يَا أَيُّهَا الْمُدَّثِّرُ (1) O, u wat omgehul is |
قُمْ فَأَنذِرْ (2) Staan op en waarsku |
وَرَبَّكَ فَكَبِّرْ (3) en verkondig die Grootheid van u Heer |
وَثِيَابَكَ فَطَهِّرْ (4) en reinig u kledingstukke |
وَالرُّجْزَ فَاهْجُرْ (5) en vermy die onreinheid |
وَلَا تَمْنُن تَسْتَكْثِرُ (6) en bewys geen guns waarmee u winste soek nie |
وَلِرَبِّكَ فَاصْبِرْ (7) en wees geduldig ter wille van Allah |
فَإِذَا نُقِرَ فِي النَّاقُورِ (8) Want as die basuin geblaas word |
فَذَٰلِكَ يَوْمَئِذٍ يَوْمٌ عَسِيرٌ (9) sal die Dag ’n moeilike dag wees |
عَلَى الْكَافِرِينَ غَيْرُ يَسِيرٍ (10) glad nie aangenaam vir die ongelowiges nie |
ذَرْنِي وَمَنْ خَلَقْتُ وَحِيدًا (11) Laat My alleen met hom wat Ek geskape het |
وَجَعَلْتُ لَهُ مَالًا مَّمْدُودًا (12) en Ek het hom oorvloedige rykdom gegee |
وَبَنِينَ شُهُودًا (13) en seuns wat in sy aanwesigheid is |
وَمَهَّدتُّ لَهُ تَمْهِيدًا (14) en vir hom sy saak vergemaklik |
ثُمَّ يَطْمَعُ أَنْ أَزِيدَ (15) en tog verlang hy dat Ek hom nog meer moet gee |
كَلَّا ۖ إِنَّهُ كَانَ لِآيَاتِنَا عَنِيدًا (16) Geensins! Hy was waarlik vyandiggesind teen Ons tekens |
سَأُرْهِقُهُ صَعُودًا (17) Ek sal hom ’n swaar straf oplê |
إِنَّهُ فَكَّرَ وَقَدَّرَ (18) Sekerlik het hy nagedink en beslis |
فَقُتِلَ كَيْفَ قَدَّرَ (19) maar mag hy vernietig word volgens die aard van sy besluit |
ثُمَّ قُتِلَ كَيْفَ قَدَّرَ (20) Nogmaals, mag hy vernietig word volgens die aard van sy besluit |
ثُمَّ نَظَرَ (21) Toe het hy gekyk |
ثُمَّ عَبَسَ وَبَسَرَ (22) toe gefrons en suur gelyk |
ثُمَّ أَدْبَرَ وَاسْتَكْبَرَ (23) daarna het hy omgedraai en in hoogmoed verkeer |
فَقَالَ إِنْ هَٰذَا إِلَّا سِحْرٌ يُؤْثَرُ (24) en toe gesê: Dit is niks anders as towery soos van ouds nie |
إِنْ هَٰذَا إِلَّا قَوْلُ الْبَشَرِ (25) Dit is niks anders as die woord van ’n sterfling nie |
سَأُصْلِيهِ سَقَرَ (26) Ek sal hom in die Hel indompel |
وَمَا أَدْرَاكَ مَا سَقَرُ (27) En hoe sal u besef wat die Hel is |
لَا تُبْقِي وَلَا تَذَرُ (28) Dit ontsien niks nie, nóg laat dit iets gespaar bly |
لَوَّاحَةٌ لِّلْبَشَرِ (29) dit verskroei die sterfling |
عَلَيْهَا تِسْعَةَ عَشَرَ (30) Negentien engele waak daaroor |
وَمَا جَعَلْنَا أَصْحَابَ النَّارِ إِلَّا مَلَائِكَةً ۙ وَمَا جَعَلْنَا عِدَّتَهُمْ إِلَّا فِتْنَةً لِّلَّذِينَ كَفَرُوا لِيَسْتَيْقِنَ الَّذِينَ أُوتُوا الْكِتَابَ وَيَزْدَادَ الَّذِينَ آمَنُوا إِيمَانًا ۙ وَلَا يَرْتَابَ الَّذِينَ أُوتُوا الْكِتَابَ وَالْمُؤْمِنُونَ ۙ وَلِيَقُولَ الَّذِينَ فِي قُلُوبِهِم مَّرَضٌ وَالْكَافِرُونَ مَاذَا أَرَادَ اللَّهُ بِهَٰذَا مَثَلًا ۚ كَذَٰلِكَ يُضِلُّ اللَّهُ مَن يَشَاءُ وَيَهْدِي مَن يَشَاءُ ۚ وَمَا يَعْلَمُ جُنُودَ رَبِّكَ إِلَّا هُوَ ۚ وَمَا هِيَ إِلَّا ذِكْرَىٰ لِلْبَشَرِ (31) En niemand buiten engele het Ons as wagters van die Vuur aangestel nie. En Ons het hulle getal vir geen ander rede vas- gestel nie, as ’n beproewing vir die ongelowiges, sodat hulle aan wie die Boek gegee is, seker kan wees, en dat die gelowiges in geloof mag toeneem, en sodat diegene aan wie die boek gegee is, en die gelowiges, nie mag twyfel nie; en sodat diegene in wie se harte ’n siekte is, en die ongelowiges, mag sê: Wat bedoel Allah met hierdie gelykenis? So laat Allah dwaal wie Hy wil, en Hy lei wie Hy wil. En niemand ken die leërskare van u Heer nie, behalwe Hy Self. En dít is niks anders as ’n Vermaning vir die mensdom nie |
كَلَّا وَالْقَمَرِ (32) Nee, by die maan |
وَاللَّيْلِ إِذْ أَدْبَرَ (33) En die nag as dit heengaan |
وَالصُّبْحِ إِذَا أَسْفَرَ (34) En die daeraad wanneer dit aanbreek |
إِنَّهَا لَإِحْدَى الْكُبَرِ (35) Voorwaar, dit is slegs een van die grootste tydings |
نَذِيرًا لِّلْبَشَرِ (36) ’n waarskuwing vir die mensdom |
لِمَن شَاءَ مِنكُمْ أَن يَتَقَدَّمَ أَوْ يَتَأَخَّرَ (37) vir diegene onder julle wat vooruit wil strewe, of agteruit wil deins |
كُلُّ نَفْسٍ بِمَا كَسَبَتْ رَهِينَةٌ (38) Elke siel word in pand gehou volgens sy vedienste |
إِلَّا أَصْحَابَ الْيَمِينِ (39) behalwe dié van die volk aan die regterhand |
فِي جَنَّاتٍ يَتَسَاءَلُونَ (40) In Tuine sal hulle wees, en mekaar uitvra |
عَنِ الْمُجْرِمِينَ (41) aangaande misdadigers |
مَا سَلَكَكُمْ فِي سَقَرَ (42) Wat het julle in die Hel gebring |
قَالُوا لَمْ نَكُ مِنَ الْمُصَلِّينَ (43) Hulle sal antwoord: Ons was nie bidders nie |
وَلَمْ نَكُ نُطْعِمُ الْمِسْكِينَ (44) ook het ons die armes nie gevoed nie |
وَكُنَّا نَخُوضُ مَعَ الْخَائِضِينَ (45) en ons het ydele gesprekke gevoer saam met diegene wat ydele gesprekke voer |
وَكُنَّا نُكَذِّبُ بِيَوْمِ الدِّينِ (46) en ons het die Oordeelsdag verloën |
حَتَّىٰ أَتَانَا الْيَقِينُ (47) totdat die onvermydelike ons ingehaal het |
فَمَا تَنفَعُهُمْ شَفَاعَةُ الشَّافِعِينَ (48) Daarom sal die tussenkoms van bemiddelaars hulle nie baat nie |
فَمَا لَهُمْ عَنِ التَّذْكِرَةِ مُعْرِضِينَ (49) Wat makeer hulle dan, dat hulle van die Vermaning wegdraai |
كَأَنَّهُمْ حُمُرٌ مُّسْتَنفِرَةٌ (50) asof hulle verskrikte esels is |
فَرَّتْ مِن قَسْوَرَةٍ (51) wat voor ’n leeu uitvlug |
بَلْ يُرِيدُ كُلُّ امْرِئٍ مِّنْهُمْ أَن يُؤْتَىٰ صُحُفًا مُّنَشَّرَةً (52) Nee, elkeen van hulle begeer dat oopgeslane bladsye aan hom gewys moet word |
كَلَّا ۖ بَل لَّا يَخَافُونَ الْآخِرَةَ (53) Geensins! Maar hulle vrees nie die Hiernamaals nie |
كَلَّا إِنَّهُ تَذْكِرَةٌ (54) Nee, waarlik, dit is ’n Vermaning |
فَمَن شَاءَ ذَكَرَهُ (55) wie wil, sal dit oordink |
وَمَا يَذْكُرُونَ إِلَّا أَن يَشَاءَ اللَّهُ ۚ هُوَ أَهْلُ التَّقْوَىٰ وَأَهْلُ الْمَغْفِرَةِ (56) Maar hulle sal nie indagtig wees nie, tensy Allah dit so wil. Hy is Waardig dat die plig teenoor Hom nagekom sal word, en Waardig om te vergewe |