وَيْلٌ لِّلْمُطَفِّفِينَ (1) Wee die bedrieërs |
الَّذِينَ إِذَا اكْتَالُوا عَلَى النَّاسِ يَسْتَوْفُونَ (2) Wat, wanneer iemand vir hulle ’n maat neem, op die volle maat aandring |
وَإِذَا كَالُوهُمْ أَو وَّزَنُوهُمْ يُخْسِرُونَ (3) maar wanneer hulle vir ’n ander iets moet meet of afweeg, minder gee as wat dit moet wees |
أَلَا يَظُنُّ أُولَٰئِكَ أَنَّهُم مَّبْعُوثُونَ (4) Dink hulle nie daaraan dat hulle weer opgewek sal word |
لِيَوْمٍ عَظِيمٍ (5) op ’n groot Dag nie |
يَوْمَ يَقُومُ النَّاسُ لِرَبِّ الْعَالَمِينَ (6) Die Dag wanneer die mense voor die Heer van die Wêrelde sal staan |
كَلَّا إِنَّ كِتَابَ الْفُجَّارِ لَفِي سِجِّينٍ (7) Nee, sekerlik, die gedenkskrif van die bose is: In die Gevangenis |
وَمَا أَدْرَاكَ مَا سِجِّينٌ (8) En weet u wat die Gevangenis is |
كِتَابٌ مَّرْقُومٌ (9) Dit is ’n geskrewe Boek |
وَيْلٌ يَوْمَئِذٍ لِّلْمُكَذِّبِينَ (10) Wee hulle, op dié Dag |
الَّذِينَ يُكَذِّبُونَ بِيَوْمِ الدِّينِ (11) wat die Dag van Oordeel ontken |
وَمَا يُكَذِّبُ بِهِ إِلَّا كُلُّ مُعْتَدٍ أَثِيمٍ (12) En niemand ontken dit nie, behalwe elke oortreder, elke sondaar |
إِذَا تُتْلَىٰ عَلَيْهِ آيَاتُنَا قَالَ أَسَاطِيرُ الْأَوَّلِينَ (13) Wanneer Ons tekens aan hom voorgedra word, sê hy: Stories van die oervolke |
كَلَّا ۖ بَلْ ۜ رَانَ عَلَىٰ قُلُوبِهِم مَّا كَانُوا يَكْسِبُونَ (14) Nee, dít wat hulle verdien het, is soos roes op hulle harte |
كَلَّا إِنَّهُمْ عَن رَّبِّهِمْ يَوْمَئِذٍ لَّمَحْجُوبُونَ (15) Waarlik, hulle sal daardie Dag van hulle Heer uitgesluit word |
ثُمَّ إِنَّهُمْ لَصَالُو الْجَحِيمِ (16) Dan sal hulle waarlik die Brandende Vuur ingaan |
ثُمَّ يُقَالُ هَٰذَا الَّذِي كُنتُم بِهِ تُكَذِّبُونَ (17) Dan sal daar gesê word: Dít is wat julle ontken het |
كَلَّا إِنَّ كِتَابَ الْأَبْرَارِ لَفِي عِلِّيِّينَ (18) Waarlik, die gedenkskrif van die deugsame sal wees: die mees Verhewe Plekke |
وَمَا أَدْرَاكَ مَا عِلِّيُّونَ (19) En weet u wat die mees Verhewe Plekke is |
كِتَابٌ مَّرْقُومٌ (20) Dit is ’n geskrewe Boek |
يَشْهَدُهُ الْمُقَرَّبُونَ (21) Hulle wat na aan Allah is, sal dit sien |
إِنَّ الْأَبْرَارَ لَفِي نَعِيمٍ (22) Waarlik, die deugsame sal hom verheug |
عَلَى الْأَرَائِكِ يَنظُرُونَ (23) Op verhewe rusbanke sal hulle mekaar raaksien |
تَعْرِفُ فِي وُجُوهِهِمْ نَضْرَةَ النَّعِيمِ (24) U sal op hulle gesigte die glans van geluksaligheid bemerk |
يُسْقَوْنَ مِن رَّحِيقٍ مَّخْتُومٍ (25) Vir hulle word gegee om te drink: ’n suiwer drank, verseël |
خِتَامُهُ مِسْكٌ ۚ وَفِي ذَٰلِكَ فَلْيَتَنَافَسِ الْمُتَنَافِسُونَ (26) en die seël daarvan is van muskus, ~ Laat hulle wat wedywer, hiervoor wedywer |
وَمِزَاجُهُ مِن تَسْنِيمٍ (27) En dit sal gemeng word met water wat van bo kom |
عَيْنًا يَشْرَبُ بِهَا الْمُقَرَّبُونَ (28) ’n Fontein, waaruit diegene wat naby Allah is, sal drink |
إِنَّ الَّذِينَ أَجْرَمُوا كَانُوا مِنَ الَّذِينَ آمَنُوا يَضْحَكُونَ (29) Waarlik, die misdadigers was daaraan gewoond om die gelowiges uit te lag |
وَإِذَا مَرُّوا بِهِمْ يَتَغَامَزُونَ (30) en wanneer hulle verby hulle gegaan het, het hulle vir mekaar geknipoog |
وَإِذَا انقَلَبُوا إِلَىٰ أَهْلِهِمُ انقَلَبُوا فَكِهِينَ (31) En wanneer hulle na hul volk teruggekeer het, het hulle verheug teruggekeer |
وَإِذَا رَأَوْهُمْ قَالُوا إِنَّ هَٰؤُلَاءِ لَضَالُّونَ (32) En wanneer hulle hul gesien het, het hulle gesê: Waarlik, hulle is verdwaal |
وَمَا أُرْسِلُوا عَلَيْهِمْ حَافِظِينَ (33) En hulle was nie gestuur as wakers oor hulle nie |
فَالْيَوْمَ الَّذِينَ آمَنُوا مِنَ الْكُفَّارِ يَضْحَكُونَ (34) Daarom sal die gelowiges op dié Dag die ongelowiges uitlag |
عَلَى الْأَرَائِكِ يَنظُرُونَ (35) Op verhewe rusbanke neergevly, aanskouende |
هَلْ ثُوِّبَ الْكُفَّارُ مَا كَانُوا يَفْعَلُونَ (36) Voorwaar, die ongelowiges sal vergeld word vir wat hulle gedoen het |