طسم (1) Tô-Sien-Miem |
تِلْكَ آيَاتُ الْكِتَابِ الْمُبِينِ (2) Dit is die verse van ’n Boek wat verduidelik |
لَعَلَّكَ بَاخِعٌ نَّفْسَكَ أَلَّا يَكُونُوا مُؤْمِنِينَ (3) Miskien sal u tot die dood toe treur omdat hulle ongelowig is |
إِن نَّشَأْ نُنَزِّلْ عَلَيْهِم مِّنَ السَّمَاءِ آيَةً فَظَلَّتْ أَعْنَاقُهُمْ لَهَا خَاضِعِينَ (4) As Ons wou, kon Ons ’n teken uit die hemel gestuur het, waar- voor hulle hul nekke sou buig |
وَمَا يَأْتِيهِم مِّن ذِكْرٍ مِّنَ الرَّحْمَٰنِ مُحْدَثٍ إِلَّا كَانُوا عَنْهُ مُعْرِضِينَ (5) En daar kom geen nuwe Vermaning van die Barmhartige tot hulle nie, of hulle keer hulle daarvan weg |
فَقَدْ كَذَّبُوا فَسَيَأْتِيهِمْ أَنبَاءُ مَا كَانُوا بِهِ يَسْتَهْزِئُونَ (6) Hulle het dit waarlik verloën, maar weldra sal hulle weet wat hulle bespot het |
أَوَلَمْ يَرَوْا إِلَى الْأَرْضِ كَمْ أَنبَتْنَا فِيهَا مِن كُلِّ زَوْجٍ كَرِيمٍ (7) Kyk hulle nie na die aarde, hoeveel voortreflike soorte Ons daarop laat groei nie |
إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَةً ۖ وَمَا كَانَ أَكْثَرُهُم مُّؤْمِنِينَ (8) Sekerlik is daar ’n teken hierin; maar die meeste van hulle glo nie |
وَإِنَّ رَبَّكَ لَهُوَ الْعَزِيزُ الرَّحِيمُ (9) En waarlik, u Heer is die Almagtige, die Genadige |
وَإِذْ نَادَىٰ رَبُّكَ مُوسَىٰ أَنِ ائْتِ الْقَوْمَ الظَّالِمِينَ (10) En toe u Heer Moses geroep het, het Hy gesê: Gaan na die on- regverdige volk |
قَوْمَ فِرْعَوْنَ ۚ أَلَا يَتَّقُونَ (11) die volk van Farao. Sal hulle dan nie teen die kwaad waak nie |
قَالَ رَبِّ إِنِّي أَخَافُ أَن يُكَذِّبُونِ (12) Toe het hy gesê: My Heer! Ek vrees dat hulle my sal verstoot |
وَيَضِيقُ صَدْرِي وَلَا يَنطَلِقُ لِسَانِي فَأَرْسِلْ إِلَىٰ هَارُونَ (13) en my bors is vereng, en my tong is nie welsprekend nie; laat kom daarom vir Aäron ook |
وَلَهُمْ عَلَيَّ ذَنبٌ فَأَخَافُ أَن يَقْتُلُونِ (14) En bowendien het hulle ’n aanklag van misdaad teen my; daarom vrees ek dat hulle my sal doodmaak |
قَالَ كَلَّا ۖ فَاذْهَبَا بِآيَاتِنَا ۖ إِنَّا مَعَكُم مُّسْتَمِعُونَ (15) Hy het gesê: Geensins! Gaan julle albei dan met ons tekens; waarlik, Ons is saam met julle, Luisterend |
فَأْتِيَا فِرْعَوْنَ فَقُولَا إِنَّا رَسُولُ رَبِّ الْعَالَمِينَ (16) Kom dan na Farao, en sê: Ons bring ’n boodskap van die Heer van die Wêrelde |
أَنْ أَرْسِلْ مَعَنَا بَنِي إِسْرَائِيلَ (17) Stuur die Kinders van Israel saam met ons |
قَالَ أَلَمْ نُرَبِّكَ فِينَا وَلِيدًا وَلَبِثْتَ فِينَا مِنْ عُمُرِكَ سِنِينَ (18) Farao het gesê: Het ons u nie as ’n kind onder ons opgevoed nie? En u het baie jare van u lewe saam met ons gewoon |
وَفَعَلْتَ فَعْلَتَكَ الَّتِي فَعَلْتَ وَأَنتَ مِنَ الْكَافِرِينَ (19) En u het daardie daad van u gepleeg, en u is nog ondankbaar |
قَالَ فَعَلْتُهَا إِذًا وَأَنَا مِنَ الضَّالِّينَ (20) Moses het gesê: Ek het dit gedoen toe ek nog tot die dwalendes behoort het |
فَفَرَرْتُ مِنكُمْ لَمَّا خِفْتُكُمْ فَوَهَبَ لِي رَبِّي حُكْمًا وَجَعَلَنِي مِنَ الْمُرْسَلِينَ (21) Daarom het ek van julle gevlug toe ek julle gevrees het; maar my Heer het aan my wysheid verleen en my een van die boodskappers gemaak |
وَتِلْكَ نِعْمَةٌ تَمُنُّهَا عَلَيَّ أَنْ عَبَّدتَّ بَنِي إِسْرَائِيلَ (22) En is dit ’n guns waaraan u my herinner: dat u die Kinders van Israel tot slawe gemaak het |
قَالَ فِرْعَوْنُ وَمَا رَبُّ الْعَالَمِينَ (23) Farao het gesê: En wát is die Heer van die Wêrelde |
قَالَ رَبُّ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ وَمَا بَيْنَهُمَا ۖ إِن كُنتُم مُّوقِنِينَ (24) Hy het gantwoord: Die Heer van die hemele en die aarde en wat daartussen is, indien julle seker wil wees |
قَالَ لِمَنْ حَوْلَهُ أَلَا تَسْتَمِعُونَ (25) Farao het aan diegene wat rondom hom was, gesê: Hoor julle nie |
قَالَ رَبُّكُمْ وَرَبُّ آبَائِكُمُ الْأَوَّلِينَ (26) Hy het gesê: Julle Heer en die Heer van julle voorvaders |
قَالَ إِنَّ رَسُولَكُمُ الَّذِي أُرْسِلَ إِلَيْكُمْ لَمَجْنُونٌ (27) Farao het toe geantwoord: Waarlik, die boodskapper wat julle gestuur het, is kranksinnig |
قَالَ رَبُّ الْمَشْرِقِ وَالْمَغْرِبِ وَمَا بَيْنَهُمَا ۖ إِن كُنتُمْ تَعْقِلُونَ (28) Moses het gesê: Hy is die Heer van die Ooste en die Weste en wat tussen hulle is, indien julle kan begryp |
قَالَ لَئِنِ اتَّخَذْتَ إِلَٰهًا غَيْرِي لَأَجْعَلَنَّكَ مِنَ الْمَسْجُونِينَ (29) Farao het gesê: As u ’n ander god buiten mý aanneem, sal ek u sekerlik in die gevangenis werp |
قَالَ أَوَلَوْ جِئْتُكَ بِشَيْءٍ مُّبِينٍ (30) Toe het Moses gesê: Selfs al sou ek u ’n duidelike teken toon |
قَالَ فَأْتِ بِهِ إِن كُنتَ مِنَ الصَّادِقِينَ (31) Farao het gesê: Bewys dit dan, indien u een van die opregtes is |
فَأَلْقَىٰ عَصَاهُ فَإِذَا هِيَ ثُعْبَانٌ مُّبِينٌ (32) Daarop het hy sy staf neergewerp, en kyk! dit was ’n slang |
وَنَزَعَ يَدَهُ فَإِذَا هِيَ بَيْضَاءُ لِلنَّاظِرِينَ (33) en hy het sy hand uitgestrek, en kyk! dit het vir die toeskouers deurskynend gelyk |
قَالَ لِلْمَلَإِ حَوْلَهُ إِنَّ هَٰذَا لَسَاحِرٌ عَلِيمٌ (34) Farao het aan die owerstes rondom hom gesê: Hy is inderdaad ’n bedrewe towenaar |
يُرِيدُ أَن يُخْرِجَكُم مِّنْ أَرْضِكُم بِسِحْرِهِ فَمَاذَا تَأْمُرُونَ (35) wat verlang om met sy towerkuns julle uit jul land te verdryf. Watter raad doen julle nou aan die hand |
قَالُوا أَرْجِهْ وَأَخَاهُ وَابْعَثْ فِي الْمَدَائِنِ حَاشِرِينَ (36) Hulle het gesê: Verleen aan hom en sy broer uitstel, en stuur aankondigers na die stede |
يَأْتُوكَ بِكُلِّ سَحَّارٍ عَلِيمٍ (37) dat hulle elke bedrewe towenaar na u kan bring |
فَجُمِعَ السَّحَرَةُ لِمِيقَاتِ يَوْمٍ مَّعْلُومٍ (38) Daarop is die towenaars byeenversamel vir die afspraak op ’n vasgestelde dag |
وَقِيلَ لِلنَّاسِ هَلْ أَنتُم مُّجْتَمِعُونَ (39) en dit is aan die volk gesê: Sal julle ook bymekaarkom |
لَعَلَّنَا نَتَّبِعُ السَّحَرَةَ إِن كَانُوا هُمُ الْغَالِبِينَ (40) Moontlik kan ons die towenaars volg, as hulle die oorwinnaars is |
فَلَمَّا جَاءَ السَّحَرَةُ قَالُوا لِفِرْعَوْنَ أَئِنَّ لَنَا لَأَجْرًا إِن كُنَّا نَحْنُ الْغَالِبِينَ (41) Toe die towenaars dus gekom het, het hulle aan Farao gesê: Sal daar ’n beloning vir ons wees as ons die oorwinnaars is |
قَالَ نَعَمْ وَإِنَّكُمْ إِذًا لَّمِنَ الْمُقَرَّبِينَ (42) Hy het gesê: Ja, seker, bowendien sal julle van diegene wees wat baie na aan my is |
قَالَ لَهُم مُّوسَىٰ أَلْقُوا مَا أَنتُم مُّلْقُونَ (43) Moses het aan hulle gesê: Werp neer wat julle te werpe het |
فَأَلْقَوْا حِبَالَهُمْ وَعِصِيَّهُمْ وَقَالُوا بِعِزَّةِ فِرْعَوْنَ إِنَّا لَنَحْنُ الْغَالِبُونَ (44) Toe het hulle hul toue en stokke neergegooi, en gesê: By die mag van Farao, ons sál die oorhand kry |
فَأَلْقَىٰ مُوسَىٰ عَصَاهُ فَإِذَا هِيَ تَلْقَفُ مَا يَأْفِكُونَ (45) Daarna het Moses sy staf neergewerp, en kyk! dit het hulle versinsels verorber |
فَأُلْقِيَ السَّحَرَةُ سَاجِدِينَ (46) Daarna het die towenaars hul op die grond neergewerp |
قَالُوا آمَنَّا بِرَبِّ الْعَالَمِينَ (47) hulle het gesê: Ons glo in die Heer van die Wêrelde |
رَبِّ مُوسَىٰ وَهَارُونَ (48) die Heer van Moses en Aäron |
قَالَ آمَنتُمْ لَهُ قَبْلَ أَنْ آذَنَ لَكُمْ ۖ إِنَّهُ لَكَبِيرُكُمُ الَّذِي عَلَّمَكُمُ السِّحْرَ فَلَسَوْفَ تَعْلَمُونَ ۚ لَأُقَطِّعَنَّ أَيْدِيَكُمْ وَأَرْجُلَكُم مِّنْ خِلَافٍ وَلَأُصَلِّبَنَّكُمْ أَجْمَعِينَ (49) Farao het gesê: Julle glo in hom voordat ék julle verlof gee? Hy is seker julle leier, die persoon wat julle in die toorkuns onderrig het. Maar julle sal dit weldra te wete kom. Ek sal sekerlik julle hande en julle voete aan teenoorgestelde kante afsny, en ek sal julle almal kruisig |
قَالُوا لَا ضَيْرَ ۖ إِنَّا إِلَىٰ رَبِّنَا مُنقَلِبُونَ (50) Hulle het gesê: Dis niks; ons sal waarlik na ons Heer terugkeer |
إِنَّا نَطْمَعُ أَن يَغْفِرَ لَنَا رَبُّنَا خَطَايَانَا أَن كُنَّا أَوَّلَ الْمُؤْمِنِينَ (51) Ons hoop dat ons Heer ons sondes sal vergewe, want ons is die eerste gelowiges |
۞ وَأَوْحَيْنَا إِلَىٰ مُوسَىٰ أَنْ أَسْرِ بِعِبَادِي إِنَّكُم مُّتَّبَعُونَ (52) En Ons het aan Moses geopenbaar, en gesê: Vertrek met My dienaars gedurende die nag, want julle sal agtervolg word |
فَأَرْسَلَ فِرْعَوْنُ فِي الْمَدَائِنِ حَاشِرِينَ (53) En Farao het bodes na die stede gestuur wat moes sê |
إِنَّ هَٰؤُلَاءِ لَشِرْذِمَةٌ قَلِيلُونَ (54) Dit is slegs ’n klein groepie |
وَإِنَّهُمْ لَنَا لَغَائِظُونَ (55) maar hulle het ons sekerlik vertoorn |
وَإِنَّا لَجَمِيعٌ حَاذِرُونَ (56) en ons is ’n goedgewapende menigte |
فَأَخْرَجْنَاهُم مِّن جَنَّاتٍ وَعُيُونٍ (57) Om hierdie rede het Ons hulle uit hul tuine en van die fonteine verdrywe |
وَكُنُوزٍ وَمَقَامٍ كَرِيمٍ (58) en van hul skatte en voortreflike wonings |
كَذَٰلِكَ وَأَوْرَثْنَاهَا بَنِي إِسْرَائِيلَ (59) So het dit gebeur. En Ons het dit as ’n erfenis aan die Kinders van Israel gegee |
فَأَتْبَعُوهُم مُّشْرِقِينَ (60) En toe het hulle by sonopkoms hul agternagesit |
فَلَمَّا تَرَاءَى الْجَمْعَانِ قَالَ أَصْحَابُ مُوسَىٰ إِنَّا لَمُدْرَكُونَ (61) En toe die twee skares mekaar raaksien, het die metgeselle van Moses uitgeroep: Ons sal sekerlik ingehaal word |
قَالَ كَلَّا ۖ إِنَّ مَعِيَ رَبِّي سَيَهْدِينِ (62) Hy het gesê: Geensins! Waarlik, my Heer is met my. Hy sal my lei |
فَأَوْحَيْنَا إِلَىٰ مُوسَىٰ أَنِ اضْرِب بِّعَصَاكَ الْبَحْرَ ۖ فَانفَلَقَ فَكَانَ كُلُّ فِرْقٍ كَالطَّوْدِ الْعَظِيمِ (63) Toe het Ons aan Moses geopenbaar: Slaan op die see met u staf. En die see het in twee verdeel, en elke deel was soos ’n berg |
وَأَزْلَفْنَا ثَمَّ الْآخَرِينَ (64) En daar het Ons die ander laat nader kom |
وَأَنجَيْنَا مُوسَىٰ وَمَن مَّعَهُ أَجْمَعِينَ (65) En Ons het Moses gered, en almal wat saam met hom was |
ثُمَّ أَغْرَقْنَا الْآخَرِينَ (66) Toe het Ons die ander laat verdrink |
إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَةً ۖ وَمَا كَانَ أَكْثَرُهُم مُّؤْمِنِينَ (67) Sekerlik is daar ’n teken hierin; tog glo die meeste van hulle nie |
وَإِنَّ رَبَّكَ لَهُوَ الْعَزِيزُ الرَّحِيمُ (68) En voorwaar, u Heer is die Almagtige, die Genadige |
وَاتْلُ عَلَيْهِمْ نَبَأَ إِبْرَاهِيمَ (69) En verkondig aan hulle die verhaal van Abraham |
إِذْ قَالَ لِأَبِيهِ وَقَوْمِهِ مَا تَعْبُدُونَ (70) Hoe hy aan sy vader en aan sy volk gesê het: Wat aanbid julle |
قَالُوا نَعْبُدُ أَصْنَامًا فَنَظَلُّ لَهَا عَاكِفِينَ (71) En hulle antwoord was: Ons aanbid beelde en ons sal aan hulle toegewyd bly |
قَالَ هَلْ يَسْمَعُونَكُمْ إِذْ تَدْعُونَ (72) Toe het hy gesê: Hóór hulle as julle hul aanroep |
أَوْ يَنفَعُونَكُمْ أَوْ يَضُرُّونَ (73) Of bring hulle ’n voor- of nadeel vir julle |
قَالُوا بَلْ وَجَدْنَا آبَاءَنَا كَذَٰلِكَ يَفْعَلُونَ (74) Hulle het geantwoord: Nee, ons het gevind dat ons vaders so doen |
قَالَ أَفَرَأَيْتُم مَّا كُنتُمْ تَعْبُدُونَ (75) Toe sê hy: Sien julle dan wat julle aanbid |
أَنتُمْ وَآبَاؤُكُمُ الْأَقْدَمُونَ (76) julle en julle voorvaders |
فَإِنَّهُمْ عَدُوٌّ لِّي إِلَّا رَبَّ الْعَالَمِينَ (77) Waarlik, hulle is my vyande, maar nie die Heer van die Wêrelde nie |
الَّذِي خَلَقَنِي فَهُوَ يَهْدِينِ (78) wat my geskape het, en daarna vir my die weg aangewys het |
وَالَّذِي هُوَ يُطْعِمُنِي وَيَسْقِينِ (79) en wat aan my voedsel en drank gee |
وَإِذَا مَرِضْتُ فَهُوَ يَشْفِينِ (80) en my genees wanneer ek siek is |
وَالَّذِي يُمِيتُنِي ثُمَّ يُحْيِينِ (81) en my sal laat sterf en my daarna tot die lewe sal terugbring |
وَالَّذِي أَطْمَعُ أَن يَغْفِرَ لِي خَطِيئَتِي يَوْمَ الدِّينِ (82) en wat, hoop ek, my tekortkominge sal vergewe op die Dag van Oordeel |
رَبِّ هَبْ لِي حُكْمًا وَأَلْحِقْنِي بِالصَّالِحِينَ (83) My Heer! Skenk my wysheid, en plaas my by die opregtes |
وَاجْعَل لِّي لِسَانَ صِدْقٍ فِي الْآخِرِينَ (84) en verorden vir my ’n goeie nagedagtenis onder die toekomstige geslagte |
وَاجْعَلْنِي مِن وَرَثَةِ جَنَّةِ النَّعِيمِ (85) en maak my ’n erfgenaam van die Tuin van Saligheid |
وَاغْفِرْ لِأَبِي إِنَّهُ كَانَ مِنَ الضَّالِّينَ (86) en vergewe my vader, want hy is sekerlik een van die verdwaaldes |
وَلَا تُخْزِنِي يَوْمَ يُبْعَثُونَ (87) en verneder my nie op die Dag wanneer die mense opgewek sal word nie |
يَوْمَ لَا يَنفَعُ مَالٌ وَلَا بَنُونَ (88) die Dag waarop kinders of skatte niemand sal baat nie |
إِلَّا مَنْ أَتَى اللَّهَ بِقَلْبٍ سَلِيمٍ (89) maar wanneer slegs hy wat met toegewyde hart aan Allah be- hoort, guns sal vind |
وَأُزْلِفَتِ الْجَنَّةُ لِلْمُتَّقِينَ (90) En die Paradys sal vir die godvresendes naby gebring word |
وَبُرِّزَتِ الْجَحِيمُ لِلْغَاوِينَ (91) en die Hel sal vir die goddeloses onthul word |
وَقِيلَ لَهُمْ أَيْنَ مَا كُنتُمْ تَعْبُدُونَ (92) en dit sal aan hulle gesê word: Waar is diegene wat julle aanbid het |
مِن دُونِ اللَّهِ هَلْ يَنصُرُونَكُمْ أَوْ يَنتَصِرُونَ (93) buiten Allah? Kan hulle julle help, of hulself help |
فَكُبْكِبُوا فِيهَا هُمْ وَالْغَاوُونَ (94) So sal hulle halsoorkop in die Hel gedompel word, hulle en die goddeloses |
وَجُنُودُ إِبْلِيسَ أَجْمَعُونَ (95) en die skare van die duiwel, almal tesame |
قَالُوا وَهُمْ فِيهَا يَخْتَصِمُونَ (96) Hulle sal sê, terwyl hulle daarin twis |
تَاللَّهِ إِن كُنَّا لَفِي ضَلَالٍ مُّبِينٍ (97) By Allah! Ons het waarlik gedwaal |
إِذْ نُسَوِّيكُم بِرَبِّ الْعَالَمِينَ (98) toe ons julle aan die Heer van die Wêrelde gelykgestel het |
وَمَا أَضَلَّنَا إِلَّا الْمُجْرِمُونَ (99) En niemand behalwe die misdadigers het ons verlei nie |
فَمَا لَنَا مِن شَافِعِينَ (100) Daarom het ons geen bemiddelaars |
وَلَا صَدِيقٍ حَمِيمٍ (101) ook nie ’n boesemvriend nie |
فَلَوْ أَنَّ لَنَا كَرَّةً فَنَكُونَ مِنَ الْمُؤْمِنِينَ (102) As ons maar net kon terugkeer, sou ons ook gelowiges wees |
إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَةً ۖ وَمَا كَانَ أَكْثَرُهُم مُّؤْمِنِينَ (103) Hierin is waarlik ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie |
وَإِنَّ رَبَّكَ لَهُوَ الْعَزِيزُ الرَّحِيمُ (104) En vorwaar, u Heer is die Magtige, die Genadige |
كَذَّبَتْ قَوْمُ نُوحٍ الْمُرْسَلِينَ (105) Die volk van Noag het die boodskappers verloën |
إِذْ قَالَ لَهُمْ أَخُوهُمْ نُوحٌ أَلَا تَتَّقُونَ (106) Toe hulle broer Noag aan hulle gesê het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie |
إِنِّي لَكُمْ رَسُولٌ أَمِينٌ (107) Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle |
فَاتَّقُوا اللَّهَ وَأَطِيعُونِ (108) Wees bewus van Allah en gehoorsaam my |
وَمَا أَسْأَلُكُمْ عَلَيْهِ مِنْ أَجْرٍ ۖ إِنْ أَجْرِيَ إِلَّا عَلَىٰ رَبِّ الْعَالَمِينَ (109) En ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde |
فَاتَّقُوا اللَّهَ وَأَطِيعُونِ (110) Kom daarom julle plig teenoor Allah na, en gehoorsaam my |
۞ قَالُوا أَنُؤْمِنُ لَكَ وَاتَّبَعَكَ الْأَرْذَلُونَ (111) Hulle het geantwoord: Sal ons in u glo terwyl slegs die onaan- sienlikes u volg |
قَالَ وَمَا عِلْمِي بِمَا كَانُوا يَعْمَلُونَ (112) Hy het gesê: En wat weet ek van hulle dade af |
إِنْ حِسَابُهُمْ إِلَّا عَلَىٰ رَبِّي ۖ لَوْ تَشْعُرُونَ (113) Hulle rekening is alleen by my Heer, as julle dit maar besef |
وَمَا أَنَا بِطَارِدِ الْمُؤْمِنِينَ (114) En ek gaan die gelowiges nie verdryf nie |
إِنْ أَنَا إِلَّا نَذِيرٌ مُّبِينٌ (115) ek is slegs ’n duidelike waarskuwer |
قَالُوا لَئِن لَّمْ تَنتَهِ يَا نُوحُ لَتَكُونَنَّ مِنَ الْمَرْجُومِينَ (116) Hulle het gesê: As u nie ophou nie, o Noag, sal ons u sekerlik stenig |
قَالَ رَبِّ إِنَّ قَوْمِي كَذَّبُونِ (117) Hy het gesê: My Heer! My volk het my verloën |
فَافْتَحْ بَيْنِي وَبَيْنَهُمْ فَتْحًا وَنَجِّنِي وَمَن مَّعِيَ مِنَ الْمُؤْمِنِينَ (118) Oordeel daarom regverdig tussen hulle en my; en red my en die gelowiges wat saam met my is |
فَأَنجَيْنَاهُ وَمَن مَّعَهُ فِي الْفُلْكِ الْمَشْحُونِ (119) Daarom het Ons hom gered en diegene wat met hom in die ark was |
ثُمَّ أَغْرَقْنَا بَعْدُ الْبَاقِينَ (120) Daarna het Ons die res laat verdrink |
إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَةً ۖ وَمَا كَانَ أَكْثَرُهُم مُّؤْمِنِينَ (121) Hierin is waarlik ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie |
وَإِنَّ رَبَّكَ لَهُوَ الْعَزِيزُ الرَّحِيمُ (122) Voorwaar, u Heer is die Magtige, die Genadige |
كَذَّبَتْ عَادٌ الْمُرْسَلِينَ (123) Aad het die boodskappers verloën |
إِذْ قَالَ لَهُمْ أَخُوهُمْ هُودٌ أَلَا تَتَّقُونَ (124) Toe hulle broer Hüd aan hulle gesê het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie |
إِنِّي لَكُمْ رَسُولٌ أَمِينٌ (125) Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle |
فَاتَّقُوا اللَّهَ وَأَطِيعُونِ (126) Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my |
وَمَا أَسْأَلُكُمْ عَلَيْهِ مِنْ أَجْرٍ ۖ إِنْ أَجْرِيَ إِلَّا عَلَىٰ رَبِّ الْعَالَمِينَ (127) En ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde |
أَتَبْنُونَ بِكُلِّ رِيعٍ آيَةً تَعْبَثُونَ (128) Bou julle ’n monument op elke hoogte vir ydele vermaak |
وَتَتَّخِذُونَ مَصَانِعَ لَعَلَّكُمْ تَخْلُدُونَ (129) En bou julle kastele sodat julle vir ewig kan lewe |
وَإِذَا بَطَشْتُم بَطَشْتُمْ جَبَّارِينَ (130) En wanneer julle gryp, gryp julle soos verdrukkers |
فَاتَّقُوا اللَّهَ وَأَطِيعُونِ (131) Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my |
وَاتَّقُوا الَّذِي أَمَدَّكُم بِمَا تَعْلَمُونَ (132) Kom julle plig na teenoor Hom wat alles wat julle weet aan jul geskenk het |
أَمَدَّكُم بِأَنْعَامٍ وَبَنِينَ (133) Hy skenk aan julle vee en kinders |
وَجَنَّاتٍ وَعُيُونٍ (134) en tuine en fonteine |
إِنِّي أَخَافُ عَلَيْكُمْ عَذَابَ يَوْمٍ عَظِيمٍ (135) Ek vrees namens julle inderdaad die straf van ’n smartlike Dag |
قَالُوا سَوَاءٌ عَلَيْنَا أَوَعَظْتَ أَمْ لَمْ تَكُن مِّنَ الْوَاعِظِينَ (136) Hulle het geantwoord: Dit is vir ons dieselfde of u vermaan en of u nie een van die vermaners is nie |
إِنْ هَٰذَا إِلَّا خُلُقُ الْأَوَّلِينَ (137) Dit is niks anders as versinsels van die vorige volke nie |
وَمَا نَحْنُ بِمُعَذَّبِينَ (138) En ons sal nie gestraf word nie |
فَكَذَّبُوهُ فَأَهْلَكْنَاهُمْ ۗ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَةً ۖ وَمَا كَانَ أَكْثَرُهُم مُّؤْمِنِينَ (139) Daarom het hulle hom veloën, en Ons het hulle verdelg. Daarin is waaarlik ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie |
وَإِنَّ رَبَّكَ لَهُوَ الْعَزِيزُ الرَّحِيمُ (140) En voorwaar, u Heer is die Magtige, die Genadige |
كَذَّبَتْ ثَمُودُ الْمُرْسَلِينَ (141) Thamoed het die boodskappers verloën |
إِذْ قَالَ لَهُمْ أَخُوهُمْ صَالِحٌ أَلَا تَتَّقُونَ (142) Toe hulle broer Salieg aan hulle gesê het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie |
إِنِّي لَكُمْ رَسُولٌ أَمِينٌ (143) Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle |
فَاتَّقُوا اللَّهَ وَأَطِيعُونِ (144) Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my |
وَمَا أَسْأَلُكُمْ عَلَيْهِ مِنْ أَجْرٍ ۖ إِنْ أَجْرِيَ إِلَّا عَلَىٰ رَبِّ الْعَالَمِينَ (145) En ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde |
أَتُتْرَكُونَ فِي مَا هَاهُنَا آمِنِينَ (146) Sal julle dan veilig gelaat word in wat hier is |
فِي جَنَّاتٍ وَعُيُونٍ (147) in tuine en fonteine |
وَزُرُوعٍ وَنَخْلٍ طَلْعُهَا هَضِيمٌ (148) en koringvelde en dadelpalms vol pragtige blomskedes |
وَتَنْحِتُونَ مِنَ الْجِبَالِ بُيُوتًا فَارِهِينَ (149) En met knaphandigheid hol julle huise in die berge uit |
فَاتَّقُوا اللَّهَ وَأَطِيعُونِ (150) Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my |
وَلَا تُطِيعُوا أَمْرَ الْمُسْرِفِينَ (151) En gehoorsaam nie die bevel van die verkwisters nie |
الَّذِينَ يُفْسِدُونَ فِي الْأَرْضِ وَلَا يُصْلِحُونَ (152) wat onheil op die aarde saai en hulself nie verbeter nie |
قَالُوا إِنَّمَا أَنتَ مِنَ الْمُسَحَّرِينَ (153) Hulle het gesê: U is betower |
مَا أَنتَ إِلَّا بَشَرٌ مِّثْلُنَا فَأْتِ بِآيَةٍ إِن كُنتَ مِنَ الصَّادِقِينَ (154) U is slegs ’n sterfling soos ons ~ bring ons dan ’n teken, indien u opreg is |
قَالَ هَٰذِهِ نَاقَةٌ لَّهَا شِرْبٌ وَلَكُمْ شِرْبُ يَوْمٍ مَّعْلُومٍ (155) Hy het gesê: Hier is ’n kamelin; sy het haar beurt om te drink, en julle het julle beurt om te drink, op ’n vasgestelde tyd |
وَلَا تَمَسُّوهَا بِسُوءٍ فَيَأْخُذَكُمْ عَذَابُ يَوْمٍ عَظِيمٍ (156) En doen haar geen kwaad aan nie, anders sal die straf van ’n smartlike Dag julle inhaal |
فَعَقَرُوهَا فَأَصْبَحُوا نَادِمِينَ (157) Maar hulle het haar kniesening afgekap, en daarna het hulle spyt gehad |
فَأَخَذَهُمُ الْعَذَابُ ۗ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَةً ۖ وَمَا كَانَ أَكْثَرُهُم مُّؤْمِنِينَ (158) maar die straf het hulle ingehaal. Voorwaar, daarin is ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie |
وَإِنَّ رَبَّكَ لَهُوَ الْعَزِيزُ الرَّحِيمُ (159) En waarlik, u Heer is die Magtige, die Genadige |
كَذَّبَتْ قَوْمُ لُوطٍ الْمُرْسَلِينَ (160) Die volk van Lot het die boodskappers verloën |
إِذْ قَالَ لَهُمْ أَخُوهُمْ لُوطٌ أَلَا تَتَّقُونَ (161) Toe hulle broer Lot aan hulle gesê het: Sal julle nie teen die kwaad waak nie |
إِنِّي لَكُمْ رَسُولٌ أَمِينٌ (162) Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle |
فَاتَّقُوا اللَّهَ وَأَطِيعُونِ (163) Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my |
وَمَا أَسْأَلُكُمْ عَلَيْهِ مِنْ أَجْرٍ ۖ إِنْ أَجْرِيَ إِلَّا عَلَىٰ رَبِّ الْعَالَمِينَ (164) Ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde |
أَتَأْتُونَ الذُّكْرَانَ مِنَ الْعَالَمِينَ (165) Gaan julle in by mans van alle skepsels |
وَتَذَرُونَ مَا خَلَقَ لَكُمْ رَبُّكُم مِّنْ أَزْوَاجِكُم ۚ بَلْ أَنتُمْ قَوْمٌ عَادُونَ (166) en verlaat julle jul vrouens wat julle Heer vir jul geskape het? Nee, julle is ’n volk wat die perke oorskry |
قَالُوا لَئِن لَّمْ تَنتَهِ يَا لُوطُ لَتَكُونَنَّ مِنَ الْمُخْرَجِينَ (167) Hulle het gesê: As u nie ophou nie, o Lot, sal u sekerlik verban word |
قَالَ إِنِّي لِعَمَلِكُم مِّنَ الْقَالِينَ (168) Hy het gesê: Waarlik, ek vind julle dade veragtelik |
رَبِّ نَجِّنِي وَأَهْلِي مِمَّا يَعْمَلُونَ (169) My Heer! Red my en my volgelinge van wat hulle doen |
فَنَجَّيْنَاهُ وَأَهْلَهُ أَجْمَعِينَ (170) Daarom het Ons hom en al sy volgelinge gered |
إِلَّا عَجُوزًا فِي الْغَابِرِينَ (171) behalwe ’n ou vrou wat agter gebly het |
ثُمَّ دَمَّرْنَا الْآخَرِينَ (172) Toe het Ons die ander verdelg |
وَأَمْطَرْنَا عَلَيْهِم مَّطَرًا ۖ فَسَاءَ مَطَرُ الْمُنذَرِينَ (173) En Ons het ’n reën op hulle laat giet; en boos was die reën op húlle wat gewaarsku was |
إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَةً ۖ وَمَا كَانَ أَكْثَرُهُم مُّؤْمِنِينَ (174) Daarin is waarlik ’n teken, maar die meeste mense glo nie |
وَإِنَّ رَبَّكَ لَهُوَ الْعَزِيزُ الرَّحِيمُ (175) En voorwaar, u Heer is die Magtige, die Genadige |
كَذَّبَ أَصْحَابُ الْأَيْكَةِ الْمُرْسَلِينَ (176) Die Bewoners van die Woud het die boodskappers verloën |
إِذْ قَالَ لَهُمْ شُعَيْبٌ أَلَا تَتَّقُونَ (177) Toe Sjoe-eib tot hulle gespreek het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie |
إِنِّي لَكُمْ رَسُولٌ أَمِينٌ (178) Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle |
فَاتَّقُوا اللَّهَ وَأَطِيعُونِ (179) Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my |
وَمَا أَسْأَلُكُمْ عَلَيْهِ مِنْ أَجْرٍ ۖ إِنْ أَجْرِيَ إِلَّا عَلَىٰ رَبِّ الْعَالَمِينَ (180) En ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde |
۞ أَوْفُوا الْكَيْلَ وَلَا تَكُونُوا مِنَ الْمُخْسِرِينَ (181) Gee die volle maat, en behoort nie tot die bedrieërs nie |
وَزِنُوا بِالْقِسْطَاسِ الْمُسْتَقِيمِ (182) En weeg met ’n behoorlike skaal |
وَلَا تَبْخَسُوا النَّاسَ أَشْيَاءَهُمْ وَلَا تَعْثَوْا فِي الْأَرْضِ مُفْسِدِينَ (183) En doen die mense nie te kort in wat hulle toekom nie, en verrig geen onheil op die aarde nie |
وَاتَّقُوا الَّذِي خَلَقَكُمْ وَالْجِبِلَّةَ الْأَوَّلِينَ (184) En wees bewus van Hom wat julle en ook die vorige geslagte geskape het |
قَالُوا إِنَّمَا أَنتَ مِنَ الْمُسَحَّرِينَ (185) Hulle het gesê: U is betower |
وَمَا أَنتَ إِلَّا بَشَرٌ مِّثْلُنَا وَإِن نَّظُنُّكَ لَمِنَ الْكَاذِبِينَ (186) u is maar net ’n sterfling soos ons, en ons beskou u as ’n leuenaar |
فَأَسْقِطْ عَلَيْنَا كِسَفًا مِّنَ السَّمَاءِ إِن كُنتَ مِنَ الصَّادِقِينَ (187) Laat dus ’n deel van die hemel op ons val, as u opreg is |
قَالَ رَبِّي أَعْلَمُ بِمَا تَعْمَلُونَ (188) Hy het gesê: My Heer weet goed wat julle doen |
فَكَذَّبُوهُ فَأَخَذَهُمْ عَذَابُ يَوْمِ الظُّلَّةِ ۚ إِنَّهُ كَانَ عَذَابَ يَوْمٍ عَظِيمٍ (189) En hulle het hom verloën. Toe het die straf van die Dag van Bedekking hulle ingehaal. Dit was waarlik die straf van ’n smartlike dag |
إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَآيَةً ۖ وَمَا كَانَ أَكْثَرُهُم مُّؤْمِنِينَ (190) Voorwaar, daarin is ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie |
وَإِنَّ رَبَّكَ لَهُوَ الْعَزِيزُ الرَّحِيمُ (191) En waarlik, u Heer is die Magtige, die Genadige |
وَإِنَّهُ لَتَنزِيلُ رَبِّ الْعَالَمِينَ (192) En waarlik, hierdie Boek is ’n openbaring van die Heer van die Wêrelde |
نَزَلَ بِهِ الرُّوحُ الْأَمِينُ (193) Die Getroue Siel het dit gebring |
عَلَىٰ قَلْبِكَ لِتَكُونَ مِنَ الْمُنذِرِينَ (194) na u hart, sodat u ’n waarskuwer kan wees |
بِلِسَانٍ عَرَبِيٍّ مُّبِينٍ (195) in duidelike Arabies |
وَإِنَّهُ لَفِي زُبُرِ الْأَوَّلِينَ (196) En dieselfde is sekerlik in die geskrifte van die volke wat julle voorafgegaan het |
أَوَلَمْ يَكُن لَّهُمْ آيَةً أَن يَعْلَمَهُ عُلَمَاءُ بَنِي إِسْرَائِيلَ (197) Is dit nie ’n teken vir hulle dat die geleerdes onder die Kinders van Israel dit weet nie |
وَلَوْ نَزَّلْنَاهُ عَلَىٰ بَعْضِ الْأَعْجَمِينَ (198) En indien Ons dit aan ’n vreemdeling geopenbaar het |
فَقَرَأَهُ عَلَيْهِم مَّا كَانُوا بِهِ مُؤْمِنِينَ (199) en hy dit aan hulle voorgelees het, sou hulle nooit daarin geglo het nie |
كَذَٰلِكَ سَلَكْنَاهُ فِي قُلُوبِ الْمُجْرِمِينَ (200) Só laat Ons dit die harte van die skuldiges binnedring |
لَا يُؤْمِنُونَ بِهِ حَتَّىٰ يَرَوُا الْعَذَابَ الْأَلِيمَ (201) Hulle sal nie daarin glo voordat hulle die smartlike straf nie sien nie |
فَيَأْتِيَهُم بَغْتَةً وَهُمْ لَا يَشْعُرُونَ (202) Maar dit sal plotseling oor hulle kom terwyl hulle dit nie verwag nie |
فَيَقُولُوا هَلْ نَحْنُ مُنظَرُونَ (203) Dan sal hulle sê: Sal daar aan ons uitstel verleen word |
أَفَبِعَذَابِنَا يَسْتَعْجِلُونَ (204) Wens hulle nog dat Ons straf verhaas moet word |
أَفَرَأَيْتَ إِن مَّتَّعْنَاهُمْ سِنِينَ (205) Sien u, as Ons hulle dit gun om die jare te geniet |
ثُمَّ جَاءَهُم مَّا كَانُوا يُوعَدُونَ (206) en daar kom tot hulle wat aan hul belowe is |
مَا أَغْنَىٰ عَنْهُم مَّا كَانُوا يُمَتَّعُونَ (207) sal dít wat hul geniet het, hulle niks baat nie |
وَمَا أَهْلَكْنَا مِن قَرْيَةٍ إِلَّا لَهَا مُنذِرُونَ (208) En nooit het Ons ’n stad vernietig nie, of sy het haar waarskuwers gehad |
ذِكْرَىٰ وَمَا كُنَّا ظَالِمِينَ (209) wat vermaan het. En Ons is nooit onregverdig nie |
وَمَا تَنَزَّلَتْ بِهِ الشَّيَاطِينُ (210) En die duiwels het dit nie gebring nie |
وَمَا يَنبَغِي لَهُمْ وَمَا يَسْتَطِيعُونَ (211) En dit kom hulle nie toe nie, nóg het hulle die mag om dit te doen |
إِنَّهُمْ عَنِ السَّمْعِ لَمَعْزُولُونَ (212) Waarlik, selfs om dit te hoor, word hulle nie gegun nie |
فَلَا تَدْعُ مَعَ اللَّهِ إِلَٰهًا آخَرَ فَتَكُونَ مِنَ الْمُعَذَّبِينَ (213) En roep geen ander god buiten Allah aan nie, anders sal u een van die gestrafdes word |
وَأَنذِرْ عَشِيرَتَكَ الْأَقْرَبِينَ (214) En waarsku u naaste familie |
وَاخْفِضْ جَنَاحَكَ لِمَنِ اتَّبَعَكَ مِنَ الْمُؤْمِنِينَ (215) en wend u met sagmoedigheid tot die gelowiges wat u volg |
فَإِنْ عَصَوْكَ فَقُلْ إِنِّي بَرِيءٌ مِّمَّا تَعْمَلُونَ (216) Maar indien hulle u nie gehoorsaam nie, sê: Ek aanvaar geen skuld vir u dade nie |
وَتَوَكَّلْ عَلَى الْعَزِيزِ الرَّحِيمِ (217) En stel u vertroue in die Magtige, die Genadige |
الَّذِي يَرَاكَ حِينَ تَقُومُ (218) wat u sien wanneer u opstaan |
وَتَقَلُّبَكَ فِي السَّاجِدِينَ (219) en wat u bewegings merk wanneer u saam met ander prostreer |
إِنَّهُ هُوَ السَّمِيعُ الْعَلِيمُ (220) Waarlik, Hy is die Alleshorende, die Alleswetende |
هَلْ أُنَبِّئُكُمْ عَلَىٰ مَن تَنَزَّلُ الشَّيَاطِينُ (221) Sal ek u meedeel op wie die duiwels neerdaal |
تَنَزَّلُ عَلَىٰ كُلِّ أَفَّاكٍ أَثِيمٍ (222) Hulle daal op elke verstokte leuenaar en sondaar neer |
يُلْقُونَ السَّمْعَ وَأَكْثَرُهُمْ كَاذِبُونَ (223) en hulle leen hulle ore uit, en die meeste van hulle is leuenaars |
وَالشُّعَرَاءُ يَتَّبِعُهُمُ الْغَاوُونَ (224) En die digters! Die afgedwaaldes volg hulle |
أَلَمْ تَرَ أَنَّهُمْ فِي كُلِّ وَادٍ يَهِيمُونَ (225) Sien u nie dat hulle in elke vallei ronddwaal nie |
وَأَنَّهُمْ يَقُولُونَ مَا لَا يَفْعَلُونَ (226) en dat wat hulle sê, hulle nie doen nie |
إِلَّا الَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ وَذَكَرُوا اللَّهَ كَثِيرًا وَانتَصَرُوا مِن بَعْدِ مَا ظُلِمُوا ۗ وَسَيَعْلَمُ الَّذِينَ ظَلَمُوا أَيَّ مُنقَلَبٍ يَنقَلِبُونَ (227) Behalwe die gelowiges, wat glo en goeie werke doen en Allah altyd onthou, en hulself verdedig as hulle verdruk word. Maar die kwaaddoeners sal weldra weet watter wending hul saak sal neem |