الم (1) Alief, Laam, Miem |
غُلِبَتِ الرُّومُ (2) Die Romeine is verslaan |
فِي أَدْنَى الْأَرْضِ وَهُم مِّن بَعْدِ غَلَبِهِمْ سَيَغْلِبُونَ (3) In ’n nabygeleë land, maar ná hulle nederlaag sal hulle weer ’n oorwinning behaal |
فِي بِضْعِ سِنِينَ ۗ لِلَّهِ الْأَمْرُ مِن قَبْلُ وَمِن بَعْدُ ۚ وَيَوْمَئِذٍ يَفْرَحُ الْمُؤْمِنُونَ (4) binne nege jaar. Die gebod is Allah s’n vóór dit en ná dit. En op daardie dag sal die gelowiges hulle verheug |
بِنَصْرِ اللَّهِ ۚ يَنصُرُ مَن يَشَاءُ ۖ وَهُوَ الْعَزِيزُ الرَّحِيمُ (5) in die hulp van Allah. Hy help wie Hy wil, en Hy is die Almagtige, die Genadige |
وَعْدَ اللَّهِ ۖ لَا يُخْلِفُ اللَّهُ وَعْدَهُ وَلَٰكِنَّ أَكْثَرَ النَّاسِ لَا يَعْلَمُونَ (6) Dít is die beloefte van Allah! Allah faal nie in Sy beloftes nie; maar die meeste mense weet dit nie |
يَعْلَمُونَ ظَاهِرًا مِّنَ الْحَيَاةِ الدُّنْيَا وَهُمْ عَنِ الْآخِرَةِ هُمْ غَافِلُونَ (7) Hulle ken slegs die skyn van die wêreldse lewe, maar aangaande die Hiernamaals is hulle argeloos |
أَوَلَمْ يَتَفَكَّرُوا فِي أَنفُسِهِم ۗ مَّا خَلَقَ اللَّهُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ وَمَا بَيْنَهُمَا إِلَّا بِالْحَقِّ وَأَجَلٍ مُّسَمًّى ۗ وَإِنَّ كَثِيرًا مِّنَ النَّاسِ بِلِقَاءِ رَبِّهِمْ لَكَافِرُونَ (8) Dink hulle nie daaroor in hul binneste nie? Allah het die hemele en die aarde en alles wat daartussen is, nie anders geskape nie as in waarheid, en vir ’n vasgestelde tyd. En tog is die meeste mense ontkenners van die ontmoeting met hulle Heer |
أَوَلَمْ يَسِيرُوا فِي الْأَرْضِ فَيَنظُرُوا كَيْفَ كَانَ عَاقِبَةُ الَّذِينَ مِن قَبْلِهِمْ ۚ كَانُوا أَشَدَّ مِنْهُمْ قُوَّةً وَأَثَارُوا الْأَرْضَ وَعَمَرُوهَا أَكْثَرَ مِمَّا عَمَرُوهَا وَجَاءَتْهُمْ رُسُلُهُم بِالْبَيِّنَاتِ ۖ فَمَا كَانَ اللَّهُ لِيَظْلِمَهُمْ وَلَٰكِن كَانُوا أَنفُسَهُمْ يَظْلِمُونَ (9) Het hulle nie op die aarde gereis en gesien wat die einde was van diegene vóór hulle nie? Hulle was sterker in mag as hulle, en het die land bewerk, en daarop gebou, meer as wat hulle gebou het. En hulle boodskappers het met duidelike bewyse by hulle gekom. Dus was dit nie Allah wat hulle onreg aangedoen het nie, maar hulle het hulself onreg aangedoen |
ثُمَّ كَانَ عَاقِبَةَ الَّذِينَ أَسَاءُوا السُّوأَىٰ أَن كَذَّبُوا بِآيَاتِ اللَّهِ وَكَانُوا بِهَا يَسْتَهْزِئُونَ (10) Bitter dan was die einde van die kwaaddoeners, omdat hulle die tekens van Allah verwerp en daarmee gespot het |
اللَّهُ يَبْدَأُ الْخَلْقَ ثُمَّ يُعِيدُهُ ثُمَّ إِلَيْهِ تُرْجَعُونَ (11) Allah laat die skepping ontstaan, dan herhaal Hy dit; daarna sal julle na Hom terugkeer |
وَيَوْمَ تَقُومُ السَّاعَةُ يُبْلِسُ الْمُجْرِمُونَ (12) En die dag waarop die Uur sal kom, sal die misdadigers wanhopig word |
وَلَمْ يَكُن لَّهُم مِّن شُرَكَائِهِمْ شُفَعَاءُ وَكَانُوا بِشُرَكَائِهِمْ كَافِرِينَ (13) En hulle sal geen bemiddelaars onder hulle afgode vind nie, en hulle sal hul afgode verwerp |
وَيَوْمَ تَقُومُ السَّاعَةُ يَوْمَئِذٍ يَتَفَرَّقُونَ (14) En op die dag waarop die Uur sal kom, sal hulle van mekaar geskei word |
فَأَمَّا الَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ فَهُمْ فِي رَوْضَةٍ يُحْبَرُونَ (15) Dan sal hulle wat gelowig was en goeie werke verrig het, in ’n Tuin geluk vind |
وَأَمَّا الَّذِينَ كَفَرُوا وَكَذَّبُوا بِآيَاتِنَا وَلِقَاءِ الْآخِرَةِ فَأُولَٰئِكَ فِي الْعَذَابِ مُحْضَرُونَ (16) Maar hulle wat nie wou glo nie en Ons tekens en die ontmoeting en die Hiernamaals verwerp het, sal voor die straf te staan kom |
فَسُبْحَانَ اللَّهِ حِينَ تُمْسُونَ وَحِينَ تُصْبِحُونَ (17) Loof Allah wanneer julle die aand ingaan, en wanneer julle die dag begin |
وَلَهُ الْحَمْدُ فِي السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ وَعَشِيًّا وَحِينَ تُظْهِرُونَ (18) En aan Hom behoort alle lof in die hemele en op aarde, en wanneer die son sak en in die namiddag |
يُخْرِجُ الْحَيَّ مِنَ الْمَيِّتِ وَيُخْرِجُ الْمَيِّتَ مِنَ الْحَيِّ وَيُحْيِي الْأَرْضَ بَعْدَ مَوْتِهَا ۚ وَكَذَٰلِكَ تُخْرَجُونَ (19) Hy bring die lewende uit die dode voort en ook die dode uit die lewende, en Hy gee die aarde lewe ná haar dood. En so sal julle ook voortgebring word |
وَمِنْ آيَاتِهِ أَنْ خَلَقَكُم مِّن تُرَابٍ ثُمَّ إِذَا أَنتُم بَشَرٌ تَنتَشِرُونَ (20) En van Sy tekens is dat Hy julle uit stof geskape het; en kyk! julle is mense wat kan versprei |
وَمِنْ آيَاتِهِ أَنْ خَلَقَ لَكُم مِّنْ أَنفُسِكُمْ أَزْوَاجًا لِّتَسْكُنُوا إِلَيْهَا وَجَعَلَ بَيْنَكُم مَّوَدَّةً وَرَحْمَةً ۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَاتٍ لِّقَوْمٍ يَتَفَكَّرُونَ (21) En van Sy tekens is dít: dat Hy uit julle midde vroue vir julle geskape het, sodat julle gemoedsrus in hulle kan vind; en Hy het liefde en teerheid tussen julle geplaas. Daarin is voorwaar tekens vir ’n volk wat nadink |
وَمِنْ آيَاتِهِ خَلْقُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ وَاخْتِلَافُ أَلْسِنَتِكُمْ وَأَلْوَانِكُمْ ۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَاتٍ لِّلْعَالِمِينَ (22) En onder Sy tekens is daar die skepping van die hemele en die aarde, en die verskeidenheid van tale wat julle praat, en julle kleure. Waarlik, daarin is tekens vir die geleerdes |
وَمِنْ آيَاتِهِ مَنَامُكُم بِاللَّيْلِ وَالنَّهَارِ وَابْتِغَاؤُكُم مِّن فَضْلِهِ ۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَاتٍ لِّقَوْمٍ يَسْمَعُونَ (23) En van Sy tekens is julle slaap gedurende die nag en julle soeke na Sy oorvloed bedags. Daarin is sekerlik tekens vir ’n volk wat wil luister |
وَمِنْ آيَاتِهِ يُرِيكُمُ الْبَرْقَ خَوْفًا وَطَمَعًا وَيُنَزِّلُ مِنَ السَّمَاءِ مَاءً فَيُحْيِي بِهِ الْأَرْضَ بَعْدَ مَوْتِهَا ۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَاتٍ لِّقَوْمٍ يَعْقِلُونَ (24) En een van Sy tekens is dít: dat Hy julle die blitsstrale wys as vrees en hoop, en dat Hy water uit die wolke afstuur waarmee hy die aarde laat herlewe ná haar dood. Hierin is sekerlik tekens vir ’n volk wat verstaan |
وَمِنْ آيَاتِهِ أَن تَقُومَ السَّمَاءُ وَالْأَرْضُ بِأَمْرِهِ ۚ ثُمَّ إِذَا دَعَاكُمْ دَعْوَةً مِّنَ الْأَرْضِ إِذَا أَنتُمْ تَخْرُجُونَ (25) En nog een van Sy tekens is dít: dat Hy die hemel en die aarde laat voortbestaan deur Sy gebod. Dan, wanneer Hy julle eenmaal roep ~ van die aarde ~ kyk! dan tree julle nader |
وَلَهُ مَن فِي السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۖ كُلٌّ لَّهُ قَانِتُونَ (26) En aan Hom behoort elkeen wat in die hemele en op die aarde is. Almal is Hom gehoorsaam |
وَهُوَ الَّذِي يَبْدَأُ الْخَلْقَ ثُمَّ يُعِيدُهُ وَهُوَ أَهْوَنُ عَلَيْهِ ۚ وَلَهُ الْمَثَلُ الْأَعْلَىٰ فِي السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۚ وَهُوَ الْعَزِيزُ الْحَكِيمُ (27) En dit is Hy wat die skepping laat ontstaan, en dit is vir Hom baie maklik. En Hom kom tereg toe die mees verhewe beskry- winge in die hemele en op die aarde; en Hy is die Almagtige, die Allerwyse |
ضَرَبَ لَكُم مَّثَلًا مِّنْ أَنفُسِكُمْ ۖ هَل لَّكُم مِّن مَّا مَلَكَتْ أَيْمَانُكُم مِّن شُرَكَاءَ فِي مَا رَزَقْنَاكُمْ فَأَنتُمْ فِيهِ سَوَاءٌ تَخَافُونَهُمْ كَخِيفَتِكُمْ أَنفُسَكُمْ ۚ كَذَٰلِكَ نُفَصِّلُ الْآيَاتِ لِقَوْمٍ يَعْقِلُونَ (28) Hy vertel vir julle ’n gelykenis aangaande julleself. Het julle onder julle ondergeskiktes, deelgenote in dít waarvan Ek julle voorsien het, sodat julle dienaangaande gelyk kan word; en vrees julle húlle, soos hulle mekaar vrees? So maak Ons Ons tekens duidelik aan ’n volk wat verstaan |
بَلِ اتَّبَعَ الَّذِينَ ظَلَمُوا أَهْوَاءَهُم بِغَيْرِ عِلْمٍ ۖ فَمَن يَهْدِي مَنْ أَضَلَّ اللَّهُ ۖ وَمَا لَهُم مِّن نَّاصِرِينَ (29) Nee, die onregverdiges volg hul eie neigings sonder kennis. En wie kan hom lei vir wie Allah laat dwaal? Vir hulle sal daar geen helpers wees nie |
فَأَقِمْ وَجْهَكَ لِلدِّينِ حَنِيفًا ۚ فِطْرَتَ اللَّهِ الَّتِي فَطَرَ النَّاسَ عَلَيْهَا ۚ لَا تَبْدِيلَ لِخَلْقِ اللَّهِ ۚ ذَٰلِكَ الدِّينُ الْقَيِّمُ وَلَٰكِنَّ أَكْثَرَ النَّاسِ لَا يَعْلَمُونَ (30) Wend daarom julle aangesig opreg tot die ware godsdiens, ooreenkomstig die natuur waarna Allah die mens geskape het. Die skepping van Allah ken geen verandering nie. Dit is die ware geloof ; maar die meeste mense weet dit nie |
۞ مُنِيبِينَ إِلَيْهِ وَاتَّقُوهُ وَأَقِيمُوا الصَّلَاةَ وَلَا تَكُونُوا مِنَ الْمُشْرِكِينَ (31) Bekeer julle tot Hom, en kom julle plig teenoor Hom na, en onderhou die gebed, en wees nie van die heidene nie |
مِنَ الَّذِينَ فَرَّقُوا دِينَهُمْ وَكَانُوا شِيَعًا ۖ كُلُّ حِزْبٍ بِمَا لَدَيْهِمْ فَرِحُونَ (32) ook nie saam met hulle wat hul godsdiens verdeel en sektes vorm nie, terwyl elke groep hul verheug in wat hulle het |
وَإِذَا مَسَّ النَّاسَ ضُرٌّ دَعَوْا رَبَّهُم مُّنِيبِينَ إِلَيْهِ ثُمَّ إِذَا أَذَاقَهُم مِّنْهُ رَحْمَةً إِذَا فَرِيقٌ مِّنْهُم بِرَبِّهِمْ يُشْرِكُونَ (33) En as ’n ramp oor die mense kom, roep hulle hul Heer aan en bekeer hul tot Hom; en as hy hulle Sy barmhartigheid laat ondervind, kyk! dan vereenselwig sommige van hulle ander met hulle Heer |
لِيَكْفُرُوا بِمَا آتَيْنَاهُمْ ۚ فَتَمَتَّعُوا فَسَوْفَ تَعْلَمُونَ (34) en is ondankbaar vir dít wat Ons aan hulle gegee het. Vermaak julle ’n tydjie; maar julle sal dit weldra te wete kom |
أَمْ أَنزَلْنَا عَلَيْهِمْ سُلْطَانًا فَهُوَ يَتَكَلَّمُ بِمَا كَانُوا بِهِ يُشْرِكُونَ (35) Of het Ons enige gesag vir hulle neergestuur wat uitspraak gee aangaande dít wat hulle met Hom vereenselwig |
وَإِذَا أَذَقْنَا النَّاسَ رَحْمَةً فَرِحُوا بِهَا ۖ وَإِن تُصِبْهُمْ سَيِّئَةٌ بِمَا قَدَّمَتْ أَيْدِيهِمْ إِذَا هُمْ يَقْنَطُونَ (36) En wanneer Ons die mense barmhartigheid laat smaak, verheug hulle hul daarin; maar as ’n kwaad oor hulle kom as gevolg van wat hulle eie hande verrig het, kyk! dan is hulle wanhopig |
أَوَلَمْ يَرَوْا أَنَّ اللَّهَ يَبْسُطُ الرِّزْقَ لِمَن يَشَاءُ وَيَقْدِرُ ۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَاتٍ لِّقَوْمٍ يُؤْمِنُونَ (37) Sien hulle dan nie dat Allah die voorsiening vergroot en verklein vir wie Hy wil nie? Daarin is waarlik tekens vir ’n volk wat glo |
فَآتِ ذَا الْقُرْبَىٰ حَقَّهُ وَالْمِسْكِينَ وَابْنَ السَّبِيلِ ۚ ذَٰلِكَ خَيْرٌ لِّلَّذِينَ يُرِيدُونَ وَجْهَ اللَّهِ ۖ وَأُولَٰئِكَ هُمُ الْمُفْلِحُونَ (38) Gee dan aan die familie wat hulle toekom, asook aan die behoeftiges en die reisigers. Dit is die beste vir hulle wat die welbehae van Allah verlang, en hulle is dié wat sal slaag |
وَمَا آتَيْتُم مِّن رِّبًا لِّيَرْبُوَ فِي أَمْوَالِ النَّاسِ فَلَا يَرْبُو عِندَ اللَّهِ ۖ وَمَا آتَيْتُم مِّن زَكَاةٍ تُرِيدُونَ وَجْهَ اللَّهِ فَأُولَٰئِكَ هُمُ الْمُضْعِفُونَ (39) En wie geld op rente uitleen sodat dit kan toeneem deur wat ander besit, by Allah neem dit nie toe nie; slegs dít wat julle as offergawes bestee terwyl julle die welbelhae van Allah verlang |
اللَّهُ الَّذِي خَلَقَكُمْ ثُمَّ رَزَقَكُمْ ثُمَّ يُمِيتُكُمْ ثُمَّ يُحْيِيكُمْ ۖ هَلْ مِن شُرَكَائِكُم مَّن يَفْعَلُ مِن ذَٰلِكُم مِّن شَيْءٍ ۚ سُبْحَانَهُ وَتَعَالَىٰ عَمَّا يُشْرِكُونَ (40) Dit is Allah wat julle geskape het, wat vir julle sorg en julle daarna laat sterf; waarna Hy julle sal laat herleef. Is daar enigeen onder julle afgode wat iets dergeliks kan doen? Heilig is Hy, en verhewe bo wat hulle met Hom vereenselwig |
ظَهَرَ الْفَسَادُ فِي الْبَرِّ وَالْبَحْرِ بِمَا كَسَبَتْ أَيْدِي النَّاسِ لِيُذِيقَهُم بَعْضَ الَّذِي عَمِلُوا لَعَلَّهُمْ يَرْجِعُونَ (41) Boosheid het oor die land en die see gekom ten gevolge van dít wat die hande van die mense bewerk het, sodat Hy hulle ’n deel van wat hulle doen, kon laat smaak, en sodat hulle hul kon bekeer |
قُلْ سِيرُوا فِي الْأَرْضِ فَانظُرُوا كَيْفَ كَانَ عَاقِبَةُ الَّذِينَ مِن قَبْلُ ۚ كَانَ أَكْثَرُهُم مُّشْرِكِينَ (42) Sê: Reis deur die land, en kyk wat was die einde van diegene wat voorheen geleef het! Die meeste van hulle was heidene |
فَأَقِمْ وَجْهَكَ لِلدِّينِ الْقَيِّمِ مِن قَبْلِ أَن يَأْتِيَ يَوْمٌ لَّا مَرَدَّ لَهُ مِنَ اللَّهِ ۖ يَوْمَئِذٍ يَصَّدَّعُونَ (43) Wend dan u aangesig opreg tot die ware godsdiens, voordat die onafwendbare Dag van Allah kom. Op daardie Dag sal die mensdom geskei word |
مَن كَفَرَ فَعَلَيْهِ كُفْرُهُ ۖ وَمَنْ عَمِلَ صَالِحًا فَلِأَنفُسِهِمْ يَمْهَدُونَ (44) Wie nie glo nie, sal verantwoordelik wees vir sy ongeloof; en wie goeddoen, hulle het goed vir hulle eie siele voorberei |
لِيَجْزِيَ الَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ مِن فَضْلِهِ ۚ إِنَّهُ لَا يُحِبُّ الْكَافِرِينَ (45) sodat Hy diegene wat glo en goeddoen, mag beloon uit Sy oorvloed. Voorwaar, Hy het die ongelowiges nie lief nie |
وَمِنْ آيَاتِهِ أَن يُرْسِلَ الرِّيَاحَ مُبَشِّرَاتٍ وَلِيُذِيقَكُم مِّن رَّحْمَتِهِ وَلِتَجْرِيَ الْفُلْكُ بِأَمْرِهِ وَلِتَبْتَغُوا مِن فَضْلِهِ وَلَعَلَّكُمْ تَشْكُرُونَ (46) En een van Sy tekens is dit: dat Hy die winde met blye voor- uitsigte uitstuur, sodat Hy julle van Sy genade mag laat smaak; en dat die skepe op Sy gebod mag vaar, en dat julle na Sy oorvloed mag soek, en dat julle dankbaar mag wees |
وَلَقَدْ أَرْسَلْنَا مِن قَبْلِكَ رُسُلًا إِلَىٰ قَوْمِهِمْ فَجَاءُوهُم بِالْبَيِّنَاتِ فَانتَقَمْنَا مِنَ الَّذِينَ أَجْرَمُوا ۖ وَكَانَ حَقًّا عَلَيْنَا نَصْرُ الْمُؤْمِنِينَ (47) En sekerlik het Ons vóór julle boodskappers na hul volke gestuur wat met duidelike bewyse by hulle gekom het. Daarna het Ons die misdadigers gestraf. En dit is altyd Ons plig om die gelowiges te help |
اللَّهُ الَّذِي يُرْسِلُ الرِّيَاحَ فَتُثِيرُ سَحَابًا فَيَبْسُطُهُ فِي السَّمَاءِ كَيْفَ يَشَاءُ وَيَجْعَلُهُ كِسَفًا فَتَرَى الْوَدْقَ يَخْرُجُ مِنْ خِلَالِهِ ۖ فَإِذَا أَصَابَ بِهِ مَن يَشَاءُ مِنْ عِبَادِهِ إِذَا هُمْ يَسْتَبْشِرُونَ (48) Dit is Allah wat die winde voortstuur sodat hulle ’n wolk laat oprys, dan versprei Hy dit in die lug soos Hy wil, en Hy breek dit, sodat julle die reën uit hulle midde sien neerstort. En wan- neer Hy dit laat val op wie van Sy dienaars hy wil, kyk! dan verheug hulle hulle |
وَإِن كَانُوا مِن قَبْلِ أَن يُنَزَّلَ عَلَيْهِم مِّن قَبْلِهِ لَمُبْلِسِينَ (49) ofskoon hulle voorheen, voordat dit oor hulle afgestuur is, wan- hopig was |
فَانظُرْ إِلَىٰ آثَارِ رَحْمَتِ اللَّهِ كَيْفَ يُحْيِي الْأَرْضَ بَعْدَ مَوْتِهَا ۚ إِنَّ ذَٰلِكَ لَمُحْيِي الْمَوْتَىٰ ۖ وَهُوَ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (50) Kyk dan na die tekens van Allah se barmhartigheid, hoe Hy die aarde laat herlewe ná haar dood. Voorwaar, Hy is die Opwekker van die dode; en Hy het mag oor alle dinge |
وَلَئِنْ أَرْسَلْنَا رِيحًا فَرَأَوْهُ مُصْفَرًّا لَّظَلُّوا مِن بَعْدِهِ يَكْفُرُونَ (51) En as Ons ’n droë wind stuur, en hulle sien hoe dit die plante verdor, sal hulle sekerlik in hulle ongeloof volhard |
فَإِنَّكَ لَا تُسْمِعُ الْمَوْتَىٰ وَلَا تُسْمِعُ الصُّمَّ الدُّعَاءَ إِذَا وَلَّوْا مُدْبِرِينَ (52) Waarlik, u kan nie die dooies laat hoor nie, nóg kan die dowes iemand hoor roep wanneer hulle u hul rug toekeer |
وَمَا أَنتَ بِهَادِ الْعُمْيِ عَن ضَلَالَتِهِمْ ۖ إِن تُسْمِعُ إِلَّا مَن يُؤْمِنُ بِآيَاتِنَا فَهُم مُّسْلِمُونَ (53) Ook kan u die blindes van hulle dwaling nie aflei nie. U kan slegs húlle laat hoor wat in Ons tekens glo, sodat hulle hul onderdanig maak |
۞ اللَّهُ الَّذِي خَلَقَكُم مِّن ضَعْفٍ ثُمَّ جَعَلَ مِن بَعْدِ ضَعْفٍ قُوَّةً ثُمَّ جَعَلَ مِن بَعْدِ قُوَّةٍ ضَعْفًا وَشَيْبَةً ۚ يَخْلُقُ مَا يَشَاءُ ۖ وَهُوَ الْعَلِيمُ الْقَدِيرُ (54) Dit is Allah wat julle uit ’n toestand van swakheid geskape het, waarna Hy aan die swakke krag gegee het, en wat ná die krag, weer die swakheid en grysheid verorden. Hy skep wat Hy wil, en Hy is die Alleswetende, die Allermagtige |
وَيَوْمَ تَقُومُ السَّاعَةُ يُقْسِمُ الْمُجْرِمُونَ مَا لَبِثُوا غَيْرَ سَاعَةٍ ۚ كَذَٰلِكَ كَانُوا يُؤْفَكُونَ (55) En die Dag waarop die Uur kom, sal die misdadigers sweer dat hulle slegs ’n uur gelewe het. So word hulle bedrieg |
وَقَالَ الَّذِينَ أُوتُوا الْعِلْمَ وَالْإِيمَانَ لَقَدْ لَبِثْتُمْ فِي كِتَابِ اللَّهِ إِلَىٰ يَوْمِ الْبَعْثِ ۖ فَهَٰذَا يَوْمُ الْبَعْثِ وَلَٰكِنَّكُمْ كُنتُمْ لَا تَعْلَمُونَ (56) Maar hulle aan wie kennis en geloof gegee is, sal sê: Volgens die verordening van Allah het julle inderdaad tot die Dag van Opstanding vertoef. En nou is dit die Opstandingsdag, maar julle het dit nie geweet nie |
فَيَوْمَئِذٍ لَّا يَنفَعُ الَّذِينَ ظَلَمُوا مَعْذِرَتُهُمْ وَلَا هُمْ يُسْتَعْتَبُونَ (57) Daarom sal hulle verontskuldiginge die onregverdiges op daardie Dag nie baat nie, ook sal aan hulle geen welwillendheid bewys word nie |
وَلَقَدْ ضَرَبْنَا لِلنَّاسِ فِي هَٰذَا الْقُرْآنِ مِن كُلِّ مَثَلٍ ۚ وَلَئِن جِئْتَهُم بِآيَةٍ لَّيَقُولَنَّ الَّذِينَ كَفَرُوا إِنْ أَنتُمْ إِلَّا مُبْطِلُونَ (58) Waarlik, Ons het in hierdie Qur’ãn allerlei gelykenisse aan die mense voorgehou. Waarlik, as u aan hulle ’n teken toon, sal die ongelowiges sê: Julle is slegs bedrieërs |
كَذَٰلِكَ يَطْبَعُ اللَّهُ عَلَىٰ قُلُوبِ الَّذِينَ لَا يَعْلَمُونَ (59) So verseël Allah die harte van hulle wat nie wíl weet nie |
فَاصْبِرْ إِنَّ وَعْدَ اللَّهِ حَقٌّ ۖ وَلَا يَسْتَخِفَّنَّكَ الَّذِينَ لَا يُوقِنُونَ (60) Wees dan geduldig; waarlik, die Belofte van Allah is waar; en laat hulle wat geen sekerheid het nie, u nie verontrus nie |