×

سورة التوبة باللغة الأفريكانية

ترجمات القرآنباللغة الأفريكانية ⬅ سورة التوبة

ترجمة معاني سورة التوبة باللغة الأفريكانية - Afrikaans

القرآن باللغة الأفريكانية - سورة التوبة مترجمة إلى اللغة الأفريكانية، Surah Tawbah in Afrikaans. نوفر ترجمة دقيقة سورة التوبة باللغة الأفريكانية - Afrikaans, الآيات 129 - رقم السورة 9 - الصفحة 187.

بسم الله الرحمن الرحيم

بَرَاءَةٌ مِّنَ اللَّهِ وَرَسُولِهِ إِلَى الَّذِينَ عَاهَدتُّم مِّنَ الْمُشْرِكِينَ (1)
’n Verklaring van vrystelling van Allah en Sy Boodskapper teenoor die heidene met wie julle ’n verdrag gesluit het
فَسِيحُوا فِي الْأَرْضِ أَرْبَعَةَ أَشْهُرٍ وَاعْلَمُوا أَنَّكُمْ غَيْرُ مُعْجِزِي اللَّهِ ۙ وَأَنَّ اللَّهَ مُخْزِي الْكَافِرِينَ (2)
gaan daarom vier maande lank in die land rond, en weet dat julle nie van Allah kan ontsnap nie en dat Allah skande oor die ongelowiges sal bring
وَأَذَانٌ مِّنَ اللَّهِ وَرَسُولِهِ إِلَى النَّاسِ يَوْمَ الْحَجِّ الْأَكْبَرِ أَنَّ اللَّهَ بَرِيءٌ مِّنَ الْمُشْرِكِينَ ۙ وَرَسُولُهُ ۚ فَإِن تُبْتُمْ فَهُوَ خَيْرٌ لَّكُمْ ۖ وَإِن تَوَلَّيْتُمْ فَاعْلَمُوا أَنَّكُمْ غَيْرُ مُعْجِزِي اللَّهِ ۗ وَبَشِّرِ الَّذِينَ كَفَرُوا بِعَذَابٍ أَلِيمٍ (3)
En dit is ’n aankondiging van Allah en Sy Boodskapper aan almal op die dag van die groot bedevaart, dat Allah, saam met sy Boodskapper, vry is van verantwoordelikheid teenoor die heidene. As julle daarom berou toon, sal dit vir julle beter wees; maar as julle wegdraai, weet dan dat julle Allah nie kan ontwyk nie. En verkondig ’n smartlike straf aan die ongelowiges
إِلَّا الَّذِينَ عَاهَدتُّم مِّنَ الْمُشْرِكِينَ ثُمَّ لَمْ يَنقُصُوكُمْ شَيْئًا وَلَمْ يُظَاهِرُوا عَلَيْكُمْ أَحَدًا فَأَتِمُّوا إِلَيْهِمْ عَهْدَهُمْ إِلَىٰ مُدَّتِهِمْ ۚ إِنَّ اللَّهَ يُحِبُّ الْمُتَّقِينَ (4)
met die uitsondering van daardie heidene met wie julle ’n verdrag gesluit het, en wat julle in niks in die steek gelaat het nie, of niemand teen julle gesteun het nie; kom dan die ooreenkoms met hulle tot aan die einde van die tydperk na. Waarlik, Allah het die godvresendes lief
فَإِذَا انسَلَخَ الْأَشْهُرُ الْحُرُمُ فَاقْتُلُوا الْمُشْرِكِينَ حَيْثُ وَجَدتُّمُوهُمْ وَخُذُوهُمْ وَاحْصُرُوهُمْ وَاقْعُدُوا لَهُمْ كُلَّ مَرْصَدٍ ۚ فَإِن تَابُوا وَأَقَامُوا الصَّلَاةَ وَآتَوُا الزَّكَاةَ فَخَلُّوا سَبِيلَهُمْ ۚ إِنَّ اللَّهَ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (5)
En wanneer die heilige maande verby is, bring dan die heidene om waar julle hulle ook mag vind, en neem hulle gevangene, beleër hulle, en loer op hulle uit elke hinderlaag. Maar as hulle berou toon en die gebed onderhou en die Zakaat1 betaal, laat hulle weg dan onverhinderd wees. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadevol
وَإِنْ أَحَدٌ مِّنَ الْمُشْرِكِينَ اسْتَجَارَكَ فَأَجِرْهُ حَتَّىٰ يَسْمَعَ كَلَامَ اللَّهِ ثُمَّ أَبْلِغْهُ مَأْمَنَهُ ۚ ذَٰلِكَ بِأَنَّهُمْ قَوْمٌ لَّا يَعْلَمُونَ (6)
En as enige van die heidene u om beskerming vra, skenk hom dan beskerming totdat hy die woord van Allah gehoor het, en bring hom dan na ’n plek van veiligheid. Dit is omdat hulle ’n onkundige volk is
كَيْفَ يَكُونُ لِلْمُشْرِكِينَ عَهْدٌ عِندَ اللَّهِ وَعِندَ رَسُولِهِ إِلَّا الَّذِينَ عَاهَدتُّمْ عِندَ الْمَسْجِدِ الْحَرَامِ ۖ فَمَا اسْتَقَامُوا لَكُمْ فَاسْتَقِيمُوا لَهُمْ ۚ إِنَّ اللَّهَ يُحِبُّ الْمُتَّقِينَ (7)
Hoe kan daar dan ’n verbond tussen Allah en Sy Boodskapper en die heidene bestaan, behalwe húlle met wie julle ’n verbond by die Heilige Ka’ba gesluit het? Solank as hulle julle getrou is moet julle getrou wees aan hulle. Waarlik, Allah het die godvresendes lief
كَيْفَ وَإِن يَظْهَرُوا عَلَيْكُمْ لَا يَرْقُبُوا فِيكُمْ إِلًّا وَلَا ذِمَّةً ۚ يُرْضُونَكُم بِأَفْوَاهِهِمْ وَتَأْبَىٰ قُلُوبُهُمْ وَأَكْثَرُهُمْ فَاسِقُونَ (8)
Hoe dan? As hulle die oorhand oor julle kry, dan, in julle geval, eerbiedig hulle nóg bande van verwantskap nóg verbond. Hulle sal julle met hulle monde behaag, terwyl hulle haat in hulle harte het; en die meeste van hulle is oortreders
اشْتَرَوْا بِآيَاتِ اللَّهِ ثَمَنًا قَلِيلًا فَصَدُّوا عَن سَبِيلِهِ ۚ إِنَّهُمْ سَاءَ مَا كَانُوا يَعْمَلُونَ (9)
Hulle het ’n geringe prys vir die tekens van Allah betaal, daarom keer hulle die mense van Sy weg af. Hulle dade is waarlik boos
لَا يَرْقُبُونَ فِي مُؤْمِنٍ إِلًّا وَلَا ذِمَّةً ۚ وَأُولَٰئِكَ هُمُ الْمُعْتَدُونَ (10)
Sover dit ’n gelowige aangaan, eerbiedig hulle nóg bande van verwantskap nóg verbond. En dit is húlle wat die perke oorskry
فَإِن تَابُوا وَأَقَامُوا الصَّلَاةَ وَآتَوُا الزَّكَاةَ فَإِخْوَانُكُمْ فِي الدِّينِ ۗ وَنُفَصِّلُ الْآيَاتِ لِقَوْمٍ يَعْلَمُونَ (11)
Maar as hulle berou het, die gebed onderhou en die Zakaat2 betaal, dan is hulle julle broers in die geloof. En Ons maak die tekens duidelik vir ’n volk wat weet
وَإِن نَّكَثُوا أَيْمَانَهُم مِّن بَعْدِ عَهْدِهِمْ وَطَعَنُوا فِي دِينِكُمْ فَقَاتِلُوا أَئِمَّةَ الْكُفْرِ ۙ إِنَّهُمْ لَا أَيْمَانَ لَهُمْ لَعَلَّهُمْ يَنتَهُونَ (12)
En as hulle ná hul verbond hul eed sou breek en julle godsdiens belaster, veg dan teen die leiers van die ongeloof ~ waarlik, hulle eed beteken niks nie ~ sodat hulle daarmee kan ophou
أَلَا تُقَاتِلُونَ قَوْمًا نَّكَثُوا أَيْمَانَهُمْ وَهَمُّوا بِإِخْرَاجِ الرَّسُولِ وَهُم بَدَءُوكُمْ أَوَّلَ مَرَّةٍ ۚ أَتَخْشَوْنَهُمْ ۚ فَاللَّهُ أَحَقُّ أَن تَخْشَوْهُ إِن كُنتُم مُّؤْمِنِينَ (13)
Wil julle dan nie ’n volk beveg wat hul eed verbreek en planne beraam het om die Boodskapper te verdryf, en wat julle eerste aangeval het nie? Vrees julle húlle? Maar Allah het ’n groter aanspraak op julle vrees, as julle werklik gelowiges is
قَاتِلُوهُمْ يُعَذِّبْهُمُ اللَّهُ بِأَيْدِيكُمْ وَيُخْزِهِمْ وَيَنصُرْكُمْ عَلَيْهِمْ وَيَشْفِ صُدُورَ قَوْمٍ مُّؤْمِنِينَ (14)
Beveg hulle! Allah sal hulle deur julle hande straf en skande oor hulle bring, en julle teen hulle help, en verligting in die harte van ’n gelowige volk bring
وَيُذْهِبْ غَيْظَ قُلُوبِهِمْ ۗ وَيَتُوبُ اللَّهُ عَلَىٰ مَن يَشَاءُ ۗ وَاللَّهُ عَلِيمٌ حَكِيمٌ (15)
En Hy sal die nyd uit hulle harte wegneem. En Allah wend Hom- self met barmhartigheid tot wie Hy wil. En Allah is Alleswetend, Allerwys
أَمْ حَسِبْتُمْ أَن تُتْرَكُوا وَلَمَّا يَعْلَمِ اللَّهُ الَّذِينَ جَاهَدُوا مِنكُمْ وَلَمْ يَتَّخِذُوا مِن دُونِ اللَّهِ وَلَا رَسُولِهِ وَلَا الْمُؤْمِنِينَ وَلِيجَةً ۚ وَاللَّهُ خَبِيرٌ بِمَا تَعْمَلُونَ (16)
Dink julle dat jul met rus gelaat sal word terwyl Allah nog nie getoets wie van julle hard gestrewe het, en buiten Allah en Sy Boodskapper en die gelowiges, niemand anders as boesemvriend geneem het nie? En Allah is bewus van julle dade
مَا كَانَ لِلْمُشْرِكِينَ أَن يَعْمُرُوا مَسَاجِدَ اللَّهِ شَاهِدِينَ عَلَىٰ أَنفُسِهِم بِالْكُفْرِ ۚ أُولَٰئِكَ حَبِطَتْ أَعْمَالُهُمْ وَفِي النَّارِ هُمْ خَالِدُونَ (17)
Die heidene het geen reg om die Moskees van Allah te onderhou terwyl hulle ongeloof teen hul getuig nie. Dit is húlle wie se werke tevergeefs is; en hulle sal in die Vuur woon
إِنَّمَا يَعْمُرُ مَسَاجِدَ اللَّهِ مَنْ آمَنَ بِاللَّهِ وَالْيَوْمِ الْآخِرِ وَأَقَامَ الصَّلَاةَ وَآتَى الزَّكَاةَ وَلَمْ يَخْشَ إِلَّا اللَّهَ ۖ فَعَسَىٰ أُولَٰئِكَ أَن يَكُونُوا مِنَ الْمُهْتَدِينَ (18)
Die Moskees van Allah kan slegs onderhou word deur diegene wat in Allah en aan die Laaste Dag glo, en die gebed onderhou en die Zakaat3 betaal en niemand behalwe Allah vrees nie. Diesulkes is op die regte leiding
۞ أَجَعَلْتُمْ سِقَايَةَ الْحَاجِّ وَعِمَارَةَ الْمَسْجِدِ الْحَرَامِ كَمَنْ آمَنَ بِاللَّهِ وَالْيَوْمِ الْآخِرِ وَجَاهَدَ فِي سَبِيلِ اللَّهِ ۚ لَا يَسْتَوُونَ عِندَ اللَّهِ ۗ وَاللَّهُ لَا يَهْدِي الْقَوْمَ الظَّالِمِينَ (19)
Dink julle dan dat die verskaffing van drinkwater aan die pelgrims en die onderhoud van die Heilige Ka’ba, gelykstaande is aan die dienste van iemand wat in Allah en die Laaste Dag glo en hard in die weg van Allah strewe? In die oë van Allah is hulle nie gelyk nie. En Allah lei nie die onregverdiges nie
الَّذِينَ آمَنُوا وَهَاجَرُوا وَجَاهَدُوا فِي سَبِيلِ اللَّهِ بِأَمْوَالِهِمْ وَأَنفُسِهِمْ أَعْظَمُ دَرَجَةً عِندَ اللَّهِ ۚ وَأُولَٰئِكَ هُمُ الْفَائِزُونَ (20)
Hulle wat geglo het en uit hulle huise vlug, en in die weg van Allah hard gestrewe het met hulle rykdom en hulle lewens, is veel hoër in aansien by Allah. En dit is húlle wat sal seëvier
يُبَشِّرُهُمْ رَبُّهُم بِرَحْمَةٍ مِّنْهُ وَرِضْوَانٍ وَجَنَّاتٍ لَّهُمْ فِيهَا نَعِيمٌ مُّقِيمٌ (21)
Hul Heer bring hulle ’n blye tyding van Sy barmhartigheid en welbehae, en Tuine waarin blywende saligheid vir hul sal wees
خَالِدِينَ فِيهَا أَبَدًا ۚ إِنَّ اللَّهَ عِندَهُ أَجْرٌ عَظِيمٌ (22)
terwyl hulle vir ewig daarin bly. Voorwaar, by Allah is daar ’n groot beloning
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تَتَّخِذُوا آبَاءَكُمْ وَإِخْوَانَكُمْ أَوْلِيَاءَ إِنِ اسْتَحَبُّوا الْكُفْرَ عَلَى الْإِيمَانِ ۚ وَمَن يَتَوَلَّهُم مِّنكُمْ فَأُولَٰئِكَ هُمُ الظَّالِمُونَ (23)
O julle gelowiges! Neem julle vaders en julle broers nie tot vriende as hulle die ongeloof bo geloof verkies nie. En dié van julle wat vir hulle tot vriende neem, is boosdoeners
قُلْ إِن كَانَ آبَاؤُكُمْ وَأَبْنَاؤُكُمْ وَإِخْوَانُكُمْ وَأَزْوَاجُكُمْ وَعَشِيرَتُكُمْ وَأَمْوَالٌ اقْتَرَفْتُمُوهَا وَتِجَارَةٌ تَخْشَوْنَ كَسَادَهَا وَمَسَاكِنُ تَرْضَوْنَهَا أَحَبَّ إِلَيْكُم مِّنَ اللَّهِ وَرَسُولِهِ وَجِهَادٍ فِي سَبِيلِهِ فَتَرَبَّصُوا حَتَّىٰ يَأْتِيَ اللَّهُ بِأَمْرِهِ ۗ وَاللَّهُ لَا يَهْدِي الْقَوْمَ الْفَاسِقِينَ (24)
Sê: As julle vaders, en julle seuns en broers, en julle vroue en julle naasbestaandes, en die skatte wat julle vergaar het, en die handel waarin julle ’n slapte vrees, en die huise waarvan julle hou, vir julle dierbaarder is as Allah en Sy Boodskapper en Sy diens, wag dan tot Allah Sy oordeel uitbring. En Allah lei nie die sondaars nie
لَقَدْ نَصَرَكُمُ اللَّهُ فِي مَوَاطِنَ كَثِيرَةٍ ۙ وَيَوْمَ حُنَيْنٍ ۙ إِذْ أَعْجَبَتْكُمْ كَثْرَتُكُمْ فَلَمْ تُغْنِ عَنكُمْ شَيْئًا وَضَاقَتْ عَلَيْكُمُ الْأَرْضُ بِمَا رَحُبَتْ ثُمَّ وَلَّيْتُم مُّدْبِرِينَ (25)
Gewis het Allah julle op baie slagvelde bygestaan, en op die dag van Goenein, toe jul groot getalle julle trots laat voel het ~ maar julle niks gebaat het nie ~ en die aarde, ondanks sy uitge- strektheid, vir julle te nou geword het, toe julle al vlugtende moes terugval
ثُمَّ أَنزَلَ اللَّهُ سَكِينَتَهُ عَلَىٰ رَسُولِهِ وَعَلَى الْمُؤْمِنِينَ وَأَنزَلَ جُنُودًا لَّمْ تَرَوْهَا وَعَذَّبَ الَّذِينَ كَفَرُوا ۚ وَذَٰلِكَ جَزَاءُ الْكَافِرِينَ (26)
Daarna het Allah Sy kalmte oor Sy Boodskapper en die gelowi- ges laat neerdaal, en magte wat julle nie kon sien nie, gestuur om die ongelowiges te straf. En dít is die loon van die ongelowi- ges
ثُمَّ يَتُوبُ اللَّهُ مِن بَعْدِ ذَٰلِكَ عَلَىٰ مَن يَشَاءُ ۗ وَاللَّهُ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (27)
Daarna sal Allah die boetedoening aanvaar van wie Hy wil. En Allah is Vergewensgesind, Genadevol
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِنَّمَا الْمُشْرِكُونَ نَجَسٌ فَلَا يَقْرَبُوا الْمَسْجِدَ الْحَرَامَ بَعْدَ عَامِهِمْ هَٰذَا ۚ وَإِنْ خِفْتُمْ عَيْلَةً فَسَوْفَ يُغْنِيكُمُ اللَّهُ مِن فَضْلِهِ إِن شَاءَ ۚ إِنَّ اللَّهَ عَلِيمٌ حَكِيمٌ (28)
O julle gelowiges! Die heidene is beslis onrein, daarom sal hulle die Heilige Ka’ba ná hierdie jaar nie weer betree nie. En as julle armoede vrees, dan sal Allah, as dit Hom behaag, julle uit Sy oorvloed verryk. Waarlik, Allah is Alleswetend, Allerwys
قَاتِلُوا الَّذِينَ لَا يُؤْمِنُونَ بِاللَّهِ وَلَا بِالْيَوْمِ الْآخِرِ وَلَا يُحَرِّمُونَ مَا حَرَّمَ اللَّهُ وَرَسُولُهُ وَلَا يَدِينُونَ دِينَ الْحَقِّ مِنَ الَّذِينَ أُوتُوا الْكِتَابَ حَتَّىٰ يُعْطُوا الْجِزْيَةَ عَن يَدٍ وَهُمْ صَاغِرُونَ (29)
Beveg húlle wat nie in Allah en aan die Laaste Dag glo nie, en nie verbied wat Allah en Sy Boodskapper verbied het nie, en nie die Godsdiens van die Waarheid navolg nie ~ tussen die mense aan wie die Boek vroeër gegee is ~ totdat hulle die belasting ter erkentenis van voorrang betaal, en hulle onderdanig is
وَقَالَتِ الْيَهُودُ عُزَيْرٌ ابْنُ اللَّهِ وَقَالَتِ النَّصَارَى الْمَسِيحُ ابْنُ اللَّهِ ۖ ذَٰلِكَ قَوْلُهُم بِأَفْوَاهِهِمْ ۖ يُضَاهِئُونَ قَوْلَ الَّذِينَ كَفَرُوا مِن قَبْلُ ۚ قَاتَلَهُمُ اللَّهُ ۚ أَنَّىٰ يُؤْفَكُونَ (30)
En die Jode sê: Esra is die seun van Allah, en die Christene sê: Die Messias is die seun van Allah. Dit is die woorde wat hulle monde uiter. Hulle herhaal die woorde van diegene wat voorheen ongelowig was. Die vloek van Allah rus op hulle. Hoe ontdaan is hulle van die waarheid
اتَّخَذُوا أَحْبَارَهُمْ وَرُهْبَانَهُمْ أَرْبَابًا مِّن دُونِ اللَّهِ وَالْمَسِيحَ ابْنَ مَرْيَمَ وَمَا أُمِرُوا إِلَّا لِيَعْبُدُوا إِلَٰهًا وَاحِدًا ۖ لَّا إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ ۚ سُبْحَانَهُ عَمَّا يُشْرِكُونَ (31)
Hulle neem hulle skrifgeleerdes en hulle monnike tot Heer buiten Allah, en ook die Messias, seun van Maria. En dit is hulle gebied om slegs een God te aanbid ~ daar is geen God nie buiten Hom. Verhewe is Hy bo dít wat hulle met Hom vereenselwig
يُرِيدُونَ أَن يُطْفِئُوا نُورَ اللَّهِ بِأَفْوَاهِهِمْ وَيَأْبَى اللَّهُ إِلَّا أَن يُتِمَّ نُورَهُ وَلَوْ كَرِهَ الْكَافِرُونَ (32)
Hulle begeer om die lig van Allah met hulle monde uit te doof, maar Allah sal niks toelaat nie behalwe die vervolmaking van Sy lig, ofskoon die ongelowiges dit haat
هُوَ الَّذِي أَرْسَلَ رَسُولَهُ بِالْهُدَىٰ وَدِينِ الْحَقِّ لِيُظْهِرَهُ عَلَى الدِّينِ كُلِّهِ وَلَوْ كَرِهَ الْمُشْرِكُونَ (33)
Dit is Hy wat Sy Boodskapper met leiding en die Ware Gods- diens gestuur het, sodat Hy dit oor alle godsdienste kan laat heers, hoewel die heidene dit haatlik vind
۞ يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِنَّ كَثِيرًا مِّنَ الْأَحْبَارِ وَالرُّهْبَانِ لَيَأْكُلُونَ أَمْوَالَ النَّاسِ بِالْبَاطِلِ وَيَصُدُّونَ عَن سَبِيلِ اللَّهِ ۗ وَالَّذِينَ يَكْنِزُونَ الذَّهَبَ وَالْفِضَّةَ وَلَا يُنفِقُونَهَا فِي سَبِيلِ اللَّهِ فَبَشِّرْهُم بِعَذَابٍ أَلِيمٍ (34)
O julle gelowiges! Voorwaar, baie van die skrifgeleerdes en die monnike verorber die rykdom van mense op ’n skynheilige manier, en keer hulle van die weg van Allah af. En hulle wat goud en silwer vergaar en dit nie in die weg van Allah bestee nie ~ verkondig aan hulle ’n smartlike straf
يَوْمَ يُحْمَىٰ عَلَيْهَا فِي نَارِ جَهَنَّمَ فَتُكْوَىٰ بِهَا جِبَاهُهُمْ وَجُنُوبُهُمْ وَظُهُورُهُمْ ۖ هَٰذَا مَا كَنَزْتُمْ لِأَنفُسِكُمْ فَذُوقُوا مَا كُنتُمْ تَكْنِزُونَ (35)
Op die Dag wanneer dit in die Vuur van die Hel sal verhit word, sal hulle voorhoofde en hul sye en hul rûe daarmee gebrandmerk word: Dít is wat julle vir julleself opgegaar het; geniet dus daarvan
إِنَّ عِدَّةَ الشُّهُورِ عِندَ اللَّهِ اثْنَا عَشَرَ شَهْرًا فِي كِتَابِ اللَّهِ يَوْمَ خَلَقَ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ مِنْهَا أَرْبَعَةٌ حُرُمٌ ۚ ذَٰلِكَ الدِّينُ الْقَيِّمُ ۚ فَلَا تَظْلِمُوا فِيهِنَّ أَنفُسَكُمْ ۚ وَقَاتِلُوا الْمُشْرِكِينَ كَافَّةً كَمَا يُقَاتِلُونَكُمْ كَافَّةً ۚ وَاعْلَمُوا أَنَّ اللَّهَ مَعَ الْمُتَّقِينَ (36)
Voorwaar, die aantal maande by Allah is twaalf, volgens ’n verordening van Allah sedert Hy die hemele en die aarde geskape het. Vier hiervan is heilig. Dít is die ware geloof. Doen julle hierom dus geen onreg aan nie. En beveg al die heidene soos hulle júlle beveg. En weet dat Allah met die godvresendes is
إِنَّمَا النَّسِيءُ زِيَادَةٌ فِي الْكُفْرِ ۖ يُضَلُّ بِهِ الَّذِينَ كَفَرُوا يُحِلُّونَهُ عَامًا وَيُحَرِّمُونَهُ عَامًا لِّيُوَاطِئُوا عِدَّةَ مَا حَرَّمَ اللَّهُ فَيُحِلُّوا مَا حَرَّمَ اللَّهُ ۚ زُيِّنَ لَهُمْ سُوءُ أَعْمَالِهِمْ ۗ وَاللَّهُ لَا يَهْدِي الْقَوْمَ الْكَافِرِينَ (37)
Voorwaar, die uitstel van ’n heilige maand is maar net ’n toevoeging by die ongeloof, waardeur die ongelowiges op die dwaalspoor gebring word. Hulle laat dit die een jaar toe en die volgende jaar belet hulle dit, sodat hulle mag besluit oor die aantal maande wat Allah geheilig het, en sodoende probeer hulle wettig wat Allah onwettig verklaar het. Die kwaad van hulle dade word vir hulle mooi gemaak. En Allah lei nie die ongelowiges nie
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا مَا لَكُمْ إِذَا قِيلَ لَكُمُ انفِرُوا فِي سَبِيلِ اللَّهِ اثَّاقَلْتُمْ إِلَى الْأَرْضِ ۚ أَرَضِيتُم بِالْحَيَاةِ الدُّنْيَا مِنَ الْآخِرَةِ ۚ فَمَا مَتَاعُ الْحَيَاةِ الدُّنْيَا فِي الْآخِرَةِ إِلَّا قَلِيلٌ (38)
O julle gelowiges! Watter rede het julle om, wanneer aan julle gesê word: Gaan voort op die weg van Allah, julle hewig aan
إِلَّا تَنفِرُوا يُعَذِّبْكُمْ عَذَابًا أَلِيمًا وَيَسْتَبْدِلْ قَوْمًا غَيْرَكُمْ وَلَا تَضُرُّوهُ شَيْئًا ۗ وَاللَّهُ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (39)
As julle nie voortgaan nie, sal Hy julle met ’n smartlike straf teregstel en ’n ander volk in julle plek kies. Julle kan Hom geen leed aandoen nie. En Allah het mag oor alle dinge
إِلَّا تَنصُرُوهُ فَقَدْ نَصَرَهُ اللَّهُ إِذْ أَخْرَجَهُ الَّذِينَ كَفَرُوا ثَانِيَ اثْنَيْنِ إِذْ هُمَا فِي الْغَارِ إِذْ يَقُولُ لِصَاحِبِهِ لَا تَحْزَنْ إِنَّ اللَّهَ مَعَنَا ۖ فَأَنزَلَ اللَّهُ سَكِينَتَهُ عَلَيْهِ وَأَيَّدَهُ بِجُنُودٍ لَّمْ تَرَوْهَا وَجَعَلَ كَلِمَةَ الَّذِينَ كَفَرُوا السُّفْلَىٰ ۗ وَكَلِمَةُ اللَّهِ هِيَ الْعُلْيَا ۗ وَاللَّهُ عَزِيزٌ حَكِيمٌ (40)
As júlle hom nie help nie, dan het Allah hom tog sekerlik gehelp toe die ongelowiges hom verdryf het ~ hy wat die tweede van die twee was; toe hulle albei in die grot was en hy aan sy metgesel4 gesê het: Treur nie; waarlik, Allah is met ons. Toe het Allah Sy gerustheid op hom laat neerdaal en hom met ’n mag, wat julle nie gesien het nie, versterk, en die woord van die ongelowiges verneder. En die woord van Allah is die oppermagtigste. En Allah is Almagtig, Allerwys
انفِرُوا خِفَافًا وَثِقَالًا وَجَاهِدُوا بِأَمْوَالِكُمْ وَأَنفُسِكُمْ فِي سَبِيلِ اللَّهِ ۚ ذَٰلِكُمْ خَيْرٌ لَّكُمْ إِن كُنتُمْ تَعْلَمُونَ (41)
Gaan voort, lig of swaar, en strewe hard in die weg van Allah met julle rykdom en julle lewens. Dit is vir julle beter dat julle dit weet
لَوْ كَانَ عَرَضًا قَرِيبًا وَسَفَرًا قَاصِدًا لَّاتَّبَعُوكَ وَلَٰكِن بَعُدَتْ عَلَيْهِمُ الشُّقَّةُ ۚ وَسَيَحْلِفُونَ بِاللَّهِ لَوِ اسْتَطَعْنَا لَخَرَجْنَا مَعَكُمْ يُهْلِكُونَ أَنفُسَهُمْ وَاللَّهُ يَعْلَمُ إِنَّهُمْ لَكَاذِبُونَ (42)
As dit ’n onmiddellike wins en ’n kort reis gewees het, sou hulle u sekerlik gevolg het, maar die vermoeiende reis was vir hulle te lank. En hulle sal by Allah sweer: As ons in staat gewees het, sou ons met u voortgegaan het. Hulle veroorsaak die vernietiging van hulle eie siele; en Allah weet dat hulle leuenaars is
عَفَا اللَّهُ عَنكَ لِمَ أَذِنتَ لَهُمْ حَتَّىٰ يَتَبَيَّنَ لَكَ الَّذِينَ صَدَقُوا وَتَعْلَمَ الْكَاذِبِينَ (43)
Allah vergewe u! Waarom het u hulle toegelaat voordat hulle wat die waarheid praat, aan u bekend was, en u die leuenaars uitgeken het
لَا يَسْتَأْذِنُكَ الَّذِينَ يُؤْمِنُونَ بِاللَّهِ وَالْيَوْمِ الْآخِرِ أَن يُجَاهِدُوا بِأَمْوَالِهِمْ وَأَنفُسِهِمْ ۗ وَاللَّهُ عَلِيمٌ بِالْمُتَّقِينَ (44)
Hulle wat in Allah en aan die Laaste Dag glo, sal u nie om vrystelling vra van die gebruik van hulle rykdom en hulle persone nie. En Allah ken die godvresendes
إِنَّمَا يَسْتَأْذِنُكَ الَّذِينَ لَا يُؤْمِنُونَ بِاللَّهِ وَالْيَوْمِ الْآخِرِ وَارْتَابَتْ قُلُوبُهُمْ فَهُمْ فِي رَيْبِهِمْ يَتَرَدَّدُونَ (45)
Net hulle wat nie in Allah en aan die Laaste Dag glo nie, sal u om verlof vra, en hulle harte twyfel, en in hulle twyfel aarsel hulle
۞ وَلَوْ أَرَادُوا الْخُرُوجَ لَأَعَدُّوا لَهُ عُدَّةً وَلَٰكِن كَرِهَ اللَّهُ انبِعَاثَهُمْ فَثَبَّطَهُمْ وَقِيلَ اقْعُدُوا مَعَ الْقَاعِدِينَ (46)
En indien hulle van voornemens was om voort te gaan, sou hulle sekerlik vir toerusting gesorg het; maar Allah wou nie dat hulle gaan nie. Daarom het Hy hulle teruggehou, en daar is gesê: Sit dan saam met die tuisblyers
لَوْ خَرَجُوا فِيكُم مَّا زَادُوكُمْ إِلَّا خَبَالًا وَلَأَوْضَعُوا خِلَالَكُمْ يَبْغُونَكُمُ الْفِتْنَةَ وَفِيكُمْ سَمَّاعُونَ لَهُمْ ۗ وَاللَّهُ عَلِيمٌ بِالظَّالِمِينَ (47)
En as hulle met julle saamgegaan het, sou hulle julle niks anders as moeilikheid besorg het nie, en hulle sou heen en weer gehardloop het terwyl hulle probeer om tweedrag tussen julle te saai. En tussen julle is daar ’n klompie wat na hulle sou luister. En Allah ken die kwaaddoeners goed
لَقَدِ ابْتَغَوُا الْفِتْنَةَ مِن قَبْلُ وَقَلَّبُوا لَكَ الْأُمُورَ حَتَّىٰ جَاءَ الْحَقُّ وَظَهَرَ أَمْرُ اللَّهِ وَهُمْ كَارِهُونَ (48)
Hulle het al vantevore probeer om tweedrag te saai, en hulle het sameswerings teen u gesmee totdat die Waarheid gekom het en die verordening van Allah gevestig is, hoewel hulle nie daarvan gehou het nie
وَمِنْهُم مَّن يَقُولُ ائْذَن لِّي وَلَا تَفْتِنِّي ۚ أَلَا فِي الْفِتْنَةِ سَقَطُوا ۗ وَإِنَّ جَهَنَّمَ لَمُحِيطَةٌ بِالْكَافِرِينَ (49)
En tussen hulle is daar diegene wat sê: Verskoon my, en beproef my nie. Hulle het reeds al in die versoeking geval, en die Hel sal die ongelowiges waarlik omring
إِن تُصِبْكَ حَسَنَةٌ تَسُؤْهُمْ ۖ وَإِن تُصِبْكَ مُصِيبَةٌ يَقُولُوا قَدْ أَخَذْنَا أَمْرَنَا مِن قَبْلُ وَيَتَوَلَّوا وَّهُمْ فَرِحُونَ (50)
As iets goeds oor u kom, doen dit hulle verdriet aan; en as u rampspoed ondervind, sê hulle: Ons het inderdaad vooraf ons voorsorg geneem. En juigend draai hulle om
قُل لَّن يُصِيبَنَا إِلَّا مَا كَتَبَ اللَّهُ لَنَا هُوَ مَوْلَانَا ۚ وَعَلَى اللَّهِ فَلْيَتَوَكَّلِ الْمُؤْمِنُونَ (51)
Sê: Niks sal ons oorval nie behalwe dít wat Allah vir ons bestem het. Hy is ons Beskermheer. En op Allah moet die gelowiges vertrou
قُلْ هَلْ تَرَبَّصُونَ بِنَا إِلَّا إِحْدَى الْحُسْنَيَيْنِ ۖ وَنَحْنُ نَتَرَبَّصُ بِكُمْ أَن يُصِيبَكُمُ اللَّهُ بِعَذَابٍ مِّنْ عِندِهِ أَوْ بِأَيْدِينَا ۖ فَتَرَبَّصُوا إِنَّا مَعَكُم مُّتَرَبِّصُونَ (52)
Sê: Verwag julle vir ons niks anders nie as een van twee goeie dinge? En ons verwag vir julle dat Allah julle ’n straf van Homself, of deur ons hande, sal oplê. Wag dan; ons wag saam met julle
قُلْ أَنفِقُوا طَوْعًا أَوْ كَرْهًا لَّن يُتَقَبَّلَ مِنكُمْ ۖ إِنَّكُمْ كُنتُمْ قَوْمًا فَاسِقِينَ (53)
Sê: Bestee vrywillig of onwillig; dit sal tog nie van julle aangeneem word nie. Julle is ’n ongehoorsame volk
وَمَا مَنَعَهُمْ أَن تُقْبَلَ مِنْهُمْ نَفَقَاتُهُمْ إِلَّا أَنَّهُمْ كَفَرُوا بِاللَّهِ وَبِرَسُولِهِ وَلَا يَأْتُونَ الصَّلَاةَ إِلَّا وَهُمْ كُسَالَىٰ وَلَا يُنفِقُونَ إِلَّا وَهُمْ كَارِهُونَ (54)
En daar is niks wat verhoed dat hulle gawes aangeneem sal word nie, behalwe dat hulle nie in Allah en die Boodskapper glo nie, en dat hulle nie anders na die gebed toe kom nie as lui-lui; en hulle bestee ook onwillig
فَلَا تُعْجِبْكَ أَمْوَالُهُمْ وَلَا أَوْلَادُهُمْ ۚ إِنَّمَا يُرِيدُ اللَّهُ لِيُعَذِّبَهُم بِهَا فِي الْحَيَاةِ الدُّنْيَا وَتَزْهَقَ أَنفُسُهُمْ وَهُمْ كَافِرُونَ (55)
Moenie dat hulle rykdom of hulle kinders u verwondering wek nie. Allah wil hulle daarmee straf, en hulle siele sal heengaan terwyl hulle ongelowiges is
وَيَحْلِفُونَ بِاللَّهِ إِنَّهُمْ لَمِنكُمْ وَمَا هُم مِّنكُمْ وَلَٰكِنَّهُمْ قَوْمٌ يَفْرَقُونَ (56)
En hulle sweer by Allah dat hulle werklik tot julle behoort. En hulle behoort nie tot julle nie, maar hulle is bang
لَوْ يَجِدُونَ مَلْجَأً أَوْ مَغَارَاتٍ أَوْ مُدَّخَلًا لَّوَلَّوْا إِلَيْهِ وَهُمْ يَجْمَحُونَ (57)
En as hulle ’n skuilplek of grotte of ’n plek vind om in te gaan, sal hulle sekerlik daarnatoe wend en in aller yl weghardloop
وَمِنْهُم مَّن يَلْمِزُكَ فِي الصَّدَقَاتِ فَإِنْ أُعْطُوا مِنْهَا رَضُوا وَإِن لَّمْ يُعْطَوْا مِنْهَا إِذَا هُمْ يَسْخَطُونَ (58)
En tussen hulle is diegene wat u oor die aalmoes kwalik neem. As hulle daarvan gegee word, is hulle tevrede, en as hulle niks daarvan ontvang nie, kyk! dan is hulle woedend
وَلَوْ أَنَّهُمْ رَضُوا مَا آتَاهُمُ اللَّهُ وَرَسُولُهُ وَقَالُوا حَسْبُنَا اللَّهُ سَيُؤْتِينَا اللَّهُ مِن فَضْلِهِ وَرَسُولُهُ إِنَّا إِلَى اللَّهِ رَاغِبُونَ (59)
En was hulle maar tevrede met wat Allah en Sy Boodskapper aan hulle gegee het, en het hulle gesê: Allah is vir ons genoeg; Allah sal ons weldra van Sy oorvloed gee, en ook vir Sy Boodskapper; waarlik, tot Allah is ons vertoë gerig
۞ إِنَّمَا الصَّدَقَاتُ لِلْفُقَرَاءِ وَالْمَسَاكِينِ وَالْعَامِلِينَ عَلَيْهَا وَالْمُؤَلَّفَةِ قُلُوبُهُمْ وَفِي الرِّقَابِ وَالْغَارِمِينَ وَفِي سَبِيلِ اللَّهِ وَابْنِ السَّبِيلِ ۖ فَرِيضَةً مِّنَ اللَّهِ ۗ وَاللَّهُ عَلِيمٌ حَكِيمٌ (60)
Die gunste5 is slegs vir die armes en die behoeftiges, en vir diegene wat dit moet versprei, en vir hulle wie se harte tot die waarheid geneig is, en vir die bevryding van gevangenes, en vir hulle wat in die skuld is, vir die diens van Allah, en vir die reisiger ~ ’n instelling van Allah. En Allah is Alleswetend, Allerwys
وَمِنْهُمُ الَّذِينَ يُؤْذُونَ النَّبِيَّ وَيَقُولُونَ هُوَ أُذُنٌ ۚ قُلْ أُذُنُ خَيْرٍ لَّكُمْ يُؤْمِنُ بِاللَّهِ وَيُؤْمِنُ لِلْمُؤْمِنِينَ وَرَحْمَةٌ لِّلَّذِينَ آمَنُوا مِنكُمْ ۚ وَالَّذِينَ يُؤْذُونَ رَسُولَ اللَّهِ لَهُمْ عَذَابٌ أَلِيمٌ (61)
En onder hulle is diegene wat die Profeet lastig val en sê: Hy is net ore. Sê: ’n Luisteraar van die goeie om julle onthalwe ~ hy glo in Allah en hy glo die gelowiges, en hy is ’n genade vir die gelowiges tussen julle. En op hulle wat die Boodskapper van Allah te na kom, wag daar ’n smartlike straf
يَحْلِفُونَ بِاللَّهِ لَكُمْ لِيُرْضُوكُمْ وَاللَّهُ وَرَسُولُهُ أَحَقُّ أَن يُرْضُوهُ إِن كَانُوا مُؤْمِنِينَ (62)
Hulle sweer teenoor julle by Allah om julle te behaag; en Allah en Sy Boodskapper dring daarop aan dat hulle Hom moet behaag as hulle gelowiges is
أَلَمْ يَعْلَمُوا أَنَّهُ مَن يُحَادِدِ اللَّهَ وَرَسُولَهُ فَأَنَّ لَهُ نَارَ جَهَنَّمَ خَالِدًا فِيهَا ۚ ذَٰلِكَ الْخِزْيُ الْعَظِيمُ (63)
Weet hulle nie dat die Hel as tuiste bestem is vir hulle wat Allah en Sy Boodskapper vyandiggesind is nie? Dit is ’n groot vernedering
يَحْذَرُ الْمُنَافِقُونَ أَن تُنَزَّلَ عَلَيْهِمْ سُورَةٌ تُنَبِّئُهُم بِمَا فِي قُلُوبِهِمْ ۚ قُلِ اسْتَهْزِئُوا إِنَّ اللَّهَ مُخْرِجٌ مَّا تَحْذَرُونَ (64)
Die Huigelaars vrees dat ’n soera6 aangaande hulle gestuur sal word, waarin onomwonde openbaar sal word wat in hulle harte omgaan. Sê: Spot maar, Allah sal dít wat julle vrees, waarlik aan die lig bring
وَلَئِن سَأَلْتَهُمْ لَيَقُولُنَّ إِنَّمَا كُنَّا نَخُوضُ وَنَلْعَبُ ۚ قُلْ أَبِاللَّهِ وَآيَاتِهِ وَرَسُولِهِ كُنتُمْ تَسْتَهْزِئُونَ (65)
En as u hulle sou ondervra, dan sal hulle sê: Dit was maar verspotte praatjies en grappe van ons. Sê: Was dit met Allah en Sy tekens en Sy Boodskapper waarmee julle die spot gedryf het
لَا تَعْتَذِرُوا قَدْ كَفَرْتُم بَعْدَ إِيمَانِكُمْ ۚ إِن نَّعْفُ عَن طَائِفَةٍ مِّنكُمْ نُعَذِّبْ طَائِفَةً بِأَنَّهُمْ كَانُوا مُجْرِمِينَ (66)
Vra nie om vergifnis nie; julle het waarlik ongelowig geword nadat julle eenmaal geglo het. As Ons sommige van julle ver- gewe, sal Ons ook sommige van julle moet straf, omdat hulle skuldig is
الْمُنَافِقُونَ وَالْمُنَافِقَاتُ بَعْضُهُم مِّن بَعْضٍ ۚ يَأْمُرُونَ بِالْمُنكَرِ وَيَنْهَوْنَ عَنِ الْمَعْرُوفِ وَيَقْبِضُونَ أَيْدِيَهُمْ ۚ نَسُوا اللَّهَ فَنَسِيَهُمْ ۗ إِنَّ الْمُنَافِقِينَ هُمُ الْفَاسِقُونَ (67)
Die Huigelaars, mans en vroue, is almal aan mekaar verwant. Hulle spoor tot die kwaad aan en verbied die goeie en weerhou hulle hande van die gee van gunste. Hulle het Allah vergeet, daarom vergeet Hy hulle. Voorwaar, die Huigelaars is sondaars
وَعَدَ اللَّهُ الْمُنَافِقِينَ وَالْمُنَافِقَاتِ وَالْكُفَّارَ نَارَ جَهَنَّمَ خَالِدِينَ فِيهَا ۚ هِيَ حَسْبُهُمْ ۚ وَلَعَنَهُمُ اللَّهُ ۖ وَلَهُمْ عَذَابٌ مُّقِيمٌ (68)
Allah belowe die Huigelaars, die mans sowel as die vroue, en ook die ongelowiges, die Vuur van die Hel. Dít is vir hulle goed genoeg. En Allah het hulle vervloek, daarom sal hulle ’n bly- wende straf ontvang
كَالَّذِينَ مِن قَبْلِكُمْ كَانُوا أَشَدَّ مِنكُمْ قُوَّةً وَأَكْثَرَ أَمْوَالًا وَأَوْلَادًا فَاسْتَمْتَعُوا بِخَلَاقِهِمْ فَاسْتَمْتَعْتُم بِخَلَاقِكُمْ كَمَا اسْتَمْتَعَ الَّذِينَ مِن قَبْلِكُم بِخَلَاقِهِمْ وَخُضْتُمْ كَالَّذِي خَاضُوا ۚ أُولَٰئِكَ حَبِطَتْ أَعْمَالُهُمْ فِي الدُّنْيَا وَالْآخِرَةِ ۖ وَأُولَٰئِكَ هُمُ الْخَاسِرُونَ (69)
Soos diegene vóór julle ~ hulle was sterker as julle en het meer rykdom en kinders gehad. So het hulle hul aandeel geniet; en so het julle julle aandeel geniet net soos hulle vóór julle hul aandeel geniet het, en julle gee jul oor aan ydele praatjies soos hulle hul oorgegee het. Dit is húlle wie se werke in hierdie wêreld en in die Hiernamaals niksbeduidend sal wees; en hulle sal die verloorders wees
أَلَمْ يَأْتِهِمْ نَبَأُ الَّذِينَ مِن قَبْلِهِمْ قَوْمِ نُوحٍ وَعَادٍ وَثَمُودَ وَقَوْمِ إِبْرَاهِيمَ وَأَصْحَابِ مَدْيَنَ وَالْمُؤْتَفِكَاتِ ۚ أَتَتْهُمْ رُسُلُهُم بِالْبَيِّنَاتِ ۖ فَمَا كَانَ اللَّهُ لِيَظْلِمَهُمْ وَلَٰكِن كَانُوا أَنفُسَهُمْ يَظْلِمُونَ (70)
Het die verhaal van diegene wat vóór hulle was hulle nie bereik nie ~ die volk van Noag en Aad en Thamoed, en die volk van Abraham en die bewoners van Mede en die verwoeste stede? Die boodskappers het met duidelike bewyse tot hulle gekom. Daarom het Allah hulle geen kwaad aangedoen nie, maar hulle het hulsélf skade berokken
وَالْمُؤْمِنُونَ وَالْمُؤْمِنَاتُ بَعْضُهُمْ أَوْلِيَاءُ بَعْضٍ ۚ يَأْمُرُونَ بِالْمَعْرُوفِ وَيَنْهَوْنَ عَنِ الْمُنكَرِ وَيُقِيمُونَ الصَّلَاةَ وَيُؤْتُونَ الزَّكَاةَ وَيُطِيعُونَ اللَّهَ وَرَسُولَهُ ۚ أُولَٰئِكَ سَيَرْحَمُهُمُ اللَّهُ ۗ إِنَّ اللَّهَ عَزِيزٌ حَكِيمٌ (71)
En die gelowiges, mans sowel as vroue, is vriende van mekaar. Hulle spoor tot die goeie aan en verbied die kwaad en onderhou die gebed en betaal die Zakaat en gehoorsaam Allah en die Boodskapper. Aan hulle sal Allah Sy barmhartigheid bewys. Waarlik, Allah is Almagtig, Allerwys
وَعَدَ اللَّهُ الْمُؤْمِنِينَ وَالْمُؤْمِنَاتِ جَنَّاتٍ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا وَمَسَاكِنَ طَيِّبَةً فِي جَنَّاتِ عَدْنٍ ۚ وَرِضْوَانٌ مِّنَ اللَّهِ أَكْبَرُ ۚ ذَٰلِكَ هُوَ الْفَوْزُ الْعَظِيمُ (72)
Allah het die gelowiges, die mans en die vroue, tuine belowe waardeur riviere vloei, waarin hulle kan woon, en heerlike woonhuise in Tuine van Ewigheid. En die grootste van dit alles is die welbehae van Allah. Dít is die uitnemendste sukses
يَا أَيُّهَا النَّبِيُّ جَاهِدِ الْكُفَّارَ وَالْمُنَافِقِينَ وَاغْلُظْ عَلَيْهِمْ ۚ وَمَأْوَاهُمْ جَهَنَّمُ ۖ وَبِئْسَ الْمَصِيرُ (73)
O Profeet! Stry hard teen die ongelowiges en die Huigelaars, en wees ferm teenoor hulle. Hulle tuiste is die Hel, en dit is ’n gedoemde bestemming
يَحْلِفُونَ بِاللَّهِ مَا قَالُوا وَلَقَدْ قَالُوا كَلِمَةَ الْكُفْرِ وَكَفَرُوا بَعْدَ إِسْلَامِهِمْ وَهَمُّوا بِمَا لَمْ يَنَالُوا ۚ وَمَا نَقَمُوا إِلَّا أَنْ أَغْنَاهُمُ اللَّهُ وَرَسُولُهُ مِن فَضْلِهِ ۚ فَإِن يَتُوبُوا يَكُ خَيْرًا لَّهُمْ ۖ وَإِن يَتَوَلَّوْا يُعَذِّبْهُمُ اللَّهُ عَذَابًا أَلِيمًا فِي الدُّنْيَا وَالْآخِرَةِ ۚ وَمَا لَهُمْ فِي الْأَرْضِ مِن وَلِيٍّ وَلَا نَصِيرٍ (74)
Hulle sweer by Allah dat hulle niks gesê het nie. En tog het hulle waarlik die woord van ongeloof uitgespreek en ongelowig geword nadat hulle Islam aanvaar het, en hulle het beoog wat hulle nie kon volbring nie. En hulle wou wraak neem omdat Allah ~ én Sy Boodskapper ~ hulle uit Sy oorvloed verryk het. As hulle maar berou het, sal dit vir hulle goed wees; maar as hulle afdwaal, sal Allah hulle in hierdie wêreld en in die Hierna- maals met ’n kastyding straf; en hulle sal op aarde geen vriend of helper hê nie
۞ وَمِنْهُم مَّنْ عَاهَدَ اللَّهَ لَئِنْ آتَانَا مِن فَضْلِهِ لَنَصَّدَّقَنَّ وَلَنَكُونَنَّ مِنَ الصَّالِحِينَ (75)
En tussen hulle is daar mense wat ’n verbond met Allah gesluit en gesê het: As Hy ons van Sy oorvloed skenk, sal ons gunste gee en deugsaam wees
فَلَمَّا آتَاهُم مِّن فَضْلِهِ بَخِلُوا بِهِ وَتَوَلَّوا وَّهُم مُّعْرِضُونَ (76)
Maar nadat Hy hulle van Sy oorvloed gegee het, het hulle suini- ger geword, hulle het met afgryse weggedraai
فَأَعْقَبَهُمْ نِفَاقًا فِي قُلُوبِهِمْ إِلَىٰ يَوْمِ يَلْقَوْنَهُ بِمَا أَخْلَفُوا اللَّهَ مَا وَعَدُوهُ وَبِمَا كَانُوا يَكْذِبُونَ (77)
Hy het hulle daarom vergeld met huigelary in hulle harte wat sal duur tot die Dag wanneer hulle Hom sal ontmoet, omdat hulle hul gelofte aan Allah verbreek en gelieg het
أَلَمْ يَعْلَمُوا أَنَّ اللَّهَ يَعْلَمُ سِرَّهُمْ وَنَجْوَاهُمْ وَأَنَّ اللَّهَ عَلَّامُ الْغُيُوبِ (78)
Weet hulle dan nie dat Allah hulle heimlike gedagtes en heimlike beraadslaginge ken en dat Allah die Groot Weter van die Onsigbare is nie
الَّذِينَ يَلْمِزُونَ الْمُطَّوِّعِينَ مِنَ الْمُؤْمِنِينَ فِي الصَّدَقَاتِ وَالَّذِينَ لَا يَجِدُونَ إِلَّا جُهْدَهُمْ فَيَسْخَرُونَ مِنْهُمْ ۙ سَخِرَ اللَّهُ مِنْهُمْ وَلَهُمْ عَذَابٌ أَلِيمٌ (79)
Hulle het die gelowiges wat vrywillig gunste gee, asook hulle wat slegs hul arbeid het om aan te bied, belaster en hulle bespot; Allah sal hulle hul spottery vergeld, en vir hulle is daar ’n smartlike straf
اسْتَغْفِرْ لَهُمْ أَوْ لَا تَسْتَغْفِرْ لَهُمْ إِن تَسْتَغْفِرْ لَهُمْ سَبْعِينَ مَرَّةً فَلَن يَغْفِرَ اللَّهُ لَهُمْ ۚ ذَٰلِكَ بِأَنَّهُمْ كَفَرُوا بِاللَّهِ وَرَسُولِهِ ۗ وَاللَّهُ لَا يَهْدِي الْقَوْمَ الْفَاسِقِينَ (80)
Vra om vergifnis vir hulle, of vra nie om vergifnis vir hulle nie; al vra u ook sewentig maal om vergifnis vir hulle, sal Allah hulle nog nie vergewe nie. Dit is omdat hulle nie in Allah en aan Sy Boodskapper glo nie. En Allah lei nie die sondaars nie
فَرِحَ الْمُخَلَّفُونَ بِمَقْعَدِهِمْ خِلَافَ رَسُولِ اللَّهِ وَكَرِهُوا أَن يُجَاهِدُوا بِأَمْوَالِهِمْ وَأَنفُسِهِمْ فِي سَبِيلِ اللَّهِ وَقَالُوا لَا تَنفِرُوا فِي الْحَرِّ ۗ قُلْ نَارُ جَهَنَّمَ أَشَدُّ حَرًّا ۚ لَّوْ كَانُوا يَفْقَهُونَ (81)
Hulle wat tuis gebly het, was bly dat hulle agter die rug van die Boodskapper kon sit. Hulle het nie daaarvan gehou om met hulle eiendom en hul lewens in die weg van Allah te strewe nie, en het gesê: Moenie voortgaan in hierdie hitte nie. Sê: Die Vuur van die Hel is nog warmer. Kon hulle dit maar begryp
فَلْيَضْحَكُوا قَلِيلًا وَلْيَبْكُوا كَثِيرًا جَزَاءً بِمَا كَانُوا يَكْسِبُونَ (82)
Laat hulle dan min lag en baie ween; dís die loon wat hulle verdien het
فَإِن رَّجَعَكَ اللَّهُ إِلَىٰ طَائِفَةٍ مِّنْهُمْ فَاسْتَأْذَنُوكَ لِلْخُرُوجِ فَقُل لَّن تَخْرُجُوا مَعِيَ أَبَدًا وَلَن تُقَاتِلُوا مَعِيَ عَدُوًّا ۖ إِنَّكُمْ رَضِيتُم بِالْقُعُودِ أَوَّلَ مَرَّةٍ فَاقْعُدُوا مَعَ الْخَالِفِينَ (83)
En as Allah ’n klompie van hulle na u terugbring en hulle vra u dan toestemming om saam uit te trek, sê dan: Nooit sal u saam met my uittrek nie, en nooit sal u saam met my ’n vyand beveg nie. Julle het een maal verkies om tuis te bly; bly sit nou saam met hulle wat agterbly
وَلَا تُصَلِّ عَلَىٰ أَحَدٍ مِّنْهُم مَّاتَ أَبَدًا وَلَا تَقُمْ عَلَىٰ قَبْرِهِ ۖ إِنَّهُمْ كَفَرُوا بِاللَّهِ وَرَسُولِهِ وَمَاتُوا وَهُمْ فَاسِقُونَ (84)
En nooit moet u bid vir enigeen van hulle wat sterf nie; en staan ook nie by sy graf nie. Voorwaar, hulle het nie in Allah en aan Sy Boodskapper geglo nie, en hulle het as sondaars gesterf
وَلَا تُعْجِبْكَ أَمْوَالُهُمْ وَأَوْلَادُهُمْ ۚ إِنَّمَا يُرِيدُ اللَّهُ أَن يُعَذِّبَهُم بِهَا فِي الدُّنْيَا وَتَزْهَقَ أَنفُسُهُمْ وَهُمْ كَافِرُونَ (85)
En moenie dat hulle skatte en hulle kinders u verwondering wek nie. Allah gaan hulle daarmee in hierdie wêreld straf, en gee dat hul siele hulle sal verlaat terwyl hulle ongelowiges is
وَإِذَا أُنزِلَتْ سُورَةٌ أَنْ آمِنُوا بِاللَّهِ وَجَاهِدُوا مَعَ رَسُولِهِ اسْتَأْذَنَكَ أُولُو الطَّوْلِ مِنْهُمْ وَقَالُوا ذَرْنَا نَكُن مَّعَ الْقَاعِدِينَ (86)
En wanneer ’n soera geopenbaar word: Glo in Allah en strewe hard saam met Sy Boodskapper, dan vra die rykes tussen hulle vir u om toestemming en sê: Laat ons agterbly, sodat ons by die tuisblyers kan sit
رَضُوا بِأَن يَكُونُوا مَعَ الْخَوَالِفِ وَطُبِعَ عَلَىٰ قُلُوبِهِمْ فَهُمْ لَا يَفْقَهُونَ (87)
Hulle verkies om by die tuisblyers te wees, en hulle harte is verseël; daarom verstaan hulle nie
لَٰكِنِ الرَّسُولُ وَالَّذِينَ آمَنُوا مَعَهُ جَاهَدُوا بِأَمْوَالِهِمْ وَأَنفُسِهِمْ ۚ وَأُولَٰئِكَ لَهُمُ الْخَيْرَاتُ ۖ وَأُولَٰئِكَ هُمُ الْمُفْلِحُونَ (88)
Maar die Boodskapper, en dié wat saam met hom glo, strewe hard met hul eiendom en hul persoon. En vir hulle is die goeie bedoel, en hulle sal suksesvol wees
أَعَدَّ اللَّهُ لَهُمْ جَنَّاتٍ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا ۚ ذَٰلِكَ الْفَوْزُ الْعَظِيمُ (89)
Allah het vir hulle Tuine waardeur riviere vloei, voorberei om daarin te woon. Dít is die grootste sukses
وَجَاءَ الْمُعَذِّرُونَ مِنَ الْأَعْرَابِ لِيُؤْذَنَ لَهُمْ وَقَعَدَ الَّذِينَ كَذَبُوا اللَّهَ وَرَسُولَهُ ۚ سَيُصِيبُ الَّذِينَ كَفَرُوا مِنْهُمْ عَذَابٌ أَلِيمٌ (90)
En die wat verskoning maak tussen die woestynbewoners het daarop aangedring dat vrystelling aan hulle verleen moet word; en hulle wat Allah en Sy Boodskapper belieg het, het tuisgebly
لَّيْسَ عَلَى الضُّعَفَاءِ وَلَا عَلَى الْمَرْضَىٰ وَلَا عَلَى الَّذِينَ لَا يَجِدُونَ مَا يُنفِقُونَ حَرَجٌ إِذَا نَصَحُوا لِلَّهِ وَرَسُولِهِ ۚ مَا عَلَى الْمُحْسِنِينَ مِن سَبِيلٍ ۚ وَاللَّهُ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (91)
Daar rus geen blaam op die swakke en die sieke nie, ook nie op hulle wat niks kan vind om weg te gee nie, as hulle maar opreg is teenoor Allah en Sy Boodksapper. Daar rus ook geen blaam op die weldoeners nie. Allah is Vergewensgesind, Genadevol
وَلَا عَلَى الَّذِينَ إِذَا مَا أَتَوْكَ لِتَحْمِلَهُمْ قُلْتَ لَا أَجِدُ مَا أَحْمِلُكُمْ عَلَيْهِ تَوَلَّوا وَّأَعْيُنُهُمْ تَفِيضُ مِنَ الدَّمْعِ حَزَنًا أَلَّا يَجِدُوا مَا يُنفِقُونَ (92)
Ook nie op hulle wat na u gekom en versoek het dat u aan hulle rydiere en vervoer moet gee, en toe u gesê het: Ek kan niks vind waarop julle kan ry nie, teruggegaan het terwyl die trane uit hul oë stroom van spyt dat hulle niks kon vind om weg te gee nie
۞ إِنَّمَا السَّبِيلُ عَلَى الَّذِينَ يَسْتَأْذِنُونَكَ وَهُمْ أَغْنِيَاءُ ۚ رَضُوا بِأَن يَكُونُوا مَعَ الْخَوَالِفِ وَطَبَعَ اللَّهُ عَلَىٰ قُلُوبِهِمْ فَهُمْ لَا يَعْلَمُونَ (93)
Die blaam rus alleen op húlle wat u om verlof vra om met die tuisblyers te wees; en Allah het hulle harte verseël, daarom verstaan hulle nie
يَعْتَذِرُونَ إِلَيْكُمْ إِذَا رَجَعْتُمْ إِلَيْهِمْ ۚ قُل لَّا تَعْتَذِرُوا لَن نُّؤْمِنَ لَكُمْ قَدْ نَبَّأَنَا اللَّهُ مِنْ أَخْبَارِكُمْ ۚ وَسَيَرَى اللَّهُ عَمَلَكُمْ وَرَسُولُهُ ثُمَّ تُرَدُّونَ إِلَىٰ عَالِمِ الْغَيْبِ وَالشَّهَادَةِ فَيُنَبِّئُكُم بِمَا كُنتُمْ تَعْمَلُونَ (94)
Hulle sal met verontskuldigings na julle kom wanneer julle terugkeer. Sê: Bied geen verskoning aan nie; ons sal julle tog nie glo nie. Allah het ons reeds aangaande julle ingelig. En Allah en Sy Boodskapper sal nou julle doen en late raaksien; daarom sal julle na die Weter van die Onsigbare en die Sigbare teruggebring word en Hy sal julle inlig aangaande wat julle gedoen het
سَيَحْلِفُونَ بِاللَّهِ لَكُمْ إِذَا انقَلَبْتُمْ إِلَيْهِمْ لِتُعْرِضُوا عَنْهُمْ ۖ فَأَعْرِضُوا عَنْهُمْ ۖ إِنَّهُمْ رِجْسٌ ۖ وَمَأْوَاهُمْ جَهَنَّمُ جَزَاءً بِمَا كَانُوا يَكْسِبُونَ (95)
Hulle sal teenoor julle by Allah sweer wanneer julle terugkeer, sodat julle hul met rus mag laat. Ignoreer hulle dus. Voorwaar, hulle is onrein en die Hel is hul woonplek ~ ’n vergelding in ooreenstemming met hulle verdienste
يَحْلِفُونَ لَكُمْ لِتَرْضَوْا عَنْهُمْ ۖ فَإِن تَرْضَوْا عَنْهُمْ فَإِنَّ اللَّهَ لَا يَرْضَىٰ عَنِ الْقَوْمِ الْفَاسِقِينَ (96)
Hulle sal voor julle sweer sodat julle hul goedgesind kan wees. Maar selfs al sou julle met hulle tevrede wees, sal Allah nooit met ’n sondige volk tevrede wees nie
الْأَعْرَابُ أَشَدُّ كُفْرًا وَنِفَاقًا وَأَجْدَرُ أَلَّا يَعْلَمُوا حُدُودَ مَا أَنزَلَ اللَّهُ عَلَىٰ رَسُولِهِ ۗ وَاللَّهُ عَلِيمٌ حَكِيمٌ (97)
Die woestynbewoners is die hardnekkigste ongelowiges en huigelaars, en is baie geneig om die bepalinge wat Allah aan Sy Boodskapper geopenbaar het, nie na te kom nie. En Allah is Alleswetend, Allerwys
وَمِنَ الْأَعْرَابِ مَن يَتَّخِذُ مَا يُنفِقُ مَغْرَمًا وَيَتَرَبَّصُ بِكُمُ الدَّوَائِرَ ۚ عَلَيْهِمْ دَائِرَةُ السَّوْءِ ۗ وَاللَّهُ سَمِيعٌ عَلِيمٌ (98)
En tussen die woestynbewoners is diegene wat dít wat hulle bestee, as ’n boete beskou, en wens dat ’n ramp julle moet tref. Oor hulle egter sal daar rampspoed kom. En Allah is Alleshorend, Alleswetend
وَمِنَ الْأَعْرَابِ مَن يُؤْمِنُ بِاللَّهِ وَالْيَوْمِ الْآخِرِ وَيَتَّخِذُ مَا يُنفِقُ قُرُبَاتٍ عِندَ اللَّهِ وَصَلَوَاتِ الرَّسُولِ ۚ أَلَا إِنَّهَا قُرْبَةٌ لَّهُمْ ۚ سَيُدْخِلُهُمُ اللَّهُ فِي رَحْمَتِهِ ۗ إِنَّ اللَّهَ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (99)
En tussen die woestyn-Arabiere is daar diegene wat in Allah en aan die Laaste Dag glo en wat dít wat hulle bestee, asook die gebede van die Profeet, beskou as iets wat hulle nader aan Allah sal bring. Voorwaar, dit bring hulle nader aan Allah. Allah sal hulle weldra tot Sy barmhartigheid toelaat. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadevol
وَالسَّابِقُونَ الْأَوَّلُونَ مِنَ الْمُهَاجِرِينَ وَالْأَنصَارِ وَالَّذِينَ اتَّبَعُوهُم بِإِحْسَانٍ رَّضِيَ اللَّهُ عَنْهُمْ وَرَضُوا عَنْهُ وَأَعَدَّ لَهُمْ جَنَّاتٍ تَجْرِي تَحْتَهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا أَبَدًا ۚ ذَٰلِكَ الْفَوْزُ الْعَظِيمُ (100)
En die eerstes wat Islam aanvaar het tussen die Emigrante en die Helpers, en diegene wat hulle in goedheid gevolg het ~ Allah is tevrede met hulle en hulle is tevrede met Hom, en Hy het vir hulle Tuine voorberei waardeur riviere vloei, en daarin sal hulle vir ewig bly. Dít is die groot beloning
وَمِمَّنْ حَوْلَكُم مِّنَ الْأَعْرَابِ مُنَافِقُونَ ۖ وَمِنْ أَهْلِ الْمَدِينَةِ ۖ مَرَدُوا عَلَى النِّفَاقِ لَا تَعْلَمُهُمْ ۖ نَحْنُ نَعْلَمُهُمْ ۚ سَنُعَذِّبُهُم مَّرَّتَيْنِ ثُمَّ يُرَدُّونَ إِلَىٰ عَذَابٍ عَظِيمٍ (101)
En tussen die woestyn-Arabiere wat in julle omgewing is, en tussen die volk van Madina, is daar Huigelaars ~ hulle volhard in huigelary. U ken hulle nie; Ons ken hulle. Ons sal hulle dubbeld straf, dan sal hulle vir ’n swaar straf teruggebring word
وَآخَرُونَ اعْتَرَفُوا بِذُنُوبِهِمْ خَلَطُوا عَمَلًا صَالِحًا وَآخَرَ سَيِّئًا عَسَى اللَّهُ أَن يَتُوبَ عَلَيْهِمْ ۚ إِنَّ اللَّهَ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (102)
En daar is ook ander wat hulle foute beken het ~ hulle het ’n goeie daad verbrou deur dit met ’n slegte opgevolg. Dit mag wees dat Allah Hom tot hulle met barmhartigheid sal wend. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadevol
خُذْ مِنْ أَمْوَالِهِمْ صَدَقَةً تُطَهِّرُهُمْ وَتُزَكِّيهِم بِهَا وَصَلِّ عَلَيْهِمْ ۖ إِنَّ صَلَاتَكَ سَكَنٌ لَّهُمْ ۗ وَاللَّهُ سَمِيعٌ عَلِيمٌ (103)
Neem geldelike gunste van hulle besittings, sodat u hulle daardeur kan reinig en louter, en bid vir hulle. U gebed is vir hulle waarlik ’n bron van gerusstelling
أَلَمْ يَعْلَمُوا أَنَّ اللَّهَ هُوَ يَقْبَلُ التَّوْبَةَ عَنْ عِبَادِهِ وَيَأْخُذُ الصَّدَقَاتِ وَأَنَّ اللَّهَ هُوَ التَّوَّابُ الرَّحِيمُ (104)
Weet hulle nie dat dit Allah is wat die berou van Sy dienaars aanvaar en die geldelike gunste aanneem en dat dit Allah is wat Berouaanvarend en Genadevol is nie
وَقُلِ اعْمَلُوا فَسَيَرَى اللَّهُ عَمَلَكُمْ وَرَسُولُهُ وَالْمُؤْمِنُونَ ۖ وَسَتُرَدُّونَ إِلَىٰ عَالِمِ الْغَيْبِ وَالشَّهَادَةِ فَيُنَبِّئُكُم بِمَا كُنتُمْ تَعْمَلُونَ (105)
En sê: Werk, dan sal Allah julle werk raaksien, en so ook Sy Boodskapper en die gelowiges. En julle sal na die Kenner van die Onsigbare en die Sigbare teruggebring word, dan sal Hy julle inlig oor wat julle gedoen het
وَآخَرُونَ مُرْجَوْنَ لِأَمْرِ اللَّهِ إِمَّا يُعَذِّبُهُمْ وَإِمَّا يَتُوبُ عَلَيْهِمْ ۗ وَاللَّهُ عَلِيمٌ حَكِيمٌ (106)
En ander sal die gebod van Allah moet afwag, of Hy hulle gaan straf of hulle gaan vergewe. En Allah is Alleswetend, Allerwys
وَالَّذِينَ اتَّخَذُوا مَسْجِدًا ضِرَارًا وَكُفْرًا وَتَفْرِيقًا بَيْنَ الْمُؤْمِنِينَ وَإِرْصَادًا لِّمَنْ حَارَبَ اللَّهَ وَرَسُولَهُ مِن قَبْلُ ۚ وَلَيَحْلِفُنَّ إِنْ أَرَدْنَا إِلَّا الْحُسْنَىٰ ۖ وَاللَّهُ يَشْهَدُ إِنَّهُمْ لَكَاذِبُونَ (107)
En hulle wat ’n moskee gebou het om Islam skade te berokken en om die wangeloof te bevorder en verdeeldheid tussen die gelowiges te saai, en om as ’n skuilplek te dien vir hom wat voorheen reeds oorlog teen Allah en Sy Boodskapper gevoer het. En hulle sal sekerlik sweer: Ons verlang niks anders as die goeie nie. En Allah getuig dat hulle waarlik leuenaars is
لَا تَقُمْ فِيهِ أَبَدًا ۚ لَّمَسْجِدٌ أُسِّسَ عَلَى التَّقْوَىٰ مِنْ أَوَّلِ يَوْمٍ أَحَقُّ أَن تَقُومَ فِيهِ ۚ فِيهِ رِجَالٌ يُحِبُّونَ أَن يَتَطَهَّرُوا ۚ وَاللَّهُ يُحِبُّ الْمُطَّهِّرِينَ (108)
Moenie daarin staan nie. Voorwaar, ’n moskee wat van die eerste dag af vir die pligsvervulling bedoel was, is vir u waardiger om in te staan. Daarin is manne wat lief is om hulself te louter. En Allah het diegene lief wat hulself louter
أَفَمَنْ أَسَّسَ بُنْيَانَهُ عَلَىٰ تَقْوَىٰ مِنَ اللَّهِ وَرِضْوَانٍ خَيْرٌ أَم مَّنْ أَسَّسَ بُنْيَانَهُ عَلَىٰ شَفَا جُرُفٍ هَارٍ فَانْهَارَ بِهِ فِي نَارِ جَهَنَّمَ ۗ وَاللَّهُ لَا يَهْدِي الْقَوْمَ الظَّالِمِينَ (109)
Wie is die wysste: hy wat sy fondamente grondves op godvresendheid en op Sy welbehae, of hy wat bou op die rand van ’n afgrond wat met hom in die Vuur van die Hel sal stort? En Allah lei nie die onregverdiges nie
لَا يَزَالُ بُنْيَانُهُمُ الَّذِي بَنَوْا رِيبَةً فِي قُلُوبِهِمْ إِلَّا أَن تَقَطَّعَ قُلُوبُهُمْ ۗ وَاللَّهُ عَلِيمٌ حَكِيمٌ (110)
Die gebou wat hulle opgerig het, sal altyd vir hulle ’n bron van onrus in die hart bly, tensy hulle harte in stukke geskeur word. En Allah is Alleswetend, Allerwys
۞ إِنَّ اللَّهَ اشْتَرَىٰ مِنَ الْمُؤْمِنِينَ أَنفُسَهُمْ وَأَمْوَالَهُم بِأَنَّ لَهُمُ الْجَنَّةَ ۚ يُقَاتِلُونَ فِي سَبِيلِ اللَّهِ فَيَقْتُلُونَ وَيُقْتَلُونَ ۖ وَعْدًا عَلَيْهِ حَقًّا فِي التَّوْرَاةِ وَالْإِنجِيلِ وَالْقُرْآنِ ۚ وَمَنْ أَوْفَىٰ بِعَهْدِهِ مِنَ اللَّهِ ۚ فَاسْتَبْشِرُوا بِبَيْعِكُمُ الَّذِي بَايَعْتُم بِهِ ۚ وَذَٰلِكَ هُوَ الْفَوْزُ الْعَظِيمُ (111)
Voorwaar, Allah het van die gelowiges hulle persoon en hul besittinge gekoop, sodat hulle die Paradys daarvoor in ruil sal ontvang. Hulle veg in die weg van Allah en maak dood, en word ook doodgemaak. Dit is ’n belofte wat Hom, vanuit die Tora en die Evangelie en die Qur’ãn, bind. En wie is getrouer aan sy beloftes as Allah? Verheug julle dan in die goeie slag wat julle geslaan het. En dít is die groot beloning
التَّائِبُونَ الْعَابِدُونَ الْحَامِدُونَ السَّائِحُونَ الرَّاكِعُونَ السَّاجِدُونَ الْآمِرُونَ بِالْمَعْرُوفِ وَالنَّاهُونَ عَنِ الْمُنكَرِ وَالْحَافِظُونَ لِحُدُودِ اللَّهِ ۗ وَبَشِّرِ الْمُؤْمِنِينَ (112)
Diegene wat hulle tot Allah bekeer, wat Hom aanbid, wat Hom prys, en vas en vooroorbuig in die gebed, wat biddend hulself prostreer, wat tot die goeie aanspoor, wat die kwaad belet en wat die gebooie van Allah eerbiedig ~ en ’n blye tyding aan die gelowiges bring
مَا كَانَ لِلنَّبِيِّ وَالَّذِينَ آمَنُوا أَن يَسْتَغْفِرُوا لِلْمُشْرِكِينَ وَلَوْ كَانُوا أُولِي قُرْبَىٰ مِن بَعْدِ مَا تَبَيَّنَ لَهُمْ أَنَّهُمْ أَصْحَابُ الْجَحِيمِ (113)
Dit is die Profeet en die gelowiges nie geoorloof om vir die heidene om vergifnis te vra nadat dit vir hulle duidelik geword het dat hulle bewoners van die Vlammende Vuur is nie, selfs al sou hulle ook familie wees
وَمَا كَانَ اسْتِغْفَارُ إِبْرَاهِيمَ لِأَبِيهِ إِلَّا عَن مَّوْعِدَةٍ وَعَدَهَا إِيَّاهُ فَلَمَّا تَبَيَّنَ لَهُ أَنَّهُ عَدُوٌّ لِّلَّهِ تَبَرَّأَ مِنْهُ ۚ إِنَّ إِبْرَاهِيمَ لَأَوَّاهٌ حَلِيمٌ (114)
En die smeking om vergifnis deur Abraham vir sy vader, was slegs omdat hy ’n belofte aan hom afgelê het; maar toe dit vir hom duidelik word dat hy ’n vyand van Allah was, het hy hom van hom losgemaak. Waarlik, Abraham was uiters sagmoedig, verdraagsaam
وَمَا كَانَ اللَّهُ لِيُضِلَّ قَوْمًا بَعْدَ إِذْ هَدَاهُمْ حَتَّىٰ يُبَيِّنَ لَهُم مَّا يَتَّقُونَ ۚ إِنَّ اللَّهَ بِكُلِّ شَيْءٍ عَلِيمٌ (115)
En Allah sal nie ’n volk weer laat dwaal nadat Hy hulle reg gelei het nie; nie voordat Hy aan hulle verduidelik het waarteen hulle hulself moet bewaak nie
إِنَّ اللَّهَ لَهُ مُلْكُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۖ يُحْيِي وَيُمِيتُ ۚ وَمَا لَكُم مِّن دُونِ اللَّهِ مِن وَلِيٍّ وَلَا نَصِيرٍ (116)
Gewis, aan Allah behoort die koninkryk van die hemele en die aarde. Hy skenk die lewe en veroorsaak die dood. En buiten Allah het julle nóg vriend nóg helper
لَّقَد تَّابَ اللَّهُ عَلَى النَّبِيِّ وَالْمُهَاجِرِينَ وَالْأَنصَارِ الَّذِينَ اتَّبَعُوهُ فِي سَاعَةِ الْعُسْرَةِ مِن بَعْدِ مَا كَادَ يَزِيغُ قُلُوبُ فَرِيقٍ مِّنْهُمْ ثُمَّ تَابَ عَلَيْهِمْ ۚ إِنَّهُ بِهِمْ رَءُوفٌ رَّحِيمٌ (117)
Waarlik, Allah het Hom met barmhartigheid tot die Profeet gewend, en ook tot die Emigrante en die Helpers wat hom in die uur van sy nood gevolg het nadat die harte van sommige van hulle byna afgewyk het; toe het Hy Hom met barmhartigheid tot hulle gekeer. Waarlik, Hy is Liefderyk, Genadevol teenoor hulle
وَعَلَى الثَّلَاثَةِ الَّذِينَ خُلِّفُوا حَتَّىٰ إِذَا ضَاقَتْ عَلَيْهِمُ الْأَرْضُ بِمَا رَحُبَتْ وَضَاقَتْ عَلَيْهِمْ أَنفُسُهُمْ وَظَنُّوا أَن لَّا مَلْجَأَ مِنَ اللَّهِ إِلَّا إِلَيْهِ ثُمَّ تَابَ عَلَيْهِمْ لِيَتُوبُوا ۚ إِنَّ اللَّهَ هُوَ التَّوَّابُ الرَّحِيمُ (118)
En met barmhartigheid het Hy Hom tot die drie agtergebly- wendes gewend totdat die aarde met sy uitgestrektheid vir hulle te nou geword het, en hulle eie lewens vir hulle moeilik geword het, en hulle geweet het dat hulle nie van Allah kan weg vlug nie. Toe het Hy hulle vergewe, sodat hulle hul tot Hom kon bekeer. Voorwaar, Allah is Berouaanvarend, Genadevol
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا اتَّقُوا اللَّهَ وَكُونُوا مَعَ الصَّادِقِينَ (119)
O julle wat glo! Wees bewus van Allah en bly by die opregtes
مَا كَانَ لِأَهْلِ الْمَدِينَةِ وَمَنْ حَوْلَهُم مِّنَ الْأَعْرَابِ أَن يَتَخَلَّفُوا عَن رَّسُولِ اللَّهِ وَلَا يَرْغَبُوا بِأَنفُسِهِمْ عَن نَّفْسِهِ ۚ ذَٰلِكَ بِأَنَّهُمْ لَا يُصِيبُهُمْ ظَمَأٌ وَلَا نَصَبٌ وَلَا مَخْمَصَةٌ فِي سَبِيلِ اللَّهِ وَلَا يَطَئُونَ مَوْطِئًا يَغِيظُ الْكُفَّارَ وَلَا يَنَالُونَ مِنْ عَدُوٍّ نَّيْلًا إِلَّا كُتِبَ لَهُم بِهِ عَمَلٌ صَالِحٌ ۚ إِنَّ اللَّهَ لَا يُضِيعُ أَجْرَ الْمُحْسِنِينَ (120)
Dit het die volk van Madina en die woestyn-Arabiere nie betaam om agter te staan by die Boodskapper van Allah nie, of dat hulle hul eie lewens bo syne sou stel nie. Dit is so, omdat geen dors, of moegheid, of honger hulle op die weg van Allah teister nie; ook betree hulle geen pad wat die ongelowiges vertoorn, of berokken hulle geen vyand enige skade, sonder dat daarmee vir hulle ’n goeie daad opgeteken word nie. Voorwaar, Allah sal die belo- ning van die weldoeners nie verlore laat gaan nie
وَلَا يُنفِقُونَ نَفَقَةً صَغِيرَةً وَلَا كَبِيرَةً وَلَا يَقْطَعُونَ وَادِيًا إِلَّا كُتِبَ لَهُمْ لِيَجْزِيَهُمُ اللَّهُ أَحْسَنَ مَا كَانُوا يَعْمَلُونَ (121)
En hulle spandeer niks nie, klein of groot, of deurkruis ’n vallei, sonder dat dit ten gunste van hulle opgeteken word nie, sodat Allah hulle mag beloon vir hulle uitnemende dienste
۞ وَمَا كَانَ الْمُؤْمِنُونَ لِيَنفِرُوا كَافَّةً ۚ فَلَوْلَا نَفَرَ مِن كُلِّ فِرْقَةٍ مِّنْهُمْ طَائِفَةٌ لِّيَتَفَقَّهُوا فِي الدِّينِ وَلِيُنذِرُوا قَوْمَهُمْ إِذَا رَجَعُوا إِلَيْهِمْ لَعَلَّهُمْ يَحْذَرُونَ (122)
En die gelowiges moenie almal saam opruk nie. Waarom dan gaan daar nie ’n deel van elke groep voor om hulle toe te lê op die godsdiensonderrig sodat hulle hul volk kan waarsku wanneer hulle na hul terugkeer, en hulle gevolglik waaksaam kan wees nie
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا قَاتِلُوا الَّذِينَ يَلُونَكُم مِّنَ الْكُفَّارِ وَلْيَجِدُوا فِيكُمْ غِلْظَةً ۚ وَاعْلَمُوا أَنَّ اللَّهَ مَعَ الْمُتَّقِينَ (123)
O julle wat glo! Beveg die ongelowiges wat naby julle is, en laat hulle vasberadenheid in julle vind. En weet dat Allah met die godvresendes is
وَإِذَا مَا أُنزِلَتْ سُورَةٌ فَمِنْهُم مَّن يَقُولُ أَيُّكُمْ زَادَتْهُ هَٰذِهِ إِيمَانًا ۚ فَأَمَّا الَّذِينَ آمَنُوا فَزَادَتْهُمْ إِيمَانًا وَهُمْ يَسْتَبْشِرُونَ (124)
En wanneer daar ’n soera7 geopenbaar word, is daar sommige wat sê: Vir wie van julle het dit in die geloof laat toeneem? Maar wat die gelowiges betref, dit versterk hulle geloof, en hulle verheug hul daaroor
وَأَمَّا الَّذِينَ فِي قُلُوبِهِم مَّرَضٌ فَزَادَتْهُمْ رِجْسًا إِلَىٰ رِجْسِهِمْ وَمَاتُوا وَهُمْ كَافِرُونَ (125)
En aangaande hulle in wie se harte daar ’n siekte is, dit voeg vir hulle onreinheid by onreinheid, en as ongelowiges sterf hulle
أَوَلَا يَرَوْنَ أَنَّهُمْ يُفْتَنُونَ فِي كُلِّ عَامٍ مَّرَّةً أَوْ مَرَّتَيْنِ ثُمَّ لَا يَتُوبُونَ وَلَا هُمْ يَذَّكَّرُونَ (126)
Sien hulle dan nie dat hulle een of twee maal elke jaar op die proef gestel word nie? Tog het hulle geen berou nie, nog minder waak hulle
وَإِذَا مَا أُنزِلَتْ سُورَةٌ نَّظَرَ بَعْضُهُمْ إِلَىٰ بَعْضٍ هَلْ يَرَاكُم مِّنْ أَحَدٍ ثُمَّ انصَرَفُوا ۚ صَرَفَ اللَّهُ قُلُوبَهُم بِأَنَّهُمْ قَوْمٌ لَّا يَفْقَهُونَ (127)
En wanneer daar ’n soera geopenbaar word, kyk hulle na mekaar en sê: Het iemand julle gesien? Dan sluip hulle weg. Allah het hulle harte afvallig gemaak omdat hulle ’n volk is wat nie verstaan nie
لَقَدْ جَاءَكُمْ رَسُولٌ مِّنْ أَنفُسِكُمْ عَزِيزٌ عَلَيْهِ مَا عَنِتُّمْ حَرِيصٌ عَلَيْكُم بِالْمُؤْمِنِينَ رَءُوفٌ رَّحِيمٌ (128)
Voorwaar, ’n Boodskapper het uit jul midde tot julle gekom; smartlik vir hom is die ellende wat julle verduur, besorg is hy oor julle welsyn, liefdevol en barmhartig teenoor die gelowiges
فَإِن تَوَلَّوْا فَقُلْ حَسْبِيَ اللَّهُ لَا إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ ۖ عَلَيْهِ تَوَكَّلْتُ ۖ وَهُوَ رَبُّ الْعَرْشِ الْعَظِيمِ (129)
Maar as hulle afvallig word, sê dan: Allah is vir my voldoende ~ daar is geen God buiten Hom nie. Op Hom vertrou ek, en Hy is die Heer van die magtige Troon
❮ السورة السابقة السورة التـالية ❯

قراءة المزيد من سور القرآن الكريم :

1- الفاتحة2- البقرة3- آل عمران
4- النساء5- المائدة6- الأنعام
7- الأعراف8- الأنفال9- التوبة
10- يونس11- هود12- يوسف
13- الرعد14- إبراهيم15- الحجر
16- النحل17- الإسراء18- الكهف
19- مريم20- طه21- الأنبياء
22- الحج23- المؤمنون24- النور
25- الفرقان26- الشعراء27- النمل
28- القصص29- العنكبوت30- الروم
31- لقمان32- السجدة33- الأحزاب
34- سبأ35- فاطر36- يس
37- الصافات38- ص39- الزمر
40- غافر41- فصلت42- الشورى
43- الزخرف44- الدخان45- الجاثية
46- الأحقاف47- محمد48- الفتح
49- الحجرات50- ق51- الذاريات
52- الطور53- النجم54- القمر
55- الرحمن56- الواقعة57- الحديد
58- المجادلة59- الحشر60- الممتحنة
61- الصف62- الجمعة63- المنافقون
64- التغابن65- الطلاق66- التحريم
67- الملك68- القلم69- الحاقة
70- المعارج71- نوح72- الجن
73- المزمل74- المدثر75- القيامة
76- الإنسان77- المرسلات78- النبأ
79- النازعات80- عبس81- التكوير
82- الإنفطار83- المطففين84- الانشقاق
85- البروج86- الطارق87- الأعلى
88- الغاشية89- الفجر90- البلد
91- الشمس92- الليل93- الضحى
94- الشرح95- التين96- العلق
97- القدر98- البينة99- الزلزلة
100- العاديات101- القارعة102- التكاثر
103- العصر104- الهمزة105- الفيل
106- قريش107- الماعون108- الكوثر
109- الكافرون110- النصر111- المسد
112- الإخلاص113- الفلق114- الناس