يَسْأَلُونَكَ عَنِ الْأَنفَالِ ۖ قُلِ الْأَنفَالُ لِلَّهِ وَالرَّسُولِ ۖ فَاتَّقُوا اللَّهَ وَأَصْلِحُوا ذَاتَ بَيْنِكُمْ ۖ وَأَطِيعُوا اللَّهَ وَرَسُولَهُ إِن كُنتُم مُّؤْمِنِينَ (1) Hulle vra u uit omtrent die oorlogsloot. Sê: Die oorlogsloot is vir Allah en die Boodskapper. Wees bewus van Allah, en besleg julle onderlinge geskille, en wees gehoorsaam aan Allah en Sy Boodskapper as julle waarlik gelowiges is |
إِنَّمَا الْمُؤْمِنُونَ الَّذِينَ إِذَا ذُكِرَ اللَّهُ وَجِلَتْ قُلُوبُهُمْ وَإِذَا تُلِيَتْ عَلَيْهِمْ آيَاتُهُ زَادَتْهُمْ إِيمَانًا وَعَلَىٰ رَبِّهِمْ يَتَوَكَّلُونَ (2) Slegs hulle wie se harte met vrees vervul word wanneer die naam van Allah genoem word, en wanneer Sy tekens aan hulle voorgelê word, is ware gelowiges; dit laat hulle in die geloof toeneem, en hulle vertrou op hul Heer |
الَّذِينَ يُقِيمُونَ الصَّلَاةَ وَمِمَّا رَزَقْنَاهُمْ يُنفِقُونَ (3) Hulle wat die gebed onderhou en aan ander bestee waarmee Ons hulle voorsien het |
أُولَٰئِكَ هُمُ الْمُؤْمِنُونَ حَقًّا ۚ لَّهُمْ دَرَجَاتٌ عِندَ رَبِّهِمْ وَمَغْفِرَةٌ وَرِزْقٌ كَرِيمٌ (4) Diesulkes is die ware gelowiges. Vir hulle is eregrade by hulle Heer, en beskerming, en ’n edele voorsiening |
كَمَا أَخْرَجَكَ رَبُّكَ مِن بَيْتِكَ بِالْحَقِّ وَإِنَّ فَرِيقًا مِّنَ الْمُؤْمِنِينَ لَكَارِهُونَ (5) So het u Heer gegee dat u van u huis in waarheid voortgaan, hoewel ’n deel van die gelowiges nie daarvan gehou het nie |
يُجَادِلُونَكَ فِي الْحَقِّ بَعْدَمَا تَبَيَّنَ كَأَنَّمَا يُسَاقُونَ إِلَى الْمَوْتِ وَهُمْ يَنظُرُونَ (6) en met u geargumenteer het omtrent die waarheid nadat dit duidelik geword het ~ asof hulle tot die dood gedryf word terwyl hulle toesien |
وَإِذْ يَعِدُكُمُ اللَّهُ إِحْدَى الطَّائِفَتَيْنِ أَنَّهَا لَكُمْ وَتَوَدُّونَ أَنَّ غَيْرَ ذَاتِ الشَّوْكَةِ تَكُونُ لَكُمْ وَيُرِيدُ اللَّهُ أَن يُحِقَّ الْحَقَّ بِكَلِمَاتِهِ وَيَقْطَعَ دَابِرَ الْكَافِرِينَ (7) En toe Allah julle een van die twee partye belowe het, sodat die oorwinning julle s’n sou wees, en julle gewens het dat die ongewapende party julle teëstanders moet wees, maar Allah begeer het om die waarheid deur Sy woorde te bevestig en die lewenswortel van die ongelowiges af te sny |
لِيُحِقَّ الْحَقَّ وَيُبْطِلَ الْبَاطِلَ وَلَوْ كَرِهَ الْمُجْرِمُونَ (8) sodat Hy die triomf van die waarheid kan bewerk en die mislukking van die valsheid teweeg kan bring, hoewel die misdadigers dit gehaat het |
إِذْ تَسْتَغِيثُونَ رَبَّكُمْ فَاسْتَجَابَ لَكُمْ أَنِّي مُمِدُّكُم بِأَلْفٍ مِّنَ الْمَلَائِكَةِ مُرْدِفِينَ (9) Toe julle om hulp van julle Heer gesmeek het, het Hy julle geantwoord: Ek sal julle help met ’n duisend engele wat mekaar sal aflos |
وَمَا جَعَلَهُ اللَّهُ إِلَّا بُشْرَىٰ وَلِتَطْمَئِنَّ بِهِ قُلُوبُكُمْ ۚ وَمَا النَّصْرُ إِلَّا مِنْ عِندِ اللَّهِ ۚ إِنَّ اللَّهَ عَزِيزٌ حَكِيمٌ (10) En Allah het dit slegs as verblydende nuus gegee dat julle harte daardeur gerus mag wees. En oorwinning is slegs van Allah; voorwaar, Allah is Almagtig, Allerwys |
إِذْ يُغَشِّيكُمُ النُّعَاسَ أَمَنَةً مِّنْهُ وَيُنَزِّلُ عَلَيْكُم مِّنَ السَّمَاءِ مَاءً لِّيُطَهِّرَكُم بِهِ وَيُذْهِبَ عَنكُمْ رِجْزَ الشَّيْطَانِ وَلِيَرْبِطَ عَلَىٰ قُلُوبِكُمْ وَيُثَبِّتَ بِهِ الْأَقْدَامَ (11) Toe Hy julle laat sluimer het as beveiliging van Hom, en water uit die wolke oor julle afgestuur het, dat Hy julle daarmee kan reinig en die onreinheid van die duiwel van julle kan verwyder, en dat Hy julle harte kan versterk en julle skrede ferm kan maak |
إِذْ يُوحِي رَبُّكَ إِلَى الْمَلَائِكَةِ أَنِّي مَعَكُمْ فَثَبِّتُوا الَّذِينَ آمَنُوا ۚ سَأُلْقِي فِي قُلُوبِ الَّذِينَ كَفَرُوا الرُّعْبَ فَاضْرِبُوا فَوْقَ الْأَعْنَاقِ وَاضْرِبُوا مِنْهُمْ كُلَّ بَنَانٍ (12) Toe u Heer aan die engele geopenbaar het: Ek is met julle; versterk dus die gelowiges. Ek sal ontsteltenis in die harte van die ongelowiges plant. Slaan daarom bó die nekke en slaan al hulle vingertoppe af |
ذَٰلِكَ بِأَنَّهُمْ شَاقُّوا اللَّهَ وَرَسُولَهُ ۚ وَمَن يُشَاقِقِ اللَّهَ وَرَسُولَهُ فَإِنَّ اللَّهَ شَدِيدُ الْعِقَابِ (13) Dit is omdat hulle hul teen Allah en Sy Boodskapper verset het. En wie teen Allah en Sy Boodskapper wederstrewig is, moet weet dat Allah streng met die vergelding is |
ذَٰلِكُمْ فَذُوقُوهُ وَأَنَّ لِلْكَافِرِينَ عَذَابَ النَّارِ (14) Dít is julle straf; neem dit, en weet dat op die ongelowiges die straf van die Vuur wag |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِذَا لَقِيتُمُ الَّذِينَ كَفَرُوا زَحْفًا فَلَا تُوَلُّوهُمُ الْأَدْبَارَ (15) O julle gelowiges! Wanneer julle die ongelowiges ontmoet en hulle teen julle in die oorlog opruk, moet nooit julle rûe op hulle draai nie |
وَمَن يُوَلِّهِمْ يَوْمَئِذٍ دُبُرَهُ إِلَّا مُتَحَرِّفًا لِّقِتَالٍ أَوْ مُتَحَيِّزًا إِلَىٰ فِئَةٍ فَقَدْ بَاءَ بِغَضَبٍ مِّنَ اللَّهِ وَمَأْوَاهُ جَهَنَّمُ ۖ وَبِئْسَ الْمَصِيرُ (16) En wie sy rug vir hulle toekeer ~ behalwe as ’n wending vir ’n beter stryd, of om by ’n ander groep stelling in te neem ~ hy sal waarlik die toorn van Allah laat ontvlam, en sy tuiste is die Hel. En dít is ’n gedoemde bestemming |
فَلَمْ تَقْتُلُوهُمْ وَلَٰكِنَّ اللَّهَ قَتَلَهُمْ ۚ وَمَا رَمَيْتَ إِذْ رَمَيْتَ وَلَٰكِنَّ اللَّهَ رَمَىٰ ۚ وَلِيُبْلِيَ الْمُؤْمِنِينَ مِنْهُ بَلَاءً حَسَنًا ۚ إِنَّ اللَّهَ سَمِيعٌ عَلِيمٌ (17) Dis nie julle wat hulle gedood het nie, maar Allah. En dis nie u wat na die vyand gegooi het nie, maar Allah; sodat Hy die gelowiges ’n guns kan bewys. Voorwaar, Allah is Alleshorend, Alleswetend |
ذَٰلِكُمْ وَأَنَّ اللَّهَ مُوهِنُ كَيْدِ الْكَافِرِينَ (18) Dít het gebeur; en weet dat Allah die planne van die ongelowiges verydel |
إِن تَسْتَفْتِحُوا فَقَدْ جَاءَكُمُ الْفَتْحُ ۖ وَإِن تَنتَهُوا فَهُوَ خَيْرٌ لَّكُمْ ۖ وَإِن تَعُودُوا نَعُدْ وَلَن تُغْنِيَ عَنكُمْ فِئَتُكُمْ شَيْئًا وَلَوْ كَثُرَتْ وَأَنَّ اللَّهَ مَعَ الْمُؤْمِنِينَ (19) As julle ’n oordeel gesoek het, dan het dit reeds tot julle gekom; en as julle ophou, sal dit vir julle beter wees. En as julle terugkeer na die geveg, sal Ons ook terugkom; en sonder Ons sal julle strydkragte julle geensins baat nie, hoe talryk hulle ook mag wees; en weet dat Allah saam met die gelowiges is |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا أَطِيعُوا اللَّهَ وَرَسُولَهُ وَلَا تَوَلَّوْا عَنْهُ وَأَنتُمْ تَسْمَعُونَ (20) O julle gelowiges! Gehoorsaam Allah en Sy Boodskapper, en draai nie weg van Hom terwyl julle hierdie dinge hoor nie |
وَلَا تَكُونُوا كَالَّذِينَ قَالُوا سَمِعْنَا وَهُمْ لَا يَسْمَعُونَ (21) En wees nie soos hulle wat sê: Ons hoor, maar hulle hoor nie |
۞ إِنَّ شَرَّ الدَّوَابِّ عِندَ اللَّهِ الصُّمُّ الْبُكْمُ الَّذِينَ لَا يَعْقِلُونَ (22) Voorwaar, die verwerplikste van alle lewende skeppings in die oë van Allah is die dowes en die stommes wat nie verstaan nie |
وَلَوْ عَلِمَ اللَّهُ فِيهِمْ خَيْرًا لَّأَسْمَعَهُمْ ۖ وَلَوْ أَسْمَعَهُمْ لَتَوَلَّوا وَّهُم مُّعْرِضُونَ (23) En as Allah van iets goeds in hulle geweet het, sou Hy hulle laat hoor het. En ás Hy hulle laat hoor, sal hulle hul met afgryse wegdraai |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا اسْتَجِيبُوا لِلَّهِ وَلِلرَّسُولِ إِذَا دَعَاكُمْ لِمَا يُحْيِيكُمْ ۖ وَاعْلَمُوا أَنَّ اللَّهَ يَحُولُ بَيْنَ الْمَرْءِ وَقَلْبِهِ وَأَنَّهُ إِلَيْهِ تُحْشَرُونَ (24) O julle gelowiges! Gee gehoor aan Allah en Sy Boodskapper wanneer hy julle aanroep na dít wat lewe verwek, en weet dat Allah tussen ’n persoon en sy hart kom, en dat julle tot Hom sal almal teruggebring word |
وَاتَّقُوا فِتْنَةً لَّا تُصِيبَنَّ الَّذِينَ ظَلَمُوا مِنكُمْ خَاصَّةً ۖ وَاعْلَمُوا أَنَّ اللَّهَ شَدِيدُ الْعِقَابِ (25) En waak teen versoekings wat nie net die onheilstokers sal aantas nie; en weet dat Allah streng is in die vergelding |
وَاذْكُرُوا إِذْ أَنتُمْ قَلِيلٌ مُّسْتَضْعَفُونَ فِي الْأَرْضِ تَخَافُونَ أَن يَتَخَطَّفَكُمُ النَّاسُ فَآوَاكُمْ وَأَيَّدَكُم بِنَصْرِهِ وَرَزَقَكُم مِّنَ الطَّيِّبَاتِ لَعَلَّكُمْ تَشْكُرُونَ (26) En onthou, toe julle min van getal was en as swak beskou is, en bang was dat julle met geweld ontvoer sou word, hoe Hy julle versterk en julle van goeie dinge voorsien het, sodat julle dankbaar mag wees |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تَخُونُوا اللَّهَ وَالرَّسُولَ وَتَخُونُوا أَمَانَاتِكُمْ وَأَنتُمْ تَعْلَمُونَ (27) O julle gelowiges! Wees aan Allah en die Boodskapper nie ontrou nie, en wees nie ontrou aan dít wat aan julle toevertrou is nie, terwyl julle hierdie dinge weet |
وَاعْلَمُوا أَنَّمَا أَمْوَالُكُمْ وَأَوْلَادُكُمْ فِتْنَةٌ وَأَنَّ اللَّهَ عِندَهُ أَجْرٌ عَظِيمٌ (28) En weet dat julle rykdom en julle kinders ’n verleiding is, en dat daar by Allah ’n groot beloning is |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِن تَتَّقُوا اللَّهَ يَجْعَل لَّكُمْ فُرْقَانًا وَيُكَفِّرْ عَنكُمْ سَيِّئَاتِكُمْ وَيَغْفِرْ لَكُمْ ۗ وَاللَّهُ ذُو الْفَضْلِ الْعَظِيمِ (29) O julle wat glo! As julle bewus is van Allah, sal Hy aan julle ’n onderskeiding verleen en julle foute uitwis en julle beskerm. En Allah is die Heer van Groot Genade |
وَإِذْ يَمْكُرُ بِكَ الَّذِينَ كَفَرُوا لِيُثْبِتُوكَ أَوْ يَقْتُلُوكَ أَوْ يُخْرِجُوكَ ۚ وَيَمْكُرُونَ وَيَمْكُرُ اللَّهُ ۖ وَاللَّهُ خَيْرُ الْمَاكِرِينَ (30) En toe die ongelowiges planne teen julle beraam het om julle te vang of dood te maak of te verban ~ en hulle hét planne beraam, en Allah het óók ’n plan beraam; en Allah is die Groot Beplanner |
وَإِذَا تُتْلَىٰ عَلَيْهِمْ آيَاتُنَا قَالُوا قَدْ سَمِعْنَا لَوْ نَشَاءُ لَقُلْنَا مِثْلَ هَٰذَا ۙ إِنْ هَٰذَا إِلَّا أَسَاطِيرُ الْأَوَّلِينَ (31) En toe Ons tekens aan hulle voorgedra is, en hulle gesê het: Ons het gehoor. As ons wil, kan ons iets dergeliks voortbring; dit is niks anders as die stories van die ou volkere nie |
وَإِذْ قَالُوا اللَّهُمَّ إِن كَانَ هَٰذَا هُوَ الْحَقَّ مِنْ عِندِكَ فَأَمْطِرْ عَلَيْنَا حِجَارَةً مِّنَ السَّمَاءِ أَوِ ائْتِنَا بِعَذَابٍ أَلِيمٍ (32) En toe hulle gesê het: O Allah! As dit werklik die waarheid van U is, laat daar dan klippe uit die hemel op ons reën, of gee ons ’n smartlike straf |
وَمَا كَانَ اللَّهُ لِيُعَذِّبَهُمْ وَأَنتَ فِيهِمْ ۚ وَمَا كَانَ اللَّهُ مُعَذِّبَهُمْ وَهُمْ يَسْتَغْفِرُونَ (33) Maar Allah wou hulle nie straf terwyl u tussen hulle was nie; ook wou Hy hulle nie straf nie, omdat hulle nog kans gehad het om vergifnis te vra |
وَمَا لَهُمْ أَلَّا يُعَذِّبَهُمُ اللَّهُ وَهُمْ يَصُدُّونَ عَنِ الْمَسْجِدِ الْحَرَامِ وَمَا كَانُوا أَوْلِيَاءَهُ ۚ إِنْ أَوْلِيَاؤُهُ إِلَّا الْمُتَّقُونَ وَلَٰكِنَّ أَكْثَرَهُمْ لَا يَعْلَمُونَ (34) En watter verskoning het hulle waarom Allah hulle nie moet straf nie, aangesien hulle die mense die Heilige Ka’ba belet en nie die wettige bewakers daarvan is nie? Slegs diegene wat opreg is kan die bewakers daarvan wees, maar die meeste van hulle besef dit nie |
وَمَا كَانَ صَلَاتُهُمْ عِندَ الْبَيْتِ إِلَّا مُكَاءً وَتَصْدِيَةً ۚ فَذُوقُوا الْعَذَابَ بِمَا كُنتُمْ تَكْفُرُونَ (35) En hulle gebed by die Huis is niks anders as ’n gefluit en handegeklap nie. Smaak dan die straf omdat julle nie geglo het nie |
إِنَّ الَّذِينَ كَفَرُوا يُنفِقُونَ أَمْوَالَهُمْ لِيَصُدُّوا عَن سَبِيلِ اللَّهِ ۚ فَسَيُنفِقُونَهَا ثُمَّ تَكُونُ عَلَيْهِمْ حَسْرَةً ثُمَّ يُغْلَبُونَ ۗ وَالَّذِينَ كَفَرُوا إِلَىٰ جَهَنَّمَ يُحْشَرُونَ (36) Voorwaar, die ongelowiges bestee hulle rykdom om ander van die weg van Allah af te hou. Hulle sal so aangaan totdat hulle baie spyt sal wees; dan sal hulle verslae wees. En húlle wat nie glo nie, sal in die Hel versamel word |
لِيَمِيزَ اللَّهُ الْخَبِيثَ مِنَ الطَّيِّبِ وَيَجْعَلَ الْخَبِيثَ بَعْضَهُ عَلَىٰ بَعْضٍ فَيَرْكُمَهُ جَمِيعًا فَيَجْعَلَهُ فِي جَهَنَّمَ ۚ أُولَٰئِكَ هُمُ الْخَاسِرُونَ (37) sodat Allah die bose van die goeie kan skei, en die bose die een bo-op die ander sal plaas en hulle saam ophoop, en hulle dan in die Hel werp. Hulle is werklik die verloorders |
قُل لِّلَّذِينَ كَفَرُوا إِن يَنتَهُوا يُغْفَرْ لَهُم مَّا قَدْ سَلَفَ وَإِن يَعُودُوا فَقَدْ مَضَتْ سُنَّتُ الْأَوَّلِينَ (38) Sê aan die ongelowiges dat as hulle ophou met wat verby is, hulle vergewe sal word; en indien hulle terugkeer, dan was die voorbeeld van diegene vóór hul vir hulle ’n teken gewees |
وَقَاتِلُوهُمْ حَتَّىٰ لَا تَكُونَ فِتْنَةٌ وَيَكُونَ الدِّينُ كُلُّهُ لِلَّهِ ۚ فَإِنِ انتَهَوْا فَإِنَّ اللَّهَ بِمَا يَعْمَلُونَ بَصِيرٌ (39) En veg met hulle totdat daar geen vervolging meer is nie, en totdat alle godsdienste vir Allah is. Maar as hulle ophou, Allah is waarlik die Siener van hul handewerke |
وَإِن تَوَلَّوْا فَاعْلَمُوا أَنَّ اللَّهَ مَوْلَاكُمْ ۚ نِعْمَ الْمَوْلَىٰ وَنِعْمَ النَّصِيرُ (40) En as hulle terugkeer, weet dan dat Allah julle Bekermheer is. Uitmuntend die Beskermheer en uitmuntend die Helper |
۞ وَاعْلَمُوا أَنَّمَا غَنِمْتُم مِّن شَيْءٍ فَأَنَّ لِلَّهِ خُمُسَهُ وَلِلرَّسُولِ وَلِذِي الْقُرْبَىٰ وَالْيَتَامَىٰ وَالْمَسَاكِينِ وَابْنِ السَّبِيلِ إِن كُنتُمْ آمَنتُم بِاللَّهِ وَمَا أَنزَلْنَا عَلَىٰ عَبْدِنَا يَوْمَ الْفُرْقَانِ يَوْمَ الْتَقَى الْجَمْعَانِ ۗ وَاللَّهُ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (41) En weet dat ’n vyfde van wat julle in die oorlog loot, moet gaan aan Allah en die Boodskapper, en die naasverwante, en die weeskinders, en die armes, en die reisiger. Dit is as julle in Allah glo, en in dít wat Ons aan Ons dienaar geopenbaar het op die Dag van Onderskeiding, die dag waarop die twee leërs mekaar ontmoet het.1 En Allah het mag oor alle dinge |
إِذْ أَنتُم بِالْعُدْوَةِ الدُّنْيَا وَهُم بِالْعُدْوَةِ الْقُصْوَىٰ وَالرَّكْبُ أَسْفَلَ مِنكُمْ ۚ وَلَوْ تَوَاعَدتُّمْ لَاخْتَلَفْتُمْ فِي الْمِيعَادِ ۙ وَلَٰكِن لِّيَقْضِيَ اللَّهُ أَمْرًا كَانَ مَفْعُولًا لِّيَهْلِكَ مَنْ هَلَكَ عَن بَيِّنَةٍ وَيَحْيَىٰ مَنْ حَيَّ عَن بَيِّنَةٍ ۗ وَإِنَّ اللَّهَ لَسَمِيعٌ عَلِيمٌ (42) Toe julle op een kant van die vallei was en húlle op die ander kant, terwyl die karavaan onder julle was; en as julle probeer het om ’n onderlinge afspraak te maak, sou julle sekerlik daarvan moes afsien; maar dit het so geskied omdat Allah ’n saak moes afhandel sodat hy wat na aanleiding van die duidelike bewyse vernietig moes word, vernietig is, en hy wat deur duidelike bewyse sal lewe, mag lewe. En voorwaar, Allah is Alleshorend, Alleswetend |
إِذْ يُرِيكَهُمُ اللَّهُ فِي مَنَامِكَ قَلِيلًا ۖ وَلَوْ أَرَاكَهُمْ كَثِيرًا لَّفَشِلْتُمْ وَلَتَنَازَعْتُمْ فِي الْأَمْرِ وَلَٰكِنَّ اللَّهَ سَلَّمَ ۗ إِنَّهُ عَلِيمٌ بِذَاتِ الصُّدُورِ (43) Toe Allah julle deur ’n droom gewys het dat húlle min is ~ en het Hy hulle as baie laat voorkom, sou julle sekerlik lafhartig geword het en sou julle sekerlik oor die saak geredekawel het, maar Allah het julle gered. Voorwaar, Hy is die Weter van wat in die harte omgaan |
وَإِذْ يُرِيكُمُوهُمْ إِذِ الْتَقَيْتُمْ فِي أَعْيُنِكُمْ قَلِيلًا وَيُقَلِّلُكُمْ فِي أَعْيُنِهِمْ لِيَقْضِيَ اللَّهُ أَمْرًا كَانَ مَفْعُولًا ۗ وَإِلَى اللَّهِ تُرْجَعُ الْأُمُورُ (44) En toe Hy hulle vir julle by die ontmoeting maar min laat lyk het, en julle vir hulle ook min; sodat Allah die saak kan afhandel wat gedoen moes word. En tot Allah keer alle dinge terug |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِذَا لَقِيتُمْ فِئَةً فَاثْبُتُوا وَاذْكُرُوا اللَّهَ كَثِيرًا لَّعَلَّكُمْ تُفْلِحُونَ (45) O julle gelowiges! Wanneer julle ’n leër ontmoet, wees ferm, en dink dikwels aan Allah sodat julle suksesvol kan wees |
وَأَطِيعُوا اللَّهَ وَرَسُولَهُ وَلَا تَنَازَعُوا فَتَفْشَلُوا وَتَذْهَبَ رِيحُكُمْ ۖ وَاصْبِرُوا ۚ إِنَّ اللَّهَ مَعَ الصَّابِرِينَ (46) En gehoorsaam Allah en Sy Boodskapper, en argumenteer nie met mekaar nie, anders sal julle lafhartig word en julle krag sal verdwyn. Wees daarom geduldig |
وَلَا تَكُونُوا كَالَّذِينَ خَرَجُوا مِن دِيَارِهِم بَطَرًا وَرِئَاءَ النَّاسِ وَيَصُدُّونَ عَن سَبِيلِ اللَّهِ ۚ وَاللَّهُ بِمَا يَعْمَلُونَ مُحِيطٌ (47) En wees nie soos húlle wat spoggerig uit hulle huise kom om deur ander gesien te word, en om ander van die pad van Allah af te hou nie. En Allah het alom kennis van alles wat julle doen |
وَإِذْ زَيَّنَ لَهُمُ الشَّيْطَانُ أَعْمَالَهُمْ وَقَالَ لَا غَالِبَ لَكُمُ الْيَوْمَ مِنَ النَّاسِ وَإِنِّي جَارٌ لَّكُمْ ۖ فَلَمَّا تَرَاءَتِ الْفِئَتَانِ نَكَصَ عَلَىٰ عَقِبَيْهِ وَقَالَ إِنِّي بَرِيءٌ مِّنكُمْ إِنِّي أَرَىٰ مَا لَا تَرَوْنَ إِنِّي أَخَافُ اللَّهَ ۚ وَاللَّهُ شَدِيدُ الْعِقَابِ (48) En dit was toe dat die duiwel hulle dade vir hulle mooi laat lyk het, en gesê het: Niemand sal vandag die oorhand oor julle kry nie; ek is julle beskermer. Maar toe die twee leërs mekaar in die gesig staar, het hy op die plek omgedraai en gesê: Voorwaar, ek is vry van julle; ek sien wat julle nie sien nie; waarlik, ek vrees Allah. En Allah is streng in die straf |
إِذْ يَقُولُ الْمُنَافِقُونَ وَالَّذِينَ فِي قُلُوبِهِم مَّرَضٌ غَرَّ هَٰؤُلَاءِ دِينُهُمْ ۗ وَمَن يَتَوَكَّلْ عَلَى اللَّهِ فَإِنَّ اللَّهَ عَزِيزٌ حَكِيمٌ (49) En toe die Huigelaars, en hulle in wie se harte daar ’n siekte was, gesê het: Hulle geloof het hulle bedrieg! En wie op Allah vertrou, weet dat Allah waarlik Almagtig, Allerwys is |
وَلَوْ تَرَىٰ إِذْ يَتَوَفَّى الَّذِينَ كَفَرُوا ۙ الْمَلَائِكَةُ يَضْرِبُونَ وُجُوهَهُمْ وَأَدْبَارَهُمْ وَذُوقُوا عَذَابَ الْحَرِيقِ (50) En kon julle maar sien hoe die engele die ongelowiges ombring en hulle gesigte en rûe toetakel en sê: Smaak die straf van ver- branding |
ذَٰلِكَ بِمَا قَدَّمَتْ أَيْدِيكُمْ وَأَنَّ اللَّهَ لَيْسَ بِظَلَّامٍ لِّلْعَبِيدِ (51) Dít is wat julle hande vooruit gestuur het, en omdat Allah nie onregverdig teenoor Sy dienaars is nie |
كَدَأْبِ آلِ فِرْعَوْنَ ۙ وَالَّذِينَ مِن قَبْلِهِمْ ۚ كَفَرُوا بِآيَاتِ اللَّهِ فَأَخَذَهُمُ اللَّهُ بِذُنُوبِهِمْ ۗ إِنَّ اللَّهَ قَوِيٌّ شَدِيدُ الْعِقَابِ (52) soos die geval was met die volk van Farao en diegene vóór hulle; hulle het nie in die tekens van Allah geglo nie, daarom het Allah hulle vir hul sondes gestraf. Voorwaar, Allah is Kragtig, Streng in die vergelding |
ذَٰلِكَ بِأَنَّ اللَّهَ لَمْ يَكُ مُغَيِّرًا نِّعْمَةً أَنْعَمَهَا عَلَىٰ قَوْمٍ حَتَّىٰ يُغَيِّرُوا مَا بِأَنفُسِهِمْ ۙ وَأَنَّ اللَّهَ سَمِيعٌ عَلِيمٌ (53) Dit is omdat Allah nooit ’n guns wat Hy aan ’n volk bewys, verander nie, totdat hulle self hul eie toestand verander ~ omdat Allah Alleshorend, Alleswetend is |
كَدَأْبِ آلِ فِرْعَوْنَ ۙ وَالَّذِينَ مِن قَبْلِهِمْ ۚ كَذَّبُوا بِآيَاتِ رَبِّهِمْ فَأَهْلَكْنَاهُم بِذُنُوبِهِمْ وَأَغْرَقْنَا آلَ فِرْعَوْنَ ۚ وَكُلٌّ كَانُوا ظَالِمِينَ (54) soos ook die geval was met die volk van Farao, en diegene vóór hulle. Hulle het die tekens van hul Heer verloën, daarom het Ons hulle om hulle sondes se onthalwe verdelg. En Ons het die volk van Farao laat verdrink, en hulle was almal kwaaddoeners |
إِنَّ شَرَّ الدَّوَابِّ عِندَ اللَّهِ الَّذِينَ كَفَرُوا فَهُمْ لَا يُؤْمِنُونَ (55) Waarlik, die veragterlikste van alle lewende skepsels in die oë van Allah is hulle wat nie glo nie omdat hulle nie wíl nie |
الَّذِينَ عَاهَدتَّ مِنْهُمْ ثُمَّ يَنقُضُونَ عَهْدَهُمْ فِي كُلِّ مَرَّةٍ وَهُمْ لَا يَتَّقُونَ (56) hulle met wie u ’n verbond sluit, en wat telkens daarna die verbond skend, en hulle vrees nie vir Allah nie |
فَإِمَّا تَثْقَفَنَّهُمْ فِي الْحَرْبِ فَشَرِّدْ بِهِم مَّنْ خَلْفَهُمْ لَعَلَّهُمْ يَذَّكَّرُونَ (57) Daarom, as u hulle in die oorlog agterhaal, jaag die agterstes uitmekaar, sodat hulle ’n les mag leer |
وَإِمَّا تَخَافَنَّ مِن قَوْمٍ خِيَانَةً فَانبِذْ إِلَيْهِمْ عَلَىٰ سَوَاءٍ ۚ إِنَّ اللَّهَ لَا يُحِبُّ الْخَائِنِينَ (58) En as u verraad van ’n volk vrees, werp dan hulle verbond met ’n gelyke maat na hulle terug. Voorwaar, Allah het die verraaiers nie lief nie |
وَلَا يَحْسَبَنَّ الَّذِينَ كَفَرُوا سَبَقُوا ۚ إِنَّهُمْ لَا يُعْجِزُونَ (59) En laat die ongelowiges nie dink dat hulle Ons kan ontwyk nie. Waarlik, hulle kan nie ontsnap nie |
وَأَعِدُّوا لَهُم مَّا اسْتَطَعْتُم مِّن قُوَّةٍ وَمِن رِّبَاطِ الْخَيْلِ تُرْهِبُونَ بِهِ عَدُوَّ اللَّهِ وَعَدُوَّكُمْ وَآخَرِينَ مِن دُونِهِمْ لَا تَعْلَمُونَهُمُ اللَّهُ يَعْلَمُهُمْ ۚ وَمَا تُنفِقُوا مِن شَيْءٍ فِي سَبِيلِ اللَّهِ يُوَفَّ إِلَيْكُمْ وَأَنتُمْ لَا تُظْلَمُونَ (60) En versamel alle beskikbare manskappe en perde, sodat julle jul vyande en die vyande van Allah, en ook ander wat julle nie ken nie, maar vir wie Allah ken, kan afskrik. En wat julle in die weg van Allah bestee, sal ten volle aan julle terugbetaal word, en geen onreg sal julle aangedoen word nie |
۞ وَإِن جَنَحُوا لِلسَّلْمِ فَاجْنَحْ لَهَا وَتَوَكَّلْ عَلَى اللَّهِ ۚ إِنَّهُ هُوَ السَّمِيعُ الْعَلِيمُ (61) En as hulle vrede begeer, stem dan daartoe in, en vertrou op Allah. Waarlik, Hy is Alleshorend, Alleswetend |
وَإِن يُرِيدُوا أَن يَخْدَعُوكَ فَإِنَّ حَسْبَكَ اللَّهُ ۚ هُوَ الَّذِي أَيَّدَكَ بِنَصْرِهِ وَبِالْمُؤْمِنِينَ (62) En as hulle voornemens is om u te bedrieg, dan is Allah waarlik u toevlug. Dit is Hy wat u met Sy hulp en met die gelowiges versterk het |
وَأَلَّفَ بَيْنَ قُلُوبِهِمْ ۚ لَوْ أَنفَقْتَ مَا فِي الْأَرْضِ جَمِيعًا مَّا أَلَّفْتَ بَيْنَ قُلُوبِهِمْ وَلَٰكِنَّ اللَّهَ أَلَّفَ بَيْنَهُمْ ۚ إِنَّهُ عَزِيزٌ حَكِيمٌ (63) en dis Hy wat hulle harte verenig het. Al het u alles bestee wat u op aarde besit, sou u nog nie hulle harte kon verenig nie, maar Allah het dit verenig. Waarlik, Hy is Almagtig, Allerwys |
يَا أَيُّهَا النَّبِيُّ حَسْبُكَ اللَّهُ وَمَنِ اتَّبَعَكَ مِنَ الْمُؤْمِنِينَ (64) O Profeet! Allah is voldoende vir u en vir die gelowiges wat u volg |
يَا أَيُّهَا النَّبِيُّ حَرِّضِ الْمُؤْمِنِينَ عَلَى الْقِتَالِ ۚ إِن يَكُن مِّنكُمْ عِشْرُونَ صَابِرُونَ يَغْلِبُوا مِائَتَيْنِ ۚ وَإِن يَكُن مِّنكُم مِّائَةٌ يَغْلِبُوا أَلْفًا مِّنَ الَّذِينَ كَفَرُوا بِأَنَّهُمْ قَوْمٌ لَّا يَفْقَهُونَ (65) O Profeet! Spoor die gelowiges aan tot die stryd! As daar twintig tussen julle is wat standvastig is, sal hulle tweehonderd oorwin; en as daar ’n honderd tussen julle is, sal hulle ’n duisend ongelowiges oorwin. Veg teen hulle omdat die ongelowiges nie wíl verstaan nie |
الْآنَ خَفَّفَ اللَّهُ عَنكُمْ وَعَلِمَ أَنَّ فِيكُمْ ضَعْفًا ۚ فَإِن يَكُن مِّنكُم مِّائَةٌ صَابِرَةٌ يَغْلِبُوا مِائَتَيْنِ ۚ وَإِن يَكُن مِّنكُمْ أَلْفٌ يَغْلِبُوا أَلْفَيْنِ بِإِذْنِ اللَّهِ ۗ وَاللَّهُ مَعَ الصَّابِرِينَ (66) Maar nou het Allah julle las verlig, en Hy weet dat daar swakheid in julle is. ’n Honderd standvastiges tussen julle sal tweehonderd oorwin; en is daar ’n duisend tussen julle, hulle sal deur die gebod van Allah twee-duisend oorwin. En Allah is met die standvastiges |
مَا كَانَ لِنَبِيٍّ أَن يَكُونَ لَهُ أَسْرَىٰ حَتَّىٰ يُثْخِنَ فِي الْأَرْضِ ۚ تُرِيدُونَ عَرَضَ الدُّنْيَا وَاللَّهُ يُرِيدُ الْآخِرَةَ ۗ وَاللَّهُ عَزِيزٌ حَكِيمٌ (67) Dit is nie betaamlik vir ’n profeet om oorlogsgevangenes te neem nie, tensy hy seëvierend in die land geveg het. Julle verlang na die verganklike dinge van hierdie wêreld terwyl Allah vir julle die Hiernamaals begeer. En Allah is Almagtig, Allerwys |
لَّوْلَا كِتَابٌ مِّنَ اللَّهِ سَبَقَ لَمَسَّكُمْ فِيمَا أَخَذْتُمْ عَذَابٌ عَظِيمٌ (68) Was dit nie dat ’n verordening van Allah reeds voorafgegaan het nie, sou daar waarlik ’n groot rampspoed oor julle gekom het ten opsigte van wat julle wou doen |
فَكُلُوا مِمَّا غَنِمْتُمْ حَلَالًا طَيِّبًا ۚ وَاتَّقُوا اللَّهَ ۚ إِنَّ اللَّهَ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (69) Eet dan van die geoorloofde en goeie dinge wat julle in die oorlog loot, en wees bewus van Allah. Waarlik, Allah is Vergewensgesind, Genadevol |
يَا أَيُّهَا النَّبِيُّ قُل لِّمَن فِي أَيْدِيكُم مِّنَ الْأَسْرَىٰ إِن يَعْلَمِ اللَّهُ فِي قُلُوبِكُمْ خَيْرًا يُؤْتِكُمْ خَيْرًا مِّمَّا أُخِذَ مِنكُمْ وَيَغْفِرْ لَكُمْ ۗ وَاللَّهُ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (70) O Profeet! Sê vir die gevangenes in u hande: As Allah weet dat daar enige goed in julle harte is, sal Hy julle meer gee as wat van julle ontneem is, en Hy sal julle vergewe. En Allah is Vergewens- gesind, Genadevol |
وَإِن يُرِيدُوا خِيَانَتَكَ فَقَدْ خَانُوا اللَّهَ مِن قَبْلُ فَأَمْكَنَ مِنْهُمْ ۗ وَاللَّهُ عَلِيمٌ حَكِيمٌ (71) En indien hulle voornemens is om verraderlik teen u te wees, dan was hulle reeds voorheen verraderlik teen Allah, maar Hy het u die oorhand oor hulle gegee. En Allah is Alleswetend, Allerwys |
إِنَّ الَّذِينَ آمَنُوا وَهَاجَرُوا وَجَاهَدُوا بِأَمْوَالِهِمْ وَأَنفُسِهِمْ فِي سَبِيلِ اللَّهِ وَالَّذِينَ آوَوا وَّنَصَرُوا أُولَٰئِكَ بَعْضُهُمْ أَوْلِيَاءُ بَعْضٍ ۚ وَالَّذِينَ آمَنُوا وَلَمْ يُهَاجِرُوا مَا لَكُم مِّن وَلَايَتِهِم مِّن شَيْءٍ حَتَّىٰ يُهَاجِرُوا ۚ وَإِنِ اسْتَنصَرُوكُمْ فِي الدِّينِ فَعَلَيْكُمُ النَّصْرُ إِلَّا عَلَىٰ قَوْمٍ بَيْنَكُمْ وَبَيْنَهُم مِّيثَاقٌ ۗ وَاللَّهُ بِمَا تَعْمَلُونَ بَصِيرٌ (72) Voorwaar, hulle wat geglo en uit hulle huise gevlug het, en met hulle lewens in die weg van Allah hard gestrewe het, en hulle wat asiel verleen en gehelp het ~ hulle is vriende van mekaar. En julle wat geglo en nie gevlug het nie, julle is nie verantwoordelik vir hulle beskerming nie, tensy hulle vlug. Maar as hulle hulp insake die geloof soek, dan is julle verplig om hulle te help, behalwe teen ’n volk met wie julle ’n verbond gesluit het. En Allah sien wat julle doen |
وَالَّذِينَ كَفَرُوا بَعْضُهُمْ أَوْلِيَاءُ بَعْضٍ ۚ إِلَّا تَفْعَلُوهُ تَكُن فِتْنَةٌ فِي الْأَرْضِ وَفَسَادٌ كَبِيرٌ (73) En die ongelowiges is vriende van mekaar. Indien julle dit nie doen nie, sal daar onheil en groot wanorde oor die land kom |
وَالَّذِينَ آمَنُوا وَهَاجَرُوا وَجَاهَدُوا فِي سَبِيلِ اللَّهِ وَالَّذِينَ آوَوا وَّنَصَرُوا أُولَٰئِكَ هُمُ الْمُؤْمِنُونَ حَقًّا ۚ لَّهُم مَّغْفِرَةٌ وَرِزْقٌ كَرِيمٌ (74) En die gelowiges wat gevlug het en in die weg van Allah hard gestrewe het, en hulle wat asiel verleen en gehelp het ~ hulle is die ware gelowiges. Vir hulle is vergifnis en ’n edele voorsiening |
وَالَّذِينَ آمَنُوا مِن بَعْدُ وَهَاجَرُوا وَجَاهَدُوا مَعَكُمْ فَأُولَٰئِكَ مِنكُمْ ۚ وَأُولُو الْأَرْحَامِ بَعْضُهُمْ أَوْلَىٰ بِبَعْضٍ فِي كِتَابِ اللَّهِ ۗ إِنَّ اللَّهَ بِكُلِّ شَيْءٍ عَلِيمٌ (75) En hulle wat later geglo en gevlug het, en saam met julle hard gestrewe het, húlle is van julle. En die bloedverwante staan ná aan mekaar in die verordening van Allah. Waarlik, Allah is Alleswetend |