عَمَّ يَتَسَاءَلُونَ (1) Wat vra hulle vir mekaar |
عَنِ النَّبَإِ الْعَظِيمِ (2) Van die verskriklike aankondiging |
الَّذِي هُمْ فِيهِ مُخْتَلِفُونَ (3) waaromtrent hulle verskil |
كَلَّا سَيَعْلَمُونَ (4) Nee, hulle sal weldra weet |
ثُمَّ كَلَّا سَيَعْلَمُونَ (5) Nee, nogmaals, hulle sal weldra weet |
أَلَمْ نَجْعَلِ الْأَرْضَ مِهَادًا (6) Het Ons nie die aarde wyd gemaak |
وَالْجِبَالَ أَوْتَادًا (7) en die berge soos penne daarop geplaas nie |
وَخَلَقْنَاكُمْ أَزْوَاجًا (8) En Ons het julle in pare geskape |
وَجَعَلْنَا نَوْمَكُمْ سُبَاتًا (9) en aan julle die slaap vir rus geskenk |
وَجَعَلْنَا اللَّيْلَ لِبَاسًا (10) en Ons het die nag soos ’n mantel gemaak |
وَجَعَلْنَا النَّهَارَ مَعَاشًا (11) en die dag om ’n lewensonderhoud in te soek |
وَبَنَيْنَا فَوْقَكُمْ سَبْعًا شِدَادًا (12) Ons het sewe hemele bo-oor julle gestel |
وَجَعَلْنَا سِرَاجًا وَهَّاجًا (13) en ’n skitterende lamp daartussen-in geplaas |
وَأَنزَلْنَا مِنَ الْمُعْصِرَاتِ مَاءً ثَجَّاجًا (14) En Ons stuur stortreën in oorvloed uit die wolke neer |
لِّنُخْرِجَ بِهِ حَبًّا وَنَبَاتًا (15) waarmee Ons graan en plante laat uitspruit |
وَجَنَّاتٍ أَلْفَافًا (16) en weelderige tuine |
إِنَّ يَوْمَ الْفَصْلِ كَانَ مِيقَاتًا (17) Voorwaar, die Dag van Afrekening is reeds bepaal |
يَوْمَ يُنفَخُ فِي الصُّورِ فَتَأْتُونَ أَفْوَاجًا (18) die Dag waarop die basuin geblaas sal word, en julle as ’n skare bymekaar sal kom |
وَفُتِحَتِ السَّمَاءُ فَكَانَتْ أَبْوَابًا (19) en die hemel geopen sal word soos deure |
وَسُيِّرَتِ الْجِبَالُ فَكَانَتْ سَرَابًا (20) en die berge verwyder sal word, en net ’n skynsel daarvan sal oorbly |
إِنَّ جَهَنَّمَ كَانَتْ مِرْصَادًا (21) Voorwaar, die Hel wag soos ’n hinderlaag |
لِّلطَّاغِينَ مَآبًا (22) dis ’n oord vir die opstandiges |
لَّابِثِينَ فِيهَا أَحْقَابًا (23) waarin hulle baie lank sal vertoef |
لَّا يَذُوقُونَ فِيهَا بَرْدًا وَلَا شَرَابًا (24) Hulle sal daarin geen verkwikking hê nie, en geen drank sal oor hulle lippe gaan nie |
إِلَّا حَمِيمًا وَغَسَّاقًا (25) behalwe kokende water en die ekskresie van wondinflamasie nie |
جَزَاءً وِفَاقًا (26) ’n Paslike vergelding |
إِنَّهُمْ كَانُوا لَا يَرْجُونَ حِسَابًا (27) Waarlik, hulle het die Afrekening nie gevrees nie |
وَكَذَّبُوا بِآيَاتِنَا كِذَّابًا (28) en het Ons tekens as leuens verwerp |
وَكُلَّ شَيْءٍ أَحْصَيْنَاهُ كِتَابًا (29) Maar Ons het alles geboekstaaf |
فَذُوقُوا فَلَن نَّزِيدَكُمْ إِلَّا عَذَابًا (30) Neem dit dan, want Ons sal niks daarby voeg nie as net straf |
إِنَّ لِلْمُتَّقِينَ مَفَازًا (31) Voorwaar, daar is ’n beloning vir die godvresendes |
حَدَائِقَ وَأَعْنَابًا (32) Beskutte tuine en wingerde |
وَكَوَاعِبَ أَتْرَابًا (33) en jeugdige, geronde geselle, ewe oud |
وَكَأْسًا دِهَاقًا (34) en ’n gevulde beker |
لَّا يَسْمَعُونَ فِيهَا لَغْوًا وَلَا كِذَّابًا (35) Daarin sal geen ydele gesprek of leuen gehoor word nie |
جَزَاءً مِّن رَّبِّكَ عَطَاءً حِسَابًا (36) ’n beloning van u Heer, ’n toereikende gawe |
رَّبِّ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ وَمَا بَيْنَهُمَا الرَّحْمَٰنِ ۖ لَا يَمْلِكُونَ مِنْهُ خِطَابًا (37) die Heer van die hemele en die aarde en wat daartussen is, die Barmhartige ~ niemand is in staat om Hom aan te spreek nie |
يَوْمَ يَقُومُ الرُّوحُ وَالْمَلَائِكَةُ صَفًّا ۖ لَّا يَتَكَلَّمُونَ إِلَّا مَنْ أَذِنَ لَهُ الرَّحْمَٰنُ وَقَالَ صَوَابًا (38) Die Dag waarop die gees van die mense, en die engele, in rye staan, sal niemand kan praat nie, behalwe diegene aan wie die Barmhartige dit sal gun, en wie se woorde geskik sal wees |
ذَٰلِكَ الْيَوْمُ الْحَقُّ ۖ فَمَن شَاءَ اتَّخَذَ إِلَىٰ رَبِّهِ مَآبًا (39) Daardie is die Ware Dag; laat hom, wat wil toevlug by sy Heer soek |
إِنَّا أَنذَرْنَاكُمْ عَذَابًا قَرِيبًا يَوْمَ يَنظُرُ الْمَرْءُ مَا قَدَّمَتْ يَدَاهُ وَيَقُولُ الْكَافِرُ يَا لَيْتَنِي كُنتُ تُرَابًا (40) Voorwaar, Ons waarsku julle teen ’n straf wat op hande is ~ die Dag waarop die mens sal sien wat hy met sy hande voor- uitgestuur het, en die ongelowiges sal sê: O, was ek maar stof |