وَالنَّازِعَاتِ غَرْقًا (1) By hulle wat met geweld uitruk |
وَالنَّاشِطَاتِ نَشْطًا (2) En by diegene wat in vreugde voortgaan |
وَالسَّابِحَاتِ سَبْحًا (3) En by hulle wat vinnig hardloop |
فَالسَّابِقَاتِ سَبْقًا (4) En by diegene wat die voorsprong neem soos in ’n resies |
فَالْمُدَبِّرَاتِ أَمْرًا (5) En by hulle wat aan die beheer staan |
يَوْمَ تَرْجُفُ الرَّاجِفَةُ (6) Die Dag waarop die bewende aarde nog meer sal bewe |
تَتْبَعُهَا الرَّادِفَةُ (7) wat daarna volg, sal moet gebeur |
قُلُوبٌ يَوْمَئِذٍ وَاجِفَةٌ (8) Op dié Dag sal die harte klop |
أَبْصَارُهَا خَاشِعَةٌ (9) en die oë sal neergeslaan wees |
يَقُولُونَ أَإِنَّا لَمَرْدُودُونَ فِي الْحَافِرَةِ (10) Hulle1 sê: Sal ons werklik weer word soos ons was |
أَإِذَا كُنَّا عِظَامًا نَّخِرَةً (11) selfs al het ons verrotte beendere geword |
قَالُوا تِلْكَ إِذًا كَرَّةٌ خَاسِرَةٌ (12) Hulle sê: Hierdie terugkeer sal ’n verlies wees |
فَإِنَّمَا هِيَ زَجْرَةٌ وَاحِدَةٌ (13) Dit is slegs ’n enkele kreet |
فَإِذَا هُم بِالسَّاهِرَةِ (14) En kyk! hulle sal ontwaak |
هَلْ أَتَاكَ حَدِيثُ مُوسَىٰ (15) Het u nie die verhaal van Moses gehoor nie |
إِذْ نَادَاهُ رَبُّهُ بِالْوَادِ الْمُقَدَّسِ طُوًى (16) hoe sy Heer hom in die heilige dal van Toewaa twee maal geroep het nie |
اذْهَبْ إِلَىٰ فِرْعَوْنَ إِنَّهُ طَغَىٰ (17) Hoe Hy gesê het: Gaan na Farao, want hy is opstandig |
فَقُلْ هَل لَّكَ إِلَىٰ أَن تَزَكَّىٰ (18) En sê: Sal u uself nie louter nie |
وَأَهْدِيَكَ إِلَىٰ رَبِّكَ فَتَخْشَىٰ (19) Ek sal u tot u Heer lei, sodat u Hom kan vrees |
فَأَرَاهُ الْآيَةَ الْكُبْرَىٰ (20) Toe het Moses hom die groot teken gewys |
فَكَذَّبَ وَعَصَىٰ (21) maar hy het dit verwerp, en was ongehoorsaam |
ثُمَّ أَدْبَرَ يَسْعَىٰ (22) toe het hy haastig teruggegaan |
فَحَشَرَ فَنَادَىٰ (23) sy volk versamel en uitgeroep |
فَقَالَ أَنَا رَبُّكُمُ الْأَعْلَىٰ (24) Toe het hy gesê: Ek is julle heer, die allerhoogste |
فَأَخَذَهُ اللَّهُ نَكَالَ الْآخِرَةِ وَالْأُولَىٰ (25) Daarop het Allah hom gestraf met ’n vergelding in hierdie lewe, sowel as in die Hiernamaals |
إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَعِبْرَةً لِّمَن يَخْشَىٰ (26) Waarlik, hierin is ’n les vir hom wat vrees |
أَأَنتُمْ أَشَدُّ خَلْقًا أَمِ السَّمَاءُ ۚ بَنَاهَا (27) Is julle moeiliker om te skep as die hemel? Hý het dit gemaak |
رَفَعَ سَمْكَهَا فَسَوَّاهَا (28) En Hy het die hoogte daarvan verhef, en dit volmaak gemaak |
وَأَغْطَشَ لَيْلَهَا وَأَخْرَجَ ضُحَاهَا (29) En Hy het die nag daarvan donker gemaak, en die lig daarvan laat skyn |
وَالْأَرْضَ بَعْدَ ذَٰلِكَ دَحَاهَا (30) En die aarde, Hy het dit daarna uitgewerp |
أَخْرَجَ مِنْهَا مَاءَهَا وَمَرْعَاهَا (31) Daarvan het Hy sy water en sy weigras voortgebring |
وَالْجِبَالَ أَرْسَاهَا (32) En die berge het Hy onwrikbaar gemaak |
مَتَاعًا لَّكُمْ وَلِأَنْعَامِكُمْ (33) ’n voorsiening vir julle en julle vee |
فَإِذَا جَاءَتِ الطَّامَّةُ الْكُبْرَىٰ (34) Maar as die Groot Rampspoed sal kom |
يَوْمَ يَتَذَكَّرُ الْإِنسَانُ مَا سَعَىٰ (35) die Dag waarop die mens alles sal onthou waarvoor hy gestrewe het |
وَبُرِّزَتِ الْجَحِيمُ لِمَن يَرَىٰ (36) en die Hel sigbaar gemaak sal word vir hom wat sien |
فَأَمَّا مَن طَغَىٰ (37) dan, aangaande die opstandige |
وَآثَرَ الْحَيَاةَ الدُّنْيَا (38) wat die lewe van hierdie wêreld verkies |
فَإِنَّ الْجَحِيمَ هِيَ الْمَأْوَىٰ (39) Die Brandende Vuur sal sy tuiste wees |
وَأَمَّا مَنْ خَافَ مَقَامَ رَبِّهِ وَنَهَى النَّفْسَ عَنِ الْهَوَىٰ (40) Maar aangaande hom wat vrees om voor sy Heer te staan, en sy lae neigings bedwing |
فَإِنَّ الْجَنَّةَ هِيَ الْمَأْوَىٰ (41) Die Paradys sal sekerlik sy verblyf wees |
يَسْأَلُونَكَ عَنِ السَّاعَةِ أَيَّانَ مُرْسَاهَا (42) Hulle vra u omtrent die Uur: Wanneer sal dit kom |
فِيمَ أَنتَ مِن ذِكْرَاهَا (43) Wat kan u daaromtrent verkondig |
إِلَىٰ رَبِّكَ مُنتَهَاهَا (44) Die koms daarvan berus by u Heer |
إِنَّمَا أَنتَ مُنذِرُ مَن يَخْشَاهَا (45) U is slegs ’n waarskuwer vir hom wat dit vrees |
كَأَنَّهُمْ يَوْمَ يَرَوْنَهَا لَمْ يَلْبَثُوا إِلَّا عَشِيَّةً أَوْ ضُحَاهَا (46) Op die Dag wanneer hulle dit sal sien, sal dit wees asof hulle slegs ’n aand of ’n oggend vertoef het |