حم (1) Gaa-Miem |
وَالْكِتَابِ الْمُبِينِ (2) By die Boek wat verduidelik |
إِنَّا جَعَلْنَاهُ قُرْآنًا عَرَبِيًّا لَّعَلَّكُمْ تَعْقِلُونَ (3) Voorwaar, Ons het dit ’n Arabiese Qur’ãn gemaak sodat julle dit kan verstaan |
وَإِنَّهُ فِي أُمِّ الْكِتَابِ لَدَيْنَا لَعَلِيٌّ حَكِيمٌ (4) En dit is in die Oorspronklike Boek by Ons, voorwaar verhewe, vol van wysheid |
أَفَنَضْرِبُ عَنكُمُ الذِّكْرَ صَفْحًا أَن كُنتُمْ قَوْمًا مُّسْرِفِينَ (5) Sal Ons dan die Vermaning van julle weerhou omdat julle ’n oortredende volk is |
وَكَمْ أَرْسَلْنَا مِن نَّبِيٍّ فِي الْأَوَّلِينَ (6) En hoeveel profete het Ons nie onder die vorige geslag uitge- stuur nie |
وَمَا يَأْتِيهِم مِّن نَّبِيٍّ إِلَّا كَانُوا بِهِ يَسْتَهْزِئُونَ (7) En nog nooit het daar ’n profeet na hulle gekom nie, of hy is bespot |
فَأَهْلَكْنَا أَشَدَّ مِنْهُم بَطْشًا وَمَضَىٰ مَثَلُ الْأَوَّلِينَ (8) Daarna het Ons diegene vernietig wie se heldemoed nog groter was as hierdie mense s’n. Die voorbeeld van die volke van die ou tyd het reeds voorafgegaan |
وَلَئِن سَأَلْتَهُم مَّنْ خَلَقَ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ لَيَقُولُنَّ خَلَقَهُنَّ الْعَزِيزُ الْعَلِيمُ (9) En as hulle sou vra: Wie het die hemele en die aarde geskape? sal hulle sê: Die Allermagtige, die Alleswetende Een, het dit geskape |
الَّذِي جَعَلَ لَكُمُ الْأَرْضَ مَهْدًا وَجَعَلَ لَكُمْ فِيهَا سُبُلًا لَّعَلَّكُمْ تَهْتَدُونَ (10) Hy wat die aarde as ’n rusplek vir julle gemaak het, en daarin weë vir julle gebaan het, sodat julle die regte weg kan volg |
وَالَّذِي نَزَّلَ مِنَ السَّمَاءِ مَاءً بِقَدَرٍ فَأَنشَرْنَا بِهِ بَلْدَةً مَّيْتًا ۚ كَذَٰلِكَ تُخْرَجُونَ (11) En wat water uit die wolke in die regte mate afstuur, waarna Ons die dooie aarde daardeur lewendig laat word; net so sal julle ook opgewek word |
وَالَّذِي خَلَقَ الْأَزْوَاجَ كُلَّهَا وَجَعَلَ لَكُم مِّنَ الْفُلْكِ وَالْأَنْعَامِ مَا تَرْكَبُونَ (12) En wat alle dinge in pare geskape het, en vir julle skepe en vee gemaak het waarop julle ry |
لِتَسْتَوُوا عَلَىٰ ظُهُورِهِ ثُمَّ تَذْكُرُوا نِعْمَةَ رَبِّكُمْ إِذَا اسْتَوَيْتُمْ عَلَيْهِ وَتَقُولُوا سُبْحَانَ الَّذِي سَخَّرَ لَنَا هَٰذَا وَمَا كُنَّا لَهُ مُقْرِنِينَ (13) sodat julle stewig op hulle rûe kan ry en dan, wanneer julle stewig daarop sit, die guns van julle Heer kan oordink, en sê: Lof kom Hom toe, wat dit vir ons in diens gestel het, want ons was onbekwaam om dit te doen |
وَإِنَّا إِلَىٰ رَبِّنَا لَمُنقَلِبُونَ (14) en waarlik, ons moet na ons Heer terugkeer |
وَجَعَلُوا لَهُ مِنْ عِبَادِهِ جُزْءًا ۚ إِنَّ الْإِنسَانَ لَكَفُورٌ مُّبِينٌ (15) En hulle stel ’n deel van Sy dienaars naas Hom op. Weliswaar, die mens is klaarblyklik ondankbaar |
أَمِ اتَّخَذَ مِمَّا يَخْلُقُ بَنَاتٍ وَأَصْفَاكُم بِالْبَنِينَ (16) Of het Hy dogters vir Homself geneem wat Hy geskape het, en vir julle seuns gekies |
وَإِذَا بُشِّرَ أَحَدُهُم بِمَا ضَرَبَ لِلرَّحْمَٰنِ مَثَلًا ظَلَّ وَجْهُهُ مُسْوَدًّا وَهُوَ كَظِيمٌ (17) En wanneer nuus aan een van hulle gegee word omtrent dít waarvan hy ’n gelykenis naas die Barmhartige opgestel het, word sy gesig swart en raak hy woedend |
أَوَمَن يُنَشَّأُ فِي الْحِلْيَةِ وَهُوَ فِي الْخِصَامِ غَيْرُ مُبِينٍ (18) Is enigeen wat met ornamente getooi word en onbekwaam is om ’n toespraak in ’n getwis te voer, ’n deelgenoot van God |
وَجَعَلُوا الْمَلَائِكَةَ الَّذِينَ هُمْ عِبَادُ الرَّحْمَٰنِ إِنَاثًا ۚ أَشَهِدُوا خَلْقَهُمْ ۚ سَتُكْتَبُ شَهَادَتُهُمْ وَيُسْأَلُونَ (19) En hulle sê die engele wat dienaars van die Barmhartige is, is vroulike wesens |
وَقَالُوا لَوْ شَاءَ الرَّحْمَٰنُ مَا عَبَدْنَاهُم ۗ مَّا لَهُم بِذَٰلِكَ مِنْ عِلْمٍ ۖ إِنْ هُمْ إِلَّا يَخْرُصُونَ (20) En hulle sê: As die Barmhartige dit wou, sou ons hulle nie aanbid het nie. Hulle het geheel en al nie kennis daarvan nie; hulle vermoed slegs |
أَمْ آتَيْنَاهُمْ كِتَابًا مِّن قَبْلِهِ فَهُم بِهِ مُسْتَمْسِكُونَ (21) Of het Ons voorheen aan hulle ’n boek gegee, waaraan hulle nou kan vashou |
بَلْ قَالُوا إِنَّا وَجَدْنَا آبَاءَنَا عَلَىٰ أُمَّةٍ وَإِنَّا عَلَىٰ آثَارِهِم مُّهْتَدُونَ (22) Nee, hulle sê: Ons het ons vaders op ’n weg gevind, en ons word waarlik deur hulle voetstappe op die weg gelei |
وَكَذَٰلِكَ مَا أَرْسَلْنَا مِن قَبْلِكَ فِي قَرْيَةٍ مِّن نَّذِيرٍ إِلَّا قَالَ مُتْرَفُوهَا إِنَّا وَجَدْنَا آبَاءَنَا عَلَىٰ أُمَّةٍ وَإِنَّا عَلَىٰ آثَارِهِم مُّقْتَدُونَ (23) En waarlik, nooit het Ons ’n waarskuwer vóór u na ’n stad gestuur nie, of die rykes daarvan het gesê: Ons het gevind dat ons vaders ’n godsdiens gevolg het en ons volg in hulle voetstappe |
۞ قَالَ أَوَلَوْ جِئْتُكُم بِأَهْدَىٰ مِمَّا وَجَدتُّمْ عَلَيْهِ آبَاءَكُمْ ۖ قَالُوا إِنَّا بِمَا أُرْسِلْتُم بِهِ كَافِرُونَ (24) Die waarskuwer het gesê: Hoe nou? Al bring ek u ook ’n beter leiding as wat julle vaders jul kon bied? Hulle antwoord was: Waarlik, ons glo nie in u boodskap nie |
فَانتَقَمْنَا مِنْهُمْ ۖ فَانظُرْ كَيْفَ كَانَ عَاقِبَةُ الْمُكَذِّبِينَ (25) Daarom het Ons hulle met die straf vergeld, en kyk dan wat was die einde van die leuenaars |
وَإِذْ قَالَ إِبْرَاهِيمُ لِأَبِيهِ وَقَوْمِهِ إِنَّنِي بَرَاءٌ مِّمَّا تَعْبُدُونَ (26) En toe Abraham aan sy vader en sy volk gesê het: Voorwaar, ek is bevry van wat julle aanbid |
إِلَّا الَّذِي فَطَرَنِي فَإِنَّهُ سَيَهْدِينِ (27) behalwe van Hom wat my geskape het, want waarlik, Hy sal my reg lei |
وَجَعَلَهَا كَلِمَةً بَاقِيَةً فِي عَقِبِهِ لَعَلَّهُمْ يَرْجِعُونَ (28) En Hy het dit ’n blywende woord vir sy nageslag gemaak sodat hulle kon teugkeer |
بَلْ مَتَّعْتُ هَٰؤُلَاءِ وَآبَاءَهُمْ حَتَّىٰ جَاءَهُمُ الْحَقُّ وَرَسُولٌ مُّبِينٌ (29) Nee, Ek het diesulkes en hul vaders hul handelinge laat geniet totdat die waarheid en die welsprekende Boodskapper na hulle gekom het |
وَلَمَّا جَاءَهُمُ الْحَقُّ قَالُوا هَٰذَا سِحْرٌ وَإِنَّا بِهِ كَافِرُونَ (30) En toe die Waarheid na hulle gekom het, het hulle gesê: Dit is towerkuns, en ons glo volstrek nie daaraan nie |
وَقَالُوا لَوْلَا نُزِّلَ هَٰذَا الْقُرْآنُ عَلَىٰ رَجُلٍ مِّنَ الْقَرْيَتَيْنِ عَظِيمٍ (31) En hulle sê: Waarom is hierdie Qur’ãn nie aan ’n man van aan- sien in die twee stede2 geopenbaar nie |
أَهُمْ يَقْسِمُونَ رَحْمَتَ رَبِّكَ ۚ نَحْنُ قَسَمْنَا بَيْنَهُم مَّعِيشَتَهُمْ فِي الْحَيَاةِ الدُّنْيَا ۚ وَرَفَعْنَا بَعْضَهُمْ فَوْقَ بَعْضٍ دَرَجَاتٍ لِّيَتَّخِذَ بَعْضُهُم بَعْضًا سُخْرِيًّا ۗ وَرَحْمَتُ رَبِّكَ خَيْرٌ مِّمَّا يَجْمَعُونَ (32) Deel húlle die genade van u Heer uit? Ons deel hulle lewens- onderhoud uit in die lewe van hierdie wêreld, en Ons verhef sommige van hulle bo ander in grade, sodat sommige van hulle ander in diens kan neem. En die barmhartigheid van u Heer is beter as die dinge wat hulle opgaar |
وَلَوْلَا أَن يَكُونَ النَّاسُ أُمَّةً وَاحِدَةً لَّجَعَلْنَا لِمَن يَكْفُرُ بِالرَّحْمَٰنِ لِبُيُوتِهِمْ سُقُفًا مِّن فِضَّةٍ وَمَعَارِجَ عَلَيْهَا يَظْهَرُونَ (33) En was dit nie dat al die mense dalk een ongelowige gemeenskap kon word nie, sou Ons vir diegene wat nie in die Barmhartige glo nie, huise met dakke van silwer geskenk het, en ook trappies van silwer waarmee hulle na bo kan klim |
وَلِبُيُوتِهِمْ أَبْوَابًا وَسُرُرًا عَلَيْهَا يَتَّكِئُونَ (34) en silwerdeure vir hulle huise: en die sofa’s waarop hulle hul neervly |
وَزُخْرُفًا ۚ وَإِن كُلُّ ذَٰلِكَ لَمَّا مَتَاعُ الْحَيَاةِ الدُّنْيَا ۚ وَالْآخِرَةُ عِندَ رَبِّكَ لِلْمُتَّقِينَ (35) is van goud. Maar dit alles is niks anders nie as ’n voorsiening vir die lewe van hierdie wêreld; en die Hiernamaals is by u Heer slegs vir die godvresendes |
وَمَن يَعْشُ عَن ذِكْرِ الرَّحْمَٰنِ نُقَيِّضْ لَهُ شَيْطَانًا فَهُوَ لَهُ قَرِينٌ (36) En wie homself van die oordenkinge van die Barmhartige weerhou, vir hom stel Ons die duiwel as ’n metgesel aan |
وَإِنَّهُمْ لَيَصُدُّونَهُمْ عَنِ السَّبِيلِ وَيَحْسَبُونَ أَنَّهُم مُّهْتَدُونَ (37) En voorwaar, hy lei hulle van die regte weg af, terwyl hulle dink dat hulle reg gelei word |
حَتَّىٰ إِذَا جَاءَنَا قَالَ يَا لَيْتَ بَيْنِي وَبَيْنَكَ بُعْدَ الْمَشْرِقَيْنِ فَبِئْسَ الْقَرِينُ (38) En wanneer hy by Ons kom, sê hy: O was u en ek maar liewer so ver as die Ooste van die Weste van mekaar verwyder. Boos is dié metgesel inderdaad |
وَلَن يَنفَعَكُمُ الْيَوْمَ إِذ ظَّلَمْتُمْ أَنَّكُمْ فِي الْعَذَابِ مُشْتَرِكُونَ (39) En op daardie Dag sal dit julle niks baat nie, omdat julle kwaad gedoen het; daarom sal julle albei deelgenote in die straf wees |
أَفَأَنتَ تُسْمِعُ الصُّمَّ أَوْ تَهْدِي الْعُمْيَ وَمَن كَانَ فِي ضَلَالٍ مُّبِينٍ (40) Kan u dan die dowe laat hoor, of die blinde lei, en so ook hom wat in klaarblyklike dwaling verkeer |
فَإِمَّا نَذْهَبَنَّ بِكَ فَإِنَّا مِنْهُم مُّنتَقِمُونَ (41) As Ons u van hulle af wegneem, sal Ons hulle tog met straf vergeld |
أَوْ نُرِيَنَّكَ الَّذِي وَعَدْنَاهُمْ فَإِنَّا عَلَيْهِم مُّقْتَدِرُونَ (42) Of Ons sal u wys wat Ons hulle belowe het, want sekerlik het Ons mag oor hulle |
فَاسْتَمْسِكْ بِالَّذِي أُوحِيَ إِلَيْكَ ۖ إِنَّكَ عَلَىٰ صِرَاطٍ مُّسْتَقِيمٍ (43) Hou dan vas aan wat Ons aan u geopenbaar het; u is voorwaar op die regte pad |
وَإِنَّهُ لَذِكْرٌ لَّكَ وَلِقَوْمِكَ ۖ وَسَوْفَ تُسْأَلُونَ (44) En waarlik, dit is ’n vermaning vir u en u volk, en julle sal daar- oor ondervra word |
وَاسْأَلْ مَنْ أَرْسَلْنَا مِن قَبْلِكَ مِن رُّسُلِنَا أَجَعَلْنَا مِن دُونِ الرَّحْمَٰنِ آلِهَةً يُعْبَدُونَ (45) En vra maar vir Ons boodskappers wat Ons vóór u gestuur het: Het Ons ooit iemand aangeraai om buiten die Barmhartige gode te aanbid |
وَلَقَدْ أَرْسَلْنَا مُوسَىٰ بِآيَاتِنَا إِلَىٰ فِرْعَوْنَ وَمَلَئِهِ فَقَالَ إِنِّي رَسُولُ رَبِّ الْعَالَمِينَ (46) En waarlik, Ons het Moses met Ons tekens na Farao en sy owerstes gestuur, en hy het gesê: Ek is die boodskapper van die Heer van die Wêrelde |
فَلَمَّا جَاءَهُم بِآيَاتِنَا إِذَا هُم مِّنْهَا يَضْحَكُونَ (47) Maar toe hy hulle Ons tekens gebring het, het hulle hom uitgelag |
وَمَا نُرِيهِم مِّنْ آيَةٍ إِلَّا هِيَ أَكْبَرُ مِنْ أُخْتِهَا ۖ وَأَخَذْنَاهُم بِالْعَذَابِ لَعَلَّهُمْ يَرْجِعُونَ (48) En nooit het Ons hulle ’n teken getoon nie, of dit was groter as die een wat dit vooraf gegaan het, en Ons het hulle met kas- tyding getref, sodat hulle hul kon bekeer |
وَقَالُوا يَا أَيُّهَ السَّاحِرُ ادْعُ لَنَا رَبَّكَ بِمَا عَهِدَ عِندَكَ إِنَّنَا لَمُهْتَدُونَ (49) En hulle het gesê: O, u towerkunstenaar! Roep u Heer aan om ons ontwil, aangesien Hy die verdrag met u gesluit het; ons sal gewis die leiding volg |
فَلَمَّا كَشَفْنَا عَنْهُمُ الْعَذَابَ إِذَا هُمْ يَنكُثُونَ (50) Maar toe Ons die straf van hulle verwyder het, kyk! het hulle die gelofte verbreek |
وَنَادَىٰ فِرْعَوْنُ فِي قَوْمِهِ قَالَ يَا قَوْمِ أَلَيْسَ لِي مُلْكُ مِصْرَ وَهَٰذِهِ الْأَنْهَارُ تَجْرِي مِن تَحْتِي ۖ أَفَلَا تُبْصِرُونَ (51) En Farao het onder sy volk laat aankondig, en gesê: O my volk! Behoort die koninkryk van Egipte nie aan my nie? En vloei hierdie riviere nie benede my nie? Sien julle dan nie |
أَمْ أَنَا خَيْرٌ مِّنْ هَٰذَا الَّذِي هُوَ مَهِينٌ وَلَا يَكَادُ يُبِينُ (52) Is ek nie beter as hierdie man nie? Hy wat veragtelik is, en hom skaars duidelik kan uitdruk |
فَلَوْلَا أُلْقِيَ عَلَيْهِ أَسْوِرَةٌ مِّن ذَهَبٍ أَوْ جَاءَ مَعَهُ الْمَلَائِكَةُ مُقْتَرِنِينَ (53) Hoekom is daar dan geen armbande van goud aan hom geskenk, of het engele nie in ’n optog saam met hom gekom nie |
فَاسْتَخَفَّ قَوْمَهُ فَأَطَاعُوهُ ۚ إِنَّهُمْ كَانُوا قَوْمًا فَاسِقِينَ (54) So het hy dan sy volk mislei en hulle het hom gehoorsaam. Hulle was inderdaad ’n oortredende volk |
فَلَمَّا آسَفُونَا انتَقَمْنَا مِنْهُمْ فَأَغْرَقْنَاهُمْ أَجْمَعِينَ (55) Toe hulle Ons dan vertoorn het, het Ons hulle met die straf vergeld, en Ons het hulle almal laat verdrink |
فَجَعَلْنَاهُمْ سَلَفًا وَمَثَلًا لِّلْآخِرِينَ (56) En Ons het van hulle ’n vergange volk gemaak en ’n voorbeeld vir die komende geslagte |
۞ وَلَمَّا ضُرِبَ ابْنُ مَرْيَمَ مَثَلًا إِذَا قَوْمُكَ مِنْهُ يَصِدُّونَ (57) En wanneer die seun van Maria as ’n voorbeeld genoem word, dan hef u volk ’n geskreeu aan |
وَقَالُوا أَآلِهَتُنَا خَيْرٌ أَمْ هُوَ ۚ مَا ضَرَبُوهُ لَكَ إِلَّا جَدَلًا ۚ بَلْ هُمْ قَوْمٌ خَصِمُونَ (58) En hulle sê: Is óns gode beter, of is hy beter? En hulle noem dit slegs aan u om argument te soek. Nee, hulle is ’n twissieke volk |
إِنْ هُوَ إِلَّا عَبْدٌ أَنْعَمْنَا عَلَيْهِ وَجَعَلْنَاهُ مَثَلًا لِّبَنِي إِسْرَائِيلَ (59) Hy was niemand anders nie as ’n dienaar aan wie Ons guns bewys het, en Ons het hom tot voorbeeld vir die Kinders van Israel gestel |
وَلَوْ نَشَاءُ لَجَعَلْنَا مِنكُم مَّلَائِكَةً فِي الْأَرْضِ يَخْلُفُونَ (60) En as Ons wou, kon Ons engele na julle gestuur het om Ons plaasvervangers in die land te wees |
وَإِنَّهُ لَعِلْمٌ لِّلسَّاعَةِ فَلَا تَمْتَرُنَّ بِهَا وَاتَّبِعُونِ ۚ هَٰذَا صِرَاطٌ مُّسْتَقِيمٌ (61) En hierdie openbaring is sekerlik kennis van die Uur; twyfel dus nie daaraan nie, en volg My. Dit is die regte weg |
وَلَا يَصُدَّنَّكُمُ الشَّيْطَانُ ۖ إِنَّهُ لَكُمْ عَدُوٌّ مُّبِينٌ (62) En laat die duiwel julle nie verhinder nie; voorwaar, hy is vir julle ’n openlike vyand |
وَلَمَّا جَاءَ عِيسَىٰ بِالْبَيِّنَاتِ قَالَ قَدْ جِئْتُكُم بِالْحِكْمَةِ وَلِأُبَيِّنَ لَكُم بَعْضَ الَّذِي تَخْتَلِفُونَ فِيهِ ۖ فَاتَّقُوا اللَّهَ وَأَطِيعُونِ (63) En toe Jesus met duidelike bewyse gekom het, het hy gesê: Ek het inderdaad met wysheid na julle gekom om aan julle ’n verduideliking te gee van dít waaroor julle onderling verskil. Wees dus bewus van Allah en gehoorsaam my |
إِنَّ اللَّهَ هُوَ رَبِّي وَرَبُّكُمْ فَاعْبُدُوهُ ۚ هَٰذَا صِرَاطٌ مُّسْتَقِيمٌ (64) Voorwaar, Allah is my Heer en julle Heer. Dien Hom daarom. Dit is die regte weg |
فَاخْتَلَفَ الْأَحْزَابُ مِن بَيْنِهِمْ ۖ فَوَيْلٌ لِّلَّذِينَ ظَلَمُوا مِنْ عَذَابِ يَوْمٍ أَلِيمٍ (65) Maar baie groepe onder hulle was onenig. Wee dan diegene wat kwaad gedoen het, weens die straf van ’n smartlike Dag |
هَلْ يَنظُرُونَ إِلَّا السَّاعَةَ أَن تَأْتِيَهُم بَغْتَةً وَهُمْ لَا يَشْعُرُونَ (66) Wag hulle dan slegs vir die Uur wat plotseling oor hulle sal kom terwyl hulle dit nie besef nie |
الْأَخِلَّاءُ يَوْمَئِذٍ بَعْضُهُمْ لِبَعْضٍ عَدُوٌّ إِلَّا الْمُتَّقِينَ (67) Vriende sal op daardie Dag vyande van mekaar wees, behalwe die godvresendes |
يَا عِبَادِ لَا خَوْفٌ عَلَيْكُمُ الْيَوْمَ وَلَا أَنتُمْ تَحْزَنُونَ (68) O My dienaars! Julle sal op hierdie Dag nie vrees nie, nóg sal julle treur |
الَّذِينَ آمَنُوا بِآيَاتِنَا وَكَانُوا مُسْلِمِينَ (69) Diegene wat in Ons tekens geglo het en hulle aan Ons onderdanig gemaak het |
ادْخُلُوا الْجَنَّةَ أَنتُمْ وَأَزْوَاجُكُمْ تُحْبَرُونَ (70) gaan die Paradys binne ~ julle en julle eggenotes ~ en wees gelukkig |
يُطَافُ عَلَيْهِم بِصِحَافٍ مِّن ذَهَبٍ وَأَكْوَابٍ ۖ وَفِيهَا مَا تَشْتَهِيهِ الْأَنفُسُ وَتَلَذُّ الْأَعْيُنُ ۖ وَأَنتُمْ فِيهَا خَالِدُونَ (71) Daar sal goue skottels en drinkbekers na hulle rondgestuur word, en daarin sal dít wees waarna die siele verlang en wat die oë behaag. En julle sal daar bly |
وَتِلْكَ الْجَنَّةُ الَّتِي أُورِثْتُمُوهَا بِمَا كُنتُمْ تَعْمَلُونَ (72) En dít is die Tuin wat julle toegelaat sal word om te erf, as beloning vir julle dade |
لَكُمْ فِيهَا فَاكِهَةٌ كَثِيرَةٌ مِّنْهَا تَأْكُلُونَ (73) Daarin is vir julle ’n oorvloed van vrugte waarvan julle kan eet |
إِنَّ الْمُجْرِمِينَ فِي عَذَابِ جَهَنَّمَ خَالِدُونَ (74) Die misdadigers sal gewis in die Vuur van die Hel bly woon |
لَا يُفَتَّرُ عَنْهُمْ وَهُمْ فِيهِ مُبْلِسُونَ (75) En dit sal vir hulle nie ligter gemaak word nie, en hulle sal daarin wanhopig word |
وَمَا ظَلَمْنَاهُمْ وَلَٰكِن كَانُوا هُمُ الظَّالِمِينَ (76) En Ons het hulle geen onreg aangedoen nie, maar hulle was self die kwaaddoeners |
وَنَادَوْا يَا مَالِكُ لِيَقْضِ عَلَيْنَا رَبُّكَ ۖ قَالَ إِنَّكُم مَّاكِثُونَ (77) En hulle sal tot die engel van die Hel skreeu: O Maaliek! Laat u Heer ’n einde aan ons maak. Hy sal antwoord: Julle sal hier bly |
لَقَدْ جِئْنَاكُم بِالْحَقِّ وَلَٰكِنَّ أَكْثَرَكُمْ لِلْحَقِّ كَارِهُونَ (78) Ons het julle sekerlik die Waarheid gebring, maar die meeste van julle is daarvan afkerig |
أَمْ أَبْرَمُوا أَمْرًا فَإِنَّا مُبْرِمُونَ (79) Of het hulle ’n saak besluit? Maar dit is Ons wat sake besluit |
أَمْ يَحْسَبُونَ أَنَّا لَا نَسْمَعُ سِرَّهُمْ وَنَجْوَاهُم ۚ بَلَىٰ وَرُسُلُنَا لَدَيْهِمْ يَكْتُبُونَ (80) Of dink hulle dat Ons nie hulle geheime en hulle private beraad- slagings hoor nie? Ja, seker! Ons boodskappers by hulle skrywe alles op |
قُلْ إِن كَانَ لِلرَّحْمَٰنِ وَلَدٌ فَأَنَا أَوَّلُ الْعَابِدِينَ (81) Sê: Die Barmhartige het geen seun nie; daarom is ek een van die vernaamste aanbidders van God |
سُبْحَانَ رَبِّ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ رَبِّ الْعَرْشِ عَمَّا يَصِفُونَ (82) Verhewe is die Heer van die hemele en die aarde, die Heer van die troon van Mag, bo alles wat hulle beskryf |
فَذَرْهُمْ يَخُوضُوا وَيَلْعَبُوا حَتَّىٰ يُلَاقُوا يَوْمَهُمُ الَّذِي يُوعَدُونَ (83) Laat hulle maar praat en hulself vermaak, tot op die Dag wat aan hulle belowe is |
وَهُوَ الَّذِي فِي السَّمَاءِ إِلَٰهٌ وَفِي الْأَرْضِ إِلَٰهٌ ۚ وَهُوَ الْحَكِيمُ الْعَلِيمُ (84) En dit is Hy wat God in die hemel en God op die aarde is. En Hy is die Allerwyse, die Alleswetende |
وَتَبَارَكَ الَّذِي لَهُ مُلْكُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ وَمَا بَيْنَهُمَا وَعِندَهُ عِلْمُ السَّاعَةِ وَإِلَيْهِ تُرْجَعُونَ (85) En geseënd is Hy, aan wie die koninkryk van die hemele en die aarde, en alles wat daartussen is, behoort; en by Hom is die kennis van die Uur, en tot Hom sal julle teruggebring word |
وَلَا يَمْلِكُ الَّذِينَ يَدْعُونَ مِن دُونِهِ الشَّفَاعَةَ إِلَّا مَن شَهِدَ بِالْحَقِّ وَهُمْ يَعْلَمُونَ (86) En diegene wat hulle buiten Hom aanroep, kan nie vir hulle bemiddel nie, behalwe hy wat van die Waarheid getuienis aflê, en hulle ken hom |
وَلَئِن سَأَلْتَهُم مَّنْ خَلَقَهُمْ لَيَقُولُنَّ اللَّهُ ۖ فَأَنَّىٰ يُؤْفَكُونَ (87) En as u hulle sou vra wie hulle geskape het, sal hulle sê: Allah. Waarom draai hulle dan weg |
وَقِيلِهِ يَا رَبِّ إِنَّ هَٰؤُلَاءِ قَوْمٌ لَّا يُؤْمِنُونَ (88) En sy uitroep is: O my Heer! Dit is ’n volk wat nie glo nie |
فَاصْفَحْ عَنْهُمْ وَقُلْ سَلَامٌ ۚ فَسَوْفَ يَعْلَمُونَ (89) Draai dan weg van hulle, en sê: Vrede! Hulle sal dit weldra te wete kom |