سَبَّحَ لِلَّهِ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَمَا فِي الْأَرْضِ ۖ وَهُوَ الْعَزِيزُ الْحَكِيمُ (1) Wat ook al in die hemele is, en wat ook al op die aarde is, dit verheerlik Allah; en Hy is die Allermagtige, die Allerwyse |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لِمَ تَقُولُونَ مَا لَا تَفْعَلُونَ (2) O julle gelowiges! Waarom sê julle wat julle nie doen nie |
كَبُرَ مَقْتًا عِندَ اللَّهِ أَن تَقُولُوا مَا لَا تَفْعَلُونَ (3) Dit is afkeurenswaardig in die oë van Allah dat julle dít moet sê wat julle nie doen nie |
إِنَّ اللَّهَ يُحِبُّ الَّذِينَ يُقَاتِلُونَ فِي سَبِيلِهِ صَفًّا كَأَنَّهُم بُنْيَانٌ مَّرْصُوصٌ (4) Voorwaar, Allah het hulle lief wat op Sy weg in geledere veg, asof hulle ’n hegte muur vorm |
وَإِذْ قَالَ مُوسَىٰ لِقَوْمِهِ يَا قَوْمِ لِمَ تُؤْذُونَنِي وَقَد تَّعْلَمُونَ أَنِّي رَسُولُ اللَّهِ إِلَيْكُمْ ۖ فَلَمَّا زَاغُوا أَزَاغَ اللَّهُ قُلُوبَهُمْ ۚ وَاللَّهُ لَا يَهْدِي الْقَوْمَ الْفَاسِقِينَ (5) En toe Moses aan sy volk gesê het: O my volk! Waarom belaster julle my terwyl julle weet dat ek Allah se boodskapper na julle is? Maar toe hulle afgedwaal het, het Allah hulle harte vehard. En Allah lei nie ’n opstandige volk nie |
وَإِذْ قَالَ عِيسَى ابْنُ مَرْيَمَ يَا بَنِي إِسْرَائِيلَ إِنِّي رَسُولُ اللَّهِ إِلَيْكُم مُّصَدِّقًا لِّمَا بَيْنَ يَدَيَّ مِنَ التَّوْرَاةِ وَمُبَشِّرًا بِرَسُولٍ يَأْتِي مِن بَعْدِي اسْمُهُ أَحْمَدُ ۖ فَلَمَّا جَاءَهُم بِالْبَيِّنَاتِ قَالُوا هَٰذَا سِحْرٌ مُّبِينٌ (6) En toe Jesus, die seun van Maria, gesê het: O Kinders van Israel! Ek is Allah se boodskapper na julle, en ek bevestig dít wat vóór my reeds in die Tora was, en gee die blye tyding van ’n Boodskapper wat ná my sal kom; sy naam is Agmad. Maar toe hy met duidelike bewyse na hulle gekom het, het hulle gesê: Dit is louter towery |
وَمَنْ أَظْلَمُ مِمَّنِ افْتَرَىٰ عَلَى اللَّهِ الْكَذِبَ وَهُوَ يُدْعَىٰ إِلَى الْإِسْلَامِ ۚ وَاللَّهُ لَا يَهْدِي الْقَوْمَ الظَّالِمِينَ (7) En wie is onregverdiger as hy wat ’n leuen teen Allah versin terwyl hy tot Islam opgeroep word? En Allah lei nie die onregverdige volk nie |
يُرِيدُونَ لِيُطْفِئُوا نُورَ اللَّهِ بِأَفْوَاهِهِمْ وَاللَّهُ مُتِمُّ نُورِهِ وَلَوْ كَرِهَ الْكَافِرُونَ (8) Hulle begeer om die lig van Allah met hulle monde uit te doof, maar Allah sal Sy lig vervolmaak, ofskoon die ongelowiges daarvan afkering is |
هُوَ الَّذِي أَرْسَلَ رَسُولَهُ بِالْهُدَىٰ وَدِينِ الْحَقِّ لِيُظْهِرَهُ عَلَى الدِّينِ كُلِّهِ وَلَوْ كَرِهَ الْمُشْرِكُونَ (9) Dit is Hy wat Sy Boodskapper met die leiding en die ware godsdiens gestuur het, sodat Hy dit oor alle ander godsdienste mag laat seëvier, ofskoon die heidene dit haat |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا هَلْ أَدُلُّكُمْ عَلَىٰ تِجَارَةٍ تُنجِيكُم مِّنْ عَذَابٍ أَلِيمٍ (10) O julle gelowiges! Sal ek julle voorgaan in ’n onderhandeling wat julle van ’n pynlike straf sal verlos |
تُؤْمِنُونَ بِاللَّهِ وَرَسُولِهِ وَتُجَاهِدُونَ فِي سَبِيلِ اللَّهِ بِأَمْوَالِكُمْ وَأَنفُسِكُمْ ۚ ذَٰلِكُمْ خَيْرٌ لَّكُمْ إِن كُنتُمْ تَعْلَمُونَ (11) Julle moet glo in Allah en Sy Boodskapper en hard strewe in die weg van Allah met julle besittings en julle lewens. Dit is vir julle beter as julle dit maar weet |
يَغْفِرْ لَكُمْ ذُنُوبَكُمْ وَيُدْخِلْكُمْ جَنَّاتٍ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ وَمَسَاكِنَ طَيِّبَةً فِي جَنَّاتِ عَدْنٍ ۚ ذَٰلِكَ الْفَوْزُ الْعَظِيمُ (12) Hy sal julle sonde vergewe en julle in Tuine toelaat waardeur riviere vloei, en Hy sal aan julle toegang verleen tot pragtige wonings in Tuine van Ewigheid. Dít is die groot sukses |
وَأُخْرَىٰ تُحِبُّونَهَا ۖ نَصْرٌ مِّنَ اللَّهِ وَفَتْحٌ قَرِيبٌ ۗ وَبَشِّرِ الْمُؤْمِنِينَ (13) En nog ’n ander seëning wat julle begeer: hulp van Allah en ’n spoedige oorwinning; en bring blye tydings aan die gelowiges |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا كُونُوا أَنصَارَ اللَّهِ كَمَا قَالَ عِيسَى ابْنُ مَرْيَمَ لِلْحَوَارِيِّينَ مَنْ أَنصَارِي إِلَى اللَّهِ ۖ قَالَ الْحَوَارِيُّونَ نَحْنُ أَنصَارُ اللَّهِ ۖ فَآمَنَت طَّائِفَةٌ مِّن بَنِي إِسْرَائِيلَ وَكَفَرَت طَّائِفَةٌ ۖ فَأَيَّدْنَا الَّذِينَ آمَنُوا عَلَىٰ عَدُوِّهِمْ فَأَصْبَحُوا ظَاهِرِينَ (14) O julle gelowiges! Wees helpers op die weg van Allah, soos Jesus, die seun van Maria, aan sy dissipels gesê het: Wie is my helpers in die weg van Allah? Die dissipels het geantwoord: Ons is helpers in die weg van Allah! Toe het ’n gedeelte van die Kinders van Israel geglo en ’n ander gedeelte het nie geglo nie; en Ons het diegene wat geglo het teen hulle vyand gehelp, en hulle het die oorwinning behaal |