وَالْفَجْرِ (1) By die dagbreek |
وَلَيَالٍ عَشْرٍ (2) en die tien nagte |
وَالشَّفْعِ وَالْوَتْرِ (3) by die gelyke en die ongelyke |
وَاللَّيْلِ إِذَا يَسْرِ (4) en by die nag wanneer dit verdwyn |
هَلْ فِي ذَٰلِكَ قَسَمٌ لِّذِي حِجْرٍ (5) Waarlik, hierin is ’n eed vir die verstandige mense |
أَلَمْ تَرَ كَيْفَ فَعَلَ رَبُّكَ بِعَادٍ (6) Het u nie gesien hoe u Heer met die stam van Aad gehandel het nie |
إِرَمَ ذَاتِ الْعِمَادِ (7) die volk van Iram, wat hoë geboue gehad het |
الَّتِي لَمْ يُخْلَقْ مِثْلُهَا فِي الْبِلَادِ (8) waarvan die gelyke nog nie in hierdie land voortgebring is nie |
وَثَمُودَ الَّذِينَ جَابُوا الصَّخْرَ بِالْوَادِ (9) en met die stam Thamoed wat die rotse in die dal uitgehol het |
وَفِرْعَوْنَ ذِي الْأَوْتَادِ (10) en met Farao, heer van baie |
الَّذِينَ طَغَوْا فِي الْبِلَادِ (11) wat hom in die stede te buite gegaan het |
فَأَكْثَرُوا فِيهَا الْفَسَادَ (12) en baie verderf daarin aangerig het |
فَصَبَّ عَلَيْهِمْ رَبُّكَ سَوْطَ عَذَابٍ (13) U Heer het hulle ’n gedeelte van die straf laat toekom |
إِنَّ رَبَّكَ لَبِالْمِرْصَادِ (14) Voorwaar, u Heer is Waaksaam |
فَأَمَّا الْإِنسَانُ إِذَا مَا ابْتَلَاهُ رَبُّهُ فَأَكْرَمَهُ وَنَعَّمَهُ فَيَقُولُ رَبِّي أَكْرَمَنِ (15) Maar die mens, wanneer Hy hom beproef deur eer en gunste aan hom te gee, sê hy: My Heer het my geëer |
وَأَمَّا إِذَا مَا ابْتَلَاهُ فَقَدَرَ عَلَيْهِ رِزْقَهُ فَيَقُولُ رَبِّي أَهَانَنِ (16) Maar wanneer Hy hom beproef met skaarste van voedsel, sê hy: My Heer het my onteer |
كَلَّا ۖ بَل لَّا تُكْرِمُونَ الْيَتِيمَ (17) Maar waarom eer julle nie die weeskind |
وَلَا تَحَاضُّونَ عَلَىٰ طَعَامِ الْمِسْكِينِ (18) en vermaan julle mekaar nie om die armes te voed nie |
وَتَأْكُلُونَ التُّرَاثَ أَكْلًا لَّمًّا (19) Julle verorber die hele erfdeel |
وَتُحِبُّونَ الْمَالَ حُبًّا جَمًّا (20) en julle hou te veel van weelde |
كَلَّا إِذَا دُكَّتِ الْأَرْضُ دَكًّا دَكًّا (21) Nee, wanneer die aarde aan stukke sal verbrokkel |
وَجَاءَ رَبُّكَ وَالْمَلَكُ صَفًّا صَفًّا (22) en u Heer met skares engele sal verskyn |
وَجِيءَ يَوْمَئِذٍ بِجَهَنَّمَ ۚ يَوْمَئِذٍ يَتَذَكَّرُ الْإِنسَانُ وَأَنَّىٰ لَهُ الذِّكْرَىٰ (23) en die Hel op ’n Dag vertoon sal word; op dié Dag sal die mens versigtig wees; maar wat sal sy versigtigheid hom baat |
يَقُولُ يَا لَيْتَنِي قَدَّمْتُ لِحَيَاتِي (24) Hy sal sê: O, kon ek nie maar liewer iets vir my lewe voruit- gestuur het nie |
فَيَوْمَئِذٍ لَّا يُعَذِّبُ عَذَابَهُ أَحَدٌ (25) Niemand kan straf soos Hy op daardie Dag sal straf nie |
وَلَا يُوثِقُ وَثَاقَهُ أَحَدٌ (26) Ook kan niemand boei soos Hy sal boei nie |
يَا أَيَّتُهَا النَّفْسُ الْمُطْمَئِنَّةُ (27) Maar u, o siel in vrede |
ارْجِعِي إِلَىٰ رَبِّكِ رَاضِيَةً مَّرْضِيَّةً (28) keer terug tot u Heer met welbehae |
فَادْخُلِي فِي عِبَادِي (29) Wees met My dienaars |
وَادْخُلِي جَنَّتِي (30) en gaan saam met hulle My Paradys binne |