طسم (1) Tô, Sien, Miem |
تِلْكَ آيَاتُ الْكِتَابِ الْمُبِينِ (2) Dit is die verse van die Boek wat verduidelik |
نَتْلُو عَلَيْكَ مِن نَّبَإِ مُوسَىٰ وَفِرْعَوْنَ بِالْحَقِّ لِقَوْمٍ يُؤْمِنُونَ (3) Ons dra u die verhaal van Moses en Farao voor, in waarheid, en ten bate van ’n volk wat glo |
إِنَّ فِرْعَوْنَ عَلَا فِي الْأَرْضِ وَجَعَلَ أَهْلَهَا شِيَعًا يَسْتَضْعِفُ طَائِفَةً مِّنْهُمْ يُذَبِّحُ أَبْنَاءَهُمْ وَيَسْتَحْيِي نِسَاءَهُمْ ۚ إِنَّهُ كَانَ مِنَ الْمُفْسِدِينَ (4) Waarlik, Farao het in die land aanmatigend opgetree en die volk in partye verdeel en een party onder hulle verswak; hy het hulle seuns doodgemaak en hulle vroue gespaar. Gewis, hy was een van die sondaars |
وَنُرِيدُ أَن نَّمُنَّ عَلَى الَّذِينَ اسْتُضْعِفُوا فِي الْأَرْضِ وَنَجْعَلَهُمْ أَئِمَّةً وَنَجْعَلَهُمُ الْوَارِثِينَ (5) En Ons het verlang om ’n guns te bewys aan húlle wat as swak beskou is in die land, en om hulle tot leiers te maak, en om van hulle erfgename te maak |
وَنُمَكِّنَ لَهُمْ فِي الْأَرْضِ وَنُرِيَ فِرْعَوْنَ وَهَامَانَ وَجُنُودَهُمَا مِنْهُم مَّا كَانُوا يَحْذَرُونَ (6) en om aan hulle mag in die land te verleen, en om Farao en Hamaan en hulle leërskare te laat sien wat hulle gevrees het |
وَأَوْحَيْنَا إِلَىٰ أُمِّ مُوسَىٰ أَنْ أَرْضِعِيهِ ۖ فَإِذَا خِفْتِ عَلَيْهِ فَأَلْقِيهِ فِي الْيَمِّ وَلَا تَخَافِي وَلَا تَحْزَنِي ۖ إِنَّا رَادُّوهُ إِلَيْكِ وَجَاعِلُوهُ مِنَ الْمُرْسَلِينَ (7) En Ons het aan Moses se moeder geopenbaar en gesê: Borsvoed hom; en as u ter wille van hom vrees, plaas hom dan in die rivier en moenie bang wees en ook nie treur nie, want Ons sal hom aan u teruggee en sal van hom een van die boodskappers maak |
فَالْتَقَطَهُ آلُ فِرْعَوْنَ لِيَكُونَ لَهُمْ عَدُوًّا وَحَزَنًا ۗ إِنَّ فِرْعَوْنَ وَهَامَانَ وَجُنُودَهُمَا كَانُوا خَاطِئِينَ (8) En Farao se familie het hom aangeneem sodat hy ’n vyand en ’n smart vir hulle sou word; want Farao en Hamaan en hulle leërskare was boosdoeners |
وَقَالَتِ امْرَأَتُ فِرْعَوْنَ قُرَّتُ عَيْنٍ لِّي وَلَكَ ۖ لَا تَقْتُلُوهُ عَسَىٰ أَن يَنفَعَنَا أَوْ نَتَّخِذَهُ وَلَدًا وَهُمْ لَا يَشْعُرُونَ (9) En Farao se vrou het gesê: ’n Troos vir die oog vir my en vir u. Moet hom nie doodmaak nie. Hy mag vir ons nuttig wees en ons kan hom as ’n seun aanneem. Maar hulle het die saak nie deursien nie |
وَأَصْبَحَ فُؤَادُ أُمِّ مُوسَىٰ فَارِغًا ۖ إِن كَادَتْ لَتُبْدِي بِهِ لَوْلَا أَن رَّبَطْنَا عَلَىٰ قَلْبِهَا لِتَكُونَ مِنَ الْمُؤْمِنِينَ (10) En die hart van Moses se moeder was sonder angs. Sy sou dit byna onthul het, het Ons nie haar hart versterk sodat sy ook een van die gelowiges was nie |
وَقَالَتْ لِأُخْتِهِ قُصِّيهِ ۖ فَبَصُرَتْ بِهِ عَن جُنُبٍ وَهُمْ لَا يَشْعُرُونَ (11) En sy het aan sy suster gesê: Volg hom. Sy het hom toe van ’n afstand af dopgehou, maar hulle het dit nie opgemerk nie |
۞ وَحَرَّمْنَا عَلَيْهِ الْمَرَاضِعَ مِن قَبْلُ فَقَالَتْ هَلْ أَدُلُّكُمْ عَلَىٰ أَهْلِ بَيْتٍ يَكْفُلُونَهُ لَكُمْ وَهُمْ لَهُ نَاصِحُونَ (12) En Ons het hom nie toegelaat om intussen te drink nie. Daarom het sy gesê: Mag ek u aan ’n huisgesin voorstel wat hom vir julle sal grootmaak, en wat goed vir hom sal wees |
فَرَدَدْنَاهُ إِلَىٰ أُمِّهِ كَيْ تَقَرَّ عَيْنُهَا وَلَا تَحْزَنَ وَلِتَعْلَمَ أَنَّ وَعْدَ اللَّهِ حَقٌّ وَلَٰكِنَّ أَكْثَرَهُمْ لَا يَعْلَمُونَ (13) So het Ons hom dan aan sy moeder teruggegee, sodat haar oog getroos kon word, en sodat sy nie moes treur nie en seker kon wees dat die belofte van Allah waar is. Maar die meeste van hulle weet nie |
وَلَمَّا بَلَغَ أَشُدَّهُ وَاسْتَوَىٰ آتَيْنَاهُ حُكْمًا وَعِلْمًا ۚ وَكَذَٰلِكَ نَجْزِي الْمُحْسِنِينَ (14) En toe hy opgegroei het tot ’n sterk man, het Ons wysheid en kennis aan hom geskenk, want so beloon Ons diegene wat goeddoen |
وَدَخَلَ الْمَدِينَةَ عَلَىٰ حِينِ غَفْلَةٍ مِّنْ أَهْلِهَا فَوَجَدَ فِيهَا رَجُلَيْنِ يَقْتَتِلَانِ هَٰذَا مِن شِيعَتِهِ وَهَٰذَا مِنْ عَدُوِّهِ ۖ فَاسْتَغَاثَهُ الَّذِي مِن شِيعَتِهِ عَلَى الَّذِي مِنْ عَدُوِّهِ فَوَكَزَهُ مُوسَىٰ فَقَضَىٰ عَلَيْهِ ۖ قَالَ هَٰذَا مِنْ عَمَلِ الشَّيْطَانِ ۖ إِنَّهُ عَدُوٌّ مُّضِلٌّ مُّبِينٌ (15) En hy het die stad binnegegaan op ’n tydstip toe die inwoners daarvan nalatig was, en hy het daar twee vegtende manne gevind, die een van sy eie volk en die ander van sy vyande; en sy volksgenoot het hulp gesoek teen sy vyand. Daarom het Moses sy teenstander met sy vuis geslaan en hom gedood. Hy het gesê: Dit is die duiwel se werk; hy is inderdaad ’n vyand en openlike verleier |
قَالَ رَبِّ إِنِّي ظَلَمْتُ نَفْسِي فَاغْفِرْ لِي فَغَفَرَ لَهُ ۚ إِنَّهُ هُوَ الْغَفُورُ الرَّحِيمُ (16) Hy het gesê: My Heer! Waarlik, ek het myself onreg aangedoen; beskerm my derhalwe. Daarom het Hy hom beskerm, want Hy is die Vergewensgesinde, die Genadevolle |
قَالَ رَبِّ بِمَا أَنْعَمْتَ عَلَيَّ فَلَنْ أَكُونَ ظَهِيرًا لِّلْمُجْرِمِينَ (17) Hy het gesê: My Heer! Deur die gunste wat U my bewys het, sal ek nooit die misdadigers ondersteun nie |
فَأَصْبَحَ فِي الْمَدِينَةِ خَائِفًا يَتَرَقَّبُ فَإِذَا الَّذِي اسْتَنصَرَهُ بِالْأَمْسِ يَسْتَصْرِخُهُ ۚ قَالَ لَهُ مُوسَىٰ إِنَّكَ لَغَوِيٌّ مُّبِينٌ (18) En in die môre was hy in die stad, vresende, op sy hoede; en kyk! hy wat die vorige dag sy hulp gesoek het, het wéér na hom om hulp geroep. Moses het aan hom gesê: Voorwaar, u is ’n duidelike twissoeker |
فَلَمَّا أَنْ أَرَادَ أَن يَبْطِشَ بِالَّذِي هُوَ عَدُوٌّ لَّهُمَا قَالَ يَا مُوسَىٰ أَتُرِيدُ أَن تَقْتُلَنِي كَمَا قَتَلْتَ نَفْسًا بِالْأَمْسِ ۖ إِن تُرِيدُ إِلَّا أَن تَكُونَ جَبَّارًا فِي الْأَرْضِ وَمَا تُرِيدُ أَن تَكُونَ مِنَ الْمُصْلِحِينَ (19) En toe hy hom, wat ’n vyand van hulle albei was, wou gryp, het hy gesê: O Moses! Wil u mý ook doodmaak soos u gister ’n man gedood het? U verlang slegs om ’n onderdrukker van hierdie land te word, en u wil geen regverdige wees nie |
وَجَاءَ رَجُلٌ مِّنْ أَقْصَى الْمَدِينَةِ يَسْعَىٰ قَالَ يَا مُوسَىٰ إِنَّ الْمَلَأَ يَأْتَمِرُونَ بِكَ لِيَقْتُلُوكَ فَاخْرُجْ إِنِّي لَكَ مِنَ النَّاصِحِينَ (20) En ’n man het van die verste einde van die stad aangehardloop gekom, en het gesê: O Moses! Waarlik, die leiers beraadslaag om u dood te maak. Vertrek daarom dadelik. Voorwaar, ek is u welgesind |
فَخَرَجَ مِنْهَا خَائِفًا يَتَرَقَّبُ ۖ قَالَ رَبِّ نَجِّنِي مِنَ الْقَوْمِ الظَّالِمِينَ (21) Daarop het hy daarvandaan weggegaan, vresende en op sy hoede. Hy het gesê: My Heer! Verlos my van die kwaadaardige volk |
وَلَمَّا تَوَجَّهَ تِلْقَاءَ مَدْيَنَ قَالَ عَسَىٰ رَبِّي أَن يَهْدِيَنِي سَوَاءَ السَّبِيلِ (22) En toe hy sy gesig na Mede draai, het hy gesê: Ek hoop dat my Heer my in die regte rigting sal lei |
وَلَمَّا وَرَدَ مَاءَ مَدْيَنَ وَجَدَ عَلَيْهِ أُمَّةً مِّنَ النَّاسِ يَسْقُونَ وَوَجَدَ مِن دُونِهِمُ امْرَأَتَيْنِ تَذُودَانِ ۖ قَالَ مَا خَطْبُكُمَا ۖ قَالَتَا لَا نَسْقِي حَتَّىٰ يُصْدِرَ الرِّعَاءُ ۖ وَأَبُونَا شَيْخٌ كَبِيرٌ (23) En toe hy by die water van Mede aankom, het hy ’n groep manne gevind wat hulle vee laat water drink het. En hy het buiten hulle ook twee vroue gevind wat hulle kudde van die water af teruggehou het. Hy het gesê: Wat makeeer julle? Hulle het gesê: Ons kan nie ons vee laat water drink voordat die herders hulle vee van die water wegneem nie, want ons vader is ’n baie ou man |
فَسَقَىٰ لَهُمَا ثُمَّ تَوَلَّىٰ إِلَى الظِّلِّ فَقَالَ رَبِّ إِنِّي لِمَا أَنزَلْتَ إِلَيَّ مِنْ خَيْرٍ فَقِيرٌ (24) Daarop het hy hulle vee laat drink. Daarna het hy opsy gegaan, in die skadu gaan staan, en gesê: My Heer! Ek het behoefte aan enigiets goeds wat U na my mag afstuur |
فَجَاءَتْهُ إِحْدَاهُمَا تَمْشِي عَلَى اسْتِحْيَاءٍ قَالَتْ إِنَّ أَبِي يَدْعُوكَ لِيَجْزِيَكَ أَجْرَ مَا سَقَيْتَ لَنَا ۚ فَلَمَّا جَاءَهُ وَقَصَّ عَلَيْهِ الْقَصَصَ قَالَ لَا تَخَفْ ۖ نَجَوْتَ مِنَ الْقَوْمِ الظَّالِمِينَ (25) Toe het een van die twee vroue skamerig na hom gekom. Sy het gesê: My vader roep u sodat hy u kan beloon omdat u ons vee vir ons laat drink het. En toe hy by hom gekom en sy verhaal vertel het, het dié gesê: Moenie vrees nie, u het van ’n onregverdige volk ontsnap |
قَالَتْ إِحْدَاهُمَا يَا أَبَتِ اسْتَأْجِرْهُ ۖ إِنَّ خَيْرَ مَنِ اسْتَأْجَرْتَ الْقَوِيُّ الْأَمِينُ (26) Een van hulle het gesê: O my vader! Neem hom in diens, want onder die bestes wat u kan vind, is daar nie nog iemand so sterk en betroubaar soos hy nie |
قَالَ إِنِّي أُرِيدُ أَنْ أُنكِحَكَ إِحْدَى ابْنَتَيَّ هَاتَيْنِ عَلَىٰ أَن تَأْجُرَنِي ثَمَانِيَ حِجَجٍ ۖ فَإِنْ أَتْمَمْتَ عَشْرًا فَمِنْ عِندِكَ ۖ وَمَا أُرِيدُ أَنْ أَشُقَّ عَلَيْكَ ۚ سَتَجِدُنِي إِن شَاءَ اللَّهُ مِنَ الصَّالِحِينَ (27) Hy het gesê: Ek begeer om een van my dogters met u te laat trou, op voorwaarde dat u agt jaar lank vir my sal werk; maar wanneer u tien jaar voltooi het, sal dit uit vrye wil wees. En ek sal u geen moeite gee nie. As Allah dit wil, sal u vind dat ek een van die regverdiges is |
قَالَ ذَٰلِكَ بَيْنِي وَبَيْنَكَ ۖ أَيَّمَا الْأَجَلَيْنِ قَضَيْتُ فَلَا عُدْوَانَ عَلَيَّ ۖ وَاللَّهُ عَلَىٰ مَا نَقُولُ وَكِيلٌ (28) Hy het geantwoord: Dit is ’n ooreenkoms tussen u en my. Watter van die twee termyne ek ook al voltooi, daar sal my geen onreg aangedoen word nie; en Allah is Getuie van wat ons sê |
۞ فَلَمَّا قَضَىٰ مُوسَى الْأَجَلَ وَسَارَ بِأَهْلِهِ آنَسَ مِن جَانِبِ الطُّورِ نَارًا قَالَ لِأَهْلِهِ امْكُثُوا إِنِّي آنَسْتُ نَارًا لَّعَلِّي آتِيكُم مِّنْهَا بِخَبَرٍ أَوْ جَذْوَةٍ مِّنَ النَّارِ لَعَلَّكُمْ تَصْطَلُونَ (29) Daarna, toe Moses die tydperk voltooi het, en met sy familie op reis was, het hy ’n vuur aan die kant van die berg bemerk. Hy het aan sy familie gesê: Wag, ek sien ’n vuur; miskien kan ek julle nuus of selfs ’n kool vuur daarvan bring, sodat julle jul kan warm maak |
فَلَمَّا أَتَاهَا نُودِيَ مِن شَاطِئِ الْوَادِ الْأَيْمَنِ فِي الْبُقْعَةِ الْمُبَارَكَةِ مِنَ الشَّجَرَةِ أَن يَا مُوسَىٰ إِنِّي أَنَا اللَّهُ رَبُّ الْعَالَمِينَ (30) En toe hy ná daaraan was, is van die regterkant van die dal na hom geroep, vanuit die heilige plek in die bos: O Moses! Voorwaar, Ek is Allah, die Heer van die Wêrelde |
وَأَنْ أَلْقِ عَصَاكَ ۖ فَلَمَّا رَآهَا تَهْتَزُّ كَأَنَّهَا جَانٌّ وَلَّىٰ مُدْبِرًا وَلَمْ يُعَقِّبْ ۚ يَا مُوسَىٰ أَقْبِلْ وَلَا تَخَفْ ۖ إِنَّكَ مِنَ الْآمِنِينَ (31) Werp u staf neer. En toe hy dit sien beweeg soos ’n slang, het hy omgedraai en gevlug en nie weer omgekyk nie. O Moses! Kom vorentoe, en moenie vrees nie; waarlik, u is een van hulle wat veilig is |
اسْلُكْ يَدَكَ فِي جَيْبِكَ تَخْرُجْ بَيْضَاءَ مِنْ غَيْرِ سُوءٍ وَاضْمُمْ إِلَيْكَ جَنَاحَكَ مِنَ الرَّهْبِ ۖ فَذَانِكَ بُرْهَانَانِ مِن رَّبِّكَ إِلَىٰ فِرْعَوْنَ وَمَلَئِهِ ۚ إِنَّهُمْ كَانُوا قَوْمًا فَاسِقِينَ (32) Steek u hand in u boesem; dit sal deurskynend maar sonde skade te voorskyn kom; en wees gerus, en vrees nie. Hierdie twee dinge is tekens van u Heer aan Farao en sy leiers. Waarlik, hulle is ’n sondige volk |
قَالَ رَبِّ إِنِّي قَتَلْتُ مِنْهُمْ نَفْسًا فَأَخَافُ أَن يَقْتُلُونِ (33) Hy het gesê: My Heer! Ek het een van hulle doodgemaak, en ek vrees dat hulle my sal vermoor |
وَأَخِي هَارُونُ هُوَ أَفْصَحُ مِنِّي لِسَانًا فَأَرْسِلْهُ مَعِيَ رِدْءًا يُصَدِّقُنِي ۖ إِنِّي أَخَافُ أَن يُكَذِّبُونِ (34) Maar my broer Aäron is gladder van tong as ek; stuur hom daarom as helper saam met my, sodat hy kan getuig van my waarheid, want ek vrees dat hulle my sal verloën |
قَالَ سَنَشُدُّ عَضُدَكَ بِأَخِيكَ وَنَجْعَلُ لَكُمَا سُلْطَانًا فَلَا يَصِلُونَ إِلَيْكُمَا ۚ بِآيَاتِنَا أَنتُمَا وَمَنِ اتَّبَعَكُمَا الْغَالِبُونَ (35) Hy het gesê: Ons sal u arm deur u broer versterk, en Ons sal aan julle albei gesag verleen sodat hulle julle nie sal bereik nie. Met Ons tekens sal julle albei, en diegene wat julle volg, seëvier |
فَلَمَّا جَاءَهُم مُّوسَىٰ بِآيَاتِنَا بَيِّنَاتٍ قَالُوا مَا هَٰذَا إِلَّا سِحْرٌ مُّفْتَرًى وَمَا سَمِعْنَا بِهَٰذَا فِي آبَائِنَا الْأَوَّلِينَ (36) Toe Moses met Ons duidelike tekens na hulle gekom het, het hulle gesê: Dit is niks anders nie as towerkuns, en ons het nooit van ons voorvaders iets hiervan verneem nie |
وَقَالَ مُوسَىٰ رَبِّي أَعْلَمُ بِمَن جَاءَ بِالْهُدَىٰ مِنْ عِندِهِ وَمَن تَكُونُ لَهُ عَاقِبَةُ الدَّارِ ۖ إِنَّهُ لَا يُفْلِحُ الظَّالِمُونَ (37) En Moses het gesê: My Heer weet goed wie die leiding van Hom gebring het, en vir wie die goeie einde van die Tuiste sal wees. Waarlik, die kwaaddoeners sal nooit slaag nie |
وَقَالَ فِرْعَوْنُ يَا أَيُّهَا الْمَلَأُ مَا عَلِمْتُ لَكُم مِّنْ إِلَٰهٍ غَيْرِي فَأَوْقِدْ لِي يَا هَامَانُ عَلَى الطِّينِ فَاجْعَل لِّي صَرْحًا لَّعَلِّي أَطَّلِعُ إِلَىٰ إِلَٰهِ مُوسَىٰ وَإِنِّي لَأَظُنُّهُ مِنَ الْكَاذِبِينَ (38) En Farao het gesê: O leiers! Ek weet van geen god vir julle buiten myself nie. Stook vir my ’n vuur, o Hamaan, op stene van klei, en maak vir my ’n hoë toring sodat ek kan opklim na die God van Moses, want waarlik, ek beskou hom as ’n leuenaar |
وَاسْتَكْبَرَ هُوَ وَجُنُودُهُ فِي الْأَرْضِ بِغَيْرِ الْحَقِّ وَظَنُّوا أَنَّهُمْ إِلَيْنَا لَا يُرْجَعُونَ (39) En hy was ten onregte aanmatigend in die land, hy en sy leërskare, en hulle het gedink dat hulle nooit na Ons teruggebring sou word nie |
فَأَخَذْنَاهُ وَجُنُودَهُ فَنَبَذْنَاهُمْ فِي الْيَمِّ ۖ فَانظُرْ كَيْفَ كَانَ عَاقِبَةُ الظَّالِمِينَ (40) En Ons het hom en sy leërskare gegryp en hulle in die see gewerp. Kyk dan wat was die einde van die boosdoeners |
وَجَعَلْنَاهُمْ أَئِمَّةً يَدْعُونَ إِلَى النَّارِ ۖ وَيَوْمَ الْقِيَامَةِ لَا يُنصَرُونَ (41) En Ons het hulle leiers gemaak wat na die Vuur uitnooi, en op die Dag van Opstanding sal hulle nie gehelp word nie |
وَأَتْبَعْنَاهُمْ فِي هَٰذِهِ الدُّنْيَا لَعْنَةً ۖ وَيَوْمَ الْقِيَامَةِ هُم مِّنَ الْمَقْبُوحِينَ (42) En op hierdie wêreld het Ons hulle deur ’n vloek laat agtervolg, en op die Dag van Opstanding sal hulle afskuwelik wees |
وَلَقَدْ آتَيْنَا مُوسَى الْكِتَابَ مِن بَعْدِ مَا أَهْلَكْنَا الْقُرُونَ الْأُولَىٰ بَصَائِرَ لِلنَّاسِ وَهُدًى وَرَحْمَةً لَّعَلَّهُمْ يَتَذَكَّرُونَ (43) En waarlik, Ons het Moses die Boek gegee, nadat Ons die vorige geslagte venietig het ~ daarin is duidelike bewyse vir die mense en ’n leiding en ’n genade, sodat hulle kan onthou |
وَمَا كُنتَ بِجَانِبِ الْغَرْبِيِّ إِذْ قَضَيْنَا إِلَىٰ مُوسَى الْأَمْرَ وَمَا كُنتَ مِنَ الشَّاهِدِينَ (44) En u2 was nie aan die westekant van die berg toe Ons aan Moses die gebod geopenbaar het nie, nog minder was u onder die aanwesiges |
وَلَٰكِنَّا أَنشَأْنَا قُرُونًا فَتَطَاوَلَ عَلَيْهِمُ الْعُمُرُ ۚ وَمَا كُنتَ ثَاوِيًا فِي أَهْلِ مَدْيَنَ تَتْلُو عَلَيْهِمْ آيَاتِنَا وَلَٰكِنَّا كُنَّا مُرْسِلِينَ (45) Maar Ons het baie geslagte voortgebring, en die lewe is vir hulle verleng. En u het nie onder die volk van Mede gewoon om Ons tekens voor te dra nie, maar dit was Ons wat die boodskappers gestuur het |
وَمَا كُنتَ بِجَانِبِ الطُّورِ إِذْ نَادَيْنَا وَلَٰكِن رَّحْمَةً مِّن رَّبِّكَ لِتُنذِرَ قَوْمًا مَّا أَتَاهُم مِّن نَّذِيرٍ مِّن قَبْلِكَ لَعَلَّهُمْ يَتَذَكَّرُونَ (46) En u was nie aan die kant van die berg toe Ons Moses geroep het nie; maar die kennis hiervan is ’n genade van u Heer, sodat u ’n volk kan waarsku tot wie vóór u geen waarskuwer gekom het nie, sodat hulle kan onthou |
وَلَوْلَا أَن تُصِيبَهُم مُّصِيبَةٌ بِمَا قَدَّمَتْ أَيْدِيهِمْ فَيَقُولُوا رَبَّنَا لَوْلَا أَرْسَلْتَ إِلَيْنَا رَسُولًا فَنَتَّبِعَ آيَاتِكَ وَنَكُونَ مِنَ الْمُؤْمِنِينَ (47) En omdat, indien ’n ramp oor hulle sou kom vanweë dít wat hulle hande vooruitgestuur het, hulle sal sê: Ons Heer! Waarom het U nie ’n boodskapper na ons gestuur nie sodat ons U tekens kon gevolg het en onder die gelowiges kon gewees het |
فَلَمَّا جَاءَهُمُ الْحَقُّ مِنْ عِندِنَا قَالُوا لَوْلَا أُوتِيَ مِثْلَ مَا أُوتِيَ مُوسَىٰ ۚ أَوَلَمْ يَكْفُرُوا بِمَا أُوتِيَ مُوسَىٰ مِن قَبْلُ ۖ قَالُوا سِحْرَانِ تَظَاهَرَا وَقَالُوا إِنَّا بِكُلٍّ كَافِرُونَ (48) Maar nou dat die Waarheid van Ons tot hulle gekom het, sê hulle: Waarom is aan hom nie ook gegee wat aan Moses gegee is nie? Het hulle dan nie juis dít verwerp wat voorheen aan Moses gegee is nie? Hulle sê: Twee towermiddels, die Torah en die Qur’ãn, wat mekaar ondersteun! En hulle sê: Voorwaar, ons glo nie aan één van hulle nie |
قُلْ فَأْتُوا بِكِتَابٍ مِّنْ عِندِ اللَّهِ هُوَ أَهْدَىٰ مِنْهُمَا أَتَّبِعْهُ إِن كُنتُمْ صَادِقِينَ (49) Sê: Bring dan ’n ander Boek van Allah, wat ’n beter leiding gee as hierdie twee, en ek sal dit volg, indien julle opreg is |
فَإِن لَّمْ يَسْتَجِيبُوا لَكَ فَاعْلَمْ أَنَّمَا يَتَّبِعُونَ أَهْوَاءَهُمْ ۚ وَمَنْ أَضَلُّ مِمَّنِ اتَّبَعَ هَوَاهُ بِغَيْرِ هُدًى مِّنَ اللَّهِ ۚ إِنَّ اللَّهَ لَا يَهْدِي الْقَوْمَ الظَّالِمِينَ (50) Maar as hulle u nie antwoord nie, weet dan dat hulle net hulle eie bose sienswyse volg. En wié dwaal meer as hy wat sy eie neigings volg, en nie die leiding van Allah nie? Voorwaar, Allah lei nie die onregverdiges nie |
۞ وَلَقَدْ وَصَّلْنَا لَهُمُ الْقَوْلَ لَعَلَّهُمْ يَتَذَكَّرُونَ (51) Ons het waarlik die Woord vir hulle aaneengeknoop sodat hulle kan onthou |
الَّذِينَ آتَيْنَاهُمُ الْكِتَابَ مِن قَبْلِهِ هُم بِهِ يُؤْمِنُونَ (52) Hulle aan wie Ons die Boek voorheen gegee het, glo daarin |
وَإِذَا يُتْلَىٰ عَلَيْهِمْ قَالُوا آمَنَّا بِهِ إِنَّهُ الْحَقُّ مِن رَّبِّنَا إِنَّا كُنَّا مِن قَبْلِهِ مُسْلِمِينَ (53) En wanneer dit aan hulle voorgedra word, sê hulle: Ons glo daarin. Voorwaar, dit is die Waarheid van ons Heer. Ons het ons reeds voorheen onderwerp |
أُولَٰئِكَ يُؤْتَوْنَ أَجْرَهُم مَّرَّتَيْنِ بِمَا صَبَرُوا وَيَدْرَءُونَ بِالْحَسَنَةِ السَّيِّئَةَ وَمِمَّا رَزَقْنَاهُمْ يُنفِقُونَ (54) Diesulkes sal twee maal beloon word: omdat hulle standvastig is, en omdat hulle die kwaad met die goeie afweer en aan ander meedeel van dít waarvan Ons hulle voorsien het |
وَإِذَا سَمِعُوا اللَّغْوَ أَعْرَضُوا عَنْهُ وَقَالُوا لَنَا أَعْمَالُنَا وَلَكُمْ أَعْمَالُكُمْ سَلَامٌ عَلَيْكُمْ لَا نَبْتَغِي الْجَاهِلِينَ (55) En wanneer hulle ydele gesprekke hoor, draai hulle weg daarvan, en sê: Vir ons ons dade, en vir julle jul dade. Vrede vir julle! Ons begeer nie onkundigheid nie |
إِنَّكَ لَا تَهْدِي مَنْ أَحْبَبْتَ وَلَٰكِنَّ اللَّهَ يَهْدِي مَن يَشَاءُ ۚ وَهُوَ أَعْلَمُ بِالْمُهْتَدِينَ (56) Waarlik, u sal hulle wat u liefhet, nie kan lei nie, maar Allah lei wie Hy wil; en Hy weet wie die regte weg bewandel |
وَقَالُوا إِن نَّتَّبِعِ الْهُدَىٰ مَعَكَ نُتَخَطَّفْ مِنْ أَرْضِنَا ۚ أَوَلَمْ نُمَكِّن لَّهُمْ حَرَمًا آمِنًا يُجْبَىٰ إِلَيْهِ ثَمَرَاتُ كُلِّ شَيْءٍ رِّزْقًا مِّن لَّدُنَّا وَلَٰكِنَّ أَكْثَرَهُمْ لَا يَعْلَمُونَ (57) En hulle sê: As ons die leiding saam met u sou volg, sal ons vanuit ons land weggevoer word. Het ons hulle nie in ’n veilige heiligdom bevestig, waarheen allerlei vrugte gebring word as ’n voorsiening van Ons nie? Maar die meeste van hulle weet dit nie |
وَكَمْ أَهْلَكْنَا مِن قَرْيَةٍ بَطِرَتْ مَعِيشَتَهَا ۖ فَتِلْكَ مَسَاكِنُهُمْ لَمْ تُسْكَن مِّن بَعْدِهِمْ إِلَّا قَلِيلًا ۖ وَكُنَّا نَحْنُ الْوَارِثِينَ (58) En hoeveel stede het Ons nie vernietig nie wat trots was op hulle bestaansmiddele! En daardie is hulle wonings wat tot op enkeles na nie meer bewoon word nie. En Ons is altyd die Erfgename |
وَمَا كَانَ رَبُّكَ مُهْلِكَ الْقُرَىٰ حَتَّىٰ يَبْعَثَ فِي أُمِّهَا رَسُولًا يَتْلُو عَلَيْهِمْ آيَاتِنَا ۚ وَمَا كُنَّا مُهْلِكِي الْقُرَىٰ إِلَّا وَأَهْلُهَا ظَالِمُونَ (59) En u Heer het nooit stede vernietig voordat Hy in die moederstad ’n boodskapper verwek het nie, wat Ons tekens aan hulle voordra, en nooit het Ons stede verwoes tensy die bewoners daarvan onregverdig was nie |
وَمَا أُوتِيتُم مِّن شَيْءٍ فَمَتَاعُ الْحَيَاةِ الدُّنْيَا وَزِينَتُهَا ۚ وَمَا عِندَ اللَّهِ خَيْرٌ وَأَبْقَىٰ ۚ أَفَلَا تَعْقِلُونَ (60) En watter dinge ook al aan julle gegee is, dit is slegs ’n middel van bestaan vir die lewe van hierdie wêreld en ter versiering daarvan; en wat by Allah is, is beter, en van ewige duur. Wil julle dan nie verstaan nie |
أَفَمَن وَعَدْنَاهُ وَعْدًا حَسَنًا فَهُوَ لَاقِيهِ كَمَن مَّتَّعْنَاهُ مَتَاعَ الْحَيَاةِ الدُّنْيَا ثُمَّ هُوَ يَوْمَ الْقِيَامَةِ مِنَ الْمُحْضَرِينَ (61) Is hy aan wie Ons belowe het dat guns aan hom bewys sal word, soos hy aan wie Ons in hierdie wêreld guns bewys het, maar wat op die Weeropstandingsdag een van diegene sal wees wat vir die straf opgewek sal word |
وَيَوْمَ يُنَادِيهِمْ فَيَقُولُ أَيْنَ شُرَكَائِيَ الَّذِينَ كُنتُمْ تَزْعُمُونَ (62) En op die Dag wanneer Hy hulle sal oproep en sê: Waar is diegene van wie julle beweer het dat hulle My deelgenote is |
قَالَ الَّذِينَ حَقَّ عَلَيْهِمُ الْقَوْلُ رَبَّنَا هَٰؤُلَاءِ الَّذِينَ أَغْوَيْنَا أَغْوَيْنَاهُمْ كَمَا غَوَيْنَا ۖ تَبَرَّأْنَا إِلَيْكَ ۖ مَا كَانُوا إِيَّانَا يَعْبُدُونَ (63) Dan sal diegene teen wie die Woord van krag sal word, sê: Ons Heer! Dit is húlle wat ons verplig het om af te wyk. Ons het hulle laat afdwaal soos ons self afgedwaal het. Ons betuig ons onskuld aan U. Ons het hulle nie aanbid nie |
وَقِيلَ ادْعُوا شُرَكَاءَكُمْ فَدَعَوْهُمْ فَلَمْ يَسْتَجِيبُوا لَهُمْ وَرَأَوُا الْعَذَابَ ۚ لَوْ أَنَّهُمْ كَانُوا يَهْتَدُونَ (64) En daar sal gesê word: Roep julle afgode aan. En hulle sal hul aanroep, maar hulle sal geen antwoord ontvang nie, en hulle sal die straf sien. Het hulle maar liewers die regte weg gevolg |
وَيَوْمَ يُنَادِيهِمْ فَيَقُولُ مَاذَا أَجَبْتُمُ الْمُرْسَلِينَ (65) En op dié Dag sal Hy na hulle roep en sê: Watter antwoord het julle aan die boodskappers gegee |
فَعَمِيَتْ عَلَيْهِمُ الْأَنبَاءُ يَوْمَئِذٍ فَهُمْ لَا يَتَسَاءَلُونَ (66) Op daardie Dag sal alle uitgange vir hulle duister word en hulle sal mekaar nie kan uitvra nie |
فَأَمَّا مَن تَابَ وَآمَنَ وَعَمِلَ صَالِحًا فَعَسَىٰ أَن يَكُونَ مِنَ الْمُفْلِحِينَ (67) Maar hy wat berou het en glo en goeddoen, sal dan waarskynlik by die suksesvolles wees |
وَرَبُّكَ يَخْلُقُ مَا يَشَاءُ وَيَخْتَارُ ۗ مَا كَانَ لَهُمُ الْخِيَرَةُ ۚ سُبْحَانَ اللَّهِ وَتَعَالَىٰ عَمَّا يُشْرِكُونَ (68) En u Heer skep en kies wie Hy wil. Dit is nie vir hulle om te kies nie. Eer aan Allah! Verhewe is Hy bo alles wat hulle met Hom vereenselwig |
وَرَبُّكَ يَعْلَمُ مَا تُكِنُّ صُدُورُهُمْ وَمَا يُعْلِنُونَ (69) En u Heer weet wat hulle boesems verberg en wat hulle openbaar maak |
وَهُوَ اللَّهُ لَا إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ ۖ لَهُ الْحَمْدُ فِي الْأُولَىٰ وَالْآخِرَةِ ۖ وَلَهُ الْحُكْمُ وَإِلَيْهِ تُرْجَعُونَ (70) En Hy is Allah; daar is geen god nie buiten Hom! Aan Hom behoort alle lof in hierdie wêreld en in die Hiernamaals; en die oordeel is Syne, en na Hom sal julle teruggebring word |
قُلْ أَرَأَيْتُمْ إِن جَعَلَ اللَّهُ عَلَيْكُمُ اللَّيْلَ سَرْمَدًا إِلَىٰ يَوْمِ الْقِيَامَةِ مَنْ إِلَٰهٌ غَيْرُ اللَّهِ يَأْتِيكُم بِضِيَاءٍ ۖ أَفَلَا تَسْمَعُونَ (71) Sê: Kyk, as Allah die nag onophoudelik oor julle laat voortduur tot die Opstandingsdag, wie is die god buiten Allah wat vir julle lig kan bring? Wil julle dan nie luister nie |
قُلْ أَرَأَيْتُمْ إِن جَعَلَ اللَّهُ عَلَيْكُمُ النَّهَارَ سَرْمَدًا إِلَىٰ يَوْمِ الْقِيَامَةِ مَنْ إِلَٰهٌ غَيْرُ اللَّهِ يَأْتِيكُم بِلَيْلٍ تَسْكُنُونَ فِيهِ ۖ أَفَلَا تُبْصِرُونَ (72) Sê: Kyk, as Allah die dag onophoudelik oor julle laat voortduur tot op die Opstandingsdag, wie is die god buiten Allah wat die nag kan bring waarin julle rus vind? Wil julle dan nie insien nie |
وَمِن رَّحْمَتِهِ جَعَلَ لَكُمُ اللَّيْلَ وَالنَّهَارَ لِتَسْكُنُوا فِيهِ وَلِتَبْتَغُوا مِن فَضْلِهِ وَلَعَلَّكُمْ تَشْكُرُونَ (73) En deur Sy barmhartigheid het Hy die dag en die nag vir julle gemaak, dat julle kan rus, en dat julle na Sy oorvloed kan uitsien, en sodat julle dankbaar kan wees |
وَيَوْمَ يُنَادِيهِمْ فَيَقُولُ أَيْنَ شُرَكَائِيَ الَّذِينَ كُنتُمْ تَزْعُمُونَ (74) En die Dag waarop Hy hulle sal roep en sê: Waar is My mede- dingers wat julle gedink het bestaan |
وَنَزَعْنَا مِن كُلِّ أُمَّةٍ شَهِيدًا فَقُلْنَا هَاتُوا بُرْهَانَكُمْ فَعَلِمُوا أَنَّ الْحَقَّ لِلَّهِ وَضَلَّ عَنْهُم مَّا كَانُوا يَفْتَرُونَ (75) En Ons sal uit elke volk ’n getuie neem en Ons sal sê: Bring julle bewyse. Dan sal hulle weet dat die Waarheid aan Allah behoort; en dít wat hulle versin het, sal misluk |
۞ إِنَّ قَارُونَ كَانَ مِن قَوْمِ مُوسَىٰ فَبَغَىٰ عَلَيْهِمْ ۖ وَآتَيْنَاهُ مِنَ الْكُنُوزِ مَا إِنَّ مَفَاتِحَهُ لَتَنُوءُ بِالْعُصْبَةِ أُولِي الْقُوَّةِ إِذْ قَالَ لَهُ قَوْمُهُ لَا تَفْرَحْ ۖ إِنَّ اللَّهَ لَا يُحِبُّ الْفَرِحِينَ (76) Korah het sekerlik tot die volk van Moses behoort, maar hy het hulle onderdruk, en Ons het hom soveel skatte gegee dat sy opgehoopte skatte ’n groep sterk manne sou afweeg. Toe sy volk aan hom gesê het: Moenie spog nie, want Allah hou nie van hulle wat spog nie |
وَابْتَغِ فِيمَا آتَاكَ اللَّهُ الدَّارَ الْآخِرَةَ ۖ وَلَا تَنسَ نَصِيبَكَ مِنَ الدُّنْيَا ۖ وَأَحْسِن كَمَا أَحْسَنَ اللَّهُ إِلَيْكَ ۖ وَلَا تَبْغِ الْفَسَادَ فِي الْأَرْضِ ۖ إِنَّ اللَّهَ لَا يُحِبُّ الْمُفْسِدِينَ (77) en soek na die Tuiste van die Hiernamaals deur middel van wat Allah aan u gegee het, en vergeet nie u deel aan die wêreld nie, en doen goed aan ander soos Allah aan u goed gedoen het; en skep geen wanorde in die land nie, want Allah het die sondaars nie lief nie |
قَالَ إِنَّمَا أُوتِيتُهُ عَلَىٰ عِلْمٍ عِندِي ۚ أَوَلَمْ يَعْلَمْ أَنَّ اللَّهَ قَدْ أَهْلَكَ مِن قَبْلِهِ مِنَ الْقُرُونِ مَنْ هُوَ أَشَدُّ مِنْهُ قُوَّةً وَأَكْثَرُ جَمْعًا ۚ وَلَا يُسْأَلُ عَن ذُنُوبِهِمُ الْمُجْرِمُونَ (78) het hy gesê: Dit is aan my alleen deur my kennis gegee. Het hy dan nie geweet dat Allah baie geslagte vóór hom vernietig het wat magtiger as hy was en groter in aantal nie? En die misdadigers word nie uitgevra omtrent hulle misdade nie |
فَخَرَجَ عَلَىٰ قَوْمِهِ فِي زِينَتِهِ ۖ قَالَ الَّذِينَ يُرِيدُونَ الْحَيَاةَ الدُّنْيَا يَا لَيْتَ لَنَا مِثْلَ مَا أُوتِيَ قَارُونُ إِنَّهُ لَذُو حَظٍّ عَظِيمٍ (79) So het hy na sy volk gegaan in prag en praal. Diegene wat verlang na die lewe van hierdie wêreld het gesê: Kon ons ook maar dieselfde hê as wat aan Korah gegee is! Waarlik, hy is in besit van ’n baie groot fortuin |
وَقَالَ الَّذِينَ أُوتُوا الْعِلْمَ وَيْلَكُمْ ثَوَابُ اللَّهِ خَيْرٌ لِّمَنْ آمَنَ وَعَمِلَ صَالِحًا وَلَا يُلَقَّاهَا إِلَّا الصَّابِرُونَ (80) Maar hulle aan wie kennis gegee was, het gesê: Wee julle! Die beloning van Allah vir hom wat glo en goeddoen, is beter; en dit sal aan niemand geskenk word nie behalwe aan die geduldiges |
فَخَسَفْنَا بِهِ وَبِدَارِهِ الْأَرْضَ فَمَا كَانَ لَهُ مِن فِئَةٍ يَنصُرُونَهُ مِن دُونِ اللَّهِ وَمَا كَانَ مِنَ الْمُنتَصِرِينَ (81) So het Ons dan veroorsaak dat die aarde hom en sy woning ingesluk het; en hy het geen party gehad om hom teen Allah te help nie, ook was hy nie een van diegene wat hulself kon verdedig nie |
وَأَصْبَحَ الَّذِينَ تَمَنَّوْا مَكَانَهُ بِالْأَمْسِ يَقُولُونَ وَيْكَأَنَّ اللَّهَ يَبْسُطُ الرِّزْقَ لِمَن يَشَاءُ مِنْ عِبَادِهِ وَيَقْدِرُ ۖ لَوْلَا أَن مَّنَّ اللَّهُ عَلَيْنَا لَخَسَفَ بِنَا ۖ وَيْكَأَنَّهُ لَا يُفْلِحُ الْكَافِرُونَ (82) En hulle wat die vorige dag nog sy rusplek begeer het, het toe begin sê: A! Allah vermeerder en verminder vir wie van Sy dienaars Hy wil; was dit nie vir Allah se genade nie, sou Hy ons ook verneder het. A! Die ondankbares slaag nooit |
تِلْكَ الدَّارُ الْآخِرَةُ نَجْعَلُهَا لِلَّذِينَ لَا يُرِيدُونَ عُلُوًّا فِي الْأَرْضِ وَلَا فَسَادًا ۚ وَالْعَاقِبَةُ لِلْمُتَّقِينَ (83) Die tuiste van die Hiernamaals gee Ons aan diegene wat geen selfverheffing op die aarde begeer of wanorde stig nie. En die goeie einde is daar vir diegene wat godvresend is |
مَن جَاءَ بِالْحَسَنَةِ فَلَهُ خَيْرٌ مِّنْهَا ۖ وَمَن جَاءَ بِالسَّيِّئَةِ فَلَا يُجْزَى الَّذِينَ عَمِلُوا السَّيِّئَاتِ إِلَّا مَا كَانُوا يَعْمَلُونَ (84) Hy wat met die goeie te voorskyn kom, sal met iets beters beloon word, maar hulle wat kwaad doen, sal slegs met hul eie dade vergeld word |
إِنَّ الَّذِي فَرَضَ عَلَيْكَ الْقُرْآنَ لَرَادُّكَ إِلَىٰ مَعَادٍ ۚ قُل رَّبِّي أَعْلَمُ مَن جَاءَ بِالْهُدَىٰ وَمَنْ هُوَ فِي ضَلَالٍ مُّبِينٍ (85) Hy wat die verkondiging van die Qur’ãn vir u opgelê het, sal u waarlik na die Plek van Terugkoms terugbring. Sê: My Heer weet goed wie die ware leiding gebring het en wie op ’n dwaalspoor is |
وَمَا كُنتَ تَرْجُو أَن يُلْقَىٰ إِلَيْكَ الْكِتَابُ إِلَّا رَحْمَةً مِّن رَّبِّكَ ۖ فَلَا تَكُونَنَّ ظَهِيرًا لِّلْكَافِرِينَ (86) U het nie verwag dat die Boek aan u geopenbaar sou word nie, maar dit is genade van u Heer; steun daarom nie die ongelowiges nie |
وَلَا يَصُدُّنَّكَ عَنْ آيَاتِ اللَّهِ بَعْدَ إِذْ أُنزِلَتْ إِلَيْكَ ۖ وَادْعُ إِلَىٰ رَبِّكَ ۖ وَلَا تَكُونَنَّ مِنَ الْمُشْرِكِينَ (87) En laat hulle u nie van die tekens van Allah afkeer nadat dit aan u geopenbaar is nie; en roep die mense tot u Heer, en wees nie een van die heidene nie |
وَلَا تَدْعُ مَعَ اللَّهِ إِلَٰهًا آخَرَ ۘ لَا إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ ۚ كُلُّ شَيْءٍ هَالِكٌ إِلَّا وَجْهَهُ ۚ لَهُ الْحُكْمُ وَإِلَيْهِ تُرْجَعُونَ (88) En moenie ’n ander god as Allah aanroep nie. Daar is geen god nie buiten Hom. Alles behalwe Hy sal vergaan; die Oordeel is Syne en tot Hom sal julle teruggebring word |