×

سورة المائدة باللغة الأفريكانية

ترجمات القرآنباللغة الأفريكانية ⬅ سورة المائدة

ترجمة معاني سورة المائدة باللغة الأفريكانية - Afrikaans

القرآن باللغة الأفريكانية - سورة المائدة مترجمة إلى اللغة الأفريكانية، Surah Maidah in Afrikaans. نوفر ترجمة دقيقة سورة المائدة باللغة الأفريكانية - Afrikaans, الآيات 120 - رقم السورة 5 - الصفحة 106.

بسم الله الرحمن الرحيم

يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا أَوْفُوا بِالْعُقُودِ ۚ أُحِلَّتْ لَكُم بَهِيمَةُ الْأَنْعَامِ إِلَّا مَا يُتْلَىٰ عَلَيْكُمْ غَيْرَ مُحِلِّي الصَّيْدِ وَأَنتُمْ حُرُمٌ ۗ إِنَّ اللَّهَ يَحْكُمُ مَا يُرِيدُ (1)
O julle gelowiges! Kom jul verpligtinge na. Kos wat wettig is vir julle om te eet sluit in viervoetige vee, behalwe dít wat julle voorheen reeds verbied is, op voorwaarde dat julle nie die verbod op hulle, wanneer julle op die bedevaart(ghadj en oemra) is, skend nie. Voorwaar, Allah gebied wat Hy wil
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تُحِلُّوا شَعَائِرَ اللَّهِ وَلَا الشَّهْرَ الْحَرَامَ وَلَا الْهَدْيَ وَلَا الْقَلَائِدَ وَلَا آمِّينَ الْبَيْتَ الْحَرَامَ يَبْتَغُونَ فَضْلًا مِّن رَّبِّهِمْ وَرِضْوَانًا ۚ وَإِذَا حَلَلْتُمْ فَاصْطَادُوا ۚ وَلَا يَجْرِمَنَّكُمْ شَنَآنُ قَوْمٍ أَن صَدُّوكُمْ عَنِ الْمَسْجِدِ الْحَرَامِ أَن تَعْتَدُوا ۘ وَتَعَاوَنُوا عَلَى الْبِرِّ وَالتَّقْوَىٰ ۖ وَلَا تَعَاوَنُوا عَلَى الْإِثْمِ وَالْعُدْوَانِ ۚ وَاتَّقُوا اللَّهَ ۖ إِنَّ اللَّهَ شَدِيدُ الْعِقَابِ (2)
O julle gelowiges! Ontheilig nie die tekens van Allah nie, ook nie die Heilige maand, of die offerande, of die offerdiere met die offertekens, of hulle wat die Heilige Huis besoek om die Genade van hul Heer en Sy welbehae te soek nie. En wanneer julle van die pelgrimsverpligtinge verlos is, mag julle gaan jag. En moenie dat haat ~ omdat hulle julle toegang tot die Heilige Ka’bah geweier het ~ julle tot oortreding aanspoor nie. En help mekaar in deugsaamheid en godvresendheid, maar staan mekaar nie by in sonde en geweldpleging nie, en wees bewus van Allah. Waarlik, Allah is ’n streng Tugmeester
حُرِّمَتْ عَلَيْكُمُ الْمَيْتَةُ وَالدَّمُ وَلَحْمُ الْخِنزِيرِ وَمَا أُهِلَّ لِغَيْرِ اللَّهِ بِهِ وَالْمُنْخَنِقَةُ وَالْمَوْقُوذَةُ وَالْمُتَرَدِّيَةُ وَالنَّطِيحَةُ وَمَا أَكَلَ السَّبُعُ إِلَّا مَا ذَكَّيْتُمْ وَمَا ذُبِحَ عَلَى النُّصُبِ وَأَن تَسْتَقْسِمُوا بِالْأَزْلَامِ ۚ ذَٰلِكُمْ فِسْقٌ ۗ الْيَوْمَ يَئِسَ الَّذِينَ كَفَرُوا مِن دِينِكُمْ فَلَا تَخْشَوْهُمْ وَاخْشَوْنِ ۚ الْيَوْمَ أَكْمَلْتُ لَكُمْ دِينَكُمْ وَأَتْمَمْتُ عَلَيْكُمْ نِعْمَتِي وَرَضِيتُ لَكُمُ الْإِسْلَامَ دِينًا ۚ فَمَنِ اضْطُرَّ فِي مَخْمَصَةٍ غَيْرَ مُتَجَانِفٍ لِّإِثْمٍ ۙ فَإِنَّ اللَّهَ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (3)
Dit is vir julle verbode om die vleis van iets te eet wat op natuurlike wyse gesterf het, of bloed, of varkvleis, of enigiets waaroor ’n ander naam as dié van Allah uitgeroep is, of ’n verwurgde dier, of ’n dier wat doodgeslaan is of wat doodgeval het, of wat deur die horings van diere gedood is, of waaraan die roofdiere gevreet het ~ niks behalwe wat u self geslag het nie. Alles is ook verbode wat op stene geslag is wat vir afgode opgestel is, of dít wat julle met pyle verdeel het,1 dit is ’n oortreding. Vandag het die ongelowiges alle hoop opgegee ten opsigte van julle godsdiens. Vrees hulle nie, maar vrees My. Vandag het Ek julle godsdiens en geloof vervolmaak en My guns aan julle voltooi, en Islam as lewenskode vir julle gekies. Maar wie deur honger genoodsaak word, en dus nie met opset sonde pleeg nie, sal Allah waarlik Vergewensgesind, Genadevol vind
يَسْأَلُونَكَ مَاذَا أُحِلَّ لَهُمْ ۖ قُلْ أُحِلَّ لَكُمُ الطَّيِّبَاتُ ۙ وَمَا عَلَّمْتُم مِّنَ الْجَوَارِحِ مُكَلِّبِينَ تُعَلِّمُونَهُنَّ مِمَّا عَلَّمَكُمُ اللَّهُ ۖ فَكُلُوا مِمَّا أَمْسَكْنَ عَلَيْكُمْ وَاذْكُرُوا اسْمَ اللَّهِ عَلَيْهِ ۖ وَاتَّقُوا اللَّهَ ۚ إِنَّ اللَّهَ سَرِيعُ الْحِسَابِ (4)
Hulle vra u aangaande wat hulle geoorloof is, sê: Alle goeie dinge is aan julle geoorloof, en die diere en roofvoëls wat julle afgerig het om te jag, soos Allah julle onderrig het; eet dus van wat hulle vir julle vang, en noem die naam van Allah daaroor; en wees bewus van Allah. Voorwaar, Allah is gou om rekenskap te eis
الْيَوْمَ أُحِلَّ لَكُمُ الطَّيِّبَاتُ ۖ وَطَعَامُ الَّذِينَ أُوتُوا الْكِتَابَ حِلٌّ لَّكُمْ وَطَعَامُكُمْ حِلٌّ لَّهُمْ ۖ وَالْمُحْصَنَاتُ مِنَ الْمُؤْمِنَاتِ وَالْمُحْصَنَاتُ مِنَ الَّذِينَ أُوتُوا الْكِتَابَ مِن قَبْلِكُمْ إِذَا آتَيْتُمُوهُنَّ أُجُورَهُنَّ مُحْصِنِينَ غَيْرَ مُسَافِحِينَ وَلَا مُتَّخِذِي أَخْدَانٍ ۗ وَمَن يَكْفُرْ بِالْإِيمَانِ فَقَدْ حَبِطَ عَمَلُهُ وَهُوَ فِي الْآخِرَةِ مِنَ الْخَاسِرِينَ (5)
Alle goeie dinge is julle geoorloof. Die voedsel van die Mense van die Boek is julle geoorloof en júlle voedsel vir húlle. En so ook (om in die huwelik te tree) is die kuise, gelowige vrou, en die kuise vroue van die Mense van die Boek wanneer julle hul bruidskat aan hulle gee en ’n geldige huwelik met hul aangaan en geen ontug pleeg, en hulle nie as geheime minnaresse aanneem nie. En wie ook al die geloof verwerp, sy dade was waarlik tevergeefs, en in die Hiernamaals sal hy tussen die verloorders wees
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِذَا قُمْتُمْ إِلَى الصَّلَاةِ فَاغْسِلُوا وُجُوهَكُمْ وَأَيْدِيَكُمْ إِلَى الْمَرَافِقِ وَامْسَحُوا بِرُءُوسِكُمْ وَأَرْجُلَكُمْ إِلَى الْكَعْبَيْنِ ۚ وَإِن كُنتُمْ جُنُبًا فَاطَّهَّرُوا ۚ وَإِن كُنتُم مَّرْضَىٰ أَوْ عَلَىٰ سَفَرٍ أَوْ جَاءَ أَحَدٌ مِّنكُم مِّنَ الْغَائِطِ أَوْ لَامَسْتُمُ النِّسَاءَ فَلَمْ تَجِدُوا مَاءً فَتَيَمَّمُوا صَعِيدًا طَيِّبًا فَامْسَحُوا بِوُجُوهِكُمْ وَأَيْدِيكُم مِّنْهُ ۚ مَا يُرِيدُ اللَّهُ لِيَجْعَلَ عَلَيْكُم مِّنْ حَرَجٍ وَلَٰكِن يُرِيدُ لِيُطَهِّرَكُمْ وَلِيُتِمَّ نِعْمَتَهُ عَلَيْكُمْ لَعَلَّكُمْ تَشْكُرُونَ (6)
O julle gelowiges! Wanneer julle vir die gebed opstaan, was julle gesigte en jul hande tot by die elmboë, en vryf jul hoofde en was jul voete tot by die enkels. En wanneer julle in ’n toestand van rituele onreinheid is, neem dan ’n volle stortwas. En as julle siek of op reis is, of die natuur se roep beantwoord het, of ’n vrou aangeraak het, en julle kan nie water vind nie, gebruik dan suiwer grond en vryf julle gesigte en hande daarmee. Allah wil julle nie in swaarheid dompel nie, maar julle reinig en Sy guns aan julle vervolmaak, sodat julle dankbaar kan wees
وَاذْكُرُوا نِعْمَةَ اللَّهِ عَلَيْكُمْ وَمِيثَاقَهُ الَّذِي وَاثَقَكُم بِهِ إِذْ قُلْتُمْ سَمِعْنَا وَأَطَعْنَا ۖ وَاتَّقُوا اللَّهَ ۚ إِنَّ اللَّهَ عَلِيمٌ بِذَاتِ الصُّدُورِ (7)
En dink aan Allah se guns aan julle, en Sy verbond waarmee Hy julle gebind het toe julle gesê het: Ons het gehoor en ons gehoorsaam. En wees bewus van Allah. Voorwaar, Allah weet wat in julle harte omgaan
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا كُونُوا قَوَّامِينَ لِلَّهِ شُهَدَاءَ بِالْقِسْطِ ۖ وَلَا يَجْرِمَنَّكُمْ شَنَآنُ قَوْمٍ عَلَىٰ أَلَّا تَعْدِلُوا ۚ اعْدِلُوا هُوَ أَقْرَبُ لِلتَّقْوَىٰ ۖ وَاتَّقُوا اللَّهَ ۚ إِنَّ اللَّهَ خَبِيرٌ بِمَا تَعْمَلُونَ (8)
O julle gelowiges! Wees opreg teenoor Allah, en getuig met regverdigheid; en laat die vyandskap van ’n volk julle nie tot onregverdigheid aanspoor nie. Wees regverdig ~ dit is verwant aan pligsgetrouheid. Wees bewus van Allah. Voorwaar, Allah is goed ingelig oor julle dade
وَعَدَ اللَّهُ الَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ ۙ لَهُم مَّغْفِرَةٌ وَأَجْرٌ عَظِيمٌ (9)
Allah het hulle wat glo en goeie dade doen, belowe dat hulle vergewe sal word en ’n groot beloning sal ontvang
وَالَّذِينَ كَفَرُوا وَكَذَّبُوا بِآيَاتِنَا أُولَٰئِكَ أَصْحَابُ الْجَحِيمِ (10)
En hulle wat nie glo nie, en Ons tekens verwerp, hulle sal die bewoners van die Vlammende Vuur wees
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا اذْكُرُوا نِعْمَتَ اللَّهِ عَلَيْكُمْ إِذْ هَمَّ قَوْمٌ أَن يَبْسُطُوا إِلَيْكُمْ أَيْدِيَهُمْ فَكَفَّ أَيْدِيَهُمْ عَنكُمْ ۖ وَاتَّقُوا اللَّهَ ۚ وَعَلَى اللَّهِ فَلْيَتَوَكَّلِ الْمُؤْمِنُونَ (11)
O julle wat glo! Dink aan Allah se guns aan julle toe ’n volk hulle hande teen julle wou optel, en hoe Hy hul hande teruggehou het; en wees bewus van Allah. En in Allah moet die gelowiges hul vertroue stel
۞ وَلَقَدْ أَخَذَ اللَّهُ مِيثَاقَ بَنِي إِسْرَائِيلَ وَبَعَثْنَا مِنْهُمُ اثْنَيْ عَشَرَ نَقِيبًا ۖ وَقَالَ اللَّهُ إِنِّي مَعَكُمْ ۖ لَئِنْ أَقَمْتُمُ الصَّلَاةَ وَآتَيْتُمُ الزَّكَاةَ وَآمَنتُم بِرُسُلِي وَعَزَّرْتُمُوهُمْ وَأَقْرَضْتُمُ اللَّهَ قَرْضًا حَسَنًا لَّأُكَفِّرَنَّ عَنكُمْ سَيِّئَاتِكُمْ وَلَأُدْخِلَنَّكُمْ جَنَّاتٍ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ ۚ فَمَن كَفَرَ بَعْدَ ذَٰلِكَ مِنكُمْ فَقَدْ ضَلَّ سَوَاءَ السَّبِيلِ (12)
En waarlik, Allah het ’n verbond met die Kinders van Israel ge- sluit, en Ons het twaalf leiers uit hul midde verwek. En Allah het gesê: Voorwaar, Ek is met julle. As julle die gebed onderhou en die Zakaat betaal en in My boodskappers glo en hulle bystaan, en in die diens van Allah welgevallige offers bring, sal Ek julle sonde vir julle uitwis en gee dat julle die Tuine, waardeur riviere vloei, sal binnegaan. Maar dié van julle wat dit dan verwerp, het inderdaad van die regte pad afgedwaal
فَبِمَا نَقْضِهِم مِّيثَاقَهُمْ لَعَنَّاهُمْ وَجَعَلْنَا قُلُوبَهُمْ قَاسِيَةً ۖ يُحَرِّفُونَ الْكَلِمَ عَن مَّوَاضِعِهِ ۙ وَنَسُوا حَظًّا مِّمَّا ذُكِّرُوا بِهِ ۚ وَلَا تَزَالُ تَطَّلِعُ عَلَىٰ خَائِنَةٍ مِّنْهُمْ إِلَّا قَلِيلًا مِّنْهُمْ ۖ فَاعْفُ عَنْهُمْ وَاصْفَحْ ۚ إِنَّ اللَّهَ يُحِبُّ الْمُحْسِنِينَ (13)
Maar weens hul verbreking van die verbond het Ons hulle vervloek en hul harte verhard. Hulle ruk woorde uit verband en vergeet ’n deel van die vermaninge teen hulle. Op enkele na sal julle hulle altyd verraderlik vind. Vergewe hulle maar en wend julle van hulle af. Allah het hulle wat goed doen, waarlik lief
وَمِنَ الَّذِينَ قَالُوا إِنَّا نَصَارَىٰ أَخَذْنَا مِيثَاقَهُمْ فَنَسُوا حَظًّا مِّمَّا ذُكِّرُوا بِهِ فَأَغْرَيْنَا بَيْنَهُمُ الْعَدَاوَةَ وَالْبَغْضَاءَ إِلَىٰ يَوْمِ الْقِيَامَةِ ۚ وَسَوْفَ يُنَبِّئُهُمُ اللَّهُ بِمَا كَانُوا يَصْنَعُونَ (14)
En met hulle wat sê: Ons is Christene, het Ons ook ’n verbond gesluit, maar hulle het ’n gedeelte van die vermaninge vergeet. Daarom het Ons vyandskap en haat onder hulle laat ontstaan, wat sal duur tot die Opstandingsdag. En Allah sal hulle weldra meedeel wat hulle gedoen het
يَا أَهْلَ الْكِتَابِ قَدْ جَاءَكُمْ رَسُولُنَا يُبَيِّنُ لَكُمْ كَثِيرًا مِّمَّا كُنتُمْ تُخْفُونَ مِنَ الْكِتَابِ وَيَعْفُو عَن كَثِيرٍ ۚ قَدْ جَاءَكُم مِّنَ اللَّهِ نُورٌ وَكِتَابٌ مُّبِينٌ (15)
O Mense van die Boek! Ons Boodskapper het waarlik tot julle gekom om baie te ontsluier wat voorheen vir julle in die Boek verborge was of wat verlore gegaan het. Voorwaar, Allah het julle ’n Lig en ’n duidelike Boek gegee
يَهْدِي بِهِ اللَّهُ مَنِ اتَّبَعَ رِضْوَانَهُ سُبُلَ السَّلَامِ وَيُخْرِجُهُم مِّنَ الظُّلُمَاتِ إِلَى النُّورِ بِإِذْنِهِ وَيَهْدِيهِمْ إِلَىٰ صِرَاطٍ مُّسْتَقِيمٍ (16)
waarmee Allah húlle wat na Sy welbehae soek, op die pad van vrede lei, en hulle, deur Sy guns, van uit die duisternis na die lig bring
لَّقَدْ كَفَرَ الَّذِينَ قَالُوا إِنَّ اللَّهَ هُوَ الْمَسِيحُ ابْنُ مَرْيَمَ ۚ قُلْ فَمَن يَمْلِكُ مِنَ اللَّهِ شَيْئًا إِنْ أَرَادَ أَن يُهْلِكَ الْمَسِيحَ ابْنَ مَرْيَمَ وَأُمَّهُ وَمَن فِي الْأَرْضِ جَمِيعًا ۗ وَلِلَّهِ مُلْكُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ وَمَا بَيْنَهُمَا ۚ يَخْلُقُ مَا يَشَاءُ ۚ وَاللَّهُ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (17)
Die ongelowiges sê: Voorwaar, Allah ~ Hy ís die Messias, die seun van Maria. Sê aan hulle: Wie sou iets daaraan kan doen as Allah die Messias, die seun van Maria, en sy moeder, en almal op aarde, wou verdelg? En aan Allah behoort die hemel en die aarde en dit wat daartussen is. Hy skep wat Hy wil, en Allah het mag oor alle dinge
وَقَالَتِ الْيَهُودُ وَالنَّصَارَىٰ نَحْنُ أَبْنَاءُ اللَّهِ وَأَحِبَّاؤُهُ ۚ قُلْ فَلِمَ يُعَذِّبُكُم بِذُنُوبِكُم ۖ بَلْ أَنتُم بَشَرٌ مِّمَّنْ خَلَقَ ۚ يَغْفِرُ لِمَن يَشَاءُ وَيُعَذِّبُ مَن يَشَاءُ ۚ وَلِلَّهِ مُلْكُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ وَمَا بَيْنَهُمَا ۖ وَإِلَيْهِ الْمَصِيرُ (18)
En die Jode en die Christene sê: Ons is die seuns van Allah, en Sy geliefdes. Sê: Waarom straf Hy julle dan om jul sondes? Nee, julle is sterflinge, net soos Sy ander skepsels. Hy vergewe wie Hy wil en Hy straf wie Hy wil. En aan Allah behoort die konink- ryk van die hemel en die aarde en alles wat daartussen is, en tot Hom is die terugkeer
يَا أَهْلَ الْكِتَابِ قَدْ جَاءَكُمْ رَسُولُنَا يُبَيِّنُ لَكُمْ عَلَىٰ فَتْرَةٍ مِّنَ الرُّسُلِ أَن تَقُولُوا مَا جَاءَنَا مِن بَشِيرٍ وَلَا نَذِيرٍ ۖ فَقَدْ جَاءَكُم بَشِيرٌ وَنَذِيرٌ ۗ وَاللَّهُ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (19)
O Mense van die Boek! Ons Boodskapper het waarlik na julle gekom, nadat daar ’n onderbreking in die reeks boodskappers was, om te verduidelik, sodat julle nie mag sê: Daar het nooit ’n draer van blye tyding of ’n waarskuwer na ons gekom nie. Nou het daar waarlik ’n draer van goeie tyding en ’n waarskuwer na julle gekom. En Allah het mag oor alle dinge
وَإِذْ قَالَ مُوسَىٰ لِقَوْمِهِ يَا قَوْمِ اذْكُرُوا نِعْمَةَ اللَّهِ عَلَيْكُمْ إِذْ جَعَلَ فِيكُمْ أَنبِيَاءَ وَجَعَلَكُم مُّلُوكًا وَآتَاكُم مَّا لَمْ يُؤْتِ أَحَدًا مِّنَ الْعَالَمِينَ (20)
En toe Moses aan sy volk gesê het: O my volk! Dink aan die guns van Allah en hoe Hy profete onder julle verwek, en van julle konings gemaak het, en aan julle gegee het wat Hy aan geen ander volk gegee het nie
يَا قَوْمِ ادْخُلُوا الْأَرْضَ الْمُقَدَّسَةَ الَّتِي كَتَبَ اللَّهُ لَكُمْ وَلَا تَرْتَدُّوا عَلَىٰ أَدْبَارِكُمْ فَتَنقَلِبُوا خَاسِرِينَ (21)
O my volk! Betree die heilige land wat Allah vir julle bestem het, en moenie die rug daarop draai nie, anders sal julle as oor- wonnenes terugkeer
قَالُوا يَا مُوسَىٰ إِنَّ فِيهَا قَوْمًا جَبَّارِينَ وَإِنَّا لَن نَّدْخُلَهَا حَتَّىٰ يَخْرُجُوا مِنْهَا فَإِن يَخْرُجُوا مِنْهَا فَإِنَّا دَاخِلُونَ (22)
Hulle het geantwoord: O Moses! Dit word bewoon deur ’n magtige volk, en ons sal dit nie kan binnegaan voordat hulle nie daaruit vertrek het nie; maar as hulle daaruit trek, sal ons sekerlik binnegaan
قَالَ رَجُلَانِ مِنَ الَّذِينَ يَخَافُونَ أَنْعَمَ اللَّهُ عَلَيْهِمَا ادْخُلُوا عَلَيْهِمُ الْبَابَ فَإِذَا دَخَلْتُمُوهُ فَإِنَّكُمْ غَالِبُونَ ۚ وَعَلَى اللَّهِ فَتَوَكَّلُوا إِن كُنتُم مُّؤْمِنِينَ (23)
Twee manne van hulle, wat nie gevrees het nie en aan wie Allah Sy guns bewys het, het gesê: Gaan hulle poorte binne, want as julle ingegaan het, sal julle sekerlik seëvier; en stel julle vertroue in Allah, as julle gelowig is
قَالُوا يَا مُوسَىٰ إِنَّا لَن نَّدْخُلَهَا أَبَدًا مَّا دَامُوا فِيهَا ۖ فَاذْهَبْ أَنتَ وَرَبُّكَ فَقَاتِلَا إِنَّا هَاهُنَا قَاعِدُونَ (24)
Hulle het geantwoord: O Moses! Ons sal die land nie binnegaan terwyl húlle nog daar is nie. Gaan u en u Heer maar, en veg. Voorwaar, hier bly ons sit
قَالَ رَبِّ إِنِّي لَا أَمْلِكُ إِلَّا نَفْسِي وَأَخِي ۖ فَافْرُقْ بَيْنَنَا وَبَيْنَ الْقَوْمِ الْفَاسِقِينَ (25)
Hy het gesê: My Heer, ek het oor niemand beheer nie, behalwe oor myself en my broer. Skei ons van hierdie opstandige volk
قَالَ فَإِنَّهَا مُحَرَّمَةٌ عَلَيْهِمْ ۛ أَرْبَعِينَ سَنَةً ۛ يَتِيهُونَ فِي الْأَرْضِ ۚ فَلَا تَأْسَ عَلَى الْقَوْمِ الْفَاسِقِينَ (26)
Hy het geantwoord: Voorwaar, veertig jaar lank sal dit vir hulle verbode wees ~ dwalend sal hulle deur die land trek. Bekommer u daarom nie oor die ongehoorsame volk nie
۞ وَاتْلُ عَلَيْهِمْ نَبَأَ ابْنَيْ آدَمَ بِالْحَقِّ إِذْ قَرَّبَا قُرْبَانًا فَتُقُبِّلَ مِنْ أَحَدِهِمَا وَلَمْ يُتَقَبَّلْ مِنَ الْآخَرِ قَالَ لَأَقْتُلَنَّكَ ۖ قَالَ إِنَّمَا يَتَقَبَّلُ اللَّهُ مِنَ الْمُتَّقِينَ (27)
En vertel hulle die ware verhaal oor die twee seuns van Adam. Hoe hulle geoffer het, maar dat die een se offer welgevallig was en die ander s’n nie. Hy het gesê: Ek sal sekerlik doodmaak. Die ander: Allah aanvaar alleen die offers van die pligsgetroues
لَئِن بَسَطتَ إِلَيَّ يَدَكَ لِتَقْتُلَنِي مَا أَنَا بِبَاسِطٍ يَدِيَ إِلَيْكَ لِأَقْتُلَكَ ۖ إِنِّي أَخَافُ اللَّهَ رَبَّ الْعَالَمِينَ (28)
As u u hand na my uitstrek om my dood te maak, sal ek my hand teen u nie oplig nie. Voorwaar, ek vrees Allah, die Heer van die Wêrelde
إِنِّي أُرِيدُ أَن تَبُوءَ بِإِثْمِي وَإِثْمِكَ فَتَكُونَ مِنْ أَصْحَابِ النَّارِ ۚ وَذَٰلِكَ جَزَاءُ الظَّالِمِينَ (29)
Ek sou liewers begeer dat u met u sonde teen my, sowel as met u eie, belas word, sodat u een van die bewoners van die Vuur kan wees: dít is die beloning van die misdadigers
فَطَوَّعَتْ لَهُ نَفْسُهُ قَتْلَ أَخِيهِ فَقَتَلَهُ فَأَصْبَحَ مِنَ الْخَاسِرِينَ (30)
Maar die begeerte om sy broer dood te maak, het die oorhand oor die ander een gekry, en hy het hom om die lewe gebring. So het hy ’n verloorder geword
فَبَعَثَ اللَّهُ غُرَابًا يَبْحَثُ فِي الْأَرْضِ لِيُرِيَهُ كَيْفَ يُوَارِي سَوْءَةَ أَخِيهِ ۚ قَالَ يَا وَيْلَتَا أَعَجَزْتُ أَنْ أَكُونَ مِثْلَ هَٰذَا الْغُرَابِ فَأُوَارِيَ سَوْءَةَ أَخِي ۖ فَأَصْبَحَ مِنَ النَّادِمِينَ (31)
Toe het Allah ’n kraai gestuur om aan hom te wys hoe om sy broer se lyk te versteek. Hy het gesê: Wee my! Kan ek dan nie eens so slim soos hierdie kraai wees en die lyk van my broer versteek nie? En Hy het berou gekry
مِنْ أَجْلِ ذَٰلِكَ كَتَبْنَا عَلَىٰ بَنِي إِسْرَائِيلَ أَنَّهُ مَن قَتَلَ نَفْسًا بِغَيْرِ نَفْسٍ أَوْ فَسَادٍ فِي الْأَرْضِ فَكَأَنَّمَا قَتَلَ النَّاسَ جَمِيعًا وَمَنْ أَحْيَاهَا فَكَأَنَّمَا أَحْيَا النَّاسَ جَمِيعًا ۚ وَلَقَدْ جَاءَتْهُمْ رُسُلُنَا بِالْبَيِّنَاتِ ثُمَّ إِنَّ كَثِيرًا مِّنْهُم بَعْدَ ذَٰلِكَ فِي الْأَرْضِ لَمُسْرِفُونَ (32)
Daarom het Ons dit aan die Kinders van Israel voorgeskryf: dat wie ’n mens sy lewe ontneem, behalwe as straf vir manslag of vir die skepping van wanorde in die staat, dan is dit asof hy die hele mensdom vermoor het. En wie ’n lewe red, dit is asof hy die hele mensdom gered het. En voorwaar, Ons Boodskapper het met duidelike beredeneringe tot hulle gekom, en tog oortree baie van hulle
إِنَّمَا جَزَاءُ الَّذِينَ يُحَارِبُونَ اللَّهَ وَرَسُولَهُ وَيَسْعَوْنَ فِي الْأَرْضِ فَسَادًا أَن يُقَتَّلُوا أَوْ يُصَلَّبُوا أَوْ تُقَطَّعَ أَيْدِيهِمْ وَأَرْجُلُهُم مِّنْ خِلَافٍ أَوْ يُنفَوْا مِنَ الْأَرْضِ ۚ ذَٰلِكَ لَهُمْ خِزْيٌ فِي الدُّنْيَا ۖ وَلَهُمْ فِي الْآخِرَةِ عَذَابٌ عَظِيمٌ (33)
Die enigste straf vir hulle wat oorlog teen Allah en Sy bood- skappers voer, en begeer om wanorde in die land te skep, is dat hulle doodgemaak moet word; of dat hulle gekruisig word; of dat hulle hande en voete oorkruis, afgekap moet word; of dat hulle uit die land verban moet word. Dit sal vir hulle ’n skande in hierdie wêreld wees, en in die Hiernamaals sal hulle ’n smartlike straf ontvang
إِلَّا الَّذِينَ تَابُوا مِن قَبْلِ أَن تَقْدِرُوا عَلَيْهِمْ ۖ فَاعْلَمُوا أَنَّ اللَّهَ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (34)
Behalwe hulle wat berou het voordat julle hulle oorweldig. Weet dan dat Allah Vergewensgesind, Genadevol is
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا اتَّقُوا اللَّهَ وَابْتَغُوا إِلَيْهِ الْوَسِيلَةَ وَجَاهِدُوا فِي سَبِيلِهِ لَعَلَّكُمْ تُفْلِحُونَ (35)
O julle wat glo! Kom julle plig teenoor Allah na en soek ’n weg om naby Hom te kom, en stry hard op Sy weg, sodat julle suk- sesvol kan wees
إِنَّ الَّذِينَ كَفَرُوا لَوْ أَنَّ لَهُم مَّا فِي الْأَرْضِ جَمِيعًا وَمِثْلَهُ مَعَهُ لِيَفْتَدُوا بِهِ مِنْ عَذَابِ يَوْمِ الْقِيَامَةِ مَا تُقُبِّلَ مِنْهُمْ ۖ وَلَهُمْ عَذَابٌ أَلِيمٌ (36)
Voorwaar, al het die ongelowiges alles op aarde besit, en nog meer, om hulself daarmee op die Opstandingsdag vry te koop, sou dit nie van hulle aangeneem word nie; en op hulle wag ’n smartlike straf
يُرِيدُونَ أَن يَخْرُجُوا مِنَ النَّارِ وَمَا هُم بِخَارِجِينَ مِنْهَا ۖ وَلَهُمْ عَذَابٌ مُّقِيمٌ (37)
Hulle sal begeer om uit die Vuur te kom, maar sal daaruit nie ontsnap nie, en dit sal vir hulle ’n voortdurende straf wees
وَالسَّارِقُ وَالسَّارِقَةُ فَاقْطَعُوا أَيْدِيَهُمَا جَزَاءً بِمَا كَسَبَا نَكَالًا مِّنَ اللَّهِ ۗ وَاللَّهُ عَزِيزٌ حَكِيمٌ (38)
En wat die manlike of vroulike dief betref, kap hulle hand af as vergelding vir hul misstap; ’n straf as voorbeeld van Allah. En Allah is Almagtig, vol Wysheid
فَمَن تَابَ مِن بَعْدِ ظُلْمِهِ وَأَصْلَحَ فَإِنَّ اللَّهَ يَتُوبُ عَلَيْهِ ۗ إِنَّ اللَّهَ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (39)
Maar hy wat ná sy oortreding berou het en homself verbeter ~ na hom sal Allah Hom met barmhartigheid wend. Waarlik, Allah is Vergewensgesind, Genadevol
أَلَمْ تَعْلَمْ أَنَّ اللَّهَ لَهُ مُلْكُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ يُعَذِّبُ مَن يَشَاءُ وَيَغْفِرُ لِمَن يَشَاءُ ۗ وَاللَّهُ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (40)
Weet u dan nie dat die koninkryk van die hemele en die aarde aan Allah behoort nie? Hy straf wie Hy wil en vergewe wie Hy wil. En Allah het mag oor alle dinge
۞ يَا أَيُّهَا الرَّسُولُ لَا يَحْزُنكَ الَّذِينَ يُسَارِعُونَ فِي الْكُفْرِ مِنَ الَّذِينَ قَالُوا آمَنَّا بِأَفْوَاهِهِمْ وَلَمْ تُؤْمِن قُلُوبُهُمْ ۛ وَمِنَ الَّذِينَ هَادُوا ۛ سَمَّاعُونَ لِلْكَذِبِ سَمَّاعُونَ لِقَوْمٍ آخَرِينَ لَمْ يَأْتُوكَ ۖ يُحَرِّفُونَ الْكَلِمَ مِن بَعْدِ مَوَاضِعِهِ ۖ يَقُولُونَ إِنْ أُوتِيتُمْ هَٰذَا فَخُذُوهُ وَإِن لَّمْ تُؤْتَوْهُ فَاحْذَرُوا ۚ وَمَن يُرِدِ اللَّهُ فِتْنَتَهُ فَلَن تَمْلِكَ لَهُ مِنَ اللَّهِ شَيْئًا ۚ أُولَٰئِكَ الَّذِينَ لَمْ يُرِدِ اللَّهُ أَن يُطَهِّرَ قُلُوبَهُمْ ۚ لَهُمْ فِي الدُّنْيَا خِزْيٌ ۖ وَلَهُمْ فِي الْآخِرَةِ عَذَابٌ عَظِيمٌ (41)
O Boodskapper! Laat hulle wat maklik in ongeloof verval, u nie bedroef nie. Hulle wat met die lippe sê: Ons glo, terwyl hulle harte sonder geloof is. En sommige Jode luister graag na leuens, ~ luister graag na ander volke wat nie tot u gekom het nie ~ hulle verdraai woorde nadat u dit in hul regte plekke ingevoeg het, en sê: As dit aan julle gegee is, neem dit; maar as dit nie aan julle gegee is nie, wees dan versigtig. En vir hom vir wie Allah op die proef wil stel, kan u niks by Allah doen nie. Dit is húlle vir wie Allah wil louter. Vir hulle is daar skande in hierdie wêreld en ’n smartlike straf in die Hiernamaals
سَمَّاعُونَ لِلْكَذِبِ أَكَّالُونَ لِلسُّحْتِ ۚ فَإِن جَاءُوكَ فَاحْكُم بَيْنَهُمْ أَوْ أَعْرِضْ عَنْهُمْ ۖ وَإِن تُعْرِضْ عَنْهُمْ فَلَن يَضُرُّوكَ شَيْئًا ۖ وَإِنْ حَكَمْتَ فَاحْكُم بَيْنَهُم بِالْقِسْطِ ۚ إِنَّ اللَّهَ يُحِبُّ الْمُقْسِطِينَ (42)
Hulle hou daarvan om na leuens te luister en hulle te verslind aan verbode goed. As hulle na u kom, spreek dan reg tussen hulle en wend u daarna van hulle af. En as u u van hulle afwend, kan hulle u geen skade berokken nie. En as u regspraak gee, oordeel dan tussen hulle met regverdigheid. Voorwaar, Allah het die regverdigheid lief
وَكَيْفَ يُحَكِّمُونَكَ وَعِندَهُمُ التَّوْرَاةُ فِيهَا حُكْمُ اللَّهِ ثُمَّ يَتَوَلَّوْنَ مِن بَعْدِ ذَٰلِكَ ۚ وَمَا أُولَٰئِكَ بِالْمُؤْمِنِينَ (43)
Maar waarom stel hulle u as regter oor hulle aan as hulle die Tora het waarin die uitsprake van Allah is? Tog draai hulle hul weg daarvan. En hierdie mense is nie (ware) gelowiges nie
إِنَّا أَنزَلْنَا التَّوْرَاةَ فِيهَا هُدًى وَنُورٌ ۚ يَحْكُمُ بِهَا النَّبِيُّونَ الَّذِينَ أَسْلَمُوا لِلَّذِينَ هَادُوا وَالرَّبَّانِيُّونَ وَالْأَحْبَارُ بِمَا اسْتُحْفِظُوا مِن كِتَابِ اللَّهِ وَكَانُوا عَلَيْهِ شُهَدَاءَ ۚ فَلَا تَخْشَوُا النَّاسَ وَاخْشَوْنِ وَلَا تَشْتَرُوا بِآيَاتِي ثَمَنًا قَلِيلًا ۚ وَمَن لَّمْ يَحْكُم بِمَا أَنزَلَ اللَّهُ فَأُولَٰئِكَ هُمُ الْكَافِرُونَ (44)
Waarlik, Ons het die Tora, waarin leiding en lig was, geopenbaar. Daarmee het die profete, wat hulself aan Allah onderwerp het, ’n oordeel oor die Jode en die rabbyne en die wetgeleerdes uitgespreek, want die bewaking van Allah se Boek was aan hulle opgedra, en hulle was daarvan getuies. Vrees daarom nie die mense nie, maar vrees My, en verruil nie my Verordeninge vir ’n mislike prys nie. En wie nie reg spreek in die lig van Allah se openbaringe nie, hulle is die ongelowiges
وَكَتَبْنَا عَلَيْهِمْ فِيهَا أَنَّ النَّفْسَ بِالنَّفْسِ وَالْعَيْنَ بِالْعَيْنِ وَالْأَنفَ بِالْأَنفِ وَالْأُذُنَ بِالْأُذُنِ وَالسِّنَّ بِالسِّنِّ وَالْجُرُوحَ قِصَاصٌ ۚ فَمَن تَصَدَّقَ بِهِ فَهُوَ كَفَّارَةٌ لَّهُ ۚ وَمَن لَّمْ يَحْكُم بِمَا أَنزَلَ اللَّهُ فَأُولَٰئِكَ هُمُ الظَّالِمُونَ (45)
En Ons het vir hulle daarin voorgeskryf: ’n Lewe vir ’n lewe, ’n oog vir ’n oog, ’n neus vir ’n neus, ’n oor vir ’n oor, ’n tand vir ’n tand, en ’n regverdige vergelding vir toegediende wonde. Maar wie van hierdie reg van hom afstand doen, vir hom sal dit ’n versoening wees. En dié wat nie ooreenkomstig die openbaring van Allah reg spreek nie, hulle is die onregverdiges
وَقَفَّيْنَا عَلَىٰ آثَارِهِم بِعِيسَى ابْنِ مَرْيَمَ مُصَدِّقًا لِّمَا بَيْنَ يَدَيْهِ مِنَ التَّوْرَاةِ ۖ وَآتَيْنَاهُ الْإِنجِيلَ فِيهِ هُدًى وَنُورٌ وَمُصَدِّقًا لِّمَا بَيْنَ يَدَيْهِ مِنَ التَّوْرَاةِ وَهُدًى وَمَوْعِظَةً لِّلْمُتَّقِينَ (46)
En Ons het Jesus, die seun van Maria, in hul voestappe laat volg, om te bekragtig wat vóór hom in die Tora verskyn het; en Ons het hom die Evangelie gegee waarin lig en leiding was; en wat dít wat voorheen in die Tora gegee is, bevestig; en wat ’n leiding en ’n vermaning vir die pligsgetroues is
وَلْيَحْكُمْ أَهْلُ الْإِنجِيلِ بِمَا أَنزَلَ اللَّهُ فِيهِ ۚ وَمَن لَّمْ يَحْكُم بِمَا أَنزَلَ اللَّهُ فَأُولَٰئِكَ هُمُ الْفَاسِقُونَ (47)
En laat die Mense van die Evangelie oordeel volgens wat Allah daarin geopenbaar het. En wie dit nie doen nie, húlle is die oortreders
وَأَنزَلْنَا إِلَيْكَ الْكِتَابَ بِالْحَقِّ مُصَدِّقًا لِّمَا بَيْنَ يَدَيْهِ مِنَ الْكِتَابِ وَمُهَيْمِنًا عَلَيْهِ ۖ فَاحْكُم بَيْنَهُم بِمَا أَنزَلَ اللَّهُ ۖ وَلَا تَتَّبِعْ أَهْوَاءَهُمْ عَمَّا جَاءَكَ مِنَ الْحَقِّ ۚ لِكُلٍّ جَعَلْنَا مِنكُمْ شِرْعَةً وَمِنْهَاجًا ۚ وَلَوْ شَاءَ اللَّهُ لَجَعَلَكُمْ أُمَّةً وَاحِدَةً وَلَٰكِن لِّيَبْلُوَكُمْ فِي مَا آتَاكُمْ ۖ فَاسْتَبِقُوا الْخَيْرَاتِ ۚ إِلَى اللَّهِ مَرْجِعُكُمْ جَمِيعًا فَيُنَبِّئُكُم بِمَا كُنتُمْ فِيهِ تَخْتَلِفُونَ (48)
En aan u het Ons die Boek2 met die waarheid geopenbaar, wat bevestig wat voorheen in die Boek3 was, en as bewaker daaroor optree. Spreek daarom reg in die lig van Allah se openbaringe en volg nie hul bose neigings na nie, en draai nie weg van die waarheid wat tot u gekom het nie. Vir elkeen van u het Ons ’n wet en ’n weg bepaal. En as Allah wou, kon Hy van julle almal een volk gemaak het; maar Hy wil julle op die proef stel met wat Hy aan julle gegee het. Wedywer daarom met mekaar in goeie werke. Tot Allah sal julle almal terugkeer, dan sal Hy julle die waarheid meedeel oor die dinge waarin julle van mekaar verskil het
وَأَنِ احْكُم بَيْنَهُم بِمَا أَنزَلَ اللَّهُ وَلَا تَتَّبِعْ أَهْوَاءَهُمْ وَاحْذَرْهُمْ أَن يَفْتِنُوكَ عَن بَعْضِ مَا أَنزَلَ اللَّهُ إِلَيْكَ ۖ فَإِن تَوَلَّوْا فَاعْلَمْ أَنَّمَا يُرِيدُ اللَّهُ أَن يُصِيبَهُم بِبَعْضِ ذُنُوبِهِمْ ۗ وَإِنَّ كَثِيرًا مِّنَ النَّاسِ لَفَاسِقُونَ (49)
En u moet reg spreek tussen hulle met wat Allah geopenbaar het. Volg nie hulle bose neigings na nie, en wees op u hoede dat hulle u nie mislei oor selfs ’n gedeelte van wat Allah aan u geopenbaar het nie. Maar as hulle vanself wegdraai, weet dan dat Allah hulle vir sommige van hul sondes wil straf. En ’n groot aantal mense is inderdaad oortreders
أَفَحُكْمَ الْجَاهِلِيَّةِ يَبْغُونَ ۚ وَمَنْ أَحْسَنُ مِنَ اللَّهِ حُكْمًا لِّقَوْمٍ يُوقِنُونَ (50)
Verlang hulle dan na die oordeel van (die dae van) die Onwe- tendheid? En wie is beter as Allah in staat om te oordeel oor ’n volk wat sekerheid van geloof besit
۞ يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تَتَّخِذُوا الْيَهُودَ وَالنَّصَارَىٰ أَوْلِيَاءَ ۘ بَعْضُهُمْ أَوْلِيَاءُ بَعْضٍ ۚ وَمَن يَتَوَلَّهُم مِّنكُمْ فَإِنَّهُ مِنْهُمْ ۗ إِنَّ اللَّهَ لَا يَهْدِي الْقَوْمَ الظَّالِمِينَ (51)
O julle gelowiges! Neem nie die vyandiggesinde Jode en Christene as vriende nie. Hulle is mekaar se vriende. En dié van julle wat hulle tot vriende neem, is inderdaad een met hulle. Voorwaar, Allah lei nie die onregverdige volk nie
فَتَرَى الَّذِينَ فِي قُلُوبِهِم مَّرَضٌ يُسَارِعُونَ فِيهِمْ يَقُولُونَ نَخْشَىٰ أَن تُصِيبَنَا دَائِرَةٌ ۚ فَعَسَى اللَّهُ أَن يَأْتِيَ بِالْفَتْحِ أَوْ أَمْرٍ مِّنْ عِندِهِ فَيُصْبِحُوا عَلَىٰ مَا أَسَرُّوا فِي أَنفُسِهِمْ نَادِمِينَ (52)
Maar u sal diegene in wie se harte daar ’n siekte is, na hulle sien haas en sê: Ons vrees dat ’n ramp ons gaan tref. Dit is waar- skynlik dat Allah ’n oorwinning of ’n regering deur Homself tot stand gaan bring, dan sal hulle jammer voel oor wat hulle harte verberg het
وَيَقُولُ الَّذِينَ آمَنُوا أَهَٰؤُلَاءِ الَّذِينَ أَقْسَمُوا بِاللَّهِ جَهْدَ أَيْمَانِهِمْ ۙ إِنَّهُمْ لَمَعَكُمْ ۚ حَبِطَتْ أَعْمَالُهُمْ فَأَصْبَحُوا خَاسِرِينَ (53)
En hulle wat glo, sal sê: Is dit hulle wat teenoor julle ’n ernstige eed by Allah gesweer het dat hulle saam met julle is? Hulle dade sal geen vrug dra nie, en hulle sal die verloordes wees
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا مَن يَرْتَدَّ مِنكُمْ عَن دِينِهِ فَسَوْفَ يَأْتِي اللَّهُ بِقَوْمٍ يُحِبُّهُمْ وَيُحِبُّونَهُ أَذِلَّةٍ عَلَى الْمُؤْمِنِينَ أَعِزَّةٍ عَلَى الْكَافِرِينَ يُجَاهِدُونَ فِي سَبِيلِ اللَّهِ وَلَا يَخَافُونَ لَوْمَةَ لَائِمٍ ۚ ذَٰلِكَ فَضْلُ اللَّهِ يُؤْتِيهِ مَن يَشَاءُ ۚ وَاللَّهُ وَاسِعٌ عَلِيمٌ (54)
O julle wat glo! As een van julle van sy godsdiens afvallig sou word, dan sal Allah ’n ander volk verwek wat Hy sal liefhê en wat Hom sal liefhê, nederig teenoor die gelowiges, maar sterk teenoor die ongelowiges. ’n Volk wat hard sal stry op die weg van Allah en nooit die blaam van die blameerder sal vrees nie. Dit is die genade van Allah ~ Hy skenk dit aan wie Hy wil. En Allah is Barmhartig, Alwetend
إِنَّمَا وَلِيُّكُمُ اللَّهُ وَرَسُولُهُ وَالَّذِينَ آمَنُوا الَّذِينَ يُقِيمُونَ الصَّلَاةَ وَيُؤْتُونَ الزَّكَاةَ وَهُمْ رَاكِعُونَ (55)
Allah is julle vriend, en ook Sy Boodskapper en die gelowiges, en hulle wat die gebed onderhou en die Zakaat4 betaal, en in aanbidding vooroorbuig
وَمَن يَتَوَلَّ اللَّهَ وَرَسُولَهُ وَالَّذِينَ آمَنُوا فَإِنَّ حِزْبَ اللَّهِ هُمُ الْغَالِبُونَ (56)
En wie Allah en Sy Boodskapper en die gelowiges as vriende neem, weet dat die party van Allah gewis sal seëvier
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تَتَّخِذُوا الَّذِينَ اتَّخَذُوا دِينَكُمْ هُزُوًا وَلَعِبًا مِّنَ الَّذِينَ أُوتُوا الْكِتَابَ مِن قَبْلِكُمْ وَالْكُفَّارَ أَوْلِيَاءَ ۚ وَاتَّقُوا اللَّهَ إِن كُنتُم مُّؤْمِنِينَ (57)
O julle gelowiges! Neem nie tot vriende diegene wat die spot met julle godsdiens dryf nie, of hulle uit die geledere kom van diegene aan wie die Boek vóór julle geskenk is, of hulle ongelowiges is. En wees bewus van Allah indien julle gelowig is
وَإِذَا نَادَيْتُمْ إِلَى الصَّلَاةِ اتَّخَذُوهَا هُزُوًا وَلَعِبًا ۚ ذَٰلِكَ بِأَنَّهُمْ قَوْمٌ لَّا يَعْقِلُونَ (58)
En wanneer julle tot die gebed aanroep, beskou hulle dit as pret. Dit is omdat hulle ’n volk is wat nie begrip het nie
قُلْ يَا أَهْلَ الْكِتَابِ هَلْ تَنقِمُونَ مِنَّا إِلَّا أَنْ آمَنَّا بِاللَّهِ وَمَا أُنزِلَ إِلَيْنَا وَمَا أُنزِلَ مِن قَبْلُ وَأَنَّ أَكْثَرَكُمْ فَاسِقُونَ (59)
Sê: O Mense van die Boek! Vind julle fout met ons net omdat ons in Allah glo en in dít wat aan ons geopenbaar is, en in dit wat voorheen geopenbaar is, terwyl die meeste van julle oortreders is
قُلْ هَلْ أُنَبِّئُكُم بِشَرٍّ مِّن ذَٰلِكَ مَثُوبَةً عِندَ اللَّهِ ۚ مَن لَّعَنَهُ اللَّهُ وَغَضِبَ عَلَيْهِ وَجَعَلَ مِنْهُمُ الْقِرَدَةَ وَالْخَنَازِيرَ وَعَبَدَ الطَّاغُوتَ ۚ أُولَٰئِكَ شَرٌّ مَّكَانًا وَأَضَلُّ عَن سَوَاءِ السَّبِيلِ (60)
Sê: Sal ek julle sê wie se straf by Allah die ergste sal wees? Dit is hulle wat deur Allah vervloek is en oor wie Hy Sy toorn laat neerdaal het en van wie Hy ape en varke gemaak het, en hulle wat die duiwel dien. Hulle is in ’n bedenklike toestand en het ver van die regte pad afgedwaal
وَإِذَا جَاءُوكُمْ قَالُوا آمَنَّا وَقَد دَّخَلُوا بِالْكُفْرِ وَهُمْ قَدْ خَرَجُوا بِهِ ۚ وَاللَّهُ أَعْلَمُ بِمَا كَانُوا يَكْتُمُونَ (61)
En wanneer hulle na julle kom, sê hulle: Ons glo, en voorwaar, hulle kom in ongeloof en keer daarin terug. En Allah weet goed wat hulle verberg
وَتَرَىٰ كَثِيرًا مِّنْهُمْ يُسَارِعُونَ فِي الْإِثْمِ وَالْعُدْوَانِ وَأَكْلِهِمُ السُّحْتَ ۚ لَبِئْسَ مَا كَانُوا يَعْمَلُونَ (62)
En u sien vele van hulle met mekaar in sonde en oortreding wedywer, en dat hulle onwettige goed verorber. Wat hulle doen, is boos
لَوْلَا يَنْهَاهُمُ الرَّبَّانِيُّونَ وَالْأَحْبَارُ عَن قَوْلِهِمُ الْإِثْمَ وَأَكْلِهِمُ السُّحْتَ ۚ لَبِئْسَ مَا كَانُوا يَصْنَعُونَ (63)
Waarom verbied die rabbi’s en die skrifgeleerdes nie hul sondige uitinge en die verorbering van onwettige goed nie? Hulle doen en late is voorwaar verwerplik
وَقَالَتِ الْيَهُودُ يَدُ اللَّهِ مَغْلُولَةٌ ۚ غُلَّتْ أَيْدِيهِمْ وَلُعِنُوا بِمَا قَالُوا ۘ بَلْ يَدَاهُ مَبْسُوطَتَانِ يُنفِقُ كَيْفَ يَشَاءُ ۚ وَلَيَزِيدَنَّ كَثِيرًا مِّنْهُم مَّا أُنزِلَ إِلَيْكَ مِن رَّبِّكَ طُغْيَانًا وَكُفْرًا ۚ وَأَلْقَيْنَا بَيْنَهُمُ الْعَدَاوَةَ وَالْبَغْضَاءَ إِلَىٰ يَوْمِ الْقِيَامَةِ ۚ كُلَّمَا أَوْقَدُوا نَارًا لِّلْحَرْبِ أَطْفَأَهَا اللَّهُ ۚ وَيَسْعَوْنَ فِي الْأَرْضِ فَسَادًا ۚ وَاللَّهُ لَا يُحِبُّ الْمُفْسِدِينَ (64)
En die Jode sê: Die hande van Allah is gebind. Hulle eie hande is gebind en hulle is vervloek vir wat hulle sê. Nee, albei Sy hande is wyd oop. Hy gee soos Hy wil. En dít wat u Heer aan u geopenbaar het, sal baie van hulle in opstandigheid en ongeloof laat toeneem. En Ons het vyandskap en haat onder hulle gesaai tot die Opstandingsdag. Telkens wanneer hulle ’n oorlogsvuur aansteek, doof Allah dit uit. En hulle probeer om wanorde op aarde te skep. En Allah het die onrusstokers nie lief nie
وَلَوْ أَنَّ أَهْلَ الْكِتَابِ آمَنُوا وَاتَّقَوْا لَكَفَّرْنَا عَنْهُمْ سَيِّئَاتِهِمْ وَلَأَدْخَلْنَاهُمْ جَنَّاتِ النَّعِيمِ (65)
En as die Mense van die Boek geglo en hulle plig nagekom het, sou Ons hulle oortredinge sekerlik goedgemaak het en hulle in die Tuine van Saligheid toegelaat het
وَلَوْ أَنَّهُمْ أَقَامُوا التَّوْرَاةَ وَالْإِنجِيلَ وَمَا أُنزِلَ إِلَيْهِم مِّن رَّبِّهِمْ لَأَكَلُوا مِن فَوْقِهِمْ وَمِن تَحْتِ أَرْجُلِهِم ۚ مِّنْهُمْ أُمَّةٌ مُّقْتَصِدَةٌ ۖ وَكَثِيرٌ مِّنْهُمْ سَاءَ مَا يَعْمَلُونَ (66)
En as hulle die Tora en die Evangelie, en dít wat hul Heer aan hulle geopenbaar het, in ag geneem het, sou hulle waarlik voorsiening van wat bó hulle is, en van wat onder hulle voete is, gevind het. Tussen hulle is daar ’n groep wat op die regte weg is, maar baie van hulle is boos
۞ يَا أَيُّهَا الرَّسُولُ بَلِّغْ مَا أُنزِلَ إِلَيْكَ مِن رَّبِّكَ ۖ وَإِن لَّمْ تَفْعَلْ فَمَا بَلَّغْتَ رِسَالَتَهُ ۚ وَاللَّهُ يَعْصِمُكَ مِنَ النَّاسِ ۗ إِنَّ اللَّهَ لَا يَهْدِي الْقَوْمَ الْكَافِرِينَ (67)
O Boodskapper! Verkondig dít wat u Heer aan u geopenbaar het; doen u dit nie, dan het u Sy boodskap nie verkondig nie. Allah sal u teen die mense beskerm. Voorwaar, Allah lei nie die ongelowiges nie
قُلْ يَا أَهْلَ الْكِتَابِ لَسْتُمْ عَلَىٰ شَيْءٍ حَتَّىٰ تُقِيمُوا التَّوْرَاةَ وَالْإِنجِيلَ وَمَا أُنزِلَ إِلَيْكُم مِّن رَّبِّكُمْ ۗ وَلَيَزِيدَنَّ كَثِيرًا مِّنْهُم مَّا أُنزِلَ إِلَيْكَ مِن رَّبِّكَ طُغْيَانًا وَكُفْرًا ۖ فَلَا تَأْسَ عَلَى الْقَوْمِ الْكَافِرِينَ (68)
Sê: O Mense van die Boek! Julle sal nie die goeie navolg voordat julle die Tora en die Evangelie en die openbaringe van jul Heer in ag neem nie. En voorwaar, dít wat u Heer aan u geopenbaar het, sal baie van hulle in opstandigheid en ongeloof laat toeneem; treur daarom nie oor die ongelowige volk nie
إِنَّ الَّذِينَ آمَنُوا وَالَّذِينَ هَادُوا وَالصَّابِئُونَ وَالنَّصَارَىٰ مَنْ آمَنَ بِاللَّهِ وَالْيَوْمِ الْآخِرِ وَعَمِلَ صَالِحًا فَلَا خَوْفٌ عَلَيْهِمْ وَلَا هُمْ يَحْزَنُونَ (69)
Voorwaar, die gelowiges, en die Jode en die Sabiërs en die Christene ~ wie ook al in Allah en aan die Laaste Dag glo en die goeie doen ~ hulle sal geen vrees of droefheid ken nie
لَقَدْ أَخَذْنَا مِيثَاقَ بَنِي إِسْرَائِيلَ وَأَرْسَلْنَا إِلَيْهِمْ رُسُلًا ۖ كُلَّمَا جَاءَهُمْ رَسُولٌ بِمَا لَا تَهْوَىٰ أَنفُسُهُمْ فَرِيقًا كَذَّبُوا وَفَرِيقًا يَقْتُلُونَ (70)
Ons het waarlik ’n verbond met die Kinders van Israel gesluit en Ons boodskappers na hulle gestuur. Maar telkens wanneer ’n boodskapper by hulle gekom het met iets wat hulle harte nie begeer het nie, het hulle sommige van leuens beskuldig en sommige probeer doodmaak
وَحَسِبُوا أَلَّا تَكُونَ فِتْنَةٌ فَعَمُوا وَصَمُّوا ثُمَّ تَابَ اللَّهُ عَلَيْهِمْ ثُمَّ عَمُوا وَصَمُّوا كَثِيرٌ مِّنْهُمْ ۚ وَاللَّهُ بَصِيرٌ بِمَا يَعْمَلُونَ (71)
En hulle het aangeneem dat daar geen beproewing sou wees nie, daarom het hulle blind en doof geword. Toe het Allah Hom met barmhartigheid tot hulle gewend, maar daarna het baie van hulle weer blind en doof geword. En Allah is die Siener van wat hulle doen
لَقَدْ كَفَرَ الَّذِينَ قَالُوا إِنَّ اللَّهَ هُوَ الْمَسِيحُ ابْنُ مَرْيَمَ ۖ وَقَالَ الْمَسِيحُ يَا بَنِي إِسْرَائِيلَ اعْبُدُوا اللَّهَ رَبِّي وَرَبَّكُمْ ۖ إِنَّهُ مَن يُشْرِكْ بِاللَّهِ فَقَدْ حَرَّمَ اللَّهُ عَلَيْهِ الْجَنَّةَ وَمَأْوَاهُ النَّارُ ۖ وَمَا لِلظَّالِمِينَ مِنْ أَنصَارٍ (72)
Voorwaar, hulle is ongelowig wat sê: Waarlik, Allah is die Messias, die seun van Maria. En die Messias het gesê: O Kinders van Israel! Aanbid Allah, my Heer en julle Heer. Gewis, vir Hom wat andere met Allah vereenselwig, het Allah die Hemel gesluit, en die Vuur sal sy blyplek wees. En vir die kwaaddoeners sal daar geen helpers wees nie
لَّقَدْ كَفَرَ الَّذِينَ قَالُوا إِنَّ اللَّهَ ثَالِثُ ثَلَاثَةٍ ۘ وَمَا مِنْ إِلَٰهٍ إِلَّا إِلَٰهٌ وَاحِدٌ ۚ وَإِن لَّمْ يَنتَهُوا عَمَّا يَقُولُونَ لَيَمَسَّنَّ الَّذِينَ كَفَرُوا مِنْهُمْ عَذَابٌ أَلِيمٌ (73)
Voorwaar, hulle wat sê: Allah is die derde van die drie, is ongelowig. Daar is geen God nie behalwe Een God. En as hulle nie hul beweringe staak nie, sal die ongelowiges smartlik gestraf word
أَفَلَا يَتُوبُونَ إِلَى اللَّهِ وَيَسْتَغْفِرُونَهُ ۚ وَاللَّهُ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (74)
Sal hulle hul dan nie tot Allah wend en om Sy vergifnis vra nie? En Allah is Vergewensgesind, Genadevol
مَّا الْمَسِيحُ ابْنُ مَرْيَمَ إِلَّا رَسُولٌ قَدْ خَلَتْ مِن قَبْلِهِ الرُّسُلُ وَأُمُّهُ صِدِّيقَةٌ ۖ كَانَا يَأْكُلَانِ الطَّعَامَ ۗ انظُرْ كَيْفَ نُبَيِّنُ لَهُمُ الْآيَاتِ ثُمَّ انظُرْ أَنَّىٰ يُؤْفَكُونَ (75)
Die Messias, die seun van Maria, was slegs ’n boodskapper; boodskappers vóór hom het reeds heengegaan. En sy moeder was ’n opregte vrou. Hulle albei het voedsel geneem. Kyk hoe verduidelik Ons die tekens aan hulle! En kyk hoe keer hulle die rug daarop
قُلْ أَتَعْبُدُونَ مِن دُونِ اللَّهِ مَا لَا يَمْلِكُ لَكُمْ ضَرًّا وَلَا نَفْعًا ۚ وَاللَّهُ هُوَ السَّمِيعُ الْعَلِيمُ (76)
Sê: Aanbid julle buiten Allah enigiets wat julle nóg goed nóg kwaad kan doen? En Allah ~ Hy is die Alhorende, die Alwetende
قُلْ يَا أَهْلَ الْكِتَابِ لَا تَغْلُوا فِي دِينِكُمْ غَيْرَ الْحَقِّ وَلَا تَتَّبِعُوا أَهْوَاءَ قَوْمٍ قَدْ ضَلُّوا مِن قَبْلُ وَأَضَلُّوا كَثِيرًا وَضَلُّوا عَن سَوَاءِ السَّبِيلِ (77)
Sê: O Mense van die Boek! Oortree nie die grense van julle godsdiens nie en volg nie die nodelose neigings van ’n volk na wat voorheen reeds afgedwaal het nie, en daardeur ook baie ander laat afdwaal nie
لُعِنَ الَّذِينَ كَفَرُوا مِن بَنِي إِسْرَائِيلَ عَلَىٰ لِسَانِ دَاوُودَ وَعِيسَى ابْنِ مَرْيَمَ ۚ ذَٰلِكَ بِمَا عَصَوا وَّكَانُوا يَعْتَدُونَ (78)
En die ongelowige Kinders van Israel is by monde van Dawid en Jesus, die seun van Maria, vervloek. Dit het gebeur omdat hulle ongehoorsaam was en die perke oorskry het
كَانُوا لَا يَتَنَاهَوْنَ عَن مُّنكَرٍ فَعَلُوهُ ۚ لَبِئْسَ مَا كَانُوا يَفْعَلُونَ (79)
Hulle het mekaar nie vermaan van die bose nie
تَرَىٰ كَثِيرًا مِّنْهُمْ يَتَوَلَّوْنَ الَّذِينَ كَفَرُوا ۚ لَبِئْسَ مَا قَدَّمَتْ لَهُمْ أَنفُسُهُمْ أَن سَخِطَ اللَّهُ عَلَيْهِمْ وَفِي الْعَذَابِ هُمْ خَالِدُونَ (80)
Julle sal merk dat baie van hulle die ongelowiges tot vriende neem. Sondig is dít wat hulle siele vir hulself vooruitgestuur het, sodat Allah ontevrede met hulle is, en die kastyding is vir hulle
وَلَوْ كَانُوا يُؤْمِنُونَ بِاللَّهِ وَالنَّبِيِّ وَمَا أُنزِلَ إِلَيْهِ مَا اتَّخَذُوهُمْ أَوْلِيَاءَ وَلَٰكِنَّ كَثِيرًا مِّنْهُمْ فَاسِقُونَ (81)
En as hulle in Allah en in hierdie Profeet en in die geopenbaarde dinge geglo het, sou hulle nie met húlle bevriend gewees het nie; maar baie van hulle is oortreders
۞ لَتَجِدَنَّ أَشَدَّ النَّاسِ عَدَاوَةً لِّلَّذِينَ آمَنُوا الْيَهُودَ وَالَّذِينَ أَشْرَكُوا ۖ وَلَتَجِدَنَّ أَقْرَبَهُم مَّوَدَّةً لِّلَّذِينَ آمَنُوا الَّذِينَ قَالُوا إِنَّا نَصَارَىٰ ۚ ذَٰلِكَ بِأَنَّ مِنْهُمْ قِسِّيسِينَ وَرُهْبَانًا وَأَنَّهُمْ لَا يَسْتَكْبِرُونَ (82)
Waarlik, tussen die grootste vyande van die gelowiges sal u die Jode en die afgodedienaars vind; en u sal vind dat hulle wat die naaste kom aan vriendskap teenoor die gelowiges, hulle is wat sê: Ons is Christene. Dit is omdat daar priesters en monnikke tussen hulle is, en omdat hulle nie hoogmoedig is nie
وَإِذَا سَمِعُوا مَا أُنزِلَ إِلَى الرَّسُولِ تَرَىٰ أَعْيُنَهُمْ تَفِيضُ مِنَ الدَّمْعِ مِمَّا عَرَفُوا مِنَ الْحَقِّ ۖ يَقُولُونَ رَبَّنَا آمَنَّا فَاكْتُبْنَا مَعَ الشَّاهِدِينَ (83)
En wanneer hulle verneem wat aan die Boodskapper geopenbaar is, sien u die trane uit hul oë stroom vanweë die waarheid wat hulle herken. Hulle sê: Ons Heer! Ons glo; vermeld ons saam met die wie getuig
وَمَا لَنَا لَا نُؤْمِنُ بِاللَّهِ وَمَا جَاءَنَا مِنَ الْحَقِّ وَنَطْمَعُ أَن يُدْخِلَنَا رَبُّنَا مَعَ الْقَوْمِ الصَّالِحِينَ (84)
En waarom sal ons dan nie in Allah en aan die waarheid wat na ons gekom het, glo nie, terwyl ons in alle erns verlang dat ons Heer ons saam met die opregtes sal toelaat
فَأَثَابَهُمُ اللَّهُ بِمَا قَالُوا جَنَّاتٍ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا ۚ وَذَٰلِكَ جَزَاءُ الْمُحْسِنِينَ (85)
Daarom het Allah hulle beloon, vir wat hulle gesê het, met Tuine waardeur riviere vloei, om daarin te woon. En dít is die beloning vir dié wat goeddoen
وَالَّذِينَ كَفَرُوا وَكَذَّبُوا بِآيَاتِنَا أُولَٰئِكَ أَصْحَابُ الْجَحِيمِ (86)
En hulle wat nie glo nie en Ons boodkapper verwerp, hulle sal die bewoners van die Vlammende Vuur wees
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تُحَرِّمُوا طَيِّبَاتِ مَا أَحَلَّ اللَّهُ لَكُمْ وَلَا تَعْتَدُوا ۚ إِنَّ اللَّهَ لَا يُحِبُّ الْمُعْتَدِينَ (87)
O julle gelowiges! Moenie onwettig maak die goeie dinge wat Allah julle veroorloof nie, en oorskry die perke nie. Voorwaar, Allah het hulle wat die perke oorskry, nie lief nie
وَكُلُوا مِمَّا رَزَقَكُمُ اللَّهُ حَلَالًا طَيِّبًا ۚ وَاتَّقُوا اللَّهَ الَّذِي أَنتُم بِهِ مُؤْمِنُونَ (88)
En eet van die geoorloofde en goeie dinge waarmee Allah julle voorsien het, en wees bewus van Allah, in wie julle glo
لَا يُؤَاخِذُكُمُ اللَّهُ بِاللَّغْوِ فِي أَيْمَانِكُمْ وَلَٰكِن يُؤَاخِذُكُم بِمَا عَقَّدتُّمُ الْأَيْمَانَ ۖ فَكَفَّارَتُهُ إِطْعَامُ عَشَرَةِ مَسَاكِينَ مِنْ أَوْسَطِ مَا تُطْعِمُونَ أَهْلِيكُمْ أَوْ كِسْوَتُهُمْ أَوْ تَحْرِيرُ رَقَبَةٍ ۖ فَمَن لَّمْ يَجِدْ فَصِيَامُ ثَلَاثَةِ أَيَّامٍ ۚ ذَٰلِكَ كَفَّارَةُ أَيْمَانِكُمْ إِذَا حَلَفْتُمْ ۚ وَاحْفَظُوا أَيْمَانَكُمْ ۚ كَذَٰلِكَ يُبَيِّنُ اللَّهُ لَكُمْ آيَاتِهِ لَعَلَّكُمْ تَشْكُرُونَ (89)
Allah sal julle nie verantwoordelik hou vir jul ydele ede nie, maar wel vir ede wat julle in alle erns aflê. Die boetedoening daarvoor is die gee van voedsel aan tien arm mense, met dieselfde soort voedsel waarmee julle jul huisgesinne voed; of om hulle te kleed; of die bevryding van ’n nek.5 Maar wie dit nie kan doen nie, sal drie dae lank moet vas. Dít is die straf vir julle ede wanneer julle sweer. En waak oor julle ede. So verduidelik Allah Sy tekens aan julle sodat julle dankbaar kan wees
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا إِنَّمَا الْخَمْرُ وَالْمَيْسِرُ وَالْأَنصَابُ وَالْأَزْلَامُ رِجْسٌ مِّنْ عَمَلِ الشَّيْطَانِ فَاجْتَنِبُوهُ لَعَلَّكُمْ تُفْلِحُونَ (90)
O julle gelowiges! Dwelms en sterk drank en dobbelary, en die bring van offerande aan opgerigte klippe, en die verdeling deur pyle,6 is niks anders as onreinheid nie, die werk van die duiwel; vermy dit daarom , sodat julle voorspoedig kan wees
إِنَّمَا يُرِيدُ الشَّيْطَانُ أَن يُوقِعَ بَيْنَكُمُ الْعَدَاوَةَ وَالْبَغْضَاءَ فِي الْخَمْرِ وَالْمَيْسِرِ وَيَصُدَّكُمْ عَن ذِكْرِ اللَّهِ وَعَنِ الصَّلَاةِ ۖ فَهَلْ أَنتُم مُّنتَهُونَ (91)
Voorwaar, die duiwel begeer om, deur middel van dwelms en sterk drank en dobbelary, vyandskap en nyd onder julle te saai, en om jul gedagtes van Allah en die gebed af te hou. Sal julle dan nie daarvan afsien nie
وَأَطِيعُوا اللَّهَ وَأَطِيعُوا الرَّسُولَ وَاحْذَرُوا ۚ فَإِن تَوَلَّيْتُمْ فَاعْلَمُوا أَنَّمَا عَلَىٰ رَسُولِنَا الْبَلَاغُ الْمُبِينُ (92)
En gehoorsaam Allah en die Boodskapper, en waak (teen dwelms en dobbelary) en wees bewus van Allah. Maar as julle jul daarvan afwend, weet dan dat die plig van die Boodskapper slegs is om die boodskap te verkondig
لَيْسَ عَلَى الَّذِينَ آمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ جُنَاحٌ فِيمَا طَعِمُوا إِذَا مَا اتَّقَوا وَّآمَنُوا وَعَمِلُوا الصَّالِحَاتِ ثُمَّ اتَّقَوا وَّآمَنُوا ثُمَّ اتَّقَوا وَّأَحْسَنُوا ۗ وَاللَّهُ يُحِبُّ الْمُحْسِنِينَ (93)
Hulle wat glo en goeie dade doen, sal sonder blaam wees vir wat hulle eet, as hulle maar net hulle plig nakom en goeie dade doen, en nogmaals hulle plig nakom en glo, en selfs nogmaals hulle plig nakom en goed doen aan hulle naaste. En Allah het hulle lief wat goeie werke doen
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَيَبْلُوَنَّكُمُ اللَّهُ بِشَيْءٍ مِّنَ الصَّيْدِ تَنَالُهُ أَيْدِيكُمْ وَرِمَاحُكُمْ لِيَعْلَمَ اللَّهُ مَن يَخَافُهُ بِالْغَيْبِ ۚ فَمَنِ اعْتَدَىٰ بَعْدَ ذَٰلِكَ فَلَهُ عَذَابٌ أَلِيمٌ (94)
O julle gelowiges! Allah sal julle sekerlik beproef met sommige wild wat julle maklik met julle hande en julle spiese kan bykom, sodat Allah kan weet wie Hom ook heimlik vrees. Wie dan hierna die perke oorskry, sal ’n smartlike straf ontvang
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تَقْتُلُوا الصَّيْدَ وَأَنتُمْ حُرُمٌ ۚ وَمَن قَتَلَهُ مِنكُم مُّتَعَمِّدًا فَجَزَاءٌ مِّثْلُ مَا قَتَلَ مِنَ النَّعَمِ يَحْكُمُ بِهِ ذَوَا عَدْلٍ مِّنكُمْ هَدْيًا بَالِغَ الْكَعْبَةِ أَوْ كَفَّارَةٌ طَعَامُ مَسَاكِينَ أَوْ عَدْلُ ذَٰلِكَ صِيَامًا لِّيَذُوقَ وَبَالَ أَمْرِهِ ۗ عَفَا اللَّهُ عَمَّا سَلَفَ ۚ وَمَنْ عَادَ فَيَنتَقِمُ اللَّهُ مِنْهُ ۗ وَاللَّهُ عَزِيزٌ ذُو انتِقَامٍ (95)
O julle gelowiges! Maak geen wild dood terwyl julle op die bedevaart is nie. En aangaande hulle wat dit opsetlik doen: die vergoeding daarvoor is gelykstaande aan wat hy doodgemaak het. Van die grootvee, soos twee regverdige manne onder julle moet bepaal, moet as offer na die Ka’aba gebring word; of die oortreders moet as boetedoening twee arm mense voed, of ooreenkomstig daarmee, ’n sekere aantal dae vas, sodat hy die on- smaaklike gevolg van sy daad kan ken. Allah vergewe wat reeds in die verlede gebeur het. En wie ook al daarin verval, vir hom sal Allah straf. En Allah is Magtig, die Heer van Vergelding
أُحِلَّ لَكُمْ صَيْدُ الْبَحْرِ وَطَعَامُهُ مَتَاعًا لَّكُمْ وَلِلسَّيَّارَةِ ۖ وَحُرِّمَ عَلَيْكُمْ صَيْدُ الْبَرِّ مَا دُمْتُمْ حُرُمًا ۗ وَاتَّقُوا اللَّهَ الَّذِي إِلَيْهِ تُحْشَرُونَ (96)
Die vangste van die see en die opbrengs daarvan is vir julle geoorloof as lewensonderhoud vir julle en vir die reisigers, maar solank as die bedevaart duur, is die wild van die land vir julle verbode. En wees bewus van Allah, tot Wie julle versamel sal word
۞ جَعَلَ اللَّهُ الْكَعْبَةَ الْبَيْتَ الْحَرَامَ قِيَامًا لِّلنَّاسِ وَالشَّهْرَ الْحَرَامَ وَالْهَدْيَ وَالْقَلَائِدَ ۚ ذَٰلِكَ لِتَعْلَمُوا أَنَّ اللَّهَ يَعْلَمُ مَا فِي السَّمَاوَاتِ وَمَا فِي الْأَرْضِ وَأَنَّ اللَّهَ بِكُلِّ شَيْءٍ عَلِيمٌ (97)
Allah het die Ka’aba, die Heilige Huis, vir die behoud van die mens gemaak, en so ook die heilige maand, en die offergawes en die offerdiere met die offertekens. Dít is sodat julle kan weet dat Allah bewus is van wat in die hemele en op die aarde is en dat Allah kennis dra van alle dinge
اعْلَمُوا أَنَّ اللَّهَ شَدِيدُ الْعِقَابِ وَأَنَّ اللَّهَ غَفُورٌ رَّحِيمٌ (98)
Weet dan dat Allah streng is in die tugtiging, en dat Allah ook Vergewensgesind, Genadevol is
مَّا عَلَى الرَّسُولِ إِلَّا الْبَلَاغُ ۗ وَاللَّهُ يَعْلَمُ مَا تُبْدُونَ وَمَا تَكْتُمُونَ (99)
Die plig van die Boodskapper is slegs die oordra van die boodskap. En Allah weet wat julle in die openbaar doen en wat julle verberg
قُل لَّا يَسْتَوِي الْخَبِيثُ وَالطَّيِّبُ وَلَوْ أَعْجَبَكَ كَثْرَةُ الْخَبِيثِ ۚ فَاتَّقُوا اللَّهَ يَا أُولِي الْأَلْبَابِ لَعَلَّكُمْ تُفْلِحُونَ (100)
Sê: Die kwaad is nie gelyk aan die goeie nie, hoewel die oorvloed van die kwaad julle mag behaag. So vrees Allah, o mense met insig, sodat julle suksesvol mag wees
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا لَا تَسْأَلُوا عَنْ أَشْيَاءَ إِن تُبْدَ لَكُمْ تَسُؤْكُمْ وَإِن تَسْأَلُوا عَنْهَا حِينَ يُنَزَّلُ الْقُرْآنُ تُبْدَ لَكُمْ عَفَا اللَّهُ عَنْهَا ۗ وَاللَّهُ غَفُورٌ حَلِيمٌ (101)
O julle gelowiges! Vra nie na dinge wat, indien dit aan julle bekend gemaak word, julle kwaad mag berokken nie; maar as julle daarna vra terwyl die Qur’ãn openbaar word, sal dit aan julle onthul word. Allah vergewe dit; en Allah is Vergewensgesind, Verdraagsaam
قَدْ سَأَلَهَا قَوْمٌ مِّن قَبْلِكُمْ ثُمَّ أَصْبَحُوا بِهَا كَافِرِينَ (102)
Vóór julle het ’n volk ook vrae gevra, en later daardeur on- gelowig geword
مَا جَعَلَ اللَّهُ مِن بَحِيرَةٍ وَلَا سَائِبَةٍ وَلَا وَصِيلَةٍ وَلَا حَامٍ ۙ وَلَٰكِنَّ الَّذِينَ كَفَرُوا يَفْتَرُونَ عَلَى اللَّهِ الْكَذِبَ ۖ وَأَكْثَرُهُمْ لَا يَعْقِلُونَ (103)
Allah het nie ’n bagiera, of ’n saa-iba, of ’n wasiela, of ’n gaamie7 verorden nie, maar die ongelowiges versin ’n leuen teen Allah. En die meeste van hulle begryp nie
وَإِذَا قِيلَ لَهُمْ تَعَالَوْا إِلَىٰ مَا أَنزَلَ اللَّهُ وَإِلَى الرَّسُولِ قَالُوا حَسْبُنَا مَا وَجَدْنَا عَلَيْهِ آبَاءَنَا ۚ أَوَلَوْ كَانَ آبَاؤُهُمْ لَا يَعْلَمُونَ شَيْئًا وَلَا يَهْتَدُونَ (104)
En wanneer aan hulle gesê word: Aanvaar wat geopenbaar is, en van die Boodskapper, dan sê hulle: Waarin ons vaders voldoening gevind het, is vir ons ook goed. Wat? Al het hulle vaders self niks geweet en ook geen leiding ontvang nie
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا عَلَيْكُمْ أَنفُسَكُمْ ۖ لَا يَضُرُّكُم مَّن ضَلَّ إِذَا اهْتَدَيْتُمْ ۚ إِلَى اللَّهِ مَرْجِعُكُمْ جَمِيعًا فَيُنَبِّئُكُم بِمَا كُنتُمْ تَعْمَلُونَ (105)
O julle gelowiges! Waak oor julself! Hy wat dwaal, kan julle geen kwaad aandoen wanneer julle op die regte pad is nie. Tot Allah sal julle almal terugkeer, dan sal Hy julle vertel wat julle gedoen het
يَا أَيُّهَا الَّذِينَ آمَنُوا شَهَادَةُ بَيْنِكُمْ إِذَا حَضَرَ أَحَدَكُمُ الْمَوْتُ حِينَ الْوَصِيَّةِ اثْنَانِ ذَوَا عَدْلٍ مِّنكُمْ أَوْ آخَرَانِ مِنْ غَيْرِكُمْ إِنْ أَنتُمْ ضَرَبْتُمْ فِي الْأَرْضِ فَأَصَابَتْكُم مُّصِيبَةُ الْمَوْتِ ۚ تَحْبِسُونَهُمَا مِن بَعْدِ الصَّلَاةِ فَيُقْسِمَانِ بِاللَّهِ إِنِ ارْتَبْتُمْ لَا نَشْتَرِي بِهِ ثَمَنًا وَلَوْ كَانَ ذَا قُرْبَىٰ ۙ وَلَا نَكْتُمُ شَهَادَةَ اللَّهِ إِنَّا إِذًا لَّمِنَ الْآثِمِينَ (106)
O julle wat glo! Wanneer die dood na een van julle kom en julle ’n testament moet maak, roep dan tot getuie twee regverdiges onder julle, of, as julle op reis is, twee wat nie uit julle midde is nie. Julle moet hulle ná die gebed laat agterbly. En as julle aan hulle twyfel, laat beide by Allah sweer en sê: Ons sal daarvoor geen prys aanneem nie hoewel daar ’n bloedverwant is, en ook sal ons die getuienis van Allah nie verberg nie, want dan sal ons waarlik sondaars wees
فَإِنْ عُثِرَ عَلَىٰ أَنَّهُمَا اسْتَحَقَّا إِثْمًا فَآخَرَانِ يَقُومَانِ مَقَامَهُمَا مِنَ الَّذِينَ اسْتَحَقَّ عَلَيْهِمُ الْأَوْلَيَانِ فَيُقْسِمَانِ بِاللَّهِ لَشَهَادَتُنَا أَحَقُّ مِن شَهَادَتِهِمَا وَمَا اعْتَدَيْنَا إِنَّا إِذًا لَّمِنَ الظَّالِمِينَ (107)
Maar as daar ontdek word dat dié twee aan sonde skuldig is, dan sal twee ander in hul plek opstaan uit die midde van diegene teen wie hulle aan sonde skuldig was. Hulle sal dan by Allah sweer: Waarlik, ons getuienis is opregter as die getuienis van daardie twee, en ons het nie die perke oorskry nie, want dan sou ons waarlik tot die onregverdiges behoort
ذَٰلِكَ أَدْنَىٰ أَن يَأْتُوا بِالشَّهَادَةِ عَلَىٰ وَجْهِهَا أَوْ يَخَافُوا أَن تُرَدَّ أَيْمَانٌ بَعْدَ أَيْمَانِهِمْ ۗ وَاتَّقُوا اللَّهَ وَاسْمَعُوا ۗ وَاللَّهُ لَا يَهْدِي الْقَوْمَ الْفَاسِقِينَ (108)
Dit is dus waarskynliker dat hulle eerlike getuienis sal aflê of vrees dat ander ede ná hul s’n afgelê sal word. En wees bewus van Allah, en luister. En Allah lei nie die ongehoorsame volk nie
۞ يَوْمَ يَجْمَعُ اللَّهُ الرُّسُلَ فَيَقُولُ مَاذَا أُجِبْتُمْ ۖ قَالُوا لَا عِلْمَ لَنَا ۖ إِنَّكَ أَنتَ عَلَّامُ الْغُيُوبِ (109)
Op die Dag wanneer Allah die boodskappers bymekaar versamel en sê: Watter antwoord het julle gekry? Sal hulle sê: Ons het geen kennis nie. Waarlik, U is die Kennisdraer van die Onsigbare
إِذْ قَالَ اللَّهُ يَا عِيسَى ابْنَ مَرْيَمَ اذْكُرْ نِعْمَتِي عَلَيْكَ وَعَلَىٰ وَالِدَتِكَ إِذْ أَيَّدتُّكَ بِرُوحِ الْقُدُسِ تُكَلِّمُ النَّاسَ فِي الْمَهْدِ وَكَهْلًا ۖ وَإِذْ عَلَّمْتُكَ الْكِتَابَ وَالْحِكْمَةَ وَالتَّوْرَاةَ وَالْإِنجِيلَ ۖ وَإِذْ تَخْلُقُ مِنَ الطِّينِ كَهَيْئَةِ الطَّيْرِ بِإِذْنِي فَتَنفُخُ فِيهَا فَتَكُونُ طَيْرًا بِإِذْنِي ۖ وَتُبْرِئُ الْأَكْمَهَ وَالْأَبْرَصَ بِإِذْنِي ۖ وَإِذْ تُخْرِجُ الْمَوْتَىٰ بِإِذْنِي ۖ وَإِذْ كَفَفْتُ بَنِي إِسْرَائِيلَ عَنكَ إِذْ جِئْتَهُم بِالْبَيِّنَاتِ فَقَالَ الَّذِينَ كَفَرُوا مِنْهُمْ إِنْ هَٰذَا إِلَّا سِحْرٌ مُّبِينٌ (110)
Wanneer Allah sal sê: O Jesus, seun van Maria! Dink aan die guns wat Ek u en u moeder bewys het toe Ek u met die Heilige Gees versterk het; en hoe u in die wieg en op hoë ouderdom, met die volk gepraat het; en hoe Ek u in die Boek en in die Wysheid van die Tora en die Evangelie onderwys het; en hoe u deur My gebod met klei ’n ding in die vorm van ’n voël gemaak het, en hoe u daarin geblaas en dit deur My gebod ’n voël geword het; en hoe u die blindes en die melaatses deur My gebod genees het; en hoe u die dooies deur My gebod opgewek het; en hoe Ek die Kinders van Israel van u afgehou het toe u met duidelike tekens na hulle gekom het ~ en hulle wat nie geglo het nie gesê het: Dit is niks anders nie as duidelike towerkuns
وَإِذْ أَوْحَيْتُ إِلَى الْحَوَارِيِّينَ أَنْ آمِنُوا بِي وَبِرَسُولِي قَالُوا آمَنَّا وَاشْهَدْ بِأَنَّنَا مُسْلِمُونَ (111)
En toe Ek die dissipels besiel het om in My en My boodskapper te glo, het hulle gesê: Ons glo en getuig dat ons onderworpenes8 is
إِذْ قَالَ الْحَوَارِيُّونَ يَا عِيسَى ابْنَ مَرْيَمَ هَلْ يَسْتَطِيعُ رَبُّكَ أَن يُنَزِّلَ عَلَيْنَا مَائِدَةً مِّنَ السَّمَاءِ ۖ قَالَ اتَّقُوا اللَّهَ إِن كُنتُم مُّؤْمِنِينَ (112)
Toe die dissipels gesê het: O Jesus, seun van Maria! Is u Heer in staat om vir ons voedsel uit die hemel te stuur? het hy geantwoord: Wees bewus van Allah as julle gelowig is
قَالُوا نُرِيدُ أَن نَّأْكُلَ مِنْهَا وَتَطْمَئِنَّ قُلُوبُنَا وَنَعْلَمَ أَن قَدْ صَدَقْتَنَا وَنَكُونَ عَلَيْهَا مِنَ الشَّاهِدِينَ (113)
Hulle het gesê: Ons begeer om daarvan te eet sodat ons harte gerus kan wees en sodat ons kan weet dat u werklik die waarheid gepraat het, en ons getuies daarvan mag wees
قَالَ عِيسَى ابْنُ مَرْيَمَ اللَّهُمَّ رَبَّنَا أَنزِلْ عَلَيْنَا مَائِدَةً مِّنَ السَّمَاءِ تَكُونُ لَنَا عِيدًا لِّأَوَّلِنَا وَآخِرِنَا وَآيَةً مِّنكَ ۖ وَارْزُقْنَا وَأَنتَ خَيْرُ الرَّازِقِينَ (114)
Jesus, die seun van Maria, het gesê: O Allah, ons Heer! Stuur vir ons voedsel uit die hemel, sodat dit ’n ewigdurende vreugde kan wees vir die eerste en die laaste onder ons, en ’n teken van U, en skenk ons lewensonderhoud; U is die groot Onderhouer
قَالَ اللَّهُ إِنِّي مُنَزِّلُهَا عَلَيْكُمْ ۖ فَمَن يَكْفُرْ بَعْدُ مِنكُمْ فَإِنِّي أُعَذِّبُهُ عَذَابًا لَّا أُعَذِّبُهُ أَحَدًا مِّنَ الْعَالَمِينَ (115)
Allah het gesê: Seker sal Ek dit vir julle neerstuur, maar dié van julle wat daarná nie glo nie, vir hom sal ek straf met ’n kastyding waarmee Ek niemand anders onder die volkere sal straf nie
وَإِذْ قَالَ اللَّهُ يَا عِيسَى ابْنَ مَرْيَمَ أَأَنتَ قُلْتَ لِلنَّاسِ اتَّخِذُونِي وَأُمِّيَ إِلَٰهَيْنِ مِن دُونِ اللَّهِ ۖ قَالَ سُبْحَانَكَ مَا يَكُونُ لِي أَنْ أَقُولَ مَا لَيْسَ لِي بِحَقٍّ ۚ إِن كُنتُ قُلْتُهُ فَقَدْ عَلِمْتَهُ ۚ تَعْلَمُ مَا فِي نَفْسِي وَلَا أَعْلَمُ مَا فِي نَفْسِكَ ۚ إِنَّكَ أَنتَ عَلَّامُ الْغُيُوبِ (116)
En wanneer Allah sal sê: O Jesus, seun van Maria! Het u aan die mense gesê: Neem my en my moeder as twee gode buiten Allah? sal hy sê: Heilig is U! Dit het my nie toegekom om te sê wat ek nie die reg gehad het om te sê nie. As ek dit gesê het, sou U dit waarlik geweet het. U weet wat in my gedagtes is en ek weet nie wat in U gedagtes is nie. Voorwaar, U is die Kennisdraer van die Onsigbare
مَا قُلْتُ لَهُمْ إِلَّا مَا أَمَرْتَنِي بِهِ أَنِ اعْبُدُوا اللَّهَ رَبِّي وَرَبَّكُمْ ۚ وَكُنتُ عَلَيْهِمْ شَهِيدًا مَّا دُمْتُ فِيهِمْ ۖ فَلَمَّا تَوَفَّيْتَنِي كُنتَ أَنتَ الرَّقِيبَ عَلَيْهِمْ ۚ وَأَنتَ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ شَهِيدٌ (117)
Ek het niks anders gesê as dít wat U my beveel het nie: Aanbid Allah, my God en jou God. Ek was getuie van hulle so lank ek in hulle midde verkeer het, maar toe U gegee het dat ek opgehef word na U, was U die Bewaker oor hulle. En U is Getuie van alle dinge
إِن تُعَذِّبْهُمْ فَإِنَّهُمْ عِبَادُكَ ۖ وَإِن تَغْفِرْ لَهُمْ فَإِنَّكَ أَنتَ الْعَزِيزُ الْحَكِيمُ (118)
As U hulle straf, is hulle waarlik sondaars; en as U hulle beskerm, is U waarlik die Almagtige, Vol Wysheid
قَالَ اللَّهُ هَٰذَا يَوْمُ يَنفَعُ الصَّادِقِينَ صِدْقُهُمْ ۚ لَهُمْ جَنَّاتٌ تَجْرِي مِن تَحْتِهَا الْأَنْهَارُ خَالِدِينَ فِيهَا أَبَدًا ۚ رَّضِيَ اللَّهُ عَنْهُمْ وَرَضُوا عَنْهُ ۚ ذَٰلِكَ الْفَوْزُ الْعَظِيمُ (119)
Allah sal sê: Dit is ’n Dag waarop opregtigheid die opregtes sal baat. Vir hulle is daar Tuine waardeur riviere vloei, vir ewig sal hulle daarin bly. Allah is welbehaag met hulle en hulle is welbehaag met Allah. Dít is die groot oorwinning
لِلَّهِ مُلْكُ السَّمَاوَاتِ وَالْأَرْضِ وَمَا فِيهِنَّ ۚ وَهُوَ عَلَىٰ كُلِّ شَيْءٍ قَدِيرٌ (120)
Aan Allah behoort die koninkryk van die hemele en die aarde en alles wat daar tussenin is. En Hy het mag oor alle dinge
❮ السورة السابقة السورة التـالية ❯

قراءة المزيد من سور القرآن الكريم :

1- الفاتحة2- البقرة3- آل عمران
4- النساء5- المائدة6- الأنعام
7- الأعراف8- الأنفال9- التوبة
10- يونس11- هود12- يوسف
13- الرعد14- إبراهيم15- الحجر
16- النحل17- الإسراء18- الكهف
19- مريم20- طه21- الأنبياء
22- الحج23- المؤمنون24- النور
25- الفرقان26- الشعراء27- النمل
28- القصص29- العنكبوت30- الروم
31- لقمان32- السجدة33- الأحزاب
34- سبأ35- فاطر36- يس
37- الصافات38- ص39- الزمر
40- غافر41- فصلت42- الشورى
43- الزخرف44- الدخان45- الجاثية
46- الأحقاف47- محمد48- الفتح
49- الحجرات50- ق51- الذاريات
52- الطور53- النجم54- القمر
55- الرحمن56- الواقعة57- الحديد
58- المجادلة59- الحشر60- الممتحنة
61- الصف62- الجمعة63- المنافقون
64- التغابن65- الطلاق66- التحريم
67- الملك68- القلم69- الحاقة
70- المعارج71- نوح72- الجن
73- المزمل74- المدثر75- القيامة
76- الإنسان77- المرسلات78- النبأ
79- النازعات80- عبس81- التكوير
82- الإنفطار83- المطففين84- الانشقاق
85- البروج86- الطارق87- الأعلى
88- الغاشية89- الفجر90- البلد
91- الشمس92- الليل93- الضحى
94- الشرح95- التين96- العلق
97- القدر98- البينة99- الزلزلة
100- العاديات101- القارعة102- التكاثر
103- العصر104- الهمزة105- الفيل
106- قريش107- الماعون108- الكوثر
109- الكافرون110- النصر111- المسد
112- الإخلاص113- الفلق114- الناس