×

سورة طه باللغة الأفريكانية

ترجمات القرآنباللغة الأفريكانية ⬅ سورة طه

ترجمة معاني سورة طه باللغة الأفريكانية - Afrikaans

القرآن باللغة الأفريكانية - سورة طه مترجمة إلى اللغة الأفريكانية، Surah TaHa in Afrikaans. نوفر ترجمة دقيقة سورة طه باللغة الأفريكانية - Afrikaans, الآيات 135 - رقم السورة 20 - الصفحة 312.

بسم الله الرحمن الرحيم

طه (1)
Tô-haa
مَا أَنزَلْنَا عَلَيْكَ الْقُرْآنَ لِتَشْقَىٰ (2)
Ons het nie die Qur’ãn aan u geopenbaar sodat dit u moes laat faal nie
إِلَّا تَذْكِرَةً لِّمَن يَخْشَىٰ (3)
maar dit is ’n vermaning vir hom wat vrees
تَنزِيلًا مِّمَّنْ خَلَقَ الْأَرْضَ وَالسَّمَاوَاتِ الْعُلَى (4)
’n Openbaring van Hom wat die aarde en die hemele geskape het
الرَّحْمَٰنُ عَلَى الْعَرْشِ اسْتَوَىٰ (5)
Die Barmhartige is op die Troon van Mag bevestig
لَهُ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَمَا فِي الْأَرْضِ وَمَا بَيْنَهُمَا وَمَا تَحْتَ الثَّرَىٰ (6)
Aan Hom behoort alles wat in die hemele is en op die aarde, en wat tussen hulle is, en alles wat onder die grond is
وَإِن تَجْهَرْ بِالْقَوْلِ فَإِنَّهُ يَعْلَمُ السِّرَّ وَأَخْفَى (7)
En of u hard praat of nie, Hy ken tog alle geheime, en ook dit wat die diepste verborge is
اللَّهُ لَا إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ ۖ لَهُ الْأَسْمَاءُ الْحُسْنَىٰ (8)
Allah! ~ Daar is geen God nie behalwe Hy. Hy het die reinste name
وَهَلْ أَتَاكَ حَدِيثُ مُوسَىٰ (9)
En het u die verhaal van Moses gehoor
إِذْ رَأَىٰ نَارًا فَقَالَ لِأَهْلِهِ امْكُثُوا إِنِّي آنَسْتُ نَارًا لَّعَلِّي آتِيكُم مِّنْهَا بِقَبَسٍ أَوْ أَجِدُ عَلَى النَّارِ هُدًى (10)
Hoe hy ’n vuur gesien en aan sy volk gesê het: Bly hier; ek be- speur ’n vuur; miskien sal ek u daarvandaan ’n brandende vuur- kool kan saambring; of dalk ontvang ek daar nog lig
فَلَمَّا أَتَاهَا نُودِيَ يَا مُوسَىٰ (11)
En toe hy daar naby kom, het ’n stem na hom geroep: O Moses
إِنِّي أَنَا رَبُّكَ فَاخْلَعْ نَعْلَيْكَ ۖ إِنَّكَ بِالْوَادِ الْمُقَدَّسِ طُوًى (12)
Voorwaar, Ek is u Heer. Trek u skoene uit, want u bevind u in die heilige vallei van Toewa
وَأَنَا اخْتَرْتُكَ فَاسْتَمِعْ لِمَا يُوحَىٰ (13)
En Ek het u uitverkies; luister daarom na wat geopenbaar word
إِنَّنِي أَنَا اللَّهُ لَا إِلَٰهَ إِلَّا أَنَا فَاعْبُدْنِي وَأَقِمِ الصَّلَاةَ لِذِكْرِي (14)
Voorwaar, Ek is Allah; daar is geen god nie, behalwe Ek; aanbid My daarom en onderhou die gebed tot My gedagtenis
إِنَّ السَّاعَةَ آتِيَةٌ أَكَادُ أُخْفِيهَا لِتُجْزَىٰ كُلُّ نَفْسٍ بِمَا تَسْعَىٰ (15)
Waarlik, die Uur sal kom ~ Ek is voornemens om dit bekend te maak ~ dan sal elke siel beloon word volgens sy strewe
فَلَا يَصُدَّنَّكَ عَنْهَا مَن لَّا يُؤْمِنُ بِهَا وَاتَّبَعَ هَوَاهُ فَتَرْدَىٰ (16)
Laat hom wat nie daarin glo nie en sy eie neigings volg, u nie daarvan weerhou nie, anders sal u vergaan
وَمَا تِلْكَ بِيَمِينِكَ يَا مُوسَىٰ (17)
En wat is in u regterhand, o Moses
قَالَ هِيَ عَصَايَ أَتَوَكَّأُ عَلَيْهَا وَأَهُشُّ بِهَا عَلَىٰ غَنَمِي وَلِيَ فِيهَا مَآرِبُ أُخْرَىٰ (18)
Hy het geantwoord: Dit is my staf; ek leun daarop, en ek slaan daarmee blare af vir my skape, en ek gebruik dit ook vir ander doeleindes
قَالَ أَلْقِهَا يَا مُوسَىٰ (19)
Hy het gesê: Werp dit neer, o Moses
فَأَلْقَاهَا فَإِذَا هِيَ حَيَّةٌ تَسْعَىٰ (20)
Hy het dit neergewerp; en kyk! dit was ’n kronkelende slang
قَالَ خُذْهَا وَلَا تَخَفْ ۖ سَنُعِيدُهَا سِيرَتَهَا الْأُولَىٰ (21)
Toe het Hy gesê: Gryp dit, en moenie bang wees nie. Ons sal dit weer maak soos dit was
وَاضْمُمْ يَدَكَ إِلَىٰ جَنَاحِكَ تَخْرُجْ بَيْضَاءَ مِنْ غَيْرِ سُوءٍ آيَةً أُخْرَىٰ (22)
En druk u hand teen u sy; dit sal wit en ongeskonde uitkom ~ nog ’n teken
لِنُرِيَكَ مِنْ آيَاتِنَا الْكُبْرَى (23)
Sodat Ons nog groter tekens van Ons aan u kan toon
اذْهَبْ إِلَىٰ فِرْعَوْنَ إِنَّهُ طَغَىٰ (24)
Gaan na Farao; hy het inderdaad die perke oorskry
قَالَ رَبِّ اشْرَحْ لِي صَدْرِي (25)
Hy het gesê: My Heer! Verruim my bors vir my
وَيَسِّرْ لِي أَمْرِي (26)
en Vergemaklik my taak vir my
وَاحْلُلْ عُقْدَةً مِّن لِّسَانِي (27)
en ontknoop tog my tong
يَفْقَهُوا قَوْلِي (28)
sodat hulle my woorde kan verstaan
وَاجْعَل لِّي وَزِيرًا مِّنْ أَهْلِي (29)
En gee aan my ’n helper uit my familie
هَارُونَ أَخِي (30)
Aäron, my broer
اشْدُدْ بِهِ أَزْرِي (31)
Versterk my krag deur hom
وَأَشْرِكْهُ فِي أَمْرِي (32)
en laat hom deel in my taak
كَيْ نُسَبِّحَكَ كَثِيرًا (33)
sodat ons U kan verheerlik
وَنَذْكُرَكَ كَثِيرًا (34)
en vir altyd aan U kan dink
إِنَّكَ كُنتَ بِنَا بَصِيرًا (35)
Voorwaar, U sien ons elke oomblik aan
قَالَ قَدْ أُوتِيتَ سُؤْلَكَ يَا مُوسَىٰ (36)
Hy het gesê: U smeekbede is verhoor, o Moses
وَلَقَدْ مَنَنَّا عَلَيْكَ مَرَّةً أُخْرَىٰ (37)
En waarlik, Ons het voorheen reeds aan u ’n ander guns bewys
إِذْ أَوْحَيْنَا إِلَىٰ أُمِّكَ مَا يُوحَىٰ (38)
toe Ons aan u moeder as volg geopenbaar het
أَنِ اقْذِفِيهِ فِي التَّابُوتِ فَاقْذِفِيهِ فِي الْيَمِّ فَلْيُلْقِهِ الْيَمُّ بِالسَّاحِلِ يَأْخُذْهُ عَدُوٌّ لِّي وَعَدُوٌّ لَّهُ ۚ وَأَلْقَيْتُ عَلَيْكَ مَحَبَّةً مِّنِّي وَلِتُصْنَعَ عَلَىٰ عَيْنِي (39)
Plaas hom in ’n kissie en werp dit in die rivier; daarna sal die rivier dit aan die oewer afgee, waar ’n vyand van My en van hom, hom sal vind en aanneem. En Ek het u met My liefde omhul, sodat u voor My oë opgevoed kon word
إِذْ تَمْشِي أُخْتُكَ فَتَقُولُ هَلْ أَدُلُّكُمْ عَلَىٰ مَن يَكْفُلُهُ ۖ فَرَجَعْنَاكَ إِلَىٰ أُمِّكَ كَيْ تَقَرَّ عَيْنُهَا وَلَا تَحْزَنَ ۚ وَقَتَلْتَ نَفْسًا فَنَجَّيْنَاكَ مِنَ الْغَمِّ وَفَتَنَّاكَ فُتُونًا ۚ فَلَبِثْتَ سِنِينَ فِي أَهْلِ مَدْيَنَ ثُمَّ جِئْتَ عَلَىٰ قَدَرٍ يَا مُوسَىٰ (40)
En toe het u suster verbygekom en gesê: Sal ek u na iemand neem wat hom sal versorg? So het Ons u aan u moeder terug- besorg, sodat haar oë verkoel kon word en sy kon ophou treur. En u het ’n man om die lewe gebring, maar Ons het u van smart verlos, en u op verskeie maniere beproef. En u het jare lank onder die volk van Mede vertoef. Daarna het u, soos verorden is, hierheen gekom
وَاصْطَنَعْتُكَ لِنَفْسِي (41)
En Ek het u vir My uitverkies
اذْهَبْ أَنتَ وَأَخُوكَ بِآيَاتِي وَلَا تَنِيَا فِي ذِكْرِي (42)
Gaan uit, u en u broer, met My tekens, en laat nie na om aan My te dink nie
اذْهَبَا إِلَىٰ فِرْعَوْنَ إِنَّهُ طَغَىٰ (43)
Gaan u albei na Farao, want waarlik, hy het oortree
فَقُولَا لَهُ قَوْلًا لَّيِّنًا لَّعَلَّهُ يَتَذَكَّرُ أَوْ يَخْشَىٰ (44)
Spreek sagte woorde met hom; miskien sal hy ag slaan, of vrees
قَالَا رَبَّنَا إِنَّنَا نَخَافُ أَن يَفْرُطَ عَلَيْنَا أَوْ أَن يَطْغَىٰ (45)
Toe het hulle geantwoord: Ons Heer! Ons vrees dat hy teenoor ons geweld sal gebruik, of dat hy opstandig sal wees
قَالَ لَا تَخَافَا ۖ إِنَّنِي مَعَكُمَا أَسْمَعُ وَأَرَىٰ (46)
Hy het gesê: Moenie vrees nie, want Ek is met julle! ~ Ek hoor, en Ek sien
فَأْتِيَاهُ فَقُولَا إِنَّا رَسُولَا رَبِّكَ فَأَرْسِلْ مَعَنَا بَنِي إِسْرَائِيلَ وَلَا تُعَذِّبْهُمْ ۖ قَدْ جِئْنَاكَ بِآيَةٍ مِّن رَّبِّكَ ۖ وَالسَّلَامُ عَلَىٰ مَنِ اتَّبَعَ الْهُدَىٰ (47)
Daarom moet julle albei na hom gaan en sê: Ons is waarlik boodskappers van u Heer; laat daarom die Kinders van Israel saam met ons weggaan, en doen hulle geen leed aan nie. Ons het voorwaar aan u ’n boodskap van u Heer gebring; en die vrede rus op hom wat dié leiding volg
إِنَّا قَدْ أُوحِيَ إِلَيْنَا أَنَّ الْعَذَابَ عَلَىٰ مَن كَذَّبَ وَتَوَلَّىٰ (48)
Dit is aan ons geopenbaar dat die straf hom sal agterhaal wat dit verwerp, of wegdraai
قَالَ فَمَن رَّبُّكُمَا يَا مُوسَىٰ (49)
Farao het gesê: Wie is u Heer, o Moses
قَالَ رَبُّنَا الَّذِي أَعْطَىٰ كُلَّ شَيْءٍ خَلْقَهُ ثُمَّ هَدَىٰ (50)
Hy het geantwoord: Ons Heer is Hy aan wie alles hul skepping te danke het, en van wie alle leiding uitgaan
قَالَ فَمَا بَالُ الْقُرُونِ الْأُولَىٰ (51)
Hy het gesê: Wat is dan die toestand van die vorige geslagte
قَالَ عِلْمُهَا عِندَ رَبِّي فِي كِتَابٍ ۖ لَّا يَضِلُّ رَبِّي وَلَا يَنسَى (52)
Toe het Moses gesê: My Heer teken dit alles in ’n boek aan; my Heer dwaal nie, en vergeet ook nie
الَّذِي جَعَلَ لَكُمُ الْأَرْضَ مَهْدًا وَسَلَكَ لَكُمْ فِيهَا سُبُلًا وَأَنزَلَ مِنَ السَّمَاءِ مَاءً فَأَخْرَجْنَا بِهِ أَزْوَاجًا مِّن نَّبَاتٍ شَتَّىٰ (53)
Dit is Hy wat die aarde uitgestrek het, en vir julle paaie daarin gemaak het; en Hy stuur reën uit die wolke neer, waardeur pare van alle plantsoorte voortgbring word
كُلُوا وَارْعَوْا أَنْعَامَكُمْ ۗ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَاتٍ لِّأُولِي النُّهَىٰ (54)
Eet en laat julle vee wei! Voorwaar, daar is tekens hierin vir mense wat verstaan
۞ مِنْهَا خَلَقْنَاكُمْ وَفِيهَا نُعِيدُكُمْ وَمِنْهَا نُخْرِجُكُمْ تَارَةً أُخْرَىٰ (55)
Uit die aarde het Ons julle geskape, en Ons sal julle daartoe laat terugkeer, en daaruit sal Ons julle weer opwek
وَلَقَدْ أَرَيْنَاهُ آيَاتِنَا كُلَّهَا فَكَذَّبَ وَأَبَىٰ (56)
Ons het inderdaad al Ons tekens aan Farao getoon, maar hy het dit verwerp en geweier om te glo
قَالَ أَجِئْتَنَا لِتُخْرِجَنَا مِنْ أَرْضِنَا بِسِحْرِكَ يَا مُوسَىٰ (57)
Hy het gesê: Het u na ons gekom om ons deur u towerkuns uit ons land te verdryf, o Moses
فَلَنَأْتِيَنَّكَ بِسِحْرٍ مِّثْلِهِ فَاجْعَلْ بَيْنَنَا وَبَيْنَكَ مَوْعِدًا لَّا نُخْلِفُهُ نَحْنُ وَلَا أَنتَ مَكَانًا سُوًى (58)
Maar ons kan ook gelykwaardige towerkuns voortbring. Maak daarom ’n afspraak met ons wat óns nie sal breek nie en u ook moet hou, en laat ons op ’n gerieflike plek bymekaarkom
قَالَ مَوْعِدُكُمْ يَوْمُ الزِّينَةِ وَأَن يُحْشَرَ النَّاسُ ضُحًى (59)
Moses het gesê: U afspraak sal plaasvind op die dag van die Fees; en laat u volk in die voormiddag byeenkom
فَتَوَلَّىٰ فِرْعَوْنُ فَجَمَعَ كَيْدَهُ ثُمَّ أَتَىٰ (60)
Daarop het Farao teruggegaan, en sy plan beraam, en weer gekom
قَالَ لَهُم مُّوسَىٰ وَيْلَكُمْ لَا تَفْتَرُوا عَلَى اللَّهِ كَذِبًا فَيُسْحِتَكُم بِعَذَابٍ ۖ وَقَدْ خَابَ مَنِ افْتَرَىٰ (61)
Moses het vir hulle gesê: Wee julle! Moenie ’n leuen teen Allah versin nie, anders sal Hy julle deur straf vernietig; hy wat ’n leuen versin, sal altyd faal
فَتَنَازَعُوا أَمْرَهُم بَيْنَهُمْ وَأَسَرُّوا النَّجْوَىٰ (62)
Daarna het hulle met mekaar geargumenteer, en die samekoms geheim gehou
قَالُوا إِنْ هَٰذَانِ لَسَاحِرَانِ يُرِيدَانِ أَن يُخْرِجَاكُم مِّنْ أَرْضِكُم بِسِحْرِهِمَا وَيَذْهَبَا بِطَرِيقَتِكُمُ الْمُثْلَىٰ (63)
Hulle het gesê: Hierdie twee is waarlik towenaars wat julle met hulle towerkuns uit jul land wil verdryf en al julle instellings wil vernietig
فَأَجْمِعُوا كَيْدَكُمْ ثُمَّ ائْتُوا صَفًّا ۚ وَقَدْ أَفْلَحَ الْيَوْمَ مَنِ اسْتَعْلَىٰ (64)
Besluit dan oor julle planne en tree in rye na vore; en voorwaar, hy wat die knapste is, sal vandag slaag
قَالُوا يَا مُوسَىٰ إِمَّا أَن تُلْقِيَ وَإِمَّا أَن نَّكُونَ أَوَّلَ مَنْ أَلْقَىٰ (65)
Hulle het gesê: O Moses! Sal u werp, of sal ons eerste werp
قَالَ بَلْ أَلْقُوا ۖ فَإِذَا حِبَالُهُمْ وَعِصِيُّهُمْ يُخَيَّلُ إِلَيْهِ مِن سِحْرِهِمْ أَنَّهَا تَسْعَىٰ (66)
Sy antwoord was: Nee, werp julle. En kyk! hulle tou en hul stokke het, deur towerkuns, gelyk asof dit hardloop
فَأَوْجَسَ فِي نَفْسِهِ خِيفَةً مُّوسَىٰ (67)
Toe het Moses vrees in sy hart gekoester
قُلْنَا لَا تَخَفْ إِنَّكَ أَنتَ الْأَعْلَىٰ (68)
Ons het gesê: Moenie vrees nie; voorwaar, u sál die oorwinnar wees
وَأَلْقِ مَا فِي يَمِينِكَ تَلْقَفْ مَا صَنَعُوا ۖ إِنَّمَا صَنَعُوا كَيْدُ سَاحِرٍ ۖ وَلَا يُفْلِحُ السَّاحِرُ حَيْثُ أَتَىٰ (69)
En werp neer wat u in u regterhand hou; dít sal verslind wat hulle voortgebring het. Wat hulle voortgebring het, is slegs die sette van ’n towenaar, en nooit sal ’n towenaar slaag nie, waarvandaan hy ook al kom
فَأُلْقِيَ السَّحَرَةُ سُجَّدًا قَالُوا آمَنَّا بِرَبِّ هَارُونَ وَمُوسَىٰ (70)
Toe het die towenaars op hulle aangesigte geval, en gesê: Ons glo in die Heer van Aäron en Moses
قَالَ آمَنتُمْ لَهُ قَبْلَ أَنْ آذَنَ لَكُمْ ۖ إِنَّهُ لَكَبِيرُكُمُ الَّذِي عَلَّمَكُمُ السِّحْرَ ۖ فَلَأُقَطِّعَنَّ أَيْدِيَكُمْ وَأَرْجُلَكُم مِّنْ خِلَافٍ وَلَأُصَلِّبَنَّكُمْ فِي جُذُوعِ النَّخْلِ وَلَتَعْلَمُنَّ أَيُّنَا أَشَدُّ عَذَابًا وَأَبْقَىٰ (71)
Farao het gesê: Glo julle in hom voordat ék julle daartoe verlof gegee het? Voorwaar, hy is die slimme van wie julle jul towerkuns geleer het. Daarom sal ek julle hande en julle voete aan die teenoorgestelde kant laat afsny, en ek sal julle op die stamme van palmbome kruisig, en julle sal met sekerheid weet wie van ons se straf strenger en langduriger is
قَالُوا لَن نُّؤْثِرَكَ عَلَىٰ مَا جَاءَنَا مِنَ الْبَيِّنَاتِ وَالَّذِي فَطَرَنَا ۖ فَاقْضِ مَا أَنتَ قَاضٍ ۖ إِنَّمَا تَقْضِي هَٰذِهِ الْحَيَاةَ الدُّنْيَا (72)
Hulle het gesê: Ons kan nie aan u woorde voorkeur gee bo die duidelike bewyse wat aan ons getoon is, en bo Hom wat ons geskape het nie. Besluit derhalwe soos dit u behaag. U kan slegs oor die lewe van hierdie wêreld besluit
إِنَّا آمَنَّا بِرَبِّنَا لِيَغْفِرَ لَنَا خَطَايَانَا وَمَا أَكْرَهْتَنَا عَلَيْهِ مِنَ السِّحْرِ ۗ وَاللَّهُ خَيْرٌ وَأَبْقَىٰ (73)
Waarlik, ons glo dat ons Heer ons foute sal vergewe, asook die towery waartoe u ons gedwing het. En Allah is die Allerbeste en Ewige
إِنَّهُ مَن يَأْتِ رَبَّهُ مُجْرِمًا فَإِنَّ لَهُ جَهَنَّمَ لَا يَمُوتُ فِيهَا وَلَا يَحْيَىٰ (74)
Waarlik, hy wat as skúldige na sy Heer kom, vir hom is daar die Hel. Hy sal daarin nie sterf en ook nie lewe nie
وَمَن يَأْتِهِ مُؤْمِنًا قَدْ عَمِلَ الصَّالِحَاتِ فَأُولَٰئِكَ لَهُمُ الدَّرَجَاتُ الْعُلَىٰ (75)
En wie na Hom as gelowige kom, en goeie dade verrig het ~ vir hulle is daar hoë range
جَنَّاتُ عَدْنٍ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا ۚ وَذَٰلِكَ جَزَاءُ مَن تَزَكَّىٰ (76)
en hulle sal bly in Tuine van Ewigheid waardeur riviere vloei. En sodanig is die beloning van hom wat homself louter
وَلَقَدْ أَوْحَيْنَا إِلَىٰ مُوسَىٰ أَنْ أَسْرِ بِعِبَادِي فَاضْرِبْ لَهُمْ طَرِيقًا فِي الْبَحْرِ يَبَسًا لَّا تَخَافُ دَرَكًا وَلَا تَخْشَىٰ (77)
En Waarlik, Ons het aan Moses geopenbaar: Reis met my die- naars gedurende die nag, en baan vir hulle ’n droë weg deur die see, sonder vrees dat u ingehaal sal word; en moenie bang wees nie
فَأَتْبَعَهُمْ فِرْعَوْنُ بِجُنُودِهِ فَغَشِيَهُم مِّنَ الْيَمِّ مَا غَشِيَهُمْ (78)
Daarna het Farao hulle met sy leërskare agtervolg; maar die see het hulle verswelg en heeltemal bedek
وَأَضَلَّ فِرْعَوْنُ قَوْمَهُ وَمَا هَدَىٰ (79)
En Farao het sy volk mislei, en geensins reg gelei nie
يَا بَنِي إِسْرَائِيلَ قَدْ أَنجَيْنَاكُم مِّنْ عَدُوِّكُمْ وَوَاعَدْنَاكُمْ جَانِبَ الطُّورِ الْأَيْمَنَ وَنَزَّلْنَا عَلَيْكُمُ الْمَنَّ وَالسَّلْوَىٰ (80)
O Kinders van Israel! Ons het julle waarlik van jul vyand verlos en ’n verbond met julle aan die regterkant van die berg gesluit en manna en kwartels vir julle afgestuur
كُلُوا مِن طَيِّبَاتِ مَا رَزَقْنَاكُمْ وَلَا تَطْغَوْا فِيهِ فَيَحِلَّ عَلَيْكُمْ غَضَبِي ۖ وَمَن يَحْلِلْ عَلَيْهِ غَضَبِي فَقَدْ هَوَىٰ (81)
Eet van die goeie dinge waarvan Ons julle voorsien het, en gaan julle daarmee nie te buite nie, anders sal My toorn op julle neerdaal; en hy op wie My toorn neerdaal, sal voorwaar vernietig word
وَإِنِّي لَغَفَّارٌ لِّمَن تَابَ وَآمَنَ وَعَمِلَ صَالِحًا ثُمَّ اهْتَدَىٰ (82)
Maar Ek is sekerlik Vergewensgesind teenoor hom wat berou het en glo en goeddoen en die leiding volg
۞ وَمَا أَعْجَلَكَ عَن قَوْمِكَ يَا مُوسَىٰ (83)
En wat het u so haastig van u volk laat weggaan, o Moses
قَالَ هُمْ أُولَاءِ عَلَىٰ أَثَرِي وَعَجِلْتُ إِلَيْكَ رَبِّ لِتَرْضَىٰ (84)
Hy het gesê: Hulle volg in my spoor, en ek het my tot U gehaas, my Heer, sodat U welbehae in my mag hê
قَالَ فَإِنَّا قَدْ فَتَنَّا قَوْمَكَ مِن بَعْدِكَ وَأَضَلَّهُمُ السَّامِرِيُّ (85)
Hy het gesê: Ons het u volk in u afwesigheid sekerlik beproef, en die Samiri het hulle mislei
فَرَجَعَ مُوسَىٰ إِلَىٰ قَوْمِهِ غَضْبَانَ أَسِفًا ۚ قَالَ يَا قَوْمِ أَلَمْ يَعِدْكُمْ رَبُّكُمْ وَعْدًا حَسَنًا ۚ أَفَطَالَ عَلَيْكُمُ الْعَهْدُ أَمْ أَرَدتُّمْ أَن يَحِلَّ عَلَيْكُمْ غَضَبٌ مِّن رَّبِّكُمْ فَأَخْلَفْتُم مَّوْعِدِي (86)
Toe het Moses na sy volk teruggekeer, toornig en bedroef. Hy het gesê: O my volk! Het julle Heer julle nie aangename dinge belowe nie? Het die beloofde tyd dan vir julle te lank geduur, of het julle begeer dat die toorn van julle Heer op julle moet neerdaal, en het julle daarom jul belofte aan my verbreek
قَالُوا مَا أَخْلَفْنَا مَوْعِدَكَ بِمَلْكِنَا وَلَٰكِنَّا حُمِّلْنَا أَوْزَارًا مِّن زِينَةِ الْقَوْمِ فَقَذَفْنَاهَا فَكَذَٰلِكَ أَلْقَى السَّامِرِيُّ (87)
Hulle het geantwoord: Ons het nie uit eie beweging die belofte aan u verbreek nie, maar ons was genoodsaak om die las van die sierade van die volk te dra; daarom het ons dit weggegooi; en so het Samiri ook aan die hand gedoen
فَأَخْرَجَ لَهُمْ عِجْلًا جَسَدًا لَّهُ خُوَارٌ فَقَالُوا هَٰذَا إِلَٰهُكُمْ وَإِلَٰهُ مُوسَىٰ فَنَسِيَ (88)
Toe het hy ’n beeld van ’n kalf voortgebring wat ’n loeiende geluid gemaak het, en hulle het gesê: Dít is julle god en die god van Moses, maar hy het vergeet
أَفَلَا يَرَوْنَ أَلَّا يَرْجِعُ إِلَيْهِمْ قَوْلًا وَلَا يَمْلِكُ لَهُمْ ضَرًّا وَلَا نَفْعًا (89)
Kon hulle dan nie merk dat dit nie in staat is om hulle te antwoord, en dat dit geen voor- of nadeel vir hulle kon bewerk nie
وَلَقَدْ قَالَ لَهُمْ هَارُونُ مِن قَبْلُ يَا قَوْمِ إِنَّمَا فُتِنتُم بِهِ ۖ وَإِنَّ رَبَّكُمُ الرَّحْمَٰنُ فَاتَّبِعُونِي وَأَطِيعُوا أَمْرِي (90)
En Aäron het sekerlik voorheen aan hulle gesê: O my volk! Julle word slegs daarmee beproef; en waarlik, julle Heer is die Barmhartige God. Volg my dus, en gehoorsaam my bevel
قَالُوا لَن نَّبْرَحَ عَلَيْهِ عَاكِفِينَ حَتَّىٰ يَرْجِعَ إِلَيْنَا مُوسَىٰ (91)
Maar hulle antwoord was: Ons sal waarlik nie ophou om die kalf te aanbid voordat Moses nie eers na ons teruggekeer het nie
قَالَ يَا هَارُونُ مَا مَنَعَكَ إِذْ رَأَيْتَهُمْ ضَلُّوا (92)
Moses het gesê: O Aäron! Wat het u verhinder ~ toe u sien dat hulle afgedwaal het
أَلَّا تَتَّبِعَنِ ۖ أَفَعَصَيْتَ أَمْرِي (93)
om my te volg? Het u dan my gebod verontagsaam
قَالَ يَا ابْنَ أُمَّ لَا تَأْخُذْ بِلِحْيَتِي وَلَا بِرَأْسِي ۖ إِنِّي خَشِيتُ أَن تَقُولَ فَرَّقْتَ بَيْنَ بَنِي إِسْرَائِيلَ وَلَمْ تَرْقُبْ قَوْلِي (94)
Hy het geantwoord: O seun van my moeder! Gryp my nie aan my baard en ook nie aan my hoof nie. Ek was bang dat u sou sê: U het ’n skeuring onder die Kinders van Israel teweeggebring, en nie op my woord gewag nie
قَالَ فَمَا خَطْبُكَ يَا سَامِرِيُّ (95)
Moses het gesê: Wat was u bedoeling, o Samiri
قَالَ بَصُرْتُ بِمَا لَمْ يَبْصُرُوا بِهِ فَقَبَضْتُ قَبْضَةً مِّنْ أَثَرِ الرَّسُولِ فَنَبَذْتُهَا وَكَذَٰلِكَ سَوَّلَتْ لِي نَفْسِي (96)
Hy het gesê: Ek het bemerk wat hulle nie bemerk het nie; toe het ek ’n handvol stof van die boodskapper se voetstappe geneem en dit weggegooi. So het my siel dit aan my opgedra
قَالَ فَاذْهَبْ فَإِنَّ لَكَ فِي الْحَيَاةِ أَن تَقُولَ لَا مِسَاسَ ۖ وَإِنَّ لَكَ مَوْعِدًا لَّن تُخْلَفَهُ ۖ وَانظُرْ إِلَىٰ إِلَٰهِكَ الَّذِي ظَلْتَ عَلَيْهِ عَاكِفًا ۖ لَّنُحَرِّقَنَّهُ ثُمَّ لَنَنسِفَنَّهُ فِي الْيَمِّ نَسْفًا (97)
Hy het gesê: Gaan weg! Dit is vir u om in hierdie lewe te sê: Raak my nie aan nie! En aan u word ’n straf belowe wat u nie sal kan ontwyk nie. En kyk na jou god van wie jy gesê het dat hy aanbid moet word. Ons sal dit sekerlik verbrand en daarna oor die see verstrooi
إِنَّمَا إِلَٰهُكُمُ اللَّهُ الَّذِي لَا إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ ۚ وَسِعَ كُلَّ شَيْءٍ عِلْمًا (98)
Slegs Allah is julle Heer; daar is geen god nie behalwe Hy. Hy omvat alle dinge in Sy kennis
كَذَٰلِكَ نَقُصُّ عَلَيْكَ مِنْ أَنبَاءِ مَا قَدْ سَبَقَ ۚ وَقَدْ آتَيْنَاكَ مِن لَّدُنَّا ذِكْرًا (99)
So vertel Ons aan u die nuus van wat voorheen gebeur het. En Ons het inderdaad vir u ’n Vermaning van Onsself gegee
مَّنْ أَعْرَضَ عَنْهُ فَإِنَّهُ يَحْمِلُ يَوْمَ الْقِيَامَةِ وِزْرًا (100)
Wie daarvan wegdraai, sal op die Opstandingsdag sekerlik ’n las dra
خَالِدِينَ فِيهِ ۖ وَسَاءَ لَهُمْ يَوْمَ الْقِيَامَةِ حِمْلًا (101)
waaronder hy altyd gebuk sal gaan. En sleg sal hulle las wees op die Dag van Opstanding
يَوْمَ يُنفَخُ فِي الصُّورِ ۚ وَنَحْشُرُ الْمُجْرِمِينَ يَوْمَئِذٍ زُرْقًا (102)
die Dag waarop die basuin geblaas sal word; en Ons sal die skuldiges op daardie Dag met blou oë bymekaar bring
يَتَخَافَتُونَ بَيْنَهُمْ إِن لَّبِثْتُمْ إِلَّا عَشْرًا (103)
hulle wat in die geheim met mekaar beraadslaag en gesê het: Julle het slegs tien dae vertoef
نَّحْنُ أَعْلَمُ بِمَا يَقُولُونَ إِذْ يَقُولُ أَمْثَلُهُمْ طَرِيقَةً إِن لَّبِثْتُمْ إِلَّا يَوْمًا (104)
Ons weet goed wat hulle antwoord sal wees as die regverdigste onder hulle sou sê: Julle het maar net ’n dag lank vertoef
وَيَسْأَلُونَكَ عَنِ الْجِبَالِ فَقُلْ يَنسِفُهَا رَبِّي نَسْفًا (105)
En hulle vra u uit aangaande die berge. Sê: My Heer sal hulle soos stof verstrooi
فَيَذَرُهَا قَاعًا صَفْصَفًا (106)
en daarvan ’n vlakte maak, glad en gelyk
لَّا تَرَىٰ فِيهَا عِوَجًا وَلَا أَمْتًا (107)
waarin u geen kromheid en ongelykheid sal bespeur nie
يَوْمَئِذٍ يَتَّبِعُونَ الدَّاعِيَ لَا عِوَجَ لَهُ ۖ وَخَشَعَتِ الْأَصْوَاتُ لِلرَّحْمَٰنِ فَلَا تَسْمَعُ إِلَّا هَمْسًا (108)
Op dié Dag sal hulle die Oproeper volg in wie daar geen ongeregtigheid is nie; en die stemme voor die Barmhartige God sal sag wees, sodat u niks anders as ’n dowwe klank sal hoor nie
يَوْمَئِذٍ لَّا تَنفَعُ الشَّفَاعَةُ إِلَّا مَنْ أَذِنَ لَهُ الرَّحْمَٰنُ وَرَضِيَ لَهُ قَوْلًا (109)
Op daardie Dag sal daar geen bemiddeling wees nie, behalwe vir hom aan wie die Barmhartige dit toestaan en met wie se woorde Hy tevrede is
يَعْلَمُ مَا بَيْنَ أَيْدِيهِمْ وَمَا خَلْفَهُمْ وَلَا يُحِيطُونَ بِهِ عِلْمًا (110)
Hy weet wat voor hulle is en wat ager hulle is, hoewel hulle dit met hul kennis nie kan omvat nie
۞ وَعَنَتِ الْوُجُوهُ لِلْحَيِّ الْقَيُّومِ ۖ وَقَدْ خَابَ مَنْ حَمَلَ ظُلْمًا (111)
En die gesigte sal hulle verootmoedig in die teenwoordigheid van die Lewende, die Selfonderhoudende. En hy wat onregverdig van inbors is, is inderdaad verlore
وَمَن يَعْمَلْ مِنَ الصَّالِحَاتِ وَهُوَ مُؤْمِنٌ فَلَا يَخَافُ ظُلْمًا وَلَا هَضْمًا (112)
En wie goeie werke verrig en ’n gelowige is, hy hoef geen onregverdigheid te vrees nie, ook sal geen beloning wat hom toekom, teruggehou word nie
وَكَذَٰلِكَ أَنزَلْنَاهُ قُرْآنًا عَرَبِيًّا وَصَرَّفْنَا فِيهِ مِنَ الْوَعِيدِ لَعَلَّهُمْ يَتَّقُونَ أَوْ يُحْدِثُ لَهُمْ ذِكْرًا (113)
Ons het dit as ’n Arabiese Qur’ãn geopenbaar, en daarin duidelike waarskuwings geuiter, sodat hulle teen die kwaad kan waak en dat dit vir hulle as ’n vermaning kan dien
فَتَعَالَى اللَّهُ الْمَلِكُ الْحَقُّ ۗ وَلَا تَعْجَلْ بِالْقُرْآنِ مِن قَبْلِ أَن يُقْضَىٰ إِلَيْكَ وَحْيُهُ ۖ وَقُل رَّبِّ زِدْنِي عِلْمًا (114)
Verhewe dan is Allah, die Ware Koning. En haas u nie met die Qur’ãn voordat die openbaring daarvan aan u heeltemal voltooi is nie, en sê: O my Heer! Vermeerder my in kennis
وَلَقَدْ عَهِدْنَا إِلَىٰ آدَمَ مِن قَبْلُ فَنَسِيَ وَلَمْ نَجِدْ لَهُ عَزْمًا (115)
En sekerlik het Ons voorheen ’n opdrag aan Adam gegee, maar hy het dit vergeet; en Ons het in hom geen begeerte tot ongehoorsaamheid gevind nie
وَإِذْ قُلْنَا لِلْمَلَائِكَةِ اسْجُدُوا لِآدَمَ فَسَجَدُوا إِلَّا إِبْلِيسَ أَبَىٰ (116)
En toe Ons aan die engele gesê het: Prostreer julleself voor Adam, het hulle prostreer, behalwe Iblies; hy het geweier
فَقُلْنَا يَا آدَمُ إِنَّ هَٰذَا عَدُوٌّ لَّكَ وَلِزَوْجِكَ فَلَا يُخْرِجَنَّكُمَا مِنَ الْجَنَّةِ فَتَشْقَىٰ (117)
Ons het gesê: O Adam! Hy is ’n vyand van u en u vrou. Laat daarom nie toe dat hy julle uit die Tuin verdryf nie, anders sal julle bedroef word
إِنَّ لَكَ أَلَّا تَجُوعَ فِيهَا وَلَا تَعْرَىٰ (118)
Voorwaar, dis bestem dat julle daarin nie nakend of honger sal wees nie
وَأَنَّكَ لَا تَظْمَأُ فِيهَا وَلَا تَضْحَىٰ (119)
En ook dat julle geen dors sal ken, of nie blootgestel sal wees aan die hitte van die son nie
فَوَسْوَسَ إِلَيْهِ الشَّيْطَانُ قَالَ يَا آدَمُ هَلْ أَدُلُّكَ عَلَىٰ شَجَرَةِ الْخُلْدِ وَمُلْكٍ لَّا يَبْلَىٰ (120)
Maar die duiwel het hom kwaad ingefluister; hy het gesê: O Adam! Sal ek u na die Boom van Ewigheid lei, en na ’n koninkryk wat nimmer sal vergaan
فَأَكَلَا مِنْهَا فَبَدَتْ لَهُمَا سَوْآتُهُمَا وَطَفِقَا يَخْصِفَانِ عَلَيْهِمَا مِن وَرَقِ الْجَنَّةِ ۚ وَعَصَىٰ آدَمُ رَبَّهُ فَغَوَىٰ (121)
Toe het hulle albei daarvan geëet, waardeur hulle naaktheid aan hulle duidelik geword het; en toe het hulle begin om hulself met die blare van die Tuin te bedek. En Adam was sy Heer ongehoorsaam, en hy is teleurgestel
ثُمَّ اجْتَبَاهُ رَبُّهُ فَتَابَ عَلَيْهِ وَهَدَىٰ (122)
Toe het sy Heer hom uitverkies en tot hom gekeer, en hom gelei
قَالَ اهْبِطَا مِنْهَا جَمِيعًا ۖ بَعْضُكُمْ لِبَعْضٍ عَدُوٌّ ۖ فَإِمَّا يَأْتِيَنَّكُم مِّنِّي هُدًى فَمَنِ اتَّبَعَ هُدَايَ فَلَا يَضِلُّ وَلَا يَشْقَىٰ (123)
Hy het gesê: Gaan julle almal hiervandaan voort, want julle sal mekaar se vyande wees. Maar daar sal sekerlik leiding van My tot julle kom. Wie dan My leiding volg, hy sal nie mislei word of ongelukkig wees nie
وَمَنْ أَعْرَضَ عَن ذِكْرِي فَإِنَّ لَهُ مَعِيشَةً ضَنكًا وَنَحْشُرُهُ يَوْمَ الْقِيَامَةِ أَعْمَىٰ (124)
Maar diegene wat hulle daarvan wegdraai, sal in armoede lewe, en op die Dag van Opstanding sal Ons so iemand met blindheid slaan
قَالَ رَبِّ لِمَ حَشَرْتَنِي أَعْمَىٰ وَقَدْ كُنتُ بَصِيرًا (125)
Hy sal sê: My Heer! Waarom het u my met blindheid geslaan, terwyl ek voorheen nog kon sien
قَالَ كَذَٰلِكَ أَتَتْكَ آيَاتُنَا فَنَسِيتَهَا ۖ وَكَذَٰلِكَ الْيَوْمَ تُنسَىٰ (126)
Allah sal sê: Ons tekens het na u gekom en u het geen ag daarop geslaan nie. Daarom is u ook op hierdie Dag verlate
وَكَذَٰلِكَ نَجْزِي مَنْ أَسْرَفَ وَلَمْ يُؤْمِن بِآيَاتِ رَبِّهِ ۚ وَلَعَذَابُ الْآخِرَةِ أَشَدُّ وَأَبْقَىٰ (127)
So vergeld Ons die buitensporiges en hulle wat nie in die tekens van hul Heer glo nie. En voorwaar, die straf van die Hiernamaals is strenger en langer van duur
أَفَلَمْ يَهْدِ لَهُمْ كَمْ أَهْلَكْنَا قَبْلَهُم مِّنَ الْقُرُونِ يَمْشُونَ فِي مَسَاكِنِهِمْ ۗ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَاتٍ لِّأُولِي النُّهَىٰ (128)
Is dit dan nie vir hulle duidelik hoeveel geslagte in wie se ou woonplekke hulle nou rondtrek, Ons voorheen reeds vernietig het nie? Voorwaar, hierin is ’n teken vir mense met begrip
وَلَوْلَا كَلِمَةٌ سَبَقَتْ مِن رَّبِّكَ لَكَانَ لِزَامًا وَأَجَلٌ مُّسَمًّى (129)
En was dit nie dat u Heer reeds ’n woord uitgevaardig het en ’n termyn vasgestel het nie, sou die straf hulle sekerlik agterhaal het
فَاصْبِرْ عَلَىٰ مَا يَقُولُونَ وَسَبِّحْ بِحَمْدِ رَبِّكَ قَبْلَ طُلُوعِ الشَّمْسِ وَقَبْلَ غُرُوبِهَا ۖ وَمِنْ آنَاءِ اللَّيْلِ فَسَبِّحْ وَأَطْرَافَ النَّهَارِ لَعَلَّكَ تَرْضَىٰ (130)
Verdra geduldig wat hulle sê, en verheerlik die lof van u Heer vóór die opgaan van die son en vóór haar ondergang; en verheerlik Hom gedurende die ure van die nag en die dele van die dag, sodat u weltevrede mag wees
وَلَا تَمُدَّنَّ عَيْنَيْكَ إِلَىٰ مَا مَتَّعْنَا بِهِ أَزْوَاجًا مِّنْهُمْ زَهْرَةَ الْحَيَاةِ الدُّنْيَا لِنَفْتِنَهُمْ فِيهِ ۚ وَرِزْقُ رَبِّكَ خَيْرٌ وَأَبْقَىٰ (131)
En vermoei u oë nie deur te staar na die heerlikheid van die wêreld wat Ons aan verskeie van hulle gegee het om hulle mee te beproef nie. Die voorsiening van u Heer is beter en van langer duur
وَأْمُرْ أَهْلَكَ بِالصَّلَاةِ وَاصْطَبِرْ عَلَيْهَا ۖ لَا نَسْأَلُكَ رِزْقًا ۖ نَّحْنُ نَرْزُقُكَ ۗ وَالْعَاقِبَةُ لِلتَّقْوَىٰ (132)
En spoor u volk aan tot die gebed, en volhard daarin. Ons vra geen lewensonderhoud van u nie; Ons onderhou u. En die salige einde is vir húlle wat teen die kwaad waak
وَقَالُوا لَوْلَا يَأْتِينَا بِآيَةٍ مِّن رَّبِّهِ ۚ أَوَلَمْ تَأْتِهِم بَيِّنَةُ مَا فِي الصُّحُفِ الْأُولَىٰ (133)
En hulle sê: Waarom bring hy ons nie ’n teken van sy Heer nie? Het daar dan nie ’n duidelike bewys na hulle gekom in die vorm van alles wat in die geskrifte vermeld is nie
وَلَوْ أَنَّا أَهْلَكْنَاهُم بِعَذَابٍ مِّن قَبْلِهِ لَقَالُوا رَبَّنَا لَوْلَا أَرْسَلْتَ إِلَيْنَا رَسُولًا فَنَتَّبِعَ آيَاتِكَ مِن قَبْلِ أَن نَّذِلَّ وَنَخْزَىٰ (134)
En as Ons hulle vóór die koms daarvan met straf vernietig het, sou hulle gesê het: Ons Heer! Waarom het U ons nie ’n boodskapper gestuur nie, sodat ons U tekens kon gevolg het voordat skande en skaamte oor ons gekom het
قُلْ كُلٌّ مُّتَرَبِّصٌ فَتَرَبَّصُوا ۖ فَسَتَعْلَمُونَ مَنْ أَصْحَابُ الصِّرَاطِ السَّوِيِّ وَمَنِ اهْتَدَىٰ (135)
Sê: Ons wag elkeen; so moet julle ook wag. Julle sal weldra te wete kom wie op die regte pad is en wie die ware weg volg
❮ السورة السابقة السورة التـالية ❯

قراءة المزيد من سور القرآن الكريم :

1- الفاتحة2- البقرة3- آل عمران
4- النساء5- المائدة6- الأنعام
7- الأعراف8- الأنفال9- التوبة
10- يونس11- هود12- يوسف
13- الرعد14- إبراهيم15- الحجر
16- النحل17- الإسراء18- الكهف
19- مريم20- طه21- الأنبياء
22- الحج23- المؤمنون24- النور
25- الفرقان26- الشعراء27- النمل
28- القصص29- العنكبوت30- الروم
31- لقمان32- السجدة33- الأحزاب
34- سبأ35- فاطر36- يس
37- الصافات38- ص39- الزمر
40- غافر41- فصلت42- الشورى
43- الزخرف44- الدخان45- الجاثية
46- الأحقاف47- محمد48- الفتح
49- الحجرات50- ق51- الذاريات
52- الطور53- النجم54- القمر
55- الرحمن56- الواقعة57- الحديد
58- المجادلة59- الحشر60- الممتحنة
61- الصف62- الجمعة63- المنافقون
64- التغابن65- الطلاق66- التحريم
67- الملك68- القلم69- الحاقة
70- المعارج71- نوح72- الجن
73- المزمل74- المدثر75- القيامة
76- الإنسان77- المرسلات78- النبأ
79- النازعات80- عبس81- التكوير
82- الإنفطار83- المطففين84- الانشقاق
85- البروج86- الطارق87- الأعلى
88- الغاشية89- الفجر90- البلد
91- الشمس92- الليل93- الضحى
94- الشرح95- التين96- العلق
97- القدر98- البينة99- الزلزلة
100- العاديات101- القارعة102- التكاثر
103- العصر104- الهمزة105- الفيل
106- قريش107- الماعون108- الكوثر
109- الكافرون110- النصر111- المسد
112- الإخلاص113- الفلق114- الناس