الرَّحْمَٰنُ (1) Die Barmhartige |
عَلَّمَ الْقُرْآنَ (2) het die Qur’ãn onderrig |
خَلَقَ الْإِنسَانَ (3) Hy het die mens geskape |
عَلَّمَهُ الْبَيَانَ (4) en hom geleer om te praat |
الشَّمْسُ وَالْقَمَرُ بِحُسْبَانٍ (5) Die son en die maan volg ’n berekende baan |
وَالنَّجْمُ وَالشَّجَرُ يَسْجُدَانِ (6) en die plante en die bome aanbid Hom |
وَالسَّمَاءَ رَفَعَهَا وَوَضَعَ الْمِيزَانَ (7) En die hemel het Hy hoog gevestig; en die maat het Hy bepaal |
أَلَّا تَطْغَوْا فِي الْمِيزَانِ (8) sodat julle die maat nie mag oorskry nie |
وَأَقِيمُوا الْوَزْنَ بِالْقِسْطِ وَلَا تُخْسِرُوا الْمِيزَانَ (9) en hou die weegskaal in stand op ’n billike wyse, en doen nie te kort aan die maat nie |
وَالْأَرْضَ وَضَعَهَا لِلْأَنَامِ (10) En die aarde het Hy vir Sy skepsels geskape |
فِيهَا فَاكِهَةٌ وَالنَّخْلُ ذَاتُ الْأَكْمَامِ (11) daarin is vrugte en palmbome met blomskedes |
وَالْحَبُّ ذُو الْعَصْفِ وَالرَّيْحَانُ (12) en die graan, met hul blare en stingels vir voer, en welriekende plante |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (13) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
خَلَقَ الْإِنسَانَ مِن صَلْصَالٍ كَالْفَخَّارِ (14) Hy het die mens uit droë klei geskape, soos erdewerk |
وَخَلَقَ الْجَانَّ مِن مَّارِجٍ مِّن نَّارٍ (15) en Hy het die djien uit ’n vlam van die Vuur geskape |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (16) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
رَبُّ الْمَشْرِقَيْنِ وَرَبُّ الْمَغْرِبَيْنِ (17) Heer van die twee Oostes en Heer van die twee Westes |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (18) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
مَرَجَ الْبَحْرَيْنِ يَلْتَقِيَانِ (19) Hy het die twee watermassas vry laat vloei, en mekaar laat ont- moet |
بَيْنَهُمَا بَرْزَخٌ لَّا يَبْغِيَانِ (20) tussen hulle is ’n versperring wat hulle nie verby kan steek nie |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (21) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
يَخْرُجُ مِنْهُمَا اللُّؤْلُؤُ وَالْمَرْجَانُ (22) Daar kom uit albei pêrels en korale voort |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (23) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
وَلَهُ الْجَوَارِ الْمُنشَآتُ فِي الْبَحْرِ كَالْأَعْلَامِ (24) En Syne is die skepe wat hoog bo die see uitsteek soos berge |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (25) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
كُلُّ مَنْ عَلَيْهَا فَانٍ (26) Almal wat daarop is, sal vergaan |
وَيَبْقَىٰ وَجْهُ رَبِّكَ ذُو الْجَلَالِ وَالْإِكْرَامِ (27) En die Aangesig van u Heer sal alleen voortbestaan, die Heer van Heiligheid en Eer |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (28) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
يَسْأَلُهُ مَن فِي السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۚ كُلَّ يَوْمٍ هُوَ فِي شَأْنٍ (29) Almal wat in die hemele en op die aarde is, smeek Hom om gunste. Elke oomblik is Hy in ’n toestand van Heiligheid |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (30) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
سَنَفْرُغُ لَكُمْ أَيُّهَ الثَّقَلَانِ (31) Spoedig sal Ons met julle afreken, o julle twee leërs |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (32) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
يَا مَعْشَرَ الْجِنِّ وَالْإِنسِ إِنِ اسْتَطَعْتُمْ أَن تَنفُذُوا مِنْ أَقْطَارِ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ فَانفُذُوا ۚ لَا تَنفُذُونَ إِلَّا بِسُلْطَانٍ (33) O vergadering van djien en mense! As julle in staat is om deur die streke van die hemele en die aarde te gaan, doen dit dan. Julle kan nie daar deurgaan nie, behalwe met verlof |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (34) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
يُرْسَلُ عَلَيْكُمَا شُوَاظٌ مِّن نَّارٍ وَنُحَاسٌ فَلَا تَنتَصِرَانِ (35) Die Vlamme van Vuur en vonke van brons sal oor julle afgestuur word, dan sal julle nie in staat wees om jul te verdedig nie |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (36) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
فَإِذَا انشَقَّتِ السَّمَاءُ فَكَانَتْ وَرْدَةً كَالدِّهَانِ (37) Wanneer die hemel dan uitmekaar sal bars, sal dit rooi word soos rooi leer |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (38) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
فَيَوْمَئِذٍ لَّا يُسْأَلُ عَن ذَنبِهِ إِنسٌ وَلَا جَانٌّ (39) Op daardie Dag dan sal nóg mens nóg djien oor sy sonde ondervra word |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (40) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
يُعْرَفُ الْمُجْرِمُونَ بِسِيمَاهُمْ فَيُؤْخَذُ بِالنَّوَاصِي وَالْأَقْدَامِ (41) Die misdadigers sal aan hulle kenmerke herken word, en hulle sal aan die hare en die voete gegryp word |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (42) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
هَٰذِهِ جَهَنَّمُ الَّتِي يُكَذِّبُ بِهَا الْمُجْرِمُونَ (43) Dít is die Hel, wat die misdadigers verloën |
يَطُوفُونَ بَيْنَهَا وَبَيْنَ حَمِيمٍ آنٍ (44) Dáár sal hulle tussen die Vuur en kokende water rondgaan |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (45) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
وَلِمَنْ خَافَ مَقَامَ رَبِّهِ جَنَّتَانِ (46) En vir hom wat vrees om voor sy Heer te staan, is daar twee Tuine |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (47) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
ذَوَاتَا أَفْنَانٍ (48) met verskillende soorte plante |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (49) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
فِيهِمَا عَيْنَانِ تَجْرِيَانِ (50) daarin is twee stromende fonteine |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (51) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
فِيهِمَا مِن كُلِّ فَاكِهَةٍ زَوْجَانِ (52) Daarin is pare van elke vrugtesoort |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (53) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
مُتَّكِئِينَ عَلَىٰ فُرُشٍ بَطَائِنُهَا مِنْ إِسْتَبْرَقٍ ۚ وَجَنَى الْجَنَّتَيْنِ دَانٍ (54) hulle sal hul neervlei op beddens waarvan die binnevoerings van sy brokaat is. En die vrugte van die twee Tuine is byderhand |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (55) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
فِيهِنَّ قَاصِرَاتُ الطَّرْفِ لَمْ يَطْمِثْهُنَّ إِنسٌ قَبْلَهُمْ وَلَا جَانٌّ (56) daarin sal diegene wees wat hulle oë in bedwang gehou het, en wat nóg man nóg djien aangeraak het |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (57) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
كَأَنَّهُنَّ الْيَاقُوتُ وَالْمَرْجَانُ (58) asof hulle robyne of pêrels was |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (59) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
هَلْ جَزَاءُ الْإِحْسَانِ إِلَّا الْإِحْسَانُ (60) Is die beloning van goedheid iets anders as goedheid |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (61) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
وَمِن دُونِهِمَا جَنَّتَانِ (62) En buiten daardie twee is daar nog twee Tuine |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (63) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
مُدْهَامَّتَانِ (64) donkergroen van kleur |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (65) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
فِيهِمَا عَيْنَانِ نَضَّاخَتَانِ (66) daarin is ook fonteine waarvan die water uitspuit |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (67) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
فِيهِمَا فَاكِهَةٌ وَنَخْلٌ وَرُمَّانٌ (68) daarin is vrugte en dadelpalms en granate |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (69) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
فِيهِنَّ خَيْرَاتٌ حِسَانٌ (70) Daarin is rein en beeldskone vroue |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (71) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
حُورٌ مَّقْصُورَاتٌ فِي الْخِيَامِ (72) skone maagde in pawiljoene gehuisves |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (73) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
لَمْ يَطْمِثْهُنَّ إِنسٌ قَبْلَهُمْ وَلَا جَانٌّ (74) geen man of djien het hulle nog aangeraak nie |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (75) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
مُتَّكِئِينَ عَلَىٰ رَفْرَفٍ خُضْرٍ وَعَبْقَرِيٍّ حِسَانٍ (76) hulle sal hul neervly op groen kussings en pragtige tapyte |
فَبِأَيِّ آلَاءِ رَبِّكُمَا تُكَذِّبَانِ (77) Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken |
تَبَارَكَ اسْمُ رَبِّكَ ذِي الْجَلَالِ وَالْإِكْرَامِ (78) geseënd is die naam van u Heer, die Heer van Heiligheid en Eer |