle as regeeerders oor die land aanstel, dan sal Hy sien hoe julle optree
وَلَقَدْ أَخَذْنَا آلَ فِرْعَوْنَ بِالسِّنِينَ وَنَقْصٍ مِّنَ الثَّمَرَاتِ لَعَلَّهُمْ يَذَّكَّرُونَ (130)
En Ons het waarlik die volk van Farao met droogte en skaarste van vrugte beproef, sodat hulle kennis kon neem
فَإِذَا جَاءَتْهُمُ الْحَسَنَةُ قَالُوا لَنَا هَٰذِهِ ۖ وَإِن تُصِبْهُمْ سَيِّئَةٌ يَطَّيَّرُوا بِمُوسَىٰ وَمَن مَّعَهُ ۗ أَلَا إِنَّمَا طَائِرُهُمْ عِندَ اللَّهِ وَلَٰكِنَّ أَكْثَرَهُمْ لَا يَعْلَمُونَ (131)
Maar wanneer iets goeds hulle toegeval het, het hulle gesê: Dit kom ons toe. En wanneer iets slegs oor hulle gekom het, dan het hulle die teëspoed toegeskryf aan Moses en dié wat saam met hom was. Maar voorwaar, hulle teëspoed is eweneens van Allah, hoewel die meeste van hulle dit nie weet nie
وَقَالُوا مَهْمَا تَأْتِنَا بِهِ مِنْ آيَةٍ لِّتَسْحَرَنَا بِهَا فَمَا نَحْنُ لَكَ بِمُؤْمِنِينَ (132)
En hulle het gesê: Watter tekens u ook aan ons mag toon om ons daarmee te mislei ~ in u sal ons waarlik nie glo nie
فَأَرْسَلْنَا عَلَيْهِمُ الطُّوفَانَ وَالْجَرَادَ وَالْقُمَّلَ وَالضَّفَادِعَ وَالدَّمَ آيَاتٍ مُّفَصَّلَاتٍ فَاسْتَكْبَرُوا وَكَانُوا قَوْمًا مُّجْرِمِينَ (133)
Toe het Ons die wydverspreide dood, en die sprinkane en die luise en die paddas en die bloed ~ as duidelike tekens ~ oor hulle neergestuur. Dog hulle het hulself hoogmoedig gedra, en hulle was ’n misdadige volk
وَلَمَّا وَقَعَ عَلَيْهِمُ الرِّجْزُ قَالُوا يَا مُوسَى ادْعُ لَنَا رَبَّكَ بِمَا عَهِدَ عِندَكَ ۖ لَئِن كَشَفْتَ عَنَّا الرِّجْزَ لَنُؤْمِنَنَّ لَكَ وَلَنُرْسِلَنَّ مَعَكَ بَنِي إِسْرَائِيلَ (134)
En toe die plaag hulle oorval het, het hulle gesê: O Moses! Pleit vir ons by u Heer, want Hy het ’n verbond met u gesluit. As u
فَلَمَّا كَشَفْنَا عَنْهُمُ الرِّجْزَ إِلَىٰ أَجَلٍ هُم بَالِغُوهُ إِذَا هُمْ يَنكُثُونَ (135)
Maar toe Ons die plaag, waaronder hulle vir ’n bepaalde tyd moes ly, van hulle verwyder het, kyk! toe het hulle hul belofte verbreek
فَانتَقَمْنَا مِنْهُمْ فَأَغْرَقْنَاهُمْ فِي الْيَمِّ بِأَنَّهُمْ كَذَّبُوا بِآيَاتِنَا وَكَانُوا عَنْهَا غَافِلِينَ (136)
Daarom het Ons dan vergelding geëis en hulle in die see verdrink, omdat hulle Ons tekens verwerp en verontagsaam het
وَأَوْرَثْنَا الْقَوْمَ الَّذِينَ كَانُوا يُسْتَضْعَفُونَ مَشَارِقَ الْأَرْضِ وَمَغَارِبَهَا الَّتِي بَارَكْنَا فِيهَا ۖ وَتَمَّتْ كَلِمَتُ رَبِّكَ الْحُسْنَىٰ عَلَىٰ بَنِي إِسْرَائِيلَ بِمَا صَبَرُوا ۖ وَدَمَّرْنَا مَا كَانَ يَصْنَعُ فِرْعَوْنُ وَقَوْمُهُ وَمَا كَانُوا يَعْرِشُونَ (137)
En Ons het hulle wat as swakkelinge beskou is, die oostelike deel van die land laat erwe én die westelike deel, wat Ons geseën het. En die blye tyding van u Heer is vir die Kinders van Israel vervul, omdat hulle geduldig was. En alles wat Farao en sy volk gemaak het en wat hulle gebou het, het Ons vernietig
وَجَاوَزْنَا بِبَنِي إِسْرَائِيلَ الْبَحْرَ فَأَتَوْا عَلَىٰ قَوْمٍ يَعْكُفُونَ عَلَىٰ أَصْنَامٍ لَّهُمْ ۚ قَالُوا يَا مُوسَى اجْعَل لَّنَا إِلَٰهًا كَمَا لَهُمْ آلِهَةٌ ۚ قَالَ إِنَّكُمْ قَوْمٌ تَجْهَلُونَ (138)
En Ons het die Kinders van Israel oor die see geneem. Toe kom hulle by ’n volk wat aan afgode geheg was. Hulle het gesê: O Moses! Maak vir ons ’n god soos die gode wat húlle het. Hy het geantwoord: Julle is waarlik ’n onkundige volk
إِنَّ هَٰؤُلَاءِ مُتَبَّرٌ مَّا هُمْ فِيهِ وَبَاطِلٌ مَّا كَانُوا يَعْمَلُونَ (139)
Aangaande hierdie dinge: dít waarmee hulle hul besig hou, sal vernietig word; en alles wat hulle hande doen, is tevergeefs
قَالَ أَغَيْرَ اللَّهِ أَبْغِيكُمْ إِلَٰهًا وَهُوَ فَضَّلَكُمْ عَلَى الْعَالَمِينَ (140)
Hy het gesê: Sal ek vir julle ’n ander god as Allah soek, terwyl Hy julle bo al die skeppings laat uitblink het
وَإِذْ أَنجَيْنَاكُم مِّنْ آلِ فِرْعَوْنَ يَسُومُونَكُمْ سُوءَ الْعَذَابِ ۖ يُقَتِّلُونَ أَبْنَاءَكُمْ وَيَسْتَحْيُونَ نِسَاءَكُمْ ۚ وَفِي ذَٰلِكُم بَلَاءٌ مِّن رَّبِّكُمْ عَظِيمٌ (141)
En onthou hoe Ons julle verlos het van die volk van Farao, wat julle aan ’n strawwe marteling onderwerp het deur julle seuns om te bring en julle vroue te spaar. En daarin was ’n swaar beproewing van julle Heer
۞ وَوَاعَدْنَا مُوسَىٰ ثَلَاثِينَ لَيْلَةً وَأَتْمَمْنَاهَا بِعَشْرٍ فَتَمَّ مِيقَاتُ رَبِّهِ أَرْبَعِينَ لَيْلَةً ۚ وَقَالَ مُوسَىٰ لِأَخِيهِ هَارُونَ اخْلُفْنِي فِي قَوْمِي وَأَصْلِحْ وَلَا تَتَّبِعْ سَبِيلَ الْمُفْسِدِينَ (142)
En Ons het vir Moses dertig nagte aangewys en nog tien bygesit, en die aangewese tyd van sy Heer was veertig nagte; en Moses het aan sy broer Aäron gesê: Wees my plaasvervanger onder die volk in my afwesigheid, en tree goed op, en volg nie die weë van die onrusstokers nie
وَلَمَّا جَاءَ مُوسَىٰ لِمِيقَاتِنَا وَكَلَّمَهُ رَبُّهُ قَالَ رَبِّ أَرِنِي أَنظُرْ إِلَيْكَ ۚ قَالَ لَن تَرَانِي وَلَٰكِنِ انظُرْ إِلَى الْجَبَلِ فَإِنِ اسْتَقَرَّ مَكَانَهُ فَسَوْفَ تَرَانِي ۚ فَلَمَّا تَجَلَّىٰ رَبُّهُ لِلْجَبَلِ جَعَلَهُ دَكًّا وَخَرَّ مُوسَىٰ صَعِقًا ۚ فَلَمَّا أَفَاقَ قَالَ سُبْحَانَكَ تُبْتُ إِلَيْكَ وَأَنَا أَوَّلُ الْمُؤْمِنِينَ (143)
En toe Moses op Ons vasgestelde tyd aangekom en sy Heer tot hom gespreek het, het hy gesê: My Heer! Toon U aan my, sodat ek U kan aanskou. Hy het geantwoord: U kan My nie aanskou nie, maar kyk na die berg; en as dit op sy plek bly, dan sal u My kan sien. Toe sy Heer dus Sy glorie aan die berg geopenbaar het, het Hy dit aan stukke laat breek en Moses het bewusteloos neergeval. Toe hy daarna weer tot sy bewussyn kom, het hy gesê: Heilig is U! Tot U wend ek my, en ek is die eerste gelowige
قَالَ يَا مُوسَىٰ إِنِّي اصْطَفَيْتُكَ عَلَى النَّاسِ بِرِسَالَاتِي وَبِكَلَامِي فَخُذْ مَا آتَيْتُكَ وَكُن مِّنَ الشَّاكِرِينَ (144)
Hy het gesê: O Moses! Ek het u deur My boodskappe en My woorde bo die mense uitverkies. Hou u daarom vas aan wat Ek u gegee het, en wees dankbaar
وَكَتَبْنَا لَهُ فِي الْأَلْوَاحِ مِن كُلِّ شَيْءٍ مَّوْعِظَةً وَتَفْصِيلًا لِّكُلِّ شَيْءٍ فَخُذْهَا بِقُوَّةٍ وَأْمُرْ قَوْمَكَ يَأْخُذُوا بِأَحْسَنِهَا ۚ سَأُرِيكُمْ دَارَ الْفَاسِقِينَ (145)
En Ons het vir hom op tablette allerhande waarskuwings en ’n duidelike uitleg van alle dinge gegee. Hou dus daaraan vas, en beveel ook u volk om daaraan vas te hou. Ek sal julle weldra die tuiste van die oortreders toon
سَأَصْرِفُ عَنْ آيَاتِيَ الَّذِينَ يَتَكَبَّرُونَ فِي الْأَرْضِ بِغَيْرِ الْحَقِّ وَإِن يَرَوْا كُلَّ آيَةٍ لَّا يُؤْمِنُوا بِهَا وَإِن يَرَوْا سَبِيلَ الرُّشْدِ لَا يَتَّخِذُوهُ سَبِيلًا وَإِن يَرَوْا سَبِيلَ الْغَيِّ يَتَّخِذُوهُ سَبِيلًا ۚ ذَٰلِكَ بِأَنَّهُمْ كَذَّبُوا بِآيَاتِنَا وَكَانُوا عَنْهَا غَافِلِينَ (146)
En Ek sal hulle wat op aarde ten onregte hoogmoedig wandel, van My tekens laat wegdraai. En hoewel hulle allerlei tekens sien, sal hulle nie daarin glo nie, en as hulle die weg van regverdigheid sien, sal hulle nie daarop wandel nie; maar as hulle die pad van dwaling sien, sal hulle daarop loop. Dit is omdat hulle Ons tekens verloën en verontagsaam het
وَالَّذِينَ كَذَّبُوا بِآيَاتِنَا وَلِقَاءِ الْآخِرَةِ حَبِطَتْ أَعْمَالُهُمْ ۚ هَلْ يُجْزَوْنَ إِلَّا مَا كَانُوا يَعْمَلُونَ (147)
En hulle wat Ons tekens verwerp en die ontmoeting van die Hiernamaals verloën ~ hulle werke sal verlore gaan. Sal hulle dan vir iets anders beloon word as wat hulle gedoen het
وَاتَّخَذَ قَوْمُ مُوسَىٰ مِن بَعْدِهِ مِنْ حُلِيِّهِمْ عِجْلًا جَسَدًا لَّهُ خُوَارٌ ۚ أَلَمْ يَرَوْا أَنَّهُ لَا يُكَلِّمُهُمْ وَلَا يَهْدِيهِمْ سَبِيلًا ۘ اتَّخَذُوهُ وَكَانُوا ظَالِمِينَ (148)
En die volk van Moses het in sy afwesigheid ’n kalf uit hulle ornamente vervaardig ~ ’n lewelose liggaam, wat ’n loeiende geluid voortbring. Kon hulle dan nie sien dat dit nie met hulle praat nie, en vir hulle ook nie leiding gee nie? Hulle het dit as hulle god aangeneem en só oortree
وَلَمَّا سُقِطَ فِي أَيْدِيهِمْ وَرَأَوْا أَنَّهُمْ قَدْ ضَلُّوا قَالُوا لَئِن لَّمْ يَرْحَمْنَا رَبُّنَا وَيَغْفِرْ لَنَا لَنَكُونَنَّ مِنَ الْخَاسِرِينَ (149)
En toe hulle wroeging gevoel en ingesien het dat hulle inderdaad gedwaal het, het hulle gesê: As ons Heer ons geen barmhartigheid betoon en Hy ons nie vergewe nie, sal ons sekerlik van die verloorders wees
وَلَمَّا رَجَعَ مُوسَىٰ إِلَىٰ قَوْمِهِ غَضْبَانَ أَسِفًا قَالَ بِئْسَمَا خَلَفْتُمُونِي مِن بَعْدِي ۖ أَعَجِلْتُمْ أَمْرَ رَبِّكُمْ ۖ وَأَلْقَى الْأَلْوَاحَ وَأَخَذَ بِرَأْسِ أَخِيهِ يَجُرُّهُ إِلَيْهِ ۚ قَالَ ابْنَ أُمَّ إِنَّ الْقَوْمَ اسْتَضْعَفُونِي وَكَادُوا يَقْتُلُونَنِي فَلَا تُشْمِتْ بِيَ الْأَعْدَاءَ وَلَا تَجْعَلْنِي مَعَ الْقَوْمِ الظَّالِمِينَ (150)
En toe Moses na sy volk terugkeer, was hy verontwaardig en bedroef. Hy het gesê: Wat julle agter my rug gedoen het, was sondig. Wil julle die oordeel van julle Heer verhaas? En hy het die tablette neergegooi, sy broer aan die hoof gegryp en na hom toe getrek. Aäron het gesê: Seun van my moeder! Die volk het my vir ’n swakkeling aangesien en my amper doodgemaak. Laat my vyande tog nie oor my verheug wees nie, en reken my nie onder die oortreders nie
قَالَ رَبِّ اغْفِرْ لِي وَلِأَخِي وَأَدْخِلْنَا فِي رَحْمَتِكَ ۖ وَأَنتَ أَرْحَمُ الرَّاحِمِينَ (151)
Hy5 het gesê: My Heer, vergewe my en my broer, en laat ons tot U barmhartigheid toe, want U is die Allergenadigste van hulle wat genadebetoon
إِنَّ الَّذِينَ اتَّخَذُوا الْعِجْلَ سَيَنَالُهُمْ غَضَبٌ مِّن رَّبِّهِمْ وَذِلَّةٌ فِي الْحَيَاةِ الدُّنْيَا ۚ وَكَذَٰلِكَ نَجْزِي الْمُفْتَرِينَ (152)
En hulle wat die kalf vir ’n god geneem het ~ die toorn van hul Heer en die vernedering in hierdie lewe sal hulle sekerlik oorval. En so beloon Ons die skeppers van leuens
وَالَّذِينَ عَمِلُوا السَّيِّئَاتِ ثُمَّ تَابُوا مِن بَعْدِهَا وَآمَنُوا إِنَّ رَبَّكَ مِن بَعْدِهَا لَغَفُورٌ رَّحِيمٌ (153)
En hulle wat sondig, maar daarna berou betoon, en glo ~ dan is u Heer waarlik Vergewensgesind, Genadevol
وَلَمَّا سَكَتَ عَن مُّوسَى الْغَضَبُ أَخَذَ الْأَلْوَاحَ ۖ وَفِي نُسْخَتِهَا هُدًى وَرَحْمَةٌ لِّلَّذِينَ هُمْ لِرَبِّهِمْ يَرْهَبُونَ (154)
En toe die toorn van Moses daarna bedaar het, het hy die tablette opgetel. En daar was leiding en genade vir húlle wat hul Heer vrees
وَاخْتَارَ مُوسَىٰ قَوْمَهُ سَبْعِينَ رَجُلًا لِّمِيقَاتِنَا ۖ فَلَمَّا أَخَذَتْهُمُ الرَّجْفَةُ قَالَ رَبِّ لَوْ شِئْتَ أَهْلَكْتَهُم مِّن قَبْلُ وَإِيَّايَ ۖ أَتُهْلِكُنَا بِمَا فَعَلَ السُّفَهَاءُ مِنَّا ۖ إِنْ هِيَ إِلَّا فِتْنَتُكَ تُضِلُّ بِهَا مَن تَشَاءُ وَتَهْدِي مَن تَشَاءُ ۖ أَنتَ وَلِيُّنَا فَاغْفِرْ لَنَا وَارْحَمْنَا ۖ وَأَنتَ خَيْرُ الْغَافِرِينَ (155)
En Moses het sewentig manne uit sy volk gekies vir die afspraak wat Ons bepaal het. Toe die aardbewing hul oorval, het hy gesê: My Heer! As dit U behaag het, kon U vir hulle en vir my reeds voorheen vernietig het. Sal U ons dan verdelg vir wat die onkundiges onder ons gedoen het? Dit is niks anders as ’n beproewing van U nie. U laat daardeur afdwaal wie U wil, en U lei daarmee wie U wil. U is ons Beskermheer; vergewe ons daarom en bewys barmhartigheid aan ons; U is tog die Groot Vergewer
۞ وَاكْتُبْ لَنَا فِي هَٰذِهِ الدُّنْيَا حَسَنَةً وَفِي الْآخِرَةِ إِنَّا هُدْنَا إِلَيْكَ ۚ قَالَ عَذَابِي أُصِيبُ بِهِ مَنْ أَشَاءُ ۖ وَرَحْمَتِي وَسِعَتْ كُلَّ شَيْءٍ ۚ فَسَأَكْتُبُهَا لِلَّذِينَ يَتَّقُونَ وَيُؤْتُونَ الزَّكَاةَ وَالَّذِينَ هُم بِآيَاتِنَا يُؤْمِنُونَ (156)
En skenk aan ons die goeie in hierdie wêreld en ook in die Hiernamaals, want waarlik, ons het ons tot U gewend. Hy het geantwoord: My straf sal Ek oplê op wie Ek wil, maar My barmhartigheid omvat alle dinge. So skenk Ek dit aan die opregtes en die wie Zakaat6 betaal, en wat in Ons tekens glo
الَّذِينَ يَتَّبِعُونَ الرَّسُولَ النَّبِيَّ الْأُمِّيَّ الَّذِي يَجِدُونَهُ مَكْتُوبًا عِندَهُمْ فِي التَّوْرَاةِ وَالْإِنجِيلِ يَأْمُرُهُم بِالْمَعْرُوفِ وَيَنْهَاهُمْ عَنِ الْمُنكَرِ وَيُحِلُّ لَهُمُ الطَّيِّبَاتِ وَيُحَرِّمُ عَلَيْهِمُ الْخَبَائِثَ وَيَضَعُ عَنْهُمْ إِصْرَهُمْ وَالْأَغْلَالَ الَّتِي كَانَتْ عَلَيْهِمْ ۚ فَالَّذِينَ آمَنُوا بِهِ وَعَزَّرُوهُ وَنَصَرُوهُ وَاتَّبَعُوا النُّورَ الَّذِي أُنزِلَ مَعَهُ ۙ أُولَٰئِكَ هُمُ الْمُفْلِحُونَ (157)
Hulle wat die Boodskapper, die ongeletterde Profeet,7 volg, van wie hulle ’n beskrywing in die Tora en die Evangelie sal vind; hy gebied hulle om goed te doen en belet hulle die kwade, en hy veroorloof hulle die goeie dinge en verbied hulle die slegte, en onthef hulle van hul las en die boeie wat hulle gebind het. Hulle wat daarom in hom glo, hom eer en hom ondersteun, en die lig volg wat saam met hom gestuur is ~ hulle sal waarlik suksesvol wees
قُلْ يَا أَيُّهَا النَّاسُ إِنِّي رَسُولُ اللَّهِ إِلَيْكُمْ جَمِيعًا الَّذِي لَهُ مُلْكُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۖ لَا إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ يُحْيِي وَيُمِيتُ ۖ فَآمِنُوا بِاللَّهِ وَرَسُولِهِ النَّبِيِّ الْأُمِّيِّ الَّذِي يُؤْمِنُ بِاللَّهِ وَكَلِمَاتِهِ وَاتَّبِعُوهُ لَعَلَّكُمْ تَهْتَدُونَ (158)
Sê: O mensdom! Ek is die Boodskapper van Allah tot julle almal, van Hom aan Wie die koninkryk van die hemele en die aarde behoort. Daar is geen God nie behalwe Hy. Hy skenk die lewe en ook die dood. Glo daarom in Allah en Sy Boodskapper, die ongeletterde Profeet wat in Allah en Sy woorde glo, en volg hom sodat u reg gelei kan word
وَمِن قَوْمِ مُوسَىٰ أُمَّةٌ يَهْدُونَ بِالْحَقِّ وَبِهِ يَعْدِلُونَ (159)
En daar is ’n deel van die volk van Moses wat deur die waarheid gerig word en daardeur regverdig handel
وَقَطَّعْنَاهُمُ اثْنَتَيْ عَشْرَةَ أَسْبَاطًا أُمَمًا ۚ وَأَوْحَيْنَا إِلَىٰ مُوسَىٰ إِذِ اسْتَسْقَاهُ قَوْمُهُ أَنِ اضْرِب بِّعَصَاكَ الْحَجَرَ ۖ فَانبَجَسَتْ مِنْهُ اثْنَتَا عَشْرَةَ عَيْنًا ۖ قَدْ عَلِمَ كُلُّ أُنَاسٍ مَّشْرَبَهُمْ ۚ وَظَلَّلْنَا عَلَيْهِمُ الْغَمَامَ وَأَنزَلْنَا عَلَيْهِمُ الْمَنَّ وَالسَّلْوَىٰ ۖ كُلُوا مِن طَيِّبَاتِ مَا رَزَقْنَاكُمْ ۚ وَمَا ظَلَمُونَا وَلَٰكِن كَانُوا أَنفُسَهُمْ يَظْلِمُونَ (160)
En Ons het hulle as afsonderlike nasies, in twaalf stamme, verdeel. En toe sy volk hom om water gevra het, het Ons aan Moses gesê: Slaan die rots met u staf, en twaalf fonteine het daardeur ontspring. Elke stam het sy drinkplek geken. En Ons het die wolke vir skaduwee bo hulle laat saampak, en ook vir hulle manna en kwartels gestuur ~ Eet van die goeie dinge waarmee Ons julle voorsien het ~ En hulle het Ons geen skade berokken nie, maar hulleself kwaad aangedoen
وَإِذْ قِيلَ لَهُمُ اسْكُنُوا هَٰذِهِ الْقَرْيَةَ وَكُلُوا مِنْهَا حَيْثُ شِئْتُمْ وَقُولُوا حِطَّةٌ وَادْخُلُوا الْبَابَ سُجَّدًا نَّغْفِرْ لَكُمْ خَطِيئَاتِكُمْ ۚ سَنَزِيدُ الْمُحْسِنِينَ (161)
En toe dit aan hulle gesê is: Woon in hierdie stad en eet daarvan net waar julle wil, en vra om vergifnis, en gaan die poorte ootmoedig binne; Ons sal al julle tekortkominge vergewe. Ons sal nog meer gee aan hulle wat goeie dade doen
فَبَدَّلَ الَّذِينَ ظَلَمُوا مِنْهُمْ قَوْلًا غَيْرَ الَّذِي قِيلَ لَهُمْ فَأَرْسَلْنَا عَلَيْهِمْ رِجْزًا مِّنَ السَّمَاءِ بِمَا كَانُوا يَظْلِمُونَ (162)
Maar die onregverdiges tussen hulle het hierdie woord vervang met ’n ander wat nooit gesê is nie, daarom het Ons ’n pessiekte uit die hemel op hulle afgestuur, om hulle ongeregtigheid se onthalwe
وَاسْأَلْهُمْ عَنِ الْقَرْيَةِ الَّتِي كَانَتْ حَاضِرَةَ الْبَحْرِ إِذْ يَعْدُونَ فِي السَّبْتِ إِذْ تَأْتِيهِمْ حِيتَانُهُمْ يَوْمَ سَبْتِهِمْ شُرَّعًا وَيَوْمَ لَا يَسْبِتُونَ ۙ لَا تَأْتِيهِمْ ۚ كَذَٰلِكَ نَبْلُوهُم بِمَا كَانُوا يَفْسُقُونَ (163)
En vra hulle omtrent die stad wat aan die see lê. Hoe hulle die Sabbat onteer het met die vis wat aan die oppervlakte van die water verskyn het, en hoe, op die dag toe hulle die Sabbat onteer het, dit nie verskyn het nie. So het Ons hulle dan versoek omdat hulle oortreders was
وَإِذْ قَالَتْ أُمَّةٌ مِّنْهُمْ لِمَ تَعِظُونَ قَوْمًا ۙ اللَّهُ مُهْلِكُهُمْ أَوْ مُعَذِّبُهُمْ عَذَابًا شَدِيدًا ۖ قَالُوا مَعْذِرَةً إِلَىٰ رَبِّكُمْ وَلَعَلَّهُمْ يَتَّقُونَ (164)
En toe ’n groepie van hulle gesê het: Waarom preek julle vir ’n volk wat deur Allah vernietig gaan word, of wat Hy met ’n sware tugtiging gaan tref? het ’n ander groep geantwoord: Om onskuldig voor julle Heer te wees, en sodat hulle teen die sonde mag waak
فَلَمَّا نَسُوا مَا ذُكِّرُوا بِهِ أَنجَيْنَا الَّذِينَ يَنْهَوْنَ عَنِ السُّوءِ وَأَخَذْنَا الَّذِينَ ظَلَمُوا بِعَذَابٍ بَئِيسٍ بِمَا كَانُوا يَفْسُقُونَ (165)
En toe hulle die vermaning vergeet het, het Ons húlle gered wat die kwade belet het; en die onregverdiges het Ons met ’n streng kastyding aangegryp, om hulle sondigheid se onthalwe
فَلَمَّا عَتَوْا عَن مَّا نُهُوا عَنْهُ قُلْنَا لَهُمْ كُونُوا قِرَدَةً خَاسِئِينَ (166)
En toe hulle in opstandigheid volhard het met die verbode dinge, het Ons aan hulle gesê: Wees ape, veragd en verworpe
وَإِذْ تَأَذَّنَ رَبُّكَ لَيَبْعَثَنَّ عَلَيْهِمْ إِلَىٰ يَوْمِ الْقِيَامَةِ مَن يَسُومُهُمْ سُوءَ الْعَذَابِ ۗ إِنَّ رَبَّكَ لَسَرِيعُ الْعِقَابِ ۖ وَإِنَّهُ لَغَفُورٌ رَّحِيمٌ (167)
En toe het u Heer laat blyk dat Hy mense na hulle sal stuur wat hulle tot op die Weeropstandingsdag met martelinge sal kwel. Voorwaar, u Heer is gou met die vergelding, en Hy is waarlik ook Vergewensgesind, Genadevol
وَقَطَّعْنَاهُمْ فِي الْأَرْضِ أُمَمًا ۖ مِّنْهُمُ الصَّالِحُونَ وَمِنْهُمْ دُونَ ذَٰلِكَ ۖ وَبَلَوْنَاهُم بِالْحَسَنَاتِ وَالسَّيِّئَاتِ لَعَلَّهُمْ يَرْجِعُونَ (168)
En Ons het hulle op die aarde in groepe verdeel. Sommige van hulle is regverdig, en ander nie. En Ons het hulle met voorspoed én teenspoed beproef sodat hulle hul kan bekeer
فَخَلَفَ مِن بَعْدِهِمْ خَلْفٌ وَرِثُوا الْكِتَابَ يَأْخُذُونَ عَرَضَ هَٰذَا الْأَدْنَىٰ وَيَقُولُونَ سَيُغْفَرُ لَنَا وَإِن يَأْتِهِمْ عَرَضٌ مِّثْلُهُ يَأْخُذُوهُ ۚ أَلَمْ يُؤْخَذْ عَلَيْهِم مِّيثَاقُ الْكِتَابِ أَن لَّا يَقُولُوا عَلَى اللَّهِ إِلَّا الْحَقَّ وَدَرَسُوا مَا فِيهِ ۗ وَالدَّارُ الْآخِرَةُ خَيْرٌ لِّلَّذِينَ يَتَّقُونَ ۗ أَفَلَا تَعْقِلُونَ (169)
En ná hulle het daar ’n bose geslag gekom wat die Boek geërwe het, en die verganklike dinge van hierdie lae lewe aangehang het. En hulle sê: Dít sal ons vergewe word. Maar as daar nog méér soortgelyke dinge na hulle gekom het, sou hul dit ook aanvaar het. Was daar van hulle nie ’n gelofte in die Boek om niks anders as die waarheid van Allah te praat nie? En hulle bestudeer wat daarin is. En die tuiste in die Hiernamaals is vir die godvresendes veel beter. Verstaan julle dan nie
وَالَّذِينَ يُمَسِّكُونَ بِالْكِتَابِ وَأَقَامُوا الصَّلَاةَ إِنَّا لَا نُضِيعُ أَجْرَ الْمُصْلِحِينَ (170)
En aangaande húlle wat aan die Boek vashou en in die gebed volhard ~ Ons sal die beloning van die opregtes gewis nie laat verlore gaan nie
۞ وَإِذْ نَتَقْنَا الْجَبَلَ فَوْقَهُمْ كَأَنَّهُ ظُلَّةٌ وَظَنُّوا أَنَّهُ وَاقِعٌ بِهِمْ خُذُوا مَا آتَيْنَاكُم بِقُوَّةٍ وَاذْكُرُوا مَا فِيهِ لَعَلَّكُمْ تَتَّقُونَ (171)
En toe Ons die berg bokant hulle laat skud het asof dit maar ’n kleed was, het hulle gevrees dit sal op hulle val: Hou styf vas aan wat Ons julle gegee het en oordink wat daarin staan, sodat julle teen die sonde kan waak
وَإِذْ أَخَذَ رَبُّكَ مِن بَنِي آدَمَ مِن ظُهُورِهِمْ ذُرِّيَّتَهُمْ وَأَشْهَدَهُمْ عَلَىٰ أَنفُسِهِمْ أَلَسْتُ بِرَبِّكُمْ ۖ قَالُوا بَلَىٰ ۛ شَهِدْنَا ۛ أَن تَقُولُوا يَوْمَ الْقِيَامَةِ إِنَّا كُنَّا عَنْ هَٰذَا غَافِلِينَ (172)
En toe u Heer uit die lende van die Kinders van Adam ’n nageslag voortgebring het, en hulle teen hulself laat getuig het: Is ek nie julle Heer nie? Hulle het geantwoord: Ja, ons getuig; sodat julle nie op die Weeeropstandingsdag sal kan sê: Ons was nie bewus hiervan nie
أَوْ تَقُولُوا إِنَّمَا أَشْرَكَ آبَاؤُنَا مِن قَبْلُ وَكُنَّا ذُرِّيَّةً مِّن بَعْدِهِمْ ۖ أَفَتُهْلِكُنَا بِمَا فَعَلَ الْمُبْطِلُونَ (173)
of dat julle sal sê: Dit was ons vaders wat voorheen deelgenote met Allah vereenselwig het; ons is maar afstammelinge van hulle. Wil U óns verdelg oor wat die leuenaaars gedoen het
وَكَذَٰلِكَ نُفَصِّلُ الْآيَاتِ وَلَعَلَّهُمْ يَرْجِعُونَ (174)
So verduidelik Ons die tekens sodat hulle hul kan bekeer
وَاتْلُ عَلَيْهِمْ نَبَأَ الَّذِي آتَيْنَاهُ آيَاتِنَا فَانسَلَخَ مِنْهَا فَأَتْبَعَهُ الشَّيْطَانُ فَكَانَ مِنَ الْغَاوِينَ (175)
En vertel aan hulle van hom aan wie Ons Ons tekens gegee het, maar wat sy rug daarop gedraai het ~ dat die duiwels hom agterhaal en hy een van dié was wat vergaan het
وَلَوْ شِئْنَا لَرَفَعْنَاهُ بِهَا وَلَٰكِنَّهُ أَخْلَدَ إِلَى الْأَرْضِ وَاتَّبَعَ هَوَاهُ ۚ فَمَثَلُهُ كَمَثَلِ الْكَلْبِ إِن تَحْمِلْ عَلَيْهِ يَلْهَثْ أَوْ تَتْرُكْهُ يَلْهَث ۚ ذَّٰلِكَ مَثَلُ الْقَوْمِ الَّذِينَ كَذَّبُوا بِآيَاتِنَا ۚ فَاقْصُصِ الْقَصَصَ لَعَلَّهُمْ يَتَفَكَّرُونَ (176)
En as Ons wou, kon Ons hom daardeur verhef het, maar hy het aan die aaardse vasgehou en sy bose neigings gevolg. Hy is soos ’n hond ~ as u hom wegja, laat hy sy tong uithang, en as u hom laat rus, steek hy ook sy tong uit. So is die mense wat Ons tekens verloën. Vertel daarom hierdie verhaal sodat hulle dit kan oordink
سَاءَ مَثَلًا الْقَوْمُ الَّذِينَ كَذَّبُوا بِآيَاتِنَا وَأَنفُسَهُمْ كَانُوا يَظْلِمُونَ (177)
Boos is die volk wat Ons tekens verloën en hulle eie siele skade aandoen
مَن يَهْدِ اللَّهُ فَهُوَ الْمُهْتَدِي ۖ وَمَن يُضْلِلْ فَأُولَٰئِكَ هُمُ الْخَاسِرُونَ (178)
Hy wat deur Allah gelei word, is op die regte pad; en dié wat Hy laat dwaal ~ hulle delf die onderspit
وَلَقَدْ ذَرَأْنَا لِجَهَنَّمَ كَثِيرًا مِّنَ الْجِنِّ وَالْإِنسِ ۖ لَهُمْ قُلُوبٌ لَّا يَفْقَهُونَ بِهَا وَلَهُمْ أَعْيُنٌ لَّا يُبْصِرُونَ بِهَا وَلَهُمْ آذَانٌ لَّا يَسْمَعُونَ بِهَا ۚ أُولَٰئِكَ كَالْأَنْعَامِ بَلْ هُمْ أَضَلُّ ۚ أُولَٰئِكَ هُمُ الْغَافِلُونَ (179)
Voorwaar, die Hel het Ons vir baie mense, en vir die djien, gemaak ~ hulle het harte waarmee hulle nie verstaan nie, oë waarmee hulle nie sien nie, en ore warmee hulle nie hoor nie. Hulle is soos vee; nee, hulle het nog verder afgedwaal. Hulle is die agtelosiges
وَلِلَّهِ الْأَسْمَاءُ الْحُسْنَىٰ فَادْعُوهُ بِهَا ۖ وَذَرُوا الَّذِينَ يُلْحِدُونَ فِي أَسْمَائِهِ ۚ سَيُجْزَوْنَ مَا كَانُوا يَعْمَلُونَ (180)
Die naam van Allah is Allerverhewe; roep Hom daarby aan, en laat hulle met rus wat die heiligheid van Sy name skend. Hulle sal vir hulle dade vergeld word
وَمِمَّنْ خَلَقْنَا أُمَّةٌ يَهْدُونَ بِالْحَقِّ وَبِهِ يَعْدِلُونَ (181)
En tussen Ons skeppings is daar ’n gemeente wat deur die waarheid gelei word, en daardeur geregtigheid laat geskied
وَالَّذِينَ كَذَّبُوا بِآيَاتِنَا سَنَسْتَدْرِجُهُم مِّنْ حَيْثُ لَا يَعْلَمُونَ (182)
En hulle wat Ons tekens verloën ~ Ons sal hulle stap vir stap in die verderf inlei, sonder dat hulle dit besef
وَأُمْلِي لَهُمْ ۚ إِنَّ كَيْدِي مَتِينٌ (183)
Ek verleen uitstel aan hulle. My planne is waarlik onfeilbaar
أَوَلَمْ يَتَفَكَّرُوا ۗ مَا بِصَاحِبِهِم مِّن جِنَّةٍ ۚ إِنْ هُوَ إِلَّا نَذِيرٌ مُّبِينٌ (184)
Besef hulle dan nie dat hulle metgesel geen kranksinnige is nie? Hy is slegs ’n duidelike waarskuwer
أَوَلَمْ يَنظُرُوا فِي مَلَكُوتِ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ وَمَا خَلَقَ اللَّهُ مِن شَيْءٍ وَأَنْ عَسَىٰ أَن يَكُونَ قَدِ اقْتَرَبَ أَجَلُهُمْ ۖ فَبِأَيِّ حَدِيثٍ بَعْدَهُ يُؤْمِنُونَ (185)
Besef hulle dan nie dat Allah die koninkryk van die hemele en die aarde en alle ander dinge geskape het nie, en dat hulle verdoemenis nader kom nie? In watter aankondiging sal hulle dan hierna glo
مَن يُضْلِلِ اللَّهُ فَلَا هَادِيَ لَهُ ۚ وَيَذَرُهُمْ فِي طُغْيَانِهِمْ يَعْمَهُونَ (186)
Vir wie Allah laat dwaal, kan daar geen gids wees nie. Hy laat hulle in hul koppigheid blindelings swerwe
يَسْأَلُونَكَ عَنِ السَّاعَةِ أَيَّانَ مُرْسَاهَا ۖ قُلْ إِنَّمَا عِلْمُهَا عِندَ رَبِّي ۖ لَا يُجَلِّيهَا لِوَقْتِهَا إِلَّا هُوَ ۚ ثَقُلَتْ فِي السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۚ لَا تَأْتِيكُمْ إِلَّا بَغْتَةً ۗ يَسْأَلُونَكَ كَأَنَّكَ حَفِيٌّ عَنْهَا ۖ قُلْ إِنَّمَا عِلْمُهَا عِندَ اللَّهِ وَلَٰكِنَّ أَكْثَرَ النَّاسِ لَا يَعْلَمُونَ (187)
Hulle sal u uitvra na die Uur waarop dit sal gebeur. Sê: Slegs my Heer dra kennis daarvan. En alleen Hy sal dit openbaarmaak. Vir die hemele en die aarde is dit belangrik. En dit sal onverwags kom. Hulle vra u net asof dit u kommer besorg. Sê: Kennis daarvan het slegs Allah; maar die meeste mense weet dit nie
قُل لَّا أَمْلِكُ لِنَفْسِي نَفْعًا وَلَا ضَرًّا إِلَّا مَا شَاءَ اللَّهُ ۚ وَلَوْ كُنتُ أَعْلَمُ الْغَيْبَ لَاسْتَكْثَرْتُ مِنَ الْخَيْرِ وَمَا مَسَّنِيَ السُّوءُ ۚ إِنْ أَنَا إِلَّا نَذِيرٌ وَبَشِيرٌ لِّقَوْمٍ يُؤْمِنُونَ (188)
Sê: Ek beheer geen goed of kwaad vir eie voordeel nie, behalwe dít wat Allah behaag. En as ek die Onsigbare geweet het, sou ek ’n oorvloed van die goeie gehad het, en geen kwaad sou my aangeraak het nie. Ek is maar net ’n waarskuwer en ’n draer van blye tydinge vir ’n volk wat glo
۞ هُوَ الَّذِي خَلَقَكُم مِّن نَّفْسٍ وَاحِدَةٍ وَجَعَلَ مِنْهَا زَوْجَهَا لِيَسْكُنَ إِلَيْهَا ۖ فَلَمَّا تَغَشَّاهَا حَمَلَتْ حَمْلًا خَفِيفًا فَمَرَّتْ بِهِ ۖ فَلَمَّا أَثْقَلَت دَّعَوَا اللَّهَ رَبَّهُمَا لَئِنْ آتَيْتَنَا صَالِحًا لَّنَكُونَنَّ مِنَ الشَّاكِرِينَ (189)
Dit is Hy wat julle van een siel geskape het, en daaruit ook vir die man ’n gesellin gemaak het, sodat hy troos in haaar mag vind. En nadat hy haar bedek het, dra sy ’n ligte las en gaan daarmee rond. En wanneer dit swaar word, roep hulle albei Allah, hulle Heer, aan: As U ons ’n goeie kind gee, sal ons waarlik tussen die dankbares wees
فَلَمَّا آتَاهُمَا صَالِحًا جَعَلَا لَهُ شُرَكَاءَ فِيمَا آتَاهُمَا ۚ فَتَعَالَى اللَّهُ عَمَّا يُشْرِكُونَ (190)
Maar as Hy hulle ’n goeie kind gee, skrywe hulle deelgenote aan Hom toe, aangaande dít wat Hy aan hulle albei gegee het. Verhewe is Allah bo wat hulle met Hom vereenselwig
أَيُشْرِكُونَ مَا لَا يَخْلُقُ شَيْئًا وَهُمْ يُخْلَقُونَ (191)
Vereenselwig hulle dít wat niks kan skep nie dan met Hom, terwyl hulle self geskape is
وَلَا يَسْتَطِيعُونَ لَهُمْ نَصْرًا وَلَا أَنفُسَهُمْ يَنصُرُونَ (192)
Dít wat aan ander geen hulp kan verleen nie, en ook nie hulself kan help nie
وَإِن تَدْعُوهُمْ إِلَى الْهُدَىٰ لَا يَتَّبِعُوكُمْ ۚ سَوَاءٌ عَلَيْكُمْ أَدَعَوْتُمُوهُمْ أَمْ أَنتُمْ صَامِتُونَ (193)
En as julle hulle tot navolging oproep, sal hulle nie gehoor gee nie. Dit is vir julle om ‘t ewe, of julle hulle nooi of nie
إِنَّ الَّذِينَ تَدْعُونَ مِن دُونِ اللَّهِ عِبَادٌ أَمْثَالُكُمْ ۖ فَادْعُوهُمْ فَلْيَسْتَجِيبُوا لَكُمْ إِن كُنتُمْ صَادِقِينَ (194)
Voorwaar, hulle wat julle buiten Allah aanroep, is slawe net soos julle. Roep hulle dan aan en laat hulle julle beantwoord, as julle die waarheid spreek
أَلَهُمْ أَرْجُلٌ يَمْشُونَ بِهَا ۖ أَمْ لَهُمْ أَيْدٍ يَبْطِشُونَ بِهَا ۖ أَمْ لَهُمْ أَعْيُنٌ يُبْصِرُونَ بِهَا ۖ أَمْ لَهُمْ آذَانٌ يَسْمَعُونَ بِهَا ۗ قُلِ ادْعُوا شُرَكَاءَكُمْ ثُمَّ كِيدُونِ فَلَا تُنظِرُونِ (195)
Het hulle voete waarmee hulle loop, of het hulle hande waarmee hulle vashou, of het hulle oë waarmee hulle sien, of het hulle ore warmee hulle hoor Sê: Roep julle afgode aan en smee saam planne teen my en verleen my geen uitstel nie
إِنَّ وَلِيِّيَ اللَّهُ الَّذِي نَزَّلَ الْكِتَابَ ۖ وَهُوَ يَتَوَلَّى الصَّالِحِينَ (196)
Waarlik, my Vriend is Allah, Wie die Boek geopenbaar het, en Hy begunstig die regverdiges
وَالَّذِينَ تَدْعُونَ مِن دُونِهِ لَا يَسْتَطِيعُونَ نَصْرَكُمْ وَلَا أَنفُسَهُمْ يَنصُرُونَ (197)
En wat julle buiten Hom aanroep, is nie in staat om julle te help nie; hulle kan hulself nie help nie
وَإِن تَدْعُوهُمْ إِلَى الْهُدَىٰ لَا يَسْمَعُوا ۖ وَتَرَاهُمْ يَنظُرُونَ إِلَيْكَ وَهُمْ لَا يُبْصِرُونَ (198)
En as julle hulle nooi om te volg, luister nie na hulle nie; en u merk hoe hulle na u staar, maar hulle sien nie
خُذِ الْعَفْوَ وَأْمُرْ بِالْعُرْفِ وَأَعْرِضْ عَنِ الْجَاهِلِينَ (199)
Vra om vergifnis, doen goeie dade, en draai weg van die onkundiges af
وَإِمَّا يَنزَغَنَّكَ مِنَ الشَّيْطَانِ نَزْغٌ فَاسْتَعِذْ بِاللَّهِ ۚ إِنَّهُ سَمِيعٌ عَلِيمٌ (200)
En as ’n valse beskuldiging van die duiwel u sou kwel, neem dan u toevlug tot Allah; waarlik Hy is Allerhorend, Alleswetend
إِنَّ الَّذِينَ اتَّقَوْا إِذَا مَسَّهُمْ طَائِفٌ مِّنَ الشَّيْطَانِ تَذَكَّرُوا فَإِذَا هُم مُّبْصِرُونَ (201)
Hulle wat teen die kwaad waak wanneer die duiwel hulle versoek, hulle word oplettend, en kyk! hulle sien
وَإِخْوَانُهُمْ يَمُدُّونَهُمْ فِي الْغَيِّ ثُمَّ لَا يُقْصِرُونَ (202)
En hulle bose broers neem in dwaling toe, en hou nie daar op nie
وَإِذَا لَمْ تَأْتِهِم بِآيَةٍ قَالُوا لَوْلَا اجْتَبَيْتَهَا ۚ قُلْ إِنَّمَا أَتَّبِعُ مَا يُوحَىٰ إِلَيَّ مِن رَّبِّي ۚ هَٰذَا بَصَائِرُ مِن رَّبِّكُمْ وَهُدًى وَرَحْمَةٌ لِّقَوْمٍ يُؤْمِنُونَ (203)
En wanneer u hulle geen teken bring nie, sê hulle: Waarom eis u dit nie? Sê: Ek volg alleen wat my Heer aan my geopenbaar het. Dit is duidelike bewyse van julle Heer, en leiding en genade vir ’n volk wat glo
وَإِذَا قُرِئَ الْقُرْآنُ فَاسْتَمِعُوا لَهُ وَأَنصِتُوا لَعَلَّكُمْ تُرْحَمُونَ (204)
En wanneer die Qur’ãn voorgedra word, luister daarna en wees stil, sodat barmhartigheid aan julle mag geskied
وَاذْكُر رَّبَّكَ فِي نَفْسِكَ تَضَرُّعًا وَخِيفَةً وَدُونَ الْجَهْرِ مِنَ الْقَوْلِ بِالْغُدُوِّ وَالْآصَالِ وَلَا تَكُن مِّنَ الْغَافِلِينَ (205)
En dink aan u Heer in die oggend en in die aand met nederigheid en vrees en sonder luidrugtigheid, en wees nie agtelosig nie
إِنَّ الَّذِينَ عِندَ رَبِّكَ لَا يَسْتَكْبِرُونَ عَنْ عِبَادَتِهِ وَيُسَبِّحُونَهُ وَلَهُ يَسْجُدُونَ ۩ (206)
Waarlik, húlle wat naby u Heer is, is nie vol hoogmoed in Sy diens nie, en hulle verheerlik Hom en prostreer voor Hom
❮ السورة السابقة السورة التـالية ❯

قراءة المزيد من سور القرآن الكريم :

1- الفاتحة2- البقرة3- آل عمران
4- النساء5- المائدة6- الأنعام
7- الأعراف8- الأنفال9- التوبة
10- يونس11- هود12- يوسف
13- الرعد14- إبراهيم15- الحجر
16- النحل17- الإسراء18- الكهف
19- مريم20- طه21- الأنبياء
22- الحج23- المؤمنون24- النور
25- الفرقان26- الشعراء27- النمل
28- القصص29- العنكبوت30- الروم
31- لقمان32- السجدة33- الأحزاب
34- سبأ35- فاطر36- يس
37- الصافات38- ص39- الزمر
40- غافر41- فصلت42- الشورى
43- الزخرف44- الدخان45- الجاثية
46- الأحقاف47- محمد48- الفتح
49- الحجرات50- ق51- الذاريات
52- الطور53- النجم54- القمر
55- الرحمن56- الواقعة57- الحديد
58- المجادلة59- الحشر60- الممتحنة
61- الصف62- الجمعة63- المنافقون
64- التغابن65- الطلاق66- التحريم
67- الملك68- القلم69- الحاقة
70- المعارج71- نوح72- الجن
73- المزمل74- المدثر75- القيامة
76- الإنسان77- المرسلات78- النبأ
79- النازعات80- عبس81- التكوير
82- الإنفطار83- المطففين84- الانشقاق
85- البروج86- الطارق87- الأعلى
88- الغاشية89- الفجر90- البلد
91- الشمس92- الليل93- الضحى
94- الشرح95- التين96- العلق
97- القدر98- البينة99- الزلزلة
100- العاديات101- القارعة102- التكاثر
103- العصر104- الهمزة105- الفيل
106- قريش107- الماعون108- الكوثر
109- الكافرون110- النصر111- المسد
112- الإخلاص113- الفلق114- الناس