| لَا أُقْسِمُ بِيَوْمِ الْقِيَامَةِ (1) Ek sweer by die Dag van Herrysenis
 | 
| وَلَا أُقْسِمُ بِالنَّفْسِ اللَّوَّامَةِ (2) Ek sweer by die siel wat homself beskuldig
 | 
| أَيَحْسَبُ الْإِنسَانُ أَلَّن نَّجْمَعَ عِظَامَهُ (3) Dink die mens dat Ons nie sy beendere bymekaar sal versamel nie
 | 
| بَلَىٰ قَادِرِينَ عَلَىٰ أَن نُّسَوِّيَ بَنَانَهُ (4) Ja, seker! Ons het die Mag om hom geheel en al te herstel
 | 
| بَلْ يُرِيدُ الْإِنسَانُ لِيَفْجُرَ أَمَامَهُ (5) Nee! Die mens begeer altyd om homself skade aan te doen
 | 
| يَسْأَلُ أَيَّانَ يَوْمُ الْقِيَامَةِ (6) Hy vra: Wanneer is die Dag van Herrysenis
 | 
| فَإِذَا بَرِقَ الْبَصَرُ (7) Maar as die oog verblind word
 | 
| وَخَسَفَ الْقَمَرُ (8) en die maan verduister sal wees
 | 
| وَجُمِعَ الشَّمْسُ وَالْقَمَرُ (9) en die son en die maan bymekaargebring sal word
 | 
| يَقُولُ الْإِنسَانُ يَوْمَئِذٍ أَيْنَ الْمَفَرُّ (10) op dié Dag sal die mens sê: Waarheen moet ons vlug
 | 
| كَلَّا لَا وَزَرَ (11) Nee! Daar is geen skuiling nie
 | 
| إِلَىٰ رَبِّكَ يَوْمَئِذٍ الْمُسْتَقَرُّ (12) Slegs by u Heer sal daar op daardie Dag ’n rusplek wees
 | 
| يُنَبَّأُ الْإِنسَانُ يَوْمَئِذٍ بِمَا قَدَّمَ وَأَخَّرَ (13) Die mens sal op dié Dag ingelig word oor wat hy vooruitgestuur of agtergelaat het
 | 
| بَلِ الْإِنسَانُ عَلَىٰ نَفْسِهِ بَصِيرَةٌ (14) Nee, die mens is getuie teen homself
 | 
| وَلَوْ أَلْقَىٰ مَعَاذِيرَهُ (15) hoewel hy verontskuldiging sal aanbied
 | 
| لَا تُحَرِّكْ بِهِ لِسَانَكَ لِتَعْجَلَ بِهِ (16) O Moegammad, beweeg nie u tong daartoe om haastige woorde te sê nie
 | 
| إِنَّ عَلَيْنَا جَمْعَهُ وَقُرْآنَهُ (17) Voorwaar, die versameling en verkondiging daarvan rus op Ons
 | 
| فَإِذَا قَرَأْنَاهُ فَاتَّبِعْ قُرْآنَهُ (18) Daarom, wanneer Ons dit voordra, volg dan die voordrag
 | 
| ثُمَّ إِنَّ عَلَيْنَا بَيَانَهُ (19) Daarna rus die verklaring daarvan op Ons
 | 
| كَلَّا بَلْ تُحِبُّونَ الْعَاجِلَةَ (20) Nee, maar julle het die teenswoordige lewe lief
 | 
| وَتَذَرُونَ الْآخِرَةَ (21) en julle gee die Hiernamaals prys
 | 
| وُجُوهٌ يَوْمَئِذٍ نَّاضِرَةٌ (22) Op dié Dag sal sommige gesigte helder wees
 | 
| إِلَىٰ رَبِّهَا نَاظِرَةٌ (23) en opsien na hulle Heer
 | 
| وَوُجُوهٌ يَوْمَئِذٍ بَاسِرَةٌ (24) En ander se gesigte sal op dié Dag somber wees
 | 
| تَظُنُّ أَن يُفْعَلَ بِهَا فَاقِرَةٌ (25) wetende dat ’n vreeslike ramp spoedig oor hulle sal kom
 | 
| كَلَّا إِذَا بَلَغَتِ التَّرَاقِيَ (26) Nee! As die siel van die sterwende tot die keel sal opstyg
 | 
| وَقِيلَ مَنْ ۜ رَاقٍ (27) en daar gesê word: Wie sal saam daarmee opstyg
 | 
| وَظَنَّ أَنَّهُ الْفِرَاقُ (28) en hy besef dat dit waarlik die skeiding is
 | 
| وَالْتَفَّتِ السَّاقُ بِالسَّاقِ (29) en kwelling by kwelling gevoeg word
 | 
| إِلَىٰ رَبِّكَ يَوْمَئِذٍ الْمَسَاقُ (30) tot u Heer is die versameling op daardie Dag
 | 
| فَلَا صَدَّقَ وَلَا صَلَّىٰ (31) Want die mens het die Waarheid nie aangeneem nie, nóg het hy gebid
 | 
| وَلَٰكِن كَذَّبَ وَتَوَلَّىٰ (32) dog hy het die profeet verloën en homself afgewend
 | 
| ثُمَّ ذَهَبَ إِلَىٰ أَهْلِهِ يَتَمَطَّىٰ (33) daarna het hy trots na sy volk teruggekeer
 | 
| أَوْلَىٰ لَكَ فَأَوْلَىٰ (34) Wee u! Wee dus oor u
 | 
| ثُمَّ أَوْلَىٰ لَكَ فَأَوْلَىٰ (35) Nogmaals, wee u, en nog eens wee
 | 
| أَيَحْسَبُ الْإِنسَانُ أَن يُتْرَكَ سُدًى (36) Dink die mens dat hy doelloos gelaat sal word
 | 
| أَلَمْ يَكُ نُطْفَةً مِّن مَّنِيٍّ يُمْنَىٰ (37) Was hy nie ’n klein sperm, in water uitgestort nie
 | 
| ثُمَّ كَانَ عَلَقَةً فَخَلَقَ فَسَوَّىٰ (38) Daarna was hy ’n bloedstolsel, en daarna het Hy hom gevorm en vervolmaak
 | 
| فَجَعَلَ مِنْهُ الزَّوْجَيْنِ الذَّكَرَ وَالْأُنثَىٰ (39) Toe het Hy van die embrio twee soorte gemaak: die manlike en vroulike geslag
 | 
| أَلَيْسَ ذَٰلِكَ بِقَادِرٍ عَلَىٰ أَن يُحْيِيَ الْمَوْتَىٰ (40) Is Hy dan nie by magte om die dooie te laat herlewe nie
 |