حم (1) Gaa-Miem |
تَنزِيلُ الْكِتَابِ مِنَ اللَّهِ الْعَزِيزِ الْحَكِيمِ (2) Die openbaring van hierdie Boek kom van Allah, die Allermagtige, die Allerwyse |
مَا خَلَقْنَا السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ وَمَا بَيْنَهُمَا إِلَّا بِالْحَقِّ وَأَجَلٍ مُّسَمًّى ۚ وَالَّذِينَ كَفَرُوا عَمَّا أُنذِرُوا مُعْرِضُونَ (3) Ons het die hemele en die aarde, en wat daartussen is, nie anders nie as in waarheid geskape, en vir ’n vasgestelde termyn. En die ongelowiges draai weg van die dinge waarmee hulle gewaarsku word |
قُلْ أَرَأَيْتُم مَّا تَدْعُونَ مِن دُونِ اللَّهِ أَرُونِي مَاذَا خَلَقُوا مِنَ الْأَرْضِ أَمْ لَهُمْ شِرْكٌ فِي السَّمَاوَاتِ ۖ ائْتُونِي بِكِتَابٍ مِّن قَبْلِ هَٰذَا أَوْ أَثَارَةٍ مِّنْ عِلْمٍ إِن كُنتُمْ صَادِقِينَ (4) Sê: Het julle oorweeg wat julle buiten Allah aanroep? Wys my watter deel hulle van die aarde geskape het. Of het hulle ’n aandeel in die hemele? Bring my ’n Boek vóór hierdie een, of enige oorblyfsels van kennis, indien julle opreg is |
وَمَنْ أَضَلُّ مِمَّن يَدْعُو مِن دُونِ اللَّهِ مَن لَّا يَسْتَجِيبُ لَهُ إِلَىٰ يَوْمِ الْقِيَامَةِ وَهُمْ عَن دُعَائِهِمْ غَافِلُونَ (5) En wie is verder afgedwaal as hy wat buiten Allah sulkes aanroep wat hom tot die Dag van Opstanding nooit sal antwoord nie, en terwyl hulle onbewus is omtrent hulle aanroep |
وَإِذَا حُشِرَ النَّاسُ كَانُوا لَهُمْ أَعْدَاءً وَكَانُوا بِعِبَادَتِهِمْ كَافِرِينَ (6) En wanneer die mense bymekaar versamel word, sal hierdie dinge hulle vyande word en hulle aanbidding ontken |
وَإِذَا تُتْلَىٰ عَلَيْهِمْ آيَاتُنَا بَيِّنَاتٍ قَالَ الَّذِينَ كَفَرُوا لِلْحَقِّ لَمَّا جَاءَهُمْ هَٰذَا سِحْرٌ مُّبِينٌ (7) En wanneer Ons duidelike tekens aan hulle voorgedra word, sê die ongelowiges aangaande die waarheid wanneer dit tot hulle kom: dit is klaarblyklike towerkuns |
أَمْ يَقُولُونَ افْتَرَاهُ ۖ قُلْ إِنِ افْتَرَيْتُهُ فَلَا تَمْلِكُونَ لِي مِنَ اللَّهِ شَيْئًا ۖ هُوَ أَعْلَمُ بِمَا تُفِيضُونَ فِيهِ ۖ كَفَىٰ بِهِ شَهِيدًا بَيْنِي وَبَيْنَكُمْ ۖ وَهُوَ الْغَفُورُ الرَّحِيمُ (8) Nee, hulle sê: Hy het dit versin. Sê: As ek dit versin het, dan beheer julle tog niks vir my van Allah nie. Hy weet goed wat julle daaromtrent sê. Hy is voldoende as Getuie tussen julle en my. En Hy is die Vergewensgesinde, die Genadige |
قُلْ مَا كُنتُ بِدْعًا مِّنَ الرُّسُلِ وَمَا أَدْرِي مَا يُفْعَلُ بِي وَلَا بِكُمْ ۖ إِنْ أَتَّبِعُ إِلَّا مَا يُوحَىٰ إِلَيَّ وَمَا أَنَا إِلَّا نَذِيرٌ مُّبِينٌ (9) Sê: Ek is nie die eerste van die boodskappers nie, en ek weet nie wat met my of met julle sal gebeur nie. Ek volg niks anders as wat aan my geopenbaar is nie, en ek is slegs ’n duidelike waarskuwer |
قُلْ أَرَأَيْتُمْ إِن كَانَ مِنْ عِندِ اللَّهِ وَكَفَرْتُم بِهِ وَشَهِدَ شَاهِدٌ مِّن بَنِي إِسْرَائِيلَ عَلَىٰ مِثْلِهِ فَآمَنَ وَاسْتَكْبَرْتُمْ ۖ إِنَّ اللَّهَ لَا يَهْدِي الْقَوْمَ الظَّالِمِينَ (10) Sê: Kyk, as dit van Allah is, en julle glo nie daarin nie, en ’n getuie onder die Kinders van Israel2 het getuienis afgelê van iemand gelyk aan hom, dus het hy geglo terwyl julle vol hoogmoed is; voorwaar, Allah lei nie die onregverdige volk nie |
وَقَالَ الَّذِينَ كَفَرُوا لِلَّذِينَ آمَنُوا لَوْ كَانَ خَيْرًا مَّا سَبَقُونَا إِلَيْهِ ۚ وَإِذْ لَمْ يَهْتَدُوا بِهِ فَسَيَقُولُونَ هَٰذَا إِفْكٌ قَدِيمٌ (11) En hulle wat nie glo nie, sê van diegene wat glo: Indien dit iets goeds was, sou hulle dit nie vóór ons verkry het nie. Maar omdat hulle nie daardeur gelei word nie, sê hulle: Dit is ’n ou leuen |
وَمِن قَبْلِهِ كِتَابُ مُوسَىٰ إِمَامًا وَرَحْمَةً ۚ وَهَٰذَا كِتَابٌ مُّصَدِّقٌ لِّسَانًا عَرَبِيًّا لِّيُنذِرَ الَّذِينَ ظَلَمُوا وَبُشْرَىٰ لِلْمُحْسِنِينَ (12) En vóór dit was die Boek van Moses ’n leiding en ’n genade. En hier is ’n Boek wat dit in die Arabiese taal bevestig, om die kwaaddoeners te waarsku, en om as goeie nuus te dien vir die weldoeners |
إِنَّ الَّذِينَ قَالُوا رَبُّنَا اللَّهُ ثُمَّ اسْتَقَامُوا فَلَا خَوْفٌ عَلَيْهِمْ وَلَا هُمْ يَحْزَنُونَ (13) Voorwaar, hulle wat sê: Ons Heer is Allah, en dan op die regte weg volhard, oor hulle sal daar geen verskrikking kom nie, nóg sal hulle treur |
أُولَٰئِكَ أَصْحَابُ الْجَنَّةِ خَالِدِينَ فِيهَا جَزَاءً بِمَا كَانُوا يَعْمَلُونَ (14) Hulle is die bewoners van die Paradys, en daarin sal hulle bly as ’n beloning vir wat hulle gedoen het |
وَوَصَّيْنَا الْإِنسَانَ بِوَالِدَيْهِ إِحْسَانًا ۖ حَمَلَتْهُ أُمُّهُ كُرْهًا وَوَضَعَتْهُ كُرْهًا ۖ وَحَمْلُهُ وَفِصَالُهُ ثَلَاثُونَ شَهْرًا ۚ حَتَّىٰ إِذَا بَلَغَ أَشُدَّهُ وَبَلَغَ أَرْبَعِينَ سَنَةً قَالَ رَبِّ أَوْزِعْنِي أَنْ أَشْكُرَ نِعْمَتَكَ الَّتِي أَنْعَمْتَ عَلَيَّ وَعَلَىٰ وَالِدَيَّ وَأَنْ أَعْمَلَ صَالِحًا تَرْضَاهُ وَأَصْلِحْ لِي فِي ذُرِّيَّتِي ۖ إِنِّي تُبْتُ إِلَيْكَ وَإِنِّي مِنَ الْمُسْلِمِينَ (15) En Ons het dit aan die mens opgedra om aan sy ouers goed te doen. Sy moeder dra hom met ongemak en sy baar hom met smart. En sy drag en sy soogtyd neem altesaam dertig maande in beslag; totdat hy, wanneer hy mondigheid bereik en veertig jaar word, sê: My Heer! Stel my in staat om dankbaar te wees vir die guns wat U aan my en aan my ouers bewys het, en dat ek kan doen wat U sal behaag; en wees my nakomelinge goed- gesind. Waarlik, ek bekeer my tot U, en waarlik, ek is een van die onderdaniges |
أُولَٰئِكَ الَّذِينَ نَتَقَبَّلُ عَنْهُمْ أَحْسَنَ مَا عَمِلُوا وَنَتَجَاوَزُ عَن سَيِّئَاتِهِمْ فِي أَصْحَابِ الْجَنَّةِ ۖ وَعْدَ الصِّدْقِ الَّذِي كَانُوا يُوعَدُونَ (16) Hulle is diegene wie se beste dade deur Ons aanvaar sal word, en wie se bose dade oor die hoof gesien sal word. Hulle sal onder |
وَالَّذِي قَالَ لِوَالِدَيْهِ أُفٍّ لَّكُمَا أَتَعِدَانِنِي أَنْ أُخْرَجَ وَقَدْ خَلَتِ الْقُرُونُ مِن قَبْلِي وَهُمَا يَسْتَغِيثَانِ اللَّهَ وَيْلَكَ آمِنْ إِنَّ وَعْدَ اللَّهِ حَقٌّ فَيَقُولُ مَا هَٰذَا إِلَّا أَسَاطِيرُ الْأَوَّلِينَ (17) En hy wat aan sy ouers sê: Foei, julle albei! Dreig julle my dat ek weer opgewek sal word, terwyl geslagte reeds vóór my heengegaan het? En hulle albei roep tot Allah om hulp: Wee u! Glo! Sekerlik is die belofte van Allah waar. Maar hy sê: Dit is niks anders as stories van die ou volke nie |
أُولَٰئِكَ الَّذِينَ حَقَّ عَلَيْهِمُ الْقَوْلُ فِي أُمَمٍ قَدْ خَلَتْ مِن قَبْلِهِم مِّنَ الْجِنِّ وَالْإِنسِ ۖ إِنَّهُمْ كَانُوا خَاسِرِينَ (18) Dit is teen hulle dat die woord bewaarheid word onder die volke van die djien, en die mense wat vóór hulle heengegaan het. Hulle sal sekerlik die verloorders wees |
وَلِكُلٍّ دَرَجَاتٌ مِّمَّا عَمِلُوا ۖ وَلِيُوَفِّيَهُمْ أَعْمَالَهُمْ وَهُمْ لَا يُظْلَمُونَ (19) En vir almal is daar grade ooreenkomstig hulle dade, sodat Hy hulle vergeld vir wat hulle gedoen het en sodat hulle geen onreg aangedoen sal word nie |
وَيَوْمَ يُعْرَضُ الَّذِينَ كَفَرُوا عَلَى النَّارِ أَذْهَبْتُمْ طَيِّبَاتِكُمْ فِي حَيَاتِكُمُ الدُّنْيَا وَاسْتَمْتَعْتُم بِهَا فَالْيَوْمَ تُجْزَوْنَ عَذَابَ الْهُونِ بِمَا كُنتُمْ تَسْتَكْبِرُونَ فِي الْأَرْضِ بِغَيْرِ الْحَقِّ وَبِمَا كُنتُمْ تَفْسُقُونَ (20) En op die Dag wanneer die ongelowiges voor die Vuur gebring sal word, sal daar aan hulle gesê word: Julle het julle goeie dinge in julle lewe op aarde uitgebuit en julle het dit geniet; daarom word julle Vandag met ’n vernederende straf beloon omdat julle uitermate arrogant op die aarde was, en omdat julle teen Allah se wette was |
۞ وَاذْكُرْ أَخَا عَادٍ إِذْ أَنذَرَ قَوْمَهُ بِالْأَحْقَافِ وَقَدْ خَلَتِ النُّذُرُ مِن بَيْنِ يَدَيْهِ وَمِنْ خَلْفِهِ أَلَّا تَعْبُدُوا إِلَّا اللَّهَ إِنِّي أَخَافُ عَلَيْكُمْ عَذَابَ يَوْمٍ عَظِيمٍ (21) En dink aan die broer van Aad, toe hy sy volk in die sandduine gewaarsku het ~ en inderdaad het waarskuwers vóór hom en ná hom verskyn ~: Dien niemand buiten Allah nie. Voorwaar, ek vrees namens julle die straf van ’n griewende Dag |
قَالُوا أَجِئْتَنَا لِتَأْفِكَنَا عَنْ آلِهَتِنَا فَأْتِنَا بِمَا تَعِدُنَا إِن كُنتَ مِنَ الصَّادِقِينَ (22) Hulle het gesê: Het u tot ons gekom om ons van ons gode af te rokkel? Toon ons dan dít waarmee u ons dreig, indien u opreg is |
قَالَ إِنَّمَا الْعِلْمُ عِندَ اللَّهِ وَأُبَلِّغُكُم مَّا أُرْسِلْتُ بِهِ وَلَٰكِنِّي أَرَاكُمْ قَوْمًا تَجْهَلُونَ (23) Hy het gesê: Die kennis daarvan is slegs by Allah, en ek lewer aan julle dít waarmee ek gestuur is, maar ek sien dat julle ’n onkundige volk is |
فَلَمَّا رَأَوْهُ عَارِضًا مُّسْتَقْبِلَ أَوْدِيَتِهِمْ قَالُوا هَٰذَا عَارِضٌ مُّمْطِرُنَا ۚ بَلْ هُوَ مَا اسْتَعْجَلْتُم بِهِ ۖ رِيحٌ فِيهَا عَذَابٌ أَلِيمٌ (24) En toe hulle dit gesien het ~ ’n wolk wat na hulle valleie aangekom het ~ het hulle gesê: Dit is ’n wolk wat vir ons reën bring. Hy het gesê: Nee, dit is wat julle gewens het om te verhaas, ’n wind waarin ’n pynlike straf is |
تُدَمِّرُ كُلَّ شَيْءٍ بِأَمْرِ رَبِّهَا فَأَصْبَحُوا لَا يُرَىٰ إِلَّا مَسَاكِنُهُمْ ۚ كَذَٰلِكَ نَجْزِي الْقَوْمَ الْمُجْرِمِينَ (25) wat deur die gebod van sy Heer vernietig. Dus by dagbreek kon daar niks gesien word nie, behalwe hulle wonings. So beloon Ons die misdadige volk |
وَلَقَدْ مَكَّنَّاهُمْ فِيمَا إِن مَّكَّنَّاكُمْ فِيهِ وَجَعَلْنَا لَهُمْ سَمْعًا وَأَبْصَارًا وَأَفْئِدَةً فَمَا أَغْنَىٰ عَنْهُمْ سَمْعُهُمْ وَلَا أَبْصَارُهُمْ وَلَا أَفْئِدَتُهُم مِّن شَيْءٍ إِذْ كَانُوا يَجْحَدُونَ بِآيَاتِ اللَّهِ وَحَاقَ بِهِم مَّا كَانُوا بِهِ يَسْتَهْزِئُونَ (26) En voorwaar, Ons het aan hulle gesag verleen in sake wat Ons nie aan julle verleen het nie, en Ons het hulle ore en oë en harte gegee, maar nóg hulle ore, nóg hulle oë, nóg hulle harte het hulle enigsins gebaat, omdat hulle die tekens van Allah verloën het. En waarmee hulle gespot het, het hulle omring |
وَلَقَدْ أَهْلَكْنَا مَا حَوْلَكُم مِّنَ الْقُرَىٰ وَصَرَّفْنَا الْآيَاتِ لَعَلَّهُمْ يَرْجِعُونَ (27) En sekerlik het Ons die stede in julle omstreke vernietig, en Ons herhaal die tekens sodat hulle hul kan bekeer |
فَلَوْلَا نَصَرَهُمُ الَّذِينَ اتَّخَذُوا مِن دُونِ اللَّهِ قُرْبَانًا آلِهَةً ۖ بَلْ ضَلُّوا عَنْهُمْ ۚ وَذَٰلِكَ إِفْكُهُمْ وَمَا كَانُوا يَفْتَرُونَ (28) Waarom dan het diegene wat hulle as gode buiten Allah geneem het om hulle naby Hom te bring, hulle nie gehelp nie? Nee, dié het hulle in die steek gelaat. En dit was net hulle leuens en hulle versinsels |
وَإِذْ صَرَفْنَا إِلَيْكَ نَفَرًا مِّنَ الْجِنِّ يَسْتَمِعُونَ الْقُرْآنَ فَلَمَّا حَضَرُوهُ قَالُوا أَنصِتُوا ۖ فَلَمَّا قُضِيَ وَلَّوْا إِلَىٰ قَوْمِهِم مُّنذِرِينَ (29) En toe Ons ’n aantal van die djien na u laat kom het, wat die Qur’ãn aangeluister het; en toe hulle in u aanwesigheid was, het hulle gesê: Bly stil; en toe dit klaar was, het hulle na hul volk teruggekeer en hulle gewaarsku |
قَالُوا يَا قَوْمَنَا إِنَّا سَمِعْنَا كِتَابًا أُنزِلَ مِن بَعْدِ مُوسَىٰ مُصَدِّقًا لِّمَا بَيْنَ يَدَيْهِ يَهْدِي إِلَى الْحَقِّ وَإِلَىٰ طَرِيقٍ مُّسْتَقِيمٍ (30) Hulle het gesê: O ons volk! Ons het ’n Boek gehoor wat ná Moses geopenbaar is, wat alles bevestig wat dit voorafgegaan het, en dit lei na die Waarheid en na die regte weg |
يَا قَوْمَنَا أَجِيبُوا دَاعِيَ اللَّهِ وَآمِنُوا بِهِ يَغْفِرْ لَكُم مِّن ذُنُوبِكُمْ وَيُجِرْكُم مِّنْ عَذَابٍ أَلِيمٍ (31) O ons volk! Aanvaar die Uitnodiging van Allah, en glo in Hom. Hy sal sommige van julle sondes vergewe en Hy sal julle teen ’n pynlike straf beskerm |
وَمَن لَّا يُجِبْ دَاعِيَ اللَّهِ فَلَيْسَ بِمُعْجِزٍ فِي الْأَرْضِ وَلَيْسَ لَهُ مِن دُونِهِ أَوْلِيَاءُ ۚ أُولَٰئِكَ فِي ضَلَالٍ مُّبِينٍ (32) En wie nie die Uitnodiging tot Allah aanvaar nie, kan nie uit die aarde ontsnap nie, nóg sal hy beskermers buiten Hom hê. Om so te dink is klaarblyklike dwaling |
أَوَلَمْ يَرَوْا أَنَّ اللَّهَ الَّذِي خَلَقَ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ وَلَمْ يَعْيَ بِخَلْقِهِنَّ بِقَادِرٍ عَلَىٰ أَن يُحْيِيَ الْمَوْتَىٰ ۚ بَلَىٰ إِنَّهُ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (33) Sien hulle nie dat Allah, wat die hemele en die aarde geskape het en nie moeg was as gevolg van hulle skepping nie, die mag het om die dooie te laat herlewe nie? Ja, inderdaad, Hy het mag oor alle dinge |
وَيَوْمَ يُعْرَضُ الَّذِينَ كَفَرُوا عَلَى النَّارِ أَلَيْسَ هَٰذَا بِالْحَقِّ ۖ قَالُوا بَلَىٰ وَرَبِّنَا ۚ قَالَ فَذُوقُوا الْعَذَابَ بِمَا كُنتُمْ تَكْفُرُونَ (34) En op die Dag wanneer die ongelowiges aan die Vuur blootgestel sal word, sal daar gesê word: Is dít nie waar nie? Hulle sal sê: Ja, seker, by ons Heer. Hy sal sê: Smaak dan die straf, omdat julle nie geglo het nie |
فَاصْبِرْ كَمَا صَبَرَ أُولُو الْعَزْمِ مِنَ الرُّسُلِ وَلَا تَسْتَعْجِل لَّهُمْ ۚ كَأَنَّهُمْ يَوْمَ يَرَوْنَ مَا يُوعَدُونَ لَمْ يَلْبَثُوا إِلَّا سَاعَةً مِّن نَّهَارٍ ۚ بَلَاغٌ ۚ فَهَلْ يُهْلَكُ إِلَّا الْقَوْمُ الْفَاسِقُونَ (35) Wees daarom geduldig, soos die manne van vasberadenheid ~ die boodskappers ~ geduld gehad het, en vra nie dat hulle verdoemenis verhaas word nie. Op die Dag wanneer hulle sien waarmee hulle bedreig word, sal dit wees asof hulle skaars ’n uur van die dag vertoef het. die aflewering is u taak. Sal iemand dan vernietig word behalwe die sondaars |