الْحَاقَّةُ (1) Die volle Werklikheid |
مَا الْحَاقَّةُ (2) Wat is die volle Werklikheid |
وَمَا أَدْرَاكَ مَا الْحَاقَّةُ (3) En wat sal u laat besef wat die volle Werklikheid is |
كَذَّبَتْ ثَمُودُ وَعَادٌ بِالْقَارِعَةِ (4) Thamoed en Aad het die ramp verloën |
فَأَمَّا ثَمُودُ فَأُهْلِكُوا بِالطَّاغِيَةِ (5) Wat Thamoed betref, hulle is deur ’n oorweldigende kreet vernietig |
وَأَمَّا عَادٌ فَأُهْلِكُوا بِرِيحٍ صَرْصَرٍ عَاتِيَةٍ (6) En aangaande Aad, hulle is deur ’n felle, geweldige wind vernie- tig |
سَخَّرَهَا عَلَيْهِمْ سَبْعَ لَيَالٍ وَثَمَانِيَةَ أَيَّامٍ حُسُومًا فَتَرَى الْقَوْمَ فِيهَا صَرْعَىٰ كَأَنَّهُمْ أَعْجَازُ نَخْلٍ خَاوِيَةٍ (7) wat Hy sewe nagte en agt dae aaneen oor hulle laat woed het, sodat u sou kon sien hoe die mense daardeur omvergegooi is, asof hulle uitgeholde palmboomstamme was |
فَهَلْ تَرَىٰ لَهُم مِّن بَاقِيَةٍ (8) Kan u dan enige oorblyfsel van hulle sien |
وَجَاءَ فِرْعَوْنُ وَمَن قَبْلَهُ وَالْمُؤْتَفِكَاتُ بِالْخَاطِئَةِ (9) Ook Farao, en diegene wat vóór hom was, en die verwoeste stede, het groot sonde gepleeg |
فَعَصَوْا رَسُولَ رَبِّهِمْ فَأَخَذَهُمْ أَخْذَةً رَّابِيَةً (10) En hulle was die boodskapper van hulle Heer ongehoorsaam, daarom het Hy hulle met ’n streng kastyding gestraf |
إِنَّا لَمَّا طَغَى الْمَاءُ حَمَلْنَاكُمْ فِي الْجَارِيَةِ (11) Voorwaar, toe die water hoog gestyg het, het Ons julle in die ark vervoer |
لِنَجْعَلَهَا لَكُمْ تَذْكِرَةً وَتَعِيَهَا أُذُنٌ وَاعِيَةٌ (12) sodat Ons dit as ’n herinnering vir julle kon instel, en dat die oor wat kan onthou dit nooit vergeet nie |
فَإِذَا نُفِخَ فِي الصُّورِ نَفْخَةٌ وَاحِدَةٌ (13) Wanneer die basuin dan met ’n enkele kreet geblaas sal word |
وَحُمِلَتِ الْأَرْضُ وَالْجِبَالُ فَدُكَّتَا دَكَّةً وَاحِدَةً (14) en die aarde en die berge weggevoer sal word en met ’n enkele ineenstorting verbrysel sal word |
فَيَوْمَئِذٍ وَقَعَتِ الْوَاقِعَةُ (15) op daardie Dag sal die groot gebeurtenis plaasvind |
وَانشَقَّتِ السَّمَاءُ فَهِيَ يَوْمَئِذٍ وَاهِيَةٌ (16) en die hemel sal uiteenbars; daardie Dag sal dit swak wees |
وَالْمَلَكُ عَلَىٰ أَرْجَائِهَا ۚ وَيَحْمِلُ عَرْشَ رَبِّكَ فَوْقَهُمْ يَوْمَئِذٍ ثَمَانِيَةٌ (17) en die engele sal op die sye daarvan staan. En bo hulle sal ’n agttal daardie Dag die Troon van Mag van u Heer omhoog- hou |
يَوْمَئِذٍ تُعْرَضُونَ لَا تَخْفَىٰ مِنكُمْ خَافِيَةٌ (18) Op daardie Dag sal julle blootgelê word, en geen geheim van julle sal verborge bly nie |
فَأَمَّا مَنْ أُوتِيَ كِتَابَهُ بِيَمِينِهِ فَيَقُولُ هَاؤُمُ اقْرَءُوا كِتَابِيَهْ (19) Hy wat sy boek in die regterhand sal ontvang, sal sê: Kom, lees my boek |
إِنِّي ظَنَنتُ أَنِّي مُلَاقٍ حِسَابِيَهْ (20) Voorwaar, ek het geweet dat ek my rekening tegemoet sou kom |
فَهُوَ فِي عِيشَةٍ رَّاضِيَةٍ (21) Hy sal dan ’n salige lewe lei |
فِي جَنَّةٍ عَالِيَةٍ (22) in ’n verhewe Tuin |
قُطُوفُهَا دَانِيَةٌ (23) waarvan die vrugte maklik bereikbaar sal wees |
كُلُوا وَاشْرَبُوا هَنِيئًا بِمَا أَسْلَفْتُمْ فِي الْأَيَّامِ الْخَالِيَةِ (24) Eet en drink smaaklik weens dít wat julle in vroeër dae vooruitgestuur het |
وَأَمَّا مَنْ أُوتِيَ كِتَابَهُ بِشِمَالِهِ فَيَقُولُ يَا لَيْتَنِي لَمْ أُوتَ كِتَابِيَهْ (25) Maar hy wat sy boek in die linkerhand sal kry, sal sê: O, ek wens dat my boek nie aan my gegee was nie |
وَلَمْ أَدْرِ مَا حِسَابِيَهْ (26) En het ek maar liewers nie geweet wat my oordeel is nie |
يَا لَيْتَهَا كَانَتِ الْقَاضِيَةَ (27) O, ek wens dat die dood maar liewers ’n einde aan my gemaak het |
مَا أَغْنَىٰ عَنِّي مَالِيَهْ ۜ (28) My rykdom het my nie gebaat nie |
هَلَكَ عَنِّي سُلْطَانِيَهْ (29) my mag is van my weggeneem |
خُذُوهُ فَغُلُّوهُ (30) Gryp hom en boei hom |
ثُمَّ الْجَحِيمَ صَلُّوهُ (31) en gooi hom dan in die Brandende Vuur |
ثُمَّ فِي سِلْسِلَةٍ ذَرْعُهَا سَبْعُونَ ذِرَاعًا فَاسْلُكُوهُ (32) en bind hom dan vas met ’n ketting waarvan die lengte sewentig elmbooglengtes is |
إِنَّهُ كَانَ لَا يُؤْمِنُ بِاللَّهِ الْعَظِيمِ (33) Waarlik, hy het nie in Allah, die Grote, geglo nie |
وَلَا يَحُضُّ عَلَىٰ طَعَامِ الْمِسْكِينِ (34) nóg het hy mense aangespoor om die armes te voed |
فَلَيْسَ لَهُ الْيَوْمَ هَاهُنَا حَمِيمٌ (35) Daarom het hy Vandag geen vriend hier nie |
وَلَا طَعَامٌ إِلَّا مِنْ غِسْلِينٍ (36) en ook geen voedsel, behalwe verrotte kos |
لَّا يَأْكُلُهُ إِلَّا الْخَاطِئُونَ (37) wat niemand behalwe die sondaars sal eet nie |
فَلَا أُقْسِمُ بِمَا تُبْصِرُونَ (38) Maar nee! Ek sweer by wat julle sien |
وَمَا لَا تُبْصِرُونَ (39) en dit wat julle nie sien nie |
إِنَّهُ لَقَوْلُ رَسُولٍ كَرِيمٍ (40) Voorwaar, dit is ’n woord van ’n geëerde Boodskapper |
وَمَا هُوَ بِقَوْلِ شَاعِرٍ ۚ قَلِيلًا مَّا تُؤْمِنُونَ (41) en dit is nie die woord van ’n digter nie. Min is dit wat julle glo |
وَلَا بِقَوْلِ كَاهِنٍ ۚ قَلِيلًا مَّا تَذَكَّرُونَ (42) Nóg is dit die woord van ’n waarsêer. Hoe weinig onthou julle |
تَنزِيلٌ مِّن رَّبِّ الْعَالَمِينَ (43) Dit is ’n openbaring van die Heer van die Wêrelde |
وَلَوْ تَقَوَّلَ عَلَيْنَا بَعْضَ الْأَقَاوِيلِ (44) En indien hy1 enige woorde teen Ons vervals het |
لَأَخَذْنَا مِنْهُ بِالْيَمِينِ (45) sou Ons hom sekerlik by die regterhand gegryp het |
ثُمَّ لَقَطَعْنَا مِنْهُ الْوَتِينَ (46) en dan sy lewensaar afgesny het |
فَمَا مِنكُم مِّنْ أَحَدٍ عَنْهُ حَاجِزِينَ (47) en nie een van julle sou Ons van hom kon teruggehou het nie |
وَإِنَّهُ لَتَذْكِرَةٌ لِّلْمُتَّقِينَ (48) En waarlik, dit is ’n Vermaning vir die godvresendes |
وَإِنَّا لَنَعْلَمُ أَنَّ مِنكُم مُّكَذِّبِينَ (49) En sekerlik weet Ons dat daar leuenaars onder julle is |
وَإِنَّهُ لَحَسْرَةٌ عَلَى الْكَافِرِينَ (50) En dit is inderdaad ’n bron van vrees vir die ongelowiges |
وَإِنَّهُ لَحَقُّ الْيَقِينِ (51) En voorwaar, dit is die naakte Waarheid |
فَسَبِّحْ بِاسْمِ رَبِّكَ الْعَظِيمِ (52) Verheerlik daarom die naam van u Heer, die Allerhoogste |