سَبَّحَ لِلَّهِ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۖ وَهُوَ الْعَزِيزُ الْحَكِيمُ (1) Wat daar ook al in die hemele en op aarde is, verheerlik Allah, en Hy is die Allermagtige, die Allerwyse |
لَهُ مُلْكُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۖ يُحْيِي وَيُمِيتُ ۖ وَهُوَ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (2) Aan Hom behoort die koninkryk van die hemele en die aarde. Hy gee lewe en ook die dood; en Hy het mag oor alle dinge |
هُوَ الْأَوَّلُ وَالْآخِرُ وَالظَّاهِرُ وَالْبَاطِنُ ۖ وَهُوَ بِكُلِّ شَيْءٍ عَلِيمٌ (3) Hy is die Eerse en die Laaste, die Openbaring en die Verbor- gene; Hy het kennis van alle dinge |
هُوَ الَّذِي خَلَقَ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضَ فِي سِتَّةِ أَيَّامٍ ثُمَّ اسْتَوَىٰ عَلَى الْعَرْشِ ۚ يَعْلَمُ مَا يَلِجُ فِي الْأَرْضِ وَمَا يَخْرُجُ مِنْهَا وَمَا يَنزِلُ مِنَ السَّمَاءِ وَمَا يَعْرُجُ فِيهَا ۖ وَهُوَ مَعَكُمْ أَيْنَ مَا كُنتُمْ ۚ وَاللَّهُ بِمَا تَعْمَلُونَ بَصِيرٌ (4) Dit is Hy wat die hemele en die aarde in ses tydperke geskape het, en Hy is op die Troon van Mag bevestig. Hy weet wat in die aarde ingaan en wat daaruit voortkom, en wat uit die hemel afkom en wat daarnatoe opstyg. En Hy is saam met julle waar julle ook al mag wees. En Allah sien alles wat julle doen |
لَّهُ مُلْكُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۚ وَإِلَى اللَّهِ تُرْجَعُ الْأُمُورُ (5) Aan Hom behoort die koninkryk van die hemele en die aarde; en na Allah word alle dinge teruggebring |
يُولِجُ اللَّيْلَ فِي النَّهَارِ وَيُولِجُ النَّهَارَ فِي اللَّيْلِ ۚ وَهُوَ عَلِيمٌ بِذَاتِ الصُّدُورِ (6) Hy laat die nag in die dag oorgaan, en die dag in die nag. En Hy weet wat in die harte omgaan |
آمِنُوا بِاللَّهِ وَرَسُولِهِ وَأَنفِقُوا مِمَّا جَعَلَكُم مُّسْتَخْلَفِينَ فِيهِ ۖ فَالَّذِينَ آمَنُوا مِنكُمْ وَأَنفَقُوا لَهُمْ أَجْرٌ كَبِيرٌ (7) Glo in Allah en Sy Boodskapper, en bestee van dít waarvan Hy julle erfgename gemaak het. Diegene van julle wat dan glo en bestee, vir julle is daar ’n groot beloning |
وَمَا لَكُمْ لَا تُؤْمِنُونَ بِاللَّهِ ۙ وَالرَّسُولُ يَدْعُوكُمْ لِتُؤْمِنُوا بِرَبِّكُمْ وَقَدْ أَخَذَ مِيثَاقَكُمْ إِن كُنتُم مُّؤْمِنِينَ (8) Om watter rede wil julle nie in Allah glo nie? En die Bood- skapper nooi julle uit om in julle Heer te glo, en Hy het julle verbond inderdaad aangeneem, indien julle gelowiges is |
هُوَ الَّذِي يُنَزِّلُ عَلَىٰ عَبْدِهِ آيَاتٍ بَيِّنَاتٍ لِّيُخْرِجَكُم مِّنَ الظُّلُمَاتِ إِلَى النُّورِ ۚ وَإِنَّ اللَّهَ بِكُمْ لَرَءُوفٌ رَّحِيمٌ (9) Dit is Hy wat duidelike tekens na Sy dienaar afstuur, sodat hy julle uit die duisternis in die lig mag bring. En waarlik, Allah is Liefderyk, Genadevol teenoor julle |
وَمَا لَكُمْ أَلَّا تُنفِقُوا فِي سَبِيلِ اللَّهِ وَلِلَّهِ مِيرَاثُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ ۚ لَا يَسْتَوِي مِنكُم مَّنْ أَنفَقَ مِن قَبْلِ الْفَتْحِ وَقَاتَلَ ۚ أُولَٰئِكَ أَعْظَمُ دَرَجَةً مِّنَ الَّذِينَ أَنفَقُوا مِن بَعْدُ وَقَاتَلُوا ۚ وَكُلًّا وَعَدَ اللَّهُ الْحُسْنَىٰ ۚ وَاللَّهُ بِمَا تَعْمَلُونَ خَبِيرٌ (10) En wat makeer julle dan dat julle nie in die weg van Allah bestee nie? En aan Allah behoort die erfenis van die hemele en die aarde. Diegene van julle wat vóór die Oorwinning bestee het en geveg het, is nie gelyk nie, maar hoër in rang as hulle wat daarná bestee het en geveg het. En Allah het goed aan almal belowe. En Allah is Bewus van wat julle doen |
مَّن ذَا الَّذِي يُقْرِضُ اللَّهَ قَرْضًا حَسَنًا فَيُضَاعِفَهُ لَهُ وَلَهُ أَجْرٌ كَرِيمٌ (11) Wie sal vir Allah ’n goeie lening aanbied? ~ Hy sal dit dan vir hom verdubbel, en hy sal ’n voortreflike beloning kry |
يَوْمَ تَرَى الْمُؤْمِنِينَ وَالْمُؤْمِنَاتِ يَسْعَىٰ نُورُهُم بَيْنَ أَيْدِيهِمْ وَبِأَيْمَانِهِم بُشْرَاكُمُ الْيَوْمَ جَنَّاتٌ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا ۚ ذَٰلِكَ هُوَ الْفَوْزُ الْعَظِيمُ (12) Op daardie Dag sal u die gelowige mans en die gelowige vroue sien; hulle lig sal voor hulle en aan hulle regterhand uitstraal. Goeie nuus vir julle bring hierdie Dag: Tuine waardeur riviere vloei, waarin julle sal bly! Dít is die grootste sukses |
يَوْمَ يَقُولُ الْمُنَافِقُونَ وَالْمُنَافِقَاتُ لِلَّذِينَ آمَنُوا انظُرُونَا نَقْتَبِسْ مِن نُّورِكُمْ قِيلَ ارْجِعُوا وَرَاءَكُمْ فَالْتَمِسُوا نُورًا فَضُرِبَ بَيْنَهُم بِسُورٍ لَّهُ بَابٌ بَاطِنُهُ فِيهِ الرَّحْمَةُ وَظَاهِرُهُ مِن قِبَلِهِ الْعَذَابُ (13) Op die Dag wanneer die huigelagtige mans en vroue aan die gelowiges sal sê: Wag op ons, sodat ons van julle lig kan leen, sal gesê word: Gaan terug en soek lig. Dan sal ’n muur met ’n deur daarin tussen hulle opgerig word. Aan die binnekant sal barmhartigheid wees, en aan die buitekant sal straf wees |
يُنَادُونَهُمْ أَلَمْ نَكُن مَّعَكُمْ ۖ قَالُوا بَلَىٰ وَلَٰكِنَّكُمْ فَتَنتُمْ أَنفُسَكُمْ وَتَرَبَّصْتُمْ وَارْتَبْتُمْ وَغَرَّتْكُمُ الْأَمَانِيُّ حَتَّىٰ جَاءَ أَمْرُ اللَّهِ وَغَرَّكُم بِاللَّهِ الْغَرُورُ (14) Hulle sal tot die gelowiges roep: Was ons nie saam met julle nie? Hulle sal sê: Ja, maar julle het in die versoeking verval, en julle het gewag en getwyfel en julle ydele begeertes het julle bedrieg, en toe het die dreigende straf gekom; die aartsbedrieër het julle waarlik omtrent Allah bedrieg |
فَالْيَوْمَ لَا يُؤْخَذُ مِنكُمْ فِدْيَةٌ وَلَا مِنَ الَّذِينَ كَفَرُوا ۚ مَأْوَاكُمُ النَّارُ ۖ هِيَ مَوْلَاكُمْ ۖ وَبِئْسَ الْمَصِيرُ (15) Vandag dan, sal geen losprys van julle aangeneem word nie, en ook nie van die ongelowiges nie. Julle verblyf is in die Vuur; boos is julle beskermheer, en boos die bestemming |
۞ أَلَمْ يَأْنِ لِلَّذِينَ آمَنُوا أَن تَخْشَعَ قُلُوبُهُمْ لِذِكْرِ اللَّهِ وَمَا نَزَلَ مِنَ الْحَقِّ وَلَا يَكُونُوا كَالَّذِينَ أُوتُوا الْكِتَابَ مِن قَبْلُ فَطَالَ عَلَيْهِمُ الْأَمَدُ فَقَسَتْ قُلُوبُهُمْ ۖ وَكَثِيرٌ مِّنْهُمْ فَاسِقُونَ (16) Het die tyd nog nie aangebreek dat die gelowiges hulle harte sal verootmoedig oor die oordenkinge van Allah en die Waarheid wat geopenbaar is nie? En dat hulle nie moet wees soos diegene aan wie die Boek voorheen gegee is nie? Maar die tyd is vir hulle verleng; daarom het hulle hul harte verhard. En die meeste van hulle is oortreders |
اعْلَمُوا أَنَّ اللَّهَ يُحْيِي الْأَرْضَ بَعْدَ مَوْتِهَا ۚ قَدْ بَيَّنَّا لَكُمُ الْآيَاتِ لَعَلَّكُمْ تَعْقِلُونَ (17) Weet dan Allah die aarde laat herlewe ná sy dood. Inderdaad het Ons die tekens vir julle verduidelik sodat julle kan verstaan |
إِنَّ الْمُصَّدِّقِينَ وَالْمُصَّدِّقَاتِ وَأَقْرَضُوا اللَّهَ قَرْضًا حَسَنًا يُضَاعَفُ لَهُمْ وَلَهُمْ أَجْرٌ كَرِيمٌ (18) Die mans wat offergawes gee en die vroue wat offergawes gee en ’n goeie lening vir Allah aanbied, vir hulle sal dit verdubbel word, en vir hulle is daar ’n voortreflike beloning |
وَالَّذِينَ آمَنُوا بِاللَّهِ وَرُسُلِهِ أُولَٰئِكَ هُمُ الصِّدِّيقُونَ ۖ وَالشُّهَدَاءُ عِندَ رَبِّهِمْ لَهُمْ أَجْرُهُمْ وَنُورُهُمْ ۖ وَالَّذِينَ كَفَرُوا وَكَذَّبُوا بِآيَاتِنَا أُولَٰئِكَ أَصْحَابُ الْجَحِيمِ (19) Hulle wat in Allah en Sy boodskappers glo, hulle is die opregtes en die martelaars in die oë van hulle Heer. Hulle sal hulle beloning en hulle lig ontvang. En hulle wat nie wou glo nie en Ons tekens verwerp het, hulle is die bewoners van die Hel |
اعْلَمُوا أَنَّمَا الْحَيَاةُ الدُّنْيَا لَعِبٌ وَلَهْوٌ وَزِينَةٌ وَتَفَاخُرٌ بَيْنَكُمْ وَتَكَاثُرٌ فِي الْأَمْوَالِ وَالْأَوْلَادِ ۖ كَمَثَلِ غَيْثٍ أَعْجَبَ الْكُفَّارَ نَبَاتُهُ ثُمَّ يَهِيجُ فَتَرَاهُ مُصْفَرًّا ثُمَّ يَكُونُ حُطَامًا ۖ وَفِي الْآخِرَةِ عَذَابٌ شَدِيدٌ وَمَغْفِرَةٌ مِّنَ اللَّهِ وَرِضْوَانٌ ۚ وَمَا الْحَيَاةُ الدُّنْيَا إِلَّا مَتَاعُ الْغُرُورِ (20) Weet dan dat die lewe van hierdie wêreld maar net ’n spel en vermaak en vrolikheid, en ’n gespog onder mekaar en ’n wedywering in die vermeerdering van rykdom en kinders is. Dit is soos reën, wat die kwekers trots laat voel op hulle landerye. Daarna verlep dit, en julle sien dit geel word, en dit word kaf. En in die Hiernamaals is ’n streng kastyding ~ maar ook vergifnis ~ van Allah, en Sy welbehae. En die lewe van hierdie wêreld is niks anders nie as ’n bron van bedrog |
سَابِقُوا إِلَىٰ مَغْفِرَةٍ مِّن رَّبِّكُمْ وَجَنَّةٍ عَرْضُهَا كَعَرْضِ السَّمَاءِ وَالْأَرْضِ أُعِدَّتْ لِلَّذِينَ آمَنُوا بِاللَّهِ وَرُسُلِهِ ۚ ذَٰلِكَ فَضْلُ اللَّهِ يُؤْتِيهِ مَن يَشَاءُ ۚ وَاللَّهُ ذُو الْفَضْلِ الْعَظِيمِ (21) Wedywer dan om die vergifnis van julle Heer en vir die Paradys, waarvan die breedte gelyk is aan die breedte tussen die hemel en die aarde, voorberei vir diegene wat in Allah en Sy boodskappers glo. Dít is die genade van Allah; Hy gee dit aan wie Hy wil. En Allah is die Heer van magtige goedertierenheid |
مَا أَصَابَ مِن مُّصِيبَةٍ فِي الْأَرْضِ وَلَا فِي أَنفُسِكُمْ إِلَّا فِي كِتَابٍ مِّن قَبْلِ أَن نَّبْرَأَهَا ۚ إِنَّ ذَٰلِكَ عَلَى اللَّهِ يَسِيرٌ (22) Daar gebeur geen ongeluk op die aarde of met julle nie, of dit is in ’n boek aangeteken nog voordat Ons dit in die lewe roep ~ voorwaar, dit is maklik vir Allah |
لِّكَيْلَا تَأْسَوْا عَلَىٰ مَا فَاتَكُمْ وَلَا تَفْرَحُوا بِمَا آتَاكُمْ ۗ وَاللَّهُ لَا يُحِبُّ كُلَّ مُخْتَالٍ فَخُورٍ (23) sodat julle nie moet treur oor wat julle verloor het nie, of juig oor wat Hy julle gegee het nie. En Allah het die verwaande grootprater nie lief nie |
الَّذِينَ يَبْخَلُونَ وَيَأْمُرُونَ النَّاسَ بِالْبُخْلِ ۗ وَمَن يَتَوَلَّ فَإِنَّ اللَّهَ هُوَ الْغَنِيُّ الْحَمِيدُ (24) ook nie dié wat suinig is of wat die mense aanspoor om suinig te wees nie. En wie ook al wegdraai, voorwaar, Allah is Selfgenoegsaam, die Lofwaardige |
لَقَدْ أَرْسَلْنَا رُسُلَنَا بِالْبَيِّنَاتِ وَأَنزَلْنَا مَعَهُمُ الْكِتَابَ وَالْمِيزَانَ لِيَقُومَ النَّاسُ بِالْقِسْطِ ۖ وَأَنزَلْنَا الْحَدِيدَ فِيهِ بَأْسٌ شَدِيدٌ وَمَنَافِعُ لِلنَّاسِ وَلِيَعْلَمَ اللَّهُ مَن يَنصُرُهُ وَرُسُلَهُ بِالْغَيْبِ ۚ إِنَّ اللَّهَ قَوِيٌّ عَزِيزٌ (25) Ons het sekerlik Ons boodskappers met duidelike bewyse gestuur, en ’n Boek en die maatstaf aan hulle saamgegee sodat |
وَلَقَدْ أَرْسَلْنَا نُوحًا وَإِبْرَاهِيمَ وَجَعَلْنَا فِي ذُرِّيَّتِهِمَا النُّبُوَّةَ وَالْكِتَابَ ۖ فَمِنْهُم مُّهْتَدٍ ۖ وَكَثِيرٌ مِّنْهُمْ فَاسِقُونَ (26) En inderdaad het Ons Noag en Abraham gestuur, en Ons het die profeetskap aan hulle nageslag gegee; onder hulle dan is dié wat die regte pad bewandel, maar die meeste van hulle is oortreders |
ثُمَّ قَفَّيْنَا عَلَىٰ آثَارِهِم بِرُسُلِنَا وَقَفَّيْنَا بِعِيسَى ابْنِ مَرْيَمَ وَآتَيْنَاهُ الْإِنجِيلَ وَجَعَلْنَا فِي قُلُوبِ الَّذِينَ اتَّبَعُوهُ رَأْفَةً وَرَحْمَةً وَرَهْبَانِيَّةً ابْتَدَعُوهَا مَا كَتَبْنَاهَا عَلَيْهِمْ إِلَّا ابْتِغَاءَ رِضْوَانِ اللَّهِ فَمَا رَعَوْهَا حَقَّ رِعَايَتِهَا ۖ فَآتَيْنَا الَّذِينَ آمَنُوا مِنْهُمْ أَجْرَهُمْ ۖ وَكَثِيرٌ مِّنْهُمْ فَاسِقُونَ (27) Daarna het Ons die boodskappers in hulle voetspore laat volg; en Ons het Jesus, die seun van Maria, hulle laat opvolg, en Ons het hom die Evangelie gegee. En Ons het sagmoedigheid en barmhartigheid in die harte geplaas van diegene wat hom gevolg het. Maar die kloosterwese, dit het hulle as ’n nuwigheid ingevoer ~ Ons het dit nie vir hulle voorgeskryf nie ~ om die welbehae van Allah te soek, maar hulle het dit nie met die regte gesindheid nagestreef nie. Daarom het Ons aan diegene van hulle wat geglo het, hulle beloning gegee, maar die meeste van hulle is oortreders |
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا اتَّقُوا اللَّهَ وَآمِنُوا بِرَسُولِهِ يُؤْتِكُمْ كِفْلَيْنِ مِن رَّحْمَتِهِ وَيَجْعَل لَّكُمْ نُورًا تَمْشُونَ بِهِ وَيَغْفِرْ لَكُمْ ۚ وَاللَّهُ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (28) Ojullegelowiges! Weesbewusvan Allah, engloin Sy Boodskapper ~ Hy sal julle twee aandele in Sy barmhartigheid gee, en julle ’n lig verskaf waarmee julle sal loop, en julle vergewe. En Allah is Vergewensgesind, Genadig |
لِّئَلَّا يَعْلَمَ أَهْلُ الْكِتَابِ أَلَّا يَقْدِرُونَ عَلَىٰ شَيْءٍ مِّن فَضْلِ اللَّهِ ۙ وَأَنَّ الْفَضْلَ بِيَدِ اللَّهِ يُؤْتِيهِ مَن يَشَاءُ ۚ وَاللَّهُ ذُو الْفَضْلِ الْعَظِيمِ (29) sodat die Mense van die Boek mag weet dat hulle geen gesag oor die genade van Allah het nie, en dat die genade in die hand van Allah is. Hy skenk dit aan wie Hy wil. En Allah is die Heer van magtige oorvloed |