×

سورة العنكبوت باللغة الأفريكانية

ترجمات القرآنباللغة الأفريكانية ⬅ سورة العنكبوت

ترجمة معاني سورة العنكبوت باللغة الأفريكانية - Afrikaans

القرآن باللغة الأفريكانية - سورة العنكبوت مترجمة إلى اللغة الأفريكانية، Surah Ankabut in Afrikaans. نوفر ترجمة دقيقة سورة العنكبوت باللغة الأفريكانية - Afrikaans, الآيات 69 - رقم السورة 29 - الصفحة 396.

بسم الله الرحمن الرحيم

الم (1)
Alief, Laam, Miem
أَحَسِبَ النَّاسُ أَن يُتْرَكُوا أَن يَقُولُوا آمَنَّا وَهُمْ لَا يُفْتَنُونَ (2)
Dink die mense dat hulle met rus gelaat sal word, net omdat hulle sê: Ons glo; sonder dat hulle ook beproef sal word
وَلَقَدْ فَتَنَّا الَّذِينَ مِن قَبْلِهِمْ ۖ فَلَيَعْلَمَنَّ اللَّهُ الَّذِينَ صَدَقُوا وَلَيَعْلَمَنَّ الْكَاذِبِينَ (3)
En Ons het inderdaad diegene vóór hulle beproef; daarom sal Allah seker weet wie opreg is, en Hy sal weet wie die leuenaars is
أَمْ حَسِبَ الَّذِينَ يَعْمَلُونَ السَّيِّئَاتِ أَن يَسْبِقُونَا ۚ سَاءَ مَا يَحْكُمُونَ (4)
Of dink hulle wat bose dade doen, dat hulle Ons sal ontsnap? Hulle oordeel is swak
مَن كَانَ يَرْجُو لِقَاءَ اللَّهِ فَإِنَّ أَجَلَ اللَّهِ لَآتٍ ۚ وَهُوَ السَّمِيعُ الْعَلِيمُ (5)
Wie die ontmoeting met Allah verwag, moet weet dat die vasgestelde tyd van Allah gewis sal kom. En Hy is die Alles- horende, die Alleswetende
وَمَن جَاهَدَ فَإِنَّمَا يُجَاهِدُ لِنَفْسِهِ ۚ إِنَّ اللَّهَ لَغَنِيٌّ عَنِ الْعَالَمِينَ (6)
En wie hard strewe, strewe slegs vir homself. Voorwaar, Allah is Selfgenoegsaam, bo die behoefte van Sy skepsels verhef
وَالَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ لَنُكَفِّرَنَّ عَنْهُمْ سَيِّئَاتِهِمْ وَلَنَجْزِيَنَّهُمْ أَحْسَنَ الَّذِي كَانُوا يَعْمَلُونَ (7)
En aangaande hulle wat glo en goeie dade doen, Ons sal gewis hulle kwellings verwyder en hulle die beste beloning gee vir wat hulle doen
وَوَصَّيْنَا الْإِنسَانَ بِوَالِدَيْهِ حُسْنًا ۖ وَإِن جَاهَدَاكَ لِتُشْرِكَ بِي مَا لَيْسَ لَكَ بِهِ عِلْمٌ فَلَا تُطِعْهُمَا ۚ إِلَيَّ مَرْجِعُكُمْ فَأُنَبِّئُكُم بِمَا كُنتُمْ تَعْمَلُونَ (8)
En Ons het die mens gebied om sy ouers goed te behandel. Maar indien hulle met u argumenteer om ander met My te vereenselwig waarvan u geen kennis dra nie, gehoorsaam hulle nie. Tot My is u terugkeer, en Ek sal u meedeel wat u gedoen het
وَالَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ لَنُدْخِلَنَّهُمْ فِي الصَّالِحِينَ (9)
En hulle wat glo en goeie dade doen, vir hulle sal Ons sekerlik onder die regverdiges toelaat
وَمِنَ النَّاسِ مَن يَقُولُ آمَنَّا بِاللَّهِ فَإِذَا أُوذِيَ فِي اللَّهِ جَعَلَ فِتْنَةَ النَّاسِ كَعَذَابِ اللَّهِ وَلَئِن جَاءَ نَصْرٌ مِّن رَّبِّكَ لَيَقُولُنَّ إِنَّا كُنَّا مَعَكُمْ ۚ أَوَلَيْسَ اللَّهُ بِأَعْلَمَ بِمَا فِي صُدُورِ الْعَالَمِينَ (10)
En onder die mense is daar hy wat sê: Ons glo in Allah. Maar as hy vervolg word ter wille van Allah, beskou hy die vervolging as ’n straf van Allah. En as hulp van u Heer kom, sê hulle: Waarlik, ons was saam met u. Is Allah dan nie die Beste Kennisdraer van wat in die hart van die mens omgaan nie
وَلَيَعْلَمَنَّ اللَّهُ الَّذِينَ آمَنُوا وَلَيَعْلَمَنَّ الْمُنَافِقِينَ (11)
Allah sal seker weet wie diegene is wat glo, en Hy sal weet wie die huigelaars is
وَقَالَ الَّذِينَ كَفَرُوا لِلَّذِينَ آمَنُوا اتَّبِعُوا سَبِيلَنَا وَلْنَحْمِلْ خَطَايَاكُمْ وَمَا هُم بِحَامِلِينَ مِنْ خَطَايَاهُم مِّن شَيْءٍ ۖ إِنَّهُمْ لَكَاذِبُونَ (12)
En hulle wat nie glo nie sê aan die gelowiges: Volg ons weg; ons sal julle sonde dra. En hulle is nie in staat om hul sondes te dra nie. Hulle is sekerlik leuenaars
وَلَيَحْمِلُنَّ أَثْقَالَهُمْ وَأَثْقَالًا مَّعَ أَثْقَالِهِمْ ۖ وَلَيُسْأَلُنَّ يَوْمَ الْقِيَامَةِ عَمَّا كَانُوا يَفْتَرُونَ (13)
Hulle sal sekerlik hulle eie laste dra, en ander laste buiten hulle eie laste; en waarlik, hulle sal op die Opstandingsdag ondervra word aangaande dít wat hulle versin het
وَلَقَدْ أَرْسَلْنَا نُوحًا إِلَىٰ قَوْمِهِ فَلَبِثَ فِيهِمْ أَلْفَ سَنَةٍ إِلَّا خَمْسِينَ عَامًا فَأَخَذَهُمُ الطُّوفَانُ وَهُمْ ظَالِمُونَ (14)
Voorwaar, Ons het Noag na sy volk gestuur, en op vyftig jaar na het hy ’n duisend jaar onder hulle gebly. En die sondvloed het hulle ingehaal terwyl hulle sondaars was
فَأَنجَيْنَاهُ وَأَصْحَابَ السَّفِينَةِ وَجَعَلْنَاهَا آيَةً لِّلْعَالَمِينَ (15)
Daarom het Ons hom en sy volgelinge in die ark gered, en dit tot ’n teken vir die volke gemaak
وَإِبْرَاهِيمَ إِذْ قَالَ لِقَوْمِهِ اعْبُدُوا اللَّهَ وَاتَّقُوهُ ۖ ذَٰلِكُمْ خَيْرٌ لَّكُمْ إِن كُنتُمْ تَعْلَمُونَ (16)
En vir Abraham het Ons gestuur toe hy aan sy volk gesê het: Aanbid Allah, en wees bewus van Hom. Dit sal vir julle die beste wees, indien julle dit weet
إِنَّمَا تَعْبُدُونَ مِن دُونِ اللَّهِ أَوْثَانًا وَتَخْلُقُونَ إِفْكًا ۚ إِنَّ الَّذِينَ تَعْبُدُونَ مِن دُونِ اللَّهِ لَا يَمْلِكُونَ لَكُمْ رِزْقًا فَابْتَغُوا عِندَ اللَّهِ الرِّزْقَ وَاعْبُدُوهُ وَاشْكُرُوا لَهُ ۖ إِلَيْهِ تُرْجَعُونَ (17)
Buiten Allah aanbid julle slegs afgode, en julle versin ’n leuen. Hulle wat julle buiten Allah aanbid, het sekerlik geen gesag oor julle onderhoud nie. Soek daarom lewensonderhoud van Allah en aanbid Hom en wees Hom dankbaar. Tot Hom sal julle teruggebring word
وَإِن تُكَذِّبُوا فَقَدْ كَذَّبَ أُمَمٌ مِّن قَبْلِكُمْ ۖ وَمَا عَلَى الرَّسُولِ إِلَّا الْبَلَاغُ الْمُبِينُ (18)
En as julle verloën, ander nasies vóór julle het die Waarheid inderdaad ook verloën. En die plig van die Boodskapper is slegs om die boodskap duidelik af te lewer
أَوَلَمْ يَرَوْا كَيْفَ يُبْدِئُ اللَّهُ الْخَلْقَ ثُمَّ يُعِيدُهُ ۚ إِنَّ ذَٰلِكَ عَلَى اللَّهِ يَسِيرٌ (19)
Sien hulle nie hoedat Allah die skepping verwek en dit daarna herhaal nie? Dit is waarlik maklik vir Allah
قُلْ سِيرُوا فِي الْأَرْضِ فَانظُرُوا كَيْفَ بَدَأَ الْخَلْقَ ۚ ثُمَّ اللَّهُ يُنشِئُ النَّشْأَةَ الْآخِرَةَ ۚ إِنَّ اللَّهَ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (20)
Sê: Reis oor die aarde, en kyk hoe Allah die eerste skepping begin het en daarna ook die latere skepping verwek het. Waarlik, Allah het mag oor alle dinge
يُعَذِّبُ مَن يَشَاءُ وَيَرْحَمُ مَن يَشَاءُ ۖ وَإِلَيْهِ تُقْلَبُونَ (21)
Hy straf wie Hy wil en Hy toon barmhartigheid aan wie Hy wil, en tot Hom sal julle teruggebring word
وَمَا أَنتُم بِمُعْجِزِينَ فِي الْأَرْضِ وَلَا فِي السَّمَاءِ ۖ وَمَا لَكُم مِّن دُونِ اللَّهِ مِن وَلِيٍّ وَلَا نَصِيرٍ (22)
En julle kan nie uit die aarde of uit die hemel ontsnap nie, en buiten Allah het julle geen beskermer of helper nie
وَالَّذِينَ كَفَرُوا بِآيَاتِ اللَّهِ وَلِقَائِهِ أُولَٰئِكَ يَئِسُوا مِن رَّحْمَتِي وَأُولَٰئِكَ لَهُمْ عَذَابٌ أَلِيمٌ (23)
En diegene wat nie in die tekens van Allah en die ontmoeting met Hom glo nie, hulle wanhoop aan My barmhartigheid, en vir hulle is daar ’n smartlike straf
فَمَا كَانَ جَوَابَ قَوْمِهِ إِلَّا أَن قَالُوا اقْتُلُوهُ أَوْ حَرِّقُوهُ فَأَنجَاهُ اللَّهُ مِنَ النَّارِ ۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَاتٍ لِّقَوْمٍ يُؤْمِنُونَ (24)
En die antwoord van sy volk was niks anders nie as dat hulle gesê het: Maak hom dood, of verbrand hom! Maar Allah het hom van die vuur gered. Daarin is sekerlik tekens vir ’n volk wat glo
وَقَالَ إِنَّمَا اتَّخَذْتُم مِّن دُونِ اللَّهِ أَوْثَانًا مَّوَدَّةَ بَيْنِكُمْ فِي الْحَيَاةِ الدُّنْيَا ۖ ثُمَّ يَوْمَ الْقِيَامَةِ يَكْفُرُ بَعْضُكُم بِبَعْضٍ وَيَلْعَنُ بَعْضُكُم بَعْضًا وَمَأْوَاكُمُ النَّارُ وَمَا لَكُم مِّن نَّاصِرِينَ (25)
En hy het gesê: Julle het buiten Allah slegs afgode geneem ter wille van die vriendskap met mekaar in die lewe van hierdie wêreld, maar op die Opstandingsdag sal sommige van julle ander vervloek; en julle tuiste sal die Vuur wees, en julle sal geen helpers hê nie
۞ فَآمَنَ لَهُ لُوطٌ ۘ وَقَالَ إِنِّي مُهَاجِرٌ إِلَىٰ رَبِّي ۖ إِنَّهُ هُوَ الْعَزِيزُ الْحَكِيمُ (26)
Lot het daarom in hom geglo. En hy het gesê: Ek vlug na my Heer. Waarlik, Hy is die Almagtige, die Allerwyse
وَوَهَبْنَا لَهُ إِسْحَاقَ وَيَعْقُوبَ وَجَعَلْنَا فِي ذُرِّيَّتِهِ النُّبُوَّةَ وَالْكِتَابَ وَآتَيْنَاهُ أَجْرَهُ فِي الدُّنْيَا ۖ وَإِنَّهُ فِي الْآخِرَةِ لَمِنَ الصَّالِحِينَ (27)
En Ons het Isak en Jakob aan hom gegee, en die profeetskap en die Boek vir sy nageslag verorden. En Ons het hom sy beloning in hierdie wêreld gegee, en in die Hiernamaals sal hy sekerlik onder die regverdiges wees
وَلُوطًا إِذْ قَالَ لِقَوْمِهِ إِنَّكُمْ لَتَأْتُونَ الْفَاحِشَةَ مَا سَبَقَكُم بِهَا مِنْ أَحَدٍ مِّنَ الْعَالَمِينَ (28)
En toe Lot aan sy volk gesê het: Voorwaar, julle verrig ’n gruwel- daad wat geen mens ooit vóór julle begaan het nie
أَئِنَّكُمْ لَتَأْتُونَ الرِّجَالَ وَتَقْطَعُونَ السَّبِيلَ وَتَأْتُونَ فِي نَادِيكُمُ الْمُنكَرَ ۖ فَمَا كَانَ جَوَابَ قَوْمِهِ إِلَّا أَن قَالُوا ائْتِنَا بِعَذَابِ اللَّهِ إِن كُنتَ مِنَ الصَّادِقِينَ (29)
Nader julle manne met wellus, en pleeg julle struikrowery, en begaan julle selfs gruweldade op julle byeenkomste? Maar die antwoord van sy volk was slegs: Bring die straf van Allah oor ons, as u die waarheid spreek
قَالَ رَبِّ انصُرْنِي عَلَى الْقَوْمِ الْمُفْسِدِينَ (30)
Hy het gesê: My Heer! Help my teen hierdie sondige volk
وَلَمَّا جَاءَتْ رُسُلُنَا إِبْرَاهِيمَ بِالْبُشْرَىٰ قَالُوا إِنَّا مُهْلِكُو أَهْلِ هَٰذِهِ الْقَرْيَةِ ۖ إِنَّ أَهْلَهَا كَانُوا ظَالِمِينَ (31)
En toe Ons boodskappers met goeie nuus na Abraham gekom het, het hulle gesê: Ons gaan die volk van hierdie stad vernietig, want haar inwoners is kwaaddoeners
قَالَ إِنَّ فِيهَا لُوطًا ۚ قَالُوا نَحْنُ أَعْلَمُ بِمَن فِيهَا ۖ لَنُنَجِّيَنَّهُ وَأَهْلَهُ إِلَّا امْرَأَتَهُ كَانَتْ مِنَ الْغَابِرِينَ (32)
Hy het gesê: Maar Lot is daarin. Hulle het gesê: Ons weet wel wie daarin is. Ons sal hom en sy volgelinge sekerlik red, behalwe sy vrou; sy is een van hulle wat sal agterbly
وَلَمَّا أَن جَاءَتْ رُسُلُنَا لُوطًا سِيءَ بِهِمْ وَضَاقَ بِهِمْ ذَرْعًا وَقَالُوا لَا تَخَفْ وَلَا تَحْزَنْ ۖ إِنَّا مُنَجُّوكَ وَأَهْلَكَ إِلَّا امْرَأَتَكَ كَانَتْ مِنَ الْغَابِرِينَ (33)
En toe Ons boodskappers by Lot kom, het hy verdriet oor hulle gehad, want hy was nie in staat om hulle te beskerm nie. Maar hulle het gesê: Moenie vrees nie, en treur ook nie. Waarlik, ons sal u en u volgelinge red, behalwe u vrou, want sy is een van hulle wat moet agterbly
إِنَّا مُنزِلُونَ عَلَىٰ أَهْلِ هَٰذِهِ الْقَرْيَةِ رِجْزًا مِّنَ السَّمَاءِ بِمَا كَانُوا يَفْسُقُونَ (34)
Ons sal gewis ’n straf uit die hemel oor die bewoners van hierdie stad afstuur, vanweë hul oortredinge
وَلَقَد تَّرَكْنَا مِنْهَا آيَةً بَيِّنَةً لِّقَوْمٍ يَعْقِلُونَ (35)
En Ons het waarlik ’n duidelike teken daarvan nagelaat vir ’n volk wat verstaan
وَإِلَىٰ مَدْيَنَ أَخَاهُمْ شُعَيْبًا فَقَالَ يَا قَوْمِ اعْبُدُوا اللَّهَ وَارْجُوا الْيَوْمَ الْآخِرَ وَلَا تَعْثَوْا فِي الْأَرْضِ مُفْسِدِينَ (36)
En na Mede het Ons hulle broer Sjoe-eib gestuur, wat gesê het: O my volk! Dien Allah, en vrees die Laaste Dag, en stig geen onheil op hierdie aarde nie
فَكَذَّبُوهُ فَأَخَذَتْهُمُ الرَّجْفَةُ فَأَصْبَحُوا فِي دَارِهِمْ جَاثِمِينَ (37)
Maar hulle het hom verloën. Daarom het ’n hewige aardbewing hulle getref, en hulle het in hul wonings uitgestrek op die grond bly lê
وَعَادًا وَثَمُودَ وَقَد تَّبَيَّنَ لَكُم مِّن مَّسَاكِنِهِمْ ۖ وَزَيَّنَ لَهُمُ الشَّيْطَانُ أَعْمَالَهُمْ فَصَدَّهُمْ عَنِ السَّبِيلِ وَكَانُوا مُسْتَبْصِرِينَ (38)
En Aad en Thamoed! Sommige van hulle wonings kan julle inderdaad nog sien. En die duiwel het hulle dade vir hul aan- loklik gemaak, en het hulle uit die pad gedraai, ofskoon hulle dit duidelik kon sien
وَقَارُونَ وَفِرْعَوْنَ وَهَامَانَ ۖ وَلَقَدْ جَاءَهُم مُّوسَىٰ بِالْبَيِّنَاتِ فَاسْتَكْبَرُوا فِي الْأَرْضِ وَمَا كَانُوا سَابِقِينَ (39)
En Korah en Farao en Hamaan! En waarlik, Moses het met duidelike bewyse na hulle gekom, maar hulle het hul hoog- moedig gedra; maar hulle kon Ons nie ontduik nie
فَكُلًّا أَخَذْنَا بِذَنبِهِ ۖ فَمِنْهُم مَّنْ أَرْسَلْنَا عَلَيْهِ حَاصِبًا وَمِنْهُم مَّنْ أَخَذَتْهُ الصَّيْحَةُ وَمِنْهُم مَّنْ خَسَفْنَا بِهِ الْأَرْضَ وَمِنْهُم مَّنْ أَغْرَقْنَا ۚ وَمَا كَانَ اللَّهُ لِيَظْلِمَهُمْ وَلَٰكِن كَانُوا أَنفُسَهُمْ يَظْلِمُونَ (40)
So het Ons iedereen vir sy sonde gestraf. En onder hulle was hy oor wie Ons ’n geweldige storm gestuur het, en onder hulle was een wat deur die aardbewing getref is, en onder hulle was hy wat in die aarde versink het, en onder hulle was hy vir wie Ons laat verdrink het. en dit was nie Allah wat hulle onreg aangedoen het nie, maar hulle het hulself onreg aangedoen
مَثَلُ الَّذِينَ اتَّخَذُوا مِن دُونِ اللَّهِ أَوْلِيَاءَ كَمَثَلِ الْعَنكَبُوتِ اتَّخَذَتْ بَيْتًا ۖ وَإِنَّ أَوْهَنَ الْبُيُوتِ لَبَيْتُ الْعَنكَبُوتِ ۖ لَوْ كَانُوا يَعْلَمُونَ (41)
Die gelykenis van hulle wat beskermhere buiten Allah aanneem, is soos die gelykenis van die spinnekop wat ’n huis vir haarself maak; en die swakste huis is sekerlik die huis van die spinnekop, as hulle dit maar net besef
إِنَّ اللَّهَ يَعْلَمُ مَا يَدْعُونَ مِن دُونِهِ مِن شَيْءٍ ۚ وَهُوَ الْعَزِيزُ الْحَكِيمُ (42)
Voorwaar, Allah weet wat hulle buiten Hom aanroep. En Hy is die Almagtige, die Allerwyse
وَتِلْكَ الْأَمْثَالُ نَضْرِبُهَا لِلنَّاسِ ۖ وَمَا يَعْقِلُهَا إِلَّا الْعَالِمُونَ (43)
En hierdie gelykenisse stel Ons voor vir die mens, en niemand verstaan hulle nie behalwe die geleerdes
خَلَقَ اللَّهُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ بِالْحَقِّ ۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَةً لِّلْمُؤْمِنِينَ (44)
Allah het die hemele en die aarde in waarheid geskape. Daarin is sekerlik ’n teken vir diegene wat glo
اتْلُ مَا أُوحِيَ إِلَيْكَ مِنَ الْكِتَابِ وَأَقِمِ الصَّلَاةَ ۖ إِنَّ الصَّلَاةَ تَنْهَىٰ عَنِ الْفَحْشَاءِ وَالْمُنكَرِ ۗ وَلَذِكْرُ اللَّهِ أَكْبَرُ ۗ وَاللَّهُ يَعْلَمُ مَا تَصْنَعُونَ (45)
Verkondig dít wat aan u in die Boek geopenbaar is, en onderhou die gebed. Voorwaar, die gebed hou ’n mens weg van onwelvoeg- likheid en die kwaad. Om aan Allah te dink, is sekerlik die grootste krag. En Allah weet wat julle doen
۞ وَلَا تُجَادِلُوا أَهْلَ الْكِتَابِ إِلَّا بِالَّتِي هِيَ أَحْسَنُ إِلَّا الَّذِينَ ظَلَمُوا مِنْهُمْ ۖ وَقُولُوا آمَنَّا بِالَّذِي أُنزِلَ إِلَيْنَا وَأُنزِلَ إِلَيْكُمْ وَإِلَٰهُنَا وَإِلَٰهُكُمْ وَاحِدٌ وَنَحْنُ لَهُ مُسْلِمُونَ (46)
En redeneer nie met die Mense van die Boek nie, behalwe op ’n goeie wyse, en slegs met diegene wat onregverdig handel. Maar sê: Ons glo wat aan ons en aan julle geopenbaar is, en Ons God en julle God is EEN, en ons is onderdanig aan Hom
وَكَذَٰلِكَ أَنزَلْنَا إِلَيْكَ الْكِتَابَ ۚ فَالَّذِينَ آتَيْنَاهُمُ الْكِتَابَ يُؤْمِنُونَ بِهِ ۖ وَمِنْ هَٰؤُلَاءِ مَن يُؤْمِنُ بِهِ ۚ وَمَا يَجْحَدُ بِآيَاتِنَا إِلَّا الْكَافِرُونَ (47)
En aldus het Ons die Boek aan u geopenbaar, en hulle aan wie Ons die Boek gegee het, glo daarin, en onder die volk van Mekka is daar ook sommige wat daarin glo; en niemand ontken Ons tekens nie, behalwe die ongelowiges
وَمَا كُنتَ تَتْلُو مِن قَبْلِهِ مِن كِتَابٍ وَلَا تَخُطُّهُ بِيَمِينِكَ ۖ إِذًا لَّارْتَابَ الْمُبْطِلُونَ (48)
Voorheen het u geen boek gelees, of een met u regterhand geskryf nie, want anders kon die leuenaars daaraan getwyfel het
بَلْ هُوَ آيَاتٌ بَيِّنَاتٌ فِي صُدُورِ الَّذِينَ أُوتُوا الْعِلْمَ ۚ وَمَا يَجْحَدُ بِآيَاتِنَا إِلَّا الظَّالِمُونَ (49)
Nee, dit is duidelike tekens in die harte van diegene aan wie kennis geskenk is. En niemand ontken Ons tekens nie, behalwe die kwaaddoeners
وَقَالُوا لَوْلَا أُنزِلَ عَلَيْهِ آيَاتٌ مِّن رَّبِّهِ ۖ قُلْ إِنَّمَا الْآيَاتُ عِندَ اللَّهِ وَإِنَّمَا أَنَا نَذِيرٌ مُّبِينٌ (50)
En hulle sê: Waarom word geen tekens van sy Heer aan hom gestuur nie? Sê: Die tekens is alleen by Allah, en ek is slegs ’n duidelike waarskuwer
أَوَلَمْ يَكْفِهِمْ أَنَّا أَنزَلْنَا عَلَيْكَ الْكِتَابَ يُتْلَىٰ عَلَيْهِمْ ۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَرَحْمَةً وَذِكْرَىٰ لِقَوْمٍ يُؤْمِنُونَ (51)
Is dit nie genoeg vir hulle dat Ons aan u die Boek geopenbaar het wat aan hulle voorgedra word nie? Voorwaar, hierin is barmhartigheid en ’n waarskuwing vir ’n gelowige volk
قُلْ كَفَىٰ بِاللَّهِ بَيْنِي وَبَيْنَكُمْ شَهِيدًا ۖ يَعْلَمُ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۗ وَالَّذِينَ آمَنُوا بِالْبَاطِلِ وَكَفَرُوا بِاللَّهِ أُولَٰئِكَ هُمُ الْخَاسِرُونَ (52)
Sê: Allah is voldoende as Getuie tussen my en julle. Hy weet alles wat in die hemele en op die aarde is. En hulle wat in valsheid glo en nie in Allah nie, hulle is dié wat die verloorders sal wees
وَيَسْتَعْجِلُونَكَ بِالْعَذَابِ ۚ وَلَوْلَا أَجَلٌ مُّسَمًّى لَّجَاءَهُمُ الْعَذَابُ وَلَيَأْتِيَنَّهُم بَغْتَةً وَهُمْ لَا يَشْعُرُونَ (53)
En hulle vra u om die straf te verhaas. En was dit nie dat daar reeds ’n tydperk vasgestel was nie, sou die straf sekerlik oor hulle gekom het. En dit sal gewis skielik oor hulle kom, terwyl hulle dit nie besef nie
يَسْتَعْجِلُونَكَ بِالْعَذَابِ وَإِنَّ جَهَنَّمَ لَمُحِيطَةٌ بِالْكَافِرِينَ (54)
Hulle vra u om die straf te verhaas; maar waarlik, die Hel sal die ongelowiges omring
يَوْمَ يَغْشَاهُمُ الْعَذَابُ مِن فَوْقِهِمْ وَمِن تَحْتِ أَرْجُلِهِمْ وَيَقُولُ ذُوقُوا مَا كُنتُمْ تَعْمَلُونَ (55)
op die Dag wanneer die straf hulle sal oorweldig, van bokant hulle en van onder hulle voete! En Hy sal sê: Smaak die straf van julle hande
يَا عِبَادِيَ الَّذِينَ آمَنُوا إِنَّ أَرْضِي وَاسِعَةٌ فَإِيَّايَ فَاعْبُدُونِ (56)
O My dienaars wat glo! My aarde is waarlik uitgestrek; aanbid daarom My alleen
كُلُّ نَفْسٍ ذَائِقَةُ الْمَوْتِ ۖ ثُمَّ إِلَيْنَا تُرْجَعُونَ (57)
Elke siel moet die dood ondervind; daarna sal julle na Ons teruggebring word
وَالَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ لَنُبَوِّئَنَّهُم مِّنَ الْجَنَّةِ غُرَفًا تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا ۚ نِعْمَ أَجْرُ الْعَامِلِينَ (58)
En hulle wat glo en goeddoen, sal Ons sekerlik huisves in verhewe wonings van die Paradys waardeur riviere vloei. Hulle sal daarin bly. Hoe voortreflik is die beloning van hulle wat goeddoen
الَّذِينَ صَبَرُوا وَعَلَىٰ رَبِّهِمْ يَتَوَكَّلُونَ (59)
Hulle wat standvastig is en hulle vertroue in hul Heer stel
وَكَأَيِّن مِّن دَابَّةٍ لَّا تَحْمِلُ رِزْقَهَا اللَّهُ يَرْزُقُهَا وَإِيَّاكُمْ ۚ وَهُوَ السَّمِيعُ الْعَلِيمُ (60)
En hoeveel diere is daar wat nie hulle eie lewensonderhoud saamdra nie! Allah sorg vir hulle, en vir julle. En Hy is die Alleshorende, die Alleswetende
وَلَئِن سَأَلْتَهُم مَّنْ خَلَقَ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ وَسَخَّرَ الشَّمْسَ وَالْقَمَرَ لَيَقُولُنَّ اللَّهُ ۖ فَأَنَّىٰ يُؤْفَكُونَ (61)
En as u hulle vra: Wie het die hemele en die aarde geskape, en die son en die maan in diens gestel? Dan sal hulle sekerlik sê: Allah. Waarom is hulle dan nie op die regte weg nie
اللَّهُ يَبْسُطُ الرِّزْقَ لِمَن يَشَاءُ مِنْ عِبَادِهِ وَيَقْدِرُ لَهُ ۚ إِنَّ اللَّهَ بِكُلِّ شَيْءٍ عَلِيمٌ (62)
Allah vergroot en verminder die lewensonderhoud vir wie van Sy dienaars Hy wil. Voorwaar, Allah het kennis van alle dinge
وَلَئِن سَأَلْتَهُم مَّن نَّزَّلَ مِنَ السَّمَاءِ مَاءً فَأَحْيَا بِهِ الْأَرْضَ مِن بَعْدِ مَوْتِهَا لَيَقُولُنَّ اللَّهُ ۚ قُلِ الْحَمْدُ لِلَّهِ ۚ بَلْ أَكْثَرُهُمْ لَا يَعْقِلُونَ (63)
En as u hulle vra: Wie is dit wat water uit die wolke afstuur en lewe gee aan die aarde ná haar dood? Dan sal hulle sekerlik sê: Allah. Sê: Alle lof behoort aan Allah! Nee, die meeste van hulle verstaan nie
وَمَا هَٰذِهِ الْحَيَاةُ الدُّنْيَا إِلَّا لَهْوٌ وَلَعِبٌ ۚ وَإِنَّ الدَّارَ الْآخِرَةَ لَهِيَ الْحَيَوَانُ ۚ لَوْ كَانُوا يَعْلَمُونَ (64)
En die lewe van hierdie wêreld is niks anders nie as ’n leë vermaak en ’n speletjie. En die tuiste van die Hiernamaals, dít is die werklike Lewe, as hulle dit maar kon weet
فَإِذَا رَكِبُوا فِي الْفُلْكِ دَعَوُا اللَّهَ مُخْلِصِينَ لَهُ الدِّينَ فَلَمَّا نَجَّاهُمْ إِلَى الْبَرِّ إِذَا هُمْ يُشْرِكُونَ (65)
En wanneer hulle op ’n skip vaar, roep hulle Allah aan, opreg in hul gehoorsaamheid aan Hom. Maar wanneer Hy hulle veilig aan wal bring, kyk! dan skryf hulle deelgenote aan Hom toe
لِيَكْفُرُوا بِمَا آتَيْنَاهُمْ وَلِيَتَمَتَّعُوا ۖ فَسَوْفَ يَعْلَمُونَ (66)
en hulle is ondankbaar vir wat Ons hulle geskenk het, en hulle vermaak hulself. Maar hulle sal dit weldra te wete kom
أَوَلَمْ يَرَوْا أَنَّا جَعَلْنَا حَرَمًا آمِنًا وَيُتَخَطَّفُ النَّاسُ مِنْ حَوْلِهِمْ ۚ أَفَبِالْبَاطِلِ يُؤْمِنُونَ وَبِنِعْمَةِ اللَّهِ يَكْفُرُونَ (67)
Sien hulle dan nie dat Ons ’n Heiligdom2* veilig gemaak het, terwyl mense rondom hulle met geweld weggevoer word nie? Wil hulle dan nog in die valsheid glo en nie in die gunste van Allah nie
وَمَنْ أَظْلَمُ مِمَّنِ افْتَرَىٰ عَلَى اللَّهِ كَذِبًا أَوْ كَذَّبَ بِالْحَقِّ لَمَّا جَاءَهُ ۚ أَلَيْسَ فِي جَهَنَّمَ مَثْوًى لِّلْكَافِرِينَ (68)
En wie is onregverdiger as hy wat ’n leuen teen Allah versin, of die Waarheid verloën wanneer dit na hom kom? Is daar nie in die Hel ’n oord vir die ongelowiges nie
وَالَّذِينَ جَاهَدُوا فِينَا لَنَهْدِيَنَّهُمْ سُبُلَنَا ۚ وَإِنَّ اللَّهَ لَمَعَ الْمُحْسِنِينَ (69)
En vir hulle wat hard na Ons guns strewe, sal Ons sekerlik op Ons weg lei. En Allah is waarlik na aan hulle wat goeddoen
❮ السورة السابقة السورة التـالية ❯

قراءة المزيد من سور القرآن الكريم :

1- الفاتحة2- البقرة3- آل عمران
4- النساء5- المائدة6- الأنعام
7- الأعراف8- الأنفال9- التوبة
10- يونس11- هود12- يوسف
13- الرعد14- إبراهيم15- الحجر
16- النحل17- الإسراء18- الكهف
19- مريم20- طه21- الأنبياء
22- الحج23- المؤمنون24- النور
25- الفرقان26- الشعراء27- النمل
28- القصص29- العنكبوت30- الروم
31- لقمان32- السجدة33- الأحزاب
34- سبأ35- فاطر36- يس
37- الصافات38- ص39- الزمر
40- غافر41- فصلت42- الشورى
43- الزخرف44- الدخان45- الجاثية
46- الأحقاف47- محمد48- الفتح
49- الحجرات50- ق51- الذاريات
52- الطور53- النجم54- القمر
55- الرحمن56- الواقعة57- الحديد
58- المجادلة59- الحشر60- الممتحنة
61- الصف62- الجمعة63- المنافقون
64- التغابن65- الطلاق66- التحريم
67- الملك68- القلم69- الحاقة
70- المعارج71- نوح72- الجن
73- المزمل74- المدثر75- القيامة
76- الإنسان77- المرسلات78- النبأ
79- النازعات80- عبس81- التكوير
82- الإنفطار83- المطففين84- الانشقاق
85- البروج86- الطارق87- الأعلى
88- الغاشية89- الفجر90- البلد
91- الشمس92- الليل93- الضحى
94- الشرح95- التين96- العلق
97- القدر98- البينة99- الزلزلة
100- العاديات101- القارعة102- التكاثر
103- العصر104- الهمزة105- الفيل
106- قريش107- الماعون108- الكوثر
109- الكافرون110- النصر111- المسد
112- الإخلاص113- الفلق114- الناس