اقْتَرَبَ لِلنَّاسِ حِسَابُهُمْ وَهُمْ فِي غَفْلَةٍ مُّعْرِضُونَ (1) Vir die mense het die afrekening reeds naby gekom, en tog draai hulle in agteloosheid weg |
مَا يَأْتِيهِم مِّن ذِكْرٍ مِّن رَّبِّهِم مُّحْدَثٍ إِلَّا اسْتَمَعُوهُ وَهُمْ يَلْعَبُونَ (2) Daar kom geen nuwe Vermaning tot hulle van hulle Heer nie, of hulle luister argeloos daarna |
لَاهِيَةً قُلُوبُهُمْ ۗ وَأَسَرُّوا النَّجْوَى الَّذِينَ ظَلَمُوا هَلْ هَٰذَا إِلَّا بَشَرٌ مِّثْلُكُمْ ۖ أَفَتَأْتُونَ السِّحْرَ وَأَنتُمْ تُبْصِرُونَ (3) En hulle harte is agteloos. En hulle ~ die kwaadstigters ~ beraadslaag in die geheim en sê: Hy is niemand anders nie as ’n gewone sterfling soos julle self ook is; sal julle jul dan aan betowering oorgee terwyl julle dit kan sien |
قَالَ رَبِّي يَعْلَمُ الْقَوْلَ فِي السَّمَاءِ وَالْأَرْضِ ۖ وَهُوَ السَّمِيعُ الْعَلِيمُ (4) Hy het geantwoord: My Heer weet alles wat in die hemele en op die aarde gesê word, en Hy is die Alleshorende, die Alleswetende |
بَلْ قَالُوا أَضْغَاثُ أَحْلَامٍ بَلِ افْتَرَاهُ بَلْ هُوَ شَاعِرٌ فَلْيَأْتِنَا بِآيَةٍ كَمَا أُرْسِلَ الْأَوَّلُونَ (5) Nee, sê hulle: ’n Mengelmoes van drome! Nee, hy het dit versin! Nee, hy is ’n digter! Laat hom dan ’n teken vir ons bring soos dié waarmee die vorige profete gestuur is |
مَا آمَنَتْ قَبْلَهُم مِّن قَرْيَةٍ أَهْلَكْنَاهَا ۖ أَفَهُمْ يُؤْمِنُونَ (6) Vóór hulle het geen stad wat vernietig is, geglo nie; hoe sal húlle dan glo |
وَمَا أَرْسَلْنَا قَبْلَكَ إِلَّا رِجَالًا نُّوحِي إِلَيْهِمْ ۖ فَاسْأَلُوا أَهْلَ الذِّكْرِ إِن كُنتُمْ لَا تَعْلَمُونَ (7) En vóór u het Ons slegs manne gestuur aan wie Ons openbaring gestuur is; vra gerus die volgelinge van die Vermaning, indien julle dit nie weet nie |
وَمَا جَعَلْنَاهُمْ جَسَدًا لَّا يَأْكُلُونَ الطَّعَامَ وَمَا كَانُوا خَالِدِينَ (8) Ons het ook nie aan hulle liggame gegee wat voedsel nie nodig het nie, en hulle was ook nie onsterflik nie |
ثُمَّ صَدَقْنَاهُمُ الْوَعْدَ فَأَنجَيْنَاهُمْ وَمَن نَّشَاءُ وَأَهْلَكْنَا الْمُسْرِفِينَ (9) So het Ons Ons beloftes gestand gedoen, en Ons het hulle gered en ook almal wat Ons wou; en Ons het die buitensporiges ver- delg |
لَقَدْ أَنزَلْنَا إِلَيْكُمْ كِتَابًا فِيهِ ذِكْرُكُمْ ۖ أَفَلَا تَعْقِلُونَ (10) Ons het inderdaad ’n Boek aan julle geopenbaar waardeur julle aansien kan verwerf. Verstaan julle dan nie |
وَكَمْ قَصَمْنَا مِن قَرْيَةٍ كَانَتْ ظَالِمَةً وَأَنشَأْنَا بَعْدَهَا قَوْمًا آخَرِينَ (11) En hoeveel stede wat vol van onregverdigheid was, het Ons vernietig! En daarna het Ons ’n ander volk verwek |
فَلَمَّا أَحَسُّوا بَأْسَنَا إِذَا هُم مِّنْهَا يَرْكُضُونَ (12) En toe hulle Ons Mag ondervind het, kyk! toe het hulle op die vlug geslaan |
لَا تَرْكُضُوا وَارْجِعُوا إِلَىٰ مَا أُتْرِفْتُمْ فِيهِ وَمَسَاكِنِكُمْ لَعَلَّكُمْ تُسْأَلُونَ (13) Moenie vlug nie, en keer terug tot julle maklike leefwyse waaraan julle gewoond was, en na julle wonings, sodat julle ondervra kan word |
قَالُوا يَا وَيْلَنَا إِنَّا كُنَّا ظَالِمِينَ (14) Hulle het geantwoord: O wee ons! Waarlik, ons was onreg- verdig |
فَمَا زَالَت تِّلْكَ دَعْوَاهُمْ حَتَّىٰ جَعَلْنَاهُمْ حَصِيدًا خَامِدِينَ (15) En hierdie uitroep van hulle het nie opgehou nie totdat Ons hulle afgesny, uitgewis het |
وَمَا خَلَقْنَا السَّمَاءَ وَالْأَرْضَ وَمَا بَيْنَهُمَا لَاعِبِينَ (16) En Ons het nie die hemel en die aarde en wat tussen hulle is, as ’n grap geskape nie |
لَوْ أَرَدْنَا أَن نَّتَّخِذَ لَهْوًا لَّاتَّخَذْنَاهُ مِن لَّدُنَّا إِن كُنَّا فَاعِلِينَ (17) As Ons daarvan ’n spel wou maak, sou Ons dit vir Onsself gehou het; maar dít wou Ons nie doen nie |
بَلْ نَقْذِفُ بِالْحَقِّ عَلَى الْبَاطِلِ فَيَدْمَغُهُ فَإِذَا هُوَ زَاهِقٌ ۚ وَلَكُمُ الْوَيْلُ مِمَّا تَصِفُونَ (18) Nee, Ons stel die Waarheid teen die valsheid, sodat dit sy kop kan verbrysel, en kyk! dit verdwyn. En wee julle vir wat julle beskryf |
وَلَهُ مَن فِي السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۚ وَمَنْ عِندَهُ لَا يَسْتَكْبِرُونَ عَنْ عِبَادَتِهِ وَلَا يَسْتَحْسِرُونَ (19) En aan Hom behoort alles wat in die hemele en op die aarde is. En diegene wat saam met Hom is, is nie te trots om Hom te dien nie, of te moeg daarvan nie |
يُسَبِّحُونَ اللَّيْلَ وَالنَّهَارَ لَا يَفْتُرُونَ (20) Hulle verheerlik Hom snags en bedags, en hulle word daar nie moeg van nie |
أَمِ اتَّخَذُوا آلِهَةً مِّنَ الْأَرْضِ هُمْ يُنشِرُونَ (21) Of het hulle gode uit die aarde geneem wat lewe gee |
لَوْ كَانَ فِيهِمَا آلِهَةٌ إِلَّا اللَّهُ لَفَسَدَتَا ۚ فَسُبْحَانَ اللَّهِ رَبِّ الْعَرْشِ عَمَّا يَصِفُونَ (22) En indien daar in die hemele en op die aarde gode buiten Allah was, sou dit alles in chaos verkeer het. Verhewe is Allah, die Heer van die Troon, bo dit wat hulle beskryf |
لَا يُسْأَلُ عَمَّا يَفْعَلُ وَهُمْ يُسْأَلُونَ (23) Hy kan nie ondervra word aangaande Sy dade nie, maar húlle sal ondervra word |
أَمِ اتَّخَذُوا مِن دُونِهِ آلِهَةً ۖ قُلْ هَاتُوا بُرْهَانَكُمْ ۖ هَٰذَا ذِكْرُ مَن مَّعِيَ وَذِكْرُ مَن قَبْلِي ۗ بَلْ أَكْثَرُهُمْ لَا يَعْلَمُونَ الْحَقَّ ۖ فَهُم مُّعْرِضُونَ (24) Of het hulle gode buiten Hom geneem? Sê: Bring julle bewyse. Hier is ’n vermaning van diegene wat saam met my is, en ’n vermaning van diegene wat vóór my gewees het. Nee, die meeste van hulle ken die Waarheid nie, en hulle is daarvan afkerig |
وَمَا أَرْسَلْنَا مِن قَبْلِكَ مِن رَّسُولٍ إِلَّا نُوحِي إِلَيْهِ أَنَّهُ لَا إِلَٰهَ إِلَّا أَنَا فَاعْبُدُونِ (25) En Ons het geen boodskapper vóór u gestuur nie sonder dat Ons aan hom geopenbaar het: Daar is geen God nie buiten My; daarom aanbid slegs vir My |
وَقَالُوا اتَّخَذَ الرَّحْمَٰنُ وَلَدًا ۗ سُبْحَانَهُ ۚ بَلْ عِبَادٌ مُّكْرَمُونَ (26) En hulle sê: Die Barmhartige het ’n seun vir Homself geneem. Heilig is Hy! Nee, hulle is geërde dienaars |
لَا يَسْبِقُونَهُ بِالْقَوْلِ وَهُم بِأَمْرِهِ يَعْمَلُونَ (27) hulle praat nie voordat Hy nie praat nie, en hulle doen slegs wat Hy beveel |
يَعْلَمُ مَا بَيْنَ أَيْدِيهِمْ وَمَا خَلْفَهُمْ وَلَا يَشْفَعُونَ إِلَّا لِمَنِ ارْتَضَىٰ وَهُم مِّنْ خَشْيَتِهِ مُشْفِقُونَ (28) Hy weet wat voor hulle is en wat agter hulle is, en vir niemand tree hulle in nie, behalwe vir diegene wat Hom behaag; en hulle sidder uit vrees vir Hom |
۞ وَمَن يَقُلْ مِنْهُمْ إِنِّي إِلَٰهٌ مِّن دُونِهِ فَذَٰلِكَ نَجْزِيهِ جَهَنَّمَ ۚ كَذَٰلِكَ نَجْزِي الظَّالِمِينَ (29) En wie van hulle ook al sou sê: Ek is ’n god naas Hom, so iemand sal Ons met die Hel vergeld. Want só beloon Ons die onregverdiges |
أَوَلَمْ يَرَ الَّذِينَ كَفَرُوا أَنَّ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ كَانَتَا رَتْقًا فَفَتَقْنَاهُمَا ۖ وَجَعَلْنَا مِنَ الْمَاءِ كُلَّ شَيْءٍ حَيٍّ ۖ أَفَلَا يُؤْمِنُونَ (30) Sien die ongelowiges nie dat die hemele en die aarde toegemaak was, en dat Ons dit weer oopgemaak het nie? En Ons het uit water alles gemaak wat lewendig is. Sal hulle dan nie glo nie |
وَجَعَلْنَا فِي الْأَرْضِ رَوَاسِيَ أَن تَمِيدَ بِهِمْ وَجَعَلْنَا فِيهَا فِجَاجًا سُبُلًا لَّعَلَّهُمْ يَهْتَدُونَ (31) En Ons het op die aarde stewige berge geplaas, anders sou hulle met hulle gebewe het; en Ons het daarin wye paaie gemaak sodat hulle die regte koers kan inslaan |
وَجَعَلْنَا السَّمَاءَ سَقْفًا مَّحْفُوظًا ۖ وَهُمْ عَنْ آيَاتِهَا مُعْرِضُونَ (32) En Ons het die hemele ’n bewaakte gewelf gemaak; nietemin ignoreer hulle hierdie tekens |
وَهُوَ الَّذِي خَلَقَ اللَّيْلَ وَالنَّهَارَ وَالشَّمْسَ وَالْقَمَرَ ۖ كُلٌّ فِي فَلَكٍ يَسْبَحُونَ (33) En dit is Hy wat die nag en die dag en die son en so ook die maan geskape het. Alles beweeg in hulle bane |
وَمَا جَعَلْنَا لِبَشَرٍ مِّن قَبْلِكَ الْخُلْدَ ۖ أَفَإِن مِّتَّ فَهُمُ الْخَالِدُونَ (34) En Ons het aan geen mens vóór u ’n ewigdurende lewe geskenk nie. As ú sterf, sal húlle dan vir ewig lewe |
كُلُّ نَفْسٍ ذَائِقَةُ الْمَوْتِ ۗ وَنَبْلُوكُم بِالشَّرِّ وَالْخَيْرِ فِتْنَةً ۖ وَإِلَيْنَا تُرْجَعُونَ (35) Elke siel sal die dood proe. En Ons gee aan julle goed en kwaad as ’n beproewing. En tot Ons sal julle terugkeer |
وَإِذَا رَآكَ الَّذِينَ كَفَرُوا إِن يَتَّخِذُونَكَ إِلَّا هُزُوًا أَهَٰذَا الَّذِي يَذْكُرُ آلِهَتَكُمْ وَهُم بِذِكْرِ الرَّحْمَٰنِ هُمْ كَافِرُونَ (36) En wanneer die ongelowiges u sien, dan doen hulle niks anders nie as om u te spot; en hulle sê: Is dit hy wat van julle gode praat? En wanneer melding gemaak word van die Barmhartige God, verloën hulle Hom |
خُلِقَ الْإِنسَانُ مِنْ عَجَلٍ ۚ سَأُرِيكُمْ آيَاتِي فَلَا تَسْتَعْجِلُونِ (37) Die mens is met ’n haastige natuur geskape. Ek sal My tekens weldra aan julle toon, maar vra My nie om gou te maak nie |
وَيَقُولُونَ مَتَىٰ هَٰذَا الْوَعْدُ إِن كُنتُمْ صَادِقِينَ (38) En hulle sê: Wanneer sal hierdie belofte werklikheid word? Sê ons, indien julle opreg is |
لَوْ يَعْلَمُ الَّذِينَ كَفَرُوا حِينَ لَا يَكُفُّونَ عَن وُجُوهِهِمُ النَّارَ وَلَا عَن ظُهُورِهِمْ وَلَا هُمْ يُنصَرُونَ (39) As die ongelowiges maar geweet het van die tyd wanneer hulle nie in staat sal wees om die Vuur van hulle gesigte af te weer nie, ook nie van hulle rûe nie, en hulle nie gehelp sal word nie |
بَلْ تَأْتِيهِم بَغْتَةً فَتَبْهَتُهُمْ فَلَا يَسْتَطِيعُونَ رَدَّهَا وَلَا هُمْ يُنظَرُونَ (40) Nee, dit sal skielik op hulle afkom, en dit sal hulle verbyster; en hulle sal nie die mag hê om dit af te weer nie; ook sal aan hulle nie uitstel verleen word nie |
وَلَقَدِ اسْتُهْزِئَ بِرُسُلٍ مِّن قَبْلِكَ فَحَاقَ بِالَّذِينَ سَخِرُوا مِنْهُم مَّا كَانُوا بِهِ يَسْتَهْزِئُونَ (41) En boodskappers vóór u is inderdaad bespot, maar dít waarmee hulle gespot het, het die spotters getref |
قُلْ مَن يَكْلَؤُكُم بِاللَّيْلِ وَالنَّهَارِ مِنَ الرَّحْمَٰنِ ۗ بَلْ هُمْ عَن ذِكْرِ رَبِّهِم مُّعْرِضُونَ (42) Sê: Wie beskerm julle dag en nag behalwe die Barmhartige? Nee, hulle draai weg van die oordenkinge van hulle Heer |
أَمْ لَهُمْ آلِهَةٌ تَمْنَعُهُم مِّن دُونِنَا ۚ لَا يَسْتَطِيعُونَ نَصْرَ أَنفُسِهِمْ وَلَا هُم مِّنَّا يُصْحَبُونَ (43) Of het hulle gode wat hulle teen Ons kan beskerm? Hulle kan hulself nie help nie, ook kan niks hulle teen Ons beskerm nie |
بَلْ مَتَّعْنَا هَٰؤُلَاءِ وَآبَاءَهُمْ حَتَّىٰ طَالَ عَلَيْهِمُ الْعُمُرُ ۗ أَفَلَا يَرَوْنَ أَنَّا نَأْتِي الْأَرْضَ نَنقُصُهَا مِنْ أَطْرَافِهَا ۚ أَفَهُمُ الْغَالِبُونَ (44) Nee, Ons het aan hulle en hul vaders ’n voorsiening gegee, totdat hulle lewens verleng is. Sien hulle nie dat Ons die land besoek en die grense daarvan inperk nie? Sal hulle dan die oorhand kry |
قُلْ إِنَّمَا أُنذِرُكُم بِالْوَحْيِ ۚ وَلَا يَسْمَعُ الصُّمُّ الدُّعَاءَ إِذَا مَا يُنذَرُونَ (45) Sê: Ek waarsku julle slegs deur middel van openbaringe; dog die dowe hoor nie die aanroep wanneer hulle gewaarsku word nie |
وَلَئِن مَّسَّتْهُمْ نَفْحَةٌ مِّنْ عَذَابِ رَبِّكَ لَيَقُولُنَّ يَا وَيْلَنَا إِنَّا كُنَّا ظَالِمِينَ (46) En indien ’n ademteug van die kastyding van u Heer hulle sou aanraak, sal hulle sê: O wee ons! Ons was inderdaad onreg- verdig |
وَنَضَعُ الْمَوَازِينَ الْقِسْطَ لِيَوْمِ الْقِيَامَةِ فَلَا تُظْلَمُ نَفْسٌ شَيْئًا ۖ وَإِن كَانَ مِثْقَالَ حَبَّةٍ مِّنْ خَرْدَلٍ أَتَيْنَا بِهَا ۗ وَكَفَىٰ بِنَا حَاسِبِينَ (47) Ons sal ’n weegskaal van geregtigheid opstel op die Dag van Opstanding, sodat geen enkele siel in enige opsig onreg aangedoen sal word nie. Selfs die gelyke van ’n mosterdsaad se gewig sal nie ongemerk verbygaan nie. Ons is Genoegsaam as ’n Rekenaar |
وَلَقَدْ آتَيْنَا مُوسَىٰ وَهَارُونَ الْفُرْقَانَ وَضِيَاءً وَذِكْرًا لِّلْمُتَّقِينَ (48) En voorwaar, Ons het Moses en Aäron die Maatstaf en ’n lig en ’n vermaning gegee vir diegene wat teen die kwaad waak |
الَّذِينَ يَخْشَوْنَ رَبَّهُم بِالْغَيْبِ وَهُم مِّنَ السَّاعَةِ مُشْفِقُونَ (49) wat hulle Heer in die verborgene vrees, en voorbereid is op die Uur |
وَهَٰذَا ذِكْرٌ مُّبَارَكٌ أَنزَلْنَاهُ ۚ أَفَأَنتُمْ لَهُ مُنكِرُونَ (50) En dit is ’n geseënde Vermaning wat Ons geopenbaar het. Sal julle dit dan ontken |
۞ وَلَقَدْ آتَيْنَا إِبْرَاهِيمَ رُشْدَهُ مِن قَبْلُ وَكُنَّا بِهِ عَالِمِينَ (51) En waarlik, Ons het voorheen aan Abraham sy regskapenheid geskenk, en Ons het hom goed geken |
إِذْ قَالَ لِأَبِيهِ وَقَوْمِهِ مَا هَٰذِهِ التَّمَاثِيلُ الَّتِي أَنتُمْ لَهَا عَاكِفُونَ (52) Toe hy aan sy vader en aan sy volk gesê het: Wat is hierdie beelde waaraan julle so geheg is |
قَالُوا وَجَدْنَا آبَاءَنَا لَهَا عَابِدِينَ (53) Hulle het geantwoord: Ons het gevind dat ons vaders hulle aan- bid |
قَالَ لَقَدْ كُنتُمْ أَنتُمْ وَآبَاؤُكُمْ فِي ضَلَالٍ مُّبِينٍ (54) Toe het hy gesê: Voorwaar, julle sowel as julle vaders verkeer in duidelike dwaling |
قَالُوا أَجِئْتَنَا بِالْحَقِّ أَمْ أَنتَ مِنَ اللَّاعِبِينَ (55) Hulle het gesê: Het u ons die waarheid gebring, of speel u met ons |
قَالَ بَل رَّبُّكُمْ رَبُّ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ الَّذِي فَطَرَهُنَّ وَأَنَا عَلَىٰ ذَٰلِكُم مِّنَ الشَّاهِدِينَ (56) Hy het geantwoord: Nee, julle Heer is die Heer van die hemele en die aarde. Hy het julle geskape; en ek is een van diegene wat daarvan getuig |
وَتَاللَّهِ لَأَكِيدَنَّ أَصْنَامَكُم بَعْدَ أَن تُوَلُّوا مُدْبِرِينَ (57) En, by Allah! Ek sal sekerlik teen julle afgode ’n plan beraam nadat julle weggegaan en julle rûe daarvoor gedraai het |
فَجَعَلَهُمْ جُذَاذًا إِلَّا كَبِيرًا لَّهُمْ لَعَلَّهُمْ إِلَيْهِ يَرْجِعُونَ (58) So het hy hulle aan stukke gebreek, behalwe die grootste, sodat hul tot hom kon terugkeer |
قَالُوا مَن فَعَلَ هَٰذَا بِآلِهَتِنَا إِنَّهُ لَمِنَ الظَّالِمِينَ (59) Toe het hulle gesê: Wie het dit aan ons gode gedoen? Voorwaar, hy moet ’n kwaaddoener wees |
قَالُوا سَمِعْنَا فَتًى يَذْكُرُهُمْ يُقَالُ لَهُ إِبْرَاهِيمُ (60) Hulle het gesê: Ons het ’n jongeling met die naam van Abraham van hulle hoor praat |
قَالُوا فَأْتُوا بِهِ عَلَىٰ أَعْيُنِ النَّاسِ لَعَلَّهُمْ يَشْهَدُونَ (61) Hulle het gesê: Bring hom voor die oë van die volk; miskien kan hulle getuig |
قَالُوا أَأَنتَ فَعَلْتَ هَٰذَا بِآلِهَتِنَا يَا إِبْرَاهِيمُ (62) Hulle het gesê: Het ú dit aan ons gode gedoen, o Abraham |
قَالَ بَلْ فَعَلَهُ كَبِيرُهُمْ هَٰذَا فَاسْأَلُوهُمْ إِن كَانُوا يَنطِقُونَ (63) Hy het geantwoord: Sekerlik het iemand dit gedoen. Die grootste van hulle is hierdie een; maar vra vir húlle indien hulle kan praat |
فَرَجَعُوا إِلَىٰ أَنفُسِهِمْ فَقَالُوا إِنَّكُمْ أَنتُمُ الظَّالِمُونَ (64) En toe het hulle tot inkeer gekom en aan mekaar gesê: Gewis, julle is self kwaaddoeners |
ثُمَّ نُكِسُوا عَلَىٰ رُءُوسِهِمْ لَقَدْ عَلِمْتَ مَا هَٰؤُلَاءِ يَنطِقُونَ (65) Toe het hulle hul hoofde laat sak: U weet goed dat hulle nie kan praat nie |
قَالَ أَفَتَعْبُدُونَ مِن دُونِ اللَّهِ مَا لَا يَنفَعُكُمْ شَيْئًا وَلَا يَضُرُّكُمْ (66) Hy het gesê: Dien julle dan buiten Allah die dinge wat julle geensins kan baat of skade kan berokken nie |
أُفٍّ لَّكُمْ وَلِمَا تَعْبُدُونَ مِن دُونِ اللَّهِ ۖ أَفَلَا تَعْقِلُونَ (67) Skande oor julle en oor dít wat julle buiten Allah aanbid! Het julle dan nie verstand nie |
قَالُوا حَرِّقُوهُ وَانصُرُوا آلِهَتَكُمْ إِن كُنتُمْ فَاعِلِينَ (68) Hulle het gesê: Verbrand hom, en help jul gode indien julle enigiets wil doen |
قُلْنَا يَا نَارُ كُونِي بَرْدًا وَسَلَامًا عَلَىٰ إِبْرَاهِيمَ (69) Ons het gesê: O vuur! Wees koel en vreedsaam vir Abraham |
وَأَرَادُوا بِهِ كَيْدًا فَجَعَلْنَاهُمُ الْأَخْسَرِينَ (70) Hulle wou hom skade berokken, maar dit was húlle wat die slegste daarvan afgekom het |
وَنَجَّيْنَاهُ وَلُوطًا إِلَى الْأَرْضِ الَّتِي بَارَكْنَا فِيهَا لِلْعَالَمِينَ (71) En Ons het hom en Lot gered, en aangewys vir die land wat Ons vir die volke geseën het |
وَوَهَبْنَا لَهُ إِسْحَاقَ وَيَعْقُوبَ نَافِلَةً ۖ وَكُلًّا جَعَلْنَا صَالِحِينَ (72) En Ons het Isak aan hom gegee, en Jakob as kleinseun. En Ons het hulle almal opreg gemaak |
وَجَعَلْنَاهُمْ أَئِمَّةً يَهْدُونَ بِأَمْرِنَا وَأَوْحَيْنَا إِلَيْهِمْ فِعْلَ الْخَيْرَاتِ وَإِقَامَ الصَّلَاةِ وَإِيتَاءَ الزَّكَاةِ ۖ وَكَانُوا لَنَا عَابِدِينَ (73) En Ons het leiers van hulle gemaak, wat die volk op Ons bevel gelei het, en Ons het aan hulle geopenbaar dat hulle moet goed doen en die gebed onderhou en gunste moet gee, en hulle het Ons alleen gedien |
وَلُوطًا آتَيْنَاهُ حُكْمًا وَعِلْمًا وَنَجَّيْنَاهُ مِنَ الْقَرْيَةِ الَّتِي كَانَت تَّعْمَلُ الْخَبَائِثَ ۗ إِنَّهُمْ كَانُوا قَوْمَ سَوْءٍ فَاسِقِينَ (74) En aan Lot het Ons wysheid en kennis gegee, en Ons het hom verlos uit die stad van gruwels. Voorwaar, hulle was ’n bose volk, oortreders |
وَأَدْخَلْنَاهُ فِي رَحْمَتِنَا ۖ إِنَّهُ مِنَ الصَّالِحِينَ (75) en Ons het hom in Ons barmhartigheid opgeneem; hy was sekerlik een van die weldoeners |
وَنُوحًا إِذْ نَادَىٰ مِن قَبْلُ فَاسْتَجَبْنَا لَهُ فَنَجَّيْنَاهُ وَأَهْلَهُ مِنَ الْكَرْبِ الْعَظِيمِ (76) En toe Noag ons voorheen aangeroep het, het Ons sy gebed beantwoord en hom en sy volk van ’n groot rampspoed verlos |
وَنَصَرْنَاهُ مِنَ الْقَوْمِ الَّذِينَ كَذَّبُوا بِآيَاتِنَا ۚ إِنَّهُمْ كَانُوا قَوْمَ سَوْءٍ فَأَغْرَقْنَاهُمْ أَجْمَعِينَ (77) En Ons het hom gehelp teen die volk wat Ons tekens verwerp het. Voorwaar, hulle was ’n bose volk, en daarom het Ons hulle laat verdrink |
وَدَاوُودَ وَسُلَيْمَانَ إِذْ يَحْكُمَانِ فِي الْحَرْثِ إِذْ نَفَشَتْ فِيهِ غَنَمُ الْقَوْمِ وَكُنَّا لِحُكْمِهِمْ شَاهِدِينَ (78) En toe Dawid en Salomo uitspraak gegee het aangaande die weiveld waar die volk se skape gedurende die nag verdwaal het, was Ons Getuie van hulle oordeel |
فَفَهَّمْنَاهَا سُلَيْمَانَ ۚ وَكُلًّا آتَيْنَا حُكْمًا وَعِلْمًا ۚ وَسَخَّرْنَا مَعَ دَاوُودَ الْجِبَالَ يُسَبِّحْنَ وَالطَّيْرَ ۚ وَكُنَّا فَاعِلِينَ (79) En Ons het Salomo insig in die saak gegee. En aan elkeen van hulle het Ons wysheid en kennis geskenk. En Ons het die berge en die voëls genoodsaak om saam met Dawid Ons lofpryse te besing |
وَعَلَّمْنَاهُ صَنْعَةَ لَبُوسٍ لَّكُمْ لِتُحْصِنَكُم مِّن بَأْسِكُمْ ۖ فَهَلْ أَنتُمْ شَاكِرُونَ (80) En Ons het hom onderrig in die smee van pantsers om julle teen aanvalle te beskerm; sal julle dan nie dankbaar wees nie |
وَلِسُلَيْمَانَ الرِّيحَ عَاصِفَةً تَجْرِي بِأَمْرِهِ إِلَى الْأَرْضِ الَّتِي بَارَكْنَا فِيهَا ۚ وَكُنَّا بِكُلِّ شَيْءٍ عَالِمِينَ (81) En aan Salomo het Ons die geweldige wind onderdanig gemaak. Deur Sy gebod het dit gewaai in die rigting van ’n land wat Ons geseën het. En Ons het kennis van alle dinge |
وَمِنَ الشَّيَاطِينِ مَن يَغُوصُونَ لَهُ وَيَعْمَلُونَ عَمَلًا دُونَ ذَٰلِكَ ۖ وَكُنَّا لَهُمْ حَافِظِينَ (82) En onder sy duikers was daar ook van die duiwels, en hulle het ook ander werk vir hom verrig; en Ons het oor hulle gewaak |
۞ وَأَيُّوبَ إِذْ نَادَىٰ رَبَّهُ أَنِّي مَسَّنِيَ الضُّرُّ وَأَنتَ أَرْحَمُ الرَّاحِمِينَ (83) En Job, toe hy sy Heer aangeroep het: Kwellinge het my getref, en U is die Genadigste van die genadiges |
فَاسْتَجَبْنَا لَهُ فَكَشَفْنَا مَا بِهِ مِن ضُرٍّ ۖ وَآتَيْنَاهُ أَهْلَهُ وَمِثْلَهُم مَّعَهُمْ رَحْمَةً مِّنْ عِندِنَا وَذِكْرَىٰ لِلْعَابِدِينَ (84) Toe het Ons sy gebed beantwoord en hom van moeilikhede verlos, en Ons het aan hom sy volk teruggegee en boonop nog die gelyke van hulle; ’n genade van Ons en ’n herinnering aan My onderdane |
وَإِسْمَاعِيلَ وَإِدْرِيسَ وَذَا الْكِفْلِ ۖ كُلٌّ مِّنَ الصَّابِرِينَ (85) En Ismael en Iederies en Dhoel-Kiefil; hulle almal was tussen die geduldiges |
وَأَدْخَلْنَاهُمْ فِي رَحْمَتِنَا ۖ إِنَّهُم مِّنَ الصَّالِحِينَ (86) en Ons het hulle in Ons genade opgeneem. Sekerlik, hulle was onder die weldoeners |
وَذَا النُّونِ إِذ ذَّهَبَ مُغَاضِبًا فَظَنَّ أَن لَّن نَّقْدِرَ عَلَيْهِ فَنَادَىٰ فِي الظُّلُمَاتِ أَن لَّا إِلَٰهَ إِلَّا أَنتَ سُبْحَانَكَ إِنِّي كُنتُ مِنَ الظَّالِمِينَ (87) En Dhoen-Noen,1 toe hy toornig van sy volk af weggegaan het, en toe hy gemeen het dat Ons hom nie in benoudheid sou bring nie, maar eindelik in sy smeekgebede uitgeroep het: Daar is geen God buiten U nie; Heilig is U! Ek was inderdaad een van die onregverdiges |
فَاسْتَجَبْنَا لَهُ وَنَجَّيْنَاهُ مِنَ الْغَمِّ ۚ وَكَذَٰلِكَ نُنجِي الْمُؤْمِنِينَ (88) Toe het Ons sy gebed beantwoord en hom van sy kwellings verlos. En sodoende verlos Ons die gelowiges |
وَزَكَرِيَّا إِذْ نَادَىٰ رَبَّهُ رَبِّ لَا تَذَرْنِي فَرْدًا وَأَنتَ خَيْرُ الْوَارِثِينَ (89) En Sagaria, toe hy tot sy Heer geroep het: My Heer! Laat my nie alleen nie! U is die Beste van die erfgename |
فَاسْتَجَبْنَا لَهُ وَوَهَبْنَا لَهُ يَحْيَىٰ وَأَصْلَحْنَا لَهُ زَوْجَهُ ۚ إِنَّهُمْ كَانُوا يُسَارِعُونَ فِي الْخَيْرَاتِ وَيَدْعُونَنَا رَغَبًا وَرَهَبًا ۖ وَكَانُوا لَنَا خَاشِعِينَ (90) Toe het Ons sy gebed beantwoord en Johannes aan hom gegee en sy vrou vir hom vrugbaar gemaak. En sekerlik het hulle met mekaar in goeie werk gewedywer, en Ons aangeroep in hoop en vrees; en hulle was ootmoedig voor Ons |
وَالَّتِي أَحْصَنَتْ فَرْجَهَا فَنَفَخْنَا فِيهَا مِن رُّوحِنَا وَجَعَلْنَاهَا وَابْنَهَا آيَةً لِّلْعَالَمِينَ (91) En dink aan haar wat haar kuisheid bewaar het; Ons het Ons inspirasie in haar ingeblaas, en vir haar en haar seun ’n teken vir die nasies gemaak |
إِنَّ هَٰذِهِ أُمَّتُكُمْ أُمَّةً وَاحِدَةً وَأَنَا رَبُّكُمْ فَاعْبُدُونِ (92) Voorwaar, dít is julle gemeenskap: één gemeenskap; en Ek is julle Heer; aanbid My daarom |
وَتَقَطَّعُوا أَمْرَهُم بَيْنَهُمْ ۖ كُلٌّ إِلَيْنَا رَاجِعُونَ (93) Tog verbreek hulle hul verbintenisse met mekaar; maar hulle sal almal tot Ons terugkeer |
فَمَن يَعْمَلْ مِنَ الصَّالِحَاتِ وَهُوَ مُؤْمِنٌ فَلَا كُفْرَانَ لِسَعْيِهِ وَإِنَّا لَهُ كَاتِبُونَ (94) Hy wat goeie werk doen en gelowig is, sy pogings sal nie verwerp word nie, en Ons sal dit sekerlik tot sy voordeel aanteken |
وَحَرَامٌ عَلَىٰ قَرْيَةٍ أَهْلَكْنَاهَا أَنَّهُمْ لَا يَرْجِعُونَ (95) En vir ’n stad wat Ons verdelg het, is dit ’n onherroeplike gebod dat die volk daarvan nie sal terugkeer nie |
حَتَّىٰ إِذَا فُتِحَتْ يَأْجُوجُ وَمَأْجُوجُ وَهُم مِّن كُلِّ حَدَبٍ يَنسِلُونَ (96) Selfs wanneer Gog en Magog losgelaat sal word en op elke hoogte afstorm |
وَاقْتَرَبَ الْوَعْدُ الْحَقُّ فَإِذَا هِيَ شَاخِصَةٌ أَبْصَارُ الَّذِينَ كَفَرُوا يَا وَيْلَنَا قَدْ كُنَّا فِي غَفْلَةٍ مِّنْ هَٰذَا بَلْ كُنَّا ظَالِمِينَ (97) En as die Uur van die Ware Belofte nader kom, kyk dan! die oë van hulle wat nie glo nie, sal wyd oop staar: Wee ons! Voorwaar, ons was agteloos; nee, ons was onregverdig |
إِنَّكُمْ وَمَا تَعْبُدُونَ مِن دُونِ اللَّهِ حَصَبُ جَهَنَّمَ أَنتُمْ لَهَا وَارِدُونَ (98) Voorwaar, julle en wat julle buiten Allah aanbid, is brandstof vir die Hel; daarin sal julle bymekaar gebring word |
لَوْ كَانَ هَٰؤُلَاءِ آلِهَةً مَّا وَرَدُوهَا ۖ وَكُلٌّ فِيهَا خَالِدُونَ (99) As hierdie dinge werklik gode was, sou dié lot hulle nie getref het nie. En almal sal daarin vertoef |
لَهُمْ فِيهَا زَفِيرٌ وَهُمْ فِيهَا لَا يَسْمَعُونَ (100) Vir hulle sal daar geweeklaag wees, en hulle sal daarin ook nie hoor nie |
إِنَّ الَّذِينَ سَبَقَتْ لَهُم مِّنَّا الْحُسْنَىٰ أُولَٰئِكَ عَنْهَا مُبْعَدُونَ (101) Maar hulle wie se goeie beloning reeds vooruitgegaan het, sal ver daarvandaan gehou word |
لَا يَسْمَعُونَ حَسِيسَهَا ۖ وَهُمْ فِي مَا اشْتَهَتْ أَنفُسُهُمْ خَالِدُونَ (102) hulle sal nie die geringste geluid daarvan hoor nie, en hulle sal bly in die plek wat hulle siele begeer het |
لَا يَحْزُنُهُمُ الْفَزَعُ الْأَكْبَرُ وَتَتَلَقَّاهُمُ الْمَلَائِكَةُ هَٰذَا يَوْمُكُمُ الَّذِي كُنتُمْ تُوعَدُونَ (103) Die groot Ontsetting sal hulle nie bangmaak nie en die engele sal hulle ontmoet en sê: Dít is julle Dag, die Dag wat aan julle belowe is |
يَوْمَ نَطْوِي السَّمَاءَ كَطَيِّ السِّجِلِّ لِلْكُتُبِ ۚ كَمَا بَدَأْنَا أَوَّلَ خَلْقٍ نُّعِيدُهُ ۚ وَعْدًا عَلَيْنَا ۚ إِنَّا كُنَّا فَاعِلِينَ (104) Die Dag waarop Ons die hemel sal oprol soos ’n perkamentrol opgerol word. Soos Ons die eerste skepping begin het, so sal Ons dit weer voortbring. Dit is ’n belofte wat bindend vir Ons is. Voorwaar, Ons sál dit teweegbring |
وَلَقَدْ كَتَبْنَا فِي الزَّبُورِ مِن بَعْدِ الذِّكْرِ أَنَّ الْأَرْضَ يَرِثُهَا عِبَادِيَ الصَّالِحُونَ (105) En Ons het inderdaad in die Boek geskryf, ná die vermaning, dat My opregte dienaars die land sal beërwe |
إِنَّ فِي هَٰذَا لَبَلَاغًا لِّقَوْمٍ عَابِدِينَ (106) Voorwaar, hierin is ’n boodskap vir ’n volk wat Ons aanbid |
وَمَا أَرْسَلْنَاكَ إِلَّا رَحْمَةً لِّلْعَالَمِينَ (107) En Ons het u2 nie as iets anders gestuur nie, maar as ’n genade vir die nasies |
قُلْ إِنَّمَا يُوحَىٰ إِلَيَّ أَنَّمَا إِلَٰهُكُمْ إِلَٰهٌ وَاحِدٌ ۖ فَهَلْ أَنتُم مُّسْلِمُونَ (108) Sê: Voorwaar, dit is aan my geopenbaar dat julle God slegs een God is: sal julle jul dan aan Hom onderwerp |
فَإِن تَوَلَّوْا فَقُلْ آذَنتُكُمْ عَلَىٰ سَوَاءٍ ۖ وَإِنْ أَدْرِي أَقَرِيبٌ أَم بَعِيدٌ مَّا تُوعَدُونَ (109) Maar indien hulle wegdraai, sê dan: Ek het julle op ’n regverdige wye gewaarsku, en ek weet nie of dít waarmee julle bedreig word, naby of ver is nie |
إِنَّهُ يَعْلَمُ الْجَهْرَ مِنَ الْقَوْلِ وَيَعْلَمُ مَا تَكْتُمُونَ (110) Voorwaar, Hy weet wat openlik gesê word, en Hy weet wat julle verberg |
وَإِنْ أَدْرِي لَعَلَّهُ فِتْنَةٌ لَّكُمْ وَمَتَاعٌ إِلَىٰ حِينٍ (111) En ek weet nie of dit ’n beproewing vir julle sal wees, en of dit ’n voorsiening vir ’n bepaalde tyd is nie |
قَالَ رَبِّ احْكُم بِالْحَقِّ ۗ وَرَبُّنَا الرَّحْمَٰنُ الْمُسْتَعَانُ عَلَىٰ مَا تَصِفُونَ (112) Hy het gesê: My Heer! Oordeel in waarheid. En ons Heer is die Barmhartige, Wie se hulp ingeroep moet word teen wat julle aan Hom toeskryf |