سُبْحَانَ الَّذِي أَسْرَىٰ بِعَبْدِهِ لَيْلًا مِّنَ الْمَسْجِدِ الْحَرَامِ إِلَى الْمَسْجِدِ الْأَقْصَى الَّذِي بَارَكْنَا حَوْلَهُ لِنُرِيَهُ مِنْ آيَاتِنَا ۚ إِنَّهُ هُوَ السَّمِيعُ الْبَصِيرُ (1) Heilig is Hy wat Sy dienaar by nag, van die Heilige Moskee1 vervoer het na die Verre Moskee,2 waarvan Ons die omgewing geseën het, sodat Ons aan hom Ons tekens kon wys! Voorwaar, Hy is die Allerhorende, die Allessiende |
وَآتَيْنَا مُوسَى الْكِتَابَ وَجَعَلْنَاهُ هُدًى لِّبَنِي إِسْرَائِيلَ أَلَّا تَتَّخِذُوا مِن دُونِي وَكِيلًا (2) En Ons het aan Moses die Boek gegee, en dit ’n leiding vir die Kinders van Israel gemaak, en gesê: Neem vir julle geen Voog buiten My nie |
ذُرِّيَّةَ مَنْ حَمَلْنَا مَعَ نُوحٍ ۚ إِنَّهُ كَانَ عَبْدًا شَكُورًا (3) O nageslag van diegene wat Ons saam met Noag in die Ark vervoer het! Hy was inderdaad ’n dankbare dienaar |
وَقَضَيْنَا إِلَىٰ بَنِي إِسْرَائِيلَ فِي الْكِتَابِ لَتُفْسِدُنَّ فِي الْأَرْضِ مَرَّتَيْنِ وَلَتَعْلُنَّ عُلُوًّا كَبِيرًا (4) En Ons het aan die Kinders van Israel in die Boek bekend gemaak: Voorwaar, twee maal sal julle in die land onheil saai; en julle gedrag sal uitermate aanmatigend wees |
فَإِذَا جَاءَ وَعْدُ أُولَاهُمَا بَعَثْنَا عَلَيْكُمْ عِبَادًا لَّنَا أُولِي بَأْسٍ شَدِيدٍ فَجَاسُوا خِلَالَ الدِّيَارِ ۚ وَكَانَ وَعْدًا مَّفْعُولًا (5) Toe die tyd dan ook vir die eerste van die twee bedreigings aangebreek het, het Ons Ons dienaars met ontsaglike toerus- ting teen julle laat opruk, sodat hulle julle huise verwoes het. En dit was ’n vervulde belofte |
ثُمَّ رَدَدْنَا لَكُمُ الْكَرَّةَ عَلَيْهِمْ وَأَمْدَدْنَاكُم بِأَمْوَالٍ وَبَنِينَ وَجَعَلْنَاكُمْ أَكْثَرَ نَفِيرًا (6) Toe het Ons julle weer ’n kans teen hulle gegee, en Ons het julle met rykdom en kinders geseën en julle getalle aansienlik laat toeneem |
إِنْ أَحْسَنتُمْ أَحْسَنتُمْ لِأَنفُسِكُمْ ۖ وَإِنْ أَسَأْتُمْ فَلَهَا ۚ فَإِذَا جَاءَ وَعْدُ الْآخِرَةِ لِيَسُوءُوا وُجُوهَكُمْ وَلِيَدْخُلُوا الْمَسْجِدَ كَمَا دَخَلُوهُ أَوَّلَ مَرَّةٍ وَلِيُتَبِّرُوا مَا عَلَوْا تَتْبِيرًا (7) En Ons het gesê: Indien julle goeddoen, doen julle dit aan julself. En indien julle kwaaddoen, is dit aan julself. En toe die tweede waarskuwing gekom het, het Ons ’n ander volk teen julle uitgestuur, sodat hulle julle in die verdriet kon bring en sodat hulle weer die Moskee kon binnegaan soos hulle dit die eerste maal binnegegaan het; en sodat húlle wat hulle verower het, met volslae verwoesting kon vernietig |
عَسَىٰ رَبُّكُمْ أَن يَرْحَمَكُمْ ۚ وَإِنْ عُدتُّمْ عُدْنَا ۘ وَجَعَلْنَا جَهَنَّمَ لِلْكَافِرِينَ حَصِيرًا (8) Dit mag wees dat julle Heer aan julle genade sal betoon. En indien julle tot die kwaad terugkeer, sal Ons die straf laat terugkeer. En Ons het die Hel ’n tronk vir die ongelowiges gemaak |
إِنَّ هَٰذَا الْقُرْآنَ يَهْدِي لِلَّتِي هِيَ أَقْوَمُ وَيُبَشِّرُ الْمُؤْمِنِينَ الَّذِينَ يَعْمَلُونَ الصَّالِحَاتِ أَنَّ لَهُمْ أَجْرًا كَبِيرًا (9) Voorwaar, hierdie Qur’ãn lei tot opregte dade; en bring ’n blye tyding aan die gelowiges wat goeie werke doen, dat hulle ’n groot beloning sal ontvang |
وَأَنَّ الَّذِينَ لَا يُؤْمِنُونَ بِالْآخِرَةِ أَعْتَدْنَا لَهُمْ عَذَابًا أَلِيمًا (10) en dat Ons vir hulle wat nie in die Hiernamaals glo nie, ’n smartlike straf voorberei het |
وَيَدْعُ الْإِنسَانُ بِالشَّرِّ دُعَاءَهُ بِالْخَيْرِ ۖ وَكَانَ الْإِنسَانُ عَجُولًا (11) En die mens vra na die kwaad soos hy na die goeie behoort te vra; en die mens is altyd haastig |
وَجَعَلْنَا اللَّيْلَ وَالنَّهَارَ آيَتَيْنِ ۖ فَمَحَوْنَا آيَةَ اللَّيْلِ وَجَعَلْنَا آيَةَ النَّهَارِ مُبْصِرَةً لِّتَبْتَغُوا فَضْلًا مِّن رَّبِّكُمْ وَلِتَعْلَمُوا عَدَدَ السِّنِينَ وَالْحِسَابَ ۚ وَكُلَّ شَيْءٍ فَصَّلْنَاهُ تَفْصِيلًا (12) En Ons het die nag en die dag as twee tekens gemaak; Ons laat die teken van die nag verdwyn en Ons maak die teken van die dag helder, sodat julle die oorvloed van julle Heer kan soek, en sodat julle daarmee die jare kan tel en die tyd bereken. En Ons het alles duidelik gemaak |
وَكُلَّ إِنسَانٍ أَلْزَمْنَاهُ طَائِرَهُ فِي عُنُقِهِ ۖ وَنُخْرِجُ لَهُ يَوْمَ الْقِيَامَةِ كِتَابًا يَلْقَاهُ مَنشُورًا (13) En Ons het die dade van elke mens aan sy nek laat vaskleef, en Ons sal op die Dag van Opstanding aan hom ’n boek toon wat hy wyd oop sal vind |
اقْرَأْ كِتَابَكَ كَفَىٰ بِنَفْسِكَ الْيَوْمَ عَلَيْكَ حَسِيبًا (14) Lees u boek. U eie siel is hierdie dag voldoende as rekenaar teen uself |
مَّنِ اهْتَدَىٰ فَإِنَّمَا يَهْتَدِي لِنَفْسِهِ ۖ وَمَن ضَلَّ فَإِنَّمَا يَضِلُّ عَلَيْهَا ۚ وَلَا تَزِرُ وَازِرَةٌ وِزْرَ أُخْرَىٰ ۗ وَمَا كُنَّا مُعَذِّبِينَ حَتَّىٰ نَبْعَثَ رَسُولًا (15) Wie die regte weg volg, volg dit slegs vir sy eie heil; en wie dwaal, dwaal slegs tot sy eie nadeel; en niemand sal die las van ’n ander dra nie. En Ons straf nooit voordat Ons ’n boodskapper gestuur het nie |
وَإِذَا أَرَدْنَا أَن نُّهْلِكَ قَرْيَةً أَمَرْنَا مُتْرَفِيهَا فَفَسَقُوا فِيهَا فَحَقَّ عَلَيْهَا الْقَوْلُ فَدَمَّرْنَاهَا تَدْمِيرًا (16) En wanneer Ons voornemens is om ’n stad te verwoes, stuur Ons Ons gebooie na sy volk wat luilekker lewe; maar hulle oortree dit, daarom word die woord teen haar bewaarheid, en Ons verwoes haar geheel en al |
وَكَمْ أَهْلَكْنَا مِنَ الْقُرُونِ مِن بَعْدِ نُوحٍ ۗ وَكَفَىٰ بِرَبِّكَ بِذُنُوبِ عِبَادِهِ خَبِيرًا بَصِيرًا (17) Hoeveel geslagte het Ons nie al ná Noag verdelg nie! En u Heer is voldoende Bewus, en sien die sonde van Sy dienaars |
مَّن كَانَ يُرِيدُ الْعَاجِلَةَ عَجَّلْنَا لَهُ فِيهَا مَا نَشَاءُ لِمَن نُّرِيدُ ثُمَّ جَعَلْنَا لَهُ جَهَنَّمَ يَصْلَاهَا مَذْمُومًا مَّدْحُورًا (18) Wie hierdie verganklike lewe verkies: Ons verhaas vir hom daarin wat Ons behaag, en aan wie Ons wil; daarna sal Ons die Hel aan hom toesê. Verneder en verworpe sal hy dit binnegaan |
وَمَنْ أَرَادَ الْآخِرَةَ وَسَعَىٰ لَهَا سَعْيَهَا وَهُوَ مُؤْمِنٌ فَأُولَٰئِكَ كَانَ سَعْيُهُم مَّشْكُورًا (19) En wie na die Hiernamaals verlang en daarna strewe soos hy behoort te streef, en gelowig is ~ dit is húlle wie se ywer toereikend beloon sal word |
كُلًّا نُّمِدُّ هَٰؤُلَاءِ وَهَٰؤُلَاءِ مِنْ عَطَاءِ رَبِّكَ ۚ وَمَا كَانَ عَطَاءُ رَبِّكَ مَحْظُورًا (20) Aan almal gee Ons hulp ~ hierdie sowel as daardie ~ uit die gawe van u Heer; en die gawe van u Heer is nie beperk nie |
انظُرْ كَيْفَ فَضَّلْنَا بَعْضَهُمْ عَلَىٰ بَعْضٍ ۚ وَلَلْآخِرَةُ أَكْبَرُ دَرَجَاتٍ وَأَكْبَرُ تَفْضِيلًا (21) Kyk hoe Ons sommige van hulle bo ander laat uitblink. En voorwaar, in die Hiernamaals is ’n rang met groter heerlikheid |
لَّا تَجْعَلْ مَعَ اللَّهِ إِلَٰهًا آخَرَ فَتَقْعُدَ مَذْمُومًا مَّخْذُولًا (22) Vereenselwig geen ander god met Allah nie, anders sal u verag en verlate gaan sit |
۞ وَقَضَىٰ رَبُّكَ أَلَّا تَعْبُدُوا إِلَّا إِيَّاهُ وَبِالْوَالِدَيْنِ إِحْسَانًا ۚ إِمَّا يَبْلُغَنَّ عِندَكَ الْكِبَرَ أَحَدُهُمَا أَوْ كِلَاهُمَا فَلَا تَقُل لَّهُمَا أُفٍّ وَلَا تَنْهَرْهُمَا وَقُل لَّهُمَا قَوْلًا كَرِيمًا (23) En julle Heer het verorden dat julle niemand buiten Hom sal aanbid nie, en dat julle aan beide ouers sal goeddoen. En indien enigeen van die twee of albei ’n hoë ouderdom by julle bereik, sê dan nie vir hulle: Foei! nie; en moet hulle ook nie afjak nie, en spreek met hulle ’n welgevallige woord |
وَاخْفِضْ لَهُمَا جَنَاحَ الذُّلِّ مِنَ الرَّحْمَةِ وَقُل رَّبِّ ارْحَمْهُمَا كَمَا رَبَّيَانِي صَغِيرًا (24) En laat sak vir hulle die vleuel van ootmoed en erbarming, en sê: My Heer! Ontferm U oor hulle, omdat hulle my opgevoed het toe ek jonk was |
رَّبُّكُمْ أَعْلَمُ بِمَا فِي نُفُوسِكُمْ ۚ إِن تَكُونُوا صَالِحِينَ فَإِنَّهُ كَانَ لِلْأَوَّابِينَ غَفُورًا (25) Julle Heer weet wat in julle gedagte omgaan. Indien julle opreg is, dan is Hy voorwaar Vergewensgesind tenoor diegene wat hulself bekeer |
وَآتِ ذَا الْقُرْبَىٰ حَقَّهُ وَالْمِسْكِينَ وَابْنَ السَّبِيلِ وَلَا تُبَذِّرْ تَبْذِيرًا (26) En gee aan die naasbestaandes, en die behoeftiges, en die reisigers, wat hulle toekom, en vermors nie op ’n spandabele wyse nie |
إِنَّ الْمُبَذِّرِينَ كَانُوا إِخْوَانَ الشَّيَاطِينِ ۖ وَكَانَ الشَّيْطَانُ لِرَبِّهِ كَفُورًا (27) Voorwaar, die verkwisters is die duiwel se broers. En die duiwel is altyd ondankbaar teenoor sy Heer |
وَإِمَّا تُعْرِضَنَّ عَنْهُمُ ابْتِغَاءَ رَحْمَةٍ مِّن رَّبِّكَ تَرْجُوهَا فَقُل لَّهُمْ قَوْلًا مَّيْسُورًا (28) En indien u u van hulle af wegdraai om die genade van u Heer te soek waarop u hoop, spreek dan sagte woorde met hulle |
وَلَا تَجْعَلْ يَدَكَ مَغْلُولَةً إِلَىٰ عُنُقِكَ وَلَا تَبْسُطْهَا كُلَّ الْبَسْطِ فَتَقْعُدَ مَلُومًا مَّحْسُورًا (29) En bind nie u hand aan u nek vas nie, en strek dit ook nie tot die uiterste nie, anders sal u in selfverwyt en gebrek gaan sit |
إِنَّ رَبَّكَ يَبْسُطُ الرِّزْقَ لِمَن يَشَاءُ وَيَقْدِرُ ۚ إِنَّهُ كَانَ بِعِبَادِهِ خَبِيرًا بَصِيرًا (30) Voorwaar, u Heer gee ’n ruim lewensonderhoud vir wie Hy wil, maar Hy beperk ook. Voorwaar, Hy is altyd Bewus, Siener van Sy dienaars |
وَلَا تَقْتُلُوا أَوْلَادَكُمْ خَشْيَةَ إِمْلَاقٍ ۖ نَّحْنُ نَرْزُقُهُمْ وَإِيَّاكُمْ ۚ إِنَّ قَتْلَهُمْ كَانَ خِطْئًا كَبِيرًا (31) En moenie julle kinders doodmaak uit vrees vir armoede nie ~ Ons is dié wat húlle sowel as julle van die nodige voorsien. Voorwaar, om hulle dood te maak is ’n groot sonde |
وَلَا تَقْرَبُوا الزِّنَا ۖ إِنَّهُ كَانَ فَاحِشَةً وَسَاءَ سَبِيلًا (32) En bly ver weg van onwetlike geslagsgemeenskap: waarlik, dit is liederlik. En boos is dié weg |
وَلَا تَقْتُلُوا النَّفْسَ الَّتِي حَرَّمَ اللَّهُ إِلَّا بِالْحَقِّ ۗ وَمَن قُتِلَ مَظْلُومًا فَقَدْ جَعَلْنَا لِوَلِيِّهِ سُلْطَانًا فَلَا يُسْرِف فِّي الْقَتْلِ ۖ إِنَّهُ كَانَ مَنصُورًا (33) En moenie ’n siel doodmaak nie, want Allah verbied dit, tensy dit vir ’n regverdige saak is. En wie onregverdig doodgemaak word, aan sy erfgenaam het Ons inderdaad gesag verleen ~ maar in die teregstelling moet hy nie buitensporig optree nie. Voorwaar, hy sal deur die wet gesteun word |
وَلَا تَقْرَبُوا مَالَ الْيَتِيمِ إِلَّا بِالَّتِي هِيَ أَحْسَنُ حَتَّىٰ يَبْلُغَ أَشُدَّهُ ۚ وَأَوْفُوا بِالْعَهْدِ ۖ إِنَّ الْعَهْدَ كَانَ مَسْئُولًا (34) En raak die eiendom van die weeskind nie aan nie, behalwe tot sy voordeel, totdat hy mondigheid bereik. En vervul die belofte; voorwaar, na die belofte sal uitgevra word |
وَأَوْفُوا الْكَيْلَ إِذَا كِلْتُمْ وَزِنُوا بِالْقِسْطَاسِ الْمُسْتَقِيمِ ۚ ذَٰلِكَ خَيْرٌ وَأَحْسَنُ تَأْوِيلًا (35) En gee ’n volle maat wanneer julle afmeet, en weeg af met ’n behoorlike skaal. Dít is billik, en uiteindelik ook beter |
وَلَا تَقْفُ مَا لَيْسَ لَكَ بِهِ عِلْمٌ ۚ إِنَّ السَّمْعَ وَالْبَصَرَ وَالْفُؤَادَ كُلُّ أُولَٰئِكَ كَانَ عَنْهُ مَسْئُولًا (36) En volg nie iets waarvan julle geen kennis het nie. Waarlik, die gehoor en die gesig en die hart, almal tesame, sal ondervra word |
وَلَا تَمْشِ فِي الْأَرْضِ مَرَحًا ۖ إِنَّكَ لَن تَخْرِقَ الْأَرْضَ وَلَن تَبْلُغَ الْجِبَالَ طُولًا (37) En gaan nie op die aarde rond op ’n hoogmoedige manier nie, want u kan die aarde nie ooptrap nie, ook kan u die berge nie in hoogte oortref nie |
كُلُّ ذَٰلِكَ كَانَ سَيِّئُهُ عِندَ رَبِّكَ مَكْرُوهًا (38) Die sonde van al hierdie dinge is afskuwelik in die oë van u Heer |
ذَٰلِكَ مِمَّا أَوْحَىٰ إِلَيْكَ رَبُّكَ مِنَ الْحِكْمَةِ ۗ وَلَا تَجْعَلْ مَعَ اللَّهِ إِلَٰهًا آخَرَ فَتُلْقَىٰ فِي جَهَنَّمَ مَلُومًا مَّدْحُورًا (39) Dit is wysheid wat u Heer aan u geopenbaar het. En vereensel- wig geen ander god met Allah nie, anders sal u in die Hel gewerp word, beskuldigd en verworpe |
أَفَأَصْفَاكُمْ رَبُّكُم بِالْبَنِينَ وَاتَّخَذَ مِنَ الْمَلَائِكَةِ إِنَاثًا ۚ إِنَّكُمْ لَتَقُولُونَ قَوْلًا عَظِيمًا (40) Het julle Heer dan verkies om vir julle seuns te gee, en dogters vir Homself uit die engele geneem? Voorwaar, julle spreek ’n griewende woord |
وَلَقَدْ صَرَّفْنَا فِي هَٰذَا الْقُرْآنِ لِيَذَّكَّرُوا وَمَا يَزِيدُهُمْ إِلَّا نُفُورًا (41) En waarlik, in hierdie Qur’ãn het Ons herhaaldelik waarsku- wings verduidelik sodat hulle kan nadink; maar dit vererger hulle net |
قُل لَّوْ كَانَ مَعَهُ آلِهَةٌ كَمَا يَقُولُونَ إِذًا لَّابْتَغَوْا إِلَىٰ ذِي الْعَرْشِ سَبِيلًا (42) Sê: As daar afgode saam met Hom is, soos hulle beweer, dan sou hulle tog sekerlik in staat gewees het om ’n weg na die Heer van die Troon te vind |
سُبْحَانَهُ وَتَعَالَىٰ عَمَّا يَقُولُونَ عُلُوًّا كَبِيرًا (43) Heilig is Hy! En hoog verhewe is Hy bo wat hulle sê |
تُسَبِّحُ لَهُ السَّمَاوَاتُ السَّبْعُ وَالْأَرْضُ وَمَن فِيهِنَّ ۚ وَإِن مِّن شَيْءٍ إِلَّا يُسَبِّحُ بِحَمْدِهِ وَلَٰكِن لَّا تَفْقَهُونَ تَسْبِيحَهُمْ ۗ إِنَّهُ كَانَ حَلِيمًا غَفُورًا (44) Die sewe hemele en die aarde en dít wat daarin is, loof en prys Hom. En daar is niks wat Hom nie loof met die lof wat Hom toekom nie, maar julle begryp nie hulle lof nie. Voorwaar, Hy is Verdraagsaam, Vergewensgesind |
وَإِذَا قَرَأْتَ الْقُرْآنَ جَعَلْنَا بَيْنَكَ وَبَيْنَ الَّذِينَ لَا يُؤْمِنُونَ بِالْآخِرَةِ حِجَابًا مَّسْتُورًا (45) En wanneer u die Qur’ãn voorlees, plaas Ons ’n verborge sluier tussen u en diegene wat nie in die Hiernamaals glo nie |
وَجَعَلْنَا عَلَىٰ قُلُوبِهِمْ أَكِنَّةً أَن يَفْقَهُوهُ وَفِي آذَانِهِمْ وَقْرًا ۚ وَإِذَا ذَكَرْتَ رَبَّكَ فِي الْقُرْآنِ وَحْدَهُ وَلَّوْا عَلَىٰ أَدْبَارِهِمْ نُفُورًا (46) en Ons plaas bedekkings oor hulle harte en ’n doofheid in hulle ore, sodat hulle dit nie kan begryp nie. En wanneer u in die Qur’ãn u Heer ~ Die Enige ~ noem, keer hulle u in afkeur die rug toe |
نَّحْنُ أَعْلَمُ بِمَا يَسْتَمِعُونَ بِهِ إِذْ يَسْتَمِعُونَ إِلَيْكَ وَإِذْ هُمْ نَجْوَىٰ إِذْ يَقُولُ الظَّالِمُونَ إِن تَتَّبِعُونَ إِلَّا رَجُلًا مَّسْحُورًا (47) Ons weet goed waarna hulle luister wanneer hulle u aanhoor, en wanneer hulle in die geheim beraadslaag, en wanneer die kwaaddoeners sê: U volg slegs ’n man sonder verstand |
انظُرْ كَيْفَ ضَرَبُوا لَكَ الْأَمْثَالَ فَضَلُّوا فَلَا يَسْتَطِيعُونَ سَبِيلًا (48) Kyk waarmee vergelyk hulle u! So het hulle verdwaal geraak, en hulle kan die weg nie meer vind nie |
وَقَالُوا أَإِذَا كُنَّا عِظَامًا وَرُفَاتًا أَإِنَّا لَمَبْعُوثُونَ خَلْقًا جَدِيدًا (49) En hulle sê: Wanneer ons tot beendere en stof vergaan het, sal ons weer soos ’n nuwe skepping opgewek word |
۞ قُلْ كُونُوا حِجَارَةً أَوْ حَدِيدًا (50) Sê: Wees klippe of yster |
أَوْ خَلْقًا مِّمَّا يَكْبُرُ فِي صُدُورِكُمْ ۚ فَسَيَقُولُونَ مَن يُعِيدُنَا ۖ قُلِ الَّذِي فَطَرَكُمْ أَوَّلَ مَرَّةٍ ۚ فَسَيُنْغِضُونَ إِلَيْكَ رُءُوسَهُمْ وَيَقُولُونَ مَتَىٰ هُوَ ۖ قُلْ عَسَىٰ أَن يَكُونَ قَرِيبًا (51) of enige ander skepsel wat volgens julle te hard is om lewendig te word. Maar hulle sal sê: Wie sal ons dan laat herlewe? Sê: Hý wat julle die eerste maal geskape het. Tog sal hulle hulle hoofde teen u skud en sê: Wanneer sal dit geskied? Sê: Waarskynlik is dit naby |
يَوْمَ يَدْعُوكُمْ فَتَسْتَجِيبُونَ بِحَمْدِهِ وَتَظُنُّونَ إِن لَّبِثْتُمْ إِلَّا قَلِيلًا (52) Die Dag wanneer Hy julle te voorskyn sal roep, sal julle Hom gehoorsaam wees en Hom loof, en julle sal dink dat julle slegs ’n rukkie vertoef het |
وَقُل لِّعِبَادِي يَقُولُوا الَّتِي هِيَ أَحْسَنُ ۚ إِنَّ الشَّيْطَانَ يَنزَغُ بَيْنَهُمْ ۚ إِنَّ الشَّيْطَانَ كَانَ لِلْإِنسَانِ عَدُوًّا مُّبِينًا (53) En sê aan My dienaars dat hulle moet praat wat welgevallig is. Voorwaar, die duiwel saai onenigheid tussen hulle. Die duiwel is sekerlik ’n openlike vyand van die mens |
رَّبُّكُمْ أَعْلَمُ بِكُمْ ۖ إِن يَشَأْ يَرْحَمْكُمْ أَوْ إِن يَشَأْ يُعَذِّبْكُمْ ۚ وَمَا أَرْسَلْنَاكَ عَلَيْهِمْ وَكِيلًا (54) Julle Heer ken julle die beste. Indien dit Hom behaag, sal Hy aan julle genade betoon; of, as dit Hom behaag, sal Hy julle straf oplê. En Ons het u nie as voog oor hulle gestuur nie |
وَرَبُّكَ أَعْلَمُ بِمَن فِي السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۗ وَلَقَدْ فَضَّلْنَا بَعْضَ النَّبِيِّينَ عَلَىٰ بَعْضٍ ۖ وَآتَيْنَا دَاوُودَ زَبُورًا (55) En u Heer weet goed wie in die hemele en op die aarde is. En Ons het waarlik sommige profete bó ander laat uitmunt, en aan Dawid het Ons die Zaboer3 geopenbaar |
قُلِ ادْعُوا الَّذِينَ زَعَمْتُم مِّن دُونِهِ فَلَا يَمْلِكُونَ كَشْفَ الضُّرِّ عَنكُمْ وَلَا تَحْوِيلًا (56) Sê: Roep diegene aan wat julle aan Hom gelykstel; hulle het geen mag om kwellings van julle te verwyder nie, ook nie om dit te verander nie |
أُولَٰئِكَ الَّذِينَ يَدْعُونَ يَبْتَغُونَ إِلَىٰ رَبِّهِمُ الْوَسِيلَةَ أَيُّهُمْ أَقْرَبُ وَيَرْجُونَ رَحْمَتَهُ وَيَخَافُونَ عَذَابَهُ ۚ إِنَّ عَذَابَ رَبِّكَ كَانَ مَحْذُورًا (57) Diegene wat hulle aanroep, soek self ’n toegangsmiddel tot hul Heer ~ wie van hulle ook al die naaste is ~ en hulle hoop op Sy barmhartigheid en vrees Sy straf. Voorwaar, die straf van u Heer is iets om van weg te bly |
وَإِن مِّن قَرْيَةٍ إِلَّا نَحْنُ مُهْلِكُوهَا قَبْلَ يَوْمِ الْقِيَامَةِ أَوْ مُعَذِّبُوهَا عَذَابًا شَدِيدًا ۚ كَانَ ذَٰلِكَ فِي الْكِتَابِ مَسْطُورًا (58) En daar is nie ’n stad nie, of Ons sal dit vóór die Dag van Opstanding vernietig of met ’n kwaai kastyding bestraf. Dít staan in die Boek geskryf |
وَمَا مَنَعَنَا أَن نُّرْسِلَ بِالْآيَاتِ إِلَّا أَن كَذَّبَ بِهَا الْأَوَّلُونَ ۚ وَآتَيْنَا ثَمُودَ النَّاقَةَ مُبْصِرَةً فَظَلَمُوا بِهَا ۚ وَمَا نُرْسِلُ بِالْآيَاتِ إِلَّا تَخْوِيفًا (59) En niks het Ons verhinder om tekens te stuur nie, behalwe dat die vroeëre volke dit verwerp het. En Ons het aan Thamoed die kamelin gegee, ’n duidelike teken, maar hulle het haar kwaad aangedoen; en Ons stuur net tekens om te waarsku |
وَإِذْ قُلْنَا لَكَ إِنَّ رَبَّكَ أَحَاطَ بِالنَّاسِ ۚ وَمَا جَعَلْنَا الرُّؤْيَا الَّتِي أَرَيْنَاكَ إِلَّا فِتْنَةً لِّلنَّاسِ وَالشَّجَرَةَ الْمَلْعُونَةَ فِي الْقُرْآنِ ۚ وَنُخَوِّفُهُمْ فَمَا يَزِيدُهُمْ إِلَّا طُغْيَانًا كَبِيرًا (60) En Ons het aan u gesê: Voorwaar, u Heer omring al die mense. En Ons het nie die visioen wat Ons u getoon het, vir iets anders laat verskyn nie, as ’n beproewing vir die mense; en net so die vervloekte boom in die Qur’ãn. En Ons waarsku hulle, maar dit laat hulle slegs meer in oortreding toeneem |
وَإِذْ قُلْنَا لِلْمَلَائِكَةِ اسْجُدُوا لِآدَمَ فَسَجَدُوا إِلَّا إِبْلِيسَ قَالَ أَأَسْجُدُ لِمَنْ خَلَقْتَ طِينًا (61) En toe Ons aan die engele gesê het: Prostreer voor Adam! het almal prostreer, behalwe Iblies. Hy het gesê: Sal ek prostreer voor hom wat U uit stof geskape het |
قَالَ أَرَأَيْتَكَ هَٰذَا الَّذِي كَرَّمْتَ عَلَيَّ لَئِنْ أَخَّرْتَنِ إِلَىٰ يَوْمِ الْقِيَامَةِ لَأَحْتَنِكَنَّ ذُرِّيَّتَهُ إِلَّا قَلِيلًا (62) Hy het verder gesê: Sien U? Dit is hý vir wie U bo my geëer het! Indien U my uitstel tot die Dag van Opstanding verleen, sal ek sekerlik sy nageslag mislei, behalwe ’n paar |
قَالَ اذْهَبْ فَمَن تَبِعَكَ مِنْهُمْ فَإِنَّ جَهَنَّمَ جَزَاؤُكُمْ جَزَاءً مَّوْفُورًا (63) Hy het gesê: Gaan weg! En wie van hulle u ook al volg, die Hel sal sekerlik julle vergelding wees, en ’n volle beloning |
وَاسْتَفْزِزْ مَنِ اسْتَطَعْتَ مِنْهُم بِصَوْتِكَ وَأَجْلِبْ عَلَيْهِم بِخَيْلِكَ وَرَجِلِكَ وَشَارِكْهُمْ فِي الْأَمْوَالِ وَالْأَوْلَادِ وَعِدْهُمْ ۚ وَمَا يَعِدُهُمُ الشَّيْطَانُ إِلَّا غُرُورًا (64) En bekoor wie u kan met u stem, en versamel teen hulle u ruitery en u voetsoldate, en wees hulle en hulle kinders se deelgenoot in weelde, en belowe hulle baie. En die duiwel se beloftes is slegs om mee te bedrieg |
إِنَّ عِبَادِي لَيْسَ لَكَ عَلَيْهِمْ سُلْطَانٌ ۚ وَكَفَىٰ بِرَبِّكَ وَكِيلًا (65) My dienaars ~ oor húlle het u voorwaar geen gesag nie. En u Heer is voldoende as Beskermer |
رَّبُّكُمُ الَّذِي يُزْجِي لَكُمُ الْفُلْكَ فِي الْبَحْرِ لِتَبْتَغُوا مِن فَضْلِهِ ۚ إِنَّهُ كَانَ بِكُمْ رَحِيمًا (66) Dit is u Heer wat die skepe vir julle oor die see laat vaar, sodat julle van Sy voordeel mag soek. Voorwaar, Hy is altyd Genade- vol |
وَإِذَا مَسَّكُمُ الضُّرُّ فِي الْبَحْرِ ضَلَّ مَن تَدْعُونَ إِلَّا إِيَّاهُ ۖ فَلَمَّا نَجَّاكُمْ إِلَى الْبَرِّ أَعْرَضْتُمْ ۚ وَكَانَ الْإِنسَانُ كَفُورًا (67) En indien kwellinge julle op see oorval, verdwyn diegene wat julle buiten Hom aanroep; maar wanneer Hy julle veilig aan wal bring, draai julle weg. En die mens is altyd ondankbaar |
أَفَأَمِنتُمْ أَن يَخْسِفَ بِكُمْ جَانِبَ الْبَرِّ أَوْ يُرْسِلَ عَلَيْكُمْ حَاصِبًا ثُمَّ لَا تَجِدُوا لَكُمْ وَكِيلًا (68) Voel julle dan seker dat Hy julle nie op land sal verneder, of ’n sterk wind oor julle sal afstuur nie? Dán sal julle nie ’n beskermer kan vind nie |
أَمْ أَمِنتُمْ أَن يُعِيدَكُمْ فِيهِ تَارَةً أُخْرَىٰ فَيُرْسِلَ عَلَيْكُمْ قَاصِفًا مِّنَ الرِّيحِ فَيُغْرِقَكُم بِمَا كَفَرْتُمْ ۙ ثُمَّ لَا تَجِدُوا لَكُمْ عَلَيْنَا بِهِ تَبِيعًا (69) of voel julle gerus dat Hy julle nie op ’n ander geleentheid sal besoek, en dan ’n vreeslike stormwind oor julle sal afstuur, en julle só oorstelp, weens julle ondankbaarheid nie? Dan sal julle geen helper teen Ons in dié saak vind nie |
۞ وَلَقَدْ كَرَّمْنَا بَنِي آدَمَ وَحَمَلْنَاهُمْ فِي الْبَرِّ وَالْبَحْرِ وَرَزَقْنَاهُم مِّنَ الطَّيِّبَاتِ وَفَضَّلْنَاهُمْ عَلَىٰ كَثِيرٍ مِّمَّنْ خَلَقْنَا تَفْضِيلًا (70) En voorwaar, Ons het die Kinders van Adam geëer en Ons vervoer hulle oor die land en die see, en Ons voorsien hulle van goeie dinge, en Ons laat hulle uitmunt bo die meeste van diegene wat Ons geskape het |
يَوْمَ نَدْعُو كُلَّ أُنَاسٍ بِإِمَامِهِمْ ۖ فَمَنْ أُوتِيَ كِتَابَهُ بِيَمِينِهِ فَأُولَٰئِكَ يَقْرَءُونَ كِتَابَهُمْ وَلَا يُظْلَمُونَ فَتِيلًا (71) Op die Dag wanneer Ons elke volk met hulle leier sal oproep: aan wie hulle boeke in die regterhand gegee word, hulle sal hulle boeke lees, en hulle sal nie die minste onreg aangedoen word nie |
وَمَن كَانَ فِي هَٰذِهِ أَعْمَىٰ فَهُوَ فِي الْآخِرَةِ أَعْمَىٰ وَأَضَلُّ سَبِيلًا (72) En wie blind is in hierdie wêreld, sal blind wees in die Hiernamaals; hy het ver van die regte pad afgedwaal |
وَإِن كَادُوا لَيَفْتِنُونَكَ عَنِ الَّذِي أَوْحَيْنَا إِلَيْكَ لِتَفْتَرِيَ عَلَيْنَا غَيْرَهُ ۖ وَإِذًا لَّاتَّخَذُوكَ خَلِيلًا (73) En sekerlik het hulle probeer om u weg te kry van wat Ons aan u geopenbaar het, sodat u teen Ons iets moes versin; dan sou hulle u tot vriend geneem het |
وَلَوْلَا أَن ثَبَّتْنَاكَ لَقَدْ كِدتَّ تَرْكَنُ إِلَيْهِمْ شَيْئًا قَلِيلًا (74) En as Ons u nie versterk het nie, sou u inderdaad tot hulle geneig gewees het |
إِذًا لَّأَذَقْنَاكَ ضِعْفَ الْحَيَاةِ وَضِعْفَ الْمَمَاتِ ثُمَّ لَا تَجِدُ لَكَ عَلَيْنَا نَصِيرًا (75) dan sou Ons u ’n dubbele straf in hierdie lewe en ’n dubbele straf ná die dood laat verduur het; en dan sou u teen Ons geen helper gevind het nie |
وَإِن كَادُوا لَيَسْتَفِزُّونَكَ مِنَ الْأَرْضِ لِيُخْرِجُوكَ مِنْهَا ۖ وَإِذًا لَّا يَلْبَثُونَ خِلَافَكَ إِلَّا قَلِيلًا (76) En waarlik, hulle het probeer om u te verskrik sodat hulle u van die land kon verdryf; maar dan sou hulle ná u vertrek tog maar ’n kort tydjie daarin vertoef het |
سُنَّةَ مَن قَدْ أَرْسَلْنَا قَبْلَكَ مِن رُّسُلِنَا ۖ وَلَا تَجِدُ لِسُنَّتِنَا تَحْوِيلًا (77) Dit is Ons weg met Ons boodskappers wat Ons vóór u gestuur het, en u sal geen verandering in Ons weg vind nie |
أَقِمِ الصَّلَاةَ لِدُلُوكِ الشَّمْسِ إِلَىٰ غَسَقِ اللَّيْلِ وَقُرْآنَ الْفَجْرِ ۖ إِنَّ قُرْآنَ الْفَجْرِ كَانَ مَشْهُودًا (78) Onderhou die gebed gereeld, vanaf middag tot die donker van die nag, en dra die Qur’ãn voor met die daeraad. Voorwaar, die voordra van die Qur’ãn met die daeraad, word opgemerk |
وَمِنَ اللَّيْلِ فَتَهَجَّدْ بِهِ نَافِلَةً لَّكَ عَسَىٰ أَن يَبْعَثَكَ رَبُّكَ مَقَامًا مَّحْمُودًا (79) En bly wakker daarby gedurende ’n gedeelte van die nag, buiten dít waartoe u verplig is; dit mag wees dat u Heer u tot ’n hoë rang sal verhef |
وَقُل رَّبِّ أَدْخِلْنِي مُدْخَلَ صِدْقٍ وَأَخْرِجْنِي مُخْرَجَ صِدْقٍ وَاجْعَل لِّي مِن لَّدُنكَ سُلْطَانًا نَّصِيرًا (80) En sê: O my Heer! Laat my intrede ’n goeie intrede wees, en laat my uitgang ’n goeie uitgang wees, en skenk my van U gesag om my te help |
وَقُلْ جَاءَ الْحَقُّ وَزَهَقَ الْبَاطِلُ ۚ إِنَّ الْبَاطِلَ كَانَ زَهُوقًا (81) En sê: Die Waarheid het gekom en die valsheid het verdwyn. Voorwaar, die valsheid sal sekerlik verdwyn |
وَنُنَزِّلُ مِنَ الْقُرْآنِ مَا هُوَ شِفَاءٌ وَرَحْمَةٌ لِّلْمُؤْمِنِينَ ۙ وَلَا يَزِيدُ الظَّالِمِينَ إِلَّا خَسَارًا (82) En van die Qur’ãn openbaar Ons dít wat ’n genesing en ’n genade vir die gelowiges is, maar dit vererger slegs die oordeel van die kwaaddoeners |
وَإِذَا أَنْعَمْنَا عَلَى الْإِنسَانِ أَعْرَضَ وَنَأَىٰ بِجَانِبِهِ ۖ وَإِذَا مَسَّهُ الشَّرُّ كَانَ يَئُوسًا (83) En wanneer Ons aan die mens gunste bewys, draai hy hom weg en gedra hom hoogmoedig; en wanneer die kwaad hom kwel, word hy wanhopig |
قُلْ كُلٌّ يَعْمَلُ عَلَىٰ شَاكِلَتِهِ فَرَبُّكُمْ أَعْلَمُ بِمَنْ هُوَ أَهْدَىٰ سَبِيلًا (84) Sê: Elkeen gaan te werk op sy eie manier, maar julle Heer weet goed wie op die regte pad die beste gelei is |
وَيَسْأَلُونَكَ عَنِ الرُّوحِ ۖ قُلِ الرُّوحُ مِنْ أَمْرِ رَبِّي وَمَا أُوتِيتُم مِّنَ الْعِلْمِ إِلَّا قَلِيلًا (85) En hulle stel u vrae omtrent die openbaring. Sê: Die openbaring geskied op die bevel van my Heer, en daarvan word aan julle maar min kennis gegee |
وَلَئِن شِئْنَا لَنَذْهَبَنَّ بِالَّذِي أَوْحَيْنَا إِلَيْكَ ثُمَّ لَا تَجِدُ لَكَ بِهِ عَلَيْنَا وَكِيلًا (86) En as Ons wou, kon Ons sekerlik van u wegneem wat Ons aan u geopenbaar het, dan sal u niemand vind om u saak teen Ons te bepleit nie |
إِلَّا رَحْمَةً مِّن رَّبِّكَ ۚ إِنَّ فَضْلَهُ كَانَ عَلَيْكَ كَبِيرًا (87) maar dit is ’n genade van u Heer. Voorwaar, Sy goedheid jeëns u is oorvloedig |
قُل لَّئِنِ اجْتَمَعَتِ الْإِنسُ وَالْجِنُّ عَلَىٰ أَن يَأْتُوا بِمِثْلِ هَٰذَا الْقُرْآنِ لَا يَأْتُونَ بِمِثْلِهِ وَلَوْ كَانَ بَعْضُهُمْ لِبَعْضٍ ظَهِيرًا (88) Sê: Indien die mens en djien sou saamspan om die gelyke van hierdie Qur’ãn voort te bring, sal hulle nie daarin slaag nie, ofskoon sommige van hulle helpers van ander was |
وَلَقَدْ صَرَّفْنَا لِلنَّاسِ فِي هَٰذَا الْقُرْآنِ مِن كُلِّ مَثَلٍ فَأَبَىٰ أَكْثَرُ النَّاسِ إِلَّا كُفُورًا (89) En voorwaar, Ons het dit aan die mens in die Qur’ãn op alle moontlike maniere verduidelik, maar die meeste mense toon slegs ondankbaarheid |
وَقَالُوا لَن نُّؤْمِنَ لَكَ حَتَّىٰ تَفْجُرَ لَنَا مِنَ الْأَرْضِ يَنبُوعًا (90) En hulle sê: Ons sal geensins in u glo nie, tensy u vir ons ’n bron uit die aarde kan laat ontspring |
أَوْ تَكُونَ لَكَ جَنَّةٌ مِّن نَّخِيلٍ وَعِنَبٍ فَتُفَجِّرَ الْأَنْهَارَ خِلَالَهَا تَفْجِيرًا (91) of tensy u ’n tuin met dadelpalms en druiwe besit, wat u oorvloediglik uit riviere kan benat |
أَوْ تُسْقِطَ السَّمَاءَ كَمَا زَعَمْتَ عَلَيْنَا كِسَفًا أَوْ تَأْتِيَ بِاللَّهِ وَالْمَلَائِكَةِ قَبِيلًا (92) of tensy u die hemel in stukke op ons kan laat neerval, soos u blykbaar dink; of tensy u Allah en die engele van aangesig tot aangesig aan ons kan toon |
أَوْ يَكُونَ لَكَ بَيْتٌ مِّن زُخْرُفٍ أَوْ تَرْقَىٰ فِي السَّمَاءِ وَلَن نُّؤْمِنَ لِرُقِيِّكَ حَتَّىٰ تُنَزِّلَ عَلَيْنَا كِتَابًا نَّقْرَؤُهُ ۗ قُلْ سُبْحَانَ رَبِّي هَلْ كُنتُ إِلَّا بَشَرًا رَّسُولًا (93) of tensy u ’n huis van goud het; of tensy u na die hemel opvaar: En ons sal nie in u hemelvaart glo nie tensy u ’n boek vir ons neerstuur waarin ons kan lees. Sê: Heilig is my Heer! Is ek iets anders as ’n menslike boodkskapper |
وَمَا مَنَعَ النَّاسَ أَن يُؤْمِنُوا إِذْ جَاءَهُمُ الْهُدَىٰ إِلَّا أَن قَالُوا أَبَعَثَ اللَّهُ بَشَرًا رَّسُولًا (94) En niks het die mense belet om te glo toe die leiding na hulle gekom het nie, behalwe dat hulle sê: Het Allah ’n méns as boodskapper gestuur |
قُل لَّوْ كَانَ فِي الْأَرْضِ مَلَائِكَةٌ يَمْشُونَ مُطْمَئِنِّينَ لَنَزَّلْنَا عَلَيْهِم مِّنَ السَّمَاءِ مَلَكًا رَّسُولًا (95) Sê: As daar op die aarde engele in veiligheid rondgedwaal het, sou Ons uit die hemel ’n engel as boodskapper na hulle gestuur het |
قُلْ كَفَىٰ بِاللَّهِ شَهِيدًا بَيْنِي وَبَيْنَكُمْ ۚ إِنَّهُ كَانَ بِعِبَادِهِ خَبِيرًا بَصِيرًا (96) Sê: Voldoende is Allah as getuie tussen julle en my. Voorwaar, Hy is ewig Bewus, en Hy sien Sy dienaars |
وَمَن يَهْدِ اللَّهُ فَهُوَ الْمُهْتَدِ ۖ وَمَن يُضْلِلْ فَلَن تَجِدَ لَهُمْ أَوْلِيَاءَ مِن دُونِهِ ۖ وَنَحْشُرُهُمْ يَوْمَ الْقِيَامَةِ عَلَىٰ وُجُوهِهِمْ عُمْيًا وَبُكْمًا وَصُمًّا ۖ مَّأْوَاهُمْ جَهَنَّمُ ۖ كُلَّمَا خَبَتْ زِدْنَاهُمْ سَعِيرًا (97) En hy wat deur Allah gelei word, is op die regte pad; en dié wat Hy laat dwaal, vir hulle sal u geen voogde buiten Hom vind nie. En Ons sal hulle op die Dag van Opstanding op hulle aangesigte bymekaar bring; doof, stom en blind. Hulle tuiste is die Hel. Telkemale as die vuur afneem, sal Ons die vlam vir hulle aanstook |
ذَٰلِكَ جَزَاؤُهُم بِأَنَّهُمْ كَفَرُوا بِآيَاتِنَا وَقَالُوا أَإِذَا كُنَّا عِظَامًا وَرُفَاتًا أَإِنَّا لَمَبْعُوثُونَ خَلْقًا جَدِيدًا (98) Dít is hulle vergelding omdat hulle nie in Ons tekens glo nie, en gesê het: Sal ons weer in ’n nuwe skepping opgewek word wanneer ons beendere en stof geword het |
۞ أَوَلَمْ يَرَوْا أَنَّ اللَّهَ الَّذِي خَلَقَ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ قَادِرٌ عَلَىٰ أَن يَخْلُقَ مِثْلَهُمْ وَجَعَلَ لَهُمْ أَجَلًا لَّا رَيْبَ فِيهِ فَأَبَى الظَّالِمُونَ إِلَّا كُفُورًا (99) Sien hulle nie dat Allah, wat die hemele en die aarde geskape het, in staat is om hulle ewebeeld te skep nie? Hy het vir hulle ’n termyn vasgestel waaromtrent daar geen twyfel bestaan nie. Dog die kwaaddoeners toon slegs ondankbaarheid |
قُل لَّوْ أَنتُمْ تَمْلِكُونَ خَزَائِنَ رَحْمَةِ رَبِّي إِذًا لَّأَمْسَكْتُمْ خَشْيَةَ الْإِنفَاقِ ۚ وَكَانَ الْإِنسَانُ قَتُورًا (100) Sê: Indien julle die skatte van barmhartigheid van my Heer beheer, sou julle dit nogtans terughou uit vrees dat dit sou opraak. En die mens is altyd suinig |
وَلَقَدْ آتَيْنَا مُوسَىٰ تِسْعَ آيَاتٍ بَيِّنَاتٍ ۖ فَاسْأَلْ بَنِي إِسْرَائِيلَ إِذْ جَاءَهُمْ فَقَالَ لَهُ فِرْعَوْنُ إِنِّي لَأَظُنُّكَ يَا مُوسَىٰ مَسْحُورًا (101) En waarlik, Ons het Moses nege duidelike tekens gegee; vra gerus die Kinders van Israel daarna. Toe hy by hulle kom, het Farao aan hom gesê: Moses, ek dink dat u waarlik getoor is |
قَالَ لَقَدْ عَلِمْتَ مَا أَنزَلَ هَٰؤُلَاءِ إِلَّا رَبُّ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ بَصَائِرَ وَإِنِّي لَأَظُنُّكَ يَا فِرْعَوْنُ مَثْبُورًا (102) Hy het gesê: Voorwaar, u weet dat niemand anders nie as die Heer van die hemele en die aarde hierdie dinge as duidelike bewyse gestuur het; en ek glo, o Farao, dat u verlore is |
فَأَرَادَ أَن يَسْتَفِزَّهُم مِّنَ الْأَرْضِ فَأَغْرَقْنَاهُ وَمَن مَّعَهُ جَمِيعًا (103) Aldus was hy voornemens om hulle uit die land te verwyder, maar Ons het hom en diegene wat by hom was, almal saam laat verdrink |
وَقُلْنَا مِن بَعْدِهِ لِبَنِي إِسْرَائِيلَ اسْكُنُوا الْأَرْضَ فَإِذَا جَاءَ وَعْدُ الْآخِرَةِ جِئْنَا بِكُمْ لَفِيفًا (104) En Ons het aan die Kinders van Israel ná hom gesê: Woon in die land; maar toe die laaste belofte vervul was, het Ons julle almal opgerol |
وَبِالْحَقِّ أَنزَلْنَاهُ وَبِالْحَقِّ نَزَلَ ۗ وَمَا أَرْسَلْنَاكَ إِلَّا مُبَشِّرًا وَنَذِيرًا (105) En met waarheid het Ons dit geopenbaar, en met waarheid het dit gekom. En Ons het u slegs as ’n draer van blye tydings en as ’n waarskuwer gestuur |
وَقُرْآنًا فَرَقْنَاهُ لِتَقْرَأَهُ عَلَى النَّاسِ عَلَىٰ مُكْثٍ وَنَزَّلْنَاهُ تَنزِيلًا (106) En Ons het die Qur’ãn opverdeel, sodat u dit stuksgewys aan die volk kan voorlees; Ons het dit in stadia geopenbaar |
قُلْ آمِنُوا بِهِ أَوْ لَا تُؤْمِنُوا ۚ إِنَّ الَّذِينَ أُوتُوا الْعِلْمَ مِن قَبْلِهِ إِذَا يُتْلَىٰ عَلَيْهِمْ يَخِرُّونَ لِلْأَذْقَانِ سُجَّدًا (107) Sê: Glo daarin, of verwerp dit. Diegene aan wie reeds voorheen kennis daarvan geskenk is, val op hulle aangesig neer wanneer dit aan hulle voorgelees word |
وَيَقُولُونَ سُبْحَانَ رَبِّنَا إِن كَانَ وَعْدُ رَبِّنَا لَمَفْعُولًا (108) en hulle sê: Lof en eer aan ons Heer! Die belofte van ons Heer sal sekerlik vervul word |
وَيَخِرُّونَ لِلْأَذْقَانِ يَبْكُونَ وَيَزِيدُهُمْ خُشُوعًا ۩ (109) En wenend val hulle op die aangesig neer; en dit vermeerder hulle nederigheid |
قُلِ ادْعُوا اللَّهَ أَوِ ادْعُوا الرَّحْمَٰنَ ۖ أَيًّا مَّا تَدْعُوا فَلَهُ الْأَسْمَاءُ الْحُسْنَىٰ ۚ وَلَا تَجْهَرْ بِصَلَاتِكَ وَلَا تُخَافِتْ بِهَا وَابْتَغِ بَيْنَ ذَٰلِكَ سَبِيلًا (110) Sê: Roep Allah aan of roep die Barmhartige aan. By welke naam julle Hom ook aanroep, Hy het die beste name. En sê julle gebed nie te hard en ook nie te sag nie, maar soek ’n middeweg |
وَقُلِ الْحَمْدُ لِلَّهِ الَّذِي لَمْ يَتَّخِذْ وَلَدًا وَلَمْ يَكُن لَّهُ شَرِيكٌ فِي الْمُلْكِ وَلَمْ يَكُن لَّهُ وَلِيٌّ مِّنَ الذُّلِّ ۖ وَكَبِّرْهُ تَكْبِيرًا (111) En sê: Alle lof kom Allah toe, wat geen seun vir Homself geneem het nie, en wat geen deelgenoot in die Koninkryk het nie; nóg het Hy ’n helper weens swakheid; en verkondig Sy allesoortreffende grootheid |